# Accounting Grade 11 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p1-afrikaans-november-2019-question-paper/67448735-0a28-41e5-88bb-ccbe58d93710
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p1-afrikaans-november-2019-question-paper/67448735-0a28-41e5-88bb-ccbe58d93710)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                         PROVINSIALE EKSAMEN
                           NOVEMBER 2019
                                  GRAAD 11

                             REKENINGKUNDE
                               VRAESTEL 1

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye, 1 formuleblad en ŉ antwoordboek van 8 bladsye

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                              2                            GP/November 2019
                                           Graad 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING:

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig na.

1.   Beantwoord AL die vrae.

2.   ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.

3.   Toon ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

4.   Gebruik ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar.

5.   Gebruik ŉ donker potlood of blou ink om die vrae te beantwoord.

6.   Alle bewerkings moet tot EEN desimale punt getoon word, waar van toepassing.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Gebruik die aangehegte formuleblad.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                            3                               GP/November 2019
                                         Graad 11

Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ gids wanneer jy die vraestel beantwoord.
Probeer om NIE hiervan af te wyk nie.

                             VRAAG 1: 36 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag            Hierdie vraag integreer
Konsepte en Inkomstestaat          Konsepte
                                   Inkomstestaat

                             VRAAG 2: 48 punte; 38 minute
Onderwerp van die vraag            Hierdie vraag integreer
Konsepte en Tasbare Bates          Konsepte
                                   Tasbare Bates
                                   Etiek

                             VRAAG 3: 38 punte; 30 minute
Onderwerp van die vraag            Hierdie vraag integreer
Vennootskappe                      Notas tot die Balansstaat
                                   Balansstaat

                             VRAAG 4: 28 punte; 22 minute
Onderwerp van die vraag            Hierdie vraag integreer
Vennootskappe                      Ontleding en vertolking van finansiële inligting van
                                   vennootskappe

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                                4                               GP/November 2019
                                             Graad 11

VRAAG 1: KONSEPTE EN INKOMSTESTAAT                            (36 punte; 30 minute)

1.1   KONSEPTE

      Dui aan waar ELKEEN van die volgende items in die finansiële state geplaas
      sal word deur ŉ term uit die onderstaande lys te kies. Skryf slegs die antwoord
      langs die vraagnommers (1.1.1 tot 1.1.4) in die ANTWOORDBOEK neer.

              Nie-bedryfslaste; bedryfsinkomste; bedryfslaste; bedryfsbates;
                                     bedryfsuitgawes

      1.1.1   Handels en ander betaalbares                                                 (1)

      1.1.2   Verlies met verkoop van ŉ bate                                               (1)

      1.1.3   Verbandlening betaalbaar oor 10 jaar                                         (1)

      1.1.4   Handelsvoorraadsurplus                                                       (1)

1.2   INKOMSTESTAAT

      MADUNA HANDELAARS

      Die onderstaande inligting is ŉ uittreksel uit die boeke van Maduna
      Handelaars. Hulle finansiële jaar eindig op 28 Februarie 2019.

      GEVRA:

      Stel die Inkomstestaat op vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2019.               (32)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                     5                        GP/November 2019
                                  Graad 11

 MADUNA HANDELAARS

              UITTREKSEL UIT DIE VOOR-AANSUIWERINGSPROEFBALANS
                                 OP 28 FEBRUARIE 2019
 Balansstaatafdeling                                    Debiet      Krediet
 Lening: Bank van Tshwane                                            180 000
 Vaste Deposito: Mzansi Bank (8 % p.j.)                 120 000
 Handelsvoorraad                                          68 000
 Debiteurekontrole                                        55 000
 Voorsiening vir oninbare skulde                                        2 600
 Bank                                                    61 500
 Nominale-rekeninge afdeling
 Verkope                                                             800 000
 Koste van verkope                                      390 000
 Debiteure-afslag                                         14 600
 Huurinkomste                                                          42 000
 Salarisse en lone                                      150 000
 Werkgewersbydrae                                         10 200
 Oninbare skulde                                           3 600
 Korting toegestaan                                          530
 Telefoon                                                  6 300
 Versekering                                               9 800
 Verpakkingsmateriaal                                      8 305
 Bankkoste                                                   748
 Rente op vaste deposito                                                8 800

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                                 6                                GP/November 2019
                                              Graad 11

AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING

1.     Op 27 Februarie 2019 het ŉ debiteur, L. Mogashoa, goedere teruggestuur met ŉ
       verkoopprys van R4 500, die kosprys is R2 500. ŉ Kredietnota is uitgereik, maar hierdie
       transaksie is nog nie aangeteken nie.

2.     Op 28 Februarie 2019 het ŉ fisiese voorraadopname die volgende getoon:

           Handelsvoorraad            R66 400
           Verpakkingsmateriaal       R2 300

3.     ŉ Huurder het huur betaal tot 31 Maart 2019. Die huur is vanaf 1 Junie 2018 met 10%
       verhoog.

4.     Voorsiening vir oninbare skulde moet verminder word met R400.

5.     Versekering sluit ŉ premie van R2 800 in, wat betaal is vir die periode 1 November 2018
       tot 30 Junie 2019.

6.     R. Mogale is uitgelaat uit die Salarisjoernaal vir 28 Februarie 2019

              Netto      Pensioenfonds            Werkgewers-           Bruto Salaris
             Salaris       aftrekking              bydraes
               ?              R960                   R320                     ?

       LET WEL: Die pensioenfonds-aftrekking beloop 8% van die bruto salaris.
7.     Leningstaat soos ontvang van die Bank van Tshwane.

           Saldo op 1 Maart 2018                                          R 260 000
           Rente gekapitaliseer                                                ?
           Terugbetalings gedurende die jaar, rente ingesluit                80 000
           Saldo op 28 Februarie 2019                                      205 000

8.     Waardevermindering op tasbare bates vir die jaar beloop R18 000.

9.     Rente op die vaste deposito vir Februarie 2019 is nog nie aangeteken nie. Rente op die
       vaste deposito is nie gekapitaliseer nie.

                                                                                                36

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                                  7                                GP/November 2019
                                               Graad 11

VRAAG 2: KONSEPTE, VASTE BATES EN ETIEK (48 punte; 38 minute)

2.1      KONSEPTE

Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’ of ‘onwaar’ langs die
vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.5), neer.

 2.1.1     Waardevermindering op tasbare bates beïnvloed die kontantvloei van die                  (1)
           besigheid.
 2.1.2     Bates word teen hulle oorspronklike aankoopprys in die rekords van die                  (1)
           onderneming aangeteken.
 2.1.3     Een bateregister moet opgestel word vir al die tasbare bates wat die onderneming
           besit.                                                                                  (1)
 2.1.4     Die waarde van grond en geboue word volgens die kosprysmetode verminder.                (1)
 2.1.5     Opgehoopte waardevermindering word beskou as ŉ negatiewe bate.                          (1)

 2.2       TASBARE BATE NOTA
           Die volgende inligting is ŉ uittreksel uit die rekords van Majoro Handelaars vir die
           finansiële jaar geëindig op 31 Desember 2018. Die besigheid word besit deur die
           broers, Peter en Joe Majoro.

 GEVRA:
 2.2.1     Die vaste / tasbare bate nota op 31 Desember 2018.                                      (40)

 2.2.2     Peter Majoro is nie gelukkig dat sy broer, Joe Majoro, die ou toerusting teen ŉ
           bedrag wat laer is as die drawaarde van die onderneming gekoop het nie. Gee
           EEN rede waarom hy ongelukkig is oor hierdie transaksie en voorsien
           berekeninge / syfers om jou antwoord te motiveer.                                        (3)   (3)

           LET WEL: Toon die bewerkings in die afdeling soos voorsien in die
                    ANTWOORDBOEK.

INLIGTING:
A.       UITTREKSEL UIT DIE NA-AANSUIWERINGS PROEFBALANS OP
                                      31 DESEMBER 2017
         Voertuie                                                                            R90 000
         Opgehoopte waardevermindering op voertuie                                                 ?
         Toerusting teen kosprys                                                             R26 000
         Opgehoopte waardevermindering op toerusting                                          R7 200

B.     Die volgende bates is aangekoop gedurende die huidige jaar (2018):

         Voertuie     (kontant aangekoop op 30 September 2018)                                     ?
         Toerusting   (kontant aangekoop op 1 Junie 2018)                                     R2 000
         Toerusting   (aangekoop op krediet op 1 Junie 2018)                                 R25 000

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                               8                               GP/November 2019
                                            Graad 11

C.   Addisionele inligting wat in aanmerking geneem moet word:

     (a)   Voertuie:
            ŉ Voertuig vir R90 000 is op 30 Junie 2016 aangekoop.
            ŉ Tweedehandse voertuig is aangekoop op 30 September 2018.
            Geen voertuie is gedurende die huidige periode verkoop nie.
            Waardevermindering op voertuie word teen 20% p.j. bereken op die drawaarde.
            Die saldo van die opgehoopte waardevermindering op voertuie, na inagneming
             van bogenoemde, is op 31 Desember 2018 as R40 060 bereken.
            Waardevermindering vir die huidige jaar is nog nie bereken nie.

     (b)   Toerusting:

              Op 31 Mei 2018 het Joe Majoro verouderde toerusting (kosprys R2 400) teen ŉ
               verlies van R500 van die onderneming gekoop.
              Die boekwaarde van die ou toerusting is R840 aan die begin van die huidige jaar.
              Aankope van nuwe toerusting op 1 Junie is soos volg:
               o Toerusting op krediet aangekoop teen ŉ kosprys van R25 000.
               o Addisionele toerusting is kontant aangekoop op dieselfde dag.
                   [Sien inligting B]
              Teen jaar-einde op 31 Desember 2018, is R9 000 vir toerusting steeds verskuldig.
              Waardevermindering op toerusting word bereken teen 10% p.j. op die kosprys.

                                                                                            48

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                               9                                 GP/November 2019
                                            Graad 11

VRAAG 3: FINANSIËLE STATE VAN ’N VENNOOTSKAP                               (38 punte; 30 minute)

SAPA HANDELAARS

Die onderstaande inligting het betrekking op SAPA Handelaars, met vennote S. Saul en
S. Paul. Die finansiële periode eindig op 28 Februarie 2019 en die besigheid maak gebruik van
ŉ winsopslag van 60% op die kosprys.
GEVRA:
Voltooi die volgende rekords vir die jaar geëindig op 28 Februarie 2019:
3.1 Balansstaat (toon bewerkings)                                                              (20)

3.2 Lopende- / privaatrekening nota                                                            (18)

INLIGTING:

SAPA HANDELAARS

UITTREKSEL UIT DIE PROEFBALANS VAN SAPA HANDELAARS OP 28 FEBRUARIE 2019
Balansstaatrekeninge                      Fol.   Debiet      Krediet
Kapitaal: S. Saul                                               216 000
Kapitaal: S. Paul                                               180 000
Onttrekkings: S. Saul                               80 120
Onttrekkings: S. Paul                               90 520
Privaatrekening: S. Saul                                          4 201
Privaatrekening: S. Paul                                          4 504
Grond en geboue                                    340 000
Handelsvoorraad                                     40 500
Bank                                                22 210
Krediteurekontrole                                               25 491
Vaste deposito: AB Bank                             77 000
Nominale rekeninge:
Skryfbehoeftes                                       1 962
Huurinkomste                                                     15 400
Herstelwerk                                          1 386
Telefoon                                             5 120
Oninbare skulde ingevorder                                        2 246
Versekering                                          4 772

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                                10                           GP/November 2019
                                             Graad 11

     AANSUIWERINGS EN ADDISIONELE INLIGTING:

     (a)   Vennoot S. Saul neem voor die voorraadopname goedere met ŉ verkoopsprys van
           R1 920. Die transaksie is nog nie aangeteken nie.

     (b)   Handelsvoorraad is aan R. Viljoen verkoop op 27 Februarie 2019 vir R1 080, die
           kosprys beloop R940. Al die nodige dokumente is voltooi en aangeteken. R. Viljoen
           het nog nie die goedere kom afhaal nie.

     (c)   Voorraadvoorhande:

            Handelsvoorraad              R39 900
            Skryfbehoeftes                 R101

     (d)   ŉ Faktuur is van H&H Motors ontvang vir herstelwerk aan ŉ voertuig, R670. Hierdie
           bedrag is nog nie betaal nie.

     (e)   ŉ Gedeelte van die gebou word sedert 1 Mei 2018 uitverhuur. Die huur vir Maart
           2019 is reeds ontvang en aangeteken.

     (f)   Die Vaste Deposito van R5 000 sal binne die volgende 4 maande verval.

     (g)   Verdeling van wins:

            Die vennote is geregtig op rente op kapitaal teen 15% per jaar.
            Elk van die vennote is geregtig op ŉ salaris van R7 800 per maand.
            Vennoot S. Saul ontvang ŉ bonus van R4 000.
            Die oorblywende wins / verlies moet gelykop tussen die vennote verdeel word.

     (h)   Die netto wins vir die jaar is R251 860.

                                                                                            38

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                                 11                               GP/November 2019
                                              Graad 11

VRAAG 4: ONTLEDING EN VERTOLKING VAN FINANSIËLE STATE
                                                                           (28 punte; 22 minute)

Die onderstaande inligting is ŉ uittreksel uit die Finansiële State van twee klerewinkels. Die
finansiële periode eindig op 28 Februarie 2019. Die twee eienaars oorweeg dit om in die
volgende finansiële jaar ŉ vennootskap te stig.

GEVRA:
4.1       Bereken die volgende aanwysers vir 28 Februarie 2019:

       4.1.1    Clyde se bedryfskapitaalverhouding.                                              (3)

       4.1.2    Bonny se voorraadomsetsnelheid.                                                  (4)

       4.1.3    Clyde se gemiddelde debiteure-invorderingstermyn.                                (5)

       4.1.4    Die opbrengs op die gemiddelde ekwiteit van Bonny se Klerewinkel.                (5)

4.2       Beantwoord die volgende vrae deur syfers en finansiële aanwysers aan te haal.

       4.2.1   Vergelyk en lewer kommentaar oor die likiditeitsposisie van die twee besighede,
               haal TWEE finansiële aanwysers aan.                                             (8)

       4.2.2   Met verwysing na die opbrengskoers op eienaarsbelang, dink jy dat Bonny's
               Klerewinkel ŉ goeie besluit neem om saam met Clyde te werk?
               Gee EEN punt van advies.                                                          (3)

INLIGTING:
A. Agtergrond van die twee besighede

      Bonny se Klerewinkel
      Bonny’ het haar klerewinkel 5 jaar gelede begin. Haar doelwit is om klere van goeie gehalte
      teen ŉ bekostigbare prys te lewer. Sy is passievol daaroor om goeie diens te lewer en is
      bekwaam en hardwerkend. Sy het ŉ rekeningkundige kwalifikasie en behartig self die
      aankope, bestuur en administrasie van die winkel. Sy het slegs een verkoopspersoon
      aangestel om haar te help.

      Clyde se Boetiek

      Clyde het haar boetiek 3 jaar gelede begin. Sy het na skool ŉ kursus in klereontwerp
      gedoen en is passievol oor kleurvolle, modieuse klere. Sy is lief vir mense en kuier graag
      oral in die dorp rond sodat sy op hoogte kan bly van die nuutste tendense en modeneigings.
      Sy is nie baie gedissiplineerd nie en moes ander mense aanstel om die administrasie- en
      boekhouwerk vir haar te doen.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                              12                 GP/November 2019
                                           Graad 11

B. UITTREKSEL UIT DIE INKOMSTESTATE VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2019

                                                       Bonny se         Clyde se
                                                      Klerewinkel        Boetiek
     Verkope                                             1 950 000        2 500 000
     Koste van verkope                                 (1 300 000)      (1 250 000)
     Bruto wins                                            650 000        1 250 000
     Bedryfsuitgawes                                     (450 000)        (700 000)
     Bedryfswins                                           200 000          550 000
     Rente-uitgawe                                               -          (35 000)
     Netto wins                                            200 000          515 000

C. BALANSSTATE OP 28 FEBRUARIE 2019
                                                       Bonny se         Clyde se
                                                      Klerewinkel       Boetiek
     BATES
     Nie-bedryfsbates                                     255 000        1 520 000
     Bedryfsbates                                         290 000          590 000
     Voorraad (slegs handelsvoorraad)                     150 000          245 000
     Handels- en ander ontvangbare bedrae                  90 000          344 000
     Kontant en kontantekwivalente                         50 000            1 000
     Totale Bates                                         545 000        2 110 000

     EKWITEIT EN LASTE
     Eienaarsbelang / -ekwiteit                           405 000        1 390 000
     Kapitaal                                             385 000        1 425 000
     Netto wins                                           200 000          515 000
     Onttrekkings                                       (180 000)        (550 000)
     Nie-bedryfslaste                                           -          350 000
     Verbandlening (10% p.j.)                                   -          350 000
     Bedryfslaste                                         140 000          370 000
     Handels- en ander betaalbare bedrae                  140 000          295 000
     Oortrokke bank                                             -           75 000
     Totale Ekwiteit en Laste                             545 000        2 110 000

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                               13                               GP/November 2019
                                            Graad 11

D.   Die volgende inligting kom uit die twee stelle finansiële state vir Februarie 2019:

                                                                 Bonny se          Clyde se
      FINANSIËLE AANWYSERS
                                                                Klerewinkel        Boetiek
      1.    Bruto wins as ŉ persentasie van koste van verkope           50%              100%
      2.    Bruto wins as persentasie van verkope                     33⅓%                50%
      3.    Bedryfsuitgawes as ŉ persentasie van verkope              23,1%               28%
      4.    Netto wins as ŉ persentasie van verkope                   10,3%             20,6%
      5.    Opbrengs op gemiddelde eienaarsbelang / ekwiteit                ?           36,6%
      6.    Graad van solvensie                                       3,9 : 1             3:1
      7.    Bedryfskapitaalverhouding                                 2,1 : 1                 ?
      8.    Vuurproefverhouding                                         1:1             0,9 : 1
      9.    Voorraadomsetsnelheid                                           ?         5,5 keer
      10.   Voorraadhoudingstydperk                                  39 dae            66 dae
      11.   Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn                  26 dae                   ?
      12.   Gemiddelde krediteurebetalingstermyn                     58 dae            90 dae
      13.   Skuld : Ekwiteitsverhouding                                     0         0,25 : 1

E.   SALDO’S EN TOTALE OP 28 FEBRUARIE 2018

                                                                 Bonny se          Clyde se
                                                                Klerewinkel        Boetiek
      Handelsvoorraad                                              R130 000         R210 000
      Debiteuresaldo                                                R95 000         R310 000
      Eienaarsbelang / Ekwiteit                                    R385 000         R388 000
      Kredietverkope (inligting is ook van toepassing op die           50%               80%
                      huidige jaar)

                                                                                            28

                                                                                 TOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde V1                               14                              GP/November 2019
                                            Graad 11

FORMULEBLAD: GRAAD 11

                                                        Gemiddelde Krediteure x 365
         Bedryfsbates - Bedryfslaste                       Kredietaankope        1

          Totale bates : Totale laste                  Nie-bedryfslaste : Eienaarsbelang

             Koste van verkope_                            Handelsvoorraad x 365
            Gemiddelde voorraad                            Koste van verkope  1

       Gemiddelde debiteure x 365
                                                          Bedryfsbates : Bedryfslaste
         Kredietverkope        1

                                                              Netto wins         x 100
   Bedryfsbates – voorraad : Bedryfslaste
                                                       Gemiddelde eienaarsbelang    1

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-november-2018-question-paper/ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2022-afrikaans/7d7cc880-3774-4763-a91e-576cc782da60) — Accounting · QP · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2020-afrikaans-docx/eeaf8539-72ee-46a7-8495-615b05451a2d) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2019 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2019-eng-d/c1fd0a17-efd3-4e15-8fe6-9f33bd56e49a) — Accounting · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
