# Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          PROVINSIALE EKSAMEN
                            NOVEMBER 2019
                                    GRAAD 11

                              REKENINGKUNDE
                                VRAESTEL 2

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

12 bladsye, 1 inligtingsblad en 'n antwoordboek van 9 bladsye

Kopiereg voorbehou                                              Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                     2                                 GP/November 2019
                                                   Graad 11

NSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig na.

1.        Beantwoord AL die vrae.

2.        ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word verskaf waarin jy AL die vrae moet beantwoord.

3.        ŉ FORMULEBLAD vir finansiële aanwysers is voorsien aan die agterkant van hierdie vraestel.
          Jy mag dit gebruik indien nodig.

4.        Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

5.        Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

6.        Jy mag ŉ donker potlood of swart / blou ink gebruik om jou vrae te beantwoord.

7.        Waar van toepassing, toon alle berekeninge tot EEN desimale plek.

8.        Skryf netjies en leesbaar.

9.        Gebruik die inligting in die tabel as ŉ gids om vraestel te beantwoord.
          Probeer om NIE daarvan af te wyk nie.

                              VRAAG 1: 40 punte; 32 minute
     Onderwerp van die vraag:               Hierdie vraag integreer:
                                            Konsepte
     Vervaardiging                          Grootboekrekeninge
                                            Kosteberekeninge
                                            Gelykbreekpunt
                                            Interne kontrole

                                 VRAAG 2: 42 punte; 34 minute
     Onderwerp van die vraag:                  Hierdie vraag integreer:
                                               Bankversoening
     Rekonsiliasies                            Krediteurerekonsiliasie
                                               Interne kontrole en Etiek

                                VRAAG 3: 52 punte; 42 minute
     Onderwerp van die vraag:                 Hierdie vraag integreer:
                                              Debiteure-invorderingskedule
     Begroting en Finansiële aanwysers        Kontantbegroting
                                              Etiek
                                              Finansiële aanwysers

                              VRAAG 4: 16 punte; 12 minute
     Onderwerp van die vraag:               Hierdie vraag integreer:
                                            BTW
     BTW en Tasbare Bates                   Tasbare Bates
                                            Interne Kontrole

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              3                                 GP/November 2019
                                            Graad 11

VRAAG 1: KONSEPTE EN VERVAARDIGINGSREKENINGE                            (40 punte; 32 minute)

1.1 KONSEPTE
Kies die korrekte antwoord uit die onderstaande lys sodat dit by die gegewe
beskrywings pas. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.5) in die
ANTWOORDBOEK neer.

             fabrieksbokoste; administratiewekoste; verkoop- en verspreidingskoste;
                           direkte materiaalkoste; direkte arbeidskoste

1.1.1   Salarisse betaal aan werkers wat betrokke is by die produksie                      (1)

1.1.2   Koste van grondstowwe wat in die produksieproses gebruik word                      (1)

1.1.3   Advertensie-uitgawes                                                               (1)

1.1.4   Huur betaal vir kantoorgeboue                                                      (1)

1.1.5   Salaris betaal aan die fabrieksvoorman                                             (1)

1.2     GROOTBOEKREKENING EN KOSTEBEREKENINGE

        WISHY-WASHY VERVAARDIGERS

        Die onderneming vervaardig wasmasjiene en verkoop dit teen ŉ winsopslag van
        70% op die kosprys. Hulle gebruik die deurlopende voorraadstelsel vir voltooide
        goedere en die periodieke voorraadstelsel vir grondstowwe en indirekte
        materiaal.

GEVRA:

1.2.1   Stel die grondstofvoorraadrekening op.                                                (8)

1.2.2   Voorsien berekeninge vir Direkte Arbeidskoste en Fabrieksoorhoofse / bokoste.       (13)

        INLIGTING:

        A.      Die volgende saldo’s het onder andere, in die boeke van Wishy-Washy
                Vervaardigers verskyn.

                                                 1 Maart 2018 28 Februarie 2019
        Grondstofvoorraad                               95 000         110 500
        Goedere-in-bewerking voorraad                   71 500         191 600
        Klaarproduktevoorraad                          480 000           96 200
        Indirekte materiaalvoorraad                     20 500           18 000

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              4                                GP/November 2019
                                            Graad 11

        B.    Transaksies gedurende die jaar

        1.    Grondstowwe op krediet aangekoop, R521 000

        2.    Betaal die vervoerkoste van grondstowwe na die fabriek van R29 500, kontant

        3.    Indirekte materiaal vir kontant aangekoop, R77 500.

        4.    Lone wat aan werkers betaal is, beloop R300 800. Die bedrag sluit die
              werkgewersbydrae ten opsigte van die pensioenfonds van R28 000, in.

        5.    Salaris betaal aan die fabrieksvoorman, R105 000.

        6.    Kommissie betaal aan die verkoopspersoneel beloop R90 000.

        7.    Betaal R37 000 vir instandhouding op fabriekstoerusting, ŉ verdere R11 000 is
              nog steeds verskuldig.

        8.    Water en elektrisiteit betaal, R21 000. Die bedrag word verdeel tussen die
              fabriek en die kantoor. Die verhouding van fabriek tot kantoor is 4 : 1.

        9.    Huur betaal beloop R108 000. Die fabriek is verantwoordelik om 80% van die
              huur te betaal.

        10.   Waardevermindering op fabriekstoerusting beloop R60 500.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                                  5                                  GP/November 2019
                                                Graad 11

1.3       BEREKENINGE VIR EENHEIDSKOSTE

KRUISPAD TAFELVERVAARDIGERS

Jy word voorsien van die inligting met betrekking tot Kruispad Tafelvervaardigers vir die
jaar geëindig 28 Februarie 2019. Die fabriek vervaardig tafels van hout.

GEVRA:

1.3.1      Bereken die direkte materiaalkoste per eenheid.                                       (2)

1.3.2      Bereken die gelykbreekpunt vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019.                   (4)

1.3.3      Behoort die onderneming tevrede te wees met die aantal eenhede wat
           gedurende 2019 vervaardig is? Verduidelik en verskaf relevante inligting en
           berekeninge.                                                                          (4)

1.3.4      Die direkte materiaalkoste per eenheid is R152 in 2018. Verduidelik TWEE
           redes vir die verskil tussen die kostes oor die afgelope die twee finansiële jaar.    (4)

 A.    INLIGTING VIR DIE JAAR GEËINDIG 28 FEBRUARIE 2019
                                        Totale Koste  Per Eenheid
 Direkte materiaalkoste                       768 960            ?
 Direkte arbeidskoste                         224 640         R52
 Totale veranderlike koste                  1 058 400        R245
 Totale vaste koste                           518 400        R120
 Verkope                                    1 728 000        R400

 B.       ADDISIONELE INLIGTING

         Die besigheid vervaardig en verkoop 4 320 tafels gedurende die jaar.
         Daar is geen goedere-in-bewerking aan die begin of aan die einde van die finansiële jaar
          nie.
                                                                                                 40

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              6                                GP/November 2019
                                            Graad 11

VRAAG 2: REKONSILIASIES, INTERNE KONTROLE EN ETIEK
                                                                       (42 punte; 34 minute)

2.1       BANKREKONSILIASIE

          GAUTENG HANDELAARS

          Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Gauteng Handelaars vir Augustus
          2019.

GEVRA:

2.1.1     Verskaf TWEE redes waarom dit belangrik is vir ŉ besigheid om maandeliks
          ŉ Bankversoeningstaat op te stel.                                                (4)

2.1.2     Verduidelik hoekom die boekhouer tjek nr. 706 gekanselleer het en in watter
          joernaal hy die inskrywing gekanselleer het.                                     (3)

2.1.3     Stel die Bankversoeningstaat op 31 Augustus 2019, op.                           (10)

INLIGTING:

      A   Die volgende tjeks is as uitstaande gelys op die Bankversoeningstaat van 31
          Julie 2019:

           Nr. 706 (gedateer 16 Februarie 2019)         R 500
           Nr. 949 (gedateer 28 Julie 2019)             R3 200
           Nr. 950 (gedateer 30 September 2019)         R1 800

          Die boekhouer het reeds tjek nr. 706 gekanselleer toe hy die kontantjoernale
          opgedateer het.

          Tjek nr. 949 verskyn op die bankstaat op 12 Augustus 2019.

      B   ŉ Deposito van R13 800 wat op 31 Augustus gemaak is, verskyn nie op die
          bankstaat nie.

      C   Die volgende tjeks wat gedurende Augustus 2019 uitgereik is, verskyn nie op
          die bankstaat van Augustus nie.

           Nr. 980     R8 400
           Nr. 992     R4 420

      D   Die bankstaat van Future Bank vir Augustus weerspieël ŉ bedrag van
          R1 500 wat verkeerdelik teen die rekening van Gauteng Handelaars
          gekrediteer is.

      E   Die bankstaat toon ŉ gunstige saldo van R6 380 op 31 Augustus 2019.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                             7                                GP/November 2019
                                           Graad 11

2.2     KREDITEUREREKONSILIASIE
       SELAHLE HANDELAARS
       Selahle Handelaars het ŉ rekeningstaat vir Junie 2019 ontvang van ŉ krediteur,
       Manyaka Verskaffers. Die krediteur se rekeningstaat weerspieël ŉ saldo wat
       verskil van die Krediteuregrootboek.
       GEVRA:
       Versoen die verskille tussen die saldo's in die krediteuregrootboekrekening en die
       rekeningstaat. Gebruik die antwoordboek soos voorsien.
       Skryf die bedrae in die toepaslike kolomme en dui ŉ toename of ŉ afname aan met
       (+) of (-) met elke bedrag.

       Totaliseer die kolomme om die korrekte saldo's aan die einde van Junie 2019 aan
       te toon.                                                                        (11)
       INLIGTING:
       Die volgende saldo's vir Junie word voorsien:

       Krediteuregrootboek van Manyaka Verskaffers in die boeke van             R16 555
       Selahle Handelaars
       Rekeningstaat ontvang van Manyaka Verskaffers                            R10 055

       ŉ Vergelyking tussen die krediteuregrootboekrekening van Manyaka Verskaffers
       en die rekeningstaat het die volgende verskille getoon:

       A.   ŉ Betaling van R3 500 aan Manyaka Verskaffers op 7 Junie is foutiewelik deur
            die boekhouer uit die krediteuregrootboek weggelaat in die rekords van
            Selahle Handelaars.
       B.   ŉ Faktuur ontvang vir R6 950 van Manyaka Verskaffers is korrek in die
            Krediteuregrootboekrekening aangeteken. Die bedrag is verkeerdelik as
            R9 650 op die rekeningstaat aangeteken.
       C.   Die rekeningstaat ontvang van Manyaka Verskaffers weerspieël nie die
            korting van 8% wat aan Selahle Handelaars toegestaan sou word nie, tensy
            die bedrag van R8 000 voor 20 Junie vereffen word. Die bedrag is egter binne
            die vereiste tydperk vereffen.
       D.   Goedere wat aan Manyaka Verskaffers teruggestuur is, is verkeerdelik as
            aankope in die Krediteuregrootboek aangeteken; die bedrag beloop R520.
       E.   ŉ EFO-betaling (elektroniese geldoorplasing) van R3 000 is op 28 Junie 2019
            in die Kontantbetalingsjoernaal van Selahle Handelaars aangeteken. Die
            rekeningstaat van Manyaka is gedateer 27 Junie 2019.
       F.   Goedere wat teen R2 000 van Manyuka Verskaffers gekoop is, is verkeerdelik
            in die krediteuregrootboek van Manyaka Verskaffers aangeteken.
       G. Faktuur nr. 678 vir goedere wat op 27 Junie aangekoop is, word nie in die
          rekeningstaat van Manyaka Verskaffers aangetoon nie; die bedrag beloop
          R6 300.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               8                                  GP/November 2019
                                             Graad 11

2.3    INTERNE KONTROLE

       Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

       Die rekenmeester van Thaba Mode-Ontwerpe het in Julie 2019 vakansieverlof
       geneem. Die eienaar van die onderneming het Lethabo Mooi tydelik in diens
       geneem wat deur ŉ werkgewersagentskap as ŉ plaasvervanger vir die maand van
       Julie aangestel is.

       Lethabo Mooi het die volgende waarnemings gemaak:

       A.   Die Bankversoening vir Mei en Junie is nie gedoen nie.

       B.   Twee tjeks is nie aangeteken in die Kontantbetalingsjoernaal vir Mei nie.
            Beide tjeks het uit die tjekboek verdwyn en die tjekteenbladjies is netjies
            verwyder.

       C.   Tjek nr. 1555 was uitgereik aan die eienaar vir sy persoonlike gebruik. Die tjek
            is aangeteken as ŉ “Donasie”.

       Bogenoemde is na die bestuurder verwys, maar hy het geen kennis van die
       rekeningkundige prosedures en interne beheer nie.

GEVRA:

2.3.1 Watter DRIE stappe moet geneem word aangaande die twee verlore tjeks?                     (6)

2.3.2 Wat is die implikasies om “Onttrekkings” aan te teken as “Donasies”?                      (2)

2.3.3 Gee DRIE voorstelle aan bestuur vir effektiewe kontrole oor kontant.                      (6)

                                                                                               42

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               9                               GP/November 2019
                                             Graad 11

VRAAG 3: BEGROTINGS, ETIEK EN FINANSIËLE AANWYSERS
                                                                     (52 punte; 42 minute)

3.1    KONTANTBEGROTING
       Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Greyston Winkels. Die besigheid
       word besit deur Jerry Williams. Die onderneming maak gebruik van ŉ winsopslag
       van 80% op die kosprys. Die begrotingsperiode eindig op 31 Desember 2018.

GEVRA:

3.1.1 Stel die debiteure-invorderingsskedule vir November en Desember 2018 op.                 (7)

3.1.2 Voltooi die kontantbegroting vir twee geëindig op 31 Desember 2018.                      (29)

3.1.3 Verwys na transaksie J, en verduidelik waarom die werknemers nie tevrede sal wees
      met die verhoging van 4% op hul salarisse nie.                                           (2)

INLIGTING:

         A. Saldo’s op 31 Oktober 2018
         Bank (gunstig)                                        R138 400
         Lening: Terrie Bank (10% p.j.)                        R360 000
         Vaste Deposito teen 6,5% rente p.j.                    R80 000

         B. Totale Verkope

         Werklik
         September                                             R360 000
         Oktober                                               R374 400

         Begroot
         November                                              R403 200
         Desember                                              R468 000

       C.    Kredietverkope beloop 40% van totale verkope.

       D.    Die onderstaande inligting toon die gemiddelde invordering van debiteure oor
             die afgelope ses maande. Hierdie tendens sal na verwagting oor die
             begrotingsperiode voortduur.

                  25% betaal in die maand van verkope.
                  60% betaal een maand na die maand van verkope.
                  10% betaal twee maande na die maand van verkope.
                  Die saldo word as oninbaar afgeskryf in die derde maand na die maand
                   van verkope.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              10                                GP/November 2019
                                             Graad 11

       E.    Die onderneming vervang die voorraad op ŉ maandelikse basis ten einde ŉ
             vaste voorraadvlak van R200 000 te handhaaf.

       F.    Die onderneming koop 70% van sy handelsvoorraad op krediet. Krediteure
             word in die maand wat volg op die maand van aankope betaal ten einde 5%
             kontantkorting te kry.

       G.    ŉ Terugbetaling van R24 000 op die lening vind op 1 Desember 2018 plaas.
             Die rente op die lening word maandeliks betaal.

       H.    Rente op die vaste deposito word kwartaalliks ontvang. Die rente vir die laaste
             kwartaal van 2018 sal op 31 Desember 2018 ontvang word.

       I.    Salarisse:
              Die winkelbestuurder verdien R20 000 per maand. Vanaf 1 Desember
                2018 sal sy salaris met 20% styg. Hy sal ook ŉ bonus in Desember
                ontvang wat gelykstaande is aan sy salaris van Desember.

                  Die onderneming het tien verkoopsassistente in diens wat elk R6 000 per
                   maand verdien. Hulle sal vanaf 1 Desember ŉ verhoging van 4% ontvang.
                   Hulle kry nie bonusse nie.

       J.    Die eienaar se maandelikse onttrekkings is soos volg:
              Goedere:         R 5 000
              Kontant:         R30 000

             Die eienaar beoog om sy kontantonttrekkings in Desember tot R50 000 te
             verhoog, aangesien hy sy gesin op vakansie neem.

       K.    Toerusting wat R20 000 kos, gaan aan die begin van Desember vir kontant
             aangekoop word.

       L.    Bedryfsuitgawes sal na verwagting maandeliks styg in ooreenstemming met
             die huidige inflasiekoers van 5,7%.

       M.    ŉ Gedeelte van die gebou word teen ŉ maandelikse huur van R5 000 verhuur.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              11                                 GP/November 2019
                                             Graad 11

3.2    FINANSIËLE AANWYSERS

       NKOSI HANDELAARS

       Die volgende inligting is verkry uit die boeke van Nkosi Handelaars vir die jaar
       geëindig 28 Februarie 2019.

GEVRA:

3.2.1 Bereken die volgende aanwysers vir die jaar geëindig 28 Februarie 2019.

           Gemiddelde krediteure-betalingsperiode                                              (4)
           Voorraadhoudingstydperk                                                             (4)

3.2.2 Vergelyk die finansiële aanwysers vir Februarie 2018 en 2019 en beantwoord die
      volgende vrae.

           Lewer kommentaar op die voorraadomsetsnelheid en voorraadhoudingstydperk.
            (Haal syfers aan.)                                                                  (2)

           Verduidelik waarom Nkosi Handelaars bekommerd behoort te wees oor die twee
            aanwysers en gee EEN punt van advies aan Nkosi Handelaars.                 (4)

       INLIGTING:

           A. SALDO’S EN TOTALE OP 28 FEBRUARIE
                                                                 2019             2018
        Verkope                                               585 000          340 000
        Koste van verkope                                     235 000          210 000
        Bruto wins                                            350 000          130 000
        Debiteurekontrole                                      35 000           32 000
        Krediteurekontrole                                     47 000           43 000
        Handelsvoorraad                                        40 000           30 000

           B. FINANSIËLE AANWYSERS OP 28 FEBRUARIE
                                                                 2019              2018
        Voorraadomsetsnelheid                                 6,7 keer     8 keer ŉ jaar
        Voorraadhoudingsperiode                                      ?        45,62 dae
        Gemiddelde debiteure-invorderingstermyn              20,9 dae            48 dae
        Gemiddelde krediteure-betalingsperiode                       ?           60 dae

       C.     Al die goedere is op krediet aangekoop deur Nkosi Handelaars.

                                                                                                52

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                               12                                GP/November 2019
                                         NSS – Graad 11

VRAAG 4: BTW EN TASBARE BATES                                        (16 punte; 12 minute)

4.1    BTW
       Jy word voorsien van inligting met betrekking tot Little Supply Winkels. Die eienaar
       is ŉ geregistreerde BTW-ondernemer en BTW op belasbare items word teen 15%
       gehef. Die totale / syfers vir Julie 2019 word hieronder verskaf.

GEVRA:

4.1.1 Bereken die ontbrekende syfers soos aangedui deur a, b, c en d.                         (5)
4.1.2 Voltooi die BTW-inset- en uitsetkolomme deur gebruik te maak van die BTW-bedrae
      wat bereken is en voorsien is in die inligting.                                         (5)
4.1.3 Bereken die bedrag betaalbaar aan / ontvangbaar van die SAID.                           (2)

       INLIGTING:
        A. INLIGTING VERKRY UIT DIE JOERNALE VIR JULIE 2019
                                                        BTW           BTW            BTW
                                                      Ingesluit     Uitgesluit      Bedrag
                                                         (R)           (R)            (R)
        Fakture vir kontant en kredietverkope             (a)          500 000       75 000
        Aankope van handelsvoorraad                       287 500      250 000         (b)
        Debiteure se rekeninge as oninbaar
                                                                                     1 830
        afgeskryf
        Voorraad teruggestuur aan verskaffers                            6 400        960
        Kantoorrekenaar op krediet aangekoop                             9 800         (c)
        Korting toegestaan aan debiteure                    5 405                      (d)

       B.      Saldo verskuldig aan die SAID op Julie 2019 beloop R6 700.

4.2    TASBARE BATES

       Interne Kontrole

       Lebo Mokoena is onlangs as assistent-rekenmeester aangestel. Sy taak is om
       beheer oor tasbare bates uit te oefen. Toe hy die bates verifieer, het hy opgemerk
       dat ŉ drukker en ŉ skootrekenaar van die onderneming weg is. In sy ondersoek het
       egter agtergekom dat die rekenmeester die bates huis toe geneem het en vir sy kind
       gegee het om sy graad 11 Rekeningkundeprojek te voltooi.

GEVRA

       Verduidelik die TWEE maatreëls wat jy in plek sal instel om te voorkom dat
       werknemers besigheidsbates vir persoonlike gewin te gebruik?                           (4)

                                                                                              16

                                                                                  TOTAAL: 150
Kopiereg voorbehou

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V2                              13                             GP/November 2019
                                        NSS – Graad 11

FORMULEBLAD

      Bruto wins X 100               Bruto wins     X 100           Netto wins X 100
       Verkope      1             Koste van Verkope    1              Verkope     1

          Bedryfsuitgawes X 100                              Bedryfswins X 100
                Verkope      1                                Verkope       1

  Totale verdienste deur vennoot X 100               Netto wins          X 100
  Vennoot se gemiddeldebelang       1          Gemiddelde eienaarsbelang    1

        Bedryfbates : Bedryfslaste                 (Bedryfbates – Voorraad) : Bedryfslaste

    Gemiddelde debiteure X 365 of 12                 Gemiddelde krediteure X 365 of 12
     Kredietverkope            1                       Kredietaankope            1

    Gemiddelde voorraad X 365 of 12                          Koste van verkope
    Koste van verkope          1                            Gemiddelde voorraad

     Nie-bedryfslaste: Eienaarsbelang                    Totale bates : Totale laste

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/4e368746-40f7-41f2-abf3-6417b98990d2) — Accounting · Memo · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-afrikaans-november-2018-question-paper/ef3e6a99-059f-4712-8b54-d03646a624d4) — Accounting · QP · 2018 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2023 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2023-afrikaans-watermark/a2d9376b-5342-490a-8a04-b73e930d98f4) — Accounting · QP · 2023 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-qp-nov2020-afrikaans/e1f5b6b4-a7f4-4a8c-b27e-228a5f075c6b) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR11 ANSBOOK NOV2019 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr11-ansbook-nov2019-afr-d/45c16853-3553-434c-ac15-17d3f4d3c271) — Accounting · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
