# Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng June 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng June 2019 Question Paper (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng June · 2019 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                         JUNIE 2019
                          GRAAD 11

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 1

13 bladsye

                                                  b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                              2
                                                  (VRAESTEL 1)             GRAAD 11

                       GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                            EKONOMIE
                                                            (Vraestel 1)

                                                            TYD: 2 uur

                                                            PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae in die ANTWOORDBOEK, soos volg:

      AFDELING A: VERPLIGTEND.
      AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
      AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.

2.    Beantwoord SLEGS die aantal vrae benodig. Addisionele antwoorde sal
      NIE nagesien word NIE. In AFDELING B sal slegs die eerste TWEE vrae
      gemerk word en in AFDELING C slegs die eerste EEN.

3.    Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

4.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.

5.    Lees AL die vrae noukerig deur.

6.    Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Laat 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings van die vrae.

8.    Beantwoord die vrae in vol sinne en verseker dat die formaat, inhoud en konteks
      van jou antwoorde voldoen aan die vereistes van die vrae.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                        b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                               3
                                                (VRAESTEL 1)                GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

      Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
      Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
      (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK.

      1.1.1 Watter sektor dra die meeste by tot Suid-Afrika se BBP?

            A     Primêre
            B     Sekondêre
            C     Buitelandse Sektor
            D     Tersiêre

      1.1.2 Besoedeling word veroorsaak wanneer elektrisiteit gegenereer word vanaf
            …

            A     steenkool.
            B     uranium.
            C     water.
            D     wind.

      1.1.3 Een van die voordele van ŉ sentraal beplande ekonomie is, …

            A     keuse.
            B     innovering.
            C     risiko.
            D     volle indiensneming.

      1.1.4 Vaste kapitaal ___________

            A      is die voorraad van al die goedere wat geldwaarde het.
            B      verander vorm tydens die produksieproses.
            C      is ŉ metode waarmee ons goedere en dienste kan ruil.
            D      is ŉ voorbeeld van ŉ nie-duursame produk.

      1.1.5 Die Suid-Afrikaanse arbeidsmag word gekenmerk deur _______ arbeid .

            A     geskoolde
            B     ongeskoolde
            C     half-geskoolde
            D     hoogsgeskoolde

                                                                                       b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                                  4
                                                 (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

      1.1.6 Marginale groepe word uitgesluit van die …

            A     samelewing.
            B     politiek.
            C     ekonomie.
            D     beskerming.

      1.1.7 Dubbeltelling is ŉ probleem wat voorkom wanneer die … -metode van
            BBP gebruik word.

            A     produksie
            B     bestedings
            C     inkomste
            D     verbruiks

      1.1.8 In Suid-Afrika se nasionale rekeninge word daar na finale
            verbruikersbesteding verwys as besteding deur …

            A    toeriste.
            B    huishoudings.
            C    besighede.
            D    buitelanders.                                                   (8×2) (16)

1.2   PASITEMS

Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by die konsep in KOLOM A. Skryf slegs die
letter (A – J) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK.

               KOLOM A                                      KOLOM B
      1.2.1 Kapitaalverbreding       A    Het ŉ verwagte lewensduur van meer as een jaar
      1.2.2 Vaardigheidsont-         B    Uitbetalings in die vorm van staatspensioene en
            wikkelingswet                 ongeskiktheidstoelae
      1.2.3 Duursame goedere         C    Hulpbronne wat toegeken word deur die regering
      1.2.4 Oordragsbetalings        D    Nywerhede in die primêre sektor
      1.2.5 Ekonomiese stelsels      E    Stel entrepreneurs in staat om in afgeleë en
                                          landelike gebiede klein besighede te begin
      1.2.6 Sentrale beplande        F    Vermeeder teen dieselfde tempo as die
            ekonomie                      tempotoename in die arbeidsmag
      1.2.7 Uittrekkingsnywerhede    G    Metodes wat lande gebruik om hulpbronne toe te
                                          ken
      1.2.8 Verkryging               H    Het ŉ verwagte lewensduur van ŉ paar maande
                                     I    Mense teen wie gediskrimineer word
                                     J    Die stappe wat gebruik word tydens die aankope
                                          van goedere en dienste
                                     K    Die doelwit is om die kwaliteit van werkers se
                                          werkslewe te verbeter
                                                                                         (8)
                                                                                           b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE                              5
                                                 (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

1.3   KONSEPTE

Gee EEN term vir elk van die onderstaande beskrywings. Skryf slegs die term langs
die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die ANTWOORDBOEK. (GEEN AFKORTINGS,
AKRONIEME OF VOORBEELDE SAL AANVAAR WORD NIE)

       1.3.1   Skaars hulpbronne wat mense bereid is om voor te betaal.

       1.3.2   ŉ Manier om ŉ kwalifikasie te kry wat bestaan uit ŉ leerkomponent
               asook werksplekondervinding.

       1.3.3   Besighede onder regeringsbesit.

       1.3.4   Totale waarde van alle finale goedere en dienste wat geproduseer
               word tydens ŉ sekere tydperk binne die grense van ŉ land.

       1.3.5   Die rekord van die vloei van geld met betrekking tot invoere en
               uitvoere van goedere en dienste.

       1.3.6   ŉ Ekonomiese sisteem wat die voordele van ŉ sentraal beplande
               stelsel en ŉ vrye mark ekonomie kombineer.
                                                                          (6 ×1) (6)
                                                            TOTAAL AFDELING A: 30

                                                                                       b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                     6
                                                  (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae van die afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2                                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1   Noem enige TWEE eienskappe van natuurlike hulpbronne.             (2×1)   (2)

       2.1.2   Hoekom is gemeenskapsdeelname belangrik?                          (1×2)   (2)

2.2    Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      REGERINGSBESTEDING-FUNKSIE KLASSIFIKASIE SUID-AFRIKAANSE
                        BEGROTING 2018/2019
       R biljoen                          2018/2019
      Onderwys en Kultuur                              R351.1bn
      Gesondheid                                       (2.2.5)
      Distriksgesondheidsdienste                       R90.2bn
      Sentrale gesondheidsdienste                      R38.6bn
      Provinsiale gesondheidsdienste                   R34.3bn
      Ander gesondheid                                 R33.8bn
      Fasiliteitsbestuur en onderhoud                  R8.5bn
      Veiligheid en Sekuriteit                         R200.1bn
      Skuld dienskoste                                 R180.1bn
                                                      [Bron: www.treasury.gov.za 02/2018]

       2.2.1   Noem die regeringsbestedingsklassifikasie wat in die tabel gebruik
               word.                                                                     (1)

       2.2.2   Dui aan op watter diens die regering die meeste bestee.                   (1)

       2.2.3   Beskryf kortliks die konsep finale vebruiksbesteding deur die regering.   (2)

       2.2.4   Hoekom spandeer die regering meer geld op onderwys?                       (2)

       2.2.5   Bereken die totale gesondheidsbesteding in die tabel. Wys alle
               berekeninge.                                                              (4)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                                      7
                                                     (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

2.3     Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                      Waterkrisis: Kaapstad

                      Droogte sal ŉ groot invloed op SA se ekonomie hê

      Kaapstad het tot op die laaste baklei om dag nul (day zero) terug te stoot na 2019 toe.
      ŉ Groot deel van die geveg was daarop gemik om die nasionale regering se aandag te
      trek om te verseker dat die krisis deur die hoogste gesag hanteer word.

      Nie net sal die droogte ŉ groot knou aan Kaapstad se plaaslike finansies gee nie, maar
      daar word geglo dat Suid-Afrika se ekonomie ook daaronder sal ly.

      Moody’s, die kredietagentskap wat oor SA se finansiële status besluit, beraam dat dit
      12 biljoen rand ($ 1 biljoen) sal kos om “volhoubare” infrastruktuur en sanitasie-
      ontwikkelings oor die volgende vyf jaar te bou.

      Fin24 rapporteer dat die Wes Kaapse ekonomie 13% van SA se BBP opmaak. So,
      indien die provinsie 2% se produksie verloor, sal dit lei tot ŉ afname in SA se produksie
      met 0.26%.

                                                          [Bron: Engineering news February 2018]

        2.3.1   Identifiseer EEN moontlike rede vir waterbeperkings in die Wes-Kaap.          (1)

        2.3.2   Wat is Dag Nul (Day Zero)?                                                    (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks die konsep Bruto Nasionale Inkome (BNI).                     (2)

        2.3.4   Hoekom word Suid-Afrika se ekonomie ook bedreig?                              (2)

        2.3.5   Watter rol kan die regering speel in die voorkoming van watertekorte in
                die toekoms?                                                      (2x2)       (4)

2.4     Bespreek die entrepreneur se rol as ŉ werkskepper en hul bydrae om kompetisie
        te verseker.                                                          (4×2)           (8)

2.5     Hoe suksesvol is die regering om geleenthede te skep vir voorheen benadeelde
        individue deur bemagtiging?                                             (2×4)         (8)
                                                                                              [40]

                                                                                                   b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                                            8
                                                  (VRAESTEL 1)                 GRAAD 11

VRAAG 3                                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1   Noem enige TWEE primêre sektor handelinge.                             (2×1)      (2)

      3.1.2   Hoe effektief bemark plaaslike regering die rol van gemeenskaps-
              deelname?                                                        (1×2) (2)

3.2   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                      SENTRALE BEPLANDE EKONOMIESE STELSEL

       Indien daar geen winkel in ŉ landelike gebied is nie, sal die regering een van die
       landsburgers aansê om ŉ “spaza”-winkel in die area te begin. Deur dit te doen,
       besluit die regering wat, hoe en wanneer om te produseer sodat die samelewing
       opgehef kan word.

                                                                 [Bron: Economics Fast track]

      3.2.1   Na watter tipe ekonomiese stelsel verwys die uittreksel?                          (1)

      3.2.2   Wie is verantwoordelik vir die toewysing van hulpbronne, volgens die
              uittreksel?                                                                       (1)

      3.2.3   Beskryf kortliks die konsep ekonomiese stelsel.                                   (2)

      3.2.4   Verduidelik hoe dienslewering in Suid-Afrika verbeter kan word.                   (2)

      3.2.5   Hoekom word Suid-Afrika geklassifiseer as ŉ gemengde ekonomiese
              stelsel?                                                      (2x2) (4)

                                                                                                      b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                    9
                                                   (VRAESTEL 1)              GRAAD 11

3.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                              PETROLPRYS-TOENAME

Motoriste sal meer betaal vir ŉ liter petrol by die pompe vanaf Woensdag (06 Maart 2019), te
wyte aan ŉ toename in die internasionale prys van petroleum asook ŉ swakker plaaslike
geldeenheid (Rand).

Gebaseer op die huidige plaaslike en internasionale faktore, sal petrolpryse vir Maart 2019 soos
volg aangepas word:

•     Petrol (93 Oktaan): 74 sent-toename
•     Petrol (95 Oktaan): 74 sent-toename
•     Hierdie prystoenames skop in saam met die tolfooie wat regoor die land toeneem op
      Vrydag (1 Maart 2019) asook die addisionele toenames in die Algehele Petrol en
      Padongelukkefonds tarief wat effek neem in April.
                                                              [Bron: Business Tech 04 March 2019]

       3.3.1   Watter regeringsdepartement is verantwoordelik vir die bepaling van
               petrolpryse?                                                                    (1)

       3.3.2   Identifiseer die grootste oorsaak van die petrolprystoenames in Suid-Afrika.    (1)

       3.3.3   Verduidelik kortliks die impak van die petrolprystoenames op die
               gemiddelde Suid-Afrikaanse burger.                                              (2)

       3.3.4   Hoekom het vervoerkoste ŉ invloed op die pryse van goedere en dienste?          (2)

       3.3.5   Wat kan die regering doen om die lewe van lae-inkomste huishoudings te
               verbeter tydens hierdie moeilike tye?                              (2x2) (4)

3.4    Onderskei tussen duursame goedere en nie-duursame goedere.                      (4x2)   (8)

3.5    Evalueer die sukses van Suid-Afrika se kommunikasie-infrastruktuur.             (4x2)   (8)
                                                                                               [40]

                                                                                               b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                           EKONOMIE                                           10
                                                           (VRAESTEL 1)                   GRAAD 11

VRAAG 4                                                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1     Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1       Noem TWEE kategorieë van kapitaal.                                                           (2)

        4.1.2       Hoe sal ŉ toename in investeringsbesteding die ekonomie beïnvloed?                           (2)

4.2     Bestudeer die volgende sirkeldiagramme wat verband hou met Suid-Afrika se
        goudproduksie en beantwoord die vrae wat volg:

                                              GOUDPRODUKSIE

      Suid-Afrika
            67.7%                                                                       China
                                                                                          11.8%
                                                              Ander                               Australië
                                                              35.2%                                8.6%
                                             Australië
                                             1.3%                                                      Amerika
                                                                                                       8.1%

                                            Ander                                                      Suid-Afrika
                                            8.6%                                                   7.7%
                                                         Ozbekistan
                                         Amerika             3.0%                               Rusland
             Kanada                        3.7%                  Ghana                          7.7%
                    5.1%
                                                                                        Peru
                                                                    3.4%                6.8%
                                 Rusland
                                 13.7%                                Kanada      Indonesië
                                                                       3.6%      4.0%
             1970                                            2009
                                                                           [bron:http://goldsheetlinks.com]

        4.2.1       Na watter sektor verwys die sirkeldiagramme?                                                 (1)

        4.2.2       Watter land was die grootste goudprodusent in die wêreld tydens die
                    1970’s?                                                                                      (1)

        4.2.3       Beskryf kortliks die konsep sekondêre sektor.                                                (2)

        4.2.4       Wat het met SA se goudproduksie gebeur vanaf 1970 tot en met 2009?
                    Staaf jou antwoord met berekeninge.                                                          (2)

        4.2.5       Analiseer die ekonomiese impak van die tendens op die Suid-Afrikaanse
                    ekonomie sedert 2009.
                                                                                       (2×2) (4)

                                                                                                                 b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE                                      11
                                                   (VRAESTEL 1)                  GRAAD 11

4.3   Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg:

                   NASIONALE INKOMSTETABELLE VAN SUID-AFRIKA
                                                       R miljoene
                                                 2016    2017
         Vergoeding van werknemers               1 451   1 576
         Netto bedryfsurplus                     922     961
         Verbruik van vaste kapitaal             406     443
         Bruto waarde toegevoeg teen faktorkoste 2 779   2 980
         Ander belasting op produksie            56      64
         MINUS: Subsidies op produksie           15      14
         …(A)…                                   2 820   3 030
         Belasting op produkte                   338     374
         MINUS: Subsidies op produkte            20      19
         Bruto Binnelandse Produk teen markpryse 3 138   3 385
                                       [Aangepas uit SARB Quarterly Bulletin, September 2018]

       4.3.1    Watter metode van berekening is in die tabel gebruik om die Bruto
                Binnelandse Produk (BBP) te bepaal?                                             (1)

       4.3.2    Gee die naam vir die ontbrekende item A.                                        (1)          (1)

       4.3.3    Beskryf kortliks die konsep Netto bedryfsurplus.                                (2)

       4.3.4    Verduidelik kortliks die belangrikheid van die nasionale rekeninge.             (2)

       4.3.5    Bereken die vergoeding van werknemers as ŉ persentasie van die
                BBP teen markpryse in 2017. Wys ALLE berekeninge. Rond af na
                TWEE desimale plekke.                                                           (4)

4.4    Bespreek die eienskappe van arbeid as ŉ produksiefaktor.                         (4×2) (8)

4.5    Hoe effektief is die voorsiening van sosiale dienste in Suid-Afrika?             (4×2) (8)

                                                                                                  [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                  80

                                                                                                      b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                            12
                                                  (VRAESTEL 1)            GRAAD 11

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae in die ANTWOORDBOEK.

                   STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                PUNTE
                                                                         TOEKENNING
Inleiding                                                                  Maks. 2
Die inleiding is ŉ lae-orde antwoord.
     ŉ Goeie beginpunt sal wees om die hoofkonsep wat verband hou
       met die onderwerp, te definieer.
     Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.
     Moenie enige deel van die inleiding in die lyf herhaal nie.
     Vermy om in die inleiding te verduidelik wat jy in die liggaam
       gaan bespreek.
Liggaam                                                                   Maks. 26
Hoofdeel: Bespreek ten volle / Stel ondersoek in / Bespreek krities /
Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik / Asseseer /
Debateer

Addisionele Deel: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Teken
ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe grafiek en verduidelik /
Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer /    Maks. 10
Debateer kortliks / Hoe / Stel voor / Gebruik die inligting en
argumenteer, debateer, evalueer
Slot                                                                       Maks. 2
Enige toepaslike hoër-orde slot wat die volgende moet insluit:
    ŉ Opsomming van wat bespreek was / geanaliseer sonder om
       feite te herhaal wat reeds in die liggaam voorkom
    ŉ Opinie- of waarde-oordeel oor die feite wat bespreek is.
    Ekstra ondersteunende inligting wat die bespreking / analise
       versterk
    ŉ Teenoorgestelde siening met motivering, indien nodig
    Aanbevelings
TOTAAL                                                                       40

                                                                                      b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                  EKONOMIE                               13
                                                  (VRAESTEL 1)            GRAAD 11

VRAAG 5                                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor.               (26)
   Evalueer die groei in die samestelling van die tersiêre sektor.              (10)

VRAAG 6                                                       40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die ekonomiese eienskappe, voordele en nadele van ŉ markekonomie.
                                                                                  (26)
   Evalueer die doeltreffendheid van die staat om die nadele van die marksisteem aan
    te spreek.                                                                    (10)

                                                               TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                            TOTAAL: 150

                                            EINDE

## Related documents

- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov2022-afrikaans/85de04f2-15fa-4ce8-97fd-be60699aec16) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
