# Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

> Grade 11 Dance Studies question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-afr/fdb31f99-b1cb-471a-8aa8-6871408034b1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Dance Studies
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Dance Studies](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/dance-studies) › [Dance Studies Grade 11 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-qp-afr/fdb31f99-b1cb-471a-8aa8-6871408034b1)

## About this document

Dance Studies · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                    NOVEMBER 2016

                      DANSSTUDIES

PUNTE:   100

TYD:     3 uur

                           *IDNCA*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   DANSSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit TIEN vrae. Beantwoord slegs NEGE vrae.

 2.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

 3.   AFDELING A: VEILIGE DANSPRAKTYK EN GESONDHEIDSORG – 40 PUNTE
      AFDELING B: DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID – 60 PUNTE

 4.   AFDELING A: Bestaan uit VYF vrae. Beantwoord slegs VIER vrae in hierdie
                  afdeling. Let daarop dat jy ŉ keuse het tussen VRAAG 2 en
                  VRAAG 3 in hierdie afdeling. Indien jy beide vrae beantwoord,
                  sal slegs die eerste vraag wat beantwoord is, nagesien word.
      AFDELING B: Bestaan uit VYF vrae. Antwoord al die vrae in hierdie afdeling.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 6.   Lees elke vraag aandagtig deur en let op wat vereis word.

 7.   Jy mag rowwe beplanning in die ANTWOORDEBOEK doen. Trek ŉ streep
      deur enige werk wat NIE nagesien moet word NIE.

 8.   Jy sal geassesseer word op jou vermoë om:
            Slegs in een taal te antwoord
            Inligting te organiseer en duidelik oor te dra
            Die spesifieke formaat te gebruik wat in bepaalde vrae vereis word
            Die korrekte dansterminologie, waar nodig, te gebruik

 9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                       DANSSTUDIES                                              3

 AFDELING A            VEILIGE DANSPRAKTYK EN -GESONDHEIDSORG

 VRAAG 1               BELYNING/KERNSTABILITEIT

 1.1 Beskryf die belyning van ŉ danser se liggaam.                                                 (2)

 1.2 Verduidelik waarom kernstabiliteit belangrik is vir ŉ danser.                                 (3)

 1.3 Hoe kan kernstabiliteit deur ŉ danser ontwikkel word?                                         (3)

 1.4 Verduidelik EEN oefening wat sal help om kernstabiliteit te ontwikkel.                        (2)
                                                                                                  [10]

                     JY HET ŉ KEUSE TUSSEN VRAAG 2 EN VRAAG 3.
                          BEANTWOORD SLEGS EEN VRAAG.

 VRAAG 2               (KEUSEVRAAG) – GEWRIGTE/ANATOMIESE AKSIES

 2.1 Teken die hieropvolgende tabel in jou antwoordeboek aan en vul die volgende
     in:

                Gewrigtipe                Liggaamsdeel waar           EEN anatomiese
                                          dit te vinde is             beweging
       2.1.1    Bal-en-potjie-gewrig                                                               (2)
       2.1.2    Skarniergewrig                                                                     (2)

 2.2 Verduidelik VIER funksies van die geraamte.                                                   (4)

 2.3 Watter soort bewegings kan in die volgende gesien word:

       2.3.1

                                       http://www.northcoastfootcare.com/pages/biomechanics.htm
                                                                                                   (1)

       2.3.2

                                       http://www.northcoastfootcare.com/pages/biomechanics.htm    (1)
                                                                                                  [10]
                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    DANSSTUDIES                             (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 3               (KEUSEVRAAG ) – SPIERE/ANATOMIESE AKSIES

 3.1 Benoem die spiere soos in die diagram hieronder aangedui word. Skryf slegs
     die antwoord langs A, B, C en D neer in jou antwoordeboek.

              POSTERIOR

                                                                                  A

                                                                                   B

                                                                                   C

                                                                                   D

                                                http//wicoseco36.soup.io487179309/upper-boc    (4)

 3.2 Voltooi die volgende sinne oor anatomiese aksies deur die ontbrekende
     woorde in te vul.

      3.2.1    … is laterale beweging weg van die middellyn van die liggaam.                   (1)

      3.2.2    … is sirkelvormige beweging rondom ŉ as (spil).                                 (1)

      3.2.3    … is om die tone/voet te punt.                                                  (1)

      3.2.4    … is om ŉ gewrig oop te maak of die gradiënt (hoek) tussen twee
               beendere te vermeerder (vergroot).                                              (1)

 3.3 Noem enige TWEE spiere wat vir kernstabiliteit gebruik word.                              (2)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                  DANSSTUDIES                                         5

 VRAAG 4               VOETE/SKEENBESERINGS

 4.1 Beskryf die vereistes wat op die voete van ŉ danser gedurende dansklasse
     geplaas kan word.                                                                   (2)

 4.2 Hoe kan jy krag en soepelheid in ŉ danser se voete ontwikkel?                       (2)

 4.3 Wat kan jy doen om atleetvoete te voorkom?                                          (2)

 4.4 Bespreek die behandeling van skeenbeserings.                                        (4)
                                                                                        [10]

 VRAAG 5               STEREOTIPE/POSITIEWE LIGGAAMSBEELD/VOEDING

 5.1 Beskryf TWEE maniere hoe stereotipe in dans voorkom kan word.                       (2)

 5.2 Verduidelik die voordele van ŉ positiewe liggaamsbeeld.                             (3)

 5.3 Gee ŉ verduideliking van die verskillende kossoorte wat in ŉ danser se dieet
     ingesluit moet word om gesond te bly.                                               (2)

 5.4 Bespreek die positiewe effekte wat goeie voeding op die liggaam sal hê.             (3)
                                                                                        [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:           40

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   DANSSTUDIES                         (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B            DANSGESKIEDENIS EN -GELETTERDHEID

 VRAAG 6               DANSVORME/BEGINSELS

 6.1 Beskryf DRIE dansbewegings wat in Afrika-danse gebruik word. Beginsels mag
     ook ingesluit word.                                                                  (3)

 6.2 Gee die naam van jou hoof dansvorm en verduidelik VIER van hierdie                   (4)
     dansvorm se beginsels.

 6.3 Waarom is dit belangrik om danse van ander kulture te bestudeer?                     (3)
                                                                                         [10]

 VRAAG 7               INTERNASIONALE CHOREOGRAAF

 Kies ŉ voorgeskrewe Internasionale Choreograaf uit die voorgeskrewe lys hier onder
 en beantwoord die volgende vrae:

 HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN INTERNASIONALE
 CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE

 INTERNASIONALE CHOREOGRAWE                     DANSWERKE
 George Balanchine                              Appollo/Jewels
 Alvin Ailey                                    Revelations
 Martha Graham                                  Lamentation/Errand into the Maze
 Christopher Bruce                              Ghost Dancers
 Mathew Bourne                                  Swan Lake/Cinderella
 Pina Bausch                                    Rites of spring
 William Forsythe                               In the middle, somewhat elevated
 Mats Ek                                        Giselle/Swan Lake/Carmen
 Rudi van Dantzig                               Four Last Songs
 Jiri Killian                                   Wings of wax

 7.1 Gee die naam van die choreograaf.

 7.2 Beskryf die choreograaf se agtergrond en opleiding as ŉ danser.                      (4)

 7.3 Verduidelik hoe die choreograaf se choreografiese loopbaan ontwikkel het.            (4)

 7.4 Verduidelik die karaktertrekke wat deur hierdie choreograaf se dansstyl in
     sy/haar danswerke gebruik word.                                                      (4)

 7.5 As ŉ Suid-Afrikaanse dansstudent, waarom dink jy is dit belangrik om oor
     internasionale dans geskiedenis te leer?                                             (3)
                                                                                         [15]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                      DANSSTUDIES                                         7

 VRAAG 8               SUID-AFRIKAANSE DANSWERK

 Kies een SUID-AFRIKAANSE CHOREOGRAAF en ŉ DANSWERK uit die
 voorgeskrewe lys hieronder en beantwoord die volgende vrae:

 HIERONDER IS DIE VOORGESKREWE LYS VAN SUID-AFRIKAANSE
 CHOREOGRAWE EN HUL DANSWERKE

  SUID-AFRIKAANSE
                                                   DANSWERKE
    CHOREOGRAWE
 Veronica Paeper              Orpheus in the Underworld/Carmen
 Vincent Mantsoe              Gula Matari
 Alfred Hinkel                Last Dance (Bolero)/Rain in a dead man’s footprints/Cargo
 Sylvia Glasser               Tranceformations
 Gary Gordon                  Bessie’s Head
 Mavis Becker                 Flamenco de Africa
 Hazel Acosta                 Blood Wedding
 Caroline Holden              Imagenes
 Gregory Maqoma               Beauty Trilogy/Skeleton Dry

 8.1 Gee die naam van die choreograaf en die danswerk.

 8.2 Beskryf die storie/sinopsis van die danswerk.                                           (5)

 8.3 Gee ŉ verduideliking van die produksie elemente soos kostuum, stelontwerp
     en musiek.                                                                              (4)

 8.4 Verduidelik die karaktertrekke van die dansstyl wat deur die choreograaf gebruik
     word.                                                                            (3)

 8.5 Bespreek die choreograaf se bydra tot dans.                                             (3)
                                                                                            [15]

 VRAAG 9               MUSIKALITEIT /INSTRUMENTE/KATEGORIEË

 9.1 Verduidelik waarom musikaliteit in dans belangrik is.                                   (2)

 9.2 Lys TWEE ander maniere behalwe musiek wat dansers/choreograwe kan
     gebruik as begeleiding wanneer hulle dans.                                              (2)

 9.3 Verduidelik hoe die volgende musiekkategorieë musiek produseer en noem
     EEN instrument vir elk van die musiekkategorieë.

       9.3.1    Aërofoon                                                                     (2)

       9.3.2    Chordofoon                                                                   (2)

       9.3.3    Elektrofoon                                                                  (2)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  DANSSTUDIES                       (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 10                PRODUKSIEROLLE/CHOREOGRAFIESE
                         ELEMENTE/OPVOERINGSRUIMTES

10.1 Kies enige DRIE produksie-loopbane hieronder en verduidelik wat elke
     loopbaan behels.                                                                  (3)

      Verhoogbestuurder    Bemarkingsbestuurder                  Danskaptein
                 Voorhuisbestuurder            Tegniese bestuurder

10.2 Verduidelik die volgende choreografiese elemente:

     10.2.1    Oorgange                                                                (1)

     10.2.2    Klimaks                                                                 (1)

     10.2.3    Volgordebepaling                                                        (1)

10.3 Bespreek die kenmerke van die volgende opvoeringsruimtes:

     10.3.1    Proceniumboog                                                           (2)

     10.3.2    Stam/Inheemse omgewing                                                  (2)
                                                                                      [10]

                                                          TOTAAL AFDELING B:           60
                                                              GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr11 DNCE N16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-memo-eng/048d14ec-3b69-4833-930f-05decfb3f3ff) — Dance Studies · Memo · 2016 · Eng
- [Gr11 DNCE N16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-dnce-n16-memo-afr/e40bfa7a-caa5-4da4-a165-7e687830c5f2) — Dance Studies · Memo · 2016 · Afr
- [DANCE STUDIES QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp-gr11-nov-2015-eng/fcdc238a-5977-417c-9da7-d25e31c29fe1) — Dance Studies · QP · 2015 · Eng
- [Dance Studies QP](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-qp/10c92737-88ef-4d1c-9333-ec32a85b8f59) — Dance Studies · QP · 2014
- [DANCE STUDIES GR11 NOV2013 QP (Eng)](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-nov2013-qp-eng/1df684bf-cf23-4ae8-8676-1a802e77e828) — Dance Studies · QP · 2013 · Eng
- [DANCE ST GR11 NOV2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/dance-st-gr11-nov2013-qp-afr/def2cad3-6a7f-4142-93fd-3d549c6ae048) — Dance Studies · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 11 Dance Studies

- [Gr 11 Dan Stu ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-dan-stu-atp-2023-24/d7cf0d0b-5284-4b58-bc3c-3be7d351d71d) — ATP
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO ENG NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-eng-nov2018/1d5a74cb-e873-416b-9272-3f4c1092e79b) — Memo · 2018 · Eng
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO AFR NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-afr-nov2018-d/2ac56bdb-ee2f-4f38-9c31-a55b7ff56c88) — Memo · 2018 · Afr
- [DANCE STUDIES MEMO GR11 NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-memo-gr11-nov2017-afrikaans/08f5e6d5-ac14-4f44-950c-298b54b79ea2) — Memo · 2017 · Afr
- [DANCE STUDIES GR11 MEMO NOV2017 English](https://www.hlayiso.com/library/dance-studies-gr11-memo-nov2017-english/23cb9d91-c2d7-42fb-855f-df2e486d6f6c) — Memo · 2017 · Eng
- [DANCE STD MEMO AFR GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/dance-std-memo-afr-gr11-nov-2015/7e58bb21-7009-4ab6-84b8-308963c23805) — Memo · 2015 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
