# Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/eab48799-c381-4390-a9c2-e801c5bd9bcb
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/eab48799-c381-4390-a9c2-e801c5bd9bcb)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/4e368746-40f7-41f2-abf3-6417b98990d2) — Memo · 2020 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                             PROVINSIALE EKSAMEN
                              NOVEMBER 2020
                                  GRAAD 11

                               REKENINGKUNDE
                                 VRAESTEL 2

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

14 bladsye + 1 formuleblad

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                   2
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies noukeurig en volg dit presies.

1.      Beantwoord ALLE vrae.

2.      ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin ALLE vrae beantwoord moet
        word.

3.      ŉ FORMULEBLAD vir die finansiële aanwysers word voorsien aan die agterkant van
        die vraestel.

4.      Wys ALLE berekeninge om deelpunte te verdien.

5.      Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.      Jy mag blou of swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.      Waar van toepassing, moet alle berekeninge afgerond word tot een desimale plek.

8.      Skryf netjies en leesbaar.

9.      Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as ŉ riglyn wanneer jy die vrae
        beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                ONDERWERP                      PUNT            TYD IN MINUTE
        1         Versoening                               40               32 minute
        2         Vervaardiging                            55               44 minute
        3         Voorraadwaardasies & Etiek               20               16 minute
        4         Begrotings                               35               28 minute
     TOTAAL                                               150              120 minute

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                        3
                                                       VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 1: VERSOENING                                         (40 PUNTE: 32 MINUTE)

1.1   Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs “waar” of
      “onwaar” langs die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.5) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.1.1     ŉ Oorspronklike faktuur is ŉ dokument wat ontvang word deur ŉ
                klant wat goedere op krediet aankoop.

      1.1.2     ŉ Vooruitgedateerde tjek uitgereik aan ŉ krediteur sal nie
                aangeteken word in enige joernaal tot die datum op die tjek
                aanbreek nie.

      1.1.3     ŉ Krediteur sal nie ŉ kwitansie uitreik aan ŉ debiteur wat haar
                rekening met ŉ elektroniese oordrag betaal nie.

      1.1.4     ŉ Debietnota word aan ŉ krediteur uitgereik wat aan hom verduidelik
                waarom die goedere teruggestuur word.

      1.1.5     ŉ Krediteur is ŉ nie-bedryfslas.                                  (5 x 1)       (5)

1.2   BANKVERSOENING

      Die inligting is van Vintage Handelaars.

      Gevra:

      1.2.1     Wys die veranderings in die kontantjoernale op 30 November 2020.            (08)

      1.2.2     Bereken die regte saldo van die Bankrekening op 30 November
                2020.                                                                           (5)

      1.2.3     Berei die Bankversoeningstaat voor op 30 November 2020.                         (7)

      1.2.4     Die eienaar, J Kirk, besef dat baie mense nou elektroniese fonds-
                oorplasings gebruik (EFO) om die besigheid te betaal. Gee TWEE
                voordele van EFO’s.                                                             (2)

                                                                                            b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   REKENINGKUNDE                 4
                                                   VRAESTEL 2  GRAAD 11

INLIGTING:
A Uittreksel: Bankversoeningstaat op 31 Oktober 2020

     Debiet saldo volgens Bankstaat                              R 8220
     Uitstaande deposito                                         R16 300
     Uitstaande tjeks
     Nr.      Datum
     642      10 Mei 2020                                        R2 300
     854      14 Oktober 2020                                    R1 250
     888      27 Oktober 2020                                    R5 780
     1032     28 Oktober 2020                                    R7 950
     Ongunstige saldo volgens Bankrekening                       R ????

B Addisionele inligting in verband met die bostaande Bankversoeningstaat
  vir Oktober en met die Bankstaat vir November:

   Die uitstaande deposito verskyn op die Bankstaat vir November.
   Tjek 642 was uitgereik as ŉ donasie aan ŉ plaaslike welsynorganisasie. Die
    tjek is nooit gedeponeer nie.
   Tjek 854 verskyn nie op die November Bankstaat nie. Die tjek is verloor, ŉ
    nuwe tjek sal NIE uitgereik word NIE.
   Tjek 888 verskyn nie op die November Bankstaat nie.
   Tjek 1032 verskyn op die November Bankstaat met die korrekte bedrag van
    R5 250.

C Voorlopige totale in die Kontantjoernale op 30 November 2020 voordat
  die Bankstaat ontvang is:

    Kontantontvangstejoernaal: R54 940
    Kontantbetalingsjoernaal: R64 800

                                                                                 b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                     5
                                                           VRAESTEL 2  GRAAD 11

      D   Inskrywings op die November 2020 Bankstaat wat NIE in die
          Kontantjoernale verskyn NIE:

              DATUM                   BESONDERHEDE                            R
               15      Debietorder: Outsurance                                8 950
                       Debietorder: Outsurance                                8 950
                       NOTA: Versekering verskyn foutiewelik twee
                       keer. Die fout sal volgende maand reggestel word
                       deur die bank.
               16      Onbetaalde tjek R3 800 ontvang van debiteur,
                       N Pay as vereffening van sy rekening van
                       R4 000.
               25      ŉ EFO deur die huurder as huurinkomste.              16 500
               30      Rente op ŉ Kt saldo.                                    750
               30      Kredietkaartheffings.                                   980

      E Inskrywings in die Kontantjoernale wat NIE in die Bankstaat vir
        November verskyn nie:

              Deposito, R19 765
              EFO 14 na ŉ krediteur op 30 November, R8 630
              Tjek 1044, R5 900

      F Bankstaat saldo op 30 November 2020 ...?

1.3       KREDITEUREVERSOENING

          ŉ Rekeningstaat word ontvang van Golden Globe Handelaars op
          25 September 2020 toon dat Emmy Winkels hulle R26 228 skuld. Die
          Krediteuregrootboek in die boeke van Emmy Winkels toon ŉ uitstaande saldo
          van R28 656.

          GEVRA:

          1.3.1     Gebruik die tabel wat voorsien is in jou ANTWOORDBOEK om die
                    veranderinge aan te dui:

                          Die Krediteuregrootboek van Emmy Winkels.
                          Die Krediteure Versoeningsstaat op 30 September 2020.
                           Dui ŉ vermeerdering of vermindering aan met ŉ + of – waar
                           van toepassing.                                             (9)

                                                                                             b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                    6
                                                     VRAESTEL 2  GRAAD 11

  1.3.2   ŉ Interne oudit van Emmy Winkels ontdek dat goedere met ŉ waarde
          van R6 500 wat bestel is van PK Winkels, nooit by die besigheid
          afgelewer is nie. ŉ Ondersoek bring aan die lig dat die persoon in
          beheer van die plaas en ontvang van die bestellings, die goedere
          bestel het vir persoonlike gebruik.

          (a)       Watter stappe moet deur die bestuur teen die werknemer
                    geneem word? Verskaf TWEE punte.                            (2)

          (b)       Verskaf TWEE interne kontrolemaatreëls wat in plek gestel
                    moet word om ŉ herhaling te voorkom.                        (2)

  INLIGTING
A Krediteuregrootboek van Emmy Winkels

      Datum              Besonderhede          Debiet    Krediet     Saldo
   2020         1     Rekening gelewer                                22 145
   Sept         3     Faktuur 223                           5 404     27 549
                5     Debietnota 96                309                27 240
                12    Tjek 181                  10 554                16 686
                      Korting                    1 766                14 920
                15    Faktuur 105                           3 464     18 384
                23    Faktuur 229                           3 594     21 978
                24    Faktuur 284 (na                       4 415     26 393
                      handelskorting)
                30    Faktuur 302                           2 263     28 656

                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                  7
                                                      VRAESTEL 2  GRAAD 11
,

    B Rekeningstaat ontvang van Golden Globe Handelaars

                       GOLDEN GLOBE HANDELAARS
                             REKENINGSTAAT
        Snakestraat 18                   Tel: 032 705 0961
        Mlalazi                          Faks: 011 412 5431
        1511                             25 September 2020
        REKENING VAN: EMMY WINKEL        REKENING NR. ABC 543
          Datum         Besonderhede     Debiet Krediet     Saldo
        2020     1     Saldo                                            22 145
        Sept     3     Faktuur 223                   5 660              27 805
                 5     Kredietnota 109                   309            28 114
                 12    Kwitansie 5140                          10 554   17 560
                 23    Faktuur 229                   3 594              21 154
                 24    Faktuur 284                   4 905              26 059
                 25    Rente op agterstallige            169            26 228
                       rekening

    C Addisionele inligting

       Die volgende foute en weglatings het voorgekom:

    1 Faktuur 223 op 3 September 2020 was korrek aangeteken in die rekeningstaat
      wat ontvang is van Golden Globe Handelaars.

    2 Golden Globe Handelaars het ŉ fout gemaak met die optekening van die
      terugsending van goedere op 5 September 2020.

    3 Emmy Winkels het gekwalifiseer vir ŉ korting omdat hulle die rekening vroeg
      vereffen het op 12 September 2020. Golden Globe Handelaars het R1 766 as
      afslag toegestaan. Hulle belowe om dit aan te toon op die volgende
      rekeningstaat.

    4 Faktuur 105 vir R3 464 was verkeerd aangeteken in die Krediteuregrootboek
      van Golden Globe Handelaars. Die aankope is gedoen vanaf ABA Verskaffers.

    5 Handelskorting was afgetrek op faktuur 284. Golden Globe Handelaars het dit
      glad nie in aanmerking geneem nie. Golden Globe Handelaars sal die fout
      volgende maand regstel.

    6 Faktuur 302 is nie opgeteken op die rekeningstaat wat van Golden Globe
      Handelaars ontvang is nie aangesien die transaksie plaasgevind het na hulle
      staat datum.

    7 Golden Globe Handelaars het die rente van R169 korrek op die rekening gehef.

                                                                                     b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                             REKENINGKUNDE                  8
                                                             VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                         (55 PUNTE: 44 MINUTE)

Hierdie vraag bestaan uit TWEE onafhanklike vrae.

2.1      HAPPY PAWS PET FOOD
         GEVRA:
        2.1.1     Bereken die bedrag roumateriaal wat vir die produksie in 2020 uitgereik
                  is.                                                                           (6)

        2.1.2     Bereken die direkte arbeidskoste.                                         (12)

        2.1.3     Berei die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek voor:

                  (a)    Fabrieksbokoste                                                    (14)

                  (b)    Goedere-in-bewerking voorraad                                          (9)

                  NOTA: Saldeer die rekeninge behoorlik op 30 September 2020.

         INLIGTING:
      A Die volgende saldo’s verskyn in die boeke van Happy Paws Pet food:

                                              30 September           1 Oktober
                                                      2020              2019
          Direkte/Roumateriaal voorraad           20 000               48 000
          Goedere-in-bewerking voorraad           75 000               35 000
          Indirekte materiaal voorraad             7 500                7 200

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                  9
                                                     VRAESTEL 2  GRAAD 11

B Transaksies vir die jaar:

    Roumateriaal aangekoop gedurende die jaar                        650 000
    Vraggeld op roumateriaal aangekoop                                12 300
    Fabriekshuur betaal                                               68 400
    Advertensie betaal                                                23 500
    Fabrieksherstelwerk betaal                                        46 700
    Water en elektrisiteit betaal                                     75 000
    Indirekte materiaal aangekoop                                     56 000
    Diverse uitgawes betaal                                           21 000
    Fabrieksvoorman se salaris                                       135 850
    Kantoorassistent se salaris vir die jaar                         130 000

C Addisionele inligting:
 i Produksielone:

    Aantal werknemers                                            9
    Normale tyd ure gewerk per werknemer                     1 240 uur
    Oortyd ure gewerk per werknemer                          365 uur
    Normale tyd koers                                         R45,00
    Oortyd koers                                   2 keer die normale tyd koers
    Aftrekkings en Bydraes (bereken op basiese salaris)
                                                   Werknemer         Werkgewer
    Pensioenfonds                                       4%               5%
    WVF                                                 1%               1%

ii Ingesluit by die bedrag van roumateriaal is goedere wat nie bestel is nie en
   daarom teruggestuur is na die verskaffer, R35 000.

iii Water en elektrisiteit en huur moet in die verhouding van die vloerspasie wat
    elke departement gebruik, verdeel word:

          Fabriek 800 vierkante meter.
          Kantoor 180 vierkante meter.
          Verkoopsdepartement 220 vierkante meter.

iv Waardevermindering vir die jaar:
      Kantoortoerusting, R9 500
      Fabrieksmasjinerie, R12 800

                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                     10
                                                           VRAESTEL 2  GRAAD 11

      v Diverse uitgawes moet verdeel word volgens die volgende verhouding
        4 : 2 : 1, vir die fabriek, kantoor en verkoopsdepartement.

      vi 40 300 eenhede is gedurende die jaar vervaardig teen ŉ koste van R44,70
         per eenheid.

      vii Sommige van die klaar vervaardigde troeteldierkos was geskenk aan die
          DBV (SPCA). Die donasie was direk van die fabriek af geneem en afgelewer
          by die DBV.

2.2      MUFASA VERVAARDIGERS

         Mufasa Vervaardigers vervaardig plastiek skryfbehoeftesakkies. Die
         onderstaande inligting word geneem uit die rekeningkundige rekords vir die
         jaar geëindig 30 Junie 2020.

         GEVRA:

         2.2.1    Bereken die bedrae aangedui deur (a) en (b).                         (4)

         2.2.2    Bereken die gelykbreekpunt vir die finansiële jaar geëindig 30 Junie (7)
                  2020.

         2.2.3    Dink jy dat die besigheid gelukkig moet wees met die
                  gelykbreekpunt? Gebruik toepaslike syfers om jou kommentaar te
                  verduidelik.                                                         (3)

         INLIGTING

                                                    30 Junie 2020           2019
                                                  Totale     Eenheids- Eenheids-
                                                  koste        koste     koste
          Vastekoste                            1 248 000        50,00      47,00
          Fabrieksbokoste                        898 560         36,00      34,00
          Administrasiekoste                        (a)          14,00      13,00
          Veranderlikekoste                     3 294 720         ?        126,00
          Direkte arbeidskoste                  1 397 760        56,00      51,00
          Direkte materiaalkoste                 748 800          (b)       50,00
          Verkoops- en verspreidingskoste       1 148 160        46,00      25,00

          Aantal eenhede geproduseer en           24 960                   23 600
          verkoop
          Verkoopsprys per eenheid                 R184                     R220
          Gelykbreekpunt aantal eenhede.             ?                     11 800

                                                                                             b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                      11
                                                      VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 3: VOORRAADWAARDASIE EN ETIEK                         (20 PUNTE: 16 MINUTE)

3.1   VOORRAADSTELSELS

      Kayley’s Sweets word besit deur Kayley Louw. Die besigheid maak gebruik van
      die Periodieke Voorraadstelsel. Die finansiële jaar eindig op 29 Februarie 2020.

      GEVRA:
      3.1.1    Bereken die bedrag van aankope wat na die Handelsrekening
               geneem sal word.                                                           (4)

      3.1.2    Bereken die verkope bedrag wat na die Handelsrekening geneem sal
               word.                                                                      (4)

      3.1.3    Bereken die koste van verkope.                                             (4)

      INLIGTING:
 A Uittreksel van die Vooraansuiwerings Proefbalans op 29 Februarie 2020

                                                        Debiet         Krediet
       Balansstaatrekening afdeling
       Handelsvoorraad (1 Maart 2019)                  75 000

       Nominale-rekening afdeling
       Verkope                                                        350 000
       Aankope                                         230 000
       Vraggeld op aankope                             17 500
       Debiteure afslag                                25 000

 B Geen inskrywings is gemaak vir die volgende nie:

  i ŉ Faktuur met ŉ totaal van R3 250 vir handelsvoorraad aangekoop op krediet
    van Pam Handelaars.

  ii Goedere met ŉ waarde van R12 500, teruggestuur aan die verskaffer voor die
     voorraadopname.

  iii Die eienaar Kayley Louw neem goedere wat R1 250 kos vir persoonlike
      gebruik.

 iv ŉ Debiteur stuur goedere terug wat aan hom verkoop is vir R11 250. Die
    kosprys van die goedere was R7 500. Die goedere is teruggesit in die
    voorraad voor die voorraadopname.

  v Fisiese voorraadopname op 29 Februarie 2020 toon dat daar R90 000 se
    handelsvoorraad voorhande is.

                                                                                         b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                   12
                                                       VRAESTEL 2  GRAAD 11

3.2   INTERNE KONTROLE VAN BATES

      GEVRA:

      Beantwoord die onderstaande vrae wat verband hou met die gevallestudie.

      INLIGTING:

      Catharine Janeway is die eienaar van ŉ besigheid wat in twee departemente
      verdeel is. In die een departement besit sy opbergingseenhede wat sy aan
      kliënte verhuur om goedere in te stoor. In die ander afdeling is daar
      afleweringsvoertuie wat gebruik word om die goedere te vervoer wat in die
      opbergingseenhede gestoor word. Sy is bekommerd oor haar besigheid en het
      jou om hulp gevra.

      3.2.1    Catharine is daarvan bewus dat die meeste bates waarde verloor as
               gevolg van normale slytasie. Watter vaste bate verminder
               normaalweg nie aan die einde van die finansiële jaar waarde nie?
               Verduidelik waarom.                                                      (2)

      3.2.2    Verduidelik kortliks aan haar die waarde van ŉ vaste bate register.      (2)

      3.2.3    Catharine het ŉ paar klagtes van haar kliënte ontvang dat voorraad in
               hul bergingseenhede verdwyn het. Gee EEN voorstel om hierdie
               probleem op te los.                                                      (2)

      3.2.4    Die onderneming het drie afleweringsvoertuie, elk met sy eie
               bestuurder. Catharine het ontdek dat een van die vragmotors se
               kilometerlesings hoër is as wat dit moet wees. Gee EEN praktiese
               oplossing oor hoe sy die probleem kan oplos.                             (2)

                                                                                       b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                    13
                                                       VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 4: BEGROTINGS                                        (35 PUNTE: 28 MINUTE)

Hierdie vraag bestaan uit TWEE onafhanklike vrae.

4.1   PASITEMS

      Kies die antwoord uit KOLOM B wat ooreenstem met die vraag in KOLOM A.
      Skryf slegs die letter (A – F) langs die vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.5) in die
      ANTWOORDBOEK.

                    KOLOM A                                 KOLOM B
       4.1.1   Wat is die hoofdoel met die     A    Voorsiening vir oninbare skuld
               opstel van ŉ                         aanpassings en korting
               kontantbegroting?                    toegestaan.
                                               B
       4.1.2   Noem TWEE items wat in die           Die verkoopsprys van ŉ voertuig
               Kontantbegroting sal verskyn,        wat verkoop word en die wins
               maar nie in die                      met verkoop van bate.
               geprojekteerde Inkomstestaat    C
               nie.                                 Geskatte geprojekteerde syfers
                                                    vir die toekoms.
       4.1.3   Noem TWEE items wat in die      D
               geprojekteerde Inkomstestaat         Dit is ŉ toegerekende uitgawe.
               sal verskyn maar nie in die     E
               Kontantbegroting nie.                Om toekomstige ontvangste en
                                                    betalings te projekteer.
       4.1.4   Verduidelik EEN ooreenkoms      F
               tussen die Kontantbegroting          Aankoop van bates en betaling
               en die Geprojekteerde                aan krediteure.
               Inkomstestaat.

       4.1.5   Waarom word
               waardevermindering nie
               ingesluit in die
               Kontantbegroting nie?
                                                                                (1 x 5) (5)

4.2   KONTANTBEGROTING

      Die onderstaande inligting het betrekking tot Mosa Winkels

      GEVRA:

      4.2.1    Voltooi die Debiteure-invorderingsskedule vir September en Oktober
               2020.                                                                    (10)

      4.2.2    Voltooi die Kontantbegroting vir September en Oktober 2020.              (20)

                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

   INLIGTING
A Invordering van skuld is volgens die volgende patroon:

        30% van debiteure vereffen hulle rekeninge gedurende die maand waarin
         die transaksie plaasvind om ŉ 5% korting te ontvang vir vinnige betaling.
        40% van debiteure vereffen hulle rekeninge in die maand wat volg op die
         transaksie.
        25% van debiteure vereffen hulle rekeninge in die tweede maand na die
         transaksie.
        5% van skuld word afgeskryf as oninbaar in die derde maand.

B Opsomming van die transaksies:

        Besonderhede         Julie      Augustus      September      Oktober
       Kontantverkope      200 000       250 000       240 000       230 000
       Kredietaankope       70 000        80 000         65 000       85 000
       Huurinkomste         12 000        12 000         15 000       15 000
       Salarisse            75 000        75 000         75 000          ?

        Kontantverkope is 25% van totale verkope.

        Kredietaankope is 50% van die totale aankope.

C Krediteure word een maand na die aankope betaal.

D Die volgende onttrekkings word maandeliks gemaak deur die eienaar:

        Kontant om sy seun se skoolgeld te betaal, R7 500
        Handelsvoorraad, R2 800

E Advertering word bereken as 1% van die vorige maand se totale
  verkope.

F Alle werknemers sal ŉ salaris verhoging van 6% aan die einde van
  Oktober kry.

                                                                        TOTAAL:      150

                                          EINDE

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

                                     BYLAE

FORMULEBLAD

    Bruto wins 100               Bruto wins      100             Netto wins 100
              x                                x                           x
     Verkope    1             Koste van Verkope 1                 Verkope    1

       Bedryfsuitgawes 100                             Bedryfswins 100
                      x                                           x
          Verkope       1                               Verkope     1

Totale Verdienste deur Vennoot 100                   Netto wins          100
                              x                                        x
  Gemiddelde Vennotebelang      1              Gemiddelde Vennotebelang 1

     Bedryfsbates: Bedryfslaste              Bedryfsbates – Voorraad: Bedryfslaste

 Gemiddelde Debiteure 365    12               Gemiddelde Krediteure          365 12
                     x    of                                               x    of
   Kredietverkope      1      1        Kredietaankope of Koste van Verkope    1    1

 Gemiddelde Voorraad 365 12                          Koste van Verkope
                    x   of
  Koste van Verkope   1    1                        Gemiddelde Voorraad

  Nie Bedryfslaste: Vennotebelang                 Totale Bates: Totale Laste

## Related documents

- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR11 QP NOVEMBER 2020 Afrikaans .docx](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-qp-november-2020-afrikaans-docx/eeaf8539-72ee-46a7-8495-615b05451a2d) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-november-2018-question-paper/ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
