# Physical Sciences Grade 10 P1 National November 2018 QP

> Grade 10 Physical Sciences Paper 1 question paper from the National November 2018 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/7d4c6de6-744b-4398-9e8c-0f308c9384cd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: National November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P1 National November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/7d4c6de6-744b-4398-9e8c-0f308c9384cd)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · National November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) November 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-november-2018-possible-answers/7f5b9337-091b-44ff-8aed-b9795485f0ca) — Memo · 2018 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                  GRAAD 10

                       FISIESE WETENSKAPPE: FISIKA (V1)

                               NOVEMBER 2018

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

   Hierdie vraestel bestaan uit 17 bladsye, 2 gegewensblaaie en 1 antwoordblad.

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       2                           DBE/November 2018
                                      KABV – Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Skryf jou naam en klas (byvoorbeeld 10A) in die toepaslike ruimtes op die
         ANTWOORDEBOEK neer.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit 11 vrae. Beantwoord AL die vrae in die
         ANTWOORDEBOEK.

3.       Lewer die ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in.

4.       Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy in die ANTWOORDEBOEK.

5.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

6.       Laat EEN reël tussen subvrae oop, bv. tussen VRAAG 2.1 en VRAAG 2.2.

7.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

8.       Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

9.       Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLAAIE te gebruik.

10.      Toon ALLE formules en substitusies in ALLE berekeninge.

11.      Rond jou finale numeriese antwoorde tot 'n minimum van TWEE desimale
         plekke af.

12.      Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ens. waar nodig.

13.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        3                        DBE/November 2018
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke
vraag het slegs EEN korrekte antwoord. Kies die antwoord en skryf slegs die
letter (A–D) langs die vraagnommers (1.1 tot 1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer,
bv. 1.11 D.

1.1      'n Voorwerp is positief gelaai indien dit meer … het.

         A     elektrone as protone

         B     elektrone as neutrone

         C     protone as elektrone

         D     protone as neutrone                                                             (2)

1.2      'n Motor ry op 'n reguit pad teen 'n spoed van 30 m·s-1. Wat sal die spoed van
         die motor in km∙h-1 wees?

         A     8,33 km∙h-1

         B     30 km∙h-1

         C     108 km∙h-1

         D     130 km∙h-1                                                                      (2)

1.3      Die EENHEID waarin die vloeitempo van lading gemeet word, word ...
         genoem.

         A     ampère

         B     coulomb

         C     volt

         D     watt                                                                            (2)

1.4      Die gradiënt van 'n snelheid-teenoor-tydgrafiek is gelyk aan die …

         A     versnelling.

         B     verplasing.

         C     posisie.

         D     totale afstand gedek.                                                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                               4                 DBE/November 2018
                                              KABV – Graad 10

1.5      'n Voorwerp word vanaf die bokant van 'n wrywinglose skuinsvlak, AB, los
         gelaat, soos hieronder getoon.

                               A

                                                                  B

         Watter EEN van die volgende stellings oor die totale meganiese energie van
         die voorwerp is KORREK?

         A     (E p + E k ) A > (E p + E k ) B

         B     (E p + E k ) A < (E p + E k ) B

         C     (E p + E k ) A = (E p + E k ) B

         D     (E p + E k ) A = - (E p + E k ) B                                               (2)

1.6      Twee identiese gloeilampies word in parallel verbind, soos in die kringdiagram
         hieronder getoon. Voltmeter V 1 en V 2 word oor elke gloeilamp verbind.

                                                   V1

                                                   V2

         Watter EEN van die volgende voltmeterlesings is KORREK?

         A     V1 = V2

         B     V 1 = 2V 2

         C     V 1 = ½V 2

         D     V 1 = ¼V 2                                                                      (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                          5                       DBE/November 2018
                                         KABV – Graad 10

1.7      Vier identiese ballonne, wat elk 'n lading dra, word van 'n plafon laat hang,
         soos in die diagram hieronder getoon.

                                 A   B                  C               D

         Ballon B is negatief gelaai.

         Watter kombinasie is KORREK ten opsigte van die ladings op die ballonne?

               TEKEN VAN LADING            TEKEN VAN LADING       TEKEN VAN LADING
                     OP A                        OP C                   OP D
         A                   -                     +                         -
         B                   +                     +                        +
         C                   -                      -                        -
         D                   +                     +                         -                   (2)

1.8      Twee fietsryers ry fiets in teenoorgestelde rigtings langs die kantlyn van 'n
         reghoekige veld. Daar word waargeneem dat hulle dieselfde afstand oor 'n
         tydinterval van 3 s afgelê het. Watter EEN van die volgende fisiese
         hoeveelhede is DIESELFDE ten opsigte van die fietsryers oor die interval
         van 3 s?

         A     Versnelling

         B     Gemiddelde spoed

         C     Gemiddelde snelheid

         D     Verplasing                                                                        (2)

1.9      Rooi lig met frekwensie 𝑓 en golflengte 𝜆 skyn op 'n voorwerp. Die rooi lig
         word dan met lig met 'n hoër energie vervang. Hoe vergelyk die frekwensie en
         die golflengte van lig wat nou op die voorwerp skyn, met dié van rooi lig?

                         FREKWENSIE                              GOLFLENGTE
         A     Groter as                                Bly dieselfde (𝜆)
         B     Minder as 𝑓                              Groter as 𝜆
         C     Groter as 𝑓                              Minder as 𝜆
         D     Bly dieselfde (𝑓)                        Minder as 𝜆                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                     6                       DBE/November 2018
                                    KABV – Graad 10

1.10     Bestudeer die volgende golfpatrone:

                          1                                   2

                          3                                    4

         Watter KOMBINASIE is die KORREKTE voorstelling van die golfpatrone met
         dieselfde toonhoogte?

         A     1 en 2

         B     1 en 3

         C     1 en 4

         D     2 en 4                                                                     (2)
                                                                                          [20]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                      7                        DBE/November 2018
                                     KABV – Graad 10

VRAAG 2 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Baba los 'n bakkie kos op die vloer en kruip weswaarts om 'n speelding te gaan haal
wat 5 m weg geplaas is. 'n Hond loop terselfdertyd ooswaarts na die baba toe. Dit neem
die baba 30 s om die speelding te bereik. Die hond loop verby die speelding om die baba
se kos in die bakkie te eet.

                                                                              N

                                                                       W             E

                                                                              S

                            7m                                 5m
            Hond                              Speelding
                                                                           Kosbakkie
2.1      Definieer die term verplasing in woorde.                                            (2)

2.2      Bepaal die posisie van die hond met betrekking tot die baba voordat hulle al
         twee beweeg het.                                                                    (2)

2.3      Bereken die gemiddelde snelheid van die baba.                                       (4)

2.4      Indien die gemiddelde spoed van die hond TWEE KEER die spoed van die
         baba is, bereken hoe lank dit die hond sal neem om die kosbakkie te bereik
         vanaf die oomblik dat die hond begin beweeg het.                                    (4)
                                                                                             [12]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        8                        DBE/November 2018
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 3 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die diagram hieronder toon die posisies van 'n atleet gedurende 'n wedloop teen
verskillende tydintervalle.

  t=0s       1,5 s      3,0 s     4,5 s                  6,0 s                  7,5 s

       0           3m     6m         12 m                  21 m                       33 m

       A                  B                                                             C

3.1        Onderskei tussen beweging met uniforme snelheid en uniforme versnelde
           beweging.                                                                          (4)

3.2        Watter soort beweging (beweging met uniforme snelheid of uniforme
           versnelde beweging) word deur die volgende intervalle verteenwoordig?

           3.2.1     A na B                                                                   (1)

           3.2.2     B na C                                                                   (1)

3.3        Gebruik die inligting in die diagram hierbo om 'n akkurate posisie-teenoor-
           tydgrafiek op die grafiekpapier op die aangehegte ANTWOORDBLAD te trek.            (5)

3.4        Definieer die term oombliklike snelheid in woorde.                                 (2)

3.5        Op die grafiek wat vir VRAAG 3.3 geteken is, toon hoe jy die oombliklike
           snelheid sou bepaal.                                                               (2)

3.6        Bereken die snelheid van die atleet op 3 s.                                        (4)
                                                                                              [19]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        9                       DBE/November 2018
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 4 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee motors, A en B, beweeg teen snelhede van 15 m·s-1 en 30 m·s-1 in dieselfde
rigting. Hulle is langs mekaar wanneer beide bestuurders 'n obstruksie voor hulle
waarneem, soos in die diagram hieronder getoon.
                                                                       Obstruksie
                  15 m·s-1

                     A

                 30 m·s-1

                     B

Beide bestuurders rem en versnel teen –4,5 m·s-2 totdat beide motors tot rus kom.
Ignoreer die bestuurders se reaksietyd.

4.1      Definieer die term versnelling in woorde.                                           (2)

4.2      Bereken die:

         4.2.1       Tyd wat dit vir motor A neem om tot rus te kom                          (4)

         4.2.2       Stopafstand van motor A                                                 (4)

4.3      Watter motor (A of B) het die langste stopafstand? Staaf die antwoord met
         'n berekening.                                                                      (6)

4.4      Watter gevolgtrekking kan oor die verwantskap tussen spoed en stopafstand
         gemaak word?                                                                        (2)
                                                                                             [18]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         10                       DBE/November 2018
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 5 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

'n Skaatsplankryer, wat aan die bopunt van 'n helling 4,5 m bo die grond begin, skaats
by die helling af, soos in die diagram hieronder getoon. Die massa van die
skaatsplankryer en sy plank is 65 kg. Ignoreer die effekte van wrywing.

                                                                         Y

                                                                        6m

          4,5 m

                                    X

5.1      Definieer die term gravitasie- potensiële energie in woorde.                             (2)

5.2      Bereken die gravitasie- potensiële energie van die skaatsplankryer net
         voordat hy by die helling af skaats.                                                     (3)

5.3      Skryf die beginsel van behoud van meganiese energie in woorde neer.                      (2)

5.4      Gebruik die beginsel wat in VRAAG 5.3 genoem is om die grootte van die
         snelheid van die skaatsplankryer te bereken wanneer hy die grond by punt X
         bereik.                                                                                  (4)

5.5      Sal die skaatsplankryer punt Y kan bereik as hy op sy skaatsplank sou bly?
         Skryf JA of NEE en staaf die antwoord met 'n relevante berekening.                       (5)
                                                                                                  [16]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                    11                    DBE/November 2018
                                                   KABV – Graad 10

VRAAG 6 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Bestudeer die twee transversale golwe, P en Q, soos hieronder getoon.

                                                                              Golf P
                                                                              Golf Q

               15              A                                     C

               10

                5

Posisie (mm)
                0                                                                                tyd (s)
                                                           1,5                             3,0
                -5

               -10

               -15
                                                  B              100 mm         D

6.1                  Skryf EEN verskil en EEN ooreenkoms tussen golf P en golf Q neer.                     (2)

6.2                  Vir golfpatroon P, skryf neer:

                     6.2.1    Twee punte wat uit fase is                                                   (1)

                     6.2.2    Die amplitude van die golf                                                   (1)

6.3                  Definieer die term frekwensie van die golf in woorde.                                 (2)

6.4                  Vir golfpatroon Q, bereken die:

                     6.4.1    Frekwensie van die golf                                                      (3)

                     6.4.2    Spoed van die golf                                                           (3)
                                                                                                           [12]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                        12                      DBE/November 2018
                                       KABV – Graad 10

VRAAG 7 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Eksperimente is gedoen om die effek van temperatuur op die spoed van klank te
ondersoek. Een persoon het 'n trom geslaan, terwyl 'n ander persoon, wat 50 m weg
van die klankbron gestaan het, die tyd wat die klank beweeg het, aangeteken het.

                                        50 m

Hulle het die eksperiment teen verskillende temperature op verskillende tye van die
dag uitgevoer. Hulle het hulle bevindings in die tabel hieronder aangeteken.

                         TEMPERATUUR (°C)                  TYD (s)
                                0                           0,151
                                5                           0,150
                               10                           0,148
                               15                           0,147
                               20                           0,146
                               25                           0,145

7.1      Vir die ondersoek, skryf neer die:

         7.1.1       Ondersoekende vraag                                                     (2)

         7.1.2       Onafhanklike veranderlike                                               (1)

         7.1.3       Afhanklike veranderlike                                                 (1)

7.2      Bereken die spoed van klank by 20 °C.                                               (3)

7.3      Skryf 'n gevolgtrekking vir die ondersoek neer.                                     (2)

Die persoon wat die trom geslaan het, het agtergekom dat die klank na 'n rukkie
weerkaats het.

7.4      Noem die term wat die weerkaatsing van klankgolwe beskryf.                          (1)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         13                          DBE/November 2018
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 8 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Die tipes elektromagnetiese straling is in die tabel hieronder volgens frekwensie
gerangskik.

                    TIPE STRALING                    FREKWENSIE (Hz)
             Radiogolwe                                  105–1010
             Mikrogolwe                                 1010–1011
             Infrarooi                                  1011–1014
             Sigbare lig                                1014–1015
             Ultraviolet                                1015–1016
             X-strale                                   1016–1018
             Gammastrale                                1018–1021

8.1      Hoe word elektromagnetiese golwe opgewek?                                                (1)

8.2      Watter soort elektromagnetiese straling het die hoogste energie?                         (1)

8.3      Verduidelik die antwoord op VRAAG 8.2.                                                   (2)

8.4      'n Sekere tipe elektromagnetiese straling het 'n golflengte van 600 x 10-10 m.

         8.4.1       Identifiseer die tipe elektromagnetiese straling deur 'n berekening te
                     doen.                                                                        (4)

         8.4.2       Noem EEN toepassing van die tipe straling wat VRAAG 8.4.1
                     geïdentifiseer is.                                                           (1)
                                                                                                  [9]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                       14                        DBE/November 2018
                                      KABV – Graad 10

VRAAG 9 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Vier metaalstawe, wat vry vanaf 'n plafon hang, is met mekaar in wisselwerking, soos
in die diagram hieronder getoon. Die hegtingspunte van X en Y op die plafon is 4 cm
uitmekaar.

                                          4 cm

                               N         5 cm
                     A          X                   Y           B

Die twee stawe in die middel is staafmagnete (X en Y) en die afstand tussen hulle is
5 cm. Een van die stawe (A of B) is van yster gemaak en die ander een van goud.

9.1      Skryf die term neer wat 'n materiaal beskryf wat maklik gemagnetiseer word.           (1)

9.2      Watter EEN van die stawe (A of B) is van yster gemaak?                                (1)

9.3      Bepaal die polariteit van staaf B wat die naaste aan magneet Y is. Skryf slegs
         NOORD of SUID neer.                                                                   (1)

9.4      Verduidelik die antwoord op VRAAG 9.3.                                                (2)

9.5      Skets die magnetieseveldpatroon om staafmagneet X.                                    (3)

9.6      Staaf A en B word nou verwyder en die hegtingspunte is nou 2 cm, soos in
         die diagram hieronder getoon.

                                      2 cm

                               X                Y

         9.6.1       Hoe sal die verandering in die hegtingsposisie die finale
                     skeidingsafstand tussen die stawe beïnvloed? Skryf slegs GROTER
                     AS 5 cm, KLEINER AS 5 cm of BLY OP 5 cm.                                  (1)

         9.6.2       Verduidelik die antwoord op VRAAG 9.6.1.                                  (2)
                                                                                               [11]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                         15                        DBE/November 2018
                                        KABV – Graad 10

VRAAG 10 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

Twee identiese geïsoleerde sfere, X en Y, wat met dun draadjies vanaf 'n plafon hang,
word op 'n klein afstand uitmekaar gehou, soos in die diagram hieronder getoon.

                                                  _
                     +4 x 10-18 C   +
                                    X             Y

Sfeer X dra 'n lading van + 4 x 10-18 C, terwyl sfeer Y 'n oormaat van 30 elektrone het.

10.1     Bereken die grootte van die lading op sfeer Y.                                          (3)

Die sfere word nou vrygelaat en hulle beweeg na mekaar toe.

10.2     Gee 'n rede hoekom sfeer X en Y na mekaar toe beweeg.                                   (2)

Die sfere word toegelaat om aan mekaar te raak. Nadat hulle geraak het, beweeg hulle
weg van mekaar af.

10.3     Skryf die beginsel van behoud van lading in woorde neer.                                (2)

10.4     Bereken die lading op elke sfeer nadat hulle geskei het.                                (4)
                                                                                                 [11]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                              16                  DBE/November 2018
                                             KABV – Graad 10

VRAAG 11 (Begin op 'n nuwe bladsy.)

11.1     Beskou die kringdiagram hieronder.

                                                 V1

                                                 24 V

           A1
                                                  8Ω                              S
                                                               A2
                         V2

                                                  8Ω
                       8Ω
                                                               A3

         Skakelaar S is OOP.

         11.1.1      Skryf die lesing op die volgende neer:

                     (a)      Voltmeter (V 1 )                                                 (1)

                     (b)      Ammeter (A 1 )                                                   (1)

         Skakelaar S is nou GESLUIT.

         11.1.2      Bereken die ekwivalente weerstand van die kring.                          (4)

         11.1.3      Bereken die lesing op voltmeter V 2 .                                     (3)

         11.1.4      Hoe vergelyk die lesings op ammeter A 2 en A 3 met mekaar?                (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                     17                       DBE/November 2018
                                                    KABV – Graad 10

11.2           Die grafiek hieronder toon die verwantskap tussen die weerstand en die
               lengte van die geleidingsdraad.

                       3,5

                       3,0

                       2,5

       Weerstand (Ω)
                       2,0

                       1,5

                       1,0

                       0,5

                             0       10      20       30      40      50      60      70
                                                  Lengte van draad (mm)

               11.2.1            Skryf die verwantskap tussen die weerstand en die lengte van die
                                 geleidingsdraad neer.                                                  (1)

               11.2.2            Bepaal die weerstand van 'n stuk draad met 'n lengte van 30 mm.        (1)
                                                                                                        [12]

                                                                                           TOTAAL:      150

Kopiereg voorbehou

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                                         DBE/November 2018
                                       KABV – Graad 10

                      DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 10
                                PAPER 1 (PHYSICS)
                   GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 10
                               VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

         NAME/NAAM                    SYMBOL/SIMBOOL                   VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                  g                        9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Speed of light in a vacuum
                                                  c                     3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in 'n vakuum
Planck's constant
                                                  h                     6,63 x 10-34 J·s
Planck se konstante
Charge on electron
                                                  e                      -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                                 me                     9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

v f = v i + a ∆t                              ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2
                                                    v + vi 
  2       2
v f = v i + 2a∆x                              ∆x =  f       ∆t
                                                      2 

WORK, ENERGY AND POWER/ARBEID, ENERGIE EN DRYWING

                                                   1                 1
U = mgh or/of E P = mgh                      K=      mv 2 or/of E k = mv 2
                                                   2                 2

E M = E k + E p . or/of E M = K + U

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                   1
v=fλ                                          T=
                                                   f
                     c
E = hf or/of E = h
                     λ

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

      Q                                    Q1 + Q 2
n=                                    Q=
      e                                       2

Kopiereg voorbehou

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                             DBE/November 2018
                                 KABV – Graad 10

ELECTRIC CIRCUITS/ELEKTRIESE STROOMBANE

                                1   1   1
Q=I∆ t                            =   +   + ...
                               R p R1 R 2
                                    W
R s = R1 + R 2 + ...           V=
                                    q

Kopiereg voorbehou

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Fisiese Wetenskappe/V1                                  DBE/November 2018
                              KABV – Graad 10

ANTWOORDBLAD

Lewer hierdie ANTWOORDBLAD saam met die ANTWOORDEBOEK in.

NAME: ______________________________________________________________

KLAS: __________

VRAAG 3.3

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/91d1f496-2df5-48db-a954-69b280ba1b18) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2018-possible-answer/46072361-f8d1-46fb-a25a-af9e05d99683) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Gr 10 Physical Sciences P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-physical-sciences-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/ba98b1a9-c6ac-4e3c-90f8-1db72f96a634) — Physical Sciences · QP · 2022 · Afr
- [PHSC SCIENCES P1 GR10 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phsc-sciences-p1-gr10-qp-nov2020-afrikaans/1f8b5992-42ce-4308-8b8b-73b19d7217b3) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR10 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr10-nov2019-afrikaans/778f6eb1-0b22-4d0b-b2ff-99ca806dec82) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
