# Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ec-p1-afr-june-2022-possible-answers/f49da2c8-124d-468d-b1f3-c36be86170da
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2022 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ec-p1-afr-june-2022-possible-answers/f49da2c8-124d-468d-b1f3-c36be86170da)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2022. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2022
                    GRAAD 11
                NASIENRIGLYNE

                 EKONOMIE (VRAESTEL 1)

19 bladsye

                         PROOFREAD    DATE ___________
                         SIGNATURE   _________________
                         PROOFREAD   DATE ___________
                         SIGNATURE   _________________

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)          GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   A   – ekonomiese huur. ✓✓

      1.1.2   C   – nasionale inkomste sal toeneem. ✓✓

      1.1.3   A   – besluitneming gesentraliseer. ✓✓

      1.1.4   B   – Wêreldgesondheidsorganisasie. ✓✓

      1.1.5   B   – demeriete ✓✓

      1.1.6   C   – wetgewende tak van die staat. ✓✓

      1.1.7   C   – aankoop van goedere en dienste. ✓✓

      1.1.8   D   – ekonomie. ✓✓                                                   (8 x 2)   (16)

1.2   PASSENDE ITEMS

      1.2.1   K   – ŉ Toename in die produksie-kapasiteit van die ekonomie oor ŉ
                    spesifieke tydperk ✓                                                      (6)

      1.2.2   A   – Verbind aan die samelewing en die ekonomie ✓

      1.2.3   G – Betaling vir die gebruik van ŉ produksie faktor wat ŉ beperkte
                  aanbod het ✓

      1.2.4   J   – C+I+G ✓

      1.2.5   B   – Die vloei van goedere en dienste ✓

      1.2.6   C   – Hulpbronne wat deur die regering geallokeer word ✓

      1.2.7   I   – Die minimum bedrag geld nodig om vir basiese behoeftes te betaal ✓

      1.2.8   E   – Verhouding tussen uitset tot inset ✓                           (8 x 1)    (8)

                                               2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE            (VRAESTEL 1)    GRAAD 11

1.3   KONSEPTE

      1.3.1   Ekonomiese goedere ✓

      1.3.2   Mark ekonomie/Vryemark ekonomie ✓

      1.3.3   Semistaatsinstellings/Ondernemings onder staatsbesit✓

      1.3.4   Skaarsheid ✓

      1.3.5   Informele sektor ✓

      1.3.6   Subsidies ✓                                                  (6 x 1)   (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A:     30

                                             3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1   2.1.1   Noem enige TWEE vlakke van die regering.

              • Plaaslike vlak ✓
              • Provinsiale vlak ✓
              • Nasionale vlak ✓
              (Enige ander korrekte, relevante respons.)                  Enige (2 x 1)   (2)

      2.1.2   Hoekom is die publieke sektor belangrik?

              • Die publieke sektor voorsien publieke goedere en dienste wat benodig
                 word. ✓✓
              (Enige ander korrekte, relevante antwoord.)                                 (2)

2.2   2.2.1   Watter metode is gebruik om Bruto Binnelandse Produksie te
              bereken in die bostaande tabel?

              Produksie metode✓/BBP(P) ✓/Waarde toegevoeg✓                                (1)

      2.2.2   Watter jaar word vanaf 2020 gebruik as die basis jaar deur die
              SARB?

              2015 ✓                                                                      (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term Bruto Waarde Toegevoeg

              Dit meet die waarde van goedere en dienste tydens elke fase in die
              produksie proses. ✓✓
              (Enige ander korrekte, relevante antwoord.)                                 (2)

      2.2.4   Wat is die impak van ŉ afname in primêre sektor aktiwiteite op
              produksie?

              Produksie sal afneem as gevolg van ŉ afname in die beskikbaarheid van
              natuurlike hulpbronne wat benodig word vir produksie. ✓✓
              (Enige ander korrekte, relevante antwoord.)                                 (2)

      2.2.5   Bereken die persentasie bydrae van die sekondêre sektor tot die
              Bruto Waarde Toegevoeg teen basiese pryse. Toon alle berekeninge
              aan.

               945 944    100
                        x     ✓✓
              4 161 786    1

              = 22,73% ✓✓ of 23% ✓✓                                                       (4)

                                              4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                                   EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE                  (VRAESTEL 1)        GRAAD 11

2.3   Bestudeer uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      2.3.1   Identifiseer EEN ander produksie faktor wat nie in die uittreksel
              genoem word nie.

              Kapitaal ✓/Natuurlike Hulpbronne (Land) ✓/Arbeid✓                             (1)

      2.3.2   Voor watter jaar sou hierdie uittreksel geskryf gewees het?

              2018 ✓                                                                        (1)

      2.3.3   Definieer die term entrepreneur.

              ŉ Entrepreneur is ŉ agent wat al die produksiefaktore bymekaar bring vir
              vervaardigingsdoeleindes. ✓✓
              of
              Die entrepreneur organiseer of gebruik natuurlike hulpbronne, kapitaal en
              arbeid in ŉ winsgewende besigheid sodat goedere en dienste vervaardig
              word om verbruikers se behoeftes en begeertes te bevredig. ✓✓
              (Enige ander korrekte, relevante antwoord.)                                   (2)

      2.3.4   Hoekom is onderrigsgeleenthede belangrik vir entrepreneurskap?

              Suid-Afrika het huidiglik ŉ tekort aan geskoolde/opgeleide werkers. ✓✓
              of
              Suid-Afrika het ŉ surplus van ongeskoolde werkers en moet mense oplei
              en onderrig om geskoolde en semi-geskoolde werkers te wees. ✓✓
              of
              Slegs deur onderwys sal die jeug in staat wees om aktief deel te neem
              aan die ekonomie. ✓✓
              (Enige ander korrekte, relevante antwoord.)                                   (2)

      2.3.5   Wat is die verskil tussen ŉ suksesvolle entrepreneur en ŉ
              onsuksesvolle entrepreneur?

                 Suksesvolle entrepreneur                Onsuksesvolle entrepreneur
              • Herken en identifiseer nuwe          •  Gebruik bestaande of ou idees en
                 en winsgewende                         ondersoek nooit nuwe produksie
                 geleenthede. ✓✓                        metodes nie of produkte nie. ✓✓
              • Het ŉ duidelike                      • Geen duidelike visie of missie vir
                 verstandhouding van wat                die besigheid nie. ✓✓
                 hy/sy wil bereik. ✓✓                • Kan nie mense oortuig om te
              • Oorreed ander om in te koop             investeer in hul besigheid of die
                 by hulle planne. ✓✓                    produkte te koop nie. ✓✓
              (Enige ander korrekte, relevante       (Enige ander korrekte, relevante
              antwoord.) (2)                         antwoord.) (2)
                                                                                            (4)

                                                 5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)           GRAAD 11

2.4   Onderskei tussen hernubare en nie-hernubare hulpbronne.

      Hernubare hulpbronne:

      •   Hulpbronne wat vervang kan word deur natuurlike metodes. ✓✓
      •   Hulpbronne wat natuurlik vervang sonder ingryping, binne ŉ
          korttermyn/mediumtermyn tydperk. ✓✓
      •   Vb. Weer (sonskyn, reën), plante en diere ✓

      Nie-hernubare hulpbronne:

      •   Hulpbronne soos minerale, fossiel brandstowwe en olie moet spaarsamig
          gebruik word want die hulpbronne het ŉ jaarlikse siklus van groei nie en
          neem miljoene jare om te vorm. ✓✓
      • Kan nie vanself vervang word nie of dit kan baie lank neem om te
          vervang. ✓✓
      (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                               (8)

2.5   Hoe het die Suid-Afrikaanse regering gereageer op die sosiale en
      ekonomiese impak van COVID-19?

      •   Die Departement van Sosiale Welvaart het ŉ verligtingstoelaag aan werklose
          individue verskaf (COVID-19 toelaag).✓✓
      • Die Nasionale Coronavirus Bevelraad adviseer die President van die land
          wanneer die nood ontstaan vir inperkings om die verspreiding van COVID-19
          te minimaliseer. ✓✓
      • Die uitvoerende kabinet het ŉ solidariteitsfonds gestig waar beide die publiek
          en die privaat sektor bydrae kan maak om die Suid-Afrikaanse inwoners by te
          staan. ✓✓
      • Die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) is beskikbaar gestel vir dié
          individue wat hul werk verloor het as gevolg van die impak van die COVID-19
          pandemie. ✓✓
      • Die president het die voorsiening van ŉ R500 biljoen stimuluspakket
          aangekondig. ✓✓
      • Die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank het rentekoerse verskeie kere verlaag en
          dit makliker gemaak vir banke om geld te leen. ✓✓
      (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                               (8)
                                                                                         [40]

                                              6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE

3.1   3.1.1   Noem TWEE verskillende ekonomiese stelsels.

              • Sentrale beplande ekonomie ✓
              • Vrye mark ekonomie ✓
              • Gemengde ekonomie ✓                                         Enige (2 x 1)   (2)

      3.1.2   Hoekom is dit onmoontlik vir Suid-Afrika om ŉ ryk land te word?

              • Inflasie neem vinniger toe as lone en salarisse ✓✓
              • Die produktiwiteitsgroei het swak gevaar (stadig) ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                         Enige (1 x 2)   (2)

3.2   DATA RESPONS

      3.2.1   Identifiseer die ekonomiese stelsel waarna die “GRATIS GOEDERE”
              hierbo verwys.

              • Sentrale beplande ekonomie ✓                                                (1)

      3.2.2   Waarvan is die vryemark stelsel vry in dié suiwerste vorm?

              • Staat/Regeringsinmenging ✓

      3.2.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.

              • Dit is die metode wat deur lande gebruik word om hulpbronne te
                 allokeer. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                         (2)

      3.2.4   Verduidelik die konsep van ŉ onsienbare hand in die ekonomie?

              Die onsienbare hand is ŉ metafoor vir die onsigbare magte wat die vrye-
              mark ekonomie beweeg. ✓✓
              of
              Deur die selfbelang van individue en vryheid van produksie en verbruik,
              word die beste belang van die gemeenskap as ŉ geheel, voldoen. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                         Enige (1 x 2)   (2)

                                              7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                   NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

      3.2.5   Hoekom word die Suid-Afrikaanse ekonomie beskou as ŉ gemengde
              ekonomiese stelsel?

              •   Die regering speel ŉ belangrike rol in die voorsiening van kollektiewe
                  goedere en dienste asook in die regulering van die mark. ✓✓
              • Suid-Afrika het ŉ dubbele ekonomie met ŉ hoogs ontwikkelde
                  finansiële en industriële ekonomie. ✓✓
              • Verbruikers het die vryheid om te besluit hoe hulle, hulle inkomste wil
                  spandeer en wat om te verbruik. ✓✓
              • Die regering gebruik voldoende monetêre en fiskale beleide om
                  maksimum ekonomiese groei en kontinue prys stabiliteit te
                  verseker. ✓✓
              • Die regering se betrokkenheid in die mark sluit in ingryping om pryse
                  te beheer om verbruikers en werkers te beskerm. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                         Enige (2 x 2)   (4)

3.3   DATA RESPONS

3.3   3.3.1   Identifiseer die industrie wat die meeste afname getoon het in die
              grafiek hierbo.

              •   Landbou (-13,2%) ✓                                                        (1)

      3.3.2   Onder watter ekonomiese sektor word konstruksie geklassifiseer?

              •   Sekondêre sektor ✓                                                        (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term infrastruktuur.

              •   Die basiese fisiese en organiseerde strukture en fasiliteite (bv.,
                  geboue, paaie, krag voorsiening) benodig vir die funksionering van
                  die samelewing en besighede. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                         (2)

      3.3.4   Hoe sal ŉ toename in beleggingsbesteding die ekonomie beïnvloed?

              •   Uitbreiding van die infrastruktuur ontwikkeling. ✓✓
              •   Toename in indiensname, produktiwiteit en produksie. ✓✓
              •   Toename in ekonomiese groei wat ŉ positiewe impak op die
                  ekonomie sal hê. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                     Enige (1 x 2)       (2)

                                              8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

      3.3.5   Onderskei tussen reële beleggings en finansiële beleggings.

              •   Reële beleggings of bruto vaste kapitaal formasie is die besteding op
                  bykomende kapitaal voorraad bv., masjinerie, strukture en
                  voorraad. ✓✓
              • Hierdie beleggings word gedoen met die doel om wins in die toekoms
                  te maak. ✓✓                                             (Maks. 2 punte)
              • Finansiële beleggings is beleggings in aandele en ander finansiële
                  instrumente. ✓✓
              • Dit is ŉ bate waarin geld gesit word met die hoop dat dit sal groei tot
                  groter som geld. ✓✓                                     (Maks. 2 punte)
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                          (4)

3.4   Verduidelik kortliks die ekonomiese belangrikheid van ‘energie’ as deel van
      Suid-Afrika se infrastruktuur.
      •   Energie is belangrik vir die funksionering van die moderne samelewing. 
      •   ŉ Groot aantal energie word verbruik deur industrieë en huishoudings/industrieë
          kan nie funksioneer sonder energie nie. 
      • Die verlies van energie vir ŉ kort tydperk kan lei tot massiewe verlies van inkomste
          vir besighede in alle sektore. 
      • Die gebruik van tegnologie om energie op te wek vanaf hernubare bronne is een
          van die grootste groei sektors. 
      • Die energie sektor neem ŉ groot aantal mense in diens vanuit die arbeidsmag. 
      • Energie verdien buitelandse valuta deur die verkoop van elektrisiteit aan ander
          lande. 
      • Betroubare vervoer of kommunikasie is nie moontlik sonder elektrisiteit nie. 
      (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                  Enige (4 x 2)   (8)

3.5   Evalueer die regering se betrokkenheid in die verhoging van toegang tot
      ekonomiese geleenthede.

      Die regering het daarin geslaag om toegang tot ekonomiese geleenthede te
      verhoog deur:
      •   Verwydering van wetlike beperkings wat die toetrede van swart mense tot die
          hoofstroomekonomie gekeer het. 
      • Die bekendstelling van beleide om nuwe geleenthede te skep asook om die
          deelname van swart mense in die eienaarskap, bestuur en beheer van
          ekonomiese aktiwiteite te verhoog, soos Wye Gebaseerde Swart Ekonomiese
          Bemagtiging (BBBEE in engels). 
      • Verbetering in die voorsiening van infrastruktuur (kommunikasie, vervoer en
          elektrisiteit) vir arm gebiede. 
      • Desentralisering van ekonomiese aktiwiteite na voorheen/geskiedkundige
          benadeelde gebiede deur streeksontwikkelingsprogramme. 
      • Voorsiening van gratis onderrig om die kwalifikasies van voorheen
          geskiedkundige benadeelde individue te verbeter. 
      (Enige korrekte, relevante antwoord.)
      (Aanvaar argumente wat handel oor die mislukking van die regering om
      toegang tot ekonomiese geleenthede te verhoog.)                     Enige (4 x 2)      (8)
                                                                                            [40]
                                               9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE

4.1   4.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van inspuitings.

              • Uitvoere ✓
              • Regeringsbesteding ✓
              • Beleggings ✓                                                Enige (2 x 1)    (2)

      4.1.2   Hoekom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit wanneer die
              BBP bereken word?

              • Indien intermediêre goedere en dienste ingesluit word, veroorsaak dit
                 dubbeltelling wat die BBP onrealisties verhoog. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                          (2)

4.2   DATA RESPONS

      4.2.1   Identifiseer EEN inspuiting in die diagram hierbo.

              • Regeringsbesteding/Regeringsaankope ✓                                        (1)

      4.2.2   Noem die tipe ekonomie wat in die bostaande diagram
              verteenwoordig word.

              • Geslote ekonomie/Drie sektor ekonomie ✓                                      (1)

      4.2.3   Beskryf kortliks die term sirkulêre vloei.

              • Die sirkulêre vloei model van die ekonomie is ŉ vereenvoudiging wat
                 wys hoe die ekonomie werk en die verhouding tussen inkomste,
                 produksie en besteding in die ekonomie as ŉ geheel. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                          (2)

      4.2.4   Wat is die hoofdoel van sosiale oordragte?

              • Herverdeling van inkomste/armoede verligting/om die wanbalanse van
                 die verlede reg te stel/bevordering van gelykheid/gaping tussen ryk en
                 arm kleiner te maak. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                          Enige (1 x 2)   (2)

      4.2.5   Hoekom is die faktormark belangrik in die sirkulêre vloei?

              •  Faktormarkte help die ekonomie om te groei deur die voorsiening van ŉ
                 meganisme waar produksiefaktore mee gehandel word. ✓✓
              • Huishoudings besit die produksiefaktore en verkoop die faktore op die
                 inset mark en ontvang inkomste (lone, huur, rente en wins) waarmee
                 hul goedere en dienste koop. ✓✓
              • Besighede koop hierdie produksie faktore van huishoudings op die
                 faktor mark om goedere en dienste te vervaardig. ✓✓
              (Enige ander korrekte, relevante antwoord.)                   Enige (2 x 2)    (4)
                                              10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

4.3   4.3.1   Identifiseer EEN ander klassifikasie van finale verbruiksbesteding
              deur huishoudings wat nie in die bostaande tabel genoem word nie
              • Nie-duursame goedere ✓/Dienste ✓                                             (1)

      4.3.2   Wat is die tendens van die waarde van ‘ander duursame goedere’
              vanaf 2012?
              • Toenemend ✓                                                                  (1)

      4.3.3   Definieer duursame goedere.
              • Sluit in alle goedere wat vir meer as een jaar kan gebruik word/Goedere
                 wat vir ŉ lang tydperk bruikbaar is. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                          (2)

      4.3.4   Verduidelik wat bedoel word met die term teen konstante pryse in die
              tabel hierbo?
              • Die waarde van huishoudelike besteding voor inflasie./Die
                 onaangepaste waarde van huishoudelike verbruiksbesteding. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                           (2 x 1)        (2)

      4.3.5   Hoekom is die finale verbruiksbesteding deur huishoudings belangrik
              in die ekonomie?
              •  Huishoudings is die mees basiese eenhede in die ekonomie aangesien
                 hul goedere en dienste verbruik, terwyl hulle ook produksiefaktore
                 voorsien. ✓✓
              • Daar is ŉ sterk verhouding tussen totale nasionale inkomste en die
                 besteding deur huishoudings. ✓✓
              (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                (2 x 2)   (4)
4.4   Bespreek ten volle, die verskil tussen finale goedere en dienste en
      intermediêre goedere en dienste.
      Finale goedere en dienste
      •  Goedere en dienste wat aangekoop word deur finale verbruikers om hul
         behoeftes en begeertes te bevredig. ✓✓
      • Die kopers van hierdie goedere en dienste het geen intensie om dit verder te
         verander vir die doel van herverkope. ✓✓                                            (1)
      • Die finale goedere en dienste kan verbruikersgoedere en -dienste wees of
         kapitaal goedere soos masjinerie. ✓✓
      • Kapitaal goedere word beskou as finale goedere aangesien hulle nie verder
         gaan verander word vir herverkope nie. ✓✓
      • Finale goedere en dienste word op die produk mark gekoop deur die vier
         ekonomiese deelnemers. ✓✓
      • Die goedere en dienste het die finale fase in die produksie proses bereik en
         besit die eienskappe van vorm nut. ✓✓
      • Finale goedere en dienste kan verdeel word in duursame, semi-duursame en
         nie-duursame goedere. ✓✓
      (Enige relevante antwoord wat met finale goedere en dienste verband hou.)
                                                                         (Maks. 4 punte)
                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

      Intermediêre goedere en dienste

      •  Intermediêre goedere en dienste is goedere en dienste wat gebruik word
         tydens die vervaardiging van ander goedere en dienste. ✓✓
      • Finale goedere en dienste word geproduseer deur om intermediêre goedere te
         kombineer tydens die proses. ✓✓
      • Sluit in alle goedere en dienste wat nie direk verbruik word nie. ✓✓
      • Word gewoonlik aangekoop deur vervaardigers. ✓✓
      (Enige relevante antwoord wat met intermediêre goedere en dienste verband hou)
                                                                         (Maks. 4 punte)    (8)

4.5   Hoe kan die finale verbruiksbesteding deur die regering, die lewenstandaard
      verbeter?

      •  Uitreiking van sosiale toelae vernou die gaping tussen die rykes en die
         armes. ✓✓
      • Bou van infrastruktuur skep werksgeleenthede. ✓✓
      • Voorsiening van gratis onderrig verbeter die geletterdheid- en
         syfervaardigheidskoers. ✓✓
      • Voorsiening van kwaliteit gesondheidsdienste sal die lewenstandaard verbeter
         omdat mense gesond en produktief sal wees. ✓✓
      (Enige korrekte, relevante antwoord.)                                      (2 x 4)    (8)
                                                                                           [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:           80

                                              12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                        NASIENRIGLYNE           (VRAESTEL 1)      GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK

                                                                                PUNTE
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                              TOEKENNING
Inleiding:

Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.

•  ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
                                                                                Maks. 2
   te definieer of te omskryf.
• Moet NIE enige deel van die vraag by die inleiding insluit NIE.
• Moet NIE enige deel van die inleiding by die liggaam insluit NIE.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
   bespreek.
Liggaam:

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande
bespreking/Ondersoek/Bespreek
krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Teken ŉ grafiek      Maks. 26
en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en verduidelik/Voltooi die grafiek
gegee/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.

Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer
krities/Debatteer/Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                               Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.

Slot:

Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:

•   ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
    enige feite wat reeds genoem is                                             Maks. 2
•   Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
•   Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
    versterk
•   ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
•   Aanbevelings
                                                                  TOTAAL          40

                                                13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)          GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE

•   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksie faktore
    vir die vervaardigers van goedere en dienste:

     −    Arbeid                (maks. 10 punte)
     −    Kapitaal              (maks. 10 punte)
     −    Natuurlike hulpbronne (maks. 10 punte)                             (26 punte)

•   Hoe het landhervormings-programme (beleide) bygedra tot die
    akkommodering van ekonomiese gemarginaliseerde groepe?                   (10 punte)

INLEIDING

Ekonome verwys gereeld na produksiefaktore as insette. Die finale produk of diens wat
gemaak word vanaf insette word ŉ uitset genoem. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte, relevante inleiding)                        (Maks. 2)

HOOFDEEL

DIE EKONOMIESE BELANGRIKHEID VAN ARBEID

•    Produksie kan nie plaasvind sonder fisiese en verstandelike inspanning nie. ✓✓
•    ŉ Ekonomie moet produksie verhoog om te kan groei. ✓✓
•    Daarom het ŉ ekonomie ŉ geskikte arbeidsmag nodig met die regte aantal
     geskoolde en semi-geskoolde werkers. ✓✓
•    Die tekort aan geskoolde arbeid, veral werkers met tegniese vaardighede, is een
     van die mees ernstige probleme in Suid-Afrika se arbeidsmark. ✓✓
•    Baie Suid-Afrikaanse besighede is arbeidsintensief, so arbeidskoste maak ŉ
     groot deel op van produksiekoste. ✓✓
•    Die produktiwiteit van die arbeidsmag bepaal die spoed waarmee goedere
     vervaardig word, die kwaliteit en die koste van die uitset. ✓✓
•    Indien produksie koste te hoog is, sal dit inflasie laat toeneem en die pryse van
     uitvoere minder kompeterend maak op internasionale markte. ✓✓
•    Vakbonde word dikwels aangekla dat hulle die pryse van lone opstoot sonder om
     maniere te vind wat produktiwiteit van lede verbeter. ✓✓
•    Die rol van vakbonde is belangrik omdat dit werkgewers aanmoedig om meer aan
     grootmens onderrig en opleiding te bestee. ✓✓
•    Onderrig speel ŉ belangrike rol in die ontwikkeling van arbeid in ŉ land. ✓✓
•    Indien die arbeidsmag opgelei is, is hulle geneig om meer produktief te wees. ✓✓
•    Die Vaardigheidsontwikkelings Heffingswet van 1998 maak voorsiening vir 1%
     van ŉ werkgewer se loon rekening om oor betaal te word aan die Nasionale
     Inkomste Fonds. ✓✓
•    Hierdie geld word gebruik deur die Sektor Onderrig Opleiding Owerhede
     (SOOO’s) om ons arbeidsmag op te gradeer. ✓✓                              (Maks. 10)

                                               14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                    NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

DIE EKONOMIESE BELANGRIKHEID VAN KAPITAAL

•    Ekonomiese groei is ŉ direkte resultaat van ŉ toename in die kapitaalbates van ŉ
     land. ✓✓
•    Besparings skep kapitaal en ŉ hoër belegging in kapitaal goedere. ✓✓
•    Besparings is daarom die beginpunt vir ekonomiese groei en vordering. ✓✓
•    Om die ekonomiese groei van Suid-Afrika te verhoog, sal verbruikersbesteding
     moet afneem. ✓✓
•    Die surplus gelde kan dan gespaar word en kan in vaste beleggings omgeskep
     word. ✓✓
•    Finansiële instansies sal meer geld beskikbaar hê om uit te leen aan besighede
     wat wil uitbrei. ✓✓
•    Dit lei tot meer werksgeleenthede en minder werkloosheid. ✓✓
•    Verhoogde inkomste van individue sal weereens meer besparings skep en so sal
     die ekonomiese groeisiklus aanhou. ✓✓
•    Die kapitaal kan omgeskakel word in masjinerie en toerusting wat gebruik word
     om goeie kwaliteit goedere te produseer. ✓✓
•    Hierdie goedere verhoog die plaaslike lewenstandaard deur die toename in
     keuses en verskeidenheid beskikbare produkte wat verbruikers het. ✓✓
•    Goedere kan ook uitgevoer word en buitelandse valuta word verdien wat SA se
     afhanklikheid op invoere van ander lande kan verminder. ✓✓
•    ŉ Opkomende ekonomie soos Suid-Afrika het ŉ groot aanvraag vir finale
     verbruikersgoedere. ✓✓                                               (Maks. 8)

EKONOMIESE BELANGRIKHEID VAN NATUURLIKE HULPBRONNE

•   Baie van die arbeidsmag in ontwikkelende lande werk in landbou. ✓✓
•   Daarom, skep natuurlike hulpbronne werksgeleenthede en die potensiaal vir
    werkskepping in die produksie van goedere en dienste. ✓✓
•   Produksie van grond kan vermeerder word deur die gebruik van chemikalieë en
    kunsmis; en deur konservasie en grondbewerking. ✓✓
•   Die eienaarskap van grond is ŉ goeie aansporing om grond te bewaar en die
    kwaliteit te verbeter. ✓✓
•   Water is ŉ baie belangrike element in landbou en daarom ook belangrik in die
    produksie van goedere en dienste. ✓✓
•   Baie ontwikkelende lande is afhanklik op die uitvoer van minerale hulpbronne. ✓✓
•   Landbou aktiwiteite is ŉ belangrike deel van sekere ontwikkelende lande. ✓✓
•   Sekere lande is afhanklik van die uitvoer van vars vrugte, wyn en ŉ verskeie tipes
    natuurlike kos. ✓✓
•   Wanneer natuurlike hulpbronne uitgevoer word, kan lande van buitelandse valuta
    baat verwerf. ✓✓
•   Dit dra by tot fiskale inkomste, inkomste en armoede vermindering. ✓✓
                                                                           (Maks. 10)
(Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.)                        (Maks. 26)
(Maksimum van 8 punte vir opskrifte, sub-opskrifte en voorbeelde.)

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)         GRAAD 11

ADDISIONELE GEDEELTE

•    Hoe het die landverdelingsprogramme (beleide) bygedra tot die
     akkommodering van ekonomiese gemarginaliseerde groepe?

Die landherverdelingsprogramme het bygedra op die volgende maniere:

Die landhervormingsprogram: ✓

•    Die Wet op Landhervorming laat mense wie se grond mee weggedoen was, om
     die hulle grond op ŉ wettige manier terug te eis of om betaling te ontvang. ✓✓
•    Indien die eiendom in stedelike gebiede val, word die individue monetêr beloon
     vir hul verliese. ✓✓
•    In die geval van landelike eise, word van die land terug gegee aan die wettige
     eienaars. ✓✓

Die land-herverdelingsprogram: ✓

•    Sluit in die beskikbaarheid van grond vir landbou produksie of vir
     bestaanswyse. ✓✓
•    Dit lê klem op die voorsiening van grond aan die arm, gemarginaliseerde mense
     vir kleinskaal boer, om inkomste te verdien. ✓✓

Die vennootskap-program (boerdery)✓

•    Verseker dat plaaswerkers sekere aandele (winsdeling) kry op die plase waar
     hulle werk. ✓✓
•    Die werkers is ook betrokke in gesamentlike besluitneming op ŉ bestuursvlak.✓✓
•    Werkers verkry ook permanente woonreg na ŉ sekere aantal jare of na aftrede,
     asook ander voordele. ✓✓

Die HOP Behuisingsprogram: ✓

•   Gee inwoners met ŉ lae-inkomste die kans om aansoek te doen vir die
    gesubsidieerde HOP behuisingsskema sodat hulle skuiling aan hul families kan
    voorsien. ✓✓
•   Die regering subsidieer die infrastruktuur kostes, soos sonkrag, voorafbetaalde
    kragmeters ens. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.)                         (Maks. 10)

SLOT

Suid-Afrika het ŉ oorvloed van natuurlike hulpbronne, en indien dit effektief gebruik
word en tot hul volle potensiaal ontwikkel word, kan SA ŉ volhoubare en floreerende
ekonomie word. ✓✓
(Aanvaar enige ander korrekte, relevante hoër-orde slot)
                                                                               (Maks. 2)
                                                                                           [40]

                                               16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                               EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE             (VRAESTEL 1)          GRAAD 11

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE                                     (40 PUNTE – 40 MINUTE)

“Suid-Afrika is een die vele lande in die wêreld met ŉ gemengde ekonomie.”

•    Bespreek die eienskappe, voordele en nadele van ŉ land met ŉ gemengde
     ekonomiese stelsel.                                            (26 punte)

•    Analiseer die redes hoekom die Suid-Afrikaanse ekonomie meer regerings
     ingryping benodig.                                            (10 punte)

INLEIDING

Suid-Afrika se gemengde ekonomie is ŉ mengsel van ŉ mark ekonomie en ŉ sentrale
beplande (bevele) ekonomie. Die stelsel kombineer die voordele van albei sisteme. ✓✓
                                                                            (Maks. 2)

HOOFDEEL

EIENSKAPPE

1.    Motivering: ✓

      In die privaat sektor van die gemengde ekonomie, word dit aanvaar dat
      verbruikers en vervaardigers gemotiveer is deur self-belang. ✓✓
      In die publieke sektor word dit aangeneem dat motivering gebaseer is op die
      bevrediging van die sosiale behoeftes van die gemeenskap. ✓✓

2.    Eienaarskap: ✓

      Verbruikers, vervaardigers en organisasies besit die grootste deel van
      produksie faktore. ✓✓ Die staat besit besighede soos Transnet, Telkom, die
      Poskantoor, Denel, die SABC en die waterraad. ✓✓

3.    Mededinging: ✓

      In die privaat sektor word mededinging behou en ŉ verskeidenheid goedere en
      dienste word geproduseer. ✓✓

      –     In SA, is mededinging in die privaat sektor behou en bevorder deur die
            Mededingings-wet. ✓✓
      –     Die publieke sektor voorsien beskerming, gesondheidsorg, onderwys,
            sosiale welvaart en ekonomiese dienste. ✓✓
      –     Regeringsbesighede is monopolieë ✓✓

4.    Staatsingryping: ✓

      Regerings gryp in om sosiale en welvaartsdoeleindes te bereik en markte se
      funksionering te verbeter. ✓✓

                                              17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                  NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)          GRAAD 11

VOORDELE

1.   Die privaat sektor: ✓

     Private eienaarskap, die winsmotief en mededinging is die dryfkrag wat die
     vervaardiging van ŉ verskeidenheid goedere en dienste verseker. ✓✓

     –   Invoere vul plaaslike verskeidenheid en keuse aan. ✓✓
     –   Uitvoere skep werksgeleenthede en dra by tot ekonomiese groei. ✓✓

2.   Die publieke sektor: ✓

     Beskerming, onderrig, gesondheidsorg, sosiale voordele en geleenthede vir die
     armes word voorsien. ✓✓

     –   Die publieke sektor hanteer markmislukkings deur die voorsiening van
         infrastruktuur en die skepping van ŉ soliede ekonomiese raamwerk. ✓✓

3.   Optimale mengsel: ✓

     Die optimale mengsel sal verseker dat alle inwoners ŉ optimale lewenstandaard
     sal ervaar. ✓✓

     –   Die regering laat die privaat sektor toe om hul mark doelwitte na te volg. ✓✓

4.   Die omgewing en menseregte: ✓

     Gemengde ekonomieë het beter omgewing en menseregte rekords wanneer dit
     vergelyk word met sentrale-beplande of mark ekonomieë. ✓✓

5.   Lok direkte buitelandse beleggings aan. ✓✓

NADELE

1.   Skep armoede ✓ – die privaat sektor het geen beheer oor grond en kapitaal en
     werkers mag misbruik word. ✓✓

     –   Deur onvolmaakte markte, kan die privaat sektor verbruikers indoen en die
         ongelykheid van inkomste en welvaart vererger. ✓✓
     –   Beide die omgewing en menseregte word misbruik. ✓✓
     –   Armoede neem toe. ✓

2.   Verdringing van die privaat sektor ✓ omdat die publieke sektor geen beheer oor
     die wetgewende proses het nie. ✓✓

     –   Die belastingsskaal en die staatsbesighede brei so uit dat privaat besighede
         verdring word en dit lei tot ŉ afname in ekonomiese groei en
         werkskepping. ✓✓

                                            18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                                EKONOMIE
                                     NASIENRIGLYNE              (VRAESTEL 1)          GRAAD 11

3.     Werkloosheid, inflasie en wisselende besigheidssiklusse. ✓✓

4.     Inkomste is nie regverdig verdeel nie. ✓✓

5.     Meer belasting op minder werkers. ✓✓

6.     Sentralisering/konsentrasie van groei in stede. ✓✓

       (Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord.)
       (Maksimum van 8 punte vir opskrifte, sub-opskrifte en voorbeelde.)
                                                                                   (8 x 1)
                                                                            INHOUD: (18)
                                                                               (Maks. 26)

ADDISIONELE GEDEELTE

Analiseer die redes hoekom die Suid-Afrikaanse ekonomie meer
regeringsingryping benodig.

•    Hoë vlakke van armoede benodig meer regeringsingryping om die armes te
     ondersteun. ✓✓
•    Oortollige diensleweringsproteste aksies maak dit duidelik dat die regering meer
     moet doen om die basiese behoeftes van die gemeenskappe te bevredig. ✓✓
•    Misdaadsvlakke en algemene wetteloosheid (bv. ongehoorsaamheid aan padreëls)
     benodig meer polisiëring. ✓✓
•    Onderhoud en uitbreiding van bestaande infrastruktuur (bv. elektrisiteit en publieke
     vervoer) benodig intensiewe regeringsinmenging. ✓✓
•    Ongelykhede moet aangespreek word deur die regering met behulp van onderrig,
     die voorsiening van behuising en herverdelingsprogramme ✓✓ (bv. grond). ✓

(Aanvaar enige ander korrekte, relevante antwoord)                             (Maks. 10)

SLOT

In Suid-Afrika, is die staat betrokke in die ekonomie/produksie-proses as ŉ
entrepreneur, organiseerder en wetgewer. ✓✓                                     (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte, relevante hoër-orde slot.)                                    [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C:            40

                                                                                TOTAAL:      150

                                               19

## Related documents

- [Gr11 EC P1 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ec-p1-eng-june-2022-question-paper/304b3295-37d9-4d53-931f-057ad81d4fd8) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov2022-english/f3b27fa1-7373-4ceb-8730-0144367736fd) — Economics · Memo · 2022 · Eng
- [Gr11 ECN P1 June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-june-2018-possible-answers/e69fb215-dd9d-4c1d-b0d2-7dc481798478) — Economics · Memo · 2018
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 June 2016 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-june-2016-possible-answer/f8203d4e-75e5-47b6-99b4-33b4023ca83d) — Economics · Memo · 2016
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (English) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-english-june-2024-question-paper/a5bf3155-bcd3-4b96-83c6-1d36905153a9) — QP · 2024 · Eng
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
