# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)

> Grade 11 Dance Studies memorandum from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-memo-afr/e40bfa7a-caa5-4da4-a165-7e687830c5f2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 Memo (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-memo-afr/e40bfa7a-caa5-4da4-a165-7e687830c5f2)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                     NOVEMBER 2016

                      DANSSTUDIES
                      MEMORANDUM

PUNTE:   100

               Hierdie memorandum bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2016)

 NOTA AAN MERKERS/ONDERWYSERS:

 Hou streng by hierdie memorandum wanneer nagesien word. In sommige
 kwalitatiewe vrae moet jy jou professionele en ingeligte oordeel uitoefen.

 Hierdie vraestel moet deur ervare dansonderwysers nagesien word aangesien
 dit spesialiskennis vereis.

    By sommige vrae het kandidate ŉ keuse. Indien kandidate beide vrae
     beantwoord het, sien slegs die antwoorde op die eerste vraag na.
    Kandidate kan ŉ wye verskeidenheid antwoorde gee, afhangende van wat hulle
     in die klas behandel het.
    Hoë, medium of lae kognitiewe vlakke wat in elke antwoord verwag word, word
     in die Fokustabel onder elke vraag ingesluit.
    MOENIE volpunte toeken vir opstel-/paragraaftipe vrae indien daar taal- en
     spelfoute voorkom nie en ook nie as die antwoord in die verkeerde formaat
     geskryf is nie.
    Nasieners moet NIE volpunte toeken vir ŉ antwoord wat oppervlakkig en
     ontoereikend is NIE.
    Wees op die uitkyk vir wat die kandidaat weet, en nie vir wat hy/sy nie weet nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    DANSSTUDIES                                           3

 AFDELING A            VEILIGE DANSPRAKTYK EN -GESONDHEIDSORG

 VRAAG 1               BELYNING/KERNSTABILITEIT

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                   ONDERWERPE              VERMOËNSVLAKKE
 Belyning/kernstabiliteit          1    2   3            LAAG MEDIUM HOOG
                                   √
 Herkenning – 1.1                                           2
 Analisering – 1.2                                                     3
 Analisering – 1.3                                                     3
 Toepassing – 1.4                                                      2

 NOTA AAN MERKERS:
 Baie moontlike antwoorde kan gegee word. Gebruik professionele oordeel wanneer
 die kwaliteit van die kandidate se antwoorde geassesseer word. Kolpunte word
 gebruik om nasien te vergemaklik.

 VOORBEELDE VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 1.1 Ken 2 punte toe vir ŉ beskrywing van wat belyning is.

          Die wyse waarop die gewrigte gedurende beweging met mekaar belyn.
          Die posisie van die liggaamsdele in verhouding met die hele liggaam.              (2)

 1.2 Ken 3 punte toe vir ŉ verduideliking oor die belangrikheid van kernstabiliteit vir
     ŉ danser.

       Hieronder is TWEE voorbeelde verskaf, maar die leerder kan ander gee.

          Met kernstabiliteit sal ŉ goeie postuur en balans gehandhaaf word.
          Dit help jou om die liggaam vryelik te beweeg sonder om druk op die
           gewrigte en ruggraat te plaas.
          Met kernstabiliteit sal jy kragtige bewegings van die arms en bene kan
           uitvoer.
          Dit help jou om bewegings te beheer.
          Kernsterkte help jou om gewig vinnig te verplaas (vinnige rigting
           veranderings).                                                                    (3)

 1.3 Ken 3 punte toe as die leerder kan verduidelik hoe om kernstabiliteit te
     ontwikkel en te behou.

          Beoefen goeie postuur te alle tye.
          Gebruik die abdominale spiere tydens al die bewegings.
          Trek die abdominale spiere binne toe en opwaarts na die ruggraat.
          Hou ŉ balans tussen die abdominale spiere aan die voorkant en die lae rug
           spiere van die rug.
          Kondisioneer die stabiliserende spiere gedurende bewegende- en stilhou-
           posisies.                                                                         (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                     DANSSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2016)

 1.4 Ken 2 punte toe as die leerder een oefening kan bespreek wat kernstabiliteit
     kan ontwikkel.

         Die Plankoefening sal ŉ sterk kern ontwikkel.
         Begin in ŉ opstootposisie met jou hande plat op die vloer en direk onder jou
          skouers geplaas, bene uitgestrek en voete bymekaar.
         Hou jou rug so plat as moontlik.
         Jou kop en nek is in lyn met jou ruggraat – gesig na die grond.
         Terwyl jy op jou voete en elmboë balanseer, lig die liggaam weg van die
          grond terwyl jy jou elmboë reguit maak en keer terug na die vloer.
         Hierdie posisie kan vir toenemende duurtes van tyd behou word.                   (2)
                                                                                          [10]
                     JY HET ŉ KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.
                          BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG.

 VRAAG 2       (KEUSEVRAAG) – GEWRIGTE/ANATOMIESE AKSIES

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                   ONDERWERPE               VERMOËNSVLAKKE
 Gewrigte/anatomiese aksies        1    2   3             LAAG MEDIUM HOOG
                                   √
 Herkenning – 2.1                                     4
 Analisering – 2.2                                                    4
 Herkenning – 2.3                                          2

 ANTWOORDE:

 VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

               Gewrigtipe              Liggaamsdeel waar       EEN anatomiese
                                       dit te vinde is         beweging
 2.1 2.1.1     Bal-en-potjie-gewrig    Heup/skouer             Fleksie/ekstensie/
                                                               abduksie/adduksie/
                                                               rotasie                     (2)
      2.1.2    Skarniergewrig          Knie/elmboog/enkel      Fleksie/ekstensie           (2)

 2.2 Ken 4 punte toe vir 4 feite oor die funksies van die geraamte.

         Ondersteuning vir omliggende weefsel.
         Beskerming vir die belangrike organe en ander sagte weefsel van die
          liggaam.
         Vorm en fatsoen van die liggaam.
         Aanhegting vir spiere.
         Stoorarea vir minerale en kalsium.
         Bloedselle wat in die rooi beenmurg gevorm word.
         Hefbome vir beweging deur die artikulasie van die gewrigte.                      (4)

 2.3 2.3.1     Dorsifleksie                                                                (1)
     2.3.2     Inversie                                                                    (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                     DANSSTUDIES                                           5

 VRAAG 3        (KEUSEVRAAG ) – SPIERE/ANATOMIESE AKSIES

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                    ONDERWERPE              VERMOËNSVLAKKE
 Spiere/anatomiese aksies           1    2   3            LAAG MEDIUM HOOG
                                    √
 Herkenning – 3.1                                            4
 Toepassing – 3.2                                                       4
 Herkenning – 3.3                                            2

 3.1 A – Trapezius
     B – Deltoid
     C – Triceps
     D – Latissimus dorsi                                                                     (4)

 3.2 3.2.1      Abduksie                                                                      (1)

       3.2.2    Rotasie                                                                       (1)

       3.2.3    Plantaarfleksie                                                               (1)

       3.2.4    Ekstensie                                                                     (1)

 3.3 Enige twee:

       Kernstabiliteit sal die spiere aan die voorkant (anterior) van die liggaam betrek:
           Rectus Abdominus
           Internal/external oblique’s
           Transverse abdominus

       Hierdie sal die spiere aan die agterkant (posterior) van die liggaam betrek:
           Erector spinae
           Multifidus
           Gluteusspiere                                                                     (2)
                                                                                             [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                    DANSSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 4       VOETE/SKEENBESERINGS

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                   ONDERWERPE             VERMOËNSVLAKKE
 Voete/skeenbeserings              1    2   3           LAAG MEDIUM HOOG
                                   √
 Herkenning – 4.1                                         2
 Toepassing – 4.2                                                    2
 Toepassing – 4.3                                                    2
 Evaluering – 4.4                                                                4

 NOTA AAN MERKERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
 geassesseer word. Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.

 VOORBEELD VAN MOONTLIKE ANTWOORDE:

 4.1 Ken 2 punte toe vir ŉ beskrywing van die eise wat op ŉ danser se voete in die
     dansklas geplaas word.

          Verskillende dansstyle vereis verskillende aksies en sommige van hierdie
           aksies is onnatuurlik vir die voete.
          Dansers doen draaie of stamp met kaal voete of dans op hul tone.
          Dansers dans ook op verskillende dansoppervlaktes, soos sement, wat
           verdere spanning op die voete plaas.
          Krake en gate in vloerplanke kan die vel van die voete oop skeur.
          Omdat ŉ danser se voete daagliks eise en spanning moet hanteer, behoort
           hulle spesiale aandag aan hul voete te gee.                                     (2)

 4.2 Ken 2 punte toe vir ŉ verduideliking oor hoe om krag en soepelheid in jou
     voete te ontwikkel.

          Die beste oefeninge wat krag en soepelheid ontwikkel is die wat elke dag
           in die klas gedoen word soos; tendus/voetborsels, réleve’s/rises, grawings,
           klein spronge en voetmanipulasies.
          Doen voetoefeninge terwyl jy lê of op die vloer sit, bv. punt of fleks die
           voete en gebruik klein balle om die verskillende gedeeltes van die voete te
           versterk.                                                                       (2)

 4.3 Ken 2 punte toe vir ŉ verduideliking oor hoe om atleetvoete te voorkom.

         Hou jou voete droog en skoon.
         Vermy dit om kaalvoete in publieke plekke te loop.
         Maak jou voete deeglik tussen die tone droog.
         Maak seker dat jou stort en kleedkamer is skoon.                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    DANSSTUDIES                                         7

 4.4 Ken 4 punte toe vir ŉ bespreking oor die behandeling vir skeenbeserings.

          Prevention (voorkoming) – moet nie dans/spring op soliede sement vloere
           nie, d.w.s. ŉ vloer wat nie ŉ geveerde dansvloer is nie.
          Rest (RUS) – verminder oefeninge. Stop wanneer jy pyn voel.
          Ice (YS) – om inflammasie te verminder.
          Compress (Druk) – gebruik ŉ beenskerm (strapping) om die beseerde
           area te ondersteun.
          Elevation (Elevasie) – lig die onderste been bokant die hart.
          Die meeste oorsake van skeenbeserings is deur oorgebruik (overuse).
          Strek die kuitspiere en versterk die voorkant van die been onder die knie.
           Moet nie die Tibialis anterior, Gastrocnemius en Soleusspiere oorrek nie –
           gaan geleidelik in die strekking.
          Maak seker dat jy jou postuur gedurende dans korrek hou, want deur te ver
           vooroor te leun terwyl jy dans, veroorsaak spanning op die onderste been.
          As die pyn aanhou, moet jy mediese hulp verkry.                                 (4)
                                                                                          [10]

 VRAAG 5        STEREOTIPE/POSITIEWE LIGGAAMSBEELD/VOEDING

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                   ONDERWERPE             VERMOËNSVLAKKE
 Stereotipe/positiewe              1    2   3           LAAG MEDIUM HOOG
 liggaamsbeeld/voeding             √
 Herkenning – 5.1                                         2
 Analysis - 5.2                                                      3
 Analisering – 5.3                                                   2
 Evaluering – 5.4                                                                 3

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 5.1 Ken 2 punte toe vir ŉ beskrywing oor hoe om stereotipes te verhoed.

          Moet nie mense saam groepeer nie; elke mens is verskillend en uniek.
          Vermy dit om ander mense te oordeel.
          Jy moet ander mense se individualiteit respekteer.                              (2)

 5.2 Ken 3 punte toe vir ŉ volledige verduideliking oor die voordele van ŉ positiewe
     liggaamsbeeld.

       ŉ Positiewe liggaamsbeeld sal jou selfvertroue gee en jou laat:
        Tuis voel in jou eie liggaam
        Gelukkig en vol selfvertroue voel oor wie jy is
        Weerstaan om onrealistiese druk op jou te plaas om soos iemand anders te
          lyk
        Meer positief emosioneel/geestelik voel
        Positiewe energie afgee in plaas van negatiewe energie                            (3)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                    DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2016)

 5.3 Ken 2 punt toe vir ŉ verduideliking van die kossoorte wat in ŉ danser se dieet
     ingesluit moet word om gesond te bly.

         Eet ŉ verskeidenheid van heel kosse (natuurlik gegroeide kosse soos
          vrugte en groente).
         Sluit in belangrike vette soos olie van vis, neute, avokado en sade.
         Sluit in anti-oksidante wat jou daarteen beskerm om nie seer te voel nie,
          soos sitrusvrugte en helder kleurige vrugte en groente (tamaties, beet,
          wortels, bloubessies, ens.).                                                      (2)

 5.4 Ken 3 punte toe vir ŉ bespreking oor die positiewe effekte van goeie voeding
     op die liggaam.

         Toename in energievlakke
         Toename in verstandelike waaksaamheid
         Toename in fiksheidsvlakke
         Instandhouding van die ideale gewig
         Vinnige herstelling van siektes/beserings
         ŉ Sterker immuunstelsel
         Toename in krag
         Vermoë om stres te kan hanteer – goeie emosionele welstand
         ŉ Positiewe houding teenoor oefening en opvoerings                                (3)
                                                                                           [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:            40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                   DANSSTUDIES                                         9

 AFDELING B            DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

 VRAAG 6        DANSVORME/BEGINSELS

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                   ONDERWERPE            VERMOËNSVLAKKE
 Dansvorme/-beginsels              1    2   3          LAAG MEDIUM HOOG
                                            √
 Herkenning – 6.1                                        3
 Analisering – 6.2                                                  4
 Evaluering – 6.3                                                               3

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

 6.1 Ken 3 punte toe vir die herkenning van sommige dansbewegings wat in Afrika-
     dans gebruik word.

          Knieë gebuig – dans naby aan die grond, d.w.s. om nie swaartekrag teen te
           staan nie.
          Ritmies – basiese en komplekse ritmes en patrone.
          Namaak en dramatisering van die natuurlike wêreld of die elemente soos
           vuur, die aarde, water en wind.
          Mans gebruik gewoonlik groot bewegings, insluitende opspring en spronge
           terwyl vroue kleiner bewegings gebruik soos geskuifel stappies.
          Die klank en ritme van die trom gee uiting aan die bui van die mense.
          Die bewegings bring die mense nader aan mekaar.                                (3)

 6.2 Ken 4 punte toe vir 4 kenmerke van die hoofdansvorm.

       KLASSIEKE BALLET
        Houding: die bolyf word goed behou en ondersteun terwyl die mees
         belangrikste beweging in die arms en bene plaasvind.
        Uitdraai: uitwaartse rotasie van die bene vanaf die heupe, noodsaaklik vir
         klassieke ballet tegniek.
        Plasing: rangskikking van die kop, ruggraat en ledemate in die korrekte
         belyning met mekaar om ŉ geordende, gebalanseerde vorm te skep.
        Wette van balans: ŉ ewewigtigheid van die ledemate om ŉ ekwilibrium te
         handhaaf (gelyke gewig oor ŉ sentrale punt).
        Basiese reëls van die kop, bene, arms en liggaam.
        Verplasing van gewig: verplasing van gewig van een deel van die
         liggaam na die volgende deel.
        Koördinasie: bring liggaamsdele in korrekte verhouding met mekaar.
        Gravitasie: Ballet werk teen swaartekrag.                                        (4)

 6.3 Ken 3 punte toe vir ŉ verduideliking oor waarom dit belangrik is om danse van
     ander kulture te bestudeer.

          Om ander kulture te verstaan en om meer oor hul agtergronde te leer.
          Om enige stereotipe wat ons teenoor andere kulture mag hê te verbreek.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2016)

         Verskaf die vermoë om dinge uit ŉ ander perspektief te sien en om dalk ŉ
          groter respek vir ander kulture en hul tradisies te hê.
         Ons vergroot ook ons kennis oor die wêreld om ons en dit lei tot self
          ontdekking.
         Hierdie studies sal verhoed dat die tradisies en simboliek van die kulture
          uitsterf en daardeur hul lewensverwagting verleng.
         Dit vermeerder ook ons eie danstaal.                                             (3)
                                                                                          [10]
 VRAAG 7       INTERNASIONALE CHOREOGRAAF

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                    ONDERWERPE            VERMOËNSVLAKKE
 Internasionale choreograaf         1    2    3         LAAG MEDIUM HOOG
                                            √
 Herkenning – 7.2                                         4
 Analysis – 7.3, 7.4                                                  8
 Evaluering – 7.5                                                                 3

 NOTA AAN MERKERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
 geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ŉ ander
 gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee
 punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf nie.
 Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.

 EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

 7.1 Revelations deur Alvin Ailey

 7.2 Ken 4 punte toe vir die eienskappe van die dansstyl van sy/haar danswerke.

         Ailey is in 1931 in Texas VSA gebore.
         Hy het saam met sy moeder groot geword in ŉ arm gemeenskap toe swart
          mense baie min geleenthede gehad het.
         Ailey was ŉ atletiese en kreatiewe persoon en het begin belangstel in
          gimnastiek terwyl hy op skool in Los Angeles was.
         Sy gimnastieke opleiding word weerspieël in baie van die atletiese
          bewegings wat hy in sy choreografie ingesluit het.
         Sy gimnastiekonderwyser was ook ŉ moderne dansonderwyser en het hom
          bekend gestel aan dans.
         Hy het verlief geraak op moderne dans aangesien hy dit kon kombineer met
          sy atletiese bou en sy kreatiwiteit.
         Ailey het begin dansklasse neem by Katherine Dunham en later by Lester
          Horton Skool, een van die min plekke wat swart dansers in die ateljee
          verwelkom het.
         Horton se tegniek het ŉ groot invloed op Ailey gemaak en hy het uiteindelik
          die skool oorgeneem waar hy baie van Horton se style in sy eie danswerke
          opgeneem het.
         Ailey verhuis na New York waar hy onder Martha Graham studeer het. Haar
          kontemporêre tegniek het weereens sy choreografiese styl beïnvloed.              (4)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    DANSSTUDIES                                        11

 7.3 Ken 4 punte toe vir ŉ gedetailleerde verduideliking oor hoe die choreograaf se
     choreografiese loopbaan ontwikkel het.
           Ailey het sy debuut as ŉ danser vir die Horton Company gemaak.
           Ailey het as direkteur vir Horton se dansgeselskap na Horton se dood.
            oorgeneem
           Ailey het op en van Broadway af opgetree, ook in films, en het as ŉ
            danser, choreograaf, akteur en regisseur gewerk.
           Ailey het sy eie dansgeselskap gestig, bekend as die Alvin Ailey American
            Dance Theatre, wat ŉ repertoriumgeselskap was wat dikwels die werk van
            baie verskillende kunstenaars vertoon het, ongeag hulle ras.
           Ailey het suksesvolle danswerke gechoreografeer wat in Europa, Australië
            en Afrika getoer het, soos Revelations.
           Ailey het saam mense soos Hugh Masekela gewerk toe hy Masekela’s
            Language geskep het.
           Hy het ook ŉ solo geskep, wat Cry genoem is, wat aan sy moeder op haar
            verjaarsdag opgedra is.
           Hy het meer as 50 danswerke vir sy geselskap geskep en nog baie meer
            vir ander geselskappe in sy loopbaan.                                          (4)
 7.4 Ken 4 punte toe vir die karaktertrekke van die dansstyl van haar/sy danswerke.
           Beïnvloed deur sy Dunham, Horton en Graham-opleiding, het Ailey ŉ baie
            herkenbare kontemporêre-Afro-jazz-gospel-styl ontwikkel.
           Hy het baie vloerwerk, golfbewegings van die bolyf en arms en kragtige,
            emotiewe beweging gebruik.
           Sy choreografie was vermaaklik en toeganklik.
           Hy was bekend vir sy pragtige dansers, mooi aangetrek, wat pragtige
            bewegings maak.
           Sy choreografie was persoonlik, organies, akrobaties en sterk gewortel in
            sy agtergrond en sy geloof.
           Sy formasies van groot groepe dansers op die verhoog het groot toejuiging
            ontvang.
           Ailey het daarin geslaag om die gaping tussen kontemporêre dans en die
            algemene publiek in die Verenigde State te oorbrug; hy het gevoel dat
            dans toeganklik moet wees vir gewone mense, soos sy tantes en ooms
            wat nooit baie geleenthede gehad het a.g.v. segregasie in Amerika.
           Hy het ook populêre dansstyle en die ondervindings en die gelowe van
            swart mense met groot teatrale vaardigheid saamgevoeg.                         (4)
 7.5 Ken 3 punte toe vir waarom ŉ Suid-Afrikaanse student dink dit is belangrik om
     van internasionale dansgeskiedenis te leer.

          Help om ŉ oop gemoed te hê.
          Het begrip vir die oorsprong van verskillende dansvorms.
          Om te weet wat die neigings is.
          Bly in kontak met wêreldveranderinge in dans.
          Help om getrou te bly aan self as ŉ Suid-Afrikaanse danser.
          Kan onderskei tussen oorspronklike en gekopieerde werkstyle – help om
           nie te dupliseer wat alreeds gedoen is nie.                                     (3)
                                                                                          [15]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 8       SUID-AFRIKAANSE DANSWERK

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                   ONDERWERPE              VERMOËNSVLAKKE
 Suid-Afrikaanse danswerk          1    2    3           LAAG MEDIUM HOOG
                                           √
 Herkenning – 8.2                                          5
 Analisering – 8.3                                                     4
 Analisering – 8.4                                                     3
 Evaluering – 8.5                                                                  3

 NOTA AAN MERKERS:

 Gebruik professionele oordeel wanneer die kwaliteit van die kandidate se antwoorde
 geassesseer word. Kandidate het dalk meer inligting in een afdeling as in ŉ ander
 gegee. Evalueer die hele antwoord om te assesseer wat die kandidaat weet en gee
 punte daarvolgens. Geen puntetoekenning vir die naam van die choreograaf en die
 danswerk nie. Kolpunte word gebruik om nasien te vergemaklik.

 EEN MOONTLIKE ANTWOORD:

 8.1 Veronica Paeper

 8.2 Ken 5 punte toe vir ŉ beskrywing van die storie/sinopsis van die danswerk.
      Orpheus in die Onderwêreld is ŉ uiters komiese ballet gebaseer op die
       Griekse legende van Pluto, god van die Onderwêreld, wat verlief raak op
       Euridike, vrou van Orpheus, en haar dan na sy koninkryk lok.
      Paeper se storie doen weg met die tradisionele verhaal van Orpheus, en sy
       baseer haar ballet op Jacques Offenbach se operette.
      Die aksie vind plaas in die laat 1920’s, vroeë 1930’s binne ŉ Frans-
       Italiaanse agtergrond met Pluto as hoof van ŉ Mafia-tipe onderwêreld,
       Kalliope, Orpheus se ietwat neurotiese en later dranksugtige moeder en
       Offenbach self wat ŉ ogie hou oor die verrigtinge.

         Toneel 1: Hotel le Grand
          Orpheus en Euridike se huwelik is nie gelukkig nie, en toe Pluto Euridike
          verlei en ontvoer, is beide sy en Orpheus verheug. Toe Kalliope, Orpheus
          se moeder, egter opdaag en uitvind wat gebeur het, is sy baie geskok en
          dring daarop aan dat Orpheus, in die belang van die mitologie, Olimpus toe
          gaan om hulp te kry sodat hy Euridike uit die Onderwêreld kan terugkry.
          Natuurlik dring sy moeder daarop aan om hom te vergesel.

         Toneel 2: Olimpus
          Op Olimpus is die lewe taamlik vervelig, en toe Pluto vertel van Euridike, sy
          nuutste verowering, bied dit welkome hoewel ietwat verontrustende
          afleiding. Orpheus en Kalliope daag op en Jupiter stem toe tot haar versoek
          om hulp, waarop al die gode en godinne besluit om hulle na Hades, die
          Onderwêreld, te vergesel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                     DANSSTUDIES                                           13

          Toneel 3: Hades
          Euridike is teen dié tyd die ster van die Onderwêreld se nagklub. Net toe
           die pret goed op dreef is, bederf Kalliope dit deur Jupiter te herinner aan die
           doel waarvoor hulle gekom het. Hy beveel Orpheus om te gaan, met
           Euridike saam met hom. Maar Offenbach gryp in en alles ontaard in chaos
           (Offenbach is een van die karakters in die ballet).                                 (5)

 8.3 Ken 4 punte toe as die leerder ŉ verduideliking kan gee van die produksie
     elemente soos kostuum, stelontwerp en musiek.

          Peter Cazlet ontwerp beide die kostuums en dekor.
          Die aandjasse wat die “godinne” dra is ontwerp deur Dicky Longhurst.
          Die styl van die kostuums regdeur die ballet is tipies van die laat ‘20’s en
           vroeë ‘30’s.
          Die openingstoneel het ŉ swierige trap.
          Olimpus lyk soos ŉ luukse passasiersboot kompleet met swembad en
           stoele en Hades word uitgebeeld as ŉ bedompige nagklub met die
           oorheersende kleure rooi, donkerpienk en swart.
          Musiek gekomponeer deur die Franse komponis Jacques Offenbach is
           humoristies, geestig en satiries wat die werk sy wonderlike humor gee.
          Om die konsep van Orfeus as vioolleermeester te behou, is die bekende
           viool solo van Offenbach se operette vir die ballet behou.
          Nog ŉ herkenbare stuk is Offenbach se bekende Can-Can. Baie van die
           melodieë is ŉ samesmelting van twee of meer wysies uit verskillende
           operettes van Offenbach                                                             (4)

 8.4 Ken 3 punte toe vir die karaktertrekke van die dansstyl wat deur hierdie
     choreograaf gebruik word.

          Orpheus het ŉ klassieke tradisie, maar stappies word verenig met
           alledaagse bewegings en die styl van die stappies pas by die tydperk van
           die werk.
          Paeper gebruik dikwels die persoonlikhede van haar dansers as inspirasie
           vir haar choreografie: Phyllis Spira, Prima Ballerina vir KRUIK, het ŉ
           merkwaardige sin vir die komiese gehad, en Paeper skep komiese rolle vir
           haar.
          Paeper was altyd oop vir voorstelle en ander mense se bewegings.
          Sy het die choreografie opgestel met net soveel insette van die dansers en
           het hulle aangemoedig om hul eie persoonlike interpretasie van die rolle te
           gebruik.
          Haar werke is meestal verhalend en haar oogmerk is “om nooit ŉ gehoor te
           verveel nie”.                                                                       (3)

 8.5 Ken 3 punte toe vir ŉ bespreking oor die choreograaf se bydrae tot dans.

          Paeper het beslis ŉ bydrae tot die wêreld van Suid-Afrikaanse choreograwe
           gelewer.
          Sy het ŉ enorme repertoire van werke, wat geselskappe vandag nog kan
           gebruik, ontwikkel.
          Paeper word beskou as een van die voorlopers van Moderne Klassieke
           Ballet in Suid-Afrika.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                    DANSSTUDIES                          (EC/NOVEMBER 2016)

          Haar ballet Drie Diere word as heeltemal uniek beskou in die sin dat dit ŉ
           samewerkingsinspuiting was vir al die kunsvorms – deur die vermenging
           van poësie, musiek en dans.
          Sy het ŉ kwartet van sonnette gebruik wat N.P. van Wyk Louw in 1942
           geskryf het.
          In hierdie sonnette skryf hy oor die vernietigende kwaliteite van die mens.
          Klatzow was diep geraak deur hierdie gedig, en hy komponeer ŉ partituur
           wat die tema van Verwoesting weerspieël.
          Uit hierdie sonnette skep Paeper ŉ kragtige Dansdrama wat tot vandag toe
           nog beskou word as ŉ mylpaal in Suid-Afrikaanse ballet.                          (3)
                                                                                           [15]

 VRAAG 9               MUSIKALITEIT /INSTRUMENTE/KATEGORIEË
 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                   ONDERWERPE                VERMOËNSVLAKKE
 Musikaliteit/instrumente/         1    2   3              LAAG MEDIUM HOOG
 kategorieë                             √
 Herkenning – 9.1                                           2
 Herkenning – 9.2                                           2
 Analisering – 9.3                                                     3
 Herkenning – 9.3                                           3

 MOONTLIKE ANTWOORD:

 9.1 Ken 2 punte toe vir die definisie van musikaliteit.

          Musikaliteit is die vermoë om verband te hou en uitdrukking aan jouself te
           gee deur musiek, om in staat te wees om dit nie net te hoor nie, maar ook
           om dit te voel.
          Musikaliteit is die vermoë om deur beweging die gevoel van ŉ sekere stuk
           musiek te interpreteer.
          Dit is wanneer die danser een word met die musiek.
          Enige ander antwoorde wat die danser mee vorendag kan kom.                       (2)

 9.2 Ken 2 punte toe vir die lys van 2 ander begeleidings wat in plaas van musiek
     gebruik kan word vir dans.

          Hulle kan hul liggame gebruik.
          Hulle stemme.
          Die klere wat hulle dra, byvoorbeeld rubberstewels.
          Deur hande te klap.                                                              (2)

 9.3   Ken 1 punt toe vir die verduideliking van die musiekkategorieë en 1 punt vir die
       naam van ŉ instrument uit elke kategorie.

       9.3.1   Deur te blaas - trompet                                                      (2)

       9.3.2   Deur vibrerende stringe - kitaar                                             (2)

       9.3.3   Deur elektroniese stromings - elektroniese klawerbord                        (2)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                   DANSSTUDIES                                         15

 VRAAG 10              PRODUKSIEROLLE/CHOREOGRAFIESE
                       ELEMENTE/OPVOERINGSRUIMTES

 MEMO:

 FOKUS VAN VRAAG                  ONDERWERPE             VERMOËNSVLAKKE
 Produksie                        1    2   3           LAAG MEDIUM HOOG
 loopbane/choreografiese             √
 elemente/opvoerings
 ruimtes
 Analisering – 10.1                                       3           3
 Toepassing – 10.2                                                    3
 Evaluering – 10.3                                                               4

 MOONTLIKE ANTWOORDE:

10.1 Ken 3 punte toe vir ŉ verduideliking van 3 produksie loopbane.

       VERHOOGBESTUURDER (VB)
        Bestuur alles wat op die verhoog en agter die skerms gebeur soos die stelle
         en rekwisiete veranderinge (bygestaan deur verhoog handlangers), en sal
         ook kommunikeer met die klank en beligting tegnici.
        Die VB dra gewoonlik ŉ kopstuk gedurende die vertonings en dirigeer lede
         van die produksie en bemanning om te verseker dat alle aspekte van die
         produksie - klank en beligting aanduidinge, die plasing van stelle en
         rekwisiete op en af van die verhoog, en die uitgange en ingange van die
         kunstenaars - is uitgevoer op die regte tyd en in ooreenstemming met die
         choreograaf se aanwysings.
        Die verhoog bestuurder is ook verantwoordelik vir die veiligheid van die
         kunstenaars en bemanning terwyl hulle in die teater is.

       BEMARKINGSBESTUURDER
        ŉ Bemarkingsbestuurder koördineer die bemarking en promosies van ŉ
         dansgeselskap. Hy of sy se doel is om die organisasie te merk deur
         volgehoue en opvallende media veldtogte, die maatskappy se webwerf,
         nuusbrief en huisprogramme, sowel as sy logo en briefhoof.
        Hy of sy sal advertensies bespreek vir die druk en uitsaai media, verwerk
         en versprei plakkate en pamflette en koördineer die fotosessie en media
         oproepe.

       DANSKAPTEIN
        In sommige dansmaatskappye, is ŉ danskaptein ŉ senior danser wat
         aangestel word om repetisies waar te neem, nuwe dansers af te rig en
         notas of korreksies te gee na die opvoering.
        Hy of sy kan ook versoek word om ŉ danser te vervang wat beseer is.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                     DANSSTUDIES                        (EC/NOVEMBER 2016)

      VOORHUISBESTUURDER: (Die titel word dikwels verkort na VHB bestuurder).
       Lid van die teaterbestuur, wat verantwoordelik is vir die dag-tot-dag verloop
        van die voorhuis (VHB) gebied (in teenstelling met die agterste
        verhoogareas).
       Hy/Sy kan die toesig hou oor die besprekingskantoor waar kaartjieverkope
        sal plaasvind, enige verkope/spyseniering stal asook die bestuur en
        dirigering van die bodes en enige ander deel van die gebou wat die publiek
        kan betree tydens hul besoek aan die teater.
       Hy koördineer die begin van die vertonings met die verhoogbestuurder, en
        hou rekord van die begin en einde van die tye van die vertonings, sowel as
        die grootte van die saal (aantal mense wat die vertoning gaan bywoon
       In die geval van ŉ brand of noodgeval, moet hy of sy beheer neem.

      TEGNIESE DIREKTEUR
       ŉ Tegniese direkteur is verantwoordelik vir alle tegniese aspekte van ŉ
        produksie en het kennis van baie aspekte van toneelkuns.
       Hy of sy word dikwels benodig om probleme op te los in die dae wat lei tot
        die opvoering.                                                                      (3)

10.2 10.2.1    Dit is hoe jy van een beweging na die ander beweeg, deur hulle aan
               mekaar te verbind om vloei en vloeibaarheid van beweging te
               ontwikkel.                                                                   (1)

     10.2.2    Dit is die hoogste en mees gedenkwaardigste oomblik in die dans.             (1)

     10.2.3    Dit is die orde waarin bewegings, motiewe en maatmotiewe aanmekaar
               gesit word.                                                                  (1)

10.3 10.3.1         Dit het of ŉ permanente gepleisterde muur, ŉ reguit skerm of ŉ
                     swart lap wat agter op die verhoog gehang word.
                    Lig kan agter op gewerp word om effekte te skep.
                    Dit het openinge aan die kante van die verhoog vir dansers om op
                     of af van die verhoog te kan tree.
                    Dit skei die gehoor van die dansers.                                   (2)

     10.3.2         Hierdie is gewoonlik oop areas waar gemeenskappe leef.
                    Dansers mag ŉ seremoniële dans rondom die vuur uitvoer.
                    Die hele gemeenskap is betrokke.                                       (2)
                                                                                           [10]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           60
                                                                   GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr11 DNCE N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-eng/f77045ee-305e-48c4-87c1-9aa0ab88d145) — Dance Studies · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-afr/fdb31f99-b1cb-471a-8aa8-6871408034b1) — Dance Studies · QP · 2016 · Afr
- [DANCE STD MEMO ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-eng-gr11-nov-2015/43967878-32f9-44e7-a93b-1310a9e2823c) — Dance Studies · Memo · 2015 · Eng
- [Dance Studies Memo](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo/53142bc7-30cb-4f36-96ea-375d0f3b83a5) — Dance Studies · Memo · 2014
- [DANCE STD GR11 NOV2013 MEMO (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-gr11-nov2013-memo-eng/4acd73cf-2cdd-4d1d-a585-f4b379c88766) — Dance Studies · Memo · 2013 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 MEMO (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-memo-afr/e480781f-1a59-4a13-9ee2-ea21774c7b40) — Dance Studies · Memo · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [DANCE STUDIES GR11 QP ENG NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-eng-nov2018-d/e22c5184-7fda-4415-8be3-29526f0e4e50) — QP · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 QP AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-afr-nov2018-d/8146becc-d926-4a4d-9181-a511e0ec5e28) — QP · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-afrikaans/22c34254-0ff5-40a1-976c-84b454462346) — QP · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 QP NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-qp-nov2017-english/a0e9cc72-0a0c-4242-a8fa-cbb0352c2d3a) — QP · 2017 · Eng
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-afr/fb4bb08d-9e08-4830-a135-f023bf152fe8) — QP · 2015 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
