# Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2021 QP (Afr)

> Grade 11 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng November 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-p2-afr-nov-question-paper/195ab86e-6c94-4f22-a871-aec3f68a188d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/accounting) › [Accounting Grade 11 P2 Gauteng November 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-p2-afr-nov-question-paper/195ab86e-6c94-4f22-a871-aec3f68a188d)

## About this document

Accounting · Grade 11 · Gauteng November · 2021. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                         PROVINSIALE EKSAMEN
                              NOVEMBER 2021
                                  GRAAD 11

                             REKENINGKUNDE
                              (VRAESTEL 2)

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

11 bladsye + 1 formuleblad en ŉ antwoordboek van 10 bladsye

                                                              b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                        2
                                                     (Vraestel 2)  GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.      Beantwoord AL die vrae.

2.      ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin ALLE vrae beantwoord moet
        word.

3.      ŉ FORMULEBLAD vir die finansiële aanwysers word voorsien aan die agterkant
        van die vraestel. Jy kan dit gebruik indien nodig.

4.      Wys ALLE bewerkings om deelpunte te verdien.

5.      Jy mag ŉ nie-programeerbare sakrekenaar gebruik.

6.      Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

7.      Waar van toepassing, moet alle berekenings tot EEN desimaalpunt gegee word.

8.      Skryf netjies en leesbaar.

9.      Gebruik die inligting in die tabel hieronder as ŉ riglyn wanneer die vraestel
        beantwoord word. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

     VRAAG                    ONDERWERP                      PUNTE        TYD IN MINUTE

       1        Versoenings                                     40           32 minute

       2        Koste Rekeningkunde                             40           32 minute

       3        BTW en Voorraadstelsels                         30           24 minute

       4        Kontantbegrotings en Geprojekteerde             40           32 minute
                Inkomstestaat
     TOTAAL                                                    150           120 minute

                                                                                          b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                   3
                                                         VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 1: VERSOENINGS                                             (40 punte; 32 minute)

1.1   BANKVERSOENING

      GEVRA:

      Bestudeer die inligting uit die rekeningkundige rekords van Sahara Handelaars
      en voltooi die volgende instruksies.

      1.1.1 Voltooi die Bankrekening in die Algemene Grootboek deur die nodige
            inskrywings direk in die Bankrekening te maak
            NOTA: FOLIOS WORD NIE VEREIS NIE                                             (16)

      1.1.2 Stel die Bankversoeningstaat op 30 November 2021 op.                          (8)

      1.1.3 Verduidelik kortliks wat die doel is om bankversoening te doen.               (2)

      1.1.4 Noem TWEE interne beheermaatreëls wat ŉ onderneming kan
            implementeer om die kontant in die onderneming te beheer.                     (2)

      INLIGTING:

      Die boekhouer van Sahara Handelaars het die Bankstaat wat van FNB
      gedurende November 2021 ontvang is, met die Bankversoeningstaat van Oktober
      2021 en die Kontantjoernale vir November 2021 vergelyk, en het die volgende
      verskille gevind:

       i.     Die Bankrekening in die Algemene Grootboek het ŉ ongunstige voorlopige
              saldo van R9 228 getoon, terwyl die Bankstaat ŉ ongunstige saldo van
              R16 768 op 30 November 2021.toon.

       ii.    ŉ Deposito van R2 190 ontvang op 25 November vir verkope was in die
              Kontantontvangstejoernaal aangeteken as R2 910.

       iii.   ŉ Debiteur, T. Rhino, het R1 000 oor met EFO direk in die Bankrekening
              van Sahara Handelaars betaal ter vereffening van sy rekening van
              R1 100.

       iv.    Die jaarlikse versekeringspremie van die eienaar se persoonlike voertuig
              was met ŉ debietorder betaal, R1 440.

       v.     Bankkoste van R80 en rente gehef op die debietsaldo, R60 verskyn slegs
              op die Bankstaat.

       vi.    ŉ EFO vir R5 820 wat betaal is vir die aankoop van handelsvoorraad
              verskyn as R5 280 in die betrokke joernaal. Na ŉ ondersoek is daar
              vasgestel dat die boekhouer die bedrag verkeerd aangeteken het.

                                                                                          b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                    4
                                                           VRAESTEL 2  GRAAD 11

      vii.    ŉ Deposito van R4 190 gemaak deur S. Cheetah vir die kantoor spasie wat
              deur hulle van Sahara Handelaars gehuur word, is op die Bankstaat as
              R4 290 aangeteken. Die bedrag is korrek aangeteken in die KOJ.

      viii.   Die Bank het Sahara Handelaars se rekening verkeerdelik gedebiteer met
              rente van R7 000 in plaas van R700.

      ix.     Die volgende inligting in die November 2021 Kontantjoernale verskyn nie
              op die Bankstaat vir November 2021 nie:

                 •   Uitstaande deposito, R6 000
                 •   EFO 333 vir R6 500 vir die betaling van ŉ krediteur, WW Winkels.

1.2   KREDITEUREVERSOENING

      ŉ Rekeningstaat ontvang van ŉ krediteur, Green Apple Kie. op 31 Oktober 2021,
      dui aan dat Fresh Fruit Mart hulle R14 530 skuld. Volgens die
      Krediteuregrootboek van Fresh Fruit Mart, die bedrag verskuldig aan Green
      Apple Kie. is R13 789.

      GEVRA:

      1.2.1     Gebruik die tabel wat in jou ANTWOORDBOEK voorsien is, om die
                verskille tussen die Krediteurestaat en die Krediteuregrootboek van die
                besigheid te VERSOEN.                                                       (8)

      1.2.2     ŉ Interne ouditeur van Fresh Fruit Mart het ontdek dat goedere ter
                waarde van R6 500 wat by PK Stores bestel is, nie by die besigheid
                afgelewer is nie. ŉ Ondersoek het aan die lig gebring dat die persoon
                wat in beheer van die bestellings en ontvangs van die goedere is, dit vir
                sy persoonlike gebruik bestel het.

                a.    Watter stappe moet deur die bestuur teen hierdie persoon geneem
                      word? Verskaf TWEE punte.                                             (2)

                b.    Verskaf TWEE interne beheermaatreëls wat toegepas moet word
                      om te voorkom dat dit weer gebeur.                                    (2)

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                           REKENINGKUNDE                    5
                                                           VRAESTEL 2  GRAAD 11

      INLIGTING:

      Na ŉ ondersoek het die volgende aan die lig gekom:

       a. ŉ EFO wat aan Green Apple Kie. gemaak is, is nie betyds ontvang om ŉ
          afslag toe te laat nie. Fresh Fruit Mart het aangeneem dat hulle die afslag
          van R450 sal ontvang, en het dit so in die boeke aangeteken.

       b. Goedere met ŉ waarde van R980, teruggestuur aan Green Apple Kie. was
          in die Krediteurestaat aangeteken as R890.

       c. ŉ Faktuur wat ontvang is vir goedere aangekoop vanaf Green Apples Kie. vir
          R700, was verkeerdelik in die Krediteuregrootboek van Fresh Fruit Mart as ŉ
          debietnota aangeteken.

       d. Die Krediteurestaat wat ontvang is toon rente op die agterstallige rekening
          van R251. Daar is geen inskrywing in die Krediteuregrootboek van Fresh
          Fruit Mart vir die transaksie gemaak nie.

       e. Die volgende transaksies het plaasgevind nadat die Krediteurestaat reeds
          gedruk is, en per e-pos aan Fresh Fruit Mart gestuur is:

              •    ŉ Faktuur vir R3 400 vir goedere gekoop op 29 Oktober 2021
              •    ŉ EFO vir R1 950, gemaak as gedeeltelike betaling van die rekening op
                   30 Oktober 2021
                                                                                            [40]

VRAAG 2: KOSTE REKENINGKUNDE                                        (40 punte; 32 minute)

2.1   PURPLE GIRLS FACE MASK VERVAARDIGERS

      GEVRA:

      Gebruik die inligting geneem uit die rekeningkundige rekords van Purple Girls Face
      Mask Vervaardigers, ŉ onderneming wat herbruikbare geparfumeerde
      gesigsmaskers vervaardig om:

      2.1.1       Die grondstowwe uitgereik vir produksie 2021 te bereken                       (6)

      2.1.2       Die volgende rekeninge in die Algemene Grootboek voor te berei

         a.       Fabrieksbokoste                                                           (14)
         b.       Goedere in bewerking voorraad                                              (9)

      NOTA: FOLIOS WORD NIE VEREIS NIE.

                                                                                            b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                     6
                                                         VRAESTEL 2  GRAAD 11

    INLIGTING:

A. Die volgende saldos verskyn in die boeke van Purple Girls Face Mask Vervaardigers:

                                            30 September          01 Oktober
                                                2021                 2020
     Direkte/Grondstofvoorraad                       25 000               53 000
     Goedere in bewerking voorraad                   76 000               38 000
     Indirekte materiaal voorraad                     5 500                5 200

 B. Transaksies vir die jaar:

      Grondstofvoorraad aangekoop gedurende die jaar                      720 000
      Vraggeld op aankope van Grondstofvoorraad                            15 400
      Fabrieksonderhoud betaal                                             68 400
      Advertensie betaal                                                   23 500
      Fabriekshuur betaal                                                  46 700
      Water en elektrisiteit betaal                                        78 400
      Indirekte materiaal aangekoop                                        49 000
      Diverse uitgawes betaal                                              12 300
      Fabrieksvoorman se salaris                                           85 850
      Kantoor assistent se salaris vir die jaar                           136 750

 C. Addisionele Inligting:

     1.    Die totale direkte arbeidskoste vir die jaar bedra R847 650.

     2.    Ingesluit in die bedrag van die grondstofvoorraad is goedere wat nie bestel is nie
           en daarom is dit teruggestuur aan die verskaffer, R5 000.

     3.    Water en elektrisiteit en huur word verdeel tussen die drie departemente volgens
           die vloerspasie wat elkeen beslaan:

              •   Fabriek 400 vierkante meter
              •   Kantoor 380 vierkante meter
              •   Verkoopsafdeling 220 vierkante meter

     4.    Waardevermindering vir die jaar:
             • Kantoortoerusting, R12 500
             • Fabrieksmasjinerie, R22 800

     5.    Diverse uitgawes moet in die verhouding 3 : 2 : 1 verdeel word tussen die fabriek,
           kantoor en verkoopsafdeling, onderskeidelik.

                                                                                           b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                     7
                                                        VRAESTEL 2  GRAAD 11

2.2   HANDSAN VERVAARDIGERS

      Handsan Vervaardigers vervaardig handreinigers en ander hand skoonmaak
      produkte. Die onderneming is vroeg in 2020 geopen nadat die behoefte na
      hierdie produkte al hoe meer algemeen geword het. Die onderstaande inligting is
      geneem uit die rekords vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie 2021.

      GEVRA:

      2.2.1   Bereken die gelykbreekpunt vir die finansiële jaar geëindig 28 Februarie
              2021.                                                                       (5)

      2.2.2   Lewer kommentaar of die onderneming tevrede moet wees met die
              gelykbreekpunt. Haal relevante syfers in jou kommentaar aan.                (4)

      2.2.3   Die direktemateriaalkoste word goed beheer. Noem EEN moontlike rede
              vir die verlaging van die direktemateriaalkoste in 2021.                    (2)

      INLIGTING:

                                                  Eenheidskoste      Eenheidskoste
                                                        2021              2020
       Vastekoste                                      50,00              47,00
       Fabrieksbokoste                                 36,00              34,00
       Administrasiekoste                              14,00              13,00
       Veranderlikekoste                               132,00            126,00
       Direkte arbeidskoste                            56,00              51,00
       Direkte materiaalkoste                          30, 00             50,00
       Verkoops- en verspreidingskoste                 46,00              25,00

       Aantal eenhede geproduseer en verkoop           24 960            23 600
       Verkoopsprys per eenheid                         R184              R220
       Gelykbreekpunt per eenheid.                       ??              11 800
                                                                                         [40]

                                                                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          REKENINGKUNDE                    8
                                                          VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 3: BTW EN VOORRAADSTELSELS                                  (30 punte; 24 minute)

3.1   BTW

      GEVRA:

      3.1.1    Bereken die bedrae gemerk A – E in die tabel hieronder.                     (5)

      3.1.2    Verduidelik die verskil tussen Belastingvermyding en Betastingontduiking.   (4)

      3.1.3    Gee TWEE voorbeelde van nul-koers items en TWEE voorbeelde van
               BTW-vrygestelde items.                                                      (4)

      INLIGTING:

      Jy word voorsien van ŉ uittreksel uit die boeke van Sweetpea Winkels, ŉ
      geregistreerde BTW onderneming. Goedere is onderhewig aan ŉ BTW koers van
      15%.

              BTW Uitgesluit     BTW Ingesluit           BTW
                  (R)                (R)                  (R)
                R320 000              A                    B
                  R2 300                C                R345
                    D                   E                R822

3.2   VOORRAADSTELSELS:

      H&H Gifting is ŉ klein onderneming wat besit word deur Henry Harold. Henry
      lewer die spesiaal handuitgesoekte geskenke deur-tot-deur af. Tydens die
      COVID-19 pandemie, het Henry se besigheid gefloreer, aangesien sy besigheid
      volledig aanlyn is. Henry gebruik die Periodieke Voorraadstelsel. Die finansiële
      jaar eindig op 31 Desember 2020.

      GEVRA:

      3.2.1    Bereken die aankoopprys wat na die Handelsrekening oorgedra sal word.       (5)

      3.2.2    Bereken die verkoopsyfer wat na die Handelsrekening oorgedra sal word.      (4)

      3.2.3    Bereken die Koste van Verkope.                                              (4)

      3.2.4    Bereken die gemiddlede koers van voorraadomset vir 2020.                    (4)

                                                                                           b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                        REKENINGKUNDE                    9
                                                        VRAESTEL 2  GRAAD 11

INLIGTING:

  A.   Uittreksel uit die Voor-aansuiwerings Proefbalans op 31 Desember 2020:

                                                       Debiet         Krediet
        Balansstaat rekeninge afdeling
        Handelsvoorraad (1 Januarie 2020)                  65 200

        Nominale-rekeninge afdeling
        Verkope                                                         295 000
        Aankope                                          250 000
        Vraggeld op aankope                                12 560
        Debiteureafslag                                    15 700

  B.   Geen inskrywings is vir die volgende transaksies gemaak nie:

         i.    Goedere met ŉ kosprys van R2 500 is teruggestuur aan die verskaffers
               voor die voorraadopname plaasgevind het.
        ii.    Die eienaar Henry Harold het goedere met ŉ kosprys van R11 250 vir
               persoonlike gebruik geneem.
        iii.   ŉ Faktuur van R3 250 vir voorraad wat op krediet by Floral Handelaars
               gekoop is.
        iv.    ŉ Debiteur stuur goedere wat aan hom verkoop is terug met ŉ verkoopprys
               van R12 000. Die kosprys van die goedere is R8 000. Die goedere is
               teruggeplaas in die voorraad voor die voorraadopname plaasgevind het.
        v.     Die besigheid gebruik ŉ winspersentasie van 40% op kosprys.
        vi.    Die fisiese voorraadtelling wat op 31 Desember 2020 gedoen is, toon aan
               dat die voorraad byderhand R96 250 is.

                                                                                         [30]

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                10
                                                         VRAESTEL 2  GRAAD 11

VRAAG 4: KONTANTBEGROTINGS EN GEPROJEKTEERDE INKOMSTESTAAT
                                              (40 punte; 32 minute)

4.1   KONSEPTE

      Sê of die volgende stellings Waar of Onwaar is. Skryf slegs Waar of Onwaar
      langs die vraagnommer (4.1.1 – 4.1.5) in die ANTWOORDBOEK.

      4.1.1    Voorsiening vir oninbare skuld aansuiwering is ŉ item wat in die
               Kontantbegroting sal voorkom maar nie in die Geprojekteerde
               Inkomstestaat nie.                                                      (1)

      4.1.2    Waardevermindering is ŉ toegerekende uitgawe en sal daarom nie in
               die Kontantbegroting verskyn nie..                                      (1)

      4.1.3    Die hoofdoel vir die opstel van ŉ Kontantbegroting is om toekomstige
               inkomste en uitgawes te projekteer.                                     (1)

      4.1.4    Betaling aan krediteure is ŉ uitgawe en sal daarom in die
               Geprojekteerde Inkomstestaat verskyn.                                   (1)

      4.1.5    Wat die Kontantbegroting en die Geprojekteerde Inkomstestaat
               soortgelyk maak, is dat albei syfers vir die toekoms projekteer.        (1)

4.2   KONTANTBEGROTING

      Die onderstaande inligting hou verband met Tripod Winkels.

      GEVRA:

      4.2.1    Voltooi die Debiteure Invorderingskedule vir Junie en Julie 2021.      (14)

      4.2.2    Voltooi die Kontantbegroting vir Junie en Julie 2021.

      NOTA: Sommige inligting is reeds ingevul op die antwoordboek.                   (21)

      INLIGTING:

         A.    Verwagte invorderings van debiteure:
               • 40% van debiteure betaal hulle rekeninge gedurende die maand
                   waarin die transaksie plaasvind om in aanmerking te kom vir die
                   4% korting vir vinnige betaling.
               • 30% betaal hulle rekeninge in die maand wat volg op die transaksie
                   maand.
               • 23% betaal hulle rekeninge in die tweede maand na die maand
                   waarin die transaksie plaasvind.
               • 7% word afgeskryf as oninbaar gedurende die derde maand.

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
B. Opsomming van transaksies:
        Besonderhede       April       Mei        Junie          Julie
                         (werklik) (werklik)    (begroot)      (begroot)
    Totale verkope         90 000     82 000         100 000     110 000
    Krediet aankope        70 000     80 000          65 000      85 000
    Huurinkomste           16 600     16 600          17 000      ?
    Salarisse              75 000     75 000          75 000      ?

   75% van die totale verkope is op krediet
   Koste van verkope is 60% van die totale verkope
   Kredietaankope is 40% van die totale aankope

C. Krediteure word betaal in die maand wat volg op die maand van aankope.

D. Die huurooreenkoms maak voorsiening vir ŉ jaarlikse verhoging van 12%
   met ingang van 1 Julie 2021.

E. Die volgende onttrekkings word maandeliks deur die eienaar gedoen:
    • Kontant om vir sy huis se tuindienste te betaal, R7 500
    • Handelsvoorraad om as verjaardag geskenke te gebruik, R2 800

F. ŉ Gebruikte voertuig is in Junie vir R132 900 verkoop aan die eienaar se
   beste vriend. Die verlies by verkoop van die bate is R3 000. Die EFO sal
   eers in Julie 2021 gemaak word.

G. ŉ Lening, teen rente van 11.5% p.j. word op 1 Julie 2021 uitgeneem.

    •    Die lening word terugbetaal in 36 gelyke maandelikse paaiemente wat
         op 30 Julie 2021 begin.

    •    Rente op lening is ook betaalbaar aan die einde van elke maand
         vanaf 30 Julie 2021. Rente word nie gekapitaliseer nie.
         (Toon alle berekeninge tussen hakies)

H. Advertensies word bereken op 1% van die totale verkope van die vorige
   maand.

I. Alle werknemers sal ŉ salaris verhoging van 4% aan die einde van Julie
   2021 ontvang.

J. Die bankrekening het ŉ gunstige saldo van R140 530 op 31 Mei 2021
   getoon.
                                                                                [40]

                                                                      TOTAAL:   150

                                   EINDE

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                   12
                                                      VRAESTEL 2  GRAAD 11

FORMULEBLAD

   Bruto wins 100               Bruto wins      100              Netto wins 100
                                                                         
    Verkope    1             Koste van Verkope 1                  Verkope    1

       Bedryfsuitgawes 100                             Bedryfswins 100
                                                                 
          Verkope       1                               Verkope     1

Totale verdienste deur vennoot 100                   netto wins           100
                                                                       
  Gemiddelde vennotebelang      1             Gemiddelde eienaarsbelang    1

     Bedryfsbates : bedryfslaste            (Bedryfsbates- voorraad) : bedryfslaste

 Gemiddelde debiteure 365    12               Gemiddelde krediteure         365    12
                         of                                                   of
   kredietverkope      1      1       Kredietaankope of koste van verkope    1      1

Gemiddelde voorraad 365    12                          Koste van verkope
                       of
 Koste van verkope   1      1                         Gemiddelde voorraad

  Nie Bedryfslaste : Vennotebelang                Totale bates : Totale laste

## Related documents

- [Gr11 Accounting P2 (ENG) NOV Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-p2-eng-nov-answer-book/4ab14b2d-5f00-4754-8d2c-cb651412e59b) — Accounting · Addendum · 2021 · Eng
- [Gr11 Accounting P2 (AFR) NOV Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-p2-afr-nov-answer-book/1673ee8b-c6f9-4fb7-b1a4-a3d15ce4945f) — Accounting · Addendum · 2021 · Afr
- [Gr11 Accounting P2 (ENG) NOV Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-p2-eng-nov-possible-answers/befdaccd-3076-4717-8512-3fb2893e0a0d) — Accounting · Memo · 2021 · Eng
- [Gr11 Accounting P2 (AFR) NOV Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-p2-afr-nov-possible-answers/9e515382-95cd-45cc-8bff-a40fed69f07a) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) 2020 Exemplars Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-2020-exemplars-answer-book/beefd0ec-65a9-40ba-8a4f-bcbbc4b55e73) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Gr11 Acc P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-acc-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/f4aaccee-11fc-4428-9e02-2a752dd91053) — Accounting · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Accounting

- [GR11 Accounting Practice exam November Paper 1](https://www.hlayiso.com/library/gr11-accounting-practice-exam-november-paper-1/a786fffb-f00d-472f-a62b-80f038063c5b) — Guide
- [ACCOUNTING P1 GR11 ANSWER BOOK NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr11-answer-book-nov2025-afrikaans-watermark/6daad69c-e558-4d79-9945-bdcc57c797b8) — Addendum · 2025 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/7aa479bf-34d0-4240-934b-67a2f33e2597) — Memo · 2025 · Eng
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2025-afr-watermark/a92dc10a-0d2e-42d6-9cd3-ff78b0e78afe) — Memo · 2025 · Afr
- [LP Accounting Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-accounting-grade-11-march-2025-qp-and-memo/e029a6c5-e494-4ee4-85f6-bf55d1d8442b) — QP + Memo · 2025
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR11 NOV 2024 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr11-nov-2024-eng-watermark/c09eb350-5d2d-4070-8df4-25ece70dc7de) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
