# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2015 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2015 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

              GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                            2015
                           GRAAD 11

                           EKONOMIE
                          VRAESTEL 1

PUNTE :150

TYD : 2 uur

12 Bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                                                                      2
                                                       VRAESTEL 1

                      GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                     PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          EKONOMIE
                                                          VRAESTEL 1

                                                          PUNTE: 150

                                                          TYD: 2 uur

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende versigtig voordat die vrae beantwoord word.

1.      Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK.

        •   AFDELING A: VERPLIGTEND
        •   AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
        •   AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.      Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in die
        vraestel gebruik word.

3.      Skryf die nommer van elke vraag bokant die antwoord.

4.      Lees die vrae noukeurig en begin elke vraag op ŉ NUWE BLADSY.

5.      Los lyne oop tussen onderafdelings van vrae, bv tussen 6.1 en 6.2

6.      Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
        konteks van jou antwoord voldoen aan die kognitiewe vereistes van die vrae.

7.      Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde meer as die vereiste
        hoeveelheid sal NIE nagesien word NIE.

8.      Gebruik slegs swart of blou ink.

9.      Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

10.     Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                                                                     3
                                                       VRAESTEL 1

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                               30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word as moontlike antwoorde verskaf vir die volgende
      vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – C) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK.

      1.1.1      Ekonomiese goedere behels die goedere wat …

                 A    vry en volop is.
                 B    vereis dat die verbruiker ŉ prys daarvoor betaal.
                 C    noodsaaklike goedere en dienste is.

      1.1.2      Die primêre sektor van die Suid Afrikaanse ekonomie is …

                 A    die grootste.
                 B    klein omdat ons ŉ tekort aan basiese grondstowwe het.
                 C    afnemend ten opsigte van die belangrikheid tot die BBP.

      1.1.3      In ŉ sentraal-beplande ekonomie is …

                 A    besluitneming gedesentraliseerd.
                 B    die produksiefaktore in privaatbesit.
                 C    privaat inisiatief en vryheid van keuse beperk.

      1.1.4      Die gereelde betaling aan die eienaar of grondeienaar vir die reg
                 om eiendom to beset of die eiendom te gebruik word … genoem.

                 A    uitgawes
                 B    netto inkomste
                 C    huur

      1.1.5      Die Menslike Ontwikkelingsindeks (MOI) bepaal die vlak van
                 ekonomiese … van alle lande in die wêreld.

                 A    ontwikkeling
                 B    groei
                 C    belangrikheid

      1.1.6      Watter EEN van die volgende transaksies kan nie by ŉ kitsbank
                 plaasvind nie?

                 A    deponering van munte
                 B    kontantonttrekkings
                 C    inter-rekening oordragte

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                       EKONOMIE
                                                                                             4
                                                       VRAESTEL 1

      1.1.7      Die waarde van die geldeenheid in Suid-Afrika word gestabiliseer
                 deur …

                 A     die fiskale beleid van die tesourie.
                 B     die monetêre beleid van die SARB.
                 C     die Nuwe Ekonomiese Groei Rigting.

      1.1.8      Die totale geldaanbod in die ekonomie is bekend as …

                 A     M2.
                 B     M3.
                 C     M1.                                                          (8x2)   (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat pas by die item in KOLOM A.
      Skryf slegs die letter (A-I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

               KOLOM A                                  KOLOM B
      1.2.1   Geografiese            A    Masjinerie en toerusting vervang mense in
              mobiliteit                  die produksieproses

      1.2.2   Kapitaal-intensief     B    Begrotingsbesteding oorskry inkomste

                                     C    Die koers waarteen een geldeenheid
      1.2.3   Likwiditeit                 teenoor ŉ ander verwissel word

                                     D    ŉ Groep van twee of meer lande wat
      1.2.4   Tekort                      dieselfde geldeenheid gebruik

                                     E    Die beweging van produksiefaktore vanaf
      1.2.5   ŉ Gemeenskaplike            een gebied na ŉ ander
              Monetêre Area
              (GMA)                  F    Die spoed waarteen geld in kontant
                                          omskep kan word
      1.2.6   Aandele
                                     G Gedeeltelike eienaarskap in ŉ
                                       onderneming en die eienaar toelaat om
      1.2.7   Inheemse kennis          aan winsdeling deel te neem wanneer
                                       dividende verklaar word

      1.2.8   Bevolkingsgroei        H    Die verandering in die aantal mense van ŉ
                                          land oor ŉ tydperk

                                     I    Die plaaslike kennis wat uniek is tot ŉ
                                          gegewe kultuur of samelewing
                                                                                    (8x1)   (8)

                                                                                             b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                      EKONOMIE
                                                                                      5
                                                      VRAESTEL 1

1.3   Identifiseer die konsep wat in elk van die volgende stellings beskryf word.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die
      ANTWOORDBOEK.

      1.3.1     Die studie betrokke by die gedrag van individuele verbruikers,
                huishoudings of firma’s

      1.3.2     Die waarde van die produksiefaktore wat aan mense en
                verbruikers behoort

      1.3.3     Die laagste koers waarteen ŉ bank geld uitleen aan sy beste
                kliënte

      1.3.4     Die verskil tussen die waarde van goedere geproduseer en die
                insetkoste wat gedurende die verskillende produksiefases gebruik
                word

      1.3.5     Die toestand waar daar ŉ onderaanbod van iets is, of nie geredelik
                beskikbaar is nie

      1.3.6     Om grond aan mense terug te besorg van wie dit onder dwang
                weggeneem is
                                                                          (6x1)      (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A:      30

                                                                                      b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                        EKONOMIE
                                                                                            6
                                                        VRAESTEL 1

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2 MAKRO-EKONOMIE                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae:

        2.1.1       Noem TWEE kategorieë van natuurlike hulpbronne.              (2x1)     (2)

        2.1.2       Hoekom verdien werkers wat oor skaars vaardighede beskik hoër
                    lone?                                                     (1x2)        (2)

2.2     Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                        Die arbeids
                                    produktiwiteitsgaping

         Salaris verhogings

                Inflasievlakke

                          INFLASIE TEENOOR SALARIS STYGINGS

                                                                            Bron: Statsa

        2.2.1       Gedurende watter jare was inflasievlakke hoër as salarisvlakke?
                                                                                (1x2)      (2)

        2.2.2       Wat is arbeids-produktiwiteits gaping?                                 (2)

        2.2.3       Noem ŉ rede waarom salarisverhogings hoër was as inflasie
                    tussen 2009 en 2011.                                                   (2)

        2.2.4       In jou opinie, wat is die gevolge wanneer salarisverhogings
                    aanpassings vinniger is as inflasie.                        (2x2)      (4)

                                                                                            b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                         EKONOMIE
                                                                                              7
                                                         VRAESTEL 1

2.3       Bestudeer die inligting in die onderstaande gevallestudie en beantwoord die
          vrae wat volg.

                          Die markstelsel is soos ŉ onsigbare hand

      Sonder ŉ konstante vloei van goedere in en uit ŉ stad, sal dit binne ŉ week op die
      rand van hongersnood wees. ŉ Groot verskeidenheid van die regte tipe en
      hoeveelheid voedsel is nodig. Die vraag is hoe mense elke aand rustig kan slaap
      sonder die vrees dat die delikate ekonomiese prosesse waarvan die stad afhanklik is
      kan ingee? Al die bogenoemde word bereik sonder enige dwang of gesentraliseerde
      aanwysers deur enige iemand.

      Ekonomiese lewe begin sonder direkte regerings-aanwysers. Honderde of duisende
      kommoditeite word deur miljoene mense vervaardig, maar sonder enige meesterplan.
      Die markekonomie met al sy onvolmaakthede is inderdaad ŉ wondervolle ding. Die
      drie sentrale vrae, Wat? Hoe? En Vir Wie? word opgelos deur ŉ onsigbare mag,
      waarna Adam Smith verwys as ŉ onsigbare hand.

                                              Aangepas Vanaf Ekonomie deur by P. Samuelson

          2.3.1     Watter ekonomiese stelsel word in die uittreksel geïllustreer?           (1)

          2.3.2     Noem enige ander ekonomiese stelsel.                                     (1)

          2.3.3     Wat beteken gesentraliseerde rigting?                                    (4)

          2.3.4     Waarom beskryf Adam Smith die ekonomiese proses as ŉ
                    “onsigbare hand”?                                                (2x2)   (4)

2.4       Onderskei tussen reële beleggings en finansiële beleggings.                (2x4)   (8)

2.5       Bespreek die hoofredes vir privatisering.                                  (4x2)   (8)
                                                                                             [40]

                                                                                              b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                                                                               8
                                                          VRAESTEL 1

VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1     Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1       Noem TWEE bronne vir welvaartskepping.                            (2x1)   (2)

        3.1.2       Hoe sal die geldvoorraad beïnvloed word indien die SARB
                    staatseffekte op die opemark verkoop?                             (1x2)   (2)

3.2     Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

         Kwintiel     Kumulatiewe % van huishoudings          Kumulatiewe % of inkomste
           1                         20                                   10
           2                         40                                   25
           3                         60                                   45
           4                         80                                   65
           5                        100                                  100

        3.2.1       Definieer die konsep Lorenz kurwe.                                        (2)

        3.2.2       Wat is die aanwysers van die Gini-koëffisiënt?                            (2)

        3.2.3       Gebruik die inligting in die tabel om die Lorenz-kurwe te trek.           (6)

3.3     Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord dan die vrae wat volg.

                2015 – die jaar waarin die SAOG integrasie versterk moet word

  By ŉ Buitengewone Konvensie van SAOG leiers sal die besprekingspunt handel oor hoe
  die streek se nywerheidsvermoë verbeter kan word, dit poog om weg te beweeg vanaf ŉ
  ekonomiese rigting wat slegs fokus op verbruik en kommoditeits-uitvoere, na ŉ volhoubare
  ontwikkelings-rigting, gebaseer op waarde-toevoeging en ekonomiese voordele.

  Nywerheidsontwikkeling word lankal beskryf as een van die hoof dryfvere vir streeks-
  integrasie in die SAOG, soos dit die diversifikasie van ekonomieë voorstaan, asook die
  ontwikkeling van produksievermoë, die skepping van werk en om armoede te verlig.

                                                  Bron: Aangepas uit: SANF 15 nr 1. Jan 2015

        3.3.1       Waarvoor staan die afkorting SAOG?                                        (2)

        3.3.2       Noem enige TWEE ander lidlande van SAOG.                          (1x2)   (2)

        3.3.3       Volgens die uittreksel, hoe kan ŉ land sy nywerheidsvermoë onder
                    die SAOG verbeter?                                                        (2)

                                                                                               b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                                                                                      9
                                                    VRAESTEL 1

      3.3.4     Hoekom kan nywerheidsontwikkeling beskou word as die dryfveer
                vir streeksontwikkeling?                                             (4)

3.4   Differensieer tussen ŉ ontwikkelende ekonomie en ontwikkelde ekonomie. (2x4)   (8)

3.5   Evalueer gratis basiese huishoudelike dienste wat deur plaaslike owerhede
      verskaf word.                                                        (4x2)     (8)
                                                                                     [40]

VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                          40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1   Beantwoord die volgende vrae.

      4.1.1     Noem TWEE groepe van mense wat in Suid-Afrika
                gemarginaliseerd is.                                        (2x1)    (2)

      4.1.2     Hoe sal die prys van ᾽n produk die winste van ŉ entrepreneur
                beïnvloed?                                                   (1x2)   (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

        Finale verbruikersbesteding deur huishoudings
        (Teen konstante 2010 pryse)(R miljoene)

                                                 2012        2013       2014
        Duursame goedere:                       175 319     191 062    201 145
        Meubels, huishoudelike toestelle,        28 535      30 157     31 806
        ens.
        Persoonlike vervoertoerusting           104 908     115 950    121 713
        Rekenaars en verwante toerusting          7 805       9 055     10 290
        Ontspannings- en vermaaksgoedere         24 835      25 972     27 023
        Ander duursame goedere                    9 236       9 928     10 313

        Semi-duursame goedere:                    149 519   157 441 162 412
        Klerasie en skoene                         87 941    92 359     95 430
        Huishoudelike tekstiele, stofferings,      24 265    25 865     26 978
        glasware, ens.
        Motorbande, onderdele en toebehore         15 744    16 287     16 321
        Ontspannings- en vermaaksgoedere           11 031    11 710     11 953
        Diverse goedere                            10 538    11 220     11 730
                                         Bron: SARB Kwartaalverslag (Junie 2015)

                                                                                      b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                                                                                       10
                                                    VRAESTEL 1

      4.2.1     Definieer duursame goedere.                                           (2)

      4.2.2     Op watter kategorie van die duursame goedere spandeer
                huishoudings die meeste van hulle inkomste in 2014?                   (2)

      4.2.3     Verduidelik wat “teen konstante pryse” beteken.                       (2)

      4.2.4     Beskryf die tendens in die klerasie en skoenkategorie oor die
                tydperk sedert 2012? Motiveer jou antwoord.                   (2x2)   (4)

4.3   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                      RIKA

                      VIGS
                      HONGERTE

                                    Bron: ‘Internet economics cartoon’

      4.3.1     Noem TWEE redes hoekom Afrika, volgens die spotprent, deur
                armoede geteister word?                                               (2)

      4.3.2     Definieer die konsep armoede.                                         (2)

      4.3.3     Wat is ŉ armoedegaping?                                               (2)

      4.3.4     Verduidelik hoe sosiale toelae gebruik word om armoede in Suid-
                Afrika te verlig.                                           (2x2)     (4)

4.4   Onderskei tussen finansiële banke en mikro-leners.                      (2x4)   (8)

4.5   Bespreek die oogmerke van GEAR.                                         (4x2)   (8)
                                                                                      [40]

                                                           TOTAAL AFDELING B:         80

                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                          EKONOMIE
                                                                                            11
                                                          VRAESTEL 1

AFDELING C

Beantwoord EEN van die volgende vrae uit die afdeling in die ANTWOORDBOEK.

    STRUKTUUR VAN OPSTEL:                                            PUNTE TOEKENNING:
    Inleiding                                                              Maks. 2
    Body:
    Hoofgedeelte: Bespreek breedvoerig/in-diepte bespreking/
    ondersoek/bespreek krities/vergelyk/ontleed/evalueer/                     Maks. 26
    onderskei/differensieer/verduidelik/assesseer/debateer

    Addisionele gedeelte: Gee eie mening/bespreek krities/
    evalueer/evalueer krities/teken ᾽n grafiek en verduidelik/
    gebruik die gegewe grafiek en verduidelik/voltooi die                     Maks. 10
    gegewe grafiek en verduidelik/bereken/gevolgtrekkings/
    vergelyk/verduidelik/onderskei/interpreteer/debateer kortliks
    Samevatting:
    Enige hoër-orde samevatting behoort die volgende te
    behels:
     • ᾽n Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om feite te
        herhaal                                                               Maks. 2
     • Enige mening of waarde-skatting oor die bespreekte feite
     • Addisionele, ondersteunende inligting om die
        bespreking/analise te ondersteun
     • ᾽n Teenstrydige standpunt met motivering, indien benodig
        Aanbevelings
    TOTAAL                                                                         40

VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 40 MINUTE

Die infrastruktuur vervul ŉ belangrike rol in die ontwikkeling van die ekonomie.

•    Bespreek die volgende aspekte van die Suid-Afrikaanse infrastruktuur volledig:

     1.   Kommunikasie
     2.   Vervoer                                                             (26 punte)

•    Hoe sal die selfoon industrie die uitsluiting van armes vanuit telekommunikasie
     verminder?                                                               (10 punte)
                                                                                           [40]

                                                                                            b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                   EKONOMIE
                                                                                   12
                                                   VRAESTEL 1

VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES                             40 PUNTE – 40 MINUTE

Geld het noemenswaardig oor ŉ tydperk ontwikkel of evolusie ondergaan. Dit word
feitlik nie erken in sy tradisionele vorm nie.

•   Bespreek al die geld-verwante instrumente.                       (26 punte)

•   Hoe effektief is die SARB beheer oor die aktiwiteite van handelsbanke in
    Suid-Afrika?                                                   (10 punte)
                                                                                  [40]

                                                        TOTAAL AFDELING C:         40

                                                              GROOTTOTAAL:        150

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 November 2015 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-november-2015-possible-answer/80daaf1a-0365-4c61-8c0c-594b1b16f936) — Economics · Memo · 2015
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
