# Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng June 2018 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2018 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2018
                          GRAAD 11

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

                       NASIENRIGLYNE

18 bladsye

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE
                             MEMORANDUM            (Vraestel 1)              GRAAD 11

                 GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                            PROVINSIALE EKSAMEN

                                                             EKONOMIE
                                                             (Vraestel 1)

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      1.1.1   A – bedrag geld wat ŉ arbeider ontvang 
      1.1.2   C – die produksie van die land
      1.1.3   B – entrepreneur
      1.1.4   C – BBP teen konstante pryse
      1.1.5   D – nasionale
      1.1.6   B – Sasol
      1.1.7   D – ŉ openbare en ŉ private sektor
      1.1.8   A – steenkool                                        (8x2) (16)     (16)

1.2   PASITEMS

      1.2.1   F – Ouderdomspensioen is ŉ voorbeeld hiervan 
      1.2.2   A – Uitgedruk deur reële BBP per kapita, lewensverwagting en
                  vlakke van geletterdheid
      1.2.3   G – Die vloei van goedere en dienste
      1.2.4   E – Sekondêre ekonomiese aktiwiteit
      1.2.5   H – Produkte wat binne SA gekoop word
      1.2.6   D – Belasting en staatsbesteding
      1.2.7   C – Motors, geboue en paaie
      1.2.8   B – Ouderdomme tussen 15 en 64 jaar                        (8x1)     (8)

1.3   GEE EEN TERM

      1.3.1   Produksiefaktore 
      1.3.2   Makro-ekonomie 
      1.3.3   Infrastruktuur 
      1.3.4   Produktiwiteit 
      1.3.5   Bestedingsmetode 
      1.3.6   Per kapita inkome                                            (6x1)   (6)

                                                       TOTAAL AFDELING A:           30

                                        2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                MEMORANDUM             (Vraestel 1)              GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae van hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE

2.1     2.1.1    Noem enige TWEE kategorieë van finale verbruiksbesteding
                 deur huishoudings.

                    duursame goedere 
                    semi-duursame goedere 
                    nie-duursame goedere 
                    dienste                                                   (2x1)   (2)

        2.1.2    Waarom is kapitaalvorming belangrik vir die ekonomie van
                 Suid-Afrika?

                    Dit verhoog produksie van goedere en dienste 
                    Ekonomiese groei hang af van die koers waarteen
                     kapitaalvorming plaasvind. 
                    Hoe hoër die koers waarteen kapitaalvorming plaasvind, hoe
                     hoër die ekonomiese groei. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)        (1x2)      (2)

2.2     DATARESPONS

        2.2.1    Identifiseer die tersiêre aktiwiteit wat die meeste bydra tot die
                 Suid-Afrikaanse ekonomie in Gauteng?

                    Konstruksie                                                       (1)

        2.2.2    Gee ŉ rede vir die ekonomiese aktiwiteit wat die hoogste
                 persentasie bydra tot die tersiêre sektor.

                    Ontwikkeling van infrastruktuur, bv. paaie, brûe, damme,
                     geboue en stadions. 
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (1)

        2.2.3    Verduidelik kortliks die term tersiêre ekonomiese aktiwiteite.

                    Die tersiêre sektor behels die dienste wat die ekonomie
                     ondersteun, soos verkope en verspreiding van die artikels wat
                     deur die sekondêre nywerhede geproduseer word.
                     (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                   (2)

                                            3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                             MEMORANDUM             (Vraestel 1)              GRAAD 11

      2.2.4   Hoekom is dit verkieslik vir ŉ land om ŉ sterker tersiêre sektor
              as ŉ primêre sektor te hê?

                 Die tersiêre sektor is die grootste werkverskaffings sektor  /
                  die tersiêre sektor het meer mense in diens geneem as die
                  primêre sektor.
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)                  (2)

      2.2.5   Wat is die rol wat vervoer speel in die versterking van die
              tersiêre sektor in Gauteng.

                 Werkers word op ŉ daaglikse wyse vervoer vanaf hul huise na
                  hul werke 
                 Goedere word vervoer vanaf die vervaardiger na die verbruiker
                  (markte) 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)       (2x2)      (4)

2.3   DATARESPONS

      2.3.1   Identifiseer ŉ moontlike rede vir die daling van
              entrepreneurskap in SA?
                 ŉ Tekort aan fondse / befondsing                                  (1)

      2.3.2   Noem EEN hoofrede waarom deelnemers hulle eie besighede
              begin het.
                 Hulle het ŉ geleentheid geïdentifiseer 
                 Hulle wou hulle eie baas wees                                     (1)

      2.3.3   Beskryf kortliks die konsep entrepreneurskap.

                 Entrepreneurskap is ŉ agent wat al die produksiefaktore
                  verbind in waardevolle goedere en dienste. 
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                   (2)

      2.3.4   Verduidelik enige faktor wat die wins van ŉ entrepreneur
              beïnvloed.

                 Die vaardighede van die entrepreneur
                  -    Entrepreneurs moet intensiewe marknavorsing doen en
                       mededingers analiseer. 
                 Die vraag vir die produk
                  -    Indien die vraag vir die produk hoog is, sal die verkope
                       moontlik ook hoog wees. 
                 Die produksieproses en tegnieke
                  -    Produseerders moet besluit op aspekte soos
                       massaproduksie.                                             (2)

                                         4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 11

      2.3.5     Wat is die belangrikheid van entrepreneurskap in die Suid-
                Afrikaanse ekonomie?

                Entrepreneurs speel ŉ baie belangrike rol deur by te dra tot:

                   Ekonomiese groei en vooruitgang van ŉ land se ekonomie
                   Kombineer die produksiefaktore om goedere en dienste te
                    produseer en om in die behoeftes en begeertes van
                    verbruikers te voorsien
                   Toon ondernemingsgees om ŉ sakeonderneming te begin en
                    met ŉ sake-idee vorendag te kom om ŉ wins te maak. 
                   Aanvaar risiko’s en al die verliese indien die onderneming
                    bankrot speel
                   Neem besluite oor wat om te produseer, waar om die
                    onderneming te begin en vir wie geproduseer moet word. 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)           (2x2)   (4)

2.4   Onderskei tussen hernubare en nie-hernubare hulpbronne.
      Hernubare hulpbronne
       Is daardie hulpbronne wat vervang kan word deur natuurlike prosesse
       Hierdie hulpbronne word herproduseer sonder imenging oor ŉ redelike
         tydperk
       bv. sonskyn, reën, plante en diere                 (MAKS. 4 PUNTE)
      Nie-hernubare hulpbronne
       Hierdie hulpbronne soos neem miljoene jare om te vorm
       Hierdie hulpbronne kan nie herproduseer word nie
       bv. steenkool, olie, minerale en gas, land      (MAKS. 4 PUNTE) (2x4)         (8)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          (ŉ Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir opskrifte / sub-
          opskrifte / voorbeelde)

2.5   Hoe kan die ontwikkeling van kleinsakeondernemings die
      gemarginaliseerdes groepe in Suid Afrika bevoordeel?
      Kleinsakeondernemings kan die gemarginaliseerdes help deur:
         Opleiding kan verskaf word om werksgeleenthede te skep vir die
          strukturele werklose mense om ŉ meer inklusiewe ekonomie te bou
         Entrepreneurskap veral by vroue en die jeug kan ontwikkel word in
          plattelandse gebiede waar werkloosheid baie hoog is
         Om diversifisering in die ekonomie aan te moedig deur ŉ verskeidenheid
          van vaardighede te ontwikkel
         Om kompetisie aan te moedig wat die verbruiker bevoordeel op bv. laer
          pryse
         Armoede word verminder in plattelandse gebiede deur inkomste
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
          (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir opskrifte / sub-
          opskrifte / voorbeelde)                                                      (8)
                                                                                       [40]
s

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE
                             MEMORANDUM            (Vraestel 1)            GRAAD 11

VRAAG 3: MAKROEKONOMIE

3.1   3.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van primêre energiebronne wat
              in Suid-Afrika gebruik word.

                 Steenkool
                 Uraan
                 Kernkragsentrales
                 Hidroëlektrisiteit
                 Wind
                 Hout                                                   (2x1)   (2)

      3.1.2   Waarom is hulpbronne so belangrik in die produksieproses?

                 Hulpbronne word as insette in die produksieproses gebruik om
                  goedere en dienste te vervaardig                      (1x2)   (2)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

3.2   DATARESPONS

      3.2.1   Identifiseer die metode wat gebruik word om die BBP in die
              tabel hierbo te bereken.
                 Inkomste metode / BBP (I)                                     (2)

      3.2.2   Beskryf kortliks die term bruto binnelandse produk.

                 Totale waarde van alle finale goedere en dienste geproduseer
                  binne die grense van ŉ land vir ŉ bepaalde periode            (2)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

      3.2.3   Wat is die vernaamste doelwit van subsidies op produksie?

                 Om produksiekoste te verminder  / om meer te produseer
                  vir uitvoere / die verbruiker word bevoordeel deur laer
                  pryse / die produsering van meer goedere en dienste         (2)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

      3.2.4   Bereken vastekapitaalverbruik as ŉ persentasie van die BBP
              teen faktorkoste. Toon ALLE berekeninge.

              (Vastekapitaalverbruik / Bruto waarde toegevoeg teen
              faktorkoste X 100)
               R560 397 / R3518 318 x 100
                  = 15,9 %  van 16 %                                          (4)
                  (Slegs 2 punte moet toegeken word indien net die antwoord
                  gegee word)

                                        6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE
                               MEMORANDUM            (Vraestel 1)             GRAAD 11

3.3   DATARESPONS

      3.3.1     Identifiseer die ekonomiese konsep wat deur die uittreksel
                uiteengesit word.

                   Werkloosheid                                                    (1)

      3.3.2     Verskaf ŉ rede hoekom die ekonomiese konsep op bykans
                elke straathoek vertoon word?

                   Werkloosheid vermeerder elke jaar                               (1)

      3.3.3     Verduidelik kortliks TWEE sosiale redes vir die hoë
                werkloosheidskoers in Suid-Afrika.

                   Tekort aan onderwys / hoë volwasse ongeletterdheidkoers
                    in SA
                   Tekort aan vaardigheid / hoë aanbod van onopgeleide
                    werkers                                             (2x2)      (4)
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

      3.3.4.    Hoe kan die informele sektor ŉ impak hê op die vermindering
                van die werkloosheidskoers?

                   Mense kan hul eie besighede begin 
                   Groot aanvangskapitaal is nie ŉ vereiste nie
                   Vaardighede en geletterdheid is nie ŉ vereiste nie
                   Mense kan ŉ inkomste verdien om die mees basiese
                    behoeftes te bevredig                                  (2x2)   (4)
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

3.4   Onderskei tussen reële belegging en finansiële belegging.

         Reële belegging is die toerusting en masjinerie wat met geldkapitaal
          gekoop is
       Word gebruik in die produksieproses waartydens nuttige goedere en
          dienste vervaardig word
       Die doel is om winste in die toekoms te maak (Maks. 4 punte)
       Finansiële belegging is die geld wat gebruik word om kapitaalgoedere
          te koop
       Geldkapitaal word gebruik om verdere produksie moontlik te maak
          (Maks. 4 punte)                                                    (2x4)   (8)
      (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
      (ŉ Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir opskrifte / sub-opskrifte /
      voorbeelde)

                                           7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                               MEMORANDUM             (Vraestel 1)            GRAAD 11

3.5   Hoe kan die regering die probleem rondom die grondverdeling in Suid-
      Afrika oplos?

      Grondhervormings / Grondrestitusieprogram 
         Die doel van hierdie program is om die geldigheid van eise te ondersoek,
          grond terug te gee of finansiële vergoeding aan eisers uit te betaal
         Mense wat van hulle grond onteien is as gevolg van rasse-
          diskriminerende wette en praktyke

      Grondherverdelingsprogram 
         Die doel is om voorheen benadeelde Suid-Afrika toegang tot
          landbougrond te gee
         Die regering het oorspronklik gemik om 30 % van Suid-Afrikaners se
          landbougrond teen 2014 te herverdeel
         Hulle het in 2010 toegegee dat die doelwit nie teen 2014 bereik sou word
          nie en 2015 as ŉ meer realistiese datum aangedui
         Die klem het verskuif van vinnige herverdeling van grond na meer
          ondersteuning aan gevestigde begunstigdes                                (8)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
          (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken vir opskrifte / sub-opskrifte /
          voorbeelde)
                                                                                     [40]

                                           8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                               MEMORANDUM              (Vraestel 1)                 GRAAD 11

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.
4.1   4.1.1    Noem enige TWEE soorte kommunikasie infrastruktuur wat in
               Suid-Afrika gebruik word.

                Posdienste
                Telekommunikasie
                Internet en e-pos
                Radio
                Televisie
                Gedrukte media / koerante en tydskrifte                          (2x1)   (2)
               (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

      4.1.2    Hoe kan belasting gebruik word om die afwaartse tendens in
               die ekonomie te herstel?

                  Belasting moet daal / gesny word
                  ŉ Afname in belasting sal verbruikersinkomste verhoog
                  Dit sal lei tot ŉ toename in vraag na goedere en dienste en dit
                   kan lei tot ŉ toename in aanbod (produksie) van goedere en
                   dienste
                  Ekonomiese aktiwiteite sal toeneem en die ekonomie sal
                   groei
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)          (1x2) (2)

4.2   DATARESPONS

      4.2.1    Identifiseer ŉ rede hoekom Eskom beurtkrag ingestel het?

                  Vraag na elektrisiteit is groter as aanbod van elektrisiteit           (1)
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

      4.2.2    Noem die persentasie elektrisiteit wat deur die primêre sektor
               in Suid-Afrika gebruik word?

               (Landbou + mynbou persentasies)(1,4% + 0,03%)
                1.43 %                                                                   (1)

      4.2.3    Verduidelik kortliks die term beurtkrag in terme van
               elektrisiteit.

                  Kragonderbreking vind plaas om grootskaalse
                   elektrisiteitsgebruik te verminder                                    (2)
                   (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

                                           9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                             MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 11

      4.2.4   Hoekom gebruik plaaslike verbruikers die meeste hoeveelheid
              krag?

                 Die plaaslike verbruikers se getalle groei / bevolkingsgroei 
                 Vermeerdering in behuisingsontwikkelings, bv. HOP /
                  kompleksontwikkeling                                            (2)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

      4.2.5   Hoe sal beurtkrag die Suid-Afrikaanse ekonomie beïnvloed?

                 Uitvoere gaan afneem en minder buitelandse valuta inbring
                 Werkers gaan minder inkomste ontvang en minder goedere en
                  dienste koop
                 Pryse gaan toeneem omdat produksie afneem
                 Invoere gaan toeneem as gevolg van die daling in aanbod
                 Dienslewering gaan afneem                             (2x2)     (4)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

4.3   DATARESPONS

      4.3.1   Identifiseer ŉ land wat die genoemde ekonomiese stelsel
              gebruik.

              * VSA / Amerika                                                      (1)

      4.3.2   Noem EEN voordeel van ŉ vryemarkekonomie.

                 Indiwidue maak hulle eie besluite 
                 Die vryheid van keuse 
                 Geen staatsinmenging nie 
                 Die produksiefaktore word beheer en is in privaatbesit           (1)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

      4.3.3   Verduidelik kortliks die term vrye-mark ekonomiese stelsel.

                 Die markekonomie (vryemark) los die basiese probleem
                  rondom “wat”, “hoe” en vir “wie” op om dan deur die
                  markmeganisme produseer te word. 

                 Die interaksie van die verbruikers en ondernemings bepaal die
                  pryse van goedere en dienste vryelik en met beperkte
                  staatsinmenging.                                                (2)
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

                                        10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 11

      4.3.4     Hoe is die markekonomie “self-regulerend”? Motiveer.

                   Die prysmeganisme koördineer die ekonomiese aktiwiteite. 
                   Verbruikers en produseerders kom bymekaar om op elkeen se
                    behoeftes te reageer. 
                   Die verbruikers se vryheid van keuse gee rigting aan die tipes
                    en hoeveelheid goedere.                                          (2)

      4.3.5     Hoekom is kapitalisme nie tot voordeel van alle lande en sy
                inwoners nie?

                   Hulpbronne is onderbenut of word nie doeltreffend aangewend
                    nie
                    - ŉ Duplikasie van ekonomiese ektiwiteite vind dikwels
                        plaas, wat tot markmislukkings kan lei. 
                   Ongelyke verdeling van inkomste
                    - Die proses van welvaartskepping behels diegene met
                        kapitaal, terwyl die siekes en haweloses swaar kry. 
                   Ekonomiese onstabiliteit
                    - Die fluktuasies in sakesiklusse skep inflasie en
                        werkloosheid 
                   Uitsluiting van die armes vanaf die markte
                    - Die vryheid van keuse is dikwels nie geskik vir die armes
                        nie, soos die voordele verkry vanaf reklame 
                   Die skep van belangegroepe (drukgroepe)
                    - Die vryheid van ondernemings kan monopolieë en kartelle
                        tot stand bring, wat die ekonomie nadelig beïnvloed 
                    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)         (2x2)     (4)

4.4   Bespreek die rol van die faktormark in die ekonomiese kringloop.

         Die huishouding is die eienaars van die produksiefaktore en verkoop dit
          aan produseerders op die faktormark 
         In ruil daarvoor ontvang die huishouding faktorinkome bv. (salarisse en
          lone, huur, rente, winste) 
         Die produseerders koop die produksiefaktore vanaf die verbruikers op die
          faktormark
         Die produseerders gebruik die produksiefaktore om goedere en dienste
          te vervaardig
         Hierdie goedere en dienste word weer verkoop aan die verbruikers
                                                                               (4x2)   (8)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
          (ŉ Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir opskrifte / sub-
          opskrifte / voorbeelde)

                                           11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE
                               MEMORANDUM            (Vraestel 1)            GRAAD 11

4.5   Hoe dra Swart Ekonomiese Bemagtiging by tot gemeenskapsdeelname
      in Suid-Afrika?

         Breedgebasseerde Swart Ekonomiese Bemagtiging (BGSEB) is ŉ vorm
          van ekonomiese bemagtiging, wat die SA regering ingestel het met die
          doel om welvaart so wyd moontlik deur die gemeenskap te versprei
         Volgens die Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtingswet, is
          vorige benadeelde groepe swart mense, kleurlinge, en vroue. 
         Breedgebaseerde Swart Ekonomiese Bemagtingswet bied aan klein en
          medium ondernemings toegang tot die mark
         Behels swart eienaars van besighede en staatsdienste, asook groot
          besighede, sodat hulle deel is van alle besluitnemings-prosesse
         Ondersteuning aan swart besighede, sodat swartes ŉ groter rol kan speel
          in die ekonomie
         Toetrede tot die aandelemark vir swart eienaars / mense.                (8)
          (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
          (ŉ Maksimum van 2 punte kan toegeken word vir opskrifte / sub-
          opskrifte / voorbeelde)

                                                         TOTAAL AFDELING B:          80

                                          12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                              EKONOMIE
                                      MEMORANDUM              (Vraestel 1)            GRAAD 11

  AFDELING C

  Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORD-
  BOEK.

  Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                       STRUKTUUR VAN OPSTEL                                    PUNTE-
                                                                             TOEKENNING
  Inleiding                                                                    Maks.2

  Liggaam
  Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Diepgaande bespreking /
  Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk /
  Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer                  Maks. 26

  Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities /
  Evalueer / Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik
  die gegewe grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
  Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer /
  Debatteer kortliks / Hoe? / Stel voor                                       Maks. 10

  Slot
  Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
      ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling
       van enige feite wat reeds genoem is
      Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is
      Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking /
       ontleding versterk
      ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
      Aanbevelings                                                            Maks. 2
                                  Totaal                                         40

                                                  13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   MEMORANDUM             (Vraestel 1)             GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die lewering van sosiale dienste in Suid-Afrika.            (26 punte)
   Wat kan die Suid-Afrikaanse Regering doen om die lewering van sosiale dienste
    aan Suid-Afrikaners te verbeter?                                     (10 punte)

INLEIDING

Die regering se sosio-ekonomiese programme naamlik behuising, onderwys,
ekonomiese groei om werkloosheid te verminder, mediese sorg en die lewering van
basiese dienste soos water en elektrisiteit, word jaarliks in oënskou geneem in ŉ
poging om die situasie te verbeter. 
(Aanvaar enige ander korrekte relevante inleiding)                            (Maks. 2)

HOOFGEDEELTE

SOSIALE DIENSTE IN SUID-AFRIKA

Onderwys en opleiding
 Onderwys is die enkele grootste uitgawe-item in die begroting√√
 sluit in basiese onderwys in skole, VOO kolleges en universiteite, om
   geletterheid te verhoog
 Die regering sien onderwys as ŉ belangrike bemagtingsmetode.
 Die hooffokus is op Vroeër Kinderontwikkeling. 
 Die persentasie van mense met formele skoolopleiding, asook die
   geletterdheidsvlak het toegeneem. 
 ŉ Groot bron tot kommer is die geweldige mislukkings op tersiêre vlak en
   diegene wat skool voortydig verlaat. 

Gesondheidsorg
 Om basiese gesondheidsdienste aan die hele gemeenskap te verskaf
 Vraag na gesondheidsorg gaan waarskynlik toeneem namate meer
   pasiënte behandeling moet ontvang vir MIV / Vigs en TB
 Die gesondheid van ŉ bevolking is baie belangrik, aangesien dit
   produktiweit in die werksplek verseker. 
 Gesonde mense het ŉ aansporing om in die onderwys te belê, aangesien
   hulle verlengde lewens vir hulle groter opbrengste sal lewer. 
 Die openbare gesondheidsorg fokus dan op die verskaffing van primêre
   gesondheidsorg by klinieke en mobiele besoekpunte. 

Behuisingsfunksie
 Sluit die voorsiening van behuising aan armes in. 
 Die Nasionale Behuisings Finansies Korporasie is die openbare
   onderneming verantwoordelik vir die veskaffing van dienste aan die lae-
   inkomste behuisingsektor. 
 Die regering verskaf ook ŉ behuising subsidieskema, wat fondse verskaf
   aan kwalifiserende indiwidue met lae inkomste. 

                                              14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                   MEMORANDUM             (Vraestel 1)              GRAAD 11

Sosiale sekuriteit
 Probeer die basiese behoeftes van sommige individue bevredig. 
 Dit beskerm ook en bevorder die regte van weerlose groepe soos kinders, ouer
   persone, vroue en mense met gebreke
 Die Departement van Sosiale Ontwikkeling in Suid-Afrika bestuur ook ŉ armoede-
   verligtingsprogram (voedsel) in all nege provinsies.

Openbare orde en veiligheid
 Fisiese beskerming sluit die weermag, polisie, kriminele regsstelsel en korrektiewe
   dienste in
 Dit is kollektiewe dienste
 Die kwaliteit en doeltreffendheid van hierdie dienste maak dat gemeenskappe en
   individue veilig en beskerm voel, of nie. 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
   (Ken ŉ maksimum van 8 punte toe vir opskrifte / sub-opskrifte / voorbeelde)
                                                                           (Maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE

   Wat kan die Suid-Afrikaanse Regering doen om die lewering van sosiale dienste
    aan Suid-Afrikaners te verbeter?

Die Suid-Afrikaanse regering kan:

   Kwaliteit gesondheidsorg beskikbaar maak teen geen betaling omdat ŉ groot
    aantal Suid-Afrikaners in armoede leef en dit nie kan bekostig nie
   Padinfrastruktuur moet ontwikkel word om vervoer na vervaardigingsindustrieë
    maklik te maak sonder vervoeropeenhopings
   Skool sopkombuise moet uitgebrei word na meer primêre skole en gemeenskappe
    waar werkloosheid ŉ groot probleem is
   Om skoon water te voorsien aan gebiede en gemeenskappe waar droogte ervaar
    word
   Om meer maatskaplike toelaes te voorsien aan die minderbevoorregtes en meer
    behuising te bied aan die armes
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                     (Maks. 10)

Slot

Ten spyte van ŉ toename in staatsbesteding, is die lewering van sosiale dienste in
Suid-Afika in ŉ krisis en baie demonstrasies en sosiale onruste is ŉ direkte gevolg van
swak dienslewering.                                                          (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)                                           [40]

                                               15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE
                                    MEMORANDUM             (Vraestel 1)              GRAAD 11

VRAAG 6: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE: 40 MINUTE

   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die Primêre Sektor in die ekonomie.
                                                                                (26)
   Hoe kan die ontwikkeling van ŉ meer arbeidsintensiewe industrie Suid-Afrika
    bevoordeel?                                                                 (10)       [40]

INLEIDING

Die primêre sektor bestaan uit alle ekonomiese aktiwiteite wat in die eerste stap van
die produksieproses van primêre produkte is, byvoorbeeld mynwese, landbou, bosbou
en visserye. 
(Aanvaar enige ander korrek relevante inleiding)                               (Maks. 2)

HOOFGEDEELTE

Belangrikheid van die primêre sektor

Verskaf voedsel en minerale
 Sommige landbouprodukte word ingevoer
 Suid-Afrika is amper selfvoorsienend in alle minerale behalwe ru-olie en ander
   olieprodukte wat ingevoer moet word 
 Verdien buitelandse valuta deur uitvoere, wat in ruil weer vir invoere van ander
   produkte betaal

Lei werkers op en skep werksgeleenthede
 Werkers moet in die gebruik van masjinerie opgelei word
 Werksgeleenthede word in die mynbou industrie geskep
 Landbou is ŉ belangrike werkverskaffer vir plattelandse mense, alhoewel die
    getalle in die laaste jare afgeneem het 

Voorsiening van grondstowwe vir die sekondêre nywerhede in Suid-Afrika
 Visserye, mynbou en bosbou speel ŉ belangrike rol in die uitbreiding en vestiging
   van die sekondêre nywerhede in Suid-Afrika

Bydrae tot BBP
 As gevolg van die daling in die bydrae van die primêre sektor tot die BBP, is dit
   belangrik dat die primêre sektor se rol in werkskepping steeds bestaan 
 Suid-Afrika is steeds een van die grootste produseerders van bykans alle minerale
   in die wêreld. 

   Bron van kapitaalvorming
   Die primêre sektor benodig groot bedrae kapitaal om goedere te produseer
   Buitelandse investering speel ŉ belangrike rol in die uitbreiding van hierdie
    nywerhede

                                               16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                   MEMORANDUM            (Vraestel 1)             GRAAD 11

Stimulasie van navorsing en ontwikkeling
 In die primêre sektor is daar navorsingsinstitute wat navorsing doen oor metodes
    om produktiwiteit en kwaliteit ŉ hupstoot te gee

Bron van staatsinkome
 In hierdie sektor ontvang die SAID belasting van alle nywerhede
 Goudmynmaatskappye betaal ekstra belasting, wat deel van ŉ belangrike bron vir
   staatsinkome uitmaak

Positiewe invloed op infrastruktuur
 Die ontwikkeling van landboustreke en die ontdekking van minerale speel ŉ
   belangrike rol in die land. 
   (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
   (Allokeer ŉ maksimum van 8 punte vir opskrifte / sub-opskrifte / voorbeelde)
                                                                          (Maks. 26)
ADDISIONELE GEDEELTE

Hoe kan die ontwikkeling van ŉ meer arbeidsintensiewe industrie Suid-Afrika
bevoordeel?

Die ontwikkeling van meer arbeidsintensiewe industrieë sal die Suid-Afrikaanse
ekonomie bevoordeel deur:

   effektiewe benutting van beskikbare hulpbronne
   bv. mynbou, landbou en vervaardiging (sekondêre sektor) 
   opleiding van ingenieurs en vakmanne bring ŉ verskeidenheid vaardighede wat
    kan lei tot ekonomiese groei
   Verbetering van lewenstandaarde vir die inwoners van Suid-Afrika
   Die staat sal meer belastinginkome ontvang
   Die staat sal meer bestee en meer infrastruktuur bou en meer werke kan daardeur
    verskaf 
    (Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)
    (Allokeer ŉ maksimum van 2 punte vir opskrifte / sub-opskrifte / voorbeelde)
                                                                            (Maks. 10)

SLOT

Ten spyte van die afname in die landbousektor se bydrae tot die BBP is dit steeds ŉ
belangrike bron van werkverskaffing.                                       (Maks. 2)
(Aanvaar enige ander korrekte relevante respons)

                                                              TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                            TOTAAL:      150

                                              17

## Related documents

- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answers/6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-june-2018-possible-answers/e69fb215-dd9d-4c1d-b0d2-7dc481798478) — Economics · Memo · 2018
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
