# Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2016 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-paper/7a44dd83-655f-46e8-aa59-01a1cd00569e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2016 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2016-question-paper/7a44dd83-655f-46e8-aa59-01a1cd00569e)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2016 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      PROVINSIALE EKSAMEN
                            JUNIE 2016
                              GRAAD 11

                              EKONOMIE
                            (VRAESTEL 1)

NAAM VAN LEERDER: ___________________________________________

GRAAD: _________

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye

                                                                b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE V1                Graad 11   2

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                             EKONOMIE
                                                             (VRAESTEL 1)

                                                             TYD: 2 uur

                                                             PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND.
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
      AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste TWEE vrae gemerk
      word en in AFDELING C slegs die eerste EEN.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

4.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.    Gebruik slegs blou of swart ink.

10.   ŉ Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                       b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE V1               Graad 11    3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                          30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee. Kies
      die antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9 B.

      1.1.1 Vir enige produksie om plaas te vind is ... nodig.

            A.      finale goedere en dienste
            B.      infrastruktuur
            C.      produksie faktore

      1.1.2 Die verskil tussen die oorspronklike prys en die huidige waarde van
            masjinerie sal afhang van slytasie. Dit staan bekend as ...

            A.      markprys.
            B.      waardevermindering.
            C.      basiese prys.

      1.1.3 ŉ Netto bedryfsurplus word aan ... betaal.

            A.      huishoudings
            B.      besighede
            C.      entrepreneurs

      1.1.4 Private, nie-winsgewende organisasies, soos kerke, is deel van ...

            A.      besighede.
            B.      huishoudings.
            C.      owerheid.

      1.1.5 Lone en salarisse verdien deur permanente inwoners buite Suid-Afrika
            moet ... die BBP om BNI te kry.

            A.      bygetel word by
            B.      afgetrek word van
            C.      vermenigvuldig word met

      1.1.6 Hierdie beleid beklemtoon die beweging weg vanaf staatsbeheer van die
            ekonomie, want dit beklemtoon die beste manier om ŉ omgewing te skep
            waarin besighede meer suksesvol en winsgewend kan wees.

            A.      Groei, Indienssneming en Herverdeling
            B.      Heropbou en Ontwikkelings Plan
            C.      Wet op Gelyke Indiensneming

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE V1                Graad 11        4

      1.1.7 Die Britse Ekonoom ... word as die Vader van Kapitalisme beskou. Hy
            verduidelik hoe kapitalisme behoort te werk in sy boek genaamd “The
            Wealth of Nations”.

              A.      J M Keynes
              B.      C Marx
              C.      A Smith

      1.1.8 Die tersiêre sektor oorheers in al die .... ekonomieë.

              A.      ontwikkelde
              B.      ontwikkelende
              C.      gemengde
                                                                                   (8x2) [16]

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
      letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDEBOEK
      neer.

                      KOLOM A                                       KOLOM B
      1.2.1    Menslike kapitaal                    A      Die primêre sektor

      1.2.2    Lone                                 B     Poog om ekonomiese groei en
                                                          ontwikkeling te stimuleer
      1.2.3    Ontasbare
                                                    C      Items word nie self benodig nie, maar
      1.2.4    Kapitaalgoedere en dienste                  vir wat daarmee vervaardig kan
                                                           word
      1.2.5    Markprys
                                                    D     Die totale waarde van besteding
      1.2.6    BBB                                        binne die grense van ŉ land

      1.2.7    Sosiale dienste                      E     Die vaardigheid, kennis en
                                                          gesondheidstoestand van werkers
      1.2.8    Steengroewe
                                                    F     Ontvang aan die einde van elke dag
                                                          of week

                                                    G     Totale waarde van finale goedere en
                                                           dienste geproduseer binne die
                                                           landsgrense

                                                    H      Dienste soos regs-, mediese-, en
                                                           finansiële dienste

                                                    I     Die huidige prys waarteen die
                                                          goedere en dienste gekoop of
                                                          verkoop kan word
                                                                                  (8x1) [8]

                                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE V1                Graad 11      5

1.3.   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
       langs die vraagnommer ( 1.3.1-1.3.6) in die ANTWOORDEBOEK neer.

       1.3.1 Prys of vergoeding uitbetaal vir die gebruik van die produksiefaktore

       1.3.2 Belegging in beide vaste bates in die vorm van masjinerie en
             huidige bates soos voorrade

       1.3.3 Pryse en hoeveelhede word bepaal deur die markkragte van vraag
             en aanbod

       1.3.4 Die oordrag van eienaarskap van ŉ besigheid vanaf privaatbesit
             na die staat

       1.3.5 Inkomste vanaf die staat aan indiwidue of besighede vir ŉ spesifike
             doel

       1.3.6 Ekonomiese aktiwiteite betrokke by die prosessering van
             grondstwowwe en die vervaardiging van goedere in ŉ spesifieke
             tak van die ekonomie of kommersiële aktiwiteit
                                                                        (6x1) [6]

                                                        TOTAAL AFDELING A: 30

                                                                                     b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE V1                     Graad 11             6

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK

VRAAG 2                                                                40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1      Beantwoord die volgende vrae.

         2.1.1    Noem TWEE faktore wat die betaling van natuurlike hulpbronne sal
                  beïnvloed.                                                    (2x1)                     (2)

         2.1.2    Watter faktor bepaal hoeveel huishoudings kan spandeer op finale
                  goedere en dienste?                                            (1x2)                    (2)

2.2      Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                 “ .... en toe was daar drie!

      http://todayinsocialsciences.blogspot.co.za/2010/11/socialism-and-centrally-planned-economy.html]

       2.2.1 Watter ekonomiese stelsel word in die bogemoende spotprent uitgebeeld?                         (1)

       2.2.2 Wie was Karl Marx?                                                                             (1)

       2.2.3 Hoekom dink jy sê die spotprent “... en toe was daar drie!”                          (2x2) (4)

       2.2.4 Verduidelik die rol van die drie mans wat in die ekonomiese stelsel staan.
                                                                                     (2x2) (4)

                                                                                                                b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE V1                    Graad 11            7

2.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                Ebrahim Patel: Belê in die infrastruktuur om SA te laat groei

      May 05 2015 16:21
      Matthew le Cordeur

      Sandton – “ŉ Skuif in beleggings na Suid-Afrika se ambisieuse lang-termyn
      infrastruktuur strategie moet onder die soeklig geplaas word by die Asisa
      Konferensie,” het die Ekonomiese Ontwikkelings Minister Ebrahim Patel by die
      Sandton Konferensie Sentrum Dinsdag gesê.

      “Dit kan nuwe volhoubare groei vir die land tot gevolg hê,” het hy gesê. “Daar moet
      konsensus wees dat groot infrastruktuur programme Suid-Afrika sal bevoordeel en ŉ
      katalisator vir die ekonomie sal wees.”

      “Die laaste vyf jaar het die grootste beleggings in infrastruktuur sedert die 1960’s
      gesien,” het hy gesê. “Sommige van hierdie projekte is opvallend, ... maar ander is
      minder sigbaar, soos die opgradering van paaie en die bekendstelling van water en
      elektrisiteit in die landelike dele van Suid-Afrika.”

      “Daar is sommige langtermyn infrastruktuur projekte in die pyplyn en ons skakel dit
      oor na winsgewende projekte,” het hy gesê, en bygevoeg dat die pyplyn projek
      R4.7 triljoen sal kos.

              [http://www.fin24.com/Economy/Ebrahim-Patel-Invest-in-infrastructure-to-grow-SA-20150505]

      2.3.1 Definieer die term infrastruktuur.                                                       (2)

      2.3.2 Noem TWEE infrastruktuur dienste wat in die bogenoemde artikel genoem
            word.                                                            (2x1)                   (2)

      2.3.3 Hoe sal die groot infrastruktuur programme Suid-Afrika se ekonomie
            bevoordeel?                                                        (2x1)                 (2)

      2.3.4 Uit die uittreksel, is dit duidelik dat die owerheid hierdie plan ondersteun.
            Sal hierdie projek die Suid-Afrikaanse owerheid bevoordeel? Motiveer jou
            antwoord.                                                                 (2x2)          (4)

2.4   Identifiseer en bespreek die faktore wat ŉ impak op die kwaliteit en kwantiteit van
      arbeid het.                                                                   (2x4)            (8)

2.5   Op watter manier spandeer verbruikers hulle inkomste in die nasionale
      ekonomie?                                                                             (2x4)    (8)
                                                                                                     [40]

                                                                                                          b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE V1                Graad 11          8

VRAAG 3                                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1 Gee TWEE redes hoekom die Suid-Afrikaanse regering by die ekonomie
            sal inmeng?                                                    (2x1)              (2)

      3.1.2 Wat dink jy beteken Regstellende Aksie?                                   (1x2)   (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                              Vraag en aaanbod vir grond
                    Huur              V1              A
                               V

                                                                V1

                                                          V

                                                                        Hoeveelheid

      3.2.1 Definieer die term ekonomiese huur.                                               (2)

      3.2.2 Lys TWEE markkragte wat die vlak van huur kan beïnvloed.                  (2x1) (2)

      3.2.3 Verduidelik hoekom die aanbod van grond onveranderlik is.                         (2)

      3.2.4 Bereken die ekonomiese huur volgens die bogenoemde grafiek. Wys alle
            berekeninge.                                                    (2x2)             (4)

                                                                                                b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE V1                 Graad 11       9

3.3   Bestudeer die inligting in die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat
      volg.

                                                                    R MILJOENE (2014)

       VERGOEDING VAN WERKNEMERS                                             1 732 809
       ANDER BELASTINGS OP PRODUKSIE                                             71 649
       SUBSIDIES OP PRODUKTE                                                     12 972
       PRIMÊRE INKOMSTE VAN DIE RES VAN DIE WÊRELD                               82 235
       PRIMÊRE INKOMSTE AAN DIE RES VAN DIE WÊRELD                             183 779
       VERBRUIK VAN VASTE KAPITAAL                                             522 116
       BELASTING OP PRODUKTE                                                   404 939
       ANDER SUBSIDIES OP PRODUKSIE                                               8 021
       NETTO BEDRYFSURPLUS                                                   1 086 547
                                               [Bron: Kwartaalverslag SARB, Desember 2015]

      3.3.1 Identifiseer die metode wat gebruik is in die tabel hierbo om die BBP te
            bereken.                                                                         (1)

      3.3.2 Noem enige ander metode wat gebruik kan word om die BBP te bereken.              (1)

      3.3.3 Bereken die BBP teen markprys. (Berekeninge moet in tabelvorm wees)
                                                                              (2x2) (4)

      3.3.4 Bereken die BNI. (Berekeninge moet in tabelvorm wees.)                     (2x2) (4)

3.4   Bespreek die redes vir die ongelyke verspreiding van inkomste.                   (4x2) (8)

3.5   Tabuleer die voordele van ŉ markekonomie en ŉ sentraal beplande ekonomie.
                                                                              (2x4) (8)
                                                                                    [40]

                                                                                              b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE V1                  Graad 11       10

VRAAG 4                                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1 Noem TWEE tipes bates by die samestelling van die bruto vaste kapitaal
            belegging.                                                          (2x1) (2)

      4.1.2 Hoekom is die lyn van perfekte gelykheid ŉ 45° lyn?                      (1x2)    (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande artikel en beantwoord die vrae wat volg.

         RAMAPHOSA MOEDIG ENTREPRENEURSKAP AAN BY JONG SUID-
                             AFRIKANERS
      Dineo Bendile

      JOHANNESBURG – Adjunk President Cyril Ramaphosa sê die owerheid
      probeer om die gees van entrepreneurskap onder jong Suid-Afrikaners aan te
      wakker.

      Die adjunk president het beklemptoon dat nie alleenlik opvoedingsgeleenthede
      belangrik is nie, maar dat entrepreneurskap aangemoedig moet word.

      Hy het die jong mense vertel dat hulle ŉ groot rol het om te speel in die groei
      van die Suid-Afrikaanse ekonomie.

      Ramaphosa se woordvoerder Tyronne Seale sê, “Geleenthede word holisties
      geskep. Ons kyk na die totale landsburger en totale sosiale mens ...”

                                                     [Aangepas deur Tamsin Wort – News 24]

      4.2.1 Definieer die term entrepreneur.                                                 (2)

      4.2.2 Hoekom dink jy sê die Adjunk President dat jong mense “ŉ groot rol het om
            te speel in die groei van die Suid-Afrikaanse ekonomie”?            (1x2) (2)

      4.2.3 Hoekom is opvoedingsgeleenthede belangrik vir ŉ entrepreneur?           (1x2) (2)

      4.2.4 Wat is die verskil tussen ŉ suksesvolle entrepreneur en ŉ onsuksesvolle
            entrepreneur?                                                       (2x2) (4)

                                                                                               b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE V1                   Graad 11    11

4.3   Bestudeer die diagram hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                                                        13,7%

      4.3.1 Definieer die term tersiêre sektor.                                            (2)

      4.3.2 Gee TWEE voorbeelde van persoonlike dienste wat in die sirkelgrafiek
            hierbo genoem is.                                                  (2x1) (2)

      4.3.3 Hoekom is ekonomiese groei hoofsaaklik deur die tersiêre sektor sedert
            die vroeë 1990’s gedryf?                                           (2x2)       (4)

      4.3.4 Bereken die totale bydrae van die tersiêre sektor tot die BBP in 2013.
            (Berekeninge moet in tabelvorm wees.)                                          (2)

4.4   Verduidelik die verskil tussen finale goedere en intermediêre goedere volledig.
                                                                                   (2x4) (8)

4.5   Vergelyk die Groei, Indienssneming en Herverdelingsbeleid en die Uitgebreide
      Openbarewerke Program.                                                     (2x4) (8)
                                                                                       [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:             80

                                                                                             b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE V1             Graad 11    12

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDEBOEK.

                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                           PUNTETOEKENNING
       Inleiding                                                             Maks. 2
       Liggaam:
       Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Ondersoek /
       Bespreek krities /Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer /        Maks. 26
       Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer.

       Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities /
       Evalueer / Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik /
       Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die              Maks.10
       gegewe grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik /
       Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks.
       Gevolgtrekking:
           Enige relevante hoër orde gevolgtrekking wat die
             volgende insluit:
           ŉ Kortlikse opsomming van wat bespreek is /
             geanaliseer is sonder ŉ herhaling van feite wat reeds
             in die liggaam genoem is.
                                                                            Maks. 2
           ŉ Opinie of waarde-oordeel van die feite bespreek.
           Addisionele informasie om die bespreking te
             ondersteun / analiseer.
           ŉ Kontroversionele standpunt met motivering, as
             benodig.
           Aanvbevelings.
       TOTAAL                                                                 40

VRAAG 5                                                          40 PUNTE – 40 MINUTE

“ ŉ Gedeelte van Suid-Afrika se gemeenskap sal vir ewig gemarginaliseerd wees,” sê
Standard Bank se Hoofekonomoom Goolam Ballim.

       Bespreek die ekonomies gemarginaliseerde groep volledig.             (26 punte)
       Volgens jou opinie, dink jy dat die regering genoeg doen om die ekonomiese
        marginalisering van groepe te verminder. Verwys na die suksesse of mislukkings
        van owerheids-programme in dié verband.                              (10 punte) [40]

                                                                                           b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE V1               Graad 11     13

VRAAG 6                                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

Elke land volg een of ander tipe ekonomiese stelsel.

      In Suid-Afrika het ons ŉ gemengde ekonomie. Verduidelik die gemengde
       ekonomie volledig.                                              (26 punte)

      Verduidelik tipiese sosio-ekonomiese aspekte in jou gebied en hoe die owerheid
       hierdie aspekte aanspreek in ŉ gemengde ekonomie.                 (10 punte)     [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C: [40]

                                                                            TOTAAL: 150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-june-2016-question-paper/5cf95cac-9a06-4f33-b892-b55f7c1cf168) — Economics · QP · 2016
- [Gr11 ECN (Afrikaans) June 2016 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-afrikaans-june-2016-possible-answer/bf9ba336-b573-4318-8481-5953f816a08b) — Economics · Memo · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 June 2016 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-june-2016-possible-answer/f8203d4e-75e5-47b6-99b4-33b4023ca83d) — Economics · Memo · 2016

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
