# Agricultural Sciences Grade 11 P1 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-agric-sc-p1-n15-qp-afr/8eee1d29-78a9-40b8-b247-ad3332616e59
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P1 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agric-sc-p1-n15-qp-afr/8eee1d29-78a9-40b8-b247-ad3332616e59)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2015

               LANDBOUWETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                             *IAGRSA1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2015)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

2.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

3.    Lees AL die vrae noukeurig en beantwoord slegs dit wat gevra word.

4.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel in hierdie
      vraestel gebruik.

5.    Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

6.    Wys AL jou berekeninge, insluitende die eenhede en formules, waar nodig.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                      LANDBOUWETENSKAPPE V1                                3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
     Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die korrekte
     vraagnommer (1.1.1–1.1.10) in jou ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.1.11 A.

       1.1.1    Die groepe elemente wat gewoonlik in proteïene voorkom, is ...

                A      C, P, Ca, O en Mg.
                B      C, H, O, N en P.
                C      S, C, N, O en H.
                D      Mg, K, H, Ca en Zn.

       1.1.2    Die stelling hieronder verwys NIE na die volgende groep elemente NIE:

                       Li            Na          K         Rb        Cs            Fr

                A      Hulle is alkali-metale.
                B      Hulle behoort tot die groep 1A en het een valenselektron.
                C      Hulle is nie-reaktief.
                D      Hulle is baie reaktief.

       1.1.3    Die struktuur hieronder verteenwoordig die struktuurformule van ŉ
                organiese verbinding.

                                             H       H

                                 H           C       C     H

                                             H       H

               (i)     Dit is ŉ kleurlose en reuklose gas.
               (ii)    Dit word vir etileenproduksie gebruik.
               (iii)   Dit kan beskryf word as ŉ koolwaterstof.
               (iv)    Dit is ŉ belangrike alkohol in die natuur,

                Kies die korrekte kombinasie:

                A      (i), (iii), en (iv)
                B      (ii), (iii) en (iv)
                C      (i), (ii) en (iv)
                D      (i), (ii) en (iii)

       1.1.4    Die tekstuur het ŉ effek op die ...

                A      groeitempo van plante.
                B      waterhouvermoë van grond.
                C      organiese inhoud van grond.
                D      struktuur van grond.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                LANDBOUWETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2015)

      1.1.5   Die volgende stelling verwys na massa-digtheid:

              A   Hoe meer porie-spasie, hoe laer is die massa-digtheid.
              B   Hoe hoër die organiese materiaal inhoud, hoe hoër die massa-
                  digtheid.
              C   Hoe minder die porie-spasie, hoe hoër die massa-digtheid.
              D   Grond met ŉ hoë kleiinhoud het ŉ verlaagde massa-digtheid.

      1.1.6   Die diagram hieronder toon ŉ faktor wat grondtemperatuur beïnvloed.

                                                                   Sonstrale

                                    B

                                    C                    A

                                    D

              A   Sade ontkiem vinniger in grond verteenwoordig deur letter B.
              B   Sonstrale tref die grond teen ŉ skuinste by letter D.
              C   Die grond by punt B ontvang ŉ groter aantal sonstrale.
              D   Wanneer sonstrale grond by punt D tref, sal dit terug reflekteer en
                  sade vinniger ontkiem.

      1.1.7   Die skematiese voorstelling hieronder demonstreer die volgende:

                             Na +       CaSO4                   Ca2+ + Na2SO4

              A   Die verhoging van grond-pH
              B   Verbetering van grondvrugbaarheid
              C   Herwinning van brakgrond
              D   Regstelling van grondsuurheid

      1.1.8   Die binominale grondklassifikasiesisteem bevat ’n breë en meer
              algemene vlak wat na verwys word as (a) ... en ŉ laer en meer
              spesifieke vlak wat na verwys word as (b) ...

                       (a)              (b)
              A   grondvorm        grondfamilie
              B   grondseries      grondvorm
              C   grondvorm        grondhorison
              D   grondprofiel     grondhorison

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                        5

       1.1.9    Die fisiese invloed van organiese materiaal op grond is ...

                A    dat meer nutriënte beskikbaar is.
                B    ŉ afname in die swel van kleigrond wanneer dit nat is.
                C    verhoging van die aantal mikro-organismes.
                D    die grond word vrugbaar as gevolg van die hoë katioon-
                     absorpsiekapasiteit.

       1.1.10 Die G-horison is ŉ indikasie van ...

                A    gleying-toestand.
                B    afwesigheid van organiese materiaal.
                C    oksidasieproses.
                D    akkumulasie van ysteroksiede.                                (10 x 2)   (20)

 1.2 Bepaal of elk van die volgende beskrywings in KOLOM B verwys na SLEGS A,
     SLEGS B, BEIDE A en B of GEEN van die items in KOLOM A. Skryf SLEGS
     A, SLEGS B, BEIDE A en B of GEEN langs die vraagnommer
     (1.2.1–1.2.5) in die ANTWOORDEBOEK, bv. 1.2.6 slegs B.

                KOLOM A                                  KOLOM B
       1.2.1    A Atoomgetal          Getal protone en neutrone
                B Atoommassa
       1.2.2    A Koolstof            ŉ Element wat aaneenskakeling toelaat
                B Waterstof
       1.2.3    A Nitrifikasie        Reduksie van nitrate onder anaerobiese
                B Denitrifikasie      toestande
       1.2.4    A Higroskopiese       Die tipe grondwater wat ŉ dun lagie rondom ŉ
                B Adhesie             grondpartikel vorm
       1.2.5    A Vertiese A          Diagnostiese horison met ŉ massa
                B Humiese A           gesementeerde vlekke
                                                                                (5 x 2)      (10)

 1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
     woord/term langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die ANTWOORDEBOEK.

       1.3.1    Die kleinste partikel van ŉ stof wat onafhanklik kan bestaan en nog
                steeds die eienskappe van daardie stof behou.

       1.3.2    Die omskakeling van onoplosbare anorganiese vorme van ŉ nutriënt
                tot oplosbare vorme deur die aksie van bakterieë.

       1.3.3    Die punt in grond waar al die porieruimtes totaal deur water gevul is.

       1.3.4    Die konsentrasie van nutriënte en sekere chemiese verbindings in
                slegs een deel van grond en afwesig in ŉ ander deel.

       1.3.5    Die grondstruktuur wat dun peds het wat horisontaal lê.          (5 x 2)     (10)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2015)

1.4 Verander die onderstreepte woord(e) in elke van die volgende stellings om
    hulle WAAR te maak. Skryf slegs die woord(e) langs die vraagnommer (1.4.1–
    1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK.

      1.4.1   Dekstrien is ŉ voorbeeld van ŉ disakkaried.

      1.4.2   Isotope is organiese verbindings wat dieselfde molekulêre formule het
              maar verskillende rangskikking van atome.

      1.4.3   Hidrolise is die oordrag van ŉ aminogroep van een chemiese
              verbinding tot ŉ volgende.

      1.4.4   ŉ Homogene grondkleur gebeur wanneer daar ŉ mengsel van
              grondmateriaal en minerale komponente is.

      1.4.5   Katioon-adsorpsie is die somtotaal van die uitruilbare katione in die
              grond.                                                           (5 x 1)          (5)

                                                              TOTAAL AFDELING A:                45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                   LANDBOUWETENSKAPPE V1                                   7

 AFDELING B

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 VRAAG 2: BASIESE LANDBOU-CHEMIE

 2.1 Organiese verbindings is baie belangrik in ons daaglikse lewens. Hulle is in die
     kos wat ons eet en die klere wat ons dra. Die chemiese eienskappe van
     organiese verbindings word deur die funksionele groep bepaal. Die
     struktuurformules hieronder is die verbindings wat ŉ rol in ons lewens speel.

       A.                                         B.
               H          H    H                            H       H

       H       C         C     C      H           H         C       C   OH

               OH         OH    OH                          H       H

       C.                                              D.
                     H          O                               H       H    H

           H         C          C         OH                H   C       C     C       H

                     H                                          H       H     H

       2.1.1       Gee die letter van die verbinding wat by elkeen van die volgende
                   beskrywings pas:

               (a) Gevorm deur die fermentasieproses                                             (1)

               (b) Is ook bekend as asynsuur                                                     (1)

               (c)       Word gevorm wanneer die struktuur voorgestel deur B met
                         struktuur C reageer                                                     (1)

               (d) Kan gebruik word om landelike huise sonder elektrisiteit te verhit            (1)

       2.1.2       Verduidelik die impak van die verbinding gemerk D op die omgewing.            (2)

       2.1.3       Beskryf die voordeel van die gebruik van verbinding gemerk C as ŉ
                   bron van energie vir motors in plaas van petrol.                              (2)

       2.1.4       Gee die funksionele groep van die verbindings gemerk B en C.                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LANDBOUWETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2015)

2.2 Sout vorm deel van die dieet van diere en mense. Dit is ŉ belangrike deel van
    die vloeibare elektroliete van mense en ander lewende organismes.

      2.2.1   Gee die chemiese naam en formule vir sout.                                      (1)

      2.2.2   Wat is die binding wat bestaan tussen die elemente wat sout vorm.               (3)

      2.2.3   In die antieke tye was sout ŉ baie waardevolle mineraal in mense se
              daaglikse lewens. Bewys hierdie stelling deur DRIE gebruike van sout
              in die antieke era te verduidelik.                                              (2)

2.3 Sure en basisse speel ŉ belangrike rol in landbou.

      2.3.1   Tabuleer TWEE verskille tussen ŉ suuroplossing en ŉ basis (alkaliese)
              oplossing.                                                                      (4)

      2.3.2   As ŉ suuroplossing met ŉ alkaliese oplossing gemeng word, gebeur ŉ
              chemiese reaksie. Gee die naam van die reaksie.                                 (1)

      2.3.3   Gee TWEE produkte van die chemiese reaksie in VRAAG 2.3.2 hierbo.               (2)

2.4 Analiseer die struktuur hieronder en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer
    is.

                                   R
                     H                             O
              B            N      C      C               A
                     H            H                OH

      2.4.1   Identifiseer die struktuur hierbo.                                              (1)

      2.4.2   Wys die letter (A of B) wat die struktuur in VRAAG 2.4.1 die volgende
              gee:

              (a) Basiese eienskap                                                            (1)

              (b) Suureienskap                                                                (1)

      2.4.3   Twee of meer van die strukture genoem in VRAAG 2.4.1 hierbo kan
              saamgevoeg word om ŉ polimeer te vorm. Verskaf die naam van die
              reaksie.                                                                        (1)

      2.4.4   Die polimeer gevorm deur die samevoeging van twee of meer van die
              strukture hierbo speel ŉ belangrike rol in die liggaam van ŉ dier.
              Regverdig die stelling met DRIE redes.                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)            LANDBOUWETENSKAPPE V1                                     9

 2.5 Koolhidrate is organiese molekules wat as energieverskaffers in die voedsel
     van diere optree. Sommige koolhidrate is baie groot en kompleks, terwyl ander
     eenvoudig is. Verskillende voedselsoorte verskaf verskillende tipes koolhidrate.

       Gee ŉ voorbeeld van ŉ monosakkaried of disakkaried of polisakkaried verskaf
       deur elkeen van die volgende voedsel- en plantbronne:

       2.5.1    Vrugte                                                                      (1)

       2.5.2    Melk                                                                        (1)

       2.5.3    Suikerriet                                                                  (1)

       2.5.4    Hout                                                                        (1)

       2.5.5    Plantsel                                                                 (1)
                                                                                        [35]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                      (EC/NOVEMBER 2015)

Begin die vraag op ŉ NUWE bladsy.

VRAAG 3: GRONDWETENSKAP

3.1 Die tabel hieronder wys die fisiese eienskappe van grond op twee graanplase.

      Fisiese grond eienskappe            Plaas A               Plaas B
      Struktuur                           Krummel               Blokkig
      Grond fraksie (mm)                  2,00 – 0,50           Minder as 0,002
      Diepte (mm)                         950                   450
      Kleur                               Lig                   Grys

      3.1.1   Gee die plaas wat heel moontlik maklik met water versadig sal wees.              (1)

      3.1.2   Gee TWEE redes vir jou antwoord in VRAAG 3.1.1 vanaf die tabel.                  (2)

      3.1.3   Lei af watter plaas heel moontlik ŉ groter graanoes gaan hê.                     (1)

      3.1.4   Regverdig jou antwoord deur TWEE eienskappe vanuit die tabel uit te
              lig wat tot ŉ hoër oesopbrengs kan lei.                                          (4)

      3.1.5   Gee DRIE voordele van die struktuur in plaas A.                                  (3)

3.2 Poriespasies in grond is belangrik aangesien die grondporieë gevul word met
    water en gas wat belangrik is vir plantgroei. Die persentasie van die totale
    porie-ruimte word deur verskeie faktore bepaal.

      3.2.1   Beskryf die invloed van die volgende faktore op die totale porie-ruimte:

              (a) Gronddiepte                                                                  (1)

              (b) Grondbewerking                                                               (1)

      3.2.2   Noem TWEE ander faktore wat ŉ invloed op totale porie-ruimte kan hê.             (2)

3.3 Die kleur van grond kan baie inligting aan die boer of grondwetenskaplike
    verskaf, maar dit moet reg geïnterpreteer word.

      Gee die kleur van grond wat waarskynlik onder die volgende klimaatstoestande
      sal voorkom:

      3.3.1   Koue gematigde areas                                                             (1)

      3.3.2   Humiede areas                                                                    (1)

      3.3.3   Droë toestande                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)              LANDBOUWETENSKAPPE V1                                       11

 3.4 ŉ Boer het ŉ klein stukkie grond vir gewasproduksie. As gevolg van
     verskillende vogtoestande word die grond in twee verdeel, een deel vir
     groenteproduksie en die ander vir mielies. Die boer het die land skoon gemaak
     ter voorbereiding vir die plantseisoen. Kort na die skoonmaak was daar vir 2
     dae swaar reën en die landery was met water versadig.

       Voginhoud in beide lande is vir ŉ periode van 10 dae gemeet. Die resultate
       word in die tabel hieronder gewys.

       DAG                       1     2      3    4    5     6    7     8      9     10
       Voginhoud van
                                20    13      9    7    5     4    3     2      1       1
       mielieland (%)
       Voginhoud van
                                20    18     16    14   13   12    10    7      6       5
       groenteland (%)

       3.4.1    Plot ŉ lyngrafiek van die voginhoud van die twee lande teenoor tyd in
                dae.                                                                             (6)

       3.4.2    Stel DRIE maniere voor hoe om waterverlies in die mielielandery te
                beperk.                                                                          (3)

 3.5 Die volgende diagram illustreer die faktor wat grondtemperatuur beïnvloed.

                                           Grond

       3.5.1    Wys die faktor wat temperatuur soos hierbo geïllustreer beïnvloed.               (1)

       3.5.2    Verduidelik die rede vir elk van die volgende grondtemperature:

               (a) Grond gaan warmer wees vir ŉ langer tydperk tydens vogtige en
                   bewolkte toestand.                                                            (2)

               (b) Laer temperature in lig, gekleurde grond vergeleke met donker,
                   kleurige grond.                                                               (2)

       3.5.3    Gee DRIE invloede van grondtemperatuur op biologiese prosesse wat
                in die grond plaasvind.                                                       (3)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             LANDBOUWETENSKAPPE V1                       (EC/NOVEMBER 2015)

Begin die vraag op ’n NUWE bladsy.

VRAAG 4: GRONDWETENSKAP

4.1 Die horisontale lae van die grond is ŉ resultaat van omgewingsfaktore, veral
    klimaatsfaktore en dit het oor vele jare gebeur. Een proses gebeur na die ander
    totdat die horisonne sigbaar is.

      4.1.1   Herrangskik die volgende prosesse wat die ontwikkeling van
              meesterhorisonne oor ŉ periode toon.

               Deur die proses van blaarval sal plante blare en takkies grond toe
                laat val om die O-horison te vorm
               Klein stukkies rots het C-horison gevorm
               Verweerde rots ondergaan chemiese verwering om grond te vorm,
                wat ŉ medium vorm vir plante om te groei
               A-horison word gevorm
               Die rots sit uit en krimp in, wat lei tot fisiese verwering
               Mikro-organismes verwerk organiese afval na humus deur die
                proses van humifikasie                                                          (6)

      4.1.2   Stel die toestand, wat lei tot die vorming van die E-horison, voor.               (1)

      4.1.3   As jy gevra word om ŉ toetsprofielgat in ŉ goed ontwikkelde grond te
              grawe, voorspel DRIE eienskappe wat blootgestel gaan word om aan
              te dui dat jy in die B-horison is.                                                (3)

4.2 Grondklassifikasie is die sistematiese rangskikking van die grond in klasse of
    kategorieë gebaseer op die mees belangrike eienskappe en die gee van name
    vir die unieke rangskikking of kombinasie van hierdie klasse.

      4.2.1   Bepaal die prosedure vir grondklassifikasie in die regte volgorde.                (5)

      4.2.2   Omskryf TWEE redes waarom grond geklassifiseer word.                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                  LANDBOUWETENSKAPPE V1                                  13

 4.3 Grondreaksie beïnvloed nie net die nutriëntinhoud van die grond nie, maar ook
     die struktuur, dreinering en mikrobiese komposisie van die grond. Al hierdie
     aspekte van grond het ŉ direkte impak op gewasproduksie. Die pH van die
     grond word deur die relatiewe konsentrasie van geabsorbeerde katione op
     grondkolloïdes bepaal.
       Die mees algemene katione wat adsorbeer word is:
       H+ , Ca+2 , K+ , Al+3 , Mg+2 en Na+

       4.3.1    Vanaf die lys hierbo, kies TWEE ione (vir elke geval) wat die
                grondreaksies hieronder beïnvloed:
               (a) Alkaliniteit                                                                 (2)
               (b) Suurinhoud                                                                   (2)
               (c)   Neutraliteit                                                               (2)
       4.3.2    Wys TWEE negatiewe impakte van grond wat gedomineer word deur
                Al+3 op gewasproduksie.                                                         (2)
       4.3.3    Stel die beheermaatreëls voor, om die probleem, genoem in
                VRAAG 4.3.2, te beheer.                                                         (1)
 4.4 Die skematiese voorstelling hieronder illustreer die herwinning van
     koolstofdioksied van die atmosfeer na lewende organismes en weer terug.

       4.4.1    Verskaf byskrifte vir die prosesse gemerk 1, 3, 4, 5 en 6.                      (5)
       4.4.2    Noem TWEE belangrike grond mikro-organismes wat ŉ rol gedurende
                die proses gemerk 5 speel.                                                      (2)
       4.4.3    Gee TWEE vereistes vir die organismes in VRAAG 4.4.2 hierbo.                 (2)
                                                                                            [35]
                                                                TOTAAL AFDELING B:          105
                                                                    GROOTTOTAAL:            150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr11-AGRIC SC P1-N15-QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agric-sc-p1-n15-qp-eng/ebe59eb8-8005-47bb-ae02-8eb32a511ca5) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Eng
- [Gr11-AGRIC SC P1-N15-MEMO-Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agric-sc-p1-n15-memo-afr/a09dc233-709e-499b-8f16-a9b0d2383142) — Agricultural Sciences · Memo · 2015 · Afr
- [AGRSC P2 GR11 QP AFR NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr11-qp-afr-nov2015/553d08d8-09d9-47c2-ac8b-6b68446d4631) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Afr
- [AGRSC P2 GR11 QP ENG NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/agrsc-p2-gr11-qp-eng-nov2015/00d5ea13-d047-4d3e-a3a6-5d0eb4e9d350) — Agricultural Sciences · QP · 2015 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-afrikaans/7d67640a-a476-4b70-b224-2729bdb5e9b3) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 QP GR11 NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-qp-gr11-nov2022-english/2289e8ff-baad-4b38-9efe-30adffadec6e) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
