# Accounting Grade 11 Gauteng November 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-november-2017-question-paper/3c06fc5c-05e0-40be-b77b-081bb32acd71
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 Gauteng November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-november-2017-question-paper/3c06fc5c-05e0-40be-b77b-081bb32acd71)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN

                          GRAAD 11

                       REKENINGKUNDE

PUNTE: 300
TYD: 3 uur

21 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                     2
                                                                     GRAAD 11

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                    PROVINSIALE EKSAMEN

                                                           REKENINGKUNDE

                                                           PUNTE: 300
                                                           TYD: 3 uur

INSTRUKSIES
1         Beantwoord AL die vrae.
2         Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.
3         Lees die instruksies vir elke vraag noukeurig deur en voer dit stiptelik uit.
4         Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.
5         Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.
6         Gebruik die inligting hieronder in die tabel as gids wanneer jy die vraestel
          beantwoord. Probeer om NIE hiervan af te wyk NIE.

    VRAAG                        ONDERWERP                        PUNTE       TYD IN MINUTE
      1          Versoening en interne beheer                        50          30 minute
      2          Finansiële state en Bateverkope                     80          48 minute
      3          Ontleding en vertolking van finansiële state        35          21 minute
      4          Vervaardiging                                       45          27 minute
      5          Kontantbegroting                                    45          27 minute
      6          BTW en voorraad                                     45          27 minute
    TOTAAL                                                          300         180 minute

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                     3
                                                                 GRAAD 11

VRAAG 1

REKONSILIASIE EN INTERNE BEHEER                                (50 punte; 30 minute)

1.1    Lees die onderstaande stellings. In elke geval, dui aan of die stelling WAAR
       of ONWAAR is.                                                                     (4)

       1.1.1    ŉ Kredietnota is ŉ dokument wat deur ŉ kliënt uitgereik word wanneer
                hy goedere aan ŉ verskaffer terugstuur.

       1.1.2    ŉ Vooruitgedateerde tjek ontvang, moet in die Vooruitgedateerde tjek-
                register aangeteken word tot en met die datum wat dit geldig word.

       1.1.3    Rente op oortrokke rekening word nie as deel van die bankkoste
                beskou nie, omdat dit deel is van die finansieringskoste.

       1.1.4    ŉ Debietsaldo op die Bankstaat beteken die bankrekening het ŉ
                ongunstige saldo.

1.2    ŉ Onervare boekhouer van Blou Winkels het die joernale vir Maart 2017 af-
       gesluit en oorgeboek na die Algemene grootboek voordat dit met die
       Bankstaat vergelyk is.

      GEVRA:

      1.2.1    Teken die aanvullende inskrywings, om die boeke reg te stel, direk in
               die Bankrekening aan. Begin die bankrekening met die voorlopige
               saldo op 31 Maart 2017. Dui die Kontrarekeninge vir die
               individuele inskrywings aan in die bankrekening.                              (23)

      1.2.2    Stel die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2017 op.                             (7)

               INLIGTING:
      Bankversoeningstaat op 28 Februarie 2017
      Debietsaldo soos in bankstaat                                           25 600
      Krediteer uitstaande deposito’s                                         13 500
      Debiteer uitstaande tjeks
                         61 (15 September 2016)                                  4 000
                        118 (6 April 2017)                                       2 000
                        650 (18 Februarie 2017)                                  3 700
      Saldo soos in bankrekening                                          ?

                                                                                         b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                  4
                                                               GRAAD 11

Voorlopige totale / saldo’s op 31 Maart 2017
Bankkolom in Kontantontvangstejoernaal                           R103 000
Bankkolom van kontantbetalingsjoernaal                            R97 920
Bankrekening in Algemene Grootboek op 31 Maart 2017                   ?

A   Die volgende items verskyn op die Bankstaat vir Maart 2017, maar nie in
    die kontantjoernale nie.

           Diensgelde, R680; kontanthanteringsfooi, R200; rente op kredietsaldo,
            R400.
           ŉ Tjek van J Maposa vir R1 600, ter vereffening van sy rekening van
            R1 700 is terugverwys deur die bank as gevolg van onvoldoende fondse.
           ŉ Huurder, A Colbyn, het ŉ deposito van R18 000 in Blou winkels se
            bankrekening gemaak.
           Tjek nr. 961 vir R6 900 is in die Kontantbetalingsjoernaal as R9 900
            aangeteken, dit was vir die aankope van handelsvoorraad. Die bedrag
            op die bankstaat is korrek.
           ŉ Stoporder van R15 000 aan Allsure Versekeraars. R6 000 van die
            bedrag was vir die eienaar se persoonlike voertuig.

B   ŉ Vergelyking van die bankstaat met die bankversoeningsstaat op
    28 Februarie 2017 het die volgende verskille aan die lig gebring:

       Die deposito van R13 500 verskyn op die bankstaat.
       Tjek nr. 650 is aangebied vir betaling.
       Tjek nr. 61 is uitgereik aan J Mudi vir goedere wat in September 2016
        afgelewer is. Die tjek moet gekanselleer en vervang word met tjek nr.
        1294. Die vervaardiger het nog nie die tjek afgehaal nie.
       Tjek nr. 118 is uitgereik aan Oggend Nuus vir advertensies. Die
        advertensie is nog nie gepubliseer nie. Blou Winkels het besluit om die
        advertensie en die tjek te kanselleer.

                                                                                    b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                    5
                                                                  GRAAD 11

C   Die volgende items verskyn in die Kontantontvangstejoernaal en die
    Kontantbetalingsjoernaal, maar nie op die bankstaat nie:

       Kontantdeposito, R52 980
       Tjeks:
         Tjek Nr.        Bedrag        Datum
         861             R1 400        8 Februarie 2017
         1141            R1 500        15 Maart 2017
         1175            R8 000        15 April 2017

D   Die bankstaat wys ŉ ongunstige saldo van R48 880 op 31 Maart 2017.

VRAAG 1.3

KREDITEUR-REKONSILIASIE

Die staat van Smile Verskaffers op 28 Februarie 2017 aan Like Handelaars wys ŉ
uitstaande balans van R26 940. Die Krediteuregrootboek in die boeke van Like
Handelaars wys ŉ bedrag van R16 620 verskuldig aan Smile Verskaffers.

GEVRA:

        1.3.1    Dui die veranderinge in die saldo’s in die Krediteuregrootboek en die
                 krediteurestaat aan.

                 Skryf slegs die bedrae in die toepaslike kolom en ŉ plus (+) of minus
                 (-) teken om ŉ toename of afname aan te dui. Bereken die korrekte
                 saldo / totaal aan die einde.                                           (12)

        1.3.2    Die eienaar van Like Handelaars is bekommerd dat die boekhouer die
                 krediteurestelsel misbruik. Noem TWEE interne beheermaatreëls wat
                 hy kan toepas om dit te voorkom.                                            (4)

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                     6
                                                                GRAAD 11

INLIGTING

Deur verdere ondersoek is die volgende ontdek:

 A.    Die tjek wat aan Smile Verskaffers uitgereik is vir Januarie se uitstaande
       bedrag is nie betyds deur Smile Verskaffers ontvang nie. Hulle het nie die
       R500 korting toegestaan nie.

 B.    Goedere wat teruggestuur is deur Like Handelaars is in die Krediteure
       grootboek aangeteken as R2 440. Die korrekte bedrag van R2 620 verskyn
       in die staat wat van Smile Verskaffers ontvang is.

 C.    ŉ Faktuur wat van Smile Verskaffer ontvang is, is korrek in die boeke van Like
       Handelaars aangeteken as R10 000. Die staat van Smile Verskaffers wys die
       bedrag as R1 000.

 D.    ŉ Tjek van R7 000 wat deur Like Handelaars betaal is, is nog nie in die staat
       van Smile Verskaffers aangeteken nie.

 E.    ŉ Faktuur vir R6 000 wat van Smile Verskaffers ontvang is, is in die boeke
       van Like Handelaars aangeteken as ŉ Kredietnota.

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                    7
                                                                     GRAAD 11

VRAAG 2                         FINANSIËLE STATE                 (80 punte; 48 minute)

Die finansiële jaar van RANA Handelaars eindig op 31 Desember 2017.

GEVRA

2.1        Stel die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op.               (42)

      INLIGTING

      1.      VOORAANSUIWERINGSPROEFBALANS OP 31 DESEMBER 2017

      BALANSSTAAT-AFDELING                                          Debiet      Krediet
      Kapitaal                                                                  2 122 800
      Onttrekkings                                                   569 491
      Grond en geboue                                                120 000
      Voertuie                                                       476 000
      Toerusting (kosprys)                                           230 000
      Opgehoopte waardevermindering op voertuie                                   89 600
      Opgehoopte waardevermindering op toerusting                                 86 000
      Lening: Bank of Africa                                                     410 000
      Vaste Deposito: Bank of Africa (10% p.j.)                      150 000
      Handelsvoorraad                                                 70 000
      Debiteurekontrole                                               55 500
      Voorsiening vir oninbare skulde                                              2 400
      Bank                                                            61 048
      Kleinkas                                                           350
      Krediteurekontrole                                                          25 621
      NOMINALE REKENINGE-AFDELING
      Verkope                                                                    720 000
      Koste van verkope                                              400 000
      Debiteure-afslag                                                13 800
      Huurinkomste                                                                46 400
      Salarisse en lone                                              164 000
      Werkgewersbydrae                                                10 800
      Oninbare skulde                                                  3 200
      Water en elektrisiteit                                           8 900
      Korting toegestaan                                                 430
      Telefoon                                                         7 800
      Versekering                                                      8 800
      Verpakkingsmateriaal                                             8 206
      Bankkoste                                                          846
      Rente op Vaste deposito                                                      13 750
                                                                  3 439 171     3 439 171

                                                                                            b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                 8
                                                                 GRAAD 11

2.   AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING

1    ŉ Debiteur, Heyman, het beskadigde goedere met ŉ verkoopprys van R4 200 terug
     gestuur. Die winsopslag was 60% op kosprys. Hierdie transaksie is nog nie
     geboekstaaf nie.

2    Verpakkingsmateriaal ter waarde van R5 350, is gebruik gedurende die
     rekenpligtige tydperk.

3    Op 31 Desember 2017 het ŉ fisiese voorraadopname aan die lig gebring dat
     handelsvoorraad ter waarde van R64 700 op hande is.

4    Die huurder het huur betaal tot 30 November 2017. Die huur is vanaf 1 Junie 2017
     met 10% verhoog.

5    Die water- en-elektrisiteitsrekening vir Desember 2017 is nog nie betaal nie,
     R1 100.

6    Ontvang R600 uit die insolvente boedel van M Hand, 40 sent van elke rand moet
     afgeskryf word.

7    Die bankstaat van Tony Bank toon die volgende:

         Bankkoste                                    R250
         Rente op lopende rekeninge                  R150
         Onbetaalde tjek van R350 wat ontvang is ter vereffening van R380.

8    Voorsiening vir oninbare skulde moet aangepas word na R2 200.

9    Versekering sluit ŉ premie in van R2 400 wat betaal is vir die tydperk 1 Augustus
     2017 tot 31 Julie 2017.

10   Een werknemer is weggelaat in die Salarisjoernaal vir Desember 2017

           Netto      Aftrekkings       Werkgewersbydrae          Bruto Salaris
          Salaris
          R9 200        R2 400                  R350                     ?

11   Ontvang die leningsstaat van Bank of Africa

       Saldo op 01 Januarie 2017                                       R 270 000
       Gekapitaliseerde rente                                               ?
       Terugbetalings gedurende die jaar, insluitend die rente            70 000
       Saldo op 31 Desember 2017                                        215 000

12   Waardevermindering op Vaste bates beloop R15 000 vir die jaar.

13   Rente op vaste deposito vir Desember 2017 is nie opgeteken in die onderneming
     se boeke nie. Rente op vaste deposito is nie gekapitaliseer nie.
                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                9
                                                                 GRAAD 11

VRAAG 2.2        BALANSSTAAT EN BATEVERKOPE

Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Nemesis Handelaars vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2017.

GEVRA:

       2.2.1   Bereken die waardevermindering op voertuie:

               (a)    Vir die voertuig wat verkoop is gedurende die jaar
               (b)    Die totale waardevermindering vir die jaar geëindig op
                      28 Februarie 2017                                                 (4)

       2.2.2   Voltooi die Vastebate-Nota op 28 Februarie 2017.                     (14)

       2.2.3   Voltooi die Balansstaat op 28 Februarie 2017. Toon berekeninge in
               hakies waar die notas nie gevra is nie.                              (20)

                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE            10
                                                             GRAAD 11

INLIGTING:
1. LYS VAN SALDO’S VAN NEMESIS TRADERS OP 28 FEBRUARIE 2017
Kapitaal                                                        2 426 520
Onttrekkings                                                     460 000
Lening: ABSA Bank                                               1 800 000
Vaste deposito: ABSA Bank                                        350 000
Grond en geboue (1 Maart 2016)                                  2 600 000
Toerusting (1 Maart 2016)                                        900 000
Voertuie (1 Maart 2016)                                         1 250 000
Opgehoopte waardevermindering op Toerusting. (1 Maart 2016)      360 000
Opgehoopte waardevermindering op Voertuie (1 Maart 2016)         800 000
Handelsvoorraad                                                  570 000
Debiteurskontrole                                                105 000
Voorsiening vir oninbare skulde                                    7 000
Spaarrekening                                                     50 000
Oortrokke bank                                                    40 000
Wisselgeld                                                         6 000
Krediteurekontrole                                               190 000
SARS: LBS                                                          9 000
Verbruikersgoedere voorhande                                      10 700
Opgelope inkomste                                                 12 000
Vooruitbetaalde uitgawes                                           1 320
Opgelope uitgawes                                                  6 500
Inkomste vooruit ontvang                                          18 000

                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                  11
                                                              GRAAD 11

2.   AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING
A    Geen inskrywings is gemaak vir ŉ ou voertuig wat verkoop is teen boekwaarde op
     30 November 2016 nie. Die vastebateregister weerspieël die volgende ten opsigte
     van die voertuig wat verkoop is:

      Bate: Ford Ranger
      Registrasie: SN 582 AB GP
      Kosprys                                                     R250 000
      Opgehoopte waardevermindering op 1 Maart 2016               R170 000
      Waardevermindering: 20% p.j. op kosprys

B    Waardevemindering op toerusting word bereken teen 10% van die drawaarde.
     Geen nuwe toerusting is aangekoop gedurende die jaar nie.

C    Die kapitaalbedrag van die lening sal in die volgende finansiële jaar met R96 000
     verminder word.

D    Geen inskrywing is gemaak vir die aanbouings wat op krediet gedoen is deur MB
     Konstruksie ter waarde van R84 000 nie.

E    ŉ Vaste deposito van R80 000 verval in die volgende finansiële jaar.

                                                                                    b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                  12
                                                                 GRAAD 11

VRAAG 3
BEGRIPPE EN ONTLEDING VAN TRANSAKSIES                         (35 punte; 21 minute)

3.1   PASITEMS – BEGRIPPE

      KOLOM A bevat ŉ lys Konsepte en KOLOM B ŉ lys verduidelikings.
      Kies ŉ verduideliking uit KOLOM B wat pas by ŉ konsep in KOLOM A.

      Skryf slegs die letter langs die vraagnommer in die ANTWOORDBOEK.                    (5)

                 KOLOM A                                  KOLOM B
      3.1.1    Hefboomfinansiering     A Die vermoë van die onderneming om sy
                                         lopende skuld te delg.
      3.1.2    Opbrengs op eienaars- B Die vermoë van die onderneming om al
               belang                    sy skuld te delg
      3.1.3    Solvensie               C Die mate waartoe ŉ besigheid gebruik
                                         maak van eksterne lenings om sy
                                         bedrywighede te finansier.
      3.1.4    Likiditeit              D Die vermoë van die onderneming om sy
                                         inkomste en lopende uitgawes te beheer.
      3.1.5    Bedryfsdoeltreffendheid E Die mate waarin die eienaars beloon is vir
                                         hul belegging in ŉ besigheid.

3.2   Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Swag Klere vir die jaar
      geëindig 28 Februarie 2017 saam met vergelykende syfers vir 2016. Die
      onderneming behoort aan vennote Raymond en Natalie.

       3.2.1    Bereken die volgende finansiële aanwysers vir 2017.
                  A     Vuurproefverhouding                                                (4)
                  B     Skuld-ekwiteitsverhouding                                          (3)
                  C     Bedryfsuitgawes op verkope                                         (3)
                  D     % Opbrengs verdien deur Natalie                                    (6)
       3.2.2    Die vennote is tevrede met die beheer van die bedryfsuitgawes in
                2017. Haal TWEE finansiële aanwysers aan om hul mening te staaf.           (4)
       3.2.3    Lewer kommentaar op die likiditeitsposisie van die onderneming vir
                2017. Haal TWEE finansiële aanwysers aan om jou antwoord te
                staaf.                                                                     (4)
       3.2.4    Die vennote het gedink dit was ŉ goeie idee om van meer lenings
                gebruik te maak in 2017. Haal TWEE finansiële aanwysers aan
                (werklike syfers of persentasies) om hulle mening te staaf.                (4)
       3.2.5    Lewer Kommentaar op die % opbrengs verdien deur die besigheid.
                Natalie is baie tevrede met haar opbrengs, maar Raymond is
                teleurgesteld. Haal finansiële aanwysers / syfers aan om jou
                antwoord te staaf.                                                         (2)

                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                          REKENINGKUNDE                 13
                                                    GRAAD 11

Uittreksel van die Finaniële state       28 Feb 2017      29 Feb 2016
Verkope (60% op krediet)                   R3 900 000       R3 200 000
Bedryfsuitgawes                               680 000          660 000
Rente op lening (13% p.j.)                    117 000           26 000
Bedryfsbates                                 2 130 000        1 930 000
Lopende bates                                1 320 000         510 000
Handelvoorraad                                920 000          230 000
Vennotebelang                                2 110 000       2 000 000
Langtermyn laste (Lenings)                    900 000          200 000
Lopende laste                                 440 000          320 000

VENNOOT: NATALIE                         28 Feb 2017      29 Feb 2016

Kapitaal                                     1 000 000        1 000 000

Privaatrekening aan einde van die jaar         165 000          35 000

Vennoot se salaris                             170 000         110 000

Rente op kapitaal (5% p.j.)                      50 000         50 000

Bonus                                            83 000                 0

Verdeling van oorblywende wins                   40 000         72 000

Finansiële aanwysers                     29 Feb 2017      29 Feb 2016

Bedryfskapitaalverhouding                   2.9:1            1.6:1

Vuurproefverhouding                          A               0.9:1

Omsetsnelheid van voorraad                 4 keer           9 keer

Skuld Ekwiteitsverhouding                    B               0,1:1

Rente op lenings                            13%              13%

% Bedryfsuitgawes op verkope                 C              20,6%

% Bedryfswins op verkope %                 18,5%            16,9%

% Netto wins op verkope                    15,5%            16,1%

% Opbrengs verdien deur NATALIE              D              24,0%

% Opbrengs verdien deur RAYMOND            23,1%            28,9%

                                                                            b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                 14
                                                                  GRAAD 11

VRAAG 4                           VERVAARDIGING               (45 punte; 27 minute)

4.1   Jy word voorsien van inligting uit die rekeningkundige rekords van die Spring
      Park Vervaardigers. Hulle spesialiseer in die vervaardiging van eksklusiewe
      skoene vir professionele atlete.

      GEVRA:

      4.1.1    Bereken die bedrag vir grondstowwe uitgereik vir produksie in 2017.         (4)

      4.1.2    Bereken die Direkte arbeidskoste.                                           (7)

      4.1.3    Voltooi die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek:

                   Fabrieksbokoste                                                    (13)
                   Goedere-in-bewerking                                                (6)

               Let wel: Saldeer / sluit die rekening behoorlik af op 30 Junie 2017.

INLIGTING:
1.    Die volgende saldo’s verskyn in die boek van Spring Park.
                                           30 Junie 2017         1 Julie 2016
              Direkte materiaal                20 000               18 000
              Goedere in bewerking                 ?                35 000
              Indirekte materiaal               7 500               7 200

2.    Transaksies vir die jaar:
              Direkte materiaal aangekoop gedurende die                 650 000
              jaar
              Vraggeld op aankope                                        12 300
              Fabriekshuur betaal                                        68 500
              Advertensies betaal                                        23 500
              Fabrieksinstandhouding betaal                              46 700
              Water en elektrisiteit betaal                              80 000
              Indirekte materiaal aangekoop                              56 000
              Diverse uitgawes betaal                                    21 000
              Fabrieksvoorman se salaris                                 89 050
              Die kantoorassistent se salaris vir die jaar              130 000

                                                                                      b.o.

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                    15
                                                              GRAAD 11

3.   ADDISIONELE INLIGTING

     A     Ingesluit in die bedrag vir grondstowwe is goedere wat nie die deur die
           onderneming bestel is nie en is dus teruggestuur is aan die verskaffers,
           R35 000.

     B     Herstelwerk aan masjiene ten bedrae van R1 300 is in Junie 2017 voltooi,
           maar sal slegs betaal word in Julie 2017.

     C     Water en elektrisiteit moet verdeel word tussen die fabriek, 70% en die
           kantoor 30%.

     D     80% van die indirekte materiaal is in die fabriek gebruik en die res in die
           kantoor.

     E     Waardevermindering vir die jaar

                 Kantoortoerusting, R9 500
                 Fabrieksmasjienerie, R12 800

     F     Diverse uitgawes word verdeel in dieselfde verhouding as die vloer
           oppervlakte. Die verhouding van die ruimte tussen fabriek, kantoor en
           verkoopsafdeling is 4: 2: 1.

     G     Lone verdien deur die skoonmaker, R46 000. Sy spandeer 50% van haar
           tyd in die fabriek.

     H     Daar is drie werkers in diens van die fabriek. Hulle het elk 1 600 ure
           normale tyd gewerk teen R40 per uur. Hulle het elk 300 ure oortyd
           gewerk teen 50% meer as die normale loon.

     I     Die salaris van die fabrieksvoorman sluit haar salaris vir Julie 2017 in. Sy
           het ŉ verhoging van R650 per maand ontvang met ingang 1 Januarie
           2017. Sy is aangestel.

     J     Goedere ter waarde van R1 212 000 is vervaardig gedurende die jaar.

                                                                                      b.o.

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                    16
                                                                     GRAAD 11

VRAAG 4.2 EENHEIDSKOSTE

GEVRA:
         4.2.1   Bereken die eenheidskoste vir 2017 (a), (b) en (c) in die tabel in
                 inligting 4 hieronder.                                                          (3)

         4.2.2   Vergelyk die eenheidskoste vir 2017 met die van 2016. Van die
                 eenheidskoste is beïnvloed deur inflasie (prysverhoging). In elk van
                 die volgende gevalle gee ŉ moontlike rede, anders as inflasie, vir die
                 verandering.

                     Direktemateriaal-koste per eenheid
                     Direktearbeids-koste per eenheid
                     Fabrieksbokoste per eenheid                                                (6)

         4.2.3   Gelykbreekpunt:

                     Bereken die gelykbreekpunt vir 2017.                                       (4)
                     Lewer kommentaar oor die gelykbreekpunt vir 2017.                          (2)

INLIGTING:

1.       Perry Das Vervaardigers het 44 000 eenhede gemaak en verkoop gedurende die
         jaar. Hulle het 35 000 dasse vervaardig in die vorige finansiële jaar.

2.       Al die dasse is verkoop vir R45 elk in 2016 en in 2017.

3.       Al die dasse vervaardig, is in die jaar verkoop. Daar was geen goedere in
         bewerking-voorraad aan die begin of die einde van die jaar nie.

4.       Die volgende totale- en eenheidskostes is geïdentifiseer:

                                           2017                            2016
                                 Totale koste Eenheids-             Totale     Eenheids-
                                                koste               koste        koste
     Veranderlike koste:          R990 000      R22,50             R807 000     R23,05
     Direktemateriaal koste        500 000        (a)              465 000       13,28
     Direktearbeidskoste           320 000       7,27              208 000        5,94
     Verkoops- en                  170 000
                                                  (b)              134 000          3,82
     verspreidingskoste
     Vaste koste:                   328 000         7,45        292 000             8,34
     Fabrieksbokoste                205 000          (c)        205 000             5.85
     Administratiewe koste          123 000         2,79         87 000             2,48
     Totale koste                  R1 318 000      R29,95      R1 099 000          R31,40
     Totale aantal eenhede
     vervaardig                           44 000                          35 000

                                                                                            b.o.

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                    17
                                                                 GRAAD 11

VRAAG 5                  KONTANTBEGROTINGS                      (45 punte; 27 minute)

Die volgende inligting is uit die boeke van Sabie Handelaars.

GEVRA

       5.1.1   Noem TWEE items wat nie in die kontantbegroting sal verskyn nie.
               Gee ŉ rede by elkeen.                                                         (4)

       5.1.2   Verduidelik die verskil tussen ŉ Geprojekteerde Inkomstestaat en ŉ
               Kontantbegroting.                                                             (2)

       5.1.3   Gebruik die inligting rakende die begrotingstydperk en lewer
               kommentaar oor die debiteure-invorderingsbeleid in vergelyking met
               die krediteurebetalingsbeleid.                                                (4)

5.2    Gebruik die gegewe inligting om die volgende te voltooi.

       5.2.1   Die debiteure-invorderingskedule vir Julie 2017 en Augustus 2017.             (7)

       5.2.2   Die kontantbegroting vir Julie 2017 en Augustus 2017.                     (22)

       5.2.3   Lewer kortliks kommentaar oor die bemarking, instandhouding van
               vaste bates en huurinkomste soos dit verskyn in die begroting.
               Verskaf EEN punt van advies rakende elke item. Verwys na
               inligting K.                                                                  (6)

INLIGTING:

1.                                WERKLIKE                            BEGROTE
                              MEI         JUNIE                  JULIE     AUGUSTUS
Verkope                     450 000      600 000                550 000     650 000
Koste van verkope           300 000      400 000                360 000     430 000
Lone                         55 000       55 000                   ?           ?
Onttrekkings (kontant)       10 000       10 000                 10 000      10 000
Huurinkomste                 23 000       20 000                 35 000        ?
Bemarking                                                        18 000      16 500
Instandhouding
(Vaste bates)               R18 500          15 200             20 000        20 000

                                                                                        b.o.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                   18
                                                               GRAAD 11

2.   ADDISIONELE INLIGTING:

     A    Ongunstige banksaldo op 30 Junie 2017 is R9 500.

     B    Die verwagting is dat 50% van alle verkope op krediet sal wees.

     C    Invorderings van debiteure is soos volg:

             60% betaal een maand na die verkope (30 dae) en ontvang 2%
              korting.
             25% betaal twee maande na die verkope (60 dae).
             10% betaal drie maande na die verkope. (90 dae).
             5% van die skuld sal in die vierde maand na die verkope as
              oninbaar afgeskryf word.

     D    Handelsvoorraad word vervang in dieselfde maand as die verkope.
          Alle aankope is op krediet en krediteure word afbetaal een maand na
          die aankope.

     E    Huurinkomste verhoog jaarliks op 1 Augustus met 10%.

     F    Die jaarlikse loonverhoging van 5% neem effek op 1 Julie 2017.

     G    Een van die werknemers, met ŉ maandelikse salaris van R17 750, is
          op vakansie oorsee, hy sal sy salaris vir Julie eers in Augustus ontvang
          as hy terug is.

     H    ŉ Vaste deposito ter waarde van R35 000 verval op 15 Augustus 2017.

     I    ŉ Voertuig is op 25 Junie 2017 verkoop. Die tjek van R65 000 is
          vooruit gedateer vir 25 Julie 2017.

     J    ŉ Nuwe voertuig ter waarde van R450 000 sal op 1 Augustus 2017
          aangekoop word. ŉ Kontantdeposito van 20% is betaalbaar op die dag
          wat die voertuig gekoop word. Die oorblywende bedrag sal van
          1 September 2017 in 24 gelyke paaiemente afbetaal word.

                                                                                     b.o.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                             REKENINGKUNDE                  19
                                                                       GRAAD 11

           K       Die volgende inligting verwys na Vraag 5.2.3.

                          ITEM                        WERKLIKE BEDRAE
                                                    JULIE             AUGUSTUS
           Bemarking                                18 300               17 200
           Instandhouding (Vaste bates)             30 000               27 000
           Huurinkomste                             23 300               18 500

VRAAG 6                        BTW EN VOORRAAD                     (45 punte, 27 minutes)

6.1.       BTW EN ETIEK

           Jy word verskaf met inligting uit die boeke van Willow Skryfbehoeftes, ŉ BTW-
           geregistreerde onderneming. Goedere is onderhewig aan 14% BTW.

           GEVRA:

           6.1.1   Bereken die bedrae vir A - D op die tabel.                                    (4)

           6.1.2   Verduidelik die verskil tussen Belastingvermyding en
                   Belastingontduiking.                                                          (4)

           6.1.3   Die eienaar het 13 kasregisters. Die eienaar vat daagliks die verkope
                   van die 13de kasregister vir sy eie gebruik. Dit word nie aangeteken
                   in die boeke van die onderneming nie. Gee hom advies rakende die
                   gedrag.                                                                       (4)

       INLIGTING

                    BTW uitgesluit              BTW ingesluit                BTW
       1               R320 000                       ?                        A

       2                R2 300                        B                      R322

       3                   C                          D                      R882

                                                                                            b.o.

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                    20
                                                                   GRAAD 11

6.2     VOORRAADSTELSELS

        Die volgende inligting is geneem uit die boeke van Daly Uitrusters op
        28 Februarie 2017. Die onderneming verkoop handgemaakte sakke en ander
        bykomstighede. Die eienaar het jou genader om die finale rekeninge te
        doen, aangesien sy boekhouer nie seker is wat om te doen nie. Hy gebruik
        die periodieke voorraadstelsel en het ŉ winsopslag van 50% op alle
        goedere.

        GEVRA:

        6.2.1   Voltooi die Aankoperekening op 28 Februarie 2017. Sluit die rekening
                af.                                                                         (14)

        6.2.2   Bereken die netto verkope vir die jaar geëindig 29 Februarie 2017.             (6)

        6.2.3   Stel die Handelstaat vir die jaar geëindig 28 Februarie 2017 op. Let
                wel: Wys die berekeninge vir die koste van verkope op die
                antwoordblad.                                                                  (9)

        6.2.4   Daly wil die voorraadstelsel verander na die Deurlopende
                Voorraadstelsel, hy het jou opinie gevra oor die besluit. Skryf ŉ kort
                aanbeveling vir hom rakende die besluit. In jou aanbeveling moet jy
                verwys na TWEE voordele van die deurlopende voorraadstelsel.                   (4)

1.     INLIGTING
Daly Molefe het die volgende inligting en dokumente vir die jaar.
Handelsvoorraad (beginsaldo) 1 Maart 2017                                                214 000
Fakture vir kredietaankope van voorraad van plaaslike vervaardigers                      485 000
Kontantaankope vir die jaar, insluitende invoere                                         105 000
Debietnotas uitgereik aan verskaffers                                                      2 560
Totale kontantverkope van handelsvoorraad volgens kasregister                            520 000
Totale fakture uitgereik vir kredietverkope                                              200 670
Goedere wat deur kliënte teruggestuur is ten volle gekrediteer                             3 480
Doeanekostes betaal vir handsakke wat ingevoer is                                          2 890
Vraggeld betaal op goedere aangekoop                                                       5 750
Vraggeld betaal op goedere verkoop                                                         4 200

                                                                                           b.o.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                   21
                                                             GRAAD 11

2.   ADDISIONELE INLIGTING:

1.   Daly het goedere met ŉ verkoopsprys van R3 000 aan een van die skole in die
     omgewing geskenk. Geen inskrywing is gemaak van die transaksie nie.

2.   Daly het goedere met ŉ kosprys van R1 200 gevat vir sy persoonlike gebruik. Die
     boekhouer was nie seker oor hoe om die transaksie te boekstaaf nie, so geen
     inskrywing is gemaak nie.

3.   Rekening van R800 is ontvang van Quick Handelaars vir die vervoer van goedere.

4.   Daly het die voorraadopname op 27 Februarie 2017 gedoen. Die waarde van die
     voorraad voorhande was, R312 890.

5.   Die volgende transaksies het op 28 Februarie 2017 plaasgevind – na die
     voorraadopname. Die transaksies is dus nie in die boeke opgeteken nie.

     5.1    Kontantverkope vir die dag, R5 100.

     5.2    Kredietverkope vir die dag, R2 400.

     5.3    Kontantaankope van goedere teen kosprys, R1 500.

                                      EINDE

## Related documents

- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Acc (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-november-2018-question-paper/ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 Acc November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-november-2017-question-paper/2d059d85-6084-423b-89a0-a0d90e36be80) — Accounting · QP · 2017
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/4e368746-40f7-41f2-abf3-6417b98990d2) — Accounting · Memo · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc November 2017 Question Paper Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-november-2017-question-paper-answer-book/83052616-49cd-4c5c-892f-c3541e341cb0) — Accounting · Addendum · 2017

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
