# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 19 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/608cbcb8-1e68-4e71-b0f3-240a66a60d01
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 19

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2020 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-possible-answers/608cbcb8-1e68-4e71-b0f3-240a66a60d01)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Memorandum, 19 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                 PROVINSIALE EKSAMEN
                    NOVEMBER 2020
                      GRAAD 11

                      EKONOMIE

                      VRAESTEL 1

                   NASIENRIGLYNE

19 bladsye

                          1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 11

AFDELING A: VERPLIGTEND
VRAAG 1
1.1
      1.1.1    A – insette 
      1.1.2    C – nasionale inkomste vermeerder. 
      1.1.3    B – mark ekonomie ( OF A – gemengde ekonomiese sisteem.)
      1.1.4    C – steenkool 
      1.1.5    D – Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.
      1.1.6    B – Deregulasie 
      1.1.7    A – monetêre beleid. 
      1.1.8    D – primêre koers                                        (8 x 2) (16)

1.2
       1.2.1   I – Die meet van groei nadat die effek van inflasie verwyder word. 
       1.2.2   D – Bestaan uit visvang, bosbou, landbou en mynwese. 
       1.2.3   A – Die regering maak alle besluite ten opsigte van produksie en verdeling van
                   hulpbronne.
       1.2.4   B – Vind plaas wanneer daar ŉ toename in die land se vaste bates is. 
       1.2.5   F – Die kleinste bedrag wat betaal kan word as vergoeding aan ŉ werknemer vir
                   die werk wat gedurende ŉ bepaalde tydperk verrig is.
       1.2.6   H – Die gemiddelde ouderdom wat ŉ persoon sal bereik. 
       1.2.7   C – ŉ Algemene toename in pryse en die afname in die koopkrag van geld. 
       1.2.8   E – Die vermoë van ŉ persoon om in al hulle behoeftes en begeertes te
                   voorsien met hul gegewe inkomste.                                (8 x 1) (8)
1.3
      1.3.1    Bruto Binnelandse Produk.  (NIE BBP NIE)
      1.3.2    Gemarginaliseer 
      1.3.3    Tersiêre 
      1.3.4    Geld 
      1.3.5    Land Restitusie 
      1.3.6    Vrye mark ekonomie/kapitalisme                                        (6 x 1) (6)

                                                                                            [30]

                                              2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                       (Vraestel 1)              GRAAD 11

AFDELING B
VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE
2.1   2.1.1 Noem enige TWEE metodes wat gebruik kan word om die hoofaggregate te
            bereken.

                Produksie. 
                Besteding. 
                Inkomste. 
            (Enige TWEE)                                                             (2 x 1) (2)

      2.1.2 Watter impak het die sosiale verligtingstoelae gehad op huishoudings
            tydens die Covid-19 inperking?

               Huishoudings se inkomste het toegeneem met ‘n klein bedrag, daarom was
                dit moontlik vir hulle om hul basiese behoeftes en begeertes te bevredig. 
            (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                             (1 x 2) (2)

2.2   2.2.1 Watter sosiale diens is die hoogste prioriteit van die “buitengewone”
            begroting?

                Gesondheid.                                                               (1)

      2.2.2 Noem EEN bron wat gebruik word om die “buitengewone” begroting te
            finansier.

                Werkloosheidsversekeringsfonds. 
                Wêreldbank. 
                Internasionale Monetêre Fonds. 
                Huidige begroting. 
                Internasionale lenings. 
                Donasies ontvang deur die Solidariteitsfonds. 
            (Enige EEN)                                                                     (1)

      2.2.3 Beskryf kortliks die term begroting.

               ŉ Begroting is ŉ dokument wat die verwagte inkomste en moontlike uitgawes
                opsom.  
            (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                         (2)
      2.2.4 Hoe sal lone ondersteun word deur hierdie fonds?

               Fondse sal beskikbaar gemaak word aan besighede wat nie hul werknemers
                kan betaal nie as gevolg van die verlies aan inkomste en afnames in
                verkope. 
            (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                             (2)

                                              3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE
                          MEMORANDUM
                                                 (Vraestel 1)              GRAAD 11

2.2.5 Beskryf kortliks die omvang van regeringsinmenging om ekonomiese
      ongelykhede aan te spreek, veral tydens die pandemie.

       Die regering kan lopende water en elektrisiteit voorsien in landelike gebiede
        waar daar ŉ tekort aan basiese dienste is. 
      Die regering kan die kwaliteit van onderwys en gesondheidssorg verbeter. 
      Onderwys kan verbeter word deur elektroniese hulpbronne beskikbaar te
        maak asook radio en TV lesse. 
      Die regering kan behuising aan die gemarginaliseerdes en armes voorsien
        deur HOP projekte en behuisingsubsidies. 
      Die regering kan sosiale sekuriteit verskaf deur oordragbetalings of toelae in
        die vorm van staatspensioene, kindertoelaes ens. 
      Die regering kan inkomste voorsien deur middel van Covid-19 toelae. 
      Voorsiening en onderhoud van algemene en noodsaaklike infrastruktuur soos
        paaie en kommunikasie. 
      Voorsiening van kospakkies vir die behoeftiges en armes. 
     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                               (2 x 2) (4)

                                       4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)             GRAAD 11

2.3
      2.3.1 Noem ENIGE EEN vorm van kommunikasie-tegnologie.

             Televisie 
             Internet dienste 
             Selfone 
             Draadlose tegnologie 
            (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                       (1)

      2.3.2 Lys EEN voordeel van aanlynonderrig en leer.

              Leerders ontvang al die ondersteuning wat hul benodig in die gemak van hul
               eie huis. 
             Onmiddellike toegang tot onbeperkte hulpbronne om leer te bevorder. 
             Alle informasie kan elektronies gestoor word wat die verlies van notas ens.
               voorkom. 
            (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                   (1)

      2.3.3 Beskryf kortliks die term infrastruktuur.

              Infrastruktuur is die ekonomiese goedere en dienste voorsien deur die staat
               om die ekonomie te steun bv. paaie en hawens. 
             Basiese fisiese en organiserende strukture wat benodig word vir die bedryf
               van die samelewing. 
            (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                    (2)

      2.3.4 Hoe effektief is die gebruik van aanlynonderrig as ŉ oplossing vir die verlies
            van skooldae?

               Nie effektief nie omdat daar nog steeds ŉ groot aantal leerders in afgeleë
                gebiede is, met geen konneksie vir internet of televisie nie. 
               Sommige leerders het nie slimfone of data om toegang te kry tot aanlynklasse
                nie. 
               Effektief omdat leerders op hulle eie pas kan leer terwyl hulle by die huis is.

            (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)
            (Aanvaar beide negatiewe en positiewe antwoorde)                                  (2)

                                               5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                         MEMORANDUM
                                                (Vraestel 1)             GRAAD 11

2.3.5 Analiseer die belangrikheid van kommunikasie in die ekonomie

       Die gebruik van vinnige internet, satellietkommunikasietegnologie en
        goedkoop, betroubare mobiele fone het dit moontlik gemaak om besigheid te
        doen vanaf enige plek in die wêreld – sonder om fisies by die punt van
        onderhandeling of verkoop te wees. 
      Onlangse ekonomiese analise het getoon dat opkomende ekonomieë wat hul
        internet infrastruktuur met 10% verbeter, ŉ toename in BBP per kapita van
        1,2% kan verwag. 
      Kommunikasie verseker dat die regte informasie by die regte persoon uitkom
        op die regte tyd. 
      Kommunikasie is noodsaaklik vir sukses in die besigheidswêreld. 
      Gedrukte media, sowel as elektroniese media byvoorbeeld koerante, televisie
        en internetdienste, word gebruik deur die besigheidswêreld om die korrekte
        inligting te verkry en versprei. 
      Selfone en draadlose tegnologie het entrepreneurs in staat gestel om in
        afgeleë en landelike gebiede van die land klein besighede te begin. 
      Kennis word verkry deur kommunikasie, wat entrepreneurs help om die
        korrekte besigheidsbesluite te neem. 
      Kennis help ook die verbruiker om die regte produk aan te koop om hul
        behoeftes en begeertes te bevredig. 
      Die sektor maak ŉ belangrike bydrae tot die bruto binnelandse produk van die
        land. 
      Dit dien as ŉ bron van indiensname vir alle vlakke van arbeid. 
      Behalwe vir die hoogsgeskoolde arbeid benodig om infrastruktuur op te rig,
        word semi- en ongeskoolde arbeid benodig om torings en antenne op te sit,
        kabels in te sit en om die infrastruktuur te onderhou. 
      Suid-Afrika is besig om ŉ besigheidsproses uitkontrakteringsbestemming te
        word vir groot oorsese besighede. 
     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                            (2 x 2) (4)

                                      6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                   MEMORANDUM
                                                           (Vraestel 1)               GRAAD 11

2.4   Vergelyk die voordele van ŉ mark ekonomie met dié van ŉ sentrale beplande
      ekonomie.
        ŉ Mark ekonomie het private eienskap en inisiatief word aangemoedig terwyl in ŉ
         sentrale beplande ekonomie moet private individue slegs op hulle daaglikse taak
         fokus omdat hulpbronne deur die staat gebruik en beheer word. 
       Verbruikerbehoeftes word optimaal bevredig omdat hulle self besluit wat
         geproduseer word in ŉ mark ekonomie terwyl die behoeftes van die gemeenskap as
         ŉ geheel bevredig word in ŉ sentraal beplande ekonomie. 
       ŉ Mark ekonomie sal hoë vlakke van ekonomiese groei ervaar wat deur die mark-
         sisteem geskep word terwyl ŉ sentrale beplande ekonomie se ekonomiese
         groeivlakke hoër sal wees omdat produksie meer effektief is. 
       Verbruikers word beskerm teen uitbuiting omdat daar mededinging bestaan tussen
         firmas in ŉ mark ekonomie terwyl werkers nie uitgebuit word deur die regering nie en
         werkloosheid skaars is in ŉ sentraal beplande ekonomie. 
       In ŉ mark ekonomie, spesialiseer produsente in die goedere en dienste wat hul die
         beste kan produseer terwyl in ŉ sentraal beplande ekonomie die verdeling van
         inkomste meer regverdig is teenoor almal. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                   (2 x 4) (8)

2.5   Evalueer die ekonomiese belangrikheid van energie as deel van Suid-Afrika se
      infrastruktuur.

        Die meeste mense se energiebehoeftes word bevredig deur die voorsiening van
         elektrisiteit, wat gegenereer word vanaf steenkoolkragstasies. 
       Koeberg, ŉ kernkragstasie naby Kaapstad, lewer ook ŉ beduidende bydrae by tot die
         totale elektrisiteit benodig in die ekonomie, wat werksgeleenthede skep in ŉ nuwe
         industrie. 
       As gevolg van die toename in afhanklikheid op internet konnektiwiteit en mobiele
         toestelle het elektrisiteit ŉ noodsaaklikheid geword. 
       Energie is noodsaaklik vir die funksionering van ŉ moderne samelewing omdat
         energie op ŉ groot skaal verbruik word in ons moderne leefstyl. 
       Dit sluit in die energie vir industrieë, huishoudelike verbruik (soos ligte, elektroniese
         toestelle in huise, verhitting en kookdoeleindes)  en in die besigheidswêreld (soos
         rekenaars en telekommunikasie). 
       Die energievoorsieningsprobleem in Suid-Afrika sedert 2005, het bewys hoe
         besighede, huishoudings en die regering afhanklik is van energie. 
       Die hoë vraag van SA se groeiende middelklas, sowel as die energie honger
         vervaardigingsindustrie, het gelei tot grootskaalse kragonderbrekings deur die
         staatsonderneming Eskom, hulle is ook die enigste elektrisiteitsverskaffer. 
       Die verlies van krag vir ŉ paar ure ŉ dag terwyl vraag en aanbod in ewewig probeer
         bly, het tot die verlies van biljoene rande gelei vir besighede in alle sektore van die
         ekonomie. 
       Energie neem verskeie vorms aan insluitend die verbranding van hout en steenkool,
         die verbranding van olie en gas, kernkrag en hidro-elektrisiteit, en dit lei tot meer
         diverse indiensnemingsgeleenthede vir alle vaardigheidsvlakke. 
       Die gebruik van moderne tegnologie om energie te genereer vanaf hernubare bronne
         soos wind, son en golfenergie is geïdentifiseer as een van die groeisektore deur die
         regering en kan lei tot ŉ toename in werksgeleenthede. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                         (4 x 2) (8)
                                                                                                 [40]
                                                 7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)             GRAAD 11

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES
3.1
3.1.1 Noem enige TWEE van Suid-Afrika se ontwikkelingspogings.

        Heropbou en Ontwikkelings Program (HOP).  (RDP)
        Groei, Indiensname en Herverdeling (GIEH).  (GEAR)
        Gesamentlike inisiatief oor die verkryging van prioriteitsvaardighede (GIVPV). 
         (JIPSA)
       Versnelde en gedeelde groei inisiatief vir Suid-Afrika (VGGISA). (ASGISA)
       Nasionale Vaardigheidsontwikkelings Strategie (NVOS). (NSDS)
       Regeringsfinansierings-organisasies soos KULA Enterprises. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                   (2 x 1) (2)

3.1.2 Wat is die impak van die Covid-19 inperking op geld aanbod (voorraad).

        Geldvoorraad het afgeneem omdat besighede nie geld gemaak het tydens die
         inperking nie wat gelei het tot verminderde salarisse/lone  (Afname in M1)
       Werknemers het minder geld gekry as gevolg van verminderde werksure/skofte/
         verwydering van aansporingsbonusse wat die aantal note en munte in sirkulasie
         verminder.  (Afname in M1)
       WVF eise het uitbetaal, alhoewel die betalings kleiner as normale salarisse/lone is
         wat lei tot die afname in geldvoorraad.  (Afname in M1)
       Verbruikers kon moontlik hulle spaargeld onttrek het om te oorleef, wat lei tot minder
         gedeponeerde fondse. (Afname in M3)
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                     (1 x 2) (2)

3.2
3.2.1 Noem EEN rede vir die verwagte toename in werkloosheid.

         As gevolg van die inperking sal daar verminderde ekonomiese aktiwiteite wees. (1)

3.2.2 Watter bedryf sal die hardste getref word volgens dié uittreksel?

          Toerisme.                                                                         (1)

3.2.3 Beskryf kortliks die term werkloosheid.

        Werkloosheid verwys na die aantal mense wat deel is van die ekonomiese aktiewe
         bevolking wat bereid is om te werk maar nie werk kan kry nie. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                       (2)

3.2.4 Verduidelik die negatiewe impak van werkloosheid op die jeug.

       Dit beperk hul toekomstige groei en ontwikkeling. 
       Dit maak hul mismoedig om verder te studeer of om vir ordentlike werk te soek. 
       Dit sal hul menswees en algemene welstand negatief beïnvloed. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                        (2)

                                               8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 11

3.2.5 Bespreek die maatreëls wat die regering kan gebruik om werkloosheid in die
      ekonomie te verminder.
      Die regering kan die vlakke van werkloosheid verminder deur:

        Die toepassing van vaardigheidsontwikkelingsprogramme om beter betaling te
         verseker wat verhoogde vraag en produksie sal stimuleer. 
       Finansiële aansporings aan besighede om die jeug te absorbeer en hulle met
         relevante opleiding en vaardighede/internskappe te voorsien sodat hulle die nuutste
         tegnologie benodig in produksieprosesse kan aanwend. 
       Aansporings aanbied vir jeugdeelname in die ekonomie deur middel van
         belastingskorting en belastingsvermindering. 
       Voorsiening van tydelike indiensname deur die Uitgebreide Publieke
         Werksprogramme. (UPWP/EPWP) 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                   (2 x 2) (4)

3.3
3.3.1 Watter ekonomiese konsep word in die grafiek hierbo verteenwoordig?

         Lorenz kurwe.                                                                    (1)

3.3.2 Verskaf die naam vir lyn A.

         Lyn van gelykheid (gelykheidslyn)/Lyn van gelyke verdeling                       (1)

3.3.3 Beskryf kortliks die term welvaart.

         Welvaart is die bates wat deur individue, firmas en die regering besit word.    (2)

3.3.4 Hoekom het Suid-Afrika een van die hoogste ongelykheidskoerse in die wêreld?

        Die nalatenskap van apartheid het rasse-ongelykheidhede veroorsaak in terme van
         inkomste en welvaart.                                                        (2)
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)

3.3.5 Verduidelik die verhouding tussen die Gini koëffoesiënt en die Lorenz kurwe.

        Wiskundig, word die Gini koëffoesiënt afgelei van die Lorenz kurwe af deur om die
         oppervlak van ongelykheid te deel deur die totale oppervlak van die Lorenz
         kurwe. 
       As die oppervlak van ongelykheid vermeerder, sal die Gini koëffoesiënt in verhouding
         toeneem omdat die Gini koëffoesiënt inkomste ongelykheid meet en die Lorenz
         kurwe die grafiese voorstelling van inkomste verspreiding is. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                   (2 x 2) (4)

                                              9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                       (Vraestel 1)             GRAAD 11

3.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.

        Ekonomiese groei is die toename in die produktiewe kapasiteit van die ekonomie
         terwyl ontwikkeling ŉ toename is in die lewensstandaard van die mense in ŉ
         land. 
       Groei word gemeet as die persentasie verandering in die reële BBP terwyl
         ontwikkeling kwessies soos onderwys, geletterdheid, gesondheidssorg, werkloosheid
         en omgewingsonderhoubaarheid hanteer. 
       Groei is gefokus op goedere en dienste terwyl ontwikkeling gefokus is op mense en
         menslike ontwikkeling. 
       Groei kan onafhanklik plaasvind terwyl ontwikkeling groei nodig het om plaas te
         vind. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                  (2 x 4) (8)

3.5   Hoe bevorder en ontwikkel die Suid-Afrikaanse regering inheemse kennisstelsels?
        Die Suid-Afrikaanse regering het benaderings en praktyke bekendgestel sedert 1994
         wat inheemse kennisstelsels geleidelik akkommodeer en gebruik. 
       Plaaslike gemeenskappe word benader vir hulle insigte en idees voor ontwikkeling
         en kommersiële projekte geïmplementeer word. 
       Plaaslike gemeenskappe word meer deel van bewaringspogings (Richtersveld in die
         Noordkaap) asook nasionale parke (Kruger Nasionaal). 
       Inheemse genesers en medisyne word erken en die toetsing en patentering van
         tradisionele medisyne word aangemoedig. 
       Plaaslike gemeenskappe vind baat by hul gemeenskaplike welvaart, byvoorbeeld
         tantieme (royalties) ontvang vanaf myne en die huur van grond. 
       Inheemse kennisstelsels word al hoe meer beskerm as intellektuele eiendom,
         byvoorbeeld, die Nasionale Omgewingsbestuur van Biodiversiteitswet in April 2008
         stipuleer die “beskerming en gebruik van inheemse biologiese bronne wat
         geassosieer word met tradisionele kennis” 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                (4 x 2) (8)
                                                                                        [40]

                                             10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)              GRAAD 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
4.1
4.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van inspuitings.

       Uitvoere. 
       Regeringsbesteding. 
       Investering. 
      (Enige TWEE)                                                                   (2 x 1) (2)

4.1.2 Hoe kan tegnologie ekonomiese ontwikkeling versnel in Suid-Afrika?

        Tegnologiese ontwikkelings lei tot kostevoordele en maak dit makliker vir lande om
         meer kompeterend te wees wat lei tot laer pryse, meer uit te voer en ŉ toename in
         werksgeleenthede. 
       Tegnologiese industrieë soos telefone en rekenaars kan ŉ aansienlike verbetering in
         produktiwiteit verseker in ontwikkelende lande. 
       Bestuursopleiding is noodsaaklik om bestuurders te skep wat moderne tegnologie
         kan gebruik en die beste praktyktegnieke kan toepas. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                    (1 x 2) (2)

4.2
4.2.1 Wat het gelei tot die drastiese afname in die repokoers?

         Om finansiële omstandighede van verbruikers wat skuld het tydens die inperking te
          verbeter. 
         Om die weerstandigheid van huishoudings en firmas teen die ekonomiese impak van
          die coronavirus uitbraak te bevorder.                                           (1)

4.2.2 Noem EEN risiko verbonde aan te veel lenings in die banksektor.

        ŉ Kredietrisiko, waar die persoon of besigheid wat die lening ontvang nie kan
         terugbetaal nie, wat lei tot ŉ verlies vir die bank. 
       ŉ Likiditeitsrisiko, waar banke te veel langtermynlenings toeken en as gevolg
         daarvan, nie onverwagte kontant eise kan bevredig nie. 
       ŉ Rentekoers risiko, waar veranderinge in die rentekoers laer winste kan
         veroorsaak. 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                            (1)

4.2.3 Beskryf kortliks die term repokoers.

        Die koers waarteen die Reserwebank geld leen aan die land se kommersiële
         banke.                                                                            (2)
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)

                                              11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                MEMORANDUM
                                                      (Vraestel 1)             GRAAD 11

4.2.4 Hoe sal ŉ afname in die repokoers produsente beïnvloed?

       Laer terugbetalings op lenings sal veroorsaak dat produsente meer inkomste het om
        op bedryfskoste te spandeer soos lone/salarisse. 
      Toename in beleggingsbesteding omdat geld wat voorheen aan skuld betaal was,
        nou gebruik kan word om besighede te groei. 
      Dit vermeerder die skuld van firmas omdat die vraag na lenings sal toeneem as
        gevolg van laer rentekoerse. 
      Produsente sal skuld inkomste verloor omdat verbruikers wat hulle geld skuld, kleiner
        terugbetalings sal maak. 
     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                          (2)

4.2.5 Watter monetêre beleidsinstrumente kan gebruik word om die hoeveelheid geld in
      die ekonomie te beïnvloed?

     Die SARB kan die hoeveelheid geld beheer deur die volgende:
      Toename in die geld aanbod deur om meer geld tot die ekonomie by te voeg. 
      Afname in die geld aanbod deur die onttrekking van geld uit die ekonomie. 
      Inkrimping van ekonomiese aktiwiteite sal plaasvind tydens ŉ resessie of
         depressie. 
      Die ekonomie kan gestimuleer word deur die totale aanbod van geld te verhoog. 
      Die ekonomie kan afgekoel word deur die vermindering van die totale geldaanbod
         tydens tye van hoë inflasie. 
      Die SARB kan die repokoers verlaag wat sal lei tot die verlaging van die
         rentekoers. 
      Dit sal lei tot ŉ toename in lenings en geldvoorraad sal toeneem. 
      Die geldvoorraad kan beïnvloed word deur die minimum persentasie kontantreserwe
         vereis deur die SARB. 
      Geldvoorraad kan beperk word deur die verkoop van sekuriteite aan banke of die
         teenoorgestelde as dit die aanbod van geld wil verhoog.
      Morele oortuiging kan gebruik word om die banke aan te maan om meer versigtig te
         wees met die toestaan van lenings of om lenings aan te moedig. 
     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                 (2 x 2) (4)

4.3
4.3.1 Gee EEN voorbeeld van ŉ nie-duursame produk.
       Kos 
       Gas 
       Petrol 
      (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                         (1)

4.3.2 Noem ENIGE EEN ander ekonomiese deelnemer wat bydra tot besteding.

      Regering 
      Firmas
      Buitelandse Sektor
     (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                          (1)

                                            12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                             EKONOMIE
                                     MEMORANDUM
                                                             (Vraestel 1)                       GRAAD 11

4.3.3 Beskryf kortliks die term duursame goedere

        Goedere met ŉ lewensverwagting van meer as een jaar.                                        (2)
       (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)

4.3.4 Hoekom is die getalle hierbo NIE ŉ ware weerspieëling van BBB groei NIE?

         Want die huidige pryse is nie aangepas vir die invloed van enige inflasie of deflasie
          nie.                                                                               (2)
       (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)

4.3.5 Bereken die persentasie bydrae van dienste tot die finale verbruikersbesteding
      deur huishoudings vir 2017. TOON ALLE BEREKENINGE.

                                                                       𝐷𝑖𝑒𝑛𝑠𝑡𝑒       100
      Bydrae van dienste tot verbruikersbesteding (in persentasie) =             ×
                                                                       𝑇𝑜𝑡𝑎𝑎𝑙         1
                                                                       1199221            100
                                                                  =              ×             
                                                                       2764397             1

                                                                  = 43, 38 %
      (SLEGS KORREKTE ANTWOORD – 2 PUNTE)                                                              (4)

4.4    Bespreek die eienskappe van ŉ gemengde ekonomiese sisteem.
       (a)   Goedere en dienste word geproduseer deur die publieke en privaat sektor. 
              In ŉ gemengde ekonomie, besit en bestuur die staat besighede wat hoofsaaklik
               infrastruktuurdienste produseer of verskaf. 
              Voorbeelde: Eskom, SAA, Transnet ens. 
       (b)   Hulpbronne vir produksie word meestal privaat besit
              Besighede wat deur individue besit word (of groepe individuele aandeelhouers),
               besit die meeste van die natuurlike hulpbronne. 
       (c)   Winsmotief word beheer deur die staat se aksies
              Winsmotief domineer in ŉ gemengde ekonomie. Selfs regeringsmaatskappye
               moet wins maak. 
              Die regering beskerm werkers deur die instelling van minimumlone, wettiging van
               vakbonde en basiese voorwaardes vir indiensname. 
       (d)   Die regering het ŉ invloed op die bedryf van die ekonomie.
              Die staat implementeer sekere wette om die manier wat besighede in die mark
               funksioneer, te reguleer.  Voorbeelde: Arbeidsverhoudings Wet 66 van 1995,
               Maatskappye Wet 11 van 2008, ens. 
              Die staat stel ook fiskale en monetêre beleide op om ŉ meer regverdige verdeling
               van inkomste te bereik;  soos byvoorbeeld, die progressiewe belastings-
               stelsel, voorsiening van meriete goedere, sosiale toelaes ens. 
      (e)    Mededinging onder besighede word aangemoedig. 
              Besighede ding mee om ŉ verskeidenheid goedere en dienste te produseer en
               verkoop en dit verseker beter produkte teen laer pryse. 

                                                  13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 11

    (f)    Verbruikersvryheid
           Verbruikers is vry om te kies wat hulle wil verbruik en hulle kan ook besluit op die
             tipe eienaarskap wat hulle verkies. 
    (g)   Privatisering en nasionalisering
           Beide privatisering en nasionalisering kan beoefen word in ŉ gemengde
             ekonomie. 
           Privatisering is die verkoop van regeringsbesighede aan die privaatsektor. 
           Nasionalisering is die verkoop van private besighede aan die regering. 
    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                      (4 x 2) (8)

4.5 Ondersoek die impak van hoë bevolkingsgroei op ŉ ontwikkelende ekonomie soos
    Suid-Afrika.

       Wanneer ŉ ontwikkelende land hoë toenames in bevolkingsgroei ervaar, sit dit druk
        op die bestaande regeringsinkomste en bestedingskapasiteit wat reeds beperk
        is.  soos die aanbou van gesondheidssorgfasiliteite  of om die aantal toelaes of
        die bedrag van die toelae te verhoog 
       Toenames in bevolking beteken dat oor die langtermyn, meer werksgeleenthede
        geskep moet word en toenames in werksgeleenthede is alreeds beperk in
        ontwikkelende lande. 
       As die toenemende bevolking nie tot die ekonomie bydra nie, word hulle ŉ finansiële
        las vir hul werkende familielede  of vir die belastingbetalers omdat belasting
        verhoog sal word sodat die regering meer inkomste kan invorder vir die versorging
        van die armes. 
       Hoë bevolkingsgroei kan lei tot ŉ toename in besoedeling en nedersettings wat
        onderbrekings in produksie of afname in uitvoere tot gevolg kan hê as gevolg van die
        verwoesting van die omgewing/natuurlike hulpbronne. 
    (Aanvaar enige korrekte relevante antwoord)                                     (2 x 4) (8)
                                                                                          [40]

                                                                                           [80]

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                         (Vraestel 1)         GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                    STRUKTUUR VAN OPSTEL                                PUNTETOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
     ŉ Goeie begin is om ŉ sleutelkonsep wat in die vraag voorkom,
       te definieer of te omskryf.
     Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.         Maks. 2
     Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit
       nie.
     Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
       bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/         Maks. 26
Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe          Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe?/
Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
    ŉ Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van
       enige feite wat reeds genoem is.
    Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is.          Maks. 2
    Addisionele ondersteuningsinligting wat die
       bespreking/ontleding versterk.
    ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra.
    Aanbevelings.
TOTAAL                                                                        40

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                                40 PUNTE – 40 MINUTE
      Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksiefaktore vir die
       produsente van goedere en dienste:
       - Natuurlike hulpbronne                                                      (8)
       - Arbeid                                                                     (8)
       - Kapitaal                                                                  (10)
                                                                            (26 Punte)

      Omlyn die ekonomiese impak van Covid-19 inperking op die Suid-Afrikaanse
       entrepreneurs                                                        (10 Punte)

INLEIDING
Produksiefaktore staan ook bekend as insette. Geen produksie sal plaasvind sonder die faktore
nie. 
(Aanvaar enige ander korrek en relevante antwoord)                                  (Maks. 2)

LYF
HOOFDEEL

Die ekonomiese belangrikheid van natuurlike hulpbronne
    Dien as ŉ voedselbron
    Dien as insette vir die vervaardiging van goedere en dienste: Geen produksie is
      moontlik sonder die hulpbronne wat van die natuur af kom nie, soos grond, water, diere
      en plante.  Soos byvoorbeeld, olie word gebruik om petrol en gas te produseer.
    Om internasionale handelsgeleenthede te skep:  Internasionale handel sal ontwikkel
      wanneer een land hul oortollige goedere uitvoer en nodige goedere invoer. Suid-
      Afrika sal, byvoorbeeld, oortollige minerale na Japan toe uitvoer en dan weer die finale
      produk vervaardig met die minerale invoer. Lande verdien ŉ inkomste van uitvoere en
      moet vir invoere betaal.                                                       (Maks 8)

Die ekonomiese belangrikheid van arbeid
    Produksie kan nie plaasvind sonder fisiese en verstandelike pogings nie. 
    ŉ Ekonomie moet produksie vermeerder om ekonomiese groei te behaal. 
    Daarom, is dit noodsaaklik vir die ekonomie om ŉ toepaslike arbeidsmag te hê met die
      regte aantal geskoolde en semi-geskoolde arbeid in ŉ land. 
    Die tekort aan geskoolde arbeid, veral tegnies-geskoolde arbeid, is vandag een van die
      grootste probleme in Suid-Afrika se arbeidsmark. 
    Onderwys speel ŉ belangrike rol in die ontwikkeling van arbeid. 
    Indien die arbeidsmag opgelei is, sal hul meer produktief wees. 
    Die Vaardigheidsontwikkelingsheffing Wet van 1998 maak voorsiening vir 1% van ŉ
      werkgewer se loonrekening wat oorbetaal word aan die Nasionale Inkomste Fonds. 
    Die geld word dan deur die Sektor Opvoeding en Opleiding Owerhede (SOOO/SETA’s)
      gebruik om die arbeidsmag op te lei.                                        (Maks 8)

                                              16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 11

Die ekonomiese belangrikheid van kapitaal
    Ekonomiese groei is ŉ direkte gevolg van die toename in die kapitaalbates van ŉ
      land. 
    Besparing skep kapitaal en ŉ hoër vlak van belegging in kapitaalgoedere. 
    Die besparings kan dan aangewend word vir vaste beleggings. 
    Finansiële institusies sal meer geld beskikbaar hê om uit te leen aan besighede wat hul
      uitbreidings wil finansier. 
    Dit sal lei tot meer werksgeleenthede en minder werkloosheid. 
    Die verhoogde inkomste van individue sal weer besparings laat toeneem en so sal die
      siklus van ekonomiese groei aanhou. 
    Die kapitaal vertaal in masjinerie en toerusting wat gebruik word om hoë kwaliteit
      produkte te produseer. 
    Goedere kan ook uitgevoer word wat buitelandse valuta verdien en ons afhanklikheid op
      invoere van ander lande word verminder.                                      (Maks 10)
                                                                                      26 Punte
ADDISIONELE GEDEELTE

     Tydens die vlak vyf en vier inperking kon slegs noodsaaklike besighede handel dryf wat
      beteken nie-noodsaaklike besighede het nie ŉ inkomste verdien nie. 
    Werkgewers moes werkers afdank as gevolg van laer inkomste ontvang. 
    Entrepreneurs was afhanklik op regeringstoelae vir oorlewing. 
    Klein, medium en groot besighede het ŉ geleentheid raakgesien vir die produksie van
      Persoonlike Beskermings Toerusting (PBT/PPE’s) soos maskers, ontsmetmiddels ens.
      wat hoop geskep het in die ekonomie. 
    Die meeste besighede het nie die inperking oorleef nie en daarom is die werkloosheid en
      armoede koers baie hoog. 
    Baie vryskutwerkers was negatief beïnvloed. 
    Jong en opkomende besighede kon nie oorleef nie. 
    Baie toekomstige entrepreneurs het negatief geword indien hulle beplan het om nie-
      noodsaaklike besighede te begin, wat lei tot ŉ verlies in moontlike indiensname. 
    Die sukses van entrepreneurs was beperk of verminder as gevolg van die beperkings op
      verbruikersinkomste. 
    Geleenthede in die swartmark met die handel van verbode goedere soos
      alkohol/sigarette het tot stand gekom. 
   (Aanvaar enige ander relevante hoërorde antwoord.)
   (Aanvaar beide positiewe en negatiewe antwoorde.)                                 (Maks. 10)

SLOT
   Die regering moet maatreëls gebruik wat verseker dat die produksiefaktore nie verminder
     of opgebruik word nie omdat die ekonomie afhanklik is van die produksiefaktore. 
  (Aanvaar enige relevante hoërorde slot)                                          (Maks. 2)
                                                                                        [40]

                                              17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                 MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)            GRAAD 11

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

      Bespreek ten volle die metodes wat gebruik word om die ekonomiese groei te
       verhoog.                                                                   (26 Punte)
      Hoe kan menslike en natuurlike hulpbronne gebruik word om ekonomiese ontwikkeling te
       verseker?                                                                  (10 Punte)

INLEIDING

Ekonomiese groei dui op ŉ toename in die produksie van goedere en dienste in ŉ land (oor een
jaar) in fisiese terme (in getalle). 
Ekonomiese groei word gemeet en uitgedruk in terme van reële BBP. 
(Aanvaar enige ander korrek en relevante antwoord)                                   (Max. 2)

LYF
HOOFDEEL
Metodes om die ekonomie te groei:
a. Toename in produktiwiteit 
    Produktiwiteit kan beskryf word as die verhouding tussen reële uitset (die aantal goedere
     en dienste vervaardig) en een eenheid van faktor inset. 
    Produktiwieteitstoenames kan in vyf verskillende maniere voorkom:
     1.   Uitset neem toe terwyl inset dieselfde bly. 
     2.   Uitset vermeerder vinniger as die inset. 
     3.   Uitset vermeerder terwyl inset afneem. 
     4.   Uitset bly konstant terwyl inset afneem. 
     5.   Uitset neem af teen ŉ stadiger koers as inset. 

b. Beskikbaarheid en gebruik van die produksiefaktore 
    In terme van die arbeidsmag sal groei gebeur wanneer die verhouding van die werkende
     bevolking teenoor die totale bevolking toeneem. 
    In terme van grond en natuurlike hulpbronne is ŉ toename selde moontlik. Maar grond,
     byvoorbeeld kan gebruik word vir nuwe doeleindes wat beter opbrengs kan lewer
     (byvoorbeeld, die groei van canola in plaas van graan) 
    In terme van kapitaal moet kapitaalverbreding en verdieping nagejaag word om
     ekonomiese groei te verseker. 

c. Tegnologiese verandering 
    Tegnologie is enige instrument of tegniek, produk of proses, fisiese toerusting of metode
     waar iets gemaak of gedoen word wat menslike kapasiteit uitbrei. 
    Indien nuwe maniere ontdek word sodat meer goedere en dienste geproduseer kan word
     met dieselfde insette, dan het tegnologie verbeter. In die meeste gevalle word
     tegnologie verkry deur kapitaalbeleggings. 

                                              18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                  MEMORANDUM
                                                        (Vraestel 1)             GRAAD 11

d. Effektiewe regeringsbeleid en administrasie
    Effektiewe beleide beteken dat die beleid verseker dat voorafbepaalde uitkomstes sal
      behaal word. Die regering moet beleide in plek hê wat, byvoorbeeld, meer uitvoere
      behaal, groei in die toerismebedryf verseker en die uitbreiding van
      vervaardigingsnywerhede. 
    Die gebruik van effektiewe fiskale en monetêre beleide. 
    Effektiewe administrasie beteken dat die beleide uitgevoer word op so ŉ manier dat dit
      tydmors, ongerief en kostes minimaliseer. Nepotisme (begunstiging), korrupsie (die
      gebruik van openbare ampte vir privaat gewin) en onverskilligheid of luiheid vermeerder
      transaksiekostes vir firmas. 

e. Beleggings
    ŉ Toename in kapitaal per werker sal oor die algemeen uitset vermeerder.  Met ander
     woorde, hoe meer toerusting gebruik word, hoe hoër is die kans dat die werkers meer
     produseer.  Om kapitaal te vermeerder, moet beleggings gemaak word en beleggings
     benodig besparings. 
(Opskrifte en voorbeelde maksimum van 8 punte)                                    (Maks 26)
ADDISIONELE GEDEELTE

  Natuurlike hulpbronne word ontgin deur primêre sektor aktiwiteite, wat werksgeleenthede en
   inkomste skep vir die ongeskoolde en semi-geskoolde werkers, wat die meerderheid van
   die Suid-Afrikaanse arbeidsmag opmaak. 
 Globale produksie is afhanklik van natuurlike hulpbronne, wat uitvoergeleenthede skep
   asook indiensname en inkomste wat lei tot ŉ verbetering in lewensomstandighede. 
 Suid-Afrika ontvang die meerderheid van hul inkomste vanaf die toerismebedryf as gevolg
   van die beskikbaarheid van natuurlike hulpbronne wat eenkant gesit word vir toeriste-
   aantrekkings, wat die lewensomstandighede van die individue (die wat in die toerisme-
   bedryf werk) verbeter. 
 Mense wat geskool is, sal maklik werk vind, wat die inkomste en lewensstandaard sal
   verbeter; dus kan die verbetering van menslike hulpbronne deur onderwys en opleiding
   ekonomiese ontwikkeling bevorder. 
 Verhoogde gesondheidsbesteding en opgegradeerde publieke gesondheidsorg sal ŉ
   gesonder arbeidsmag verseker (gesonder menslike hulpbronne) wat lei tot beter
   werksbywoning en verseker dat werkers nie verlies aan inkomste ly as gevolg van swak
   gesondheid nie. 
(Aanvaar enige korrekte en relevante hoërorde antwoord)                             (Maks 10)

SLOT
Om die lewensstandaard van alle mense in Suid-Afrika te verbeter, moet hoër groeivlakke
bereik word. 
Onder die Versnelde en Gedeelde Groei inisiatief vir Suid-Afrika (AsgiSA) program, is ŉ
minimum van 6% groeivlak geïdentifiseer om werkloosheid doeltreffend te verminder. Die
jongste teiken van die regering in terme van die NGP, is om ŉ groeikoers te behaal wat
werkloosheid met vyf miljoen teen 2020 sal verminder. 
(Enige relevante hoërorde slot)                                                        (Maks 2)
                                                                                           [40]
                                                                                           [40]
                                                                                TOTAAL: 150

                                              19

## Related documents

- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
