# Agricultural Sciences Grade 11 P2 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Agricultural Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2017 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-agrs-p2-qp-afr-n17/7bce1be1-d396-459e-9fba-e95a0e6fee3e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Agricultural Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Agricultural Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/agricultural-sciences) › [Agricultural Sciences Grade 11 P2 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agrs-p2-qp-afr-n17/7bce1be1-d396-459e-9fba-e95a0e6fee3e)

## About this document

Agricultural Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                 NOVEMBER 2017

         LANDBOUWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                             *IAGRSA2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLINGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings, naamlik AFDELING A en
        AFDELING B.

 2.     Beantwoord AL die vrae in die ANTWOORDEBOEK.

 3.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.     Nommer alle vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
        gebruik word.

 5.     Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

 6.     Toon ALLE berekeninge, insluitend eenhede en formules, waar van toepassing
        en rond alle antwoorde tot TWEE desimale plekke af.

 7.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                LANDBOUWETENSKAPPE V2                                    3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (1.1.1–1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.11 D.

        1.1.1    … is ŉ struktuur in ŉ plant wat water en opgeloste minerale soute vanaf
                 die wortels na die blare van die plant vervoer.

                 A     Floëem
                 B     Stingel
                 C     Xileem
                 D     Kutikula                                                                (2)

        1.1.2    Die chemiese voordele om landboukalk by suurgrond te voeg is:

                        i.     Dit verlaag giftige ione soos sink en yster om te loog.
                        ii.    Dit verhoog die beskikbaarheid van fosfor vir plante.
                        iii.   Dit verhoog die beskikbaarheid van mangaan vir plante.
                        iv.    Dit verlaag die beskikbaarheid van swaar metale.

                 Kies die korrekte kombinasie:

                 A     i, ii en iv
                 B     ii, iii en iv
                 C     i, ii en iii
                 D     i, iii en iv                                                            (2)

        1.1.3    Een van die besproeiingstelsels onderaan is gunstig vir enige
                 grondsoort en enige helling van die land:

                 A     Vloedbesproeiing
                 B     Drupbesproeiing
                 C     Sprinkelbesproeiing
                 D     Kombesproeiing                                                          (2)

        1.1.4    ŉ Wetenskaplike toets wat deur leerders in ŉ stroom gedoen is, het
                 getoon dat daar baie hoë vlakke van bemestingstowwe in die water is.

                 Die toestand kan beskryf word as …

                 A     eutrofikasie.
                 B     loging.
                 C     ammonifikasie.
                 D     immobilisasie.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

        1.1.5   Suikerriet en roosplante kan die beste vermeerder word deur …

                A      blaar stegies.
                B      bolle.
                C      risome.
                D      stingelsteggies.                                                       (2)

        1.1.6   Een van die volgende skade aan plante word deur peste veroorsaak:

                A      Swak ontkieming en groei van ŉ saailing
                B      Geel blare wat lei tot swak fotosintese
                C      Verlenging van saailinge
                D      Graan- en vrugtebeskadiging voor dit volwassenheid bereik              (2)

        1.1.7   ŉ Groot byproduk van fotosintese noodsaaklik vir menslike oorlewing
                is …

                A      stikstofgas.
                B      koolstofdioksied.
                C      suurstof.
                D      watermolekules.                                                        (2)

        1.1.8   ŉ Apparaat gebruik deur boere om die krag, waarmee water in die
                grond deur die grondpartikels gehou word, in kilopascal te meet:

                A      Neutronvogmeter
                B      Tensiometer
                C      Klas A verdampingspan
                D      Termometer                                                             (2)

        1.1.9   Die diagram onderaan toon ŉ vorm van voedingstofbinding deur ŉ
                bakterie in die wortels van peulplante.

                Die plantvoedingstof wat met die beskrywing boaan geassosieer word,
                is ...

                A      koolstofdioksied.
                B      stikstof.
                C      boor.
                D      swawel.                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                LANDBOUWETENSKAPPE V2                                     5

        1.1.10 Grondvoorbereiding wat gedoen word om klonte in grond op te breek
               tot ŉ fyn saadbed word beskou as …

                 A      kaal bewerking.
                 B      boomkwekery.
                 C      sekondêre bewerking.
                 D      primêre bewerking.                                                   (2)
                                                                                            (20)
 1.2    Kies ŉ beskrywing van KOLOM B wat by ŉ term in KOLOM A pas. Skryf slegs
        die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 1.2.6 K.

                 KOLOM A                                   KOLOM B
        1.2.1    Dormansie             A    Benodig vir stikstoffiksering

        1.2.2    Primêre bewerking     B    Produseer stuifmeelkorrels

        1.2.3    Denitrifikasie        C    Fotosintetiese balans

        1.2.4    Stempel               D    Mislukking van lewensvatbare saad om te
                                            ontkiem

        1.2.5    Molibdeen             E    Ontvang stuifmeel gedurende bestuiwing

                                       F    Sny, omkeer en verbryseling van grond met
                                            roterende ploeë

                                       G    Stikstofbinding in wortelknoppies

                                       H    Anioon-katioonbalans in selle

                                       I    Mikrobiale omskakeling van nitrate na
                                            stikstofgas

                                       J    Saadbedvoorbereiding vir sorg van sade
                                                                                (5 x 2)     (10)
 1.3    Gee EEN woord/term/frase vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs
        die woord/term/frase langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.3.1    Opbouing van natrium in die grond of besproeiingswater

        1.3.2    Chemikalieë wat geabsorbeer word en in die plant inbeweeg en dus die
                 hele plant doodmaak

        1.3.3    ŉ Verandering in die struktuur van ŉ geen wat lei tot ŉ variante vorm
                 wat na toekomstige generasies oorgedra kan word

        1.3.4    Groei van gewasse in ŉ medium anders as grond

        1.3.5    Die praktyk om dieselfde gewas jaar na jaar op dieselfde grond te plant
                                                                                  (5 x 2)   (10)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2017)

 1.4    Verander die ONDERSTREEPTE WOORD(E) in elk van die volgende stellings
        om dit WAAR te maak. Skryf slegs die antwoord langs die vraagnommer
        (1.4.1–1.4.5) in die ANTWOORDEBOEK neer.

        1.4.1   Mikro-besproeiing behels die gebruik van verskillende pype om
                oortollige water vanaf ŉ land te dreineer.

        1.4.2   Die ontwikkeling van vrugte sonder ŉ stimulus is stimulatiewe
                partenokarpie.

        1.4.3   Die diffusie van watermolekules vanaf ŉ area met ŉ lae konsentrasie
                tot ŉ area met ŉ hoë konsentrasie is adhesie.

        1.4.4   Chlorose verwys na die dood van weefsel, spesifiek blaarweefsel,
                veroorsaak deur ŉ tekort aan kalium, kalsium en magnesium.

        1.4.5   Plaasmis is ŉ humusryke organiese materiaal wat gevorm word deur
                aërobiese ontbinding van organiese oorblyfsels in hope.      (5 x 1)           (5)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              45

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                 LANDBOUWETENSKAPPE V2                                  7

 AFDELING B:

 VRAAG 2: PLANTVOEDINGSTOWWE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 2.1    Die skets onderaan toon die ligfase en donkerfase van fotosintese.

                              H2O                              CO2
                Lig

                                             ADP + P
                                              NADP+

                                                              Stroma
                              Tilakoïede
                                              NADPH
                                                ATP

                               O2                           Glukose
                        LIGFASE                            DONKER FASE

        2.1.1     Dui die deel van die plastied aan waar die volgende plaasvind:

                  (a)    Ligfase                                                              (1)

                  (b)    Donkerfase                                                           (1)

        2.1.2     Voorspel TWEE voordele van die proses genoem in VRAAG 2.1 vir die
                  mensdom.                                                                    (2)

        2.1.3     Noem TWEE bergingsorgane waar oortollige produkte, gevorm deur
                  die proses by VRAAG 2.1, gestoor kan word.                                  (2)

        2.1.4     Onderskei tussen fotosintese en respirasie met betrekking tot die
                  energieverbruik by elke proses.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              LANDBOUWETENSKAPPE V2                         (EC/NOVEMBER 2017)

 2.2    Twee ioon-opname meganismes word in die tabel onderaan aangedui. Pas die
        ioon-opname meganismes met die stellings in VRAAG 2.2.1, 2.2.2 en 2.2.3.

                        Passiewe ioon-opname; Aktiewe ioon-opname

        2.2.1   Beweging van molekule vanaf ŉ area met ŉ lae konsentrasie na ŉ area
                met ŉ hoë konsentrasie                                                            (1)

        2.2.2   Benodig energie en die gebruik van draerproteïene om voedingstowwe
                te vervoer                                                                        (1)

        2.2.3   Minerale voedingstof-ione beweeg oor die selmembraan sonder dat
                energie benodig word                                                              (1)

 2.3    Plaasmis is ryk aan vesel wat grondstruktuur en waterhouvermoë van die
        grond verbeter. Dit is ŉ ryk bron van stikstof vir organiese boerdery.
        Desnieteenstaande die belangrikheid vir boerdery, is daar menigte faktore wat
        die samestelling van plaasmis kan beïnvloed. Indien boere identifiseer dat hul
        grond suur is, wend hul landboukalk by die grond om die suur te neutraliseer.

        2.3.1   Identifiseer DRIE voordele van plaasmis uit die scenario hierbo.                  (3)

        2.3.2   Noem TWEE voorbeelde van landboukalk wat gebruik word om
                suurgrond te neutraliseer.                                                        (2)

        2.3.3   Voorspel DRIE faktore wat die samestelling van plaasmis negatief kan
                beïnvloed.                                                                        (3)

 2.4    Die prent onderaan toon ŉ voorbeeld van ŉ sak anorganiese bemestingstof.

        2.4.1   Klassifiseer die tipe bemestingstof in die prent hierbo.                          (1)

        2.4.2   Regverdig jou antwoord tot VRAAG 2.4.1.                                           (1)

        2.4.3   Bereken die persentasie stikstof in die sak bemestingstof.                        (4)

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      9

 2.5    Sommige graad 11-leerders het die effek van verskillende voedingstofelemente
        op die vorming van knoppe by ŉ roosplant oor ses maande getoets. Hul
        bevindings is in die tabel soos volg opgeteken:

           Voedingstofelement              Aantal knoppe gevorm na drie maande
                   sink                                     8
                 kobalt                                     5
                 stikstof                                   20
                  boor                                      25
                 kalium                                     15

        2.5.1    Teken hul bevindinge op ŉ staafgrafiek en gee ŉ gepaste opskrif vir die
                 grafiek.                                                                      (5)

        2.5.2    Tabuleer die voedingstofelemente gebruik vir die toets in mikro- en
                 makrovoedingstowwe.                                                        (5)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 3: PLANTREPRODUKSIE

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 3.1    Die diagramme onderaan toon die ontkieming van sade van ŉ dikotiele en
        monokotiele plant.

                      FIGUUR 3.1(a)                         FIGUUR 3.1(b)

        3.1.1   Identifiseer die tipe ontkieming getoon in FIGUUR 3.1(a) en
                FIGUUR 3.1(b).                                                                 (2)

        3.1.2   Stel TWEE metodes voor wat deur boere gebruik kan word om
                dormansie by die saadtipe in FIGURE 3.1(a) te breek.                           (2)

        3.1.3   Gee DRIE omgewingstoestande wat noodsaaklik is vir die suksesvolle
                ontkieming van sade.                                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LANDBOUWETENSKAPPE V2                                     11

 3.2

                      FIGUUR 3.2(a)                           FIGUUR 3.2(b)

        3.2.1    Stel vas watter tipe ongeslagtelike voortplantingstegniek in
                 FIGUUR 3.2(a) en FIGUUR 3.2(b) gebruik word.                                  (2)

        3.2.2    Gee DRIE redes om die gebruik van ongeslagtelike voortplanting as
                 plantvermeerdering te regverdig.                                              (3)

 3.3    Die illustrasie onderaan toon twee plante aan by voortplanting, wat ŉ stap voor
        bevrugting ondergaan

                                                  DIAGRAM 1

                        PLANT A

                                                             DIAGRAM 2

                 PLANT A                   PLANT B

        3.3.1    Lei af wat die proses is wat in DIAGRAM 2 plaasvind.                          (1)

        3.3.2    Verduidelik kortliks DRIE maniere hoe plante vir windbestuiwing
                 aangepas is.                                                                  (3)

        3.3.3    Gee DRIE ander agente van bestuiwing, anders as wind.                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2017)

 3.4    Onkruid is plante wat groei waar hul nie moet nie. Onkruid het die vermoë om
        landbougewasse uit te kompeteer, wat lei tot swak gewas opbrengste. Om
        onkruid te beheer kan boere chemiese-, meganiese-, biologiese- of kulturele-
        metodes gebruik. Onkruiddoders is gifstowwe wat gebruik word om onkruid te
        beheer. Onkruiddoders kan gegroepeer word volgens die metode hoe hul
        funksioneer, soos sistemiese- en kontak-onkruiddoders.

        3.4.1   Gee DRIE redes om die geskiktheid van kontak-onkruiddoders vir die
                beheer van onkruid te ondersteun.                                              (3)

        3.4.2   Stel DRIE redes voor hoekom onkruid landbougewasse so maklik
                uitkompeteer.                                                                  (3)

        3.4.3   Lys DRIE negatiewe effekte van onkruid op die groei van
                voedselgewasse.                                                                (3)

 3.5    Stel VIER faktore voor wat in ag geneem moet word voordat gifstowwe op
        gewasse toegedien moet word.                                                           (4)

 3.6    Gee DRIE sleutel wetgewinginisiatiewe van die Nasionale Departement van
        Landbou vir plantbeskerming in Suid-Afrika.                                         (3)
                                                                                           [35]

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              LANDBOUWETENSKAPPE V2                                      13

 VRAAG 4: OPTIMALE HULPBRONBENUTTING

 Begin hierdie vraag op ŉ NUWE bladsy.

 4.1    Gewasboere moet effektiewe maniere vind om vermorsing op hul plase te
        verminder en produksie te verbeter. Een van die moderne maniere om dit reg
        te kry is deur presisie-boerdery. Presisie-boerdery stel boere in staat om weg
        te beweeg van die aanwending van strookbemesting om sodoende net
        kunsmis toe te dien in sekere onvrugbare areas. Presisie-boerdery laat boere
        ook toe om inligting van oeste te vergelyk en om nie-vrugbare kolle in die lande
        te identifiseer. Dit stel boere in staat om die oorsaak van onvrugbare grond op
        hul plaas te ondersoek s.

        4.1.1    Vanuit die scenario, identifiseer DRIE maniere hoe presisie-boerdery
                 tot optimale hulpbron benutting lei.                                           (3)

        4.1.2    Noem TWEE moderne stukke toerusting wat vir presisie-boerdery
                 gebruik word.                                                                  (2)

        4.1.3    Stel DRIE uitdagings voor wat ŉ bestaansboer in die gesig kan staar as
                 hulle besluit om met presisie-boerdery te begin.                               (3)

 4.2    Besproeiing is die aanwend van water of enige groeimedium tot die grond, wat
        tot voordeel van die plant is. Vloedbesproeiing en sprinkelbesproeiing is slegs
        twee voorbeelde van baie stelsels wat deur boere gebruik word.

        4.2.1    Onderskei tussen vloedbesproeiing en sprinkelbesproeiing.                      (4)

        4.2.2    Stel TWEE toestande voor waaronder vloedbesproeiïng toegepas kan
                 word.                                                                          (2)

        4.2.3    Gee TWEE voordele van sprinkelbesproeiing by gewasproduksie.                   (2)

 4.3    Nuttige inligting word in die tabel onderaan gegee:

        (a)      Beter lugbeweging
        (b)      Kompaksie vind plaas
        (c)      Verswakte belugting
        (d)      Geen kompaksie

        4.3.1    Pas die inligting boaan wat die effekte van skoonbewerking en
                 deklaagbewerking voorstel, om die tabel te voltooi:

                         Skoonbewerking                       Deklaagbewerking

                                                                                                (4)

        4.3.2    Definieer die onderstreepte terminologie in VRAAG 4.3.1.                       (2)

        4.3.3    Gee TWEE redes om die gebruik van deklaagbewerking deur
                 groenteboere te ondersteun.                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            LANDBOUWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2017)

 4.4    Die illustrasie onderaan toon die verbouing van plante sonder grond.

                                               Opening in
                                                 bottel

                                         FIGUUR 4.4

        4.4.1   Dui die verbouingstegniek in FIGUUR 4.4 aan.                                  (1)

        4.4.2   Stel DRIE belangrike faktore voor wat in ag geneem moet word vir die
                keuse van groeimedium vir die tegniek in FIGUUR 4.4.                          (3)

        4.4.3   Noem TWEE redes waarom jy die tegniek aan groenteboere sal
                voorstel.                                                                     (2)

 4.5    Gee TWEE redes waarom versuipte grond dreineer moet word voordat groente
        verbou word.                                                                          (2)

 4.6    Stel DRIE redes voor waarom uitheemse visspesies in akwakultuur in Suid-
        Afrika gebruik word.                                                               (3)
                                                                                          [35]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 105

                                                                    GROOTTOTAAL:              150

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [GR11 AGRS P2 QP Eng N17](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agrs-p2-qp-eng-n17/675098f0-6c7d-4823-b044-0f44d2a689bd) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Eng
- [GR11 AGRS P2 MEMO Eng N17](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agrs-p2-memo-eng-n17/5b544425-214b-43fd-a80e-ba954a892134) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [GR11 AGRS P2 MEMO Afr N17](https://www.hlayiso.com/library/gr11-agrs-p2-memo-afr-n17/06b4f7f1-cdd6-40cb-a8ad-f5f4606f28eb) — Agricultural Sciences · Memo · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-qp-nov2017-afrikaans/669f7e40-688f-4bb5-9752-1bce43ef724f) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Afr
- [AGR SCIENCES P1 QP NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/agr-sciences-p1-qp-nov2017-english/86c9404f-9361-4cc7-b174-1cdada40645f) — Agricultural Sciences · QP · 2017 · Eng
- [AGRIC SCIENCES P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/b8dd97ec-b03d-49ef-8451-e8b468ef4353) — Agricultural Sciences · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Agricultural Sciences

- [Gr 11 Agric Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-agric-sci-atp-2023-24/06bad6ac-81c6-4c4f-95ed-6a17594131f0) — ATP
- [AGRICULTURAL SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/623a22cf-1bf0-4df4-941a-637326574d24) — Memo · 2025 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2024-afr-watermark/379d01ed-6e35-4c93-bbcc-3379030ea999) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRICULTURAL SCIENCES P2 GR11 MEMO NOV2024 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/agricultural-sciences-p2-gr11-memo-nov2024-afrikaans-watermark/bb36c32d-5fc8-4668-ad2d-833efb6ee516) — Memo · 2024 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-afrikaans/3bd6197a-e85a-4d50-9526-9949a2024065) — Memo · 2023 · Afr
- [AGRIC SCIENCES P1 MEMO GR11 NOV 2023 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/agric-sciences-p1-memo-gr11-nov-2023-english-watermark/c86b6ee9-2023-4831-ab3f-f3d486e16fa3) — Memo · 2023 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
