# Economics Grade 10 P1 North West November 2024 QP (Afr)

> Grade 10 Economics Paper 1 question paper from the North West November Exam 2024 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p1-s2-afr/071cec42-8e73-41ec-bc7e-39ad0a393dbf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 10
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2024
- Exam period: North West November Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 10](https://www.hlayiso.com/library/grade-10) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-10/economics) › [Economics Grade 10 P1 North West November 2024 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr10-s2-economics-qp-p1-s2-afr/071cec42-8e73-41ec-bc7e-39ad0a393dbf)

## About this document

Economics · Grade 10 · North West November Exam · 2024 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

PROVINSIALE ASSESSERING

                                  GRAAD 10

                               EKONOMIE V1

                             NOVEMBER 2024

TOTAAL: 150
TYD: 2 uur

                     Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Ekonomie/V1                              2                        NW/November 2024
                                      Graad 10

INSTRUKSIES EN INLIGTING:
1. Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

   AFDELING A: VERPLIGTEND
   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2. Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien
   word NIE.

3. Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
   is.

4. Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5. Lees die vrae aandagtig deur.

6. Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

7. Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8. Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
   konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
   voldoen.

9. Gebruik slegs swart of blou ink.

10. Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai asseblief om

### Page 3

Ekonomie/V1                               3                         NW/November 2024
                                       Graad 10

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1                                                      30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

      1.1.1   Watter EEN van die volgende val nie binne die ekonomiese
              studierigting nie?

              A      Skaars hulpbronne.
              B      Keuse
              C      Wat mense moet koop
              D      Geleentheidskoste

      1.1.2   Die term wat die feit dat mense onbeperkte behoeftes en begeertes
              het, met beperkte hulpbronne om hulle te bevredig is …

              A      die ekonomiese probleem.
              B      oorvloed.
              C      produksiefaktore.
              D      takke van ekonomie.

      1.1.3   Wanneer nuwe geld by die ekonomiese kringloop bygevoeg word,
              staan dit bekend as ...

              A      besparings.
              B      winste.
              C      lekkasies.
              D      inspuitings.

      1.1.4   Die inkomste wat 'n individu beskikbaar het om te spandeer en te spaar
              nadat belasting betaal is, staan bekend as ...

              A      reële inkomste.
              B      besteebare inkomste.
              C      nominale inkomste.
              D      bruto inkomste.

      1.1.5   Gedurende die Middeleeue het padnetwerke langs gewilde roetes
              ontwikkel as gevolg van ...

              A      toerisme.
              B      besoek aan vriende en familie.
              C      handel.
              D      selfgenoegsaamheid.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai asseblief om

### Page 4

Ekonomie/V1                               4                           NW/November 2024
                                       Graad 10

     1.1.6    Die studierigtings wat handel oor gebruike en praktyke van
              plaaslike en internasionale handel word genoem ...

              A      politieke wetenskap.
              B      gemenereg.
              C      sosiale wetenskap.
              D      handelsreg.

     1.1.7    Watter een van die volgende bevolkingsgroepe kan geklassifiseer
              word as ekonomies aktief?

              A      15 tot 60 jaar.
              B      Leerders wat skool bywoon.
              C      Mense 65 jaar en ouer.
              D      Mense wat 14 jaar en jonger is.

     1.1.8    Die verskil tussen die geboortesyfer en sterftesyfer van 'n land
              word die … genoem.

              A      bevolkingstekort
              B      natuurlike groeitempo
              C      migrasietempo
              D      aktiewe bevolkingskoers                                 (8 x 2)        (16)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 5

Ekonomie/V1                             5                          NW/November 2024
                                       Graad 10

1.2 Kies 'n beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
    letter (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
    neer, bv. 1.2.9 J.

                KOLOM A                                KOLOM B
     1.2.1      Produksie          A   die produksie aktiwiteite betrokke by die
                                       verspreiding van goedere en die verskaffing van
     1.2.2      Tersiêre bedryf        dienste aan die publiek

     1.2.3      Spesialisasie      B   wanneer 'n besigheid spesialiseer in die
                                       produksie van een produk of diens
     1.2.4      Ruil
                                   C die proses waardeur produkte beweeg van
     1.2.5      MIV/ VIGS            produsent tot verbruiker

     1.2.6      Immigrasie         D proses waardeur 'n entrepreneur die beskikbare
                                     hulpbronne kombineer en dit verander in 'n
     1.2.7      Inligting            soort produk wat gebruik word om die behoeftes
                nedersettings        en begeertes te bevredig van die bevolking

     1.2.8      Informele sektor   E   ontwikkel aan die buitewyke van Suid-
                                       Afrikaanse stede as gevolg van 'n behuising
                                       agterstand

                                   F   lei tot die verlies van ekonomiese aktiewe
                                       familielede en sosiale probleme

                                   G sluit mikrobesighede soos straatverkopers in

                                   H buitelanders wat 'n land binnekom op 'n
                                     permanente basis

                                   I   plaaslike inwoners wat hul land verlaat op 'n
                                       permanente basis
                                                                              (8 x 1)      (8)

  Kopiereg voorbehou                                                  Blaai asseblief om

### Page 6

Ekonomie/V1                               6                         NW/November 2024
                                         Graad 10

1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs die
    vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer. Afkortings,
    akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

     1.3.1 Die aanname wat beteken 'alle ander dinge is gelyk'

     1.3.2 Die waarde van die beste alternatief wat opgeoffer is

     1.3.3 ’n Ekonomie wat die buitelandse sektor uitsluit

     1.3.4 Die wêreldwye integrasie van markte en produksie

     1.3.5 'n Organisasie van werkers wat kombineer om gemeenskaplike doelwitte
           soos beter werksomstandighede te bereik

     1.3.6 Die proporsie van die ekonomiese aktiewe bevolking wat indiensneming vind
           in die formele sektor van die ekonomie                            (6 x 1) (6)

                                                                   TOTAAL AFDELING A: 30

  Kopiereg voorbehou                                                   Blaai asseblief om

### Page 7

Ekonomie/V1                              7                        NW/November 2024
                                       Graad 10

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

     2.1.1 Noem TWEE breë benaderings tot ekonomie.                             (2 x 1)    (2)

     2.1.2 Hoe sal die neem van wiskunde by die skool jou help om 'n ekonoom te
           word?                                                         (1 x 2)           (2)

2.2 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

               Begeertes                   Hulpbronne

                              Skaarsheid

                                                               Ekonomiese
                                                                  goedere
                                Keuse

                           Geleentheidskoste

                                                                 [Bron:www.sy-eco.org]

     2.2.1 Identifiseer uit die diagram hierbo die term wat goedere en dienste beskryf
           waarsonder individue kan lewe.                                                  (1)

     2.2.2 Noem EEN vraag wat ekonome vra om die ekonomiese probleem op te los             (1)

     2.2.3 Beskryf kortliks die term skaarsheid.                                           (2)

     2.2.4 Verduidelik waarom daar na ekonomie verwys word as sosiale wetenskap.           (2)

     2.2.5 Hoekom moet mense keuses maak?                                        (2 x 2)   (4)

 Kopiereg voorbehou                                                  Blaai asseblief om

### Page 8

Ekonomie/V1                                                8                         NW/November 2024
                                                          Graad 10

2.3 Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

            Vlak van

       Besigheidsaktiwiteit

                                                                  Tyd
                                                                           [Bron:Ekonomie handbook: Fokus]

     2.3.1                    Voorsien die diagram hierbo met 'n gepaste opskrif.                            (1)

     2.3.2                    Benoem die punt gemerk C uit die bostaande diagram                             (1)

     2.3.3                    Beskryf kortliks die term tendenslyn.                                          (2)

     2.3.4                    Verduidelik die effek van 'n depressie op indiensnemingsvlakke.                (2)

     2.3.5                    Hoe word die ekonomie geraak tydens die voorspoedsfase?                        (4)

2.4 Onderskei tussen vrye en ekonomiese goedere.                                                   (4 x 2)   (8)

2.5 Ontleed die doeltreffendheid van die regering om omgewingsprobleme aan te
    spreek.                                                             (4 x 2)                              (8)
                                                                                                             [40]

  Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai asseblief om

### Page 9

Ekonomie/V1                               9                                NW/November 2024
                                         Graad 10

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1 Beantwoord die volgende vrae

      3.1.1 Noem enige TWEE vakbonde in Suid-Afrika                                       (2 x 1) (2)

      3.1.2 Hoekom is dit belangrik vir             die    regering     om     die    land se
            bevolkingsgroeikoers te skat?                                                (1 x 2) (2)

3.2 Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                  BESTAANSLANDBOU

      Bestaanslandbou vind plaas wanneer boere voedselgewasse plant om die
      behoeftes van hulself en hul gesinne te voorsien. Landbouers teiken plaasuitset
      vir oorlewing en meestal vir plaaslike vereistes met geen surplus nie.
      Bestaansboere is mense wat plant wat hulle eet.

      Kenmerke oor die algemeen: klein kapitaal- of finansieringsvereistes, gemengde
      gewasse, beperkte gebruik van landbouchemikalieë (bv. plaagdoders en
      kunsmis) onverbeterde variëteite van gewasse en diere, min of geen surplus
      opbrengs vir verkoop, gebruik van ru- of tradisionele gereedskap (bv. Hoes,
      kapmes en snitte)
                                                          (Bron: https://en.m.wikipedia.org/wiki)

      3.2.1 Identifiseer die kenmerk van selfonderhoudende samelewings uit die
            uittreksel hierbo.                                                                      (1)

      3.2.2 Noem EEN kenmerk van bestaanslandbou.                                                   (1)

      3.2.3 Beskryf kortliks die term ruilhandel.                                                   (2)

      3.2.4 Watter positiewe impak het kommersiële boerdery op ekonomiese groei?                    (2)

      3.2.5 Verduidelik die belangrikheid van taal en leer in die ontwikkeling van
            ekonomieë.                                                       (2 x 2)                (4)

  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai asseblief om

### Page 10

Ekonomie/V1                              10                           NW/November 2024
                                        Graad 10

3.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       WERKSVOORWAARDES VAN UNIE EN NIE-UNIELEDE
                               Privaat Sektor              Openbare Sektor
       Gedeelte van
       werkers met:        Nie-vakbond       Unie     Nie-vakbond            Unie
       Geskrewe
                              83,3%         98,4%        99,7%             100,0%
       kontrakte
       Betaalde verlof        62,0%         92,5%        54,3%              97,8%
       Permanente
                              57,6%         91,0%        38,9%              96,5%
       kontrakte
       Bedinging
                               2,8%         8,2%         11,4%              35,5%
       raadsdekking
       Geen
       loonbedinging van      82,3%          8,3%        72,7%              2,5%
       enige vorm nie
                                                                   [Bron: Statistieke SA]

      3.3.1 Identifiseer die persentasie van permanente nie-vakbondwerkers onder die
            openbare sektor uit die tabel hierbo?                                             (1)

      3.3.2 Waarvoor staan die afkorting KVBA?                                                (1)

      3.3.3 Beskryf kortliks die term vakbonde.                                               (2)

      3.3.4 Verduidelik die rede waarom werkers verkies om vakbondlede te wees.               (2)

      3.3.5 Hoe word arbitrasie gebruik om arbeidsgeskille op te los.               (2 x 2)   (4)

3.4 Bespreek immigrasie en buitelanders in terme van SA bevolkingsgrootte.          (2 x 4)   (8)

3.5 Evalueer die invloed van produktiwiteit en vaardighede op arbeid.               (4 x 2)   (8)
                                                                                              [40]

  Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 11

Ekonomie/V1                              11                           NW/November 2024
                                       Graad 10

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES                       40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1 Beantwoord die volgende vrae.

     4.1.1 Noem enige TWEE studierigtings wat met Ekonomie verband hou. (2 x 1)              (2)

     4.1.2 Watter effek sal 'n resessie op besigheidsaktiwiteite hê?               (1 x 2)   (2)

4.2 Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                               [Bron: Graad 10 ekonomie Geniet Handboek]

     4.2.1 Identifiseer die primêre sektor industrie wat in bogenoemde spotprent
           uitgebeeld word.                                                                  (1)

     4.2.2 Noem EEN voorbeeld van natuurlike hulpbronne.                                     (1)

     4.2.3 Beskryf kortliks die term sekondêre sektor.                                       (2)

     4.2.4 Waarom moet gemeenskappe die land se natuurlike hulpbronne beskerm?               (2)

     4.2.5 Hoe gaan die regering die land se ekonomiese aktiwiteite verbeter. (2 x 2)        (4)

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 12

Ekonomie/V1                              12                        NW/November 2024
                                        Graad 10

4.3 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                   Reële BBP Groei

         %Verandering

                                             Tyd

      4.3.1 Identifiseer die kwartaal met die hoogste reële BBP-groei.                        (1)

      4.3.2 Wat word gemeet deur die horisontale lyn?                                         (1)

      4.3.3 Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.                               (2)

      4.3.4 Wat is die voordele van belegging in die vervaardigingsektor van die
            ekonomie?                                                                         (2)

      4.3.5 Verduidelik kortliks wat het die lae ekonomiese groeikoers in Suid-Afrika
            veroorsaak?                                                                       (4)

4.4 Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.                 (2 x 4)     (8)

4.5 Hoe kan inspuitings tot ‘n ekonomiese opswaai fase bydra?                     (2 x 4)     (8)
                                                                                              [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:              80

  Kopiereg voorbehou                                                     Blaai asseblief om

### Page 13

Ekonomie/V1                               13                           NW/November 2024
                                              Graad 10

AFDELING C
Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                                     PUNTE-
                            STRUKTUUR VAN OPSTEL:
                                                                                   TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is 'n laer-orde antwoord.
  'n Goeie beginpunt sal wees om die sleutelkonsep wat met die vraag
   verband hou, te defineer of te omskryf.
  MOENIE enige deel van die vraag by jou inleiding insluit NIE.                     Maks. 2
  MOENIE enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal NIE.
  MOENIE in die inleiding noem wat jy in die liggaam gaan bespreek NIE.
 Liggaam
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking/Ondersoek                   Maks. 26
 Bespreek /Krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Differensieer/
 Assesseer/Debatteer
 'n Maksimum van 8 punte mag vir opskrifte/voorbeelde toegeken word.

 Addisionele deel: Bespreek krities/Evalueer/ Evalueer krities/Lei af/ Vergelyk/
 Onderskei/Stel voor/ Interpreteer/ Debatteer/Hoe                                   Maks. 10
 ‘n Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken word.
 Slot
 Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:                               Maks 2
  'n Kort opsomming van wat bespreek is, sonder die herhaling van feite wat
    reeds genoem is
  Enige mening/opinie waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
  Addisionele ondersteuning inligting om die bespreking/analise te versterk
  'n Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
  Aanbevelings
 TOTAAL                                                                                40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

        Bespreek in detail die vier deelnemers in die ekonomiese kringloop van 'n oop
         ekonomie.                                                                               (26)

        Hoe BRICS-lidmaatskap Suid-Afrika gehelp het met sy buitelandse sektor
         handelsverhoudinge?                                                                     (10)
                                                                                                 [40]
VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                             40 PUNTE – 40 MINUTE

        Bespreek die Suid-Afrikaanse arbeidsmag in detail.                                      (26)

        Wat is die impak van MIV en VIGS op die Suid-Afrikaanse ekonomie?                       (10)
                                                                                                 [40]

                                                                         TOTAAL AFDELING C:      40
                                                                             GROOTTOTAAL:        150

       Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/2e8a22fb-f428-4bd0-8ef5-1d0feef1fa94) — Economics · Memo · 2024 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/85a08651-2711-4656-ae89-9b5dd7f46278) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/a7a98926-6f8d-44f2-ae7e-4dc7afed3e6c) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR10 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-10-economics-2017-national-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/39929933-f231-4d31-8c37-17bb8f7c9306) — Economics · QP · 2017 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) June 2016 Question Papers](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-papers/f9eb23e4-959a-4a5b-b2ca-66660d405259) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr10 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr10-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/9141a665-ad82-4539-8976-6a868a652579) — Economics · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 10 Economics

- [Gr 10 Eco ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-atp-2023-24/1e23cbbf-de14-4cad-b1b6-69a5e90a701c) — ATP
- [LP Economics Grade 10 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-economics-grade-10-march-2025-qp-and-memo/bac096e2-ec50-4df8-a553-9592d8c40ac8) — QP + Memo · 2025
- [Gr 10 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p2-afrikaans-june-2024-possible-answers/6510048d-9b76-4cdc-ac94-b3b211d47d8b) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 10 ECO P1 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p1-afrikaans-june-2023-possible-answers/fb015450-42a2-4b1a-9c84-60032bd6acca) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 ECO P2 (Afrikaans) June 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-eco-p2-afrikaans-june-2023-possible-answers/11295fb7-f85e-4c3b-a272-dc3b895ef1e0) — Memo · 2023 · Afr
- [Gr 10 Economics P1 (Afrikaans) 2023 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-10-economics-p1-afrikaans-2023-possible-answers/b747a8a2-04b8-4756-87d1-8eafc722b30b) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 10 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-10/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
