# Accounting Grade 11 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 11 Accounting question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-june-2017-question-paper/a43f7349-1f8f-49f7-8db9-9e5e6f210b6b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng June
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-june-2017-question-paper/a43f7349-1f8f-49f7-8db9-9e5e6f210b6b)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                           PROVINSIALE EKSAMEN
                                   JUNIE 2017
                                      GRAAD 11

                                  REKENINGKUNDE

                                                                      Tyd in
     Vraag                        Onderwerp                   Punte
                                                                      minute
       1       Bankversoening                                  50       30
       2       Krediteureversoening                            20      12
       3       Bateverkope                                     50      30
       4       Finansiële state                                90      54
       5       Vennootskappe: Kapitaal en privaatrekeninge     50      30
       6       Ontleding en vertolking van finansiële state    40      24
     Totaal                                                    300     180

TYD: 3 uur

PUNTE: 300

15 bladsye

                                                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                      2
                                                                   GRAAD 11

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                  PROVINSIALE EKSAMEN

                                                        REKENINGKUNDE

                                                        TYD: 3 uur
                                                        PUNTE: 300

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur en volg dit noukeurig.

1.      Beantwoord ALLE vrae.

2.      Wys ALLE bewerkings sodat deelpunte toegeken kan word.

3.      Lees die instruksies vir elke vraag sorgvuldig deur en volg dit presies.

4.      Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

5.      Alle antwoorde moet in blou of swart ink geskryf word.

        Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ gids wanneer jy die vraestel
        beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

                                                                                   Tyd in
     Vraag                        Onderwerp                          Punte
                                                                                   minute
       1       Bankversoening                                          50            30
       2       Krediteureversoening                                    20           12
       3       Bateverkope                                             50           30
       4       Finansiële state                                        90           54
       5       Vennootskappe: Kapitaal en privaatrekeninge             50           30
       6       Ontleding en vertolking van finansiële state            40           24
     Totaal                                                           300           180

                                                                                            b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                    3
                                                              GRAAD 11

VRAAG 1                                                  (50 Punte; 30 Minute)
KONSEPTE, BANKVERSOENING EN VERTOLKING
KONSEPTE                                                                                  (5)
1.1   Gee EEN term uit die onderstaande lys vir die volgende beskrywings. Skryf
      slegs die term teenoor die antwoordnommer (1.1.1 – 1.1.5) in jou
      ANTWOORDBOEK neer.

      uitstaande deposito; gedishonoreerde tjek; stop betaling; debietorder;
      oortrokke bank; uitstaande tjek; bateregister; vooruitgedateerde tjek
      register.

      1.1.1    Die fasiliteit waardeur ŉ besigheid meer geld kan gebruik as wat in
               hul lopende bankrekening is                                                (1)
      1.1.2    ŉ Item wat aangedui word as ŉ ‘onbetaalde / geweierde tjek’ op jou
               bankstaat word beskou as ŉ … .                                             (1)
      1.1.3    Toestemming wat aan ŉ derde-party verleen word om outomatiese
               maandelikse betalings te ontvang, direk vanuit die besigheid se
               lopende bankrekening                                                       (1)
      1.1.4    Alle vooruitgedateerde tjeks ontvang moet in ŉ … aangeteken
               word en op ŉ veilige plek gebêre word.                                     (1)
      1.1.5    Die trekker van die tjek het die opsie om te vra dat ŉ tjek gemerk
               word as ... indien ŉ tjek verlore geraak het.                              (1)

      BANKVERSOENING
      Die inligting is geneem uit die boeke van Mercby Handelaars op
      30 September 2017.
1.2   Voltooi die tabel wat verskaf word in die ANTWOORDBOEK sodat die regte
      totale van die Kontantontvangstejoernaal en Kontantbetalingsjoernaal
      bereken kan word vir September 2017. LET WEL: Daar word van jou
      verwag om die besonderhede van diverse rekeninge sowel as die bedrae
      te gee.                                                                            (19)
1.3   Doen die Bankrekening in die Algemene Grootboek op 30 September 2017.               (7)
1.4   Doen die Bankversoeningstaat op 30 September 2017.                                  (7)
1.5   A. Alli is die eienaar van Mercby Handelaars. ŉ Nuwe boekhouer, Tommy,
      is nou aangestel nadat die vorige boekhouer Borry onlangs spoorloos
      verdwyn het.
      Verduidelik kortliks aan Tommy hoekom dit belangrik is dat hy aan die
      einde van elke maand bankversoening doen. Verskaf DRIE redes.                       (6)

1.6   Gee DRIE voordele van internet-bankdienste.                                         (3)
1.7   Verduidelik wat die term “witboordjie misdaad” beteken en gee EEN
      voorbeeld daarvan.                                                                  (3)

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                 4
                                                            GRAAD 11

   INLIGTING:

1. Die volgende items verskyn op die Bankversoeningstaat op
   31 Augustus 2017:

       Ongunstige saldo volgens Bankstaat                            2 860
       Uitstaande deposito                                           2 000
       Uitstaande tjeks:
           Nr. 015 (1 Maart 2017)                                      150
           Nr. 100                                                     500
           Nr. 117                                                   1 320
           Nr. 118                                                     640
       Kredietregstelling van foute                                  1 460
       Saldo volgens Bankrekening                                        ?

2. Voordat die Bankstaat vir September 2017 ontvang is, het die volgende
   voorlopige totale in die kontantjoernale verskyn:

   •     KOJ R49 926
   •     KBJ R49 800
3. Die volgende items kom in die Bankstaat vir September 2017 voor maar
   nie in die kontantjoernale nie:

   •     ŉ Deposito van R2 000 is ontvang van ŉ huurder, M. Shiba op
         31 Augustus 2017.
   •     Op 20 September 2017, word ŉ nuwe tjek nr. 121 vir R300, uitgereik
         om tjek nr. 015 te vervang. Die tjek is uitgereik aan Tradeco, vir
         handelsvoorraad aangekoop.
   •     Mercby Handelaars het tjek nr. 118 verkeerd aangeteken as R640 in
         plaas vanaf R460. Dit is uitgereik aan Sunny Adverteerders vir ŉ
         advertensie in die plaaslike koerant. Die fout moet reggestel word.
   •     Tjek nr. 100 is al vir geruime tyd uitstaande. Dit was uitgereik ten
         gunste van Best Skryfbehoeftehandelaars. Die tjek moet
         gekanselleer word aangesien Best skryfbehoeftehandelaars nie meer
         bestaan nie.
   •     ŉ Stop order ten gunste van CTI Versekeraars vir versekering R1 520
   •     Rente op die gunstige Bank saldo, R400
   •     Bankkoste van R786
   •     Die fout wat deur die bank gemaak was is reggestel, R1 460.
   •     ŉ Direkte deposito gemaak deur I. May (ŉ debiteur), R4 100 om sy
         rekening van R4 150 te vereffen.

                                                                                b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                 5
                                                                GRAAD 11

      4. Die volgende items verskyn in die kontantjoernale maar nie op die
         Bankstaat vir September nie:
         • Tjek nr. 112 vir R800 (gedateer vir 5 Oktober 2017)
         • Tjek nr. 113 vir R400 (gedateer 15 November 2017) vir ŉ deposito op
             rekenaartoerusting gekoop van Nkuli Skryfbehoeftes
         • ŉ Deposito van R2 500 gemaak op 30 September 2017
         • Bereken die Bankstaatsaldo op 30 September 2017.                         50

VRAAG 2                                                   (20 punte; 12 minute)

KONSEPTE EN KREDITEUREKONTROLE

PASITEMS

Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by die konsep in KOLOM A. Skryf slegs
die letter (A – E) langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK.                           (5)
2.1                 KOLOM A                       KOLOM B
          2.1.1   Oorspronklike A    Opsomming van wat elke krediteur skuld
                  faktuur
          2.1.2   Krediteurelys B    Dokument wat op die Krediteurestaat sal
                                     verskyn as erkenning dat foutiewe
                                     goedere terugontvang is deur verskaffer
          2.1.3   Debietnota     C   Bewys dat die betaling ontvang is
          2.1.4   Kredietnota    D   Dokument wat deur die besigheid gestuur
                                     word aan die verskaffer wanneer goedere
                                     teruggestuur word of ŉ afslag gevra word
          2.1.5   Kwitansie      E   Dokument waarop alle kredietaankope
                                     aangeteken word

BEKI HANDELAARS

ŉ Rekeningstaat wat ontvang word van AB Verskaffers op 25 September 2017
toon aan dat BEKI Handelaars hulle R51 163 skuld. Die krediteuregrootboek van
BEKI Handelaars toon ŉ uitstaande saldo van R57 312.
GEVRA:

2.2      Bereken die korrekte saldo van AB Verskaffers in die Krediteuregrootboek
         van BEKI Handelaars.                                                           (8)
2.3      Voltooi die Krediteureversoeningstaat op 30 September 2017.                    (7)

                                                                                    b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                               REKENINGKUNDE           6
                                                         GRAAD 11

   INLIGTING:

A. KREDITEUREGROOTBOEK VAN BEKI HANDELAARS
                  AB VERSKAFFERS (KG 7)

    Datum       Besonderhede        Fol   Debiet   Krediet   Saldo
    2017   1    Rekening                                      44 290
    Sept        gelewer
           3    Faktuur nr. 223                     10 808    55 098
           5    Debietnota nr. 96            618              54 480
          12    Tjek Nr.181               21 108              33 372
                Korting                    3 532              29 840
           15   Faktuur nr. 105                      6 929    36 769
           23   Faktuur nr. 229                      7 188    43 597
           24   Faktuur nr. 284                      8 829    52 786
                (Na handels-
                korting)
           30   Faktuur nr. 302                      4 526    57 312

B. Rekeningstaat ontvang van AB Verskaffers

                             AB VERSKAFFERS
                             REKENINGSTAAT
    18 SNAKEWEG                                  Tel: 032 705 0961
    MLALAZI                                      Faks: 011 4125431
    1511                                         25 September 2017
    REKENING VAN: Beki Handelaars           REKENING NR. ABC 543
      Datum   Besonderhede                Debiet  Krediet      Saldo
    2017    1 Saldo                                           44 290
    SEPT
            3 Faktuur nr. 223             10 296             54 586
            5 Kredietnota nr. 109            618             55 204
           12 Kwitansie nr. 5140                   21 108    34 096
           23 Faktuur nr. 228              7 188             41 284
           24 Faktuur nr. 284              9 810             51 094
           25 Rente op agterstallige          69             51 163
              rekening

                                                                       b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                7
                                                              GRAAD 11

      ADDISIONELE INLIGTING:

      Met die vergelyking van die rekeningstaat ontvang vanaf AB Verskaffers
      en die rekening in die Krediteuregrootboek is die volgende opgemerk:
      (a) Faktuur nr. 223 op 3 September 2017 was reg aangeteken in die
          rekeningstaat van AB Verskaffers.
      (b) AB Verskaffers het ŉ fout gemaak met die optekening van die
          terugsending van goedere op 5 September 2017.
      (c) BEKI Handelaars kwalifiseer vir ŉ korting vir die vroeë betaling van
          hulle rekening op 12 September 2017. AB Verskaffers het R2 532 as
          korting toegelaat. Hulle belowe om dit op hulle volgende
          rekeningstaat aan te toon.
      (d) Faktuur nr. 105 vir R6 929 was foutiewelik aangeteken in die
          Krediteure-grootboek van AB Verskaffers. Hierdie aankope is
          gemaak vanaf ABA Verskaffers.
      (e) ŉ Handelskorting van 10% is afgetrek op Faktuur nr. 284.
          AB Verskaffers het dit nie in aanmerking geneem nie. AB Verskaffers
          sal die fout volgende maand regstel.
      (f) Faktuur nr. 302 verskyn nie op die rekeningstaat wat ontvang is van
          AB Verskaffers nie, aangesien die transaksie plaasgevind het nadat
          die staat gedruk is.

      (g)     AB Verskaffers het die rente van R69 korrek gehef op die
                                                                                 20
              agterstallige rekening.

VRAAG 3                                                  (50 Punte: 30 Minute)

BATEVERKOPE

3.1   Gee die korrekte woord(e) om die volgende stellings te voltooi. Skryf
      slegs die woord(e) langs die vraagnommer (3.1.1 – 3.1.4) in die
      antwoordboek.                                                                  (4)

      3.1.1     Volgens die … konsep word alle bates aangeteken teen hulle
                oorspronklike kosprys.
      3.1.2     Besonderhede van elke individuele vaste bate word aangeteken
                op ŉ … .
      3.1.3     Kosprys van ŉ bate – opgehoopte waardevermindering = … .

      3.1.4     Die totale waarde wat ŉ bate verloor as gevolg van gebruik en
                slytasie word … genoem

                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                            REKENINGKUNDE                 8
                                                                      GRAAD 11

3.2        Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van Pay
           Day Handelaars. Die finansiële jaar eindig op 28 Februarie.

           GEVRA:

           3.2.1      Wys die berekening van Opgehoopte waardevermindering
                      gemerk (a) tot (d) op die tabel wat in die ANTWOORDBOEK
                      verskaf word.                                                       (13)
           3.2.2      Verwys na inligting C en voltooi die Bateregister vir item 2.           (3)
           3.2.3      Doen die Bateverkoperekening vir die voertuig wat op
                      28 Februarie 2017 verkoop is.                                           (8)
           3.2.4      Doen die nota vir Vaste bates tot die Balansstaat op
                      28 Februarie 2017.                                                  (22)

           INLIGTING:

           Lys van saldo’s op 28 Februarie 2017

      A.
               Grond en Geboue                                               6 789 720
               Voertuie                                                        810 000
               Toerusting                                                      210 000
               Opgehoopte waardevermindering op voertuie                       387 600
               Opgehoopte waardevermindering op toerusting                      77 000
      B. Grond en geboue

           •     ŉ Gebou is aangekoop gedurende die finansiële jaar vir R2 000 000.
                 Dit is behoorlik geboekstaaf.
           •     Grond en geboue ter waarde van R980 000 is verkoop op die laaste
                 dag van die finansiële jaar. Hierdie transaksie is nog nie geboekstaaf
                 nie.
      C. Toerusting

           •     Die volgende inligting verskyn in die bateregister in verband met
                 toerusting:

                                            Datum gekoop                 Kosprys
                         ITEM 1              1 Maart 2010                R70 000
                         ITEM 2              1 Junie 2013                R60 000
                         ITEM 3              1 Maart 2015                R35 000
                         ITEM 4            1 Augustus 2016               R45 000

                                                                                          b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                 9
                                                                 GRAAD 11

         •    Alle toerusting word gedepresieer teen 10% p.j. op die kosprys.

         •    Item 4 is aangekoop gedurende die finansiële jaar. Die transaksie is
              behoorlik geboekstaaf in die besigheid se boeke.
         •    Item 2 is verkoop op 1 September 2016. Die transaksie is nie
              geboekstaaf nie.
      D. Voertuie

         •    ŉ Nuwe voertuig met ŉ kosprys van R330 000 is op 1 Januarie 2017
              aangekoop en per tjek betaal. Hierdie transaksie is nog nie
              geboekstaaf nie.
         •    Op 28 Februarie 2017 is ŉ voertuig met ŉ kosprys van R200 000
              verkoop vir kontant, R72 000. Die besigheid het ŉ verlies van R9 920
              gely op die verkoop van die voertuig. Hierdie inskrywing moet nog
              gemaak word. Die voertuig is gekoop op 1 Maart 2013.
         •    Waardevermindering op voertuie word bereken op 20% p.j. op die
              verminderde saldo-metode.

VRAAG 4                                                     (90 Punte: 54 Minute)

FINANSIËLE STATE

4.1      Pas die konsep in KOLOM A met die beskrywings in KOLOM B. Skryf
         SLEGS die regte letter (A – H) in jou ANTWOORDBOEK.

                   KOLOM A                               KOLOM B
      4.1.1   Inkomstestaat          A Ontleed die finansiële posisie van die
                                       onderneming
      4.1.2   AARP                   B Oorblywende waarde van ŉ bate nadat dit
                                       ten volle afgeskryf is
      4.1.3   Waardevermindering     C Finansieringskoste
      4.1.4   Wesenlikheids-         D Met die klassifikasies van ŉ transaksie,
              beginsel                 moet die erns of impak op die wins in ag
                                       geneem word.
      4.1.5   Balansstaat            E Hierdie beginsel maak dit moontlik om die
                                       resultate van verskillende besighede te
                                       vergelyk.
      4.1.6   Paringsbeginsel        F Toon die winsgewendheid van die besigheid
      4.1.7   Rente                  G Toegerekende uitgawes
      4.1.8   Reswaarde              H Inkomste verdien en uitgawes aangegaan
                                       moet in dieselfde finansiële jaar getoon
                                       word.
                                                                                         (8)

                                                                                     b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE               10
                                                                  GRAAD 11

4.2     Die volgende inligting het betrekking op Big Blue Winkels. Die finansiële
        jaar eindig op 28 Februarie 2017. Die besigheid gebruik die deurlopende
        voorraadstelsel.

        GEVRA:

      4.2.1   Voltooi die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017.    (48)
      4.2.2   Voltooi die volgende Notas tot die Balansstaat.

              •   Handels- en ander ontvangbares                                     (9)
              •   Handels- en ander betaalbares                                     (25)

INLIGTING:

Balansstaatrekeninge                                    Debiet        Krediet
Vaste deposito: Investec Bank                            460 000
Debiteurekontrole                                         63 190
Voorsiening vir oninbare skuld                                             3 450
Handelsvoorraad                                          697 400
Bank                                                                      7 800
Krediteurekontrole                                                      197 000
Krediteure vir salarisse                                                 48 000
Pensioenfonds                                                             6 500
SAID:LBS                                                                 12 000
WVF                                                                       1 500
Verbandlening: Nedbank                                                  652 000

Nominale rekeninge-afdeling
Verkope                                                               4 220 700
Koste van verkope                                       1 100 720
Debiteure-afslag                                           12 500
Salarisse en lone                                         288 090
Oninbare skuld                                              2 790
Huur uitgawe                                               63 360
Advertensie                                               292 330
Water en elektrisiteit                                     72 000
Verpakkingsmateriaal                                       16 070
Bankkoste                                                   1 675
Rente op lopende rekening                                                   847
Rente op vaste deposito                                                  13 000
Versekering                                                18 300

                                                                                    b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                11
                                                                GRAAD 11

    Aansuiwerings en addisionele inligting:

 1. Op 28 Desember 2016, het T Chance, ŉ debiteur beskadigde goedere
    teruggestuur. Die verkoopsprys was R850 en die winspersentasie was 25%
    op kosprys. Die goedere is onmiddellik teruggestuur aan ons verskaffer, wat
    ŉ kredietnota uitreik. Geen inskrywing is nog in die boeke gedoen nie.
 2. Handelsvoorraad voorhande volgens ŉ fisiese voorraadopname op
    28 Februarie 2017, is R698 900.
 3. Verpakkingsmateriaal ten bedrae van R15 700 is gedurende die jaar
    gebruik.
 4. Die insolvente boedel van E Pain betaal 40 sent in die rand en betaal R360
    direk in die besigheid se lopende bankrekening in op 5 Desember 2016.
    Dit is aangeteken in die boeke, die res moet as oninbaar afgeskryf word, en
    die voorsiening vir oninbare skuld moet aangesuiwer word tot R3 090.
 5. ŉ Debiteur met ŉ kredietsaldo van R11 700 moet oorgedra word na die
    Krediteuregrootboek.
 6. Een van die werknemers was per ongeluk uit die salarisjoernaal vir
    Februarie 2017 uitgelaat Die besonderhede van sy salarisstrokie is as volg:

             Netto Salari                     R18 375
             LBS aftrekking                   R4 500
             Pensioenfonds aftrekking         R1 875
             WVF aftrekking                    R250

    Die besigheid se bydrae was soos volg:

        •   Pensioenfonds: 10,5% van Bruto Salaris
        •   WVF: Rand-tot-rand basis

    Let wel:     Alle bydraes word gedebiteer teen die salarisse en lone
                 rekening.
 7. Huuruitgawe is verhoog met 10% op 1 Februarie 2017. Die huur vir Maart
    2017 is reeds betaal.
 8. Die totale waardevermindering vir die finansiële jaar bedrae R83 200.

 9. Die water en elektrisiteit vir Februarie 2017 moet nog betaal word, R11 000.

10. Die bankstaat van FNB wys die volgende:

    •   Rente op oortrekking, R315.
    •   Bankkoste, R670.
    •   EFO vanaf S. Sibanoyoni wat voorheen afgeskryf is as oninbaar,
        R3 600.

                                                                                   b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE               12
                                                                 GRAAD 11

11. Die leningstaat van Nedbank op 28 Februarie 2017 lyk soos volg:

         Saldo op 1 Maart 2016                       R665 600
         Totale betalings gedurende die jaar         R103 200
         Saldo op 28 Februarie 2017                  R652 000

        •   Rente vir die jaar moet gekapitaliseer word.

12. Die volgende tjeks uitgereik aan verskaffers is nog nie aangebied vir
    betaling op 28 Februarie 2017 nie:

        •   Nr. 1270 vir R2 580
        •   Nr. 1280 vir R1 850

VRAAG 5                                                    (50 Punte: 30 Minute)

VENNOOTSKAPPE
Die volgende inligting is geneem uit die rekeningkundige rekords van vennote
S Gous en L Naidoo. Hulle finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2017.
Gevra:
5.1  Kapitaal op 28 Februarie 2017                                                  (5)

5.2   Rente op Kapitaal op 28 Februarie 2017                                       (10)

5.3   Privaatrekeninge op 28 Februarie 2017                                        (25)

5.4   Doen die Eienaarsbelang en Laste gedeelte van die Balansstaat op
      28 Februarie 2017.                                                           (10)

                                                                                   b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                 13
                                                                   GRAAD 11

INLIGTING:

 1. Saldo’s op 28 Februarie 2017 die laaste dag van die finansiële jaar:

         Kapitaal: Gous     (1 Maart 2016)                  2 080 000
         Kapitaal: Naidoo (1 Maart 2016)                    1 920 000
         Privaatrekening: Gous (1 Maart 2016)                 25 000
         Privaatrekening : Naidoo (1 Maart 2016)           112 000(Dt)
         Onttrekkings: Gous                                  875 000
         Onttrekkings: Naidoo                                910 000
         Oortrokke Bank                                      705 000
         Handelskrediteure                                   120 000
         Lening: NEDBANK                                     900 000

 2. ŉ Verbandlening van R1 000 000 is gekry vanaf Nedbank op 1 Maart 2016.
    Al die inskrywings vir die terugbetaling van die verbandlening en die rente
    vir die huidige finansiële jaar is gedoen. In die volgende finansiële jaar sal
    die vennootskap terugbetalings ter waarde van R100 000 op die
    verbandlening maak.

 3. Gous verhoog sy kapitaalbydrae op 28 Februarie 2017 na R2 880 000.
    Geen inskrywing is nog daarvoor gemaak in die besigheid se boeke nie.
    Die kapitaal bydrae van Naidoo bly onveranderd.

 4. Naidoo stuur handelsware terug wat nie geskik was vir sy persoonlike
    gebruik nie kosprys is R5 000 voordat die voorraadopname afgehandel
    was. Die goedere teruggebring is nog nie in die boeke opgeteken nie.

 5. Die vennootskapsooreenkoms stipuleer die volgende:

     •      Vennote is geregtig op ŉ maandelikse salaris van R65 000 elk.
     •      Vennote is geregtig op rente van 8% p.j. op hulle kapitaalsaldo’s op die
            1ste dag van die finansiële jaar.
     •      Op 1 Desember 2016, het die vennote besluit om hulle salarisse te
            verhoog na 12% p.j. Met onmiddellike effek
     •      Gous ontvang ŉ spesiale bonus van 5% van die netto wins.

 6. Nadat alle jaar eindaansuiwerings in aanmerking geneem is, is die netto
    wins vir die finansiële jaar R2 030 000.

 7. Oorblywende winste of verliese moet gedeel word in verhouding tot hulle
    kapitaalbydrae aan die einde van die finansiële jaar.

                                                                                       b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE               14
                                                                    GRAAD 11

VRAAG 6                                                       (40 punte: 24 minute)

ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE

Die inligting verskaf word verkry uit die finansiële state van Mikfia Tutors.

Vennote Mikyl en Fia begin hulle Opleidingsentrum in 2017.

Alle berekeninge in die vraag moet afgerond word tot 2 desimale plekke.

GEVRA:

6.1   Bereken die persentasie opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang van die
      vennootskap. Lewer kommentaar en gebruik die syfers om jou antwoord te
      staaf.                                                                           (9)

6.2   Bereken die persentasie opbrengs wat deur Mikyl verdien word op haar
      gemiddelde eienaarsbelang.
      Moet sy tevrede wees? Motiveer jou antwoord.                                     (9)

6.3   Bereken die skuld : eienaarsbelang verhouding vir 2017.                          (3)

6.4   Was dit ŉ goeie idee om die lening te verhoog? Gebruik finansiële
      aanwysers met getalle / persentasies om jou antwoord te staaf.                   (4)

6.5   Lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die vennootskap. Haal
      DRIE toepaslike finansiële aanwysers (werklike syfers / verhoudings /
      persentasies) en hul neigings aan.                                               (9)

6.6   Lewer kommentaar oor die volgende finansiële aanwysers. Let wel die
      beoogde winsgrens is 50% op koste van verkope.

      •   % Bruto wins op koste van verkope                                            (3)
      •   % Bedryfsuitgawes op verkope                                                 (3)

      Verskaf in elke geval ŉ rede vir die verbetering of afname in die syfers.

                                                                                      b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE               15
                                                               GRAAD 11

   INLIGTING:

1. Uittreksel van die Balansstaat

                                    28 Feb 2017    28 Feb 2016
     Eienaarsbelang                     420 000         234 000
     Kapitaal: Mikyl                    200 000         160 000
     Kapitaal: Fia                      200 000          80 000
     Privaatrekening: Mikyl               8 000            2 000
     Privaatrekening: Fia                12 000          (8 000)
     Nie bedryfslaste                   360 000         280 000

2. ADDISIONELE INLIGTING:

      A. Die netto wins vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2017 is R58 000.
      B. Vennoot Mikyl verdien ŉ totaal van R37 000 vir die jaar geëindig op
         28 Februarie 2017.
      C. Die volgende finansiële aanwysers is bereken in 2017:

                VERHOUDING                        2017             2016
     % Opbrengs verdien deur die                    ?              24%
     besigheid op eienaarsbelang
     % Opbrengs verdien deur Mikyl                   ?          26%
     % Opbrengs verdien deur Fia                   23%          23%
     Skuld: Eienaarsbelangverhouding                 ?          1,2:1
     Bedryfskapitaalverhouding                    2,29:1        1,6:1
     Vuurproefverhouding                          1,57:1        0,6:1
     Gemiddelde debiteure-invorderings            30 dae       55 dae
     periode
     % Bedryfsuitgawes op omset                    40%             50%
     % Bruto wins op koste van verkope             50%             60%

      D. Die debiteure-betalingsperiode is 30 dae soos verlang volgens die
         kredietbeleid.
      E. Krediteure word betaal na 60 dae volgens die krediteurebeleid.
      F. Die rentekoers op die lening vanaf Rand Bank is 21% p.j. Rente
         betaal gedurende die finansiële jaar beloop R57 600.
      G. Geld kan belê word teen ŉ rentekoers van 10% p.j.
                                                                                 40

                                                                      TOTAAL:    300

                                        EINDE

## Related documents

- [Gr11 Acc (Afrikaans) June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-june-2016-question-paper/fbbd5ffb-5728-4b05-b1dd-24b25c5eb58d) — Accounting · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 Acc (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-june-2018-possible-answers/9df1ea61-69fc-44d0-ae99-55747a39390f) — Accounting · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 Acc (Afrikaans) June 2016 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-june-2016-possible-answer/89316d18-f700-4910-a490-4c101ea30e1f) — Accounting · Memo · 2016 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
