# Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2022 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afr-june-2022-question-paper/bbb0ab26-c8d2-46bc-a9dc-101cad878f5d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Gauteng June 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afr-june-2022-question-paper/bbb0ab26-c8d2-46bc-a9dc-101cad878f5d)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng June · 2022. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 PROVINSIALE EKSAMEN
                             JUNIE 2022
                              GRAAD 11

                             REKENINGKUNDE
                              (VRAESTEL 2)

TYD:     2 uur

PUNTE:   150

10 bladsye + 1 formuleblad en ŉ antwoordboek van 10 bladsye

                                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                      2
                                                          (VRAESTEL 2) GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord AL die vrae.

2.     ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord moet
       word.

3.     ŉ FORMULEBLAD vir die finansiële aanwysers word voorsien aan die agterkant van die
       vraestel.

4.     Toon ALLE bewerkings aan om deelpunte te verdien.

5.     Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.     Jy mag blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.     Waar van toepassing, moet alle berekenings tot EEN desimaalpunt gegee word.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     Leerders sal punte verbeur vir:

       •   Die gebruik van nie gestandaardiseerde afkortings
       •   Oorskryf van woorde en syfers
       •   Oorbodige/vreemde items

10.    Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer die vraestel beantwoord
       word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                   ONDERWERP                      PUNTE       TYD IN MINUTE
      1.       Konsepte en Bankversoening                      54              42 minute
      2.       Konsepte en Krediteureversoening                34              28 minute
      3.       Vaste Bates en Interne kontrole                 62             50 minute
                                                 TOTAAL        150           120 minute

                                                                                             b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                   3
                                                         (VRAESTEL 2) GRAAD 11

VRAAG 1: KONSEPTE EN BANKVERSOENING                            (54 punte; 42 minute)

1.1   KONSEPTE

      1.1.1    Sê of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs
               WAAR of ONWAAR langs die vraagnommer in jou
               ANTWOORDBOEK.                                                            (6)

               1.1.1.1    Koste wat gehef word ten opsigte van EFO’s, vorm nie
                          deel van die bankkoste nie.

               1.1.1.2    ŉ Kredietsaldo op die Bankstaat weerspieël ŉ positiewe
                          banksaldo.

               1.1.1.3    Rente wat op die Bankstaat gedebiteer word, sal in die
                          Kontantontvangstejoernaal aangeteken word.

      1.1.2    Beantwoord die volgende vrae:

               1.1.2.1    Verduidelik aan Mabuto, die eienaar van Butros Traders,
                          waarom dit belangrik is dat hy die Bankversoeningstaat
                          aan die einde van elke maand opstel. Verskaf DRIE redes.      (6)

               1.1.2.2    Waarvoor staan die afkorting EFO?                             (2)

               1.1.2.3    Noem VIER voordele van internetbankdienste.                   (8)

               1.1.2.4    Jane, die boekhouer, is toegewys om alle EFO’s te
                          verwerk en te beheer. Gee TWEE redes waarom die
                          interne ouditeur daaroor bekommerd moet wees.                 (4)

1.2   BANKVERSOENING

      BUTROS TRADERS

      Die onderstaande inligting het betrekking op Butros Traders vir die jaar
      geëindig op 31 Maart 2022.

      GEVRA:

      1.2.1    Bereken die korrekte totale vir beide die Kontantontvangstejoernaal
               en Kontantbetalingsjoernaal vir Maart 2022.
               Let Wel: Besonderhede word nie vereis nie.                              (11)

      1.2.2    Stel die Bankrekening in die Algemene Grootboek op vir Maart 2022.       (6)

      1.2.3    Stel die Bankversoeningstaat op 31 Maart 2022 op.                       (11)

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE               4
                                                 (VRAESTEL 2) GRAAD 11

INLIGTING:

A.   Die Kontantjoernale het die volgende totale vir die bankkolomme gehad
     op 31 Maart 2022, voordat die Bankversoening voltooi is:

      Kontantontvangstejoernaal            R477 400
      Kontantbetalingsjoernaal             R413 500

B.   Uittreksel uit die Bankversoeningstaat op 28 Februarie2022:

      Saldo volgens Bankstaat                                   ???
      Uitstaande deposito                                   R84 700
      Uitstaande EFO’s
                         Nr. 415 (28 Februarie 2022)         R6 000
                         Nr. 416 (28 Februarie 2022)        R28 500
      Voordelige saldo volgens Bankrekening                R299 600

C.   Addisionele inligting met betrekking tot die Bankversoeningstaat op
     28 Februarie 2022:

     • Die uitstaande deposito van R84 700 het op die Bankstaat vir Maart
       2022 verskyn.
     • EFO nr. 415 vir R6 000 verskyn op die Maart 2022 Bankstaat.
     • EFO nr. 416 verskyn op die Maart 2022 Bankstaat met die korrekte
       bedrag van R62 500. Die bedrag wat in die joernaal vir Februarie
       2022 ingeskryf is, was verkeerd.
D.   Inskrywings in die Kontantjoernale vir Maart 2022 wat nie in die
     Bankstaat vir Maart 2022 verskyn nie:

      • EFO nr. 480 vir R25 000. Dit was vir handboeke en ŉ skootrekenaar
        vir die eienaar se seun.
      • EFO nr. 481 vir R18 000 vir herstelwerk aan die besigheid se
        voertuig.
      • ŉ Kontant deposito vir die week wat eindig op 31 Maart 2022 vir
        R124 500.

                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                   5
                                                  (VRAESTEL 2) GRAAD 11

E.   Inskrywings wat op die Maart 2022 Bankstaat van Alli Bank verskyn, maar
     nie op die Kontantjoernale vir Maart 2022 nie:

       Datum             Besonderhede                  R           Saldo
                Debietorder 225 : Tee
      18 Mar                                         - 34 000    212 000 (Kt)
                Versekeraars
                Debietorder 388 : Taa
      18 Mar                                         - 34 000    178 000 (Kt)
                Versekeraars
      22 Mar    Ekurhuleni Munisipaliteit (EFO)      - 52 000    126 000 (Kt)
      25 Mar    L. Naidoo (EFO vanaf huurder )         28 000    154 000 (Kt)
      28 Mar    Delta Bank                             96 750    250 750 (Kt)
      30 Mar    Diensfooie                             - 1 750   249 000 (Kt)
      30 Mar    Rente                                      400   249 400 (Kt)

     NOTE:

     • Debietorder 225 was vir die besigheid se maandelikse versekerings
       premie aan Tee Versekeraars.
     • Debietorder 388 verskyn op die besigheid se Bankstaat op 18 Maart
       2022. Die besigheid het nie ŉ versekeringspolis by Taa Versekeraars
       nie. Die bank het ingestem dat die fout op die volgende Bankstaat
       reggestel sal word.
     • Die deposito vanaf Delta Bank was vir die vaste deposito van R90 000
       wat verval het.
                                                                                [54]

                                                                                   b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                    6
                                                        (VRAESTEL 2) GRAAD 11

VRAAG 2: KONSEPTE EN KREDITEUREVERSOENING
                                                               (34 punte; 28 minute)

SEB’S SOUND CLINIC

Seb’s Sound Clinic is vyf maande lank in werking, vanaf 01 Januarie 2022. In plaas
daarvan om ŉ gekwalifiseerde boekhouer aan te stel, berei Sophia, die eienaar se
vrou, die boeke van die besigheid voor.

Seb’s Sound Clinic koop die meeste van sy klankbykomstighede by Big Music, hulle
enigste krediteur.

GEVRA:

2.1      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die konsep in KOLOM A pas. Skryf
         slegs die letter (A – E) langs die vraagnommer in jou ANTWOORDBOEK
         neer.

                KOLOM A                              KOLOM B
                Oorspronklike        A   ŉ Opsomming van wat elke skuldeiser
          2.1.1
                faktuur                  verskuldig is

                                     B   Dokument wat op die Krediteurestaat
          2.1.2 Krediteure lys           sal verskyn om te herken dat foutiewe
                                         goedere deur die verskaffer aanvaar is

          2.1.3 Debietnota           C   Bewys dat betaling ontvang is

                                     D   Dokument wat deur die besigheid aan
                                         die verskaffer gestuur word wanneer
          2.1.4 Kredietnota
                                         goedere teruggestuur word of ŉ afslag
                                         verlang word.

                                     E   Dokument waarop alle krediet aankope
          2.1.5 Kwitansie
                                         aangeteken word                               (10)

2.2      Verskaf TWEE redes waarom ŉ Krediteureversoening opgestel word.                (4)

2.3      Die eienaar van Seb’s Sound Clinic is nie heeltemal tevrede met die diens
         en kwaliteit van die goedere wat van Big Music ontvang is nie. Hy dink
         daaraan om ŉ nuwe verskaffer te soek. Noem DRIE faktore wat hy moet
         oorweeg voordat hy na ŉ ander verskaffer verander.                             (6)

2.4      Sophia het ŉ Krediteurvoorsiening op 31 Mei 2022 voorberei. ŉ Ondersoek
         het baie foute en weglatings aan die lig gebring.

                                                                                         b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                 REKENINGKUNDE                    7
                                                 (VRAESTEL 2) GRAAD 11

Voltooi die tabel in jou ANTWOORDBOEK om te wys hoe die foute en
weglatings wat geïdentifiseer is, hanteer moet word om die
Krediteuregrootboekrekeningsaldo van Big Music in die boeke van Seb’s
Sound Clinic te versoen met die staat wat vanaf Big Music ontvang is.

Dui ŉ toename met ŉ ‘+’ aan en ŉ afname met ŉ ‘-’ aan en ŉ ‘0’ vir geen
verandering nie, met elke bedrag in die regte kolom.                            (14)

INLIGTING:

2.4.1   Saldo verskuldig aan Big Music op 31 Mei 2022,
        volgens die Krediteuregrootboek van Seb’s Sound
        Clinic.                                                      R42 794
        Saldo op die Rekeningstaat ontvang van Big Music op
        28 Mei 2022.                                                 R46 820

Foute en weglatings:

2.4.2   Big Music het aan Seb’s Sound Clinic ŉ korting van R67 toegestaan.
        Sophia het hierdie bedrag in die Krediteuregrootboekrekening van
        Big Music gekrediteer.

2.4.3   Faktuur 147 vir R8 890 is verkeerdelik as R8 780 in die
        Krediteuregrootboekrekening van Big Music aangeteken. Die
        Rekeningstaat het die regte bedrag.

2.4.4   Seb’s Sound Clinic het bedrading vir R1 600 by Big Music gekoop.
        Hierdie inskrywing is weggelaat op die Rekeningstaat wat van Big
        Music ontvang is.

2.4.5   Sophia het op 28 Mei 2022 ŉ EFO betaling van R4 000 korrek in die
        Krediteuregrootboek van Big Music aangeteken. Dit verskyn nie op
        die Rekeningstaat wat ontvang is nie.

2.4.6   Sophia het ŉ telefoniese bestelling by Big Music gemaak vir
        klankbykomstighede ten bedrae van R1 350 en het dit dadelik in die
        Krediteuregrootboekrekening van Big Music aangeteken . Hierdie
        transaksie het egter nie op die Rekeningstaat wat ontvang is,
        verskyn nie. Daar is ook vasgestel dat hierdie items nie afgelewer is
        nie en dat Big Music nie voorraad het nie en dat hulle nie in die
        nabye toekoms voorraad sal kry nie.

2.4.7   Sophia het op 31 Mei 2022 ŉ EFO betaling van R2 840 en ŉ korting
        vir vroegtydige betaling van R160 korrek in die Krediteuregrootboek
        van Big Music aangeteken het. Dit het nie verskyn op die
        Rekeningstaat wat ontvang is nie.
                                                                                [34]

                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                   8
                                                          (VRAESTEL 2) GRAAD 11

VRAAG 3: VASTE BATES EN INTERNE KONTROLE
                                                                (62 punte; 60 minute)

RATIZA TRADERS

Die volgende inligting het betrekking op die boeke van Ratiza Traders vir die jaar
geëindig 28 Februarie 2022. Die vennote is Oratile en Zama.

GEVRA:

3.1     Bereken die ontbrekende bedrae in die Vaste Bate Nota aangedui as (A)
        tot (G).                                                                        (33)

3.2     Stel die Bateverkoperekening op in die Algemene Grootboek.                       (9)

3.3     Gee EEN voorstelling wat die interne ouditeur kan gebruik om te kyk of
        enige roerende bates gesteel is.                                                 (2)

3.4     Grond en geboue is vyf jaar gelede vir R5 000 000 gekoop. Die
        eiendomspryse het sedertdien met 20% gestyg. Vennoot Oratile het
        voorgestel dat die waarde van hierdie bate teen ŉ hoër bedrag aangeteken
        word sodat die bykomende R1 000 000 as ŉ wins in die Staat van
        Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) weerspieël word. Vennoot Zama
        stem nie saam nie.

        Gee EEN rede waarom jy met vennoot Zama saamstem. Verwys na AARP
        beginsels in jou antwoord.                                                       (3)

3.5     Die vennote vermoed dat sommige van die bestuurders die
        besigheidsvoertuie vir hulle private doeleindes gebruik.

        3.5.1   Verskaf TWEE punte om hul bekommernisse te regverdig. Haal
                syfers aan om jou antwoord te staaf. Wenk: Verwys na
                INLIGTING F.                                                             (8)

        3.5.2   Noem TWEE punte van advies oor hoe die vennote beter beheer
                oor die gebruik van die besigheidsvoertuie kan uitoefen.
                                                                                         (4)
3.6     Ses van die bestuurders is ontevrede met hul salarisverhoging en beplan ŉ
        staking. Is hulle regverdig? Verduidelik. Haal syfers aan om jou antwoord
        te staaf.
                                                                                         (3)

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                9
                                                       (VRAESTEL 2) GRAAD 11

INLIGTING:

A.    Waardevermindering op voertuie word bereken teen 10% per jaar op die
      verminderende saldo-metode.
B.    ŉ Nuwe voertuig is op 01 Desember 2021 aangekoop.
C.    ŉ Uittreksel van die Vastebateregister ten opsigte van ŉ voertuig wat
      gedurende die jaar verkoop is:

       Ford Fiesta

       Datum gekoop: 01 Maart 2019
       Datum verkoop: 30 September 2021 (Kontant)
       Verkoopprys:   R81 348

       Waardevermindering metode: 10% p.j. (verminderende saldo)

              Datum           Kosprys      Waardevermindering       Drawaarde
       29 Februarie 2020      R132 000           R13 200            R 118 800
       28 Februarie 2021                           ???                 ???
       30 September 2021                           ???                 ???

D.    Waardevermindering op toerusting word bereken op 15% per jaar op die
      kosprys metode.

E.    Uittreksel uit die Vaste Bate Nota op 28 Februarie 2022:

                                      Grond en
                                                       Voertuie     Toerusting
                                       geboue
       Boekwaarde op
                                                          116 000      (A)
       01 Maart 2021
       Kosprys                           5 000 000        576 000      460 000
       Opgehoopte
                                                        (460 000)     (396 750)
       waardevermindering
       Beweging
       Toevoeging                         650 000         (C)                   0
       Bateverkope                               0        (E)                   0
       Waardevermindering                                 (D)          (F)
       Boekwaarde op 28
                                         (B)
       Februarie 2022
       Kosprys                                            564 000
       Opgehoopte
                                                                       (G)
       waardevermindering

                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                  10
                                                      (VRAESTEL 2) GRAAD 11

F.   Addisionele inliging met betrekking tot die vaste bates van die onderneming:

                                    28 Februarie 2022         01 Maart 2021
      Afleweringsvoertuie
                                                R564 000              R576 000
      (kosprys)
      Herstelwerk en
                                                 R45 220               R32 300
      onderhoud
      Brandstof en olie                         R114 100               R65 200
      Salarisse van
                                                R408 240              R388 800
      motorbestuurders
      Verkope                                   R932 400                740 000
                                                                                    [62]

                                                                        TOTAAL: 150

                                        EINDE

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                  11
                                                       (VRAESTEL 2) GRAAD 11

FORMULEBLAD

   Bruto wins 100                Bruto wins      100               Netto wins 100
                                                                           
    Verkope    1              Koste van Verkope 1                   Verkope    1

       Bedryfsuitgawes 100                              Bedryfswins 100
                                                                  
          Verkope       1                                Verkope     1

Totale verdienste deur vennoot 100                  Netto wins            100
                                                                       
  Gemiddelde Vennotebelang      1             Gemiddelde eienaarsbelang    1

     Bedryfsbates: Bedryfslaste             (Bedryfsbates – Voorraad): Bedryfslaste

 Gemiddelde Debiteure 365    12               Gemiddelde Krediteure        365    12
                         of                                                  of
   Kredietverkope      1      1       Kredietaankope of Koste van Verkope 1        1

Gemiddelde Voorraad 365    12                        Koste van Verkope
                       of
 Koste van Verkope   1      1                       Gemiddelde Voorraad

  Nie Bedryfslaste: Vennotebelang                  Totale bates: Totale laste

## Related documents

- [Gr11 ACC P2 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-eng-june-2022-question-paper/716473af-e84e-470a-9dd5-68ad9e4eae8b) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [Gr11 ACC P2 (AFR) June 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afr-june-2022-answer-book/16b42200-379b-4214-b262-156f8ad71c5a) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Gr11 ACC P2 (ENG) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-eng-june-2022-possible-answers/ece12388-af7d-4c48-955d-4bdc5697500a) — Accounting · Memo · 2022 · Eng
- [Gr11 ACC P1 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p1-eng-june-2022-question-paper/c352552e-e7e7-4ea3-a1d6-33b3262523ba) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2022-english/f43f0b46-185b-41cf-bed5-88654714f772) — Accounting · QP · 2022 · Eng
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANS BOOK NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-ans-book-nov2022-english/f4a4602d-bd68-471c-908e-7d2b30e5baa9) — Accounting · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
