# Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2016 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2016-question-papers/2591857a-0f1f-4f98-9b91-71e977124b3b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2016-question-papers/2591857a-0f1f-4f98-9b91-71e977124b3b)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2016 · Afrikaans. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

            GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                           PROVINSIALE EKSAMEN
                                   JUNIE 2016
                                    GRAAD 10

                                FISIESE WETENSKAPPE

                                    (VRAESTEL 2)

TYD: 90 minute

PUNTE: 100

10 bladsye + 1 inligtingsblad

                                                      b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE                       2
                                                   (VRAESTEL 2)        Graad 10

                        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                              FISIESE WETENSKAPPE
                                                              (Vraestel 2)

                                                              TYD:     90 minute

                                                              PUNTE: 100

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Skryf jou naam in die toepaslike ruimte op die ANTWOORDBOEK neer.

2.   Hierdie vraestel bestaan uit AGT vrae. Beantwoord AL die vrae.

3.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

4.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.   Jy word aangeraai om die aangehegte GEGEWENSBLADSY te gebruik.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik is.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy in jou ANTWOORDBOEK

9.   Laat EEN reël oop tussen twee subvrae, byvoorbeeld tussen Vraag 2.1 en Vraag 2.2.

10. Toon AL die formules en substitusies in ALLE berekeninge.

11. Rond jou FINALE numeriese antwoorde tot ŉ minimum van TWEE desimale plekke af.

12. Gee kort (bondige) motiverings, besprekings, ensovoorts waar nodig.

                                                                                              b.o

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE                         3
                                                   (VRAESTEL 2)        Graad 10

AFDELING A
VRAAG 1

MEERVOUDIGE KEUSEVRAE

Vier opsies word verskaf as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Elke vraag het slegs
EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer (1.1 – 1.10) op
die antwoordblad neer.

1.1      Die subatomiese deeltjies wat om die nukleus van ŉ atoom beweeg is ...

         A     neutrone.
         B     elektrone.
         C     nukleone.
         D     protone.                                                                       (2)

1.2      Tydens die vorming van ioniese verbindings, word valenselektrone ...

         A     oorgedra.
         B     ongelyk gedeel.
         C     vernietig.
         D     gelyk gedeel.                                                                  (2)

1.3      Die wetenskaplike wat ontdek het dat ŉ atoom positiewe en negatiewe deeltjies
         bevat is ...

         A     Rutherford.
         B     Dalton.
         C     Bohr.
         D     Thomson.                                                                       (2)

1.4      Elemente op die periodieke tabel word rangskik in die volgorde van die ...

         A     getal nukleone.
         B     getal neutrone.
         C     massagetal.
         D     getal protone.                                                                 (2)

                                                                                                b.o

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE             4
                                             (VRAESTEL 2)        Graad 10

1.5   Die elektron struktuur van   kan voorgestel word as volg:

      A 2s

          1s

      B   2p

          2s

          1s

      C   2p

          2s

          1s

      D    3s

           2p

           2s

           1s
                                                                            (2)
                                                                              b.o

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE                  5
                                                (VRAESTEL 2)        Graad 10

1.6    Wanneer ŉ solied direk in ŉ gas verander, word dit ... genoem.

       A    sublimasie
       B    kondensasie
       C    dissosiasie
       D    verdamping                                                              (2)

1.7    Die korrekte chemiese formule vir ammoniumnitraat, is ...

       A    NH₄(NO₃)₂
       B    NH₃NO₃
       C    NH₄NO₃
       D    NH₄NO₂                                                                  (2)

1.8    Soutsuur reageer met Magnesiummetaal en vorm Magnesiumchloried en
       Waterstofgas. Hierdie word voorgestel as ...

       A    2HCl (aq) + 2Mg (s)  2MgCl (aq) + H2 (g)
       B    2HCl (l) + Mg (s)  MgCl2 (s) + H2 (aq)
       C    2HCl (aq) + Mg (s)  MgCl2 (aq) + H2 (g)
       D    HCl (l) + Mg (s)  MgCl (aq) + H2(g)                                    (2)

1.9    Oorweeg die volgende reaksie vir die voorbereiding van ammoniak.

       N2 (g) + 3H2 (g) → 2NH3 (g)

       Die wet vir konstante volume verhouding word die beste voorgestel as:

            A      3 cm3 N2 (g)    +    2 cm3 H2 (g)      →    3 cm3 NH3 (g)
            B      2 cm3 N2 (g)    +    1 cm3 H2 (g)      →    3 cm3 NH3 (g)
            C      1 cm3 N2 (g)    +    3 cm3 H2 (g)      →    2 cm3 NH3 (g)
            D       2 cm3 N2 (g)   +    6 cm3 H2 (g)      →    9 cm3 NH3 (g)        (2)

1.10   Gedurende ŉ endotermiese reaksie ...

       A    verhoog die potensiële energie en die kinetiese energie bly konstant.
       B    verlaag die potensiële energie en die kinetiese energie bly konstant.
       C    beide die potensiële energie en kinetiese energie verhoog.
       D    beide die potensiële energie en kinetiese energie verlaag.              (2)
                                                                                    [20]

                                                              TOTAAL AFDELING A: 20

                                                                                      b.o

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE                    6
                                                (VRAESTEL 2)        Graad 10

AFDELING B
VRAAG 2

ŉ Groep graad 10 leerders meng verskillende stowwe met mekaar om heterogeniese en
homogeniese mengsels met water te maak, onder andere:

         A – Olie en water                              B – Sand en water

         C – Gekonsentreerde Oros koeldrank en water         D – Sout en water

2.1     Definieer die volgende terme en gee ŉ voorbeeld van elk vanuit die
        bogenoemde mengsels:

        2.1.1    Heterogeniese mengsel                                                (3)

        2.1.2    Homogeniese mengsel
                                                                                      (3)
2.2     Verskaf die skeidingsmetode wat gebruik sal word om die volgende te skei:

        2.2.1    B                                                                    (1)
        2.2.2    D                                                                    (1)

2.3     Verduidelik hoe die leerders ŉ mengsel van ystervylsels en swawelpoeier kan
        skei.                                                                         (2)
                                                                                      [10]

                                                                                        b.o

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                         FISIESE WETENSKAPPE             7
                                                         (VRAESTEL 2)        Graad 10

VRAAG 3

ŉ Ontploffing in ŉ leerder se huis maak die familie een nag
wakker. Tot sy Ma se verbasing, was die oorsaak die leerder se
wetenskap eksperiment binne-in die vrieskas. Gebreekte glas
met ysstukke is al wat oorgebly het van sy eksperiment om te
sien of water regtig in ys verander.

Om die glas van die ysstukke te skei, het sy Ma alles in ŉ pot
gegooi en dit op die stoof gesit. Die leerder het hierdie
geleentheid gebruik om te sien hoe lank die ys sou neem om te
smelt.

Kyk na die volgende grafiek wat opgestel is en beantwoord die vrae:

3.1     Skryf die doelwit van die eksperiment wat die leerder en sy ma uitgevoer het
        neer.                                                                           (2)

                   Temperatuur (°C)

                                                Tyd (minute)

3.2     Pas die volgende fases / prosesse by die stadiums wat op die grafiek
        aangetoon word:
                                      AB   BC     CD     DE    EF

        3.2.1      verdamping
        3.2.2      smelting
        3.2.3      solied                                                               (3)

3.3     Met verwysing na die verhoging in temperatuur, intermolekulêre kragte,
        gemiddelde kinetiese energie tussen molekules, verduidelik wat gebeur
        tussen punte:

        3.3.1      A en B                                                               (3)
        3.3.2      E en F                                                               (3)

3.4     Gee DRIE kenmerke van enige EEN van die fases (gas, vloeistof of solied).       (3)
                                                                                        [14]
                                                                                          b.o

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE                       8
                                                (VRAESTEL 2)        Graad 10

VRAAG 4

4.1   HIERONDER IS ’N LYS STOWWE:

      Kopermetaal, keramiek, plastiek, glas, muesli, lug wat ons inasem, water,
      NaCl kristalle.

      Gebruik die lys om die stowwe met die volgende eienskappe te pas:

      4.1.1     ŉ Ioniese verbinding wat ŉ elektriese stroom kan gelei wanneer dit in
                water opgelos word.                                                      (1)

      4.1.2     ŉ Goeie geleier van hitte en elektrisiteit, met ŉ hoë smeltpunt en wat
                in ŉ vorm gehamer kan word.                                              (1)

      4.1.3     Buig maklik, smelt by ŉ lae temperatuur en kan nie hitte en
                elektrisiteit gelei nie.                                                 (1)

      4.1.4     ŉ Mengsel waar die komponente nie gesien kan word nie.                   (1)

4.2   Kyk na die volgende diagram en beantwoord die vrae:

      4.2.1     Skryf die element neer wat die verbinding opmaak.                        (1)

      4.2.2     Verduidelik waarom hierdie verbinding in die diagram nie elektrisiteit
                kan gelei nie.                                                           (2)

      4.2.3     Watter verbinding wat uit die element wat in Vraag 4.2.1
                geïdentifiseer is, kan elektrisiteit gelei? Verduidelik waarom dit
                moontlik is.                                                             (4)
                                                                                         [11]

                                                                                           b.o

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE                 9
                                                   (VRAESTEL 2)        Graad 10

VRAAG 5

Gebruik die volgende Periodieke tabel gemerk met letters A – M om die volgende vrae
te beantwoord.

           A
                                                                B    C D
           E   F                                            G        H   I     J
           K   L                                    M

5.1     Skryf die hoeveelheid valenselektrone wat in letter H gevind word.            (1)

5.2     Skryf die valensie van letter H neer.                                         (1)

5.3     Twee reëls moet gevolg word om orbitale te vul. Noem en gee hierdie reëls.    (6)

5.4     Skryf die naam vir die element wat in Periode 2, Groep 6 gevind word.         (1)

5.5     Teken die Aufbau diagram vir die element geïdentifiseer in Vraag 5.4.         (3)

5.6     Gee die elektron konfigurasie vir die ioon wat vorm vanuit letter L.          (4)
                                                                                      [16]

VRAAG 6

Natuurlike elemente het isotope.

6.1     Gebaseer op die bogenoemde stelling, watter subatomiese deeltjie is
        verantwoordelik vir die voorkoms van isotope?                                 (1)

6.2     Bepaal met ŉ geskikte berekening, die relatiewe atoommassa van Neon wat uit
        die volgende bestaan:

        88,48% Ne-20
        0,27% Ne-21
        11,25% Ne-22                                                                  (3)
                                                                                      [4]

                                                                                        b.o

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE                  10
                                               (VRAESTEL 2)        Graad 10

VRAAG 7

7.1   Skryf die VIER kenmerke neer wat aandui dat ŉ chemiese verandering tydens
      ŉ chemiese reaksie plaasgevind het.                                          (4)

7.2   Differensieer tussen ŉ ontbindingsreaksie en ŉ sintese reaksie.              (2)

7.3   Identifiseer die reaksies hieronder as fisiese of chemiese verandering:

      7.3.1     Ys wat smelt                                                       (1)
      7.3.2     Spyker wat roes                                                    (1)
      7.3.3     Brood wat rooster                                                  (1)
      7.3.4     Glas wat breek                                                     (1)
                                                                                   [10]

VRAAG 8

8.1   Teken Lewis diagramme vir die volgende:

      8.1.1     CO2                                                                (2)
      8.1.2     Na+                                                                (1)
      8.1.3     CH4                                                                (1)

8.2   Skryf die korrekte chemiese formule vir die volgende verbindings neer:

      8.2.1     Ammoniak                                                           (1)
      8.2.2     Karbonaat ioon                                                     (1)

8.3   Skryf die gebalanseerde vergelyking vir NaHCO3  Na2CO3 + H2O + CO2.         (2)

8.4   Skryf ŉ gebalanseerde vergelyking vir:

      kalsium hidroksied + swawelsuur → kalsiumsulfaat + water                     (3)

8.5   Skryf die naam vir die volgende verbindings neer:

      8.5.1     FeCl3                                                              (2)
      8.5.2     KMnO4                                                              (2)
                                                                                   [15]

                                                             TOTAAL AFDELING B: 80

                                                                           TOTAAL: 100

                                         EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                            FISIESE WETENSKAPPE            11
                                                            (VRAESTEL 2)        Graad 10

THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS / DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

## Related documents

- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/66a2c024-0d17-46df-b026-8e8702c685a6) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2016 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2016-possible-answers/bd87dfab-9c38-428e-b164-1caed1d757b5) — Physical Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-english-and-afrikaans-june-2018-possible-answer/90de8ad3-d5d4-4736-8702-c5ba535b10d1) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/54c2a4f2-34fa-4d05-af7e-0bb97d0bf91c) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
