# Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2017 QP (Afr)

> Grade 10 Physical Sciences Paper 2 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 10 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/a6c92129-bdf9-4a7c-896e-d726617832cd
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 10

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 10 P2 Gauteng June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/a6c92129-bdf9-4a7c-896e-d726617832cd)

## About this document

Physical Sciences · Grade 10 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 10 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                         PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2017
                              GRAAD 10

                         FISIESE WETENSKAPPE
                              VRAESTEL 2

                               CHEMIE

TYD: 90 minute

PUNTE: 100

9 bladsye + 1 datablad

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                  2
                                             Vraestel 2 (CHEMIE)       GRAAD 10

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 PROVINSIALE EKSAMEN

                                                    FISIESE WETENSKAPPE
                                                    Vraestel 2

                                                    TYD: 90 minute

                                                    PUNTE: 100

INSTRUKSIES

1.   Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDBOEK.

2.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

     AFDELING A: 20 punte
     AFDELING B: 80 punte

3.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

4.   Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Gee kortlikse motiverings, besprekings, ens. waar nodig is.

7.   Rond jou finale antwoorde tot ŉ maksimum van TWEE desimale plekke af.

                                                                                  b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                          3
                                                 Vraestel 2 (CHEMIE)        GRAAD 10

AFDELING A

VRAAG 1

Vier opsies word verskaf as moontlike antwoorde tot die volgende vrae. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1 – 1.10) op die ANTWOORDBOEK neer.

1.1   Die drie subatomiese deeltjies van ŉ atoom is ...

      A      neutrone, ione, protone.
      B      elektrone, neutrone, katione.
      C      elektrone, protone, neutrone.
      D      protone, elektrone, neutrale.                                              (2)

1.2   Elemente word in die periodieke tabel volgens hulle ... gerangskik.

      A      relatiewe atoommassa
      B      massagetal
      C      atoomgetal
      D      atoommassa                                                                 (2)

1.3   Die meegaande diagram toon ŉ chromatogram van ink X wat in ŉ bedrogsaak
      gebruik is, asook ink A, B, C en D vanaf vier verdagtes.

                         X         A         B            C             D

      Watter ink, van A tot D, is moontlik gebruik in die bedrogsaak?                   (2)

1.4   Watter een van die volgende is ŉ homogene mengsel?

      A      Olie en water
      B      Etanol
      C      Lug
      D      Sand en water                                                              (2)

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                        4
                                                 Vraestel 2 (CHEMIE)       GRAAD 10

1.5    Die verandering van gas na ŉ vloeistof, staan bekend as ...

       A     smelting.
       B     kondensering.
       C     vriesing.
       D     kook.                                                                    (2)

1.6    ŉ Voorbeeld van ŉ diatomiese molekule is ...

       A     Cl2
       B     H2O
       C     CO2
       D     H2O2                                                                     (2)

1.7    Die volgende elektronkonfigurasie 1s2 2s2 2p6 3s2, verteenwoordig ...

       A     Na
       B     Mg2+
       C     F+
       D     Mg                                                                       (2)

1.8    Die korrekte formule vir aluminiumoksied is ...

       A     Al2O3
       B     Al3O2
       C     AlO3
       D     AlO                                                                      (2)

1.9    Watter een van die volgende is ŉ fisiese reaksie?

       A     Suiker karamelliseer.
       B     Yster en swawel word saamgesmelt.
       C     Goud smelt.
       D     ŉ Stukkie magnesiumlint brand in die lug.                                (2)

1.10   Watter een van die volgende vergelykings toon ŉ gebalanseerde chemiese
       vergelyking tussen aluminium en chloor?

       A     Aℓ + Cℓ → AℓCℓ
       B     Aℓ + Cℓ2 → AℓCℓ2
       C     2Aℓ + 3Cℓ2 → 2AℓCℓ3
       D     4Aℓ + 3Cℓ2 → 2Aℓ2Cℓ3                                                     (2)
                                                                                      [20]

                                                                TOTAAL AFDELING A: 20

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                            5
                                                Vraestel 2 (CHEMIE)              GRAAD 10

AFDELING B

VRAAG 2

Leerders voer ŉ eksperiment uit om die verhittingskurwe van water te bepaal. Hulle
verhit ys in ŉ beker en neem die temperatuurlesings oor ŉ tydperk. Die resultate van die
eksperiment word in die meegaande grafiek getoon.

                   150

                                                                D
                   100                                                      E

Temperatuur (⁰C)    50

                                   B
                      0                           C
                    -50

                    -100
                        A   1     2    3    4    5    6     7       8   9       10   11

                                                Tyd (min)

2.1   Skryf ŉ gepaste doel vir hierdie eksperiment neer.                                    (2)

2.2   Skryf neer die ...

      2.2.1 afhanklike veranderlike.                                                        (1)

      2.2.2 onafhanklike veranderlike.                                                      (1)

2.3   Die volgende apparaat en chemikalieë is gebruik gedurende die eksperiment:
      bunsenbrander, ŉ driepootstaander en gaasdraad beker, ys, ŉ termometer en ŉ
      stophorlosie.

      Skryf die eksperiment wat uitgevoer is, puntsgewys neer.                              (4)

2.4   Deur te verwys na intermolekulêre kragte en gemiddelde kinetiese energie
      tussen molekules, verduidelik wat gebeur ...

      2.4.1 tussen punte D en E.                                                            (3)

      2.4.2 by punt A.                                                                      (3)

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                         6
                                                  Vraestel 2 (CHEMIE)         GRAAD 10

2.5   Is die veranderinge in die grafiek hierbo, fisies of chemies? Verduidelik jou
      antwoord.                                                                           (3)

2.6   Indien verhitting verby punt E plaasvind, sal die water in suurstof en waterstof
      verander? Verduidelik jou antwoord.                                                 (3)
                                                                                         [20]

VRAAG 3

3.1   Onderskei tussen ŉ element en ŉ verbinding.                                         (4)

3.2   Die tabel hieronder is ŉ tabel van elemente.

            Suurstof                      Stikstof                       Waterstof
      A                          B                                 C

      Gebruik die sleutel en diagramme A, B en C hierbo en beantwoord die volgende
      vrae

      3.2.1 Watter verbinding (A, B of C) word as ŉ element beskou?                       (1)

      3.2.2 Watter tipe binding bestaan tussen die atome in verbinding B?                 (1)

      3.2.3 Skryf die chemiese formule vir elk van die verbindings A, B en C neer.        (3)

      3.2.4 Teken in Lewis diagram vir elk van verbindings A en C.                        (4)

      3.2.5 Skryf die CHEMIESE NAAM vir verbindings A, B en C neer.                       (3)

      3.2.6 Gebruik die bogenoemde sleutel en ŉ diagram om ŉ gebalanseerde
            chemiese vergelyking vir die volgende te teken:

                        N2 (g)       +   O2 (g)      →   NO2 (g)                          (4)
                                                                                         [20]

                                                                                         b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                            7
                                               Vraestel 2 (CHEMIE)               GRAAD 10

VRAAG 4

Bestudeer die gegewe tabel en beantwoord die volgende vrae.

                     Atoom                                 Elektronkonfigurasie

                                                                   2   2     1
                        A                                         1s 2s 2p
                                                                   2   2     2
                        B                                         1s 2s 2p
                                                                   2   2     3
                        C                                         1s 2s 2p
                                                                   2   2     4
                        D                                         1s 2s 2p
                                                                   2   2     5
                        E                                         1s 2s 2p
                                                                   2   2     6
                        F                                         1s 2s 2p

4.1   Wattera atoom is ŉ edelgas?                                                           (1)

4.2   Verduidelik wat bedoel word met eerste ionisasie energie.                             (2)

4.3   Identifiseer watter element sal die hoogste eerste ionisasie energie hê?              (1)

4.4   Hoeveel valenselektrone sal atoom E hê?                                               (1)

4.5   Indien die bogenoemde atome vanuit die tweede periode in die periodieke tabel
      kom, watter atoom word deur C voorgestel?                                             (1)

4.6   Watter atoom het dieselfde hoeveelheid valenselektrone as Swawel?                     (1)

4.7   Watter atoom sal ŉ ioon met ŉ lading van 3+ vorm? Verskaf ook die chemiese
      naam van hierdie atoom.                                                               (2)

                                                                                            [9]

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                       FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                          8
                                                       Vraestel 2 (CHEMIE)     GRAAD 10

VRAAG 5

Drie isotope van magnesium word in die natuur aangetref. Die isotope Mg-25 en
Mg-26 word gebruik tydens absorpsie, sirkulasie en metabolisme in diere en mense.
Die relatiewe oorvloed en massa van die magnesium-isotope word in die meegaande
tabel aangetoon. Bestudeer die tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                                Persentasie oorvloed        Relatiewe Isotoop Massa
             24
                  Mg                   78,99                        23,985
             25
                  Mg                   10,00                        24,986
             26
                  Mg                   11,01                        25,985

5.1     Definieer die term isotoop.                                                        (2)

5.2     Teken die Aufbau diagram vir ŉ magnesium-ioon.                                     (3)

5.3     Verduidelik wat relatiewe atoommassa beteken.                                      (2)

5.4     Bepaal die relatiewe atoommassa vir die element magnesium.                         (4)

5.5     Die volgende grafiek toon die opeenvolgende ionisasie energie vir die element
        magnesium.

      Ionisasie
      Energie
      Kj.mol-1

                       0    1    2 3 4        5 6 7 8 9 10          11   12   13   14
                                  Hoeveelheid elektrone verwyder

        5.5.1 Skryf die elektron konfigurasie vir magnesium neer.                          (2)

        5.5.2 Watter gevolgtrekking kan gemaak word vanuit die grafiek van ionisasie
              energie teenoor hoeveelheid elektrone verwyder?                              (2)

        5.5.3 Verduidelik jou antwoord in Vraag 5.5.2 ten osigte van kernelektrone en
              valenselektrone.                                                             (4)
                                                                                          [19]

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                             FISIESE WETENSKAPPE
                                                                                   9
                                             Vraestel 2 (CHEMIE)        GRAAD 10

VRAAG 6

6.1   Gee die Wet van Behoud van Massa.                                             (2)

6.2   Die Haber proses word gebruik vir die produksie van kunsmis. Die chemiese
      produksie van kunsmis. Die chemiese vergelyking vir die reaksie word hier
      aangetoon:

                        N2(g)   +      H2(g) →      NH3(g)

      6.2.1 Is hierdie reaksie ŉ sintese of ontbindingsreaksie?                     (1)

      6.2.2 Verskaf ŉ rede vir jou antwoord in Vraag 6.2.1.                         (2)

6.3   Gebruik die Wet van Konstante Samestelling om te bepaal of die massa
      gedurende die reaksie behoue gebly het.                                       (5)

6.4   Skryf ŉ gebalanseerde vergelyking neer om aan te toon hoe massa behoue
      bly vir die Haber proses.                                                     (2)
                                                                                   [12]

                                                              TOTAAL AFDELING B:    80

                                                                        TOTAAL:    100

                                          EINDE

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                        FISIESE WETENSKAPPE
                                                        Vraestel 2 (CHEMIE)   GRAAD 10   10

THE PERIODIC TABLE OF ELEMENTS / DIE PERIODIEKE TABEL VAN ELEMENTE

## Related documents

- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/6d187645-c5d2-4682-bb7b-e110bda17e26) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Physical Sciences P2 Grade 10 Nov 2017 Afr](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-10-nov-2017-afr/07b8ada6-d312-4f70-be7d-a25732dfd52c) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (English and Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-english-and-afrikaans-june-2017-possible-answers/0fb0998a-6926-4c87-87d7-e2d3feecd5a3) — Physical Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/bdfc5a8b-9b3b-483e-a730-d90c972596fa) — Physical Sciences · Memo · 2019 · Afr
- [Gr10 Phy P2 (English and Afrikaans) June 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p2-english-and-afrikaans-june-2018-possible-answer/90de8ad3-d5d4-4736-8702-c5ba535b10d1) — Physical Sciences · Memo · 2018 · Afr
- [Gr10 Phy P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-phy-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/8d4753ac-a821-4d2f-9567-47a8b60aa5b0) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 10 Physical Sciences

- [Gr 10 Phys Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-phys-sci-atp-2023-24/f162614c-9eea-46bf-b61a-5a5dc6360c7b) — ATP
- [EC AW Physical Sciences Grade 10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-aw-physical-sciences-grade-10-june-2025-qp-and-memo/55c5e457-737d-42d8-a3e9-d141082f89d3) — QP + Memo · 2025
- [FS Physical Sciences Grade10 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-physical-sciences-grade10-june-2025-qp-and-memo/4bbbc06c-f9d3-4d47-9bd5-7421512cd012) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 10 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-10-november-2025-p1-and-memo/c5bea2ed-3318-4f7d-b1f6-2ac68a9d3399) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-10-march-2025-qp-and-memo/5aedbc3d-3f59-4693-b4ab-7c19bfd618f5) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 10 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-10-june-2025-p1-and-memo/59cc2c0b-5fa8-4714-9e0d-b786ead5f8d0) — QP + Memo · 2025

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
