# Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 11 Civil Technology question paper from the Eastern Cape November 2018, 18 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-civil-tech-s18-qp-afrk-ct-siviele-dienste/dc5a81a0-7e70-42a5-a44d-176c0c15411d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Civil Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 18

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Civil Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/civil-technology) › [Civil Technology Grade 11 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr11-civil-tech-s18-qp-afrk-ct-siviele-dienste/dc5a81a0-7e70-42a5-a44d-176c0c15411d)

## About this document

Civil Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 18 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                 GRAAD 11

                           NOVEMBER 2018

       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE

PUNTE:   200

TYD:     3 uur

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitend 4 antwoordblaaie.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
 2                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                (EC/NOVEMBER 2018)

  BENODIGDHEDE:

  1.     ANTWOORDEBOEK

  2.     Tekengereedskap

  3.     ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar

  INSTRUKSIES EN INLIGTING

  1.     Hierdie vraestel bestaan uit SES vrae: TWEE vrae is generies en VIER
         vrae is vakspesifiek.

  2.     Beantwoord AL die vrae.

  3.     Beantwoord elke vraag as ŉ geheel. MOENIE onderafdelings van vrae
         skei NIE.

  4.     Begin die antwoord op ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

  5.     MOENIE in die kantlyne van die ANTWOORDEBOEK skryf NIE.

  6.     Jy mag sketse gebruik om jou antwoorde te illustreer.

  7.     Skryf ALLE berekeninge en antwoorde in die ANTWOORDEBOEK of op
         die aangehegte ANTWOORDBLAAIE

  8.     Gebruik die puntetoekenning as ŉ riglyn vir die lengte van jou antwoorde.

  9.     Maak tekeninge en sketse met potlood, volledig gemaatskryf en netjies
         met beskrywende opskrifte en aantekeninge afgerond, in ooreenstemming
         met die SANS/SABS se Gebruikskode vir Boutekenepraktyk.

  10.    Vir die doel van hierdie vraestel moet die grootte van ŉ steen as 220 mm x
         110 mm x 75 mm geneem word.

  11.    Gebruik jou eie oordeel waar afmetings en/of inligting ontbreek.

  12.    Beantwoord VRAAG 2.6, 3.1, 5.1 en 6.9 op die aangehegte
         ANTWOORDBLAAIE en gebruik tekeninstrumente, waar nodig.

  13.    Skryf jou NAAM op elke ANTWOORDBLAD en lewer dit saam met jou
         ANTWOORDEBOEK in.

  14.    Tekeninge in die vraestel is NIE volgens skaal NIE as gevolg van
         elektroniese oordrag.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)          SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                                   3

 VRAAG 1: VEILIGHEID EN MATERIAAL (GENERIES)

 1.1     Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die veiligheidstoerusting in
         FIGUUR 1.1.

                                             FIGUUR 1.1

         1.1.1       Wat word die veiligheidstoerusting in FIGUUR 1.1 genoem?                (1)

         1.1.2       Op watter tipe terrein is die dra van dié veiligheidstoerusting
                     verpligtend?                                                            (1)

 1.2     Beskryf die veiligheidsmaatreël wat op elk van die volgende faktore van
         toepassing is:

         1.2.1       Loshangende klere                                                       (1)

         1.2.2       Tipe skoene in ŉ werkswinkel                                            (1)

         1.2.3       Dra van skerp voorwerpe                                                 (1)

         1.2.4       Gevaarlike bewegende dele van kraggereedskap                            (1)

         1.2.5       Aantal operateurs wat ŉ masjien gebruik                                 (1)

 1.3     Wie is verantwoordelik vir die veiligheid van besoekers op ŉ
         konstruksieterrein?                                                                 (1)

 1.4     Noem enige VIER veiligheidsmaatreëls wat van toepassing is op die
         berging van ontvlambare vloeistowwe.                            (4 x 1)             (4)

 1.5     Ongewapende beton, gewapende beton en voorafgegiete beton word op
         konstruksieterreine gebruik.
         Identifiseer die tipe beton wat vir die volgende werk gebruik sal word:

         1.5.1       Betonhangvloere                                                         (1)

         1.5.2       Lateie bokant deuropeninge                                              (1)

         1.5.3       Fondamente vir enkelverdieping-geboue                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
 4                          SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/NOVEMBER 2018)

 1.6     Noem EEN gebruik van gidspleister.                                               (1)

 1.7     Noem TWEE redes waarom kalk by ŉ daghamengsel gevoeg kan word.
                                                                   (2 x 1)                (2)

 1.8     Motiveer kortliks waarom dennehout vir timmerwerk op ŉ
         konstruksieterrein gebruik word.                                                 (2)

 1.9     Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
         of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

         1.9.1       Bordprodukte is goedkoper as soliede hout.                           (1)

         1.9.2       Bakstene word van sement vervaardig.                                 (1)

         1.9.3       Sierstene moet gepleister word.                                      (1)

         1.9.4       Sementblokke word met hol kerns gegiet om dit ligter te maak.        (1)

 1.10    Motiveer kortliks waarom opwasbakke van vlekvrye staal vervaardig word.          (2)

 1.11    Beskryf kortliks wat ŉ legering is.                                              (3)

 1.12    Noem EEN gebruik van termoverharde plastiek.                          (1 x 1)    (1)
                                                                                         [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                              5

 VRAAG 2: TOERUSTING, GEREEDSKAP EN GRAFIKA (GENERIES)

 2.1    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die handgereedskapstuk in
        FIGUUR 2.1.

                                                    2.1.A

                                         FIGUUR 2.1

        2.1.1    Wat word dié gereedskapstuk genoem?                                 (1)
        2.1.2    Beskryf die doel van deel 2.1.A.                                    (2)
        2.1.3    Motiveer kortliks waarom deel 2.1.A gereeld vervang moet word.      (2)
 2.2    Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 2.2 en noem DRIE versorgings-
        maatreëls daarvan.                                                           (4)

                                        FIGUUR 2.2
 2.3    Identifiseer die gereedskapstuk in FIGUUR 2.3 en noem DRIE versorgings-
        maatreëls daarvan.                                                           (4)

                                        FIGUUR 2.3
 2.4    Noem TWEE versorgingsmaatreëls vir ŉ betonmenger.                 (2 x 1)    (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                           SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/NOVEMBER 2018)

 2.5    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die planaansig (‘plan
        elevation’) in FIGUUR 2.5.

                                     PROTEASTRAAT

                                                                             2.5.B
           2.5.A

                                                                             2.5.C

          ERF 124                      ERF 126                     ERF 128

           ERF 135                      ERF 137

                                            FIGUUR 2.5

        2.5.1        Wat word die planaansig genoem?                                        (1)

        2.5.2        Wat is die erfnommer van die erf aan die westekant van erf 126?        (1)

        2.5.3        Wat word die lyne by 2.5.A genoem?                                     (1)

        2.5.4        Identifiseer die simbole by 2.5.B en 2.5.C.                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                            7

 2.6    FIGUUR 2.6 op ANTWOORDBLAD A toon ŉ onvoltooide deursnee-aansig
        van ŉ eensteenmuur. Voltooi die deursnee-aansig op skaal 1 : 20 en toon
        die volgende dele met simbole en byskrifte:

        2.6.1        ŉ Strookfondament van 700 x 250 mm met die bodemvlak
                     van 400 mm                                                         (3)

        2.6.2        ŉ Eensteenmuur met ŉ hoogte van 2 700 mm vanaf die vloervlak
                     en 10 mm pleisterwerk aan die binne- en buitekant                  (5)

        2.6.3        Die hardepuinvulling van 250 mm                                    (1)

        2.6.4        Die vogweerlaag                                                    (2)

        2.6.5        Die blinderingslaag van 50 mm                                      (1)

        2.6.6        Die betonvloerblad van 90 mm                                       (1)

        2.6.7        ŉ Deuropening met ŉ hoogte van 2 100 mm                            (1)

        2.6.8        ŉ Betonlatei met ŉ dikte van 70 mm bokant die deuropening          (2)

        2.6.9        ŉ Muurplaat van 114 x 38 mm                                        (2)

        2.6.10       Toon enige TWEE byskrifte.                              (2 x 1)    (2)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                            SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE         (EC/NOVEMBER 2018)

 VRAAG 3: HOEVEELHEDE, VERBINDINGS EN GRAFIKA (GENERIES)

 3.1    FIGUUR 3.1 toon die fondamentmuur van ŉ gebou. Die breedte van die
        muur is 220 mm en die hoogte 450 mm.

                                         9 000

             6 000

                                      FIGUUR 3.1
        Gebruik die hoeveelheidslys op ANTWOORDBLAD B en bereken die
        volgende:

        3.1.1        Bereken die hartlyn van die fondamentmuur.                         (6)

        3.1.2        Bereken die hoeveelheid stene benodig om die fondamentmuur te
                     bou en maak voorsiening vir 5% steenbreekskade.                    (9)

 3.2    Beskryf volledig die doel van die beskrywingskolom van die afmetingsblad
        vir hoeveelhede.                                                                (3)

 3.3    Beskryf puntsgewys die aanwendingsproses vir kontaklym.                         (3)

 3.4    Watter kleefstof bestaan uit hars en ŉ verharder?                               (1)

 3.5    Noem TWEE eienskappe van mastiekdigtingsmiddel.                      (2 x 1)    (2)

 3.6    Maak netjiese sketse om die volgende simbole op ŉ vloerplan te illustreer:

        3.6.1        Vetput                                                             (2)

        3.6.2        Dreineerkraan                                                      (2)

        3.6.3        Afgewerkte hout                                                    (2)
                                                                                       [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                            9

 VRAAG 4: VEILIGHEID, MATERIAAL, TOERUSTING EN VERBINDING
          (SPESIFIEK)

 4.1   Noem TWEE oorsake van waterbesoedeling.                             (2 x 1)     (2)

 4.2   Beskryf kortliks die gesondheidsrisiko van rioolvuil.                           (2)

 4.3   Motiveer kortliks waarom die werkarea waar soldeerwerk gedoen word, goed
       geventileer moet wees.                                                          (2)

 4.4   Beskryf kortliks die verskil tussen die grootte van growwe aggregaat en fyn
       aggregaat.                                                                      (2)

 4.5   Verskeie metale word gelys om moontlik by die volgende eienskappe te pas.
       Kies die korrekte antwoord en skryf dit teenoor die vraagnommer in jou
       ANTWOORDEBOEK, byvoorbeeld 4.5.4 Koper.

       4.5.1    ... is geskik om as rioleringspype te gebruik.                         (1)

                A      Lood
                B      Grys gietyster
                C      Tin
                D      Vlekvrye staal

       4.5.2    ... is ideaal vir gebruik as warmwaterpype.                            (1)

                A      Weekstaal
                B      Aluminium
                C      Koper
                D      Tin

       4.5.3    ... is geskik vir buitenshuise waterkrane.                             (1)

                A.     Geelkoper
                B.     Vlekvrye staal
                C.     Brons
                D.     Koper

 4.6   Noem DRIE eienskappe van termoverhardende plastiek.                 (3 x 1)     (3)

 4.7   Watter handgereedskapstuk sal vir die volgende werk gebruik word?

       4.7.1    Om plaatmetaal te sny                                                  (1)

       4.7.2    Om klinknaelkoppe te vorm                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
 10                         SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE              (EC/NOVEMBER 2018)

 4.8    Identifiseer die gereedskapstukke in FIGURE 4.8.1 en 4.8.2 en noem EEN
        gebruik van elk.

                                                                                           (4)
        FIGUUR 4.8.1                               FIGUUR 4.8.2

 4.9    Dui aan of die volgende stellings WAAR of ONWAAR is. Skryf slegs ‘waar’
        of ‘onwaar’ langs die vraagnommer in die ANTWOORDEBOEK.

        4.9.1        Koperpyp word met ŉ blaasvlam verhit om dit te buig.                   (1)

        4.9.2        Gegalvaniseerde staalpyp word met behulp van ŉ pypbuigveer
                     gebuig.                                                                (1)

        4.9.3        Politeenpype word met PVC-gom en -lasse gekoppel.                      (1)

 4.10 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die laskomponente in
      FIGUUR 4.10.

                         4.10.A          4.10.B

                                         FIGUUR 4.10

        4.10.1       Wat word dié tipe pypkoppeling genoem?                                 (1)

        4.10.2       Noem die onderdele 4.10.A en 4.10.B.                                   (2)

        4.10.3       Watter tipe pyp word met dié tipe koppeling gekoppel?                  (1)

 4.11 Maak ŉ netjiese skets van ŉ gegroefde naatlas vir plaatmetaal.                        (2)

 4.12 Wat is die doel van die smeltmiddel (‘flux’) wanneer soldeerwerk gedoen
      word?                                                                                 (1)
                                                                                           [30]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                             11

 VRAAG 5: GRAFIKA EN KONSTRUKSIE IN SIVIELE DIENSTE (SPESIFIEK)

 5.1    FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon ŉ 45° afsnyding van ŉ silindriese
        pyp. Gebruik ANTWOORDBLAD C en ontwikkel en teken die ontvouing van
        die afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1.                           (14)

 5.2    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die opwasbakinstallering in
        FIGUUR 5.2.

                                                                     5.2.E

         5.2.A                                                       5.2.F

         5.2.B

         5.2.C

          5.2.D

                                            FIGUUR 5.2

        5.2.1     Wat word die pyp by 5.2.A genoem?                                      (1)

        5.2.2     Wat word die toegangsopening by deel 5.2.A genoem?                     (1)

        5.2.3     Teen watter hoek is die pyp by 5.2.A gebuig?                           (1)

        5.2.4     Wat word die pyp by 5.2.B genoem?                                      (1)

        5.2.5     Wat is die deursneegrootte van die pyp by 5.2.B?                       (1)

        5.2.6     Teen watter hoek is die pyp by 5.2.C gebuig?                           (1)

        5.2.7     Benoem dele 5.2.D tot 5.2.F.                                           (3)

 5.3    Maak ŉ netjiese deursnee-aansig skets om die konstruksie van ŉ reguit
        kapillêre soldeerlas vir koperpype te illustreer.                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
 12                       SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/NOVEMBER 2018)

 5.4    Kies die term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
        Skryf slegs die letter (A–C) langs die vraagnommer (5.4.1–5.4.3) in die
        ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 5.4.4 F.

                         KOLOM A                                KOLOM B
         5.4.1   Vars beton word met klam sakke         A    Afwerking
                 bedek

         5.4.2   Bekisting vir vars beton               B    Betonplasing

         5.4.3   Stampers word gebruik om beton in      C    Verdigting
                 al die gate en hoeke te laat vloei

                                                        D    Nabehandeling

                                                        E    Laaghoutborde
                                                                              (3 x 1)    (3)

 5.5    Wat is die minimum dikte van die volgende betondele?

        5.5.1    Huishoudelike vloerblaaie                                               (1)

        5.5.2    Mangatblad                                                              (1)
                                                                                        [30]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)           SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                           13

 VRAAG 6: KOUEWATER- EN WARMWATERTOEVOER, RIOLERING EN
          SANITÊRE TOEBEHORE (SPESIFIEK)

 6.1 In watter omstandighede word van vlekvrye staalpype gebruik gemaak?                    (1)

 6.2 Noem DRIE nadele van vlekvrye staalpype.                                   (3 x 1)     (3)

 6.3 Noem DRIE voordele van hoëdigtheidspoliëtileenpype.                        (3 x 1)     (3)

 6.4 Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die klep in FIGUUR 6.4.

                      6.4.A

                 6.4.B                                          6.4.C

                                          FIGUUR 6.4

      6.4.1      Wat word dié tipe klep in FIGUUR 6.4 genoem?                               (1)

      6.4.2      Wat word deel 6.4.A genoem?                                                (1)

      6.4.3      Watter pylpunt dui die korrekte vloeirigting aan, pylpunt 6.4.B of
                 6.4.C?                                                                     (1)

      6.4.4      In watter omstandighede word van dié tipe klep gebruik gemaak?             (1)

 6.5 Maak netjiese sketse van die simbole vir die volgende:

      6.5.1      Aftapkraan                                                                 (2)

      6.5.2      Vlotterklep                                                                (2)

      6.5.3      Buitekraan                                                                 (2)

      6.5.4      Watermeter                                                                 (2)

 6.6 Wat is die doel van die termostaat in ŉ geiser?                                        (1)

 6.7 Watter onderdeel van die geiser laat toe dat lug in die pyp inbeweeg
     wanneer dit nodig is?                                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
 14                          SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE             (EC/NOVEMBER 2018)

 6.8    Beantwoord die volgende vrae ten opsigte van die
        warmwaterreservoirstelsel in FIGUUR 6.8.

         6.8.A                                           6.8.F

                             6.8.B
                                                                        6.8.E
                             6.8.C         6.8.D

                                                   FIGUUR 6.8

        6.8.1        Benoem die onderdele 6.8.A tot 6.8 F.                                   (6)

        6.8.2        Noem TWEE funksies van deel 6.8.F.                          (2 x 1)     (2)

 6.9    FIGUUR 6.9 op ANTWOORDBLAD D toon die kantaansig van die
        onvoltooide skematiese voorstelling van die sanitêre toebehore wat aan ŉ
        eenpyprioolstelsel gekoppel moet word. Voltooi op ANTWOORDBLAD D
        die volgende sanitêre pypwerk met behulp van netjiese lynsketse:

        6.9.1        Afvoerstam en lugpyp
                     Dui die lugpyp aan met behulp van ŉ netjiese byskrif.                   (2)

        6.9.2        Sperders vir die muurmeublement                                         (2)

        6.9.3        Vuilwaterafvoerpype                                                     (2)

        6.9.4        Drekwaterafvoerpyp                                                      (1)

 6.10 Beskryf kortliks hoe die volgende faktore kan veroorsaak dat die waterslotte
      in sperders gebreek word:

        6.10.1       Verspreiding                                                            (2)

        6.10.2       Kompressie                                                              (2)
                                                                                            [40]

                                                                             TOTAAL:        200

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)     SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                         15

                            SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD           A        GENERIES
                                                    NAAM:

2.6     FIGUUR 2.6 op ANTWOORDBLAD A toon ŉ onvoltooide deursnee-aansig van ŉ
        eensteenmuur. Voltooi die deursnee-aansig op skaal 1 : 20.

                                                2.6.1    Strookfondament       3
                                                2.6.2    Eensteenmuur          5
                                                2.6.3    Hardepuinvulling      1
                                                2.6.4    Vogweerlaag           2
                                                2.6.5    Blinderingslaag       1
                                                2.6.6    Betonvloerblad        1
                                                2.6.7    Deuropening           1
                                                2.6.8    Betonlatei            2
                                                2.6.9    Muurplaat             2
                                                2.6.10   2 Byskrifte           2
                                                          TOTAAL               20

                                        NGL

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
 16                          SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                             (EC/NOVEMBER 2018)

                                  SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD              B           GENERIES
                                                                       NAAM:

VRAAG 3.1

       A             B        C                                            D
                                    3.1.1     HARTLYN:                                                          (6)

                                    .......... x ................ m = ................ m

                                    .......... x ................ m = ................ m

                                                                    = ................ m

                                    Minus: ........ x ............ m = ................. m

                                      TOTALE HARTLYN = ................. m

                                    3.1.2 AANTAL STENE:                                                     (9)

                                    OPPERVLAK:
                                    Totale muuroppervlak
      ......     ......
                .......     ...... Dus: Totale muuroppervlak = ...............

                                       TOTALE STENE
                 .......               100 stene/ m2 vir eensteenmuur
                ........   ........... Dus: ................stene vir totale muur

                                    5% BREEKSKADE

                                    TOTALE STENE:
                                    ................ + ............... = ................ totale aantal stene

Kopiereg voorbehou                                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/NOVEMBER 2018)     SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE                     17

                            SIVIELE TEGNOLOGIE
 ANTWOORDBLAD           C     SIVIELE DIENSTE
                                                    NAAM:

5.1   FIGUUR 5.1 op ANTWOORDBLAD C toon ŉ 45° afsnyding van ŉ silindriese
      pyp. Gebruik ANTWOORDBLAD C en ontwikkel en teken die ontvouing van
      die afsnyding van die silindriese pyp op skaal 1 : 1.                  (14)

      SYAANSIG

      BO-AANSIG

Kopiereg voorbehou                                                 Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
  18                     SIVIELE TEGNOLOGIE: SIVIELE DIENSTE          (EC/NOVEMBER 2018)

                              SIVIELE TEGNOLOGIE
   ANTWOORDBLAD          D      SIVIELE DIENSTE
                                                       NAAM:

6.9 FIGUUR 6.9 op ANTWOORDBLAD D toon die kantaansig van die onvoltooide
    skematiese voorstelling van die sanitêre toebehore wat gekoppel moet word aan ŉ
    eenpyprioolstelsel. Voltooi op ANTWOORDBLAD D die volgende sanitêre
    pypwerk met behulp van netjiese lynsketse:

                             HWB

         SK
                                    B

                                               Afvoerstam + lugpyp
                                               Byskrif                           2
                                               Sperders                          2
                                               Vuilwaterafvoerpype               2
                                               Drekwaterafvoerpyp                1
                                               TOTAAL                            7

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [CIVIL TECH GRD 11 QP CONSTRUCTIONS ENG D](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-grd-11-qp-constructions-eng-d/1196db5c-18c1-4a77-92bd-46233279a6b3) — Civil Technology · QP · 2018 · Eng
- [Gr11-CIVIL TECH-S18-QP-AFRK ct HOUTBEWERKING](https://www.hlayiso.com/library/gr11-civil-tech-s18-qp-afrk-ct-houtbewerking/d9e55177-e7af-43fb-9a1d-73aa0e7668c9) — Civil Technology · QP · 2018
- [Gr11-CIVIL TECH-S18-QP-Eng ct CONSTRUCTION](https://www.hlayiso.com/library/gr11-civil-tech-s18-qp-eng-ct-construction/fa48c386-2b61-42c7-98b2-e79ce02a5650) — Civil Technology · QP · 2018 · Eng
- [CIVIL TECH GRD 11 QP CIVIL SERVICES ENG D](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-grd-11-qp-civil-services-eng-d/5370e1be-f6c7-4b23-aab8-6f4f1ff95e77) — Civil Technology · QP · 2018 · Eng
- [Gr11-CIVIL TECH-S18-QP-AFRK ct KONSTRUKSIE](https://www.hlayiso.com/library/gr11-civil-tech-s18-qp-afrk-ct-konstruksie/c00e83a2-63af-4492-b376-be97cc505263) — Civil Technology · QP · 2018
- [CIVIL TECH GRD 11 QP SIVIELE DIENSTE AFR D](https://www.hlayiso.com/library/civil-tech-grd-11-qp-siviele-dienste-afr-d/8b8297dc-ddf4-4225-a6a5-32c8200d7879) — Civil Technology · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Civil Technology

- [Gr 11 Cons ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-cons-atp-2023-24/5adb6254-7b36-487a-a882-c42b36bf49b7) — ATP
- [Gr 11 Civil Ser ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-civil-ser-atp-2023-24/91ce1dc1-91cc-4a38-926b-b3d45f5b5305) — ATP
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Civil Services Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-civil-services-afrikaans/85a9ce14-da0c-4943-8570-643c7a62e6a8) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Construction Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-construction-afrikaans/6d31745c-a94c-4612-8aef-4e9b624a57b0) — Memo · 2022 · Afr
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking English](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-english/a7e06718-cada-4092-84e6-dffe9c65d79c) — Memo · 2022 · Eng
- [CIV TECH GR11 MEMO NOV2022 Woodworking Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/civ-tech-gr11-memo-nov2022-woodworking-afrikaans/16d10915-16d2-413b-a24e-24b5588c3601) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
