# Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/3fcb9ef0-d3fe-4c07-a535-0079a50c33c7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2017 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/3fcb9ef0-d3fe-4c07-a535-0079a50c33c7)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2017
                          GRAAD 11

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                         2
                                                   (Vraestel 1)          Graad 11

                   GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          EKONOMIE
                                                          (Vraestel 1)

                                                          TYD: 2 uur

                                                          PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies versigtig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDEBOEK:

      AFDELING A:         VERPLIGTEND
      AFDELING B:         Beantwoord ENIGE TWEE van die DRIE vrae.
      AFDELING C:         Beantwoord EEN van die TWEE vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste TWEE nagesien
      word en in AFDELING C slegs die eerste EEN.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

5.    Lees die vrae aandagtig deur en begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Laat 2 – 3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.    Beantwoord die vrae in volsinne en die uitleg, inhoud en konteks van jou
      antwoorde moet in ooreenstemming met die vereistes van die vrae wees.

8.    Gebruik slegs swart of blou ink.

9.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

10.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                           3
                                                    (Vraestel 1)         Graad 11

VRAAG 1                                                 30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende
      vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) van jou
      antwoord langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK
      neer.

      1.1.1 Ekonomies gemarginaliseerde groepe sluit in ...

              A      vroue en fisies gestremde persone.
              B      polisie en soldate.
              C      swart en wit mense.
              D      onderwysers en verpleegsters.

      1.1.2    ŉ Unieke kenmerk van hierdie produksiefaktor is dat dit vas is en nie
              verskyf kan word nie.

              A      Kapitaal
              B      Arbeid
              C      Land
              D      Entrepreneurskap

      1.1.3 Die Suid-Afrikaanse arbeidsmag bestaan uit werkers tussen die
            ouderdomme van ... jaar.

              A      15 – 48
              B      21 – 50
              C      15 – 64
              D      21 – 60

      1.1.4 Om basiese pryse na markpryse om te skakel, word belasting op
            produkte ...

              A      afgetrek.
              B      bygetel.
              C      vermenigvuldig.
              D      geïgnoreer.

      1.1.5 Die begrotingsrede word in die parlement voorgelê deur die ...

              A      President.
              B      Minister van Handel en Nywerheid.
              C      Goewerneur van die SARB.
              D      Minister van Finansies.

                                                                                           b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                              4
                                                   (Vraestel 1)           Graad 11

      1.1.6 BBP per kapita meet ekonomiese ... in ŉ land.

              A     ontwikkeling
              B     groei
              C     gelykheid
              D     stabiliteit

      1.1.7 Groot publieke korporasies of besighede wat deur die staat beheer of
            besit word is bekend as ...

              A     maatskappye.
              B     publieke maatskappye.
              C     private maatskappye.
              D     parastatale.

      1.1.8 Die model wat die vloei van goedere en dienste asook die vloei van
            produksiefaktore aandui staan bekend as die ...

              A     ekonomiese siklus
              B     monotêre vloei
              C     kringloop-diagram
              D     sakesiklus                                              (8x2)      (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om by ŉ item in KOLOM A te pas. Skryf
      slegs die letter (A – H) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

                    KOLOM A                                 KOLOM B

      1.2.1   Sentraal beplande              A   Hulpbronne soos minerale en grond
              ekonomie
                                             B   BBP (I) @ basiese pryse
      1.2.2   Kapitaalgoedere
                                             C   C+I+G
      1.2.3   Nie-hernubare hulpbronne
                                             D   Die staat besit al die
      1.2.4   Sluit belasting en subsidies       produksiefaktore
              op produksie in
                                             E   Kommunikasie, vervoer en energie
      1.2.5   SARB
                                             F   Goedere wat gebruik word om ander
      1.2.6   Sekondêre sektor                   goedere te produseer

      1.2.7   BBB                            G   Publiseer die BBP-syfers

      1.2.8   Infrastruktuur                 H   Proses om rou materiaal gronds-
                                                 stowwe om te sit in finale produkte

                                                                             (8x1) (8)
                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                             5
                                                  (Vraestel 1)        Graad 11

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.3.1 Die vergoeding van werknemers, plus netto bedryfsurplus, plus
            vastekapitaalverbruik

      1.3.2 Hierdie metode is die waarde van alle finale produksie van al drie
            sektore in die ekonomie.

      1.3.3 Die waarde van alle finale produksiepryse wat deur verbruikers
            betaal word

      1.3.4 Die geld wat deur verskeie staatsdepartemente bestee word op
            goedere en dienste om die gemeenskap te bevoordeel

      1.3.5 Goedere wat nog nie gereed is om aan die finale verbruiker te
            verkoop te word nie

      1.3.6 Die proses waardeur die staat privaatondernemings beheer en
            oorneem                                                   (6x1)      (6)

                                                       TOTAAL AFDELING A: [30]

                                                                                           b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                            6
                                                    (Vraestel 1)         Graad 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE uit die drie vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2 MAKROEKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1 Noem enige TWEE kategorieë van natuurlike hulpbronne.           (2x1)       (2)

      2.1.2 Hoe word BNI bereken?                                           (1x2)       (2)

2.2   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                          [Sakenuus / (aangepas), Maart 2015]

      2.2.1 Met watter ekonomiese stelsel word kapitalisme verbind?                     (1)

      2.2.2 Bepreek kortliks die ekonomiese stelsel genoem in Vraag 2.2.1.
                                                                                (1x2) (2)

      2.2.3 Verduidelik waarom Samuelson sê dat die markekonomie ŉ
            “wonderlike ding” is.                                                       (1)

      2.2.4 Verduidelik DRIE nadele van geen staatsinmenging.                   (3x2)   (6)

                                                                                              b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE                             7
                                                      (Vraestel 1)         Graad 11

2.3     Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      GEKONSOLIDEERDE OWERHEIDSBESTEDING VOLGENS FUNKSIE

R biljoen                               2014/15         2015/16         2016/17
Basiese Onderwys                         253.8           213.7           228.8
Gesondheid                               145.7           159.4           168.4
Verdediging, openbare orde               163.6           171.5           181.5
en veiligheid
Naskoolse onderwys en                    253.8            64.2            68.7
opleiding
Ekonomiese sake en landbou               50.0             213.0           238.4
Menslike nedersetting en                 235.7            178.2           182.6
munisipale infrastruktuur
Algemene openbare dienste                65.1             97.5            73.7
Sosiale beskerming                       144.5            154.4           167.5
Geallokeerde besteding                  1 875.3          1 251.8         1 309.6
Skuld-dienste koste                      114.9            120.1           147.7
Gebeurlikheidsreserwes                    3.0                              6.0
Gekonsolideerde besteding               1 252.3          1 380.9         1 463.3
           [Aangepas uit: Nasionale Tesourie Begrotings Hoogtepunte, Februarie 2016]

        2.3.1 Identifiseer die beplande besteding op gesondheid in 2016 / 2017.          (1)

        2.3.2 Die gegewe totale owerheidsbesteding in 2016 / 2017 beloop ŉ
              bedrag van R 1 463.3 biljoen. Bereken die persentasie van die
              begroting wat toegeken is aan basiese onderwys in dié jaar. (1x2) (2)

        2.3.3 Die Minister van Finansies het in die 2016 Begroting gesê dat
              “personeelbesteding ingekort gaan word en besparingsmaatreëls
              versterk gaan word.”
              Voorsien bewyse om die Minister se stelling te ondersteun.    (1x3) (3)

        2.3.4 Noem die kategorie in die tabel wat die bedrag insluit wat
              gespandeer is op ouderdomspensioene.                                 (1x2) (2)

        2.3.5 Watter afleidings kan gedoen word omtrent die skuld-dienste koste?
              Gee ŉ rede hiervoor.                                          (1x2) (2)

2.4     Bespreek kortliks die doeltreffendheid in die lewering van sosiale dienste in
        Suid-Afrika.                                                           (2x4) (8)

2.5     Hoe word entrepreneurs vergoed vir hul bydra tot die ekonomie in Suid-
        Afrika?                                                            (2x4)         (8)
                                                                                         [40]

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                                  8
                                                    (Vraestel 1)          Graad 11

VRAAG 3 MAKROEKONOMIE                                  40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van sosiale dienste.                   (2x1)    (2)

       3.1.2 Waarom word die betaling vir invoere ŉ lekkasie genoem?           (1x2) (2)

3.2    Bestudeer die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.

              Is Suid-Afrika besig om in die regte rigting te beweeg om ŉ
                           vervaardigingsindustrie te word?

      Suid-Afrika se vervaardigingsektor is neerslagtig, met ŉ dalende bydrae tot die
      BBP (Bruto Binnelandse Produk) oor die afgelope twee dekades.

      Erken as een van die top drie ekonomiese sektore in terme van
      waardetoevoeging, werkverskaffing, uitvoere verdienste en inkome wat uit elke
      R1 wat belê word verdien word, het vervaardiging die kapasiteit om enige
      ekonomie te laat piek. Hoe ook al, met globale mededingendheid aan die groei
      in ontluikende lande oor die afgelope jaar, was meer as 300 000
      werksgeleenthede verloor aan ander lande vanaf 2008, met Shina se leeu-
      aandeel aan die bopunt.

      Die Staat moet nuwe lewe in die vervaardigingsektor plaas, en daar moet
      aansienlik herfokus word deur die staat, privaatsektor en onderwys en ŉ
      padkaart saamgestel word wat huidige tekortkominge aanspreek en
      mededingende voordele oorweeg wat Suid-Afrika se vervaardigingsplekke as
      een van die wêreld se grootste vervaardigingsmiddelpunt kan plaas.

                                                 [Mail & Guardian, Februarie 6 tot 12, 2015]

       3.2.1 Noem TWEE sektore wat waarde toevoeg tot die BBP in Suid-
             Afrika.                                                   (2x1)            (2)

       3.2.2 Verduidelik internasionale mededingendheid.                                (2)

       3.2.3 Wat moet gedoen word om die vervaardigingsektor te
             “verbeter”?                                                       (2x2)    (4)

       3.2.4 Hoekom is die sekondêre sektor so belangrik vir ŉ land se
             ekonomie?                                                          (1x2) (2)

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                         9
                                                    (Vraestel 1)        Graad 11

3.3   Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg:

                       BBP teen huidige pryse                          2014 Rm

         Landbou, bosbou en visserye                                    185 634
         Mynbou en steengroewery                                        185 634
         Vervaardiging                                                  316 268
         Elektrisiteit, gas en water                                    150 000
         Konstruksie                                                    300 000
         Groot en kleinhandel                                           680 000
         Vervoer, berging en kommunikasie                               316 605
         Finansies                                                      732 000
         Gemeenskaps- sosiale en persoonlike dienste                    588 000
         Primêre inkomste vanaf die res van die wêreld                   82 235
         Primêre inkomste aan die res van die wêreld                    183 779
         Belasting op produkte                                          404 939
         Subsidies op produkte                                           12 972
                 [Aangepas uit: SARB kwartaalblad, September 2015]

      3.3.1 Watter metode word in die bostaande tabel gebruik om die BBP te
            bereken?                                                               (1)

      3.3.2 Gee EEN voorbeeld van ŉ belasting op produkte.                         (1)

      3.3.3 Bereken die bruto binnelandse produk teen markpryse.
            (Toon alle berekeninge)                                                (4)

      3.3.4 Waarom is daar so ŉ groot verskil tussen primêre inkomste vanaf
            die res van die wêreld teenoor primêre inkomste aan die res van die
            wêreld?                                                       (2x2) (4)

3.4   Verduidelik die verskil tussen geldkapitaal en reële kapitaal.        (2x4) (8)

3.5   Hoe het die sellulêre foon industrie gehelp dat die armes toegang tot
      kommunikasie kan verkry?                                              (4x2) (8)
                                                                                  [40]

                                                                                         b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                            10
                                                     (Vraestel 1)          Graad 11

VRAAG 4 MAKROEKONOMIE                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1 Noem TWEE markte in die kringloopdiagram.                         (2x1)    (2)

      4.1.2 Waarom sal ŉ besigheid ŉ salaris of ŉ loon aan ŉ lid van ŉ
            huishouding betaal?                                               (1x2)    (2)

4.2    Bestudeer die volgende artikel en beantwoord die vrae wat volg.

                       Produksie uitset en lone lei tot voorspoed

      ŉ Toename in arbeidsproduktiwiteit lei tot meer werksgeleenthede, beter
      inkomste en aansienlike profyt. Ongelukkig groei Suid-Afrika se produktiwiteit
      baie stadig. In die afgelope paar jare het produktiwiteit gegroei van 1.3 % na
      1.5 %.
      Produktiwiteit meet hoe vinnig goedere en dienste geproduseer word binne ŉ
      bepaalde tydperk. In baie industrieë in China, oorskry nominale lone die van
      Suid-Afrika.
      Produktiwiteit, meer as BBP, is ons grootste sentrale ekonomiese probleem. Dit
      is onmoontlik vir ons om ŉ ryk land te word tensy lone nie vinniger as inflasie
      groei nie, maar dis nie moontlik indien produktiwiteit nie toeneem nie.

      ŉ Nasionale doelwit om produktiwiteit te verbeter, moet ingestel word. “Ons
      moet ŉ ernstige en volgehoue gesprek voer oor hoe om die nalatenskap van
      apartheid te oorkom en te fokus op die mislukkings van ons huidige programme
      om vaardighede op groot skaal te ontwikkel.
      Ons moet al hierdie dinge nou doen, voordat ons vermoë om te vertrou en saam
      te werk vergiftig word deur meer jare van slegte keuses wat lae produktiwiteit
      meebring.
                                                      Luke Jordan (PhD) in Ekonomie.
                              [Mail & Guardian (Business) September 24 tot Oktober 1, 2015]

      4.2.1 Watter produksiefaktor word verbind tot produktiwiteit?                    (1)

      4.2.2 Wat is die vergoeding vir hierdie produksiefaktor genoem in
            Vraag 4.2.1?                                                               (1)

      4.2.3 “ŉ Toename in arbeidsproduktiwiteit lei tot meer
            werksgeleenthede, beter inkomste en aansienlike winste.”
            Watter impak sal dit op die Suid-Afrikaanse ekonomie hê?           (2x2) (4)

      4.2.4 Waarom is dit onmoontlik vir Suid-Afrika om ŉ ryk land te
            word?                                                              (1x2) (2)

      4.2.5 Noem enige TWEE faktore wat die kwaliteit van ŉ arbeidsmag
            bepaal.                                                   (2x1) (2)

                                                                                              b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                           11
                                                   (Vraestel 1)          Graad 11

4.3   Bestudeer die volgende tabel en beantwoord die vrae wat volg.

              Finale verbruiksbesteding deur huishoudings

         Kategorie                    1ste       2de         3de        4de
                                      Kw         Kw          Kw         Kw
         Duursame goedere              5.9       12.5        9.4        6.9
         Semi-duursame goedere         7.6        8.5        7.1        3.1
         Nie-duursame goedere          2.4        2.7        0.5        0.2
         Dienste                       0.1       -2.1        0.1        1.7
         Totaal                        2.4        2.5        2.1        2.0
                                     [Bron: Kwartaallikse Bulletin, Maart 2015]

      4.3.1 Wat is jou mening oor die persentasie van verbruikersbesteding in
            die 4de kwartaal, in vergelyking met die vorige kwartale?    (1x2) (2)

      4.3.2 Hoe bereken ons finale verbruikersbesteding? Verduidelik die
            komponente ten volle.                                        (4x1) (4)

      4.3.3 Waarom spandeer armer huishoudings die grootste gedeelte van
            hul inkomste op voedsel in vergelyking met ryker huishoudings?
                                                                        (1x2) (2)

      4.3.4 Verduidelik hoe verbruik werksgeleenthede stimuleer.              (1x2) (2)

4.4   Onderskei tussen nominale lone en reële lone.                           (2x4) (8)

4.5   Waarom is kapitaalgoedere en dienste belangrik vir produseerders van
      goedere en dienste?                                               (4x2) (8)
                                                                              [40]

                                                                                           b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                      12
                                                     (Vraestel 1)       Graad 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK.
Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

      STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                PUNTETOEKENNING
      Inleiding                                                    Maks. 2
      Liggaam
      Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede /
      In-diepte bespreking / Ondersoek / Bespreek                   Maks. 26
      krities / Ontleed / Analiseer / Vergelyk / Evalueer /
      onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer.
      Addisionele gedeelte: Gee eie mening /
      Bespreek krities / Evalueer / Evalueer krities /
      Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die
      gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe            Maks. 10
      grafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik /
      Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe?
      / Voorstelle

      Slot / samevatting:

      Enige hoër-orde samevatting behoort die volgende
      te bevat:

      •   ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder
          om enige genoemde feite te herhaal
      •   Enige opinie of waardeskatting omtrent die                Maks. 2
          bespreekte feit
      •   Addisionele ondersteunende inligting om die
          bespreking / analise te versterk
      •   ŉ Weersprekende standpunt met motivering,
          indien vereis
      •   Aanbevelings / voorstelle

                             Totaal                                   40

                                                                                        b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE                         13
                                                    (Vraestel 1)          Graad 11

VRAAG 5                                                40 PUNTE – 40 MINUTE

"As ŉ ekonomiese hulpbron, omvat ŉ land al die natuurlike hulpbronne wat
gebruik kan word in die produksie van goedere en dienste.”

•   Bespreek die eienskappe en die belangrikheid van hierdie produksiefaktor.
                                                                            (26)

•   Verduidelik kortliks wat die impak van die droogte op die primêre, sekondêre
    en tersiêre sektore van Suid-Afrika het.                                 (10)
                                                                                     [40]

VRAAG 6                                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

“Suid-Afrika is een van baie lande in die wêreld met ŉ gemengde ekonomie.”

•   Bespreek die kenmerke, voordele en nadele van ŉ land met ŉ gemengde
    ekonomiese stelsel.                                               (26)

•   Ontleed die probleme wat Suid-Afrika in die gesig staar met te veel
    regeringsinmenging of betrokkenheid in die ekonomie.                     (10)
                                                                                     [40]

                                                         TOTAAL AFDELING C:           40

                                                                          TOTAAL:    150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P2 June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-june-2017-question-paper/33d10bee-84e3-4d7b-9d8f-b22323a4926a) — Economics · QP · 2017

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
