# Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2022 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ec-p1-afr-june-2022-question-paper/2e1236af-3cf4-42fa-952d-1abdac91c5d7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2022 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ec-p1-afr-june-2022-question-paper/2e1236af-3cf4-42fa-952d-1abdac91c5d7)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2022. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             PROVINSIALE EKSAMEN
                    JUNIE 2022
                    GRAAD 11

                      EKONOMIE

                     (VRAESTEL 1)

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

                               PROOFREAD    DATE ___________
                               SIGNATURE   _________________
14 bladsye                     PROOFREAD   DATE ___________
                               SIGNATURE   _________________

                                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                       2
                                                      (VRAESTEL 1)     GRAAD 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink

10.   Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                         b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                         3
                                                      (VRAESTEL 1)      GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                    30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommers
      (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 E.

      1.1.1   Die vergoeding of betaling wat gemaak word in ruil vir die gebruik van
              produksie faktore met ŉ beperkte aanbod, staan bekend as …

              A    ekonomiese huur.
              B    huur.
              C    kommersiële huur.
              D    rente.

      1.1.2   In ŉ ekonomie waar inspuitings meer is as lekkasies, sal die …

              A    produksie van goedere en dienste afneem.
              B    nasionale inkomste sal afneem.
              C    nasionale inkomste sal toeneem.
              D    bruto waarde toegevoeg tydens produksie sal toeneem.

      1.1.3   In ŉ sentrale-beplande ekonomie is …

              A    besluitneming gesentraliseer.
              B    produksie faktore is in privaat besit.
              C    privaat inisiatief en vryheid van keuse is beperk.
              D    die pryse van goedere en dienste bepaal deur individue.

      1.1.4   Die Coronavirus Siekte 2019 was as ŉ pandemie verklaar deur die …

              A    Wêreldhandelsorganisasie.
              B    Wêreldgesondheidsorganisasie.
              C    Staatspresident van Suid-Afrika.
              D    Suid-Afrikaanse Departement van Gesondheid.

      1.1.5   Goedere wat beskou word as skadelik vir die gemeenskap staan bekend
              as … goedere.

              A    meriete
              B    demeriete
              C    kapitaal
              D    publieke

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                           4
                                                 (VRAESTEL 1)      GRAAD 11

1.1.6   In Suid-Afrika kan die parlement geklassifiseer word as die …

        A    nasionale tak van die staat.
        B    geregtelike tak van die staat.
        C    wetgewende tak van die staat.
        D    uitvoerende tak van die staat.

1.1.7   Die konsep ‘produksie’ in Ekonomie beteken die (verwys na) ...

        A    voorsiening van dienste of ontasbares.
        B    aktiwiteite wat goedere/dienste, vir die bevrediging van begeertes,
             verskaf.
        C    aankoop van goedere en dienste.
        D    tersiêre dienste.

1.1.8   Gemarginaliseerde groepe word uitgesluit van die …

        A    samelewing.
        B    politiek.
        C    beskerming.
        D    ekonomie.
                                                                          (8 x 2)   (16)

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                          5
                                                     (VRAESTEL 1)        GRAAD 11

1.2   PASSENDE ITEMS

      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by ŉ item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A – K) langs die vraagnommers (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK
      neer, bv. 1.2.9 L.

               KOLOM A                               KOLOM B
      1.2.1   Ekonomiese groei    A   Verbind aan die samelewing en die ekonomie

      1.2.2   Sosio-ekonomies     B   Die vloei van goedere en dienste

      1.2.3   Ekonomiese huur     C   Hulpbronne wat deur die regering geallokeer
                                      word
      1.2.4   Bruto Binnelandse
              Besteding (BBB)     D   Industrieë in die primêre sektor

      1.2.5   Reële vloei         E   Verhouding tussen uitset tot inset

      1.2.6   Sentrale beplande   F   Neem toe teen ŉ koers wat gelyk is aan die
              ekonomie                toename in die arbeidsmag se koers

      1.2.7   Armoedelyn          G Betaling vir die gebruik van ŉ produksie faktor
                                    wat ŉ beperkte aanbod het
      1.2.8   Produktiwiteit
                                  H   Lewensverwagting strek slegs ŉ paar maande

                                  I   Die minimum bedrag geld nodig om vir
                                      basiese behoeftes te betaal

                                  J   C+I+G

                                  K   ŉ Toename in die produksie-kapasiteit van die
                                      ekonomie oor ŉ spesifieke tydperk
                                                                             (8 x 1)   (8)

                                                                                           b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE                           6
                                                        (VRAESTEL 1)       GRAAD 11

1.3   KONSEPTE

      Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal NIE aanvaar word NIE.

      1.3.1   Skaars hulpbronne waarvoor mense bereid is om te betaal

      1.3.2   Produksie en pryse word bepaal deur onbeperkte mededinging tussen
              privaat besighede

      1.3.3   Besighede onder staatsbeheer soos die SABC en ESKOM

      1.3.4   Wanneer daar ŉ tekort in aanbod is of iets nie beskikbaar is nie

      1.3.5   Dié sektor word geken aan aktiwiteite wat straatverkope en
              handgemaakte produkte insluit

      1.3.6   Inkomste wat die staat aan individue of besighede gee vir ŉ spesifieke
              doel
                                                                                 (6 x 1)       (6)

                                                               TOTAAL AFDELING A:              30

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                          7
                                                         (VRAESTEL 1)    GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE vlakke van die regering.                           (2 x 1)       (2)

      2.1.2   Hoekom is die publieke sektor belangrik?                           (1 x 2)       (2)

2.2   Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      BRUTO WAARDE TOEGEVOEG 2020, KWARTAAL 3

                                                                         R (Miljoene)
      Bruto waarde toegevoeg deur die primêre sektor                           320 281
      Bruto waarde toegevoeg deur die sekondêre sektor                         945 944
      Bruto waarde toegevoeg deur die tersiêre sektor                     2 895 561
      Bruto waarde toegevoeg teen basiese pryse                           4 161 786

      2.2.1   Watter metode is gebruik om Bruto Binnelandse Produksie te bereken in
              die bostaande tabel?                                                              (1)

      2.2.2   Watter jaar word vanaf 2020 gebruik as die basis jaar deur die SARB?              (1)

      2.2.3   Beskryf kortliks die term Bruto Waarde Toegevoeg.                                 (2)

      2.2.4   Wat is die impak van ŉ afname in primêre sektor aktiwiteite op
              produksie?                                                                        (2)

      2.2.5   Bereken die persentasie bydrae van die sekondêre sektor tot die Bruto
              Waarde Toegevoeg teen basiese pryse. Toon alle berekeninge aan.                   (4)

                                                                                               b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                            8
                                                         (VRAESTEL 1)       GRAAD 11

2.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

         RAMAPHOSA MOEDIG ENTREPRENEURSKAP AAN ONDER JONG
                          SUID-AFRIKANERS

      Dineo Bendile

      JOHANNESBURG – Adjunk-president Cyril Ramaphosa sê dat die regering,
      die gees van entrepreneurskap onder jong Suid-Afrikaners probeer terug bring.

      Die adjunkpresident lê klem op, nie net die belangrikheid daarvan om
      onderrigsgeleenthede aan te gryp nie, maar ook op die aanmoediging van
      entrepreneurskap.

      Hy het ook genoem dat die jeug ŉ groot rol in die land se ekonomiese groei
      speel.

      Ramaphosa se woordvoerder, Tyrone Seale het gesê dat, “Soos ons hierdie
      geleenthede skep, doen ons dit holisties.” Ons kyk na hulle as totale burgers
      en totale sosiale wesens ...”
                                                 [Geredigeer deur Tamson Wort – News 24]

      2.3.1   Identifiseer EEN ander produksie faktor wat nie in die uittreksel
              genoem word nie.                                                               (1)

      2.3.2   Voor watter jaar sou hierdie uittreksel geskryf gewees het?                    (1)

      2.3.3   Definieer die term entrepreneur.                                               (2)

      2.3.4   Hoekom is onderrigsgeleenthede belangrik vir entrepreneurskap?                 (2)

      2.3.5   Wat is die verskil tussen ŉ suksesvolle entrepreneur en ŉ
              onsuksesvolle entrepreneur?                                         (2 x 2)    (4)

2.4   Onderskei tussen hernubare en nie-hernubare hulpbronne.                                (8)

2.5   Hoe het die Suid-Afrikaanse regering gereageer op die sosiale en
      ekonomiese impak van COVID-19?                                                         (8)
                                                                                            [40]

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE                         9
                                                       (VRAESTEL 1)       GRAAD 11

VRAAG 3: MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem TWEE verskillende ekonomiese stelsels.                     (2 x 1)       (2)

      3.1.2   Hoekom is dit onmoontlik vir Suid-Afrika om ŉ ryk land te word? (1 x 2)       (2)

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                GRATIS
                                                                FREE
                                                               GOEDERE
                                                                STUFF

                                                                 GROOT
                                                                REGERING
                                                               GOEDGEKEUR

                                The
                                 Die Progressive
                                     ProgressieweAgenda
                                                  Agenda

      3.2.1   Identifiseer die ekonomiese stelsel waarna die “GRATIS GOEDERE”
              hierbo verwys.                                                                (1)

      3.2.2   Waarvan is die vryemarkstelsel vry in dié suiwerste vorm?                     (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.                                 (2)

      3.2.4   Verduidelik die konsep van ŉ onsienbare hand in die ekonomie?                 (2)

      3.2.5   Hoekom word die Suid-Afrikaanse ekonomie beskou as ŉ gemengde
              ekonomiese stelsel?                                        (2 x 2)            (4)

                                                                                            b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                            EKONOMIE                  10
                                                            (VRAESTEL 1)   GRAAD 11

3.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Hoe het Suid-Afrika se industrieë presteer in die eerste kwartaal van 2019?

                                     REGERING

                                     FINANSIES

                           PERSOONLIKE DIENSTE

                                                   KONSTRUKSIE

                                                   HANDEL

                                                   VERVOER

                                                   ELEKTRISITEIT

                                                   VERVAARDIGING

                                                   MYNWESE

                                                   LANDBOU

      3.3.1   Identifiseer die industrie wat die meeste afname getoon het in die
              grafiek hierbo.                                                          (1)

      3.3.2   Onder watter ekonomiese sektor word konstruksie geklassifiseer?          (1)

      3.3.3   Beskryf kortliks die term infrastruktuur.                                (2)

      3.3.4   Hoe sal ŉ toename in beleggingsbesteding die ekonomie beïnvloed?         (2)

      3.3.5   Onderskei tussen reële belegging en finansiële belegging.                (4)

3.4   Verduidelik kortliks die ekonomiese belangrikheid van energie as deel van
      Suid-Afrika se infrastruktuur.                                                   (8)

3.5   Evalueer die regering se betrokkenheid by die verhoging van toegang tot
      ekonomiese geleenthede.                                                          (8)
                                                                                      [40]

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE                    11
                                                             (VRAESTEL 1)     GRAAD 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van inspuitings.                                (2)

      4.1.2    Hoekom word intermediêre goedere en dienste uitgesluit wanneer die
               BBP bereken word?                                                          (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande diagram en beantwoord die vrae wat volg.

                               Betaling vir die aankope van goedere
                               en dienste

                             Belasting                    Regeringse
                                                          aankope

              Huishoudings                    Regering                    Besighede

              Inkomste        Sosiale                         Belasting
                              oordragte

                                Lone, dividende, rente, wins en huur

      4.2.1    Identifiseer EEN inspuiting in die diagram hierbo.                         (1)

      4.2.2    Noem die tipe ekonomie wat in die bostaande diagram verteenwoordig
               word.                                                                      (1)

      4.2.3    Beskryf kortliks die term sirkulêre vloei.                                 (2)

      4.2.4    Wat is die hoofdoel van sosiale oordragte?                                 (2)

      4.2.5    Hoekom is die faktormark belangrik in die sirkulêre vloei?                 (4)

                                                                                          b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                             12
                                                         (VRAESTEL 1)       GRAAD 11

4.3   Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      Finale verbruiksbesteding deur huishoudings
      (Teen konstante 2010 pryse) (R miljoene)
                                                          2012        2013        2014
      Duursame goedere:                                  175 319     191 062     201 145
      Meubels, huishoudelike toestelle ens.               28 535      30 157      31 806
      Persoonlike vervoer toerusting                     104 908     115 950     121 713
      Rekenaars en verwante toerusting                     7 805       9 055      10 290
      Ontspannings en vermaaklikheidsgoedere              24 835      25 972      27 023
      Ander duursame goedere                               9 236       9 928      10 313

      Semi-duursame goedere:                             149 519     157 441     162 412
      Klere en skoeisel                                   87 941      92 359      95 430
      Huishoudelike tekstiele, breekware ens.             24 265      25 865      26 978
      Voertuig bande, onderdele en bykomstighede          15 744      16 287      16 321
      Ontspannings en vermaaklikheidsgoedere              11 031      11 710      11 953
      Diverse goedere                                     10 583      11 220      11 730
                                               [Bron: SARB Quarterly Bulletin (Junie 2015)]

      4.3.1   Identifiseer EEN ander klassifikasie van finale verbruiksbesteding deur
              huishoudings wat nie in die bostaande tabel genoem word nie.                     (1)

      4.3.2   Wat is die tendens van die waarde van ‘ander duursame goedere’
              vanaf 2012?                                                                      (1)

      4.3.3   Definieer duursame goedere.                                                      (2)

      4.3.4   Verduidelik wat bedoel word met die term teen konstante pryse in die
              tabel hierbo?                                                                    (2)

      4.3.5   Hoekom is die finale verbruiksbesteding deur huishoudings belangrik in
              die ekonomie?                                                                    (4)

4.4   Verduidelik ten volle, die verskil tussen finale goedere en dienste en
      intermediêre goedere en dienste.                                                         (8)

4.5   Hoe kan die finale verbruiksbesteding deur die regering die lewenstandaard
      verbeter?                                                                                (8)
                                                                                              [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              80

                                                                                               b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE                     13
                                                         (VRAESTEL 1)     GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

                                                                              PUNTE
                       STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding:

Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.

•  ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat met die vraag verband hou,
                                                                               Maks. 2
   te definieer of te omskryf.
• Moet nie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
• Moet nie enige deel van die inleiding by die liggaam insluit nie.
• Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
   bespreek.
Liggaam:

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande bespreking/
Ondersoek/Bespreek krities/Analiseer/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/
                                                                              Maks. 26
Verduidelik/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die grafiek gegee en
verduidelik/Voltooi die grafiek gegee/Assesseer/Debatteer
ŉ Maksimum van 8 punte kan aan opskrifte/voorbeelde toegeken
word.

Bykomende gedeelte: Bespreek krities/Evalueer/Evalueer krities/
Debatteer/ Lei af/Vergelyk/Onderskei/Interpreteer/Hoe?/Stel voor
                                                                              Maks. 10
ŉ Maksimum van 2 punte kan vir die blote noem van feite toegeken
word.

Slot:

Enige relevante hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:

•   ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
    enige feite wat reeds genoem is                                            Maks. 2
•   Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
•   Bykomende ondersteunende inligting wat die bespreking/ontleding
    versterk
•   ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
•    Aanbevelings
                                                                  TOTAAL         40

                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

•    Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksie faktore vir
     die vervaardigers van goedere en dienste:

     −    Arbeid
     −    Kapitaal
     −    Natuurlike hulpbronne                                         (26 punte)

•    Hoe het landverdelingsprogramme (beleide) bygedra tot die akkommodering
     van ekonomiese gemarginaliseerde groepe?                        (10 punte)      [40]

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE                                  40 PUNTE – 40 MINUTE

“Suid-Afrika is een van vele lande in die wêreld met ŉ gemengde ekonomie.”

•    Bespreek die eienskappe, voordele en nadele van ŉ land met ŉ gemengde
     ekonomiese stelsel.                                             (26 punte)

•    Analiseer die redes hoekom die Suid-Afrikaanse ekonomie meer regerings
     ingryping benodig.                                              (10 punte)      [40]

                                                           TOTAAL AFDELING C:          40

                                                                         TOTAAL:      150

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr11 EC P1 (ENG) June 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ec-p1-eng-june-2022-question-paper/304b3295-37d9-4d53-931f-057ad81d4fd8) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [Gr11 EC P1 (AFR) June 2022 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ec-p1-afr-june-2022-possible-answers/f49da2c8-124d-468d-b1f3-c36be86170da) — Economics · Memo · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-english/c1cbd622-91f6-4204-b317-76345aeeb445) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (English) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-english-june-2019-question-paper/56b7b885-58d6-4588-92c4-20c8e00e6db3) — Economics · QP · 2019 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
