# Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2019 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 Gauteng June 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2019 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2019
                                GRAAD 10

                      FISIESE WETENSKAPPE
                            VRAESTEL 1

TYD: 1½ uur

PUNTE: 100

10 bladsye, 1 inligtingsblad en 1 grafiekpapier

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE                       2
                                               VRAESTEL 1          GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          FISIESE WETENSKAPPE
                                                          (Vraestel 1)

                                                          TYD: 1½ uur

                                                          PUNTE: 100

INSTRUKSIES

1.    Skryf jou naam in die toepaslike ruimte in die ANTWOORDBOEK.

2.    Hierdie vraestel bestaan uit 6 vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.    Verwyder die grafiekpapier, bladsy 12 en handig dit saam met jou
      ANTWOORDEBOEK in.

4.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

6.    JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGTE INLIGTINGSBLADSYE GEBRUIK.

7.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

10.   Laat ŉ reël tussen twee sub-vrae oop, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
      VRAAG 2.2.

11.   Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

12.   Rond jou finale numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale plekke af
      waar nodig.

13.   Gee kort motiverings, besprekings, ensovoorts waar dit verlang word.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                   3
                                                 VRAESTEL 1          GRAAD 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A tot D) langs die vraagnommer
(1.1-1.10) op die antwoordblad. Elke antwoord tel TWEE PUNTE.

1.1   Wat is die grootte van die hoek tussen die rigting van die versteuring en die
      rigting van voortbeweging van ŉ transversale golf?

      A     0°
      B     45°
      C     90°
      D     180°                                                                      (2)

1.2   Die diagram toon twee golwe wat in dieselfde medium beweeg vir dieselfde
      tydsduur.

      Die twee golwe het verskillende ...

      A     amplitudes.
      B     spoed.
      C     energie.
      D     frekwensies.                                                                    (2)

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE                         4
                                                VRAESTEL 1          GRAAD 10

1.3   Twee punte op ŉ transversale golf wat dieselfde verplasingsgrootte het, kan in fase
      wees as hierdie punte ook die volgende het ...

      A    dieselfde verplasingsrigting en dieselfde bewegingsrigting.
      B    dieselfde verplasingsrigting en die teenoorgestelde bewegingsrigting.
      C    teenoorgestelde verplasingsrigting en dieselfde bewegingsrigting.
      D    teenoorgestelde verplasingsrigting en die teenoorgestelde bewegingsrigting.          (2)

1.4   As twee identiese ladings, waarvan een se lading Q is, word in kontak met mekaar
      gebring en daarna weer geskei. Die nuwe lading op elkeen sal … wees.

      A     Q
      B     2Q
      C
      D     4Q                                                                                  (2)

1.5   Wat noem ons die ruimte waarin ŉ magnetiese materiaal ŉ krag ondervind?

      A     Lading
      B     Elektriese veld
      C     Magnetiese veld
      D     Magnetiese vloeddigtheid                                                            (2)

1.6   Watter EEN van die volgende is ekwivalent aan 10 C·s-1?

      A     10 V
      B     10 A
      C     10 Ω
      D     10 nC                                                                               (2)

1.7   Watter EEN van die onderstaande eienskappe se eenheid van meting is korrek?

            EIENSKAP GEMEET              EENHEID
      A    Stroomsterkte                   A.s-1
      B    Energie                         kW
      C    Potensiaalverskil                V
      D    Weerstand                       V.s

                                                                                            b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE                  5
                                                   VRAESTEL 1          GRAAD 10

1.8   Bestudeer die volgende stellings aangaande ultraviolet-straling en kies dan die
      korrekte opsies hieronder gegee:

      (i)      Dit kan weerskaatsing ondergaan.
      (ii)     Dit het ŉ langer golflengte as gammastrale.
      (iii)    Dit is ŉ uitstraling van die son en kan skadelik wees vir die mens.

               A    Slegs (i) en (ii)
               B    Slegs (ii) en (iii)
               C    Slegs (i) en (iii)
               D    (i), (ii) en (iii)

1.9   Watter EEN van die kombinasies hieronder met betrekking tot die toonhoogte en
      hardheid van klank is korrek?

                     Toonhoogte                     Hardheid
        A     Frekwensie                   Amplitude van die vibrasie
        B     Frekwensie                   Spoed van vibrasie
        C     Amplitude van die vibrasie   Frekwensie
        D     Spoed van vibrasie           Frekwensie

1.10 Twee pulse beweeg na mekaar toe soos in die diagram aangetoon. Wat sal die
     resulterende verplasing en tipe interferensie wees wanneer hulle ontmoet?

                   Resultante verplasing                  Tipe interferensie
        A                    4a                             konstruktiewe
        B                    2a                             konstruktiewe
        C                   -2a                             destruktiewe
        D                   -4a                             destruktiewe
                                                                                        [20]

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   FISIESE WETENSKAPPE            6
                                                                   VRAESTEL 1          GRAAD 10

VRAAG 2

2.1 Die diagram hieronder toon twee golwe, A en B wat dieselfde golflengte het, maar
    verskillende amplitudes wanneer hulle mekaar ontmoet.

                                                     posisie teenoor tyd

                                                 B
                                            A
                                                                              b

             posisie (m)
                                             a                                        tyd ( s)

                                                          -a
                                            -b

     2.1.1 Definieer die term golflengte.                                                             (2)

     2.1.2 Teken die vorm van die resulterende golf wanneer die twee golwe A en B
           mekaar ontmoet. Toon ook die amplitude aan.                                                (4)

     2.1.3 Watter golfeienskap word in VRAAG 2.1.2 geïllustreer?                                      (2)
     2.1.4 Stel die beginsel wat gebruik is om VRAAG 2.1.2 te beantwoord.                             (2)

2.2 In die onderstaande skets, wat nie volgens skaal geteken is nie, verteenwoordig Q ŉ
    voorwerp op die oppervlak van die water in ŉ dam. ŉ Persoon wat op ŉ brug staan
    neem waar hoe Q beweeg. Die periode van die beweging van Q is 5 s.

                           posisie (m)
                                                        1,5 m

                                                                                  1
                                           Q●

                                               .
     2.2.1 Definieer die term periode van ŉ golf.                                                     (2)

     2.2.2 In watter rigting beweeg voorwerp Q? Skryf slegs OPWAARTS of AFWAARTS.                     (2)

2.3 Bereken die …
    2.3.1 frekwensie van die golf.                                                                    (4)
    2.3.2 spoed van die golf.                                                                         (4)
                                                                                                      [22]

                                                                                                  b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                         7
                                                 VRAESTEL 1          GRAAD 10

VRAAG 3

ŉ Gedeelte van die klankgolf geproduseer deur ŉ musiekinstrument word hieronder getoon.

3.1 Definieer die term, puls.                                                                       (2)

3.2 Identifiseer die komponente van ŉ golf op die skets …

     3.2.1 B                                                                                        (1)
     3.2.2 A                                                                                        (1)

3.3 Die hoogste frekwensie wat ŉ normale menslike oor kan hoor is ongeveer 20 kHz.
    ŉ Spesiale fluitjie bekend as die stilfluitjie word gebruik word om honde op te lei.

     3.3.1 As die fluitjie klankgolwe met ŉ golflengte van 9 mm produseer, bepaal deur ŉ
           berekening of die menslike oor die klank wat deur hierdie fluitjie geproduseer
           word kan hoor. Neem die spoed van klank in lug as 342 m·s-1.                             (5)

     3.3.2 Noem die tipe klank wat deur die stilfluitjie geproduseer word.                          (1)

3.4 ŉ Toestel wat klank produseer word tussen twee geboue A en B geplaas, soos
    hieronder getoon.

     ŉ Klankgolf, afkomstig van die toestel, tref gebou A loodreg en keer terug na die toestel
     na 1,0 s. ŉ Tweede klankgolf tref gebou B ook loodreg en keer terug na die toestel in
     1,5 s. As die spoed van klank in lug op daardie stadium 340 m·s -1 is, bereken die
     afstand tussen die twee geboue.                                                                (6)
                                                                                                    [16]

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                     8
                                                 VRAESTEL 1          GRAAD 10

VRAAG 4

4.1 Sekere radiogolwe met ŉ golflengte van 0,14 m word bestudeer.

     4.1.1 Noem EEN gebruik van radiogolwe in tegnologie.                                     (1)
     4.1.2 Bereken die energie van ŉ foton van hierdie radiogolwe.                            (4)

4.2 ŉ Atleet breek sy been en word hospitaal toe vervoer om X-strale te laat neem. X-strale
    wat deur die X-straalmasjien geproduseer word, het ŉ golflengte van 1, 5 x 10-11 m.

                                            MAAK GOU,
                                            STOP HOM!
                                                           X-straal
                                                           DEPARTEMENT

     4.2.1 Teen watter spoed beweeg X-strale?                                                 (1)

     4.2.2 Bereken die frekwensie van ŉ X-strale.                                             (2)

4.3 Te veel blootstelling aan X-strale kan potensieel gevaarlik wees.

     Verskaf ŉ rede vir hierdie stelling.                                                     (2)
                                                                                              [10]

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE                          9
                                               VRAESTEL 1          GRAAD 10

    VRAAG 5

5.1 Twee geïsoleerde grafietbedekte polistireensfere A en B hang aan drade. Die sfere
    word ŉ klein afstand van mekaar af gehou. Die ladings op die sfere A en B is - 8 C en
    + 20 C, onderskeidelik. Wanneer die sfere vrygelaat word beweeg hulle na mekaar toe.

                                       A             B

    5.1.1 Verduidelik waarom die sfere na mekaar toe beweeg as hulle vrygelaat word.            (2)

    5.1.2 Watter EEN van die sfere het ŉ oormaat elektrone? Skryf neer slegs SFEER A of
          SFEER B.                                                                      (1)

5.2 Die twee sfere raak aan mekaar en beweeg daarna uitmekaar.

    5.2.1 Bereken die lading op elke sfeer na kontak.                                           (3)
    5.2.2 Sal die krag nou AANTREKKEND of AFSTOTEND wees? Gee ŉ rede vir die
          antwoord.                                                                             (2)
    5.2.3 Stel die beginsel van kwantisering van lading.                                        (2)
    5.2.4 Bepaal die aantal elektrone oorgedra tussen die twee sfere tydens hulle kontak.
                                                                                                (4)
                                                                                                (14)

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE                        10
                                                 VRAESTEL 1          GRAAD 10

     VRAAG 6

6.1 Bestudeer die stroombaan hieronder. Met die skakelaar oop en ŉ voltmeter aan die
    battery gekoppel, toon dit die emk van die battery. Wanneer die skakelaar toe is gee die
    ammeter A1 ŉ lesing van 5 A en ammeter A2 lees 3 A.

     6.1.1 Definieer die emk van ŉ battery.                                                      (2)
     6.1.2 Bereken die effektiewe weerstand van die twee resistors.                              (3)
     6.1.3 Wat sal die lesing op ammeter A3 wees met die skakelaar toe?                          (3)

6.2 Bestudeer die stroombaan hieronder. Wanneer die skakelaar toegemaak word is die
    lesing op die voltmeters as volg:
                     Voltmeter:       V1        V2            V4
                     Lesing:          4V      1.6 V          1V

     6.2.1 Bereken die effektiewe weerstand van die drie resistors.                              (3)

     6.2.2 Bepaal die voltmeter lesing op V3 wanneer die skakelaar toe is.                       (2)

     6.2.3 As die stroom wat deur die 8 Ω resistor vloei 0,2 A is, wat sal die stroom deur die
           5 Ω resistor wees? Verduidelik die antwoord.                                          (2)

6.3 ŉ Lading van 48 C vloei deur die stroombaan in 2 minute. Bereken die stroom deur die
    stroombaan.                                                                                  (3)
                                                                                                 [18]

                                                                           TOTAAL: 100 PUNTE

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                         FISIESE WETENSKAPPE            11
                                         VRAESTEL 1          GRAAD 10

                     DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                               PAPER 1 (PHYSICS)

                GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                           VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS / TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

        NAME / NAAM          SYMBOL / SIMBOOL     VALUE / WAARDE
Speed of light in a vacuum
                                    C               3,0 x 108 m·sˉ1
Spoed van lig in 'n vakuum
Plank's constant
                                    H               6,63 x 10-34 J·s
Plank se konstante
Charge on electron
                                    E               -1,6 x 10ˉ19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                    me              9,11 x 10ˉ31 kg
Elektronmassa

                                                                        b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                         FISIESE WETENSKAPPE            12
                                                         VRAESTEL 1          GRAAD 10

NAAM:   ______________________________________
KLAS:   ______________________________________

                                                 EINDE

## Related documents

- [PHYS SCIENCES P1 QP GR10 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr10-nov2019-afrikaans/778f6eb1-0b22-4d0b-b2ff-99ca806dec82) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2018-possible-answer/46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
