# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2020 (Afrikaans), 14 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/a8b53e8c-d34e-45cc-8480-ff4834c57fda
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 14

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2020 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-2020-exemplars-question-paper/a8b53e8c-d34e-45cc-8480-ff4834c57fda)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2020 · Afrikaans. Question paper, 14 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        PROVINSIALE EKSAMEN
                           NOVEMBER 2020
                              GRAAD 11

                              EKONOMIE

                              VRAESTEL 1

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

14 bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                             (Vraestel 1)                GRAAD 11   2

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
      AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Lees die vrae aandagtig deur.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Laat 2 – 3 reëls tussen die onderafdelings van die vrae oop.

7.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
      voldoen.

8.    Gebruik slegs blou of swart ink.

9.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                    b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                             (Vraestel 1)                    GRAAD 11   3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskillende opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1    Hulpbronne word … genoem in die produksie-proses.

               A    insette
               B    uitsette
               C    intermediêre goedere
               D    finale goedere

      1.1.2    In ŉ ekonomie waar inspuitings die lekkasies oorskry, sal …

               A    produksie van goedere en dienste afneem.
               B    nasionale inkomste verminder.
               C    nasionale inkomste vermeerder.
               D    bruto waarde toegevoeg tydens produksie toeneem.

      1.1.3    ŉ Ekonomiese stelsel waar individue vry is om aan aktiwiteite deel te
               neem volgens hul vermoë, staan bekend as ŉ …

               A    gemengde ekonomiese sisteem.
               B    mark ekonomie.
               C    sentrale beplande sisteem.
               D    sosiale sisteem.

      1.1.4    Suid-Afrika se energie opwekking is afhanklik van …

               A    sonkrag.
               B    kernkrag.
               C    steenkool.
               D    hidro-elektrisiteit.

      1.1.5    Veranderinge in die repokoers word aangekondig deur die …

               A    President.
               B    Minister van Handel en Industrie.
               C    Minister van Finansies.
               D    Goewerneur van die Suid-Afrikaanse Reserwebank.

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                     EKONOMIE
                                     (Vraestel 1)                  GRAAD 11        4

1.1.6   Verwydering van onnodige reëls en regulasies om die funksionering
        van die ekonomie te verbeter.

        A    Ontwikkeling
        B    Deregulasie
        C    Nasionalisering
        D    Desentralisering

1.1.7   ŉ Beleid wat die inflasieteiken bepaal en rentekoerse beheer staan
        bekend as die …

        A    monetêre beleid.
        B    fiskale beleid.
        C    industriële beleid.
        D    loonbeleid.

1.1.8   Die rentekoers wat banke hef op kliënte word die … genoem.

        A    repokoers
        B    inflasiekoers
        C    ekonomiese groeikoers
        D    primêre koers                                            (8 x 2)   (16)

                                                                                  b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                             (Vraestel 1)                 GRAAD 11       5

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
      (A – I) langs die vraagnommers (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

            KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1 Reële BBP           A    Die regering maak alle besluite ten opsigte van
                                     produksie en verdeling van hulpbronne.
      1.2.2 Primêre Sektor      B    Vind plaas wanneer daar ŉ toename in die land se
                                     vaste bates is.
      1.2.3 Sentraal            C    ŉ Algemene toename in pryse en die afname in
            beplande                 die koopkrag van geld.
                                D    Bestaan uit visvang, bosbou, landbou en
      1.2.4 Bruto vaste              mynwese.
            kapitaalvorming     E    Die vermoë van ŉ persoon om in al hulle
                                     behoeftes en begeertes te voorsien met hul
      1.2.5 Minimumloon              gegewe inkomste.
                                F    Die kleinste bedrag wat betaal kan word as
      1.2.6 Lewens-                  vergoeding aan ŉ werknemer vir werk wat
            verwagting               gedurende ŉ bepaalde tydperk verrig is.
                                G    Die aantal goedere en dienste wat ŉ persoon kan
      1.2.7 Inflasie                 koop met ŉ nominale loon.
                                H    Die gemiddelde ouderdom wat ŉ persoon sal
      1.2.8 Lewens-                  bereik.
            standaard           I    Die meet van groei nadat die effek van inflasie
                                     verwyder word.
                                                                                (8 x 1) (8)

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
      die vraagnommers (1.3.1 tot 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer. Afkortings,
      akronieme en voorbeelde sal nie aanvaar word nie.

      1.3.1    Die totale waarde van alle goedere en dienste geproduseer binne die
               grense van ŉ land binne ŉ spesifieke tydperk.

      1.3.2    Groepe mense wat as slegter af gesien word as gevolg van beperkte
               toegang tot inkomste en nie-monetêre dienste wat deur die regering
               verskaf word.

      1.3.3    Die ekonomiese sektor wat verantwoordelik is vir die verspreiding van
               goedere en lewering van dienste.

      1.3.4    Algemeen aanvaar as ŉ betalingsmetode en dien as ŉ ruilmiddel.

      1.3.5    Die doel is om eiendom terug te gee aan diegene wat dit verloor het as
               gevolg van rasdiskriminerende wette en praktyke.

      1.3.6    Ekonomiese sisteem waar inwoners alle produksiefaktore besit en
               regerings inmenging is beperk tot die handhawing van wet en orde.
                                                                              (6 x 1)   (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:         30

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                              (Vraestel 1)                      GRAAD 11          6

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1    Noem enige TWEE metodes wat gebruik kan word om die
               hoofaggregate te bereken.                                             (2 x 1)    (2)

      2.1.2    Watter impak het die sosiale verligtingstoelae gehad op huishoudings
               tydens die Covid-19 inperking?                                  (1 x 2)          (2)

2.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       President Cyril Ramaphosa kondig R500 biljoen Covid-19 pakket aan vir
                                   Suid-Afrika

      In April van dié jaar het President Cyril Ramaphosa die “buitengewone
      coronavirus begroting” aangekondig wat bydra tot die R500-biljoen inspuiting in
      die ekonomie.

      Die finansiering van die begroting sal vanaf verskeie interne en eksterne bronne
      verkry word. Die R500-biljoen maak 10% op van die nasionale bruto
      binnelandse produk (BBP).

      Gesondheid sal ŉ prioriteit wees, waar die arm en mees kwesbares van die
      bevolking versorg gaan word met ŉ wye verskeidenheid ingrypings soos ŉ
      toename in die sosiale toelaag asook biljoene rande in subsidies vir besighede
      en lone. R20-biljoen is eenkant gesit vir die verligting van honger- en sosiale
      nood.
                                                             [Mail & Guardian April 21, 2020]

                                                                                                 b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE
                                               (Vraestel 1)                    GRAAD 11           7

      2.2.1    Watter sosiale diens sal die hoogste prioriteit van die “buitengewone”
               coronavirus begroting gegee word?                                                (1)

      2.2.2    Noem EEN bron wat gebruik word om die “buitengewone” begroting te
               finansier.                                                                       (1)

      2.2.3    Beskryf kortliks die term begroting.                                             (2)

      2.2.4    Hoe sal lone deur hierdie fonds ondersteun word?                                 (2)

      2.2.5    Beskryf kortliks die omvang van regerings inmenging om ekonomiese
               ongelykhede aan te spreek, veral tydens die pandemie.        (2 x 2)             (4)

2.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Sasol Organisasie ondersteun die voorsiening van gratis
                aanlynklasse aan leerders tydens inperking

      Johannesburg, Suid-Afrika – Die Sasol Organisasie is in vennootskap met die
      Departement van Basiese Onderwys (DBO) en Africa Teen Geeks, om die
      voorsiening van aanlynklasse tydens Suid-Afrika se nasionale inperking te
      ondersteun. Die inperking was Suid-Afrika se reaksie op die coronavirus
      (Covid-19) uitbraak. Africa Teen Geeks is ŉ nie-winsgewende en onderwys-
      gefokusde organisasie.

      Sedert die begin van die inisiatief, is daar meer as 45 000 Graad R tot 12
      leerders wat toegang verkry het tot die aanlynlesse. Die meeste van die leerders
      vind die klasse stimulerend en boeiend.
                       [https://society.sasol.com/sasol-foundation-online-classes/march 2020]

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE
                                               (Vraestel 1)                 GRAAD 11         8

      2.3.1    Noem ENIGE EEN vorm van kommunikasie-tegnologie.                            (1)

      2.3.2    Lys EEN voordeel van aanlynonderrig en leer.                                (1)

      2.3.3    Beskryf kortliks die term infrastruktuur.                                   (2)

      2.3.4    Hoe effektief is die gebruik van aanlynonderrig as ŉ oplossing vir die
               verlies van skooldae?                                                       (2)

      2.3.5    Analiseer die belangrikheid van kommunikasie in die ekonomie.
                                                                                 (2 x 2)   (4)

2.4   Vergelyk die voordele van ŉ mark ekonomie met dié van ŉ sentraal beplande
      ekonomie.                                                              (2 x 4)       (8)

2.5   Evalueer die ekonomiese belangrikheid van energie as deel van Suid-Afrika se
      infrastruktuur.                                                         (4 x 2)       (8)
                                                                                           [40]

                                                                                            b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                               EKONOMIE
                                               (Vraestel 1)                   GRAAD 11         9

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE van Suid-Afrika se ontwikkelingspogings.             (2 x 1)    (2)

      3.1.2   Wat is die impak van die Covid-19 inperking op geldvoorraad.         (1 x 2)    (2)

3.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      SUID-AFRIKA SE WERKLOOSHEIDSKOERS VERWAG OM 50% TE BEREIK

      Kaapstad – Die werkloosheidkoers sal heel waarskynlik toeneem tot 50%, terwyl
      daar 1.9 miljoen WVF aansoeke was in die eerste twee weke van die nasionale
      inperking.

      Gedurende Mei, het Minister Nkosazana Dlamini Zuma die Nasionale Raad van
      Provinsies (NRP) toegespreek oor die maatreëls wat die verspreiding van
      Covid-19 kan keer.

      “Hierdie word ook ŉ ekonomiese krisis en beklemtoon hoe diep die foutlyne in
      Suid-Afrika loop. Ons sien hongersnood, armoede en werkloosheid asook die
      omstandighede waarin ons mense leef,” het Dlamini Zuma gesê.

      “Veral die toerismebedryf, sal die hardste getref word omdat die land se grense
      toe is en toerisme gesluit is in Suid-Afrika. Sekere besighede sal dit nie oorleef
      nie en kwesbare huishoudings het reeds baie inkomste verloor,” het sy
      bygevoeg.
                                        [Cape Argus/News: Deur Marvin Charles Mei 27, 2020]

      3.2.1   Noem EEN rede vir die verwagte toename in werkloosheid.                         (1)

      3.2.2   Watter bedryf sal die hardste getref word volgens die uittreksel?               (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die term werkloosheid.                                         (2)

      3.2.4   Verduidelik die negatiewe impak van werkloosheid op die jeug.                   (2)

      3.2.5   Bespreek die maatreëls wat die regering kan toepas om werkloosheid in
              die ekonomie te verminder.                                     (2 x 2)          (4)

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                            EKONOMIE
                                                                            (Vraestel 1)                GRAAD 11        10

3.3   Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          Kumulatiewe % van huishoudings
                                                                                 A

                                                                Kumulatiewe % van inkomste

      3.3.1                                Watter ekonomiese konsep word in die grafiek hierbo verteenwoordig?        (1)

      3.3.2                                Verskaf die naam vir lyn A.                                                (1)

      3.3.3                                Beskryf kortliks die term welvaart.                                        (2)

      3.3.4                                Hoekom het Suid-Afrika een van die hoogste ongelykheidskoerse in die
                                           wêreld?                                                                    (2)

      3.3.5                                Verduidelik die verhouding tussen die Gini koëffoesiënt en die Lorenz
                                           kurwe.                                                                     (4)

3.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.                                         (2 x 4)   (8)

3.5   Hoe bevorder en ontwikkel die Suid-Afrikaanse regering die inheemse
      kennisstelsels?                                                                                       (4 x 2)    (8)
                                                                                                                      [40]

                                                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                                       (Vraestel 1)                     GRAAD 11         11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                            40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van inspuitings.                                   (2 x 1)    (2)

      4.1.2    Hoe kan tegnologie ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika versnel?
                                                                              (1 x 2)                   (2)

4.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      SUID-AFRIKAANSE RENTEKOERS
        Suid-Afrikaanse Reserwebank

      Die Suid-Afrikaanse Reserwebank het die repokoers gesny met 50 basispunte
      na 3.75% tydens hul vergadering in Mei. Die besluit volg ŉ 100 basispunt koers
      afname in April se noodvergadering. Dit bring leenkoste tot sy laagste vlakke op
      rekord tydens die coronaviruskrisis. Beleidmakers het genoem dat die monetêre
      beleid finansiële omstandighede kan vergemaklik, en die veerkragtigheid van
      huishoudings en ondernemings ten opsigte van die ekonomiese gevolge van die
      coronavirusuitbraak kan verbeter.
                              [https://tradingeconomics.com/south-africa/interest-rate. Mei, 21 2020]

      4.2.1    Wat het gelei tot die drastiese afname in die repokoers?                                 (1)

      4.2.2    Noem EEN risiko verbonde aan te veel lenings in die banksektor.                          (1)

      4.2.3    Beskryf kortliks die term repokoers.                                                     (2)

      4.2.4    Hoe sal ŉ afname in die repokoers produsente beïnvloed?                                  (2)

      4.2.5    Watter monetêre beleidsinstrumente kan gebruik word om die
               hoeveelheid geld in die ekonomie te beïnvloed?                                (2 x 2)    (4)

                                                                                                        b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                (Vraestel 1)                     GRAAD 11          12

4.3     Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

           FINALE VERBRUIKERSBESTEDING DEUR HUISHOUDINGS
          TEEN HUIDIGE PRYSE
                                  2010       2015      2017
              (R miljoene)
      Duursame goedere                                 136 049            199 971           209 997
      Semi-duursame goedere                            133 323            203 082           231 668
      Nie-duursame goedere                             625 989            962 467         1 124 170
      Dienste                                          726 476          1 051 760         1 199 221
      TOTAAL                                         1 621 836          2 417 271         2 764 397
                           [Aangepas uit: Quarterly Bulletin, South African Reserve Bank – Maart 2018]

        4.3.1   Gee EEN voorbeeld van ŉ nie-duursame produk.                                     (1)

        4.3.2   Noem ENIGE EEN ander ekonomiese deelnemer wat verantwoordelik
                vir besteding is.                                                                (1)

        4.3.3   Beskryf kortliks die term duursame goedere.                                      (2)

        4.3.4   Hoekom is die getalle hierbo NIE ŉ ware weerspieëling van BBB groei
                NIE?                                                                             (2)

        4.3.5   Bereken die persentasie bydrae van dienste tot die finale
                verbruikersbesteding deur huishoudings vir 2017. TOON ALLE
                BEREKENINGE.                                                                     (4)

4.4     Bespreek die eienskappe van ŉ gemengde ekonomiese sisteem.                    (4 x 2)    (8)

4.5     Ondersoek die impak van hoë bevolkingsgroei op ŉ ontwikkelende ekonomie
        soos Suid-Afrika.                                                   (4 x 2)              (8)
                                                                                                [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             80

                                                                                                  b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                (Vraestel 1)                 GRAAD 11      13

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                      STRUKTUUR VAN OPSTEL                                  PUNTETOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
     ŉ Goeie begin is om ŉ sleutelkonsep wat in die vraag voorkom, te
       definieer of te omskryf.
                                                                                Maks. 2
     Moenie enige deel van die vraag by die inleiding insluit nie.
     Moenie enige gedeelte van die inleiding by die liggaam insluit nie.
     Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
       bespreek.
Liggaam:
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede/Diepgaande
bespreking/Ondersoek/Bespreek krities/Ontleed (Analiseer)/Vergelyk/             Maks. 26
Evalueer/Onderskei/Verduidelik/Assesseer/Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek krities/Evalueer/
Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en verduidelik/Gebruik die gegewe              Maks. 10
grafiek en verduidelik/Voltooi die gegewe grafiek/Bereken/Lei af/
Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/ Debatteer kortliks/Hoe?/
Stel voor
Slot
Enige hoërorde-slot moet die volgende insluit:
    ŉ Kort samevatting van wat bespreek is, sonder herhaling van
       enige feite wat reeds genoem is.
    Enige opinie of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is.              Maks. 2
    Addisionele ondersteunende inligting wat die
       bespreking/ontleding versterk.
    ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra.
    Aanbevelings.
TOTAAL                                                                            40

                                                                                           b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                                                                       14
                                             (Vraestel 1)                GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                               40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksiefaktore
    vir die produsente van goedere en dienste.

    -   Natuurlike hulpbronne                                                    (8)
    -   Arbeid                                                                   (8)
    -   Kapitaal                                                                 (10)
                                                                                 (26 punte)
   Omlyn die ekonomiese impak van Covid-19 inperking op die Suid-Afrikaanse
    entrepreneurs.                                                               (10 punte)
                                                                                 [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                           40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek ten volle die metodes wat gebruik word om die ekonomiese groei te
    verhoog.                                                                     (26 punte)
   Hoe kan menslike- en natuurlike hulpbronne gebruik word om ekonomiese
    ontwikkeling te verseker.                                                    (10 punte)
                                                                                 [40]

                                                      TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                    TOTAAL:      150

                                          EINDE

## Related documents

- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
