# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2016 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

Fm GAUTENG PROVINCE
oN EDUCATION

ZDUERSIV. J
er REPUBLIC OF SOUTH AFRICA

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN

NOVEMBER 2016
GRAAD 11

EKONOMIE
VRAESTEL 1

PUNTE: 150
TYD: 2 uur

13 bladsye

Uh

Ke 3X

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 2
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
PROVINSIALE EKSAMEN

EKONOMIE
(VRAESTEL 1)

PUNTE : 150
TYD : 2 uur

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.

10.

11.

Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

. AFDELING A: VERPLIGTEND
. AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae.
. AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die twee vrae.

Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE nagesien
word NIE.

Beantwoord die vrae in volsinne. Die uitleg, inhoud en konteks van jou antwoorde

moet in ooreenstemming met die kognitiewe vereistes van die vrae wees.

Nommer die antwoorde korrek volgens die nommering stelsel wat in hierdie vraestel

gebruik is.

Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.
Lees AL die vrae aandagtig deur.

Begin ELKE vraag op 'n NUWE bladsy.

Laat 2 — 3 ree(ils tussen onderafdelings van vrae oop.
Gebruik slegs swart of blou ink.

Jy mag ’n nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 3
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1 MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE 30 PUNTE — 20 MINUTE

1.1

Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A — C) langs die
vraagnommer (1.1.1 — 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 C.

1.1.1 Watter metode is die totale waarde van finale uitsette geproduseer
deur al drie sektore in die ekonomie?

A inkomste
B_ produksie
C besteding

1.1.2 Goedere wat in die proses van verbruik vernietig word.

A intermediére goedere
B finale goedere
C kapitaalgoedere

1.1.3 Daar is minder armoede tussen inwoners in kommunistiese lande
omdat ...

A die winsmotief nagestreef word.
B daar volle indiensname is.
C die staat ’n baie klein rol in die ekonomie speel.

1.1.4 ... meet ekonomiese groei in persentasie vanaf een tydperk tot ’n
ander.

A Reéle ekonomiese groeikoers
B Ekonomiese groeikoers
C Inflasiekoers

1.1.5 Langslewendheid is ’n maatstaf vir ... in die Menslike
Ontwikkelingsindeks:

A gesondheid en voeding
B lewenstandaarde
C babasterftes

1.1.6 Die waarde van die geldeenheid van SA word gestabiliseer deur ...
A die monetére beleid van die SARB.

B die fiskale beleid deur die nasionale tesourie.
C die groei, werkskepping en herverdelingsbeleid.

### Page 4

1.2

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 4
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

1.1.7 SANRAL is verantwoordelik vir die instandhouding van ... in SA.

A hawens en lughawens
B_ spoorweénetwerke
C_ nasionale paaie

1.1.8 Suid-Afrika se ontwikkelingstrategieé sluit in ...

A die Streeksontwikkelingsbeleid.
B die Accelerated Shared Growbth Initiative of SA / ASGISA.
C die menslike ontwikkelings indeks (MOI). (8x2)(16)

Kies uit Kolom B wat by’n begrip in KOLOM A pas. Skryf slegs die letter
(A — J) langs die vraagnommer (1.2.1 — 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer
bv. 1.2.9 K.

KOLOM A KOLOM B

1.2.1 Ekonomies gemarginaliseerd | A ’n Manier om’n kwalifikasie te kry
wat bestaan uit’n
gestruktureerde
onderrigkomponent tesame met
ondervinding in die werkplek

1.2.2 BBP per capita B  Omin staat te wees om in’n land
voorspoedig te wees sonder
inmenging deur die regering

1.2.3 Menslike Ontwikkelings- C Mense wat nie deelname het in
indeks die ekonomiese aktiwiteite van ‘n

land nie

1.2.4 Kapitalisme D_ Die verhouding tussen inset en
uitset

1.2.5 Ekonomiese vryheid En Maatstaf vir die lewenstandaard

1.2.6 Ekonomiese agteruitgang F Meet die vlakke van ekonomiese
ontwikkeling in lande

1.2.7 Produktiwiteit G Om agteruit te gaan na’n minder
ontwikkelde land

1.2.8 Leerderskap H_ Vryemark-ekonomie

(8x1)(8)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 5
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

1.3 Gee EEN begrip vir elk van die volgende omskrywings. Skryf slegs die begrip
langs die ooreenstemmende vraagnommer (1.3.1 — 1.3.6) in die

ANTWOORDBOEK neer.
1.3.1 Staatsbeheerde besighede soos Eskom en Telkom
1.3.2 Besluite wat die regering neem oor belastingvlakke en regeringsbesteding
1.3.3 Verbruikersgoedere wat vir 'n redelike langer periode kan hou
1.3.4 Die koers waarteen kommersiéle banke fondse leen by die Reserwebank
1.3.5 Die instroming van mense vanaf landelike gebiede na stedelike gebiede
1.3.6 Die bank wat ekonomiese ontwikkeling bevorder in Suider-Afrika (6x1)(6)

TOTAAL AFDELING A: [30]

### Page 6

AFDELING B

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 6
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

Beantwoord enige TWEE van die DRIE vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE - 30 MINUTE

2.1 Beantwoord die volgende vrae.

2.1.1 Noem TWEE voorbeelde van gratis gesubsidieerde basiese
huishoudelike dienste aan huishoudings wat deur die plaaslike
regering verskaf word. (2x1)(2)
2.1.2 Verduidelik hoe verbruiksbesteding tot werkskepping lei. (1x2)(2)
2.2 Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
NO. ITEM Millions (R)
1 Finale verbruiksbesteding deur verbruikers 2 379
2 Finale besteding deur die Regering 635
3 Bruto Kapitaalvorming 569
4 Residensiéle item -12
5 | (A) 3 571
6 Uitvoere van goedere en dienste 854
7 Invoere van goedere en dienste 872
8 Besteding op BBP teen markpryse (B)
[SARB: Quarterly Bulletin, 2012]
2.2.1 Watter ander organisasie, behalwe Statistiek SA, publiseer statistieke in
SA? (1)
2.2.2 Watter metode word hierbo gebruik om BBP te bereken? (1)
2.2.3 Voltooi die item wat deur die letter (A) in die tabel verteenwoordig
word. (2)
2.2.4 Verduidelik die konsep BBP. (2)
2.2.5 Bereken besteding op BBP teen markpryse (B).

(Toon alle berekeninge) (4)

### Page 7

2.3

2.4

2.5

Downloaded from hlayiso.com

(VRAESTEL 1) GRAAD 11

EKONOMIE 7

Lees die volgende uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

RAAD OP MET STYGENDE VOEDSELPRYSE?

“Droogte en die swak rand plaas geweldige druk op die arm verbruikers wat
alreeds kontantvloei probleme ondervind en dit alles ten spyte van die feit dat
lewenskoste die hoogte inskiet. Die onlangse rentekoersverhogings beteken
meer skuld vir die verbruiker.”

Sommige boere het geen keuse gehad behalwe om hul veekuddes te slag nie,
omdat hulle nie langer die diere kon voed nie, sé Professor Ferdinand Meyer,
direkteur van die Buro vir Voedsel en Landboukunde Beleid. Sommige
produkte, soos graan en vrugte, sal met sowat 20 % styg terwyl die ander,
soos brood, met minder sal styg.

[Bron: HUISGENOOT 11 Februarie 2016, you.co.za]

2.3.1 Noem die sektor wat deur die droogte geaffekteer word. (1)
2.3.2 Watter effek sal die droogte op Suid-Afrika se landbouproduksie
uitvoere hé? (1)
2.3.3 Verduidelik die impak van die onlangse rentekoersverhogings op
verbruikers wat alreeds kontantvloei probleme ondervind. (2)
2.3.4 Hoe kan’n dalende rentekoers die verbruiker beinvioed? (2)
2.3.5 Verduidelik TWEE soorte bedrywighede wat in die primére sektor
plaasvind en verskaf voorbeelde. (2x2)(4)
Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling. (2x4)(8)
Hoe effektief is die Suid-Afrikaanse regering in sosiale dienslewering? (4x2)(8)
[40]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

VRAAG 3 EKONOMIESE STREWES

3.1

3.2

Beantwoord die volgende vrae.

3.

3.

betrekking tot bankmislukking.

EKONOMIE 8
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

40 PUNTE - 30 MINUTE

1.1 Noem enige TWEE lidlande van die SAOG (2x1)(2)

1.2 Verduidelik die rol van die Suid-Afrikaanse Reserwe Bank met

(1x2)(2)

Bestudeer die inligting en beantwoord die vrae wat volg:

ARMOEDE EN WELVAARTVERSPREIDING

Kumulatiewe % van huishoudings

100%

90%

80% 5
70% 4
60% 4
50% +

40% +

30%
20%
10%

0%

Lyn van perfekte gelykheid

|

4

Lorenz-kurwe

T T T T oT T T 1

0 10 20 30 40 50 60 70 80 90 100

Volgens Wéreldbankstatistiekhet die
persentasie Suid-Afrikaners wat onder die
armoedegrens (broodlyn) leef, van 38 persent
in 2000 tot 23 persent teen 2006 gedaal.
Inkome-ongelykheid het egter in die
teenoorgestelde rigting beweeg. Suid-Afrika
se Gini-koéffisiént, wat reeds redelik hoog
was — hoofsaaklik as gevolg van die
nalatenskap van apartheid, het aanskou hoe
inkome-ongelykheid seder 2009 drasties
toegeneem het.

Suid-Afrika het een van die hoogste koerse
van ongelykheid in die wéreld. Terwyl daar
tradisioneel baie op ongelykheid tussen
rassegroep toegeneem.

[Bron: Wéreldbankverslag 2015]

3.

3.

3.

3.

2.1 Watter internasionale liggaam voorsien die data in die bogenoemde

uittreksel?

(1)

2.2 Wanneer het die inkome ongelykheid in Suid Afrika drasties gestyg? (1)

2.3 Verduidelik waarom Suid-Afrika een van die hoogste koerse van

ongelykheid in die wéreld het.

(2x2)(4)

3.4 Wat is die verhouding tussen die Gini-koeffisiént en die

Lorenz kurwe?

(2x2) (4)

### Page 9

3.3

3.4

3.5

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 9
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

Bestudeer die gegewe uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

Meeste bankiers sal nie vir Zakkie as ’n goeie kandidaat vir ’n lening beskou
nie. Zakkie, 49 jaar oud, ongeletterd omrede sy op laerskool skool verlaat
het, woon in ’n eenvertrek grasdakhuisie. Sy het agt kinders en verdien geen
inkomste nie. Zakkie voorsien vir haar gesin deur groente, los sigarette en
gegeurde mielies in klein plastieksakkies, te verkoop.

Ten spyte van haar nederige herkoms, was Zakkie die volmaakte kandidaat
vir ‘n lening by die “Klein Sakeonderneming Stigting”. Dis ’n nie-winsnemende
organisasie wat mikro lenings aan plattelandse entrepreneurs verskaf.
“Mense is honger vir krediet,” sé John De Wit, direkteur van hierdie program.
“Daar is niemand anders wat dit doen nie”

Die enigste ander beskikbare krediet is uitgeslape geldskieters, wat 30 %
rente per maand hef en wrede metodes gebruik om skuld in te vorder.

[Aangepas uit Small Enterprise Foundation Nov. 2011]

3.3.1 Noem TWEE probleme as geld by geldskieters geleen word. (2x1)(2)

3.3.2 Wat is die doelwitte van die instansie wat mikro-uitleners reguleer?(2x2)(4)

3.3.3 Verduidelik TWEE redes vir bankmislukking. (2x2)(4)

Verduidelik hoe die Suid-Afrikaanse Regering die private sektor aanmoedig

om te belé in welvaartskepping. (4x2)(8)

Wat is die oorsaak van die volgehoue energiekrisis in Suid-Afrika

sedert 2008? (4x2)(8)
[40]

VRAAG 4 MAKRO-EKONOMIE & EKONOMIESE STREWES

4.1

40 PUNTE - 30 MINUTE
Beantwoord die volgende vrae.

4.1.1 Noem TWEE ekonomiese aanwysers wat gebruik word om ekonomiese
bedrywighede in verskillende lande te vergelyk. (2x1)(2)

4.1.2 Waarom is dit belangrik vir Suid-Afrika om ekonomiese groei te
bevorder? (1x2)(2)

### Page 10

4.2

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 10
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

Bestudeer die spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

Geklassifiseerd

[Aangepas uit Business News 20 Nov. 2014]

4.2.1 Verduidelik die ekonomiese boodskap wat deur die spotprent uitgebeeld
word. (2)
4.2.2 Wat is die ouderdomsgroep van die ekonomiese aktiewe bevolking in
Suid-Afrika? (1)
4.2.3 Wat, dink jy, is die grootste bedreiging vir arbeid in Suid-Afrika? (1)
4.2.4 Waarom het ontwikkelende lande ’n ooraanbod van
ongeskoolde arbeid? Motiveer jou antwoord. (2)
4.2.5 Onderskei tussen nominale- en reéle lone. (2x2)(4)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 1
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

4.3 Lees die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

Botswana in gevaar om biljoene te verloor in SADU inkomstes

Die wéreldwye ekonomiese krisis, met ander dreigende strukturele faktore
binne SADU, kan ’n berame P5 biljoen permanente skade beteken vir
Botswana se staatsinkomste vanaf die Doeane-unie, soos beraam deur die
IMF.

Alle lidlande van SADU het alreeds ’n skerp verlies oor die afgelope jare ervaar
danksy die wéreldwye krisis, en staar ’n verdere risiko van permanente verlies
van staatsinkomste in die gesig soos verwag word deur 'n verdere verlaging
van inkomste in die medium termyn.

Daar word beraam dat Botswana, ’n verlies van 5 % op BBP, omtrent P5 biljoen
verlies gaan lei, terwyl Swaziland ‘n beraamde 15 %, Namibié 5 % en Lesotho
6,7 % kan verwag.

[Bron: Presteer met Ekonomie | PEARSON]

4.3.1 Watter organisasie bevorder ekonomiese integrasie en samewerking in
Suider-Afrikaanse lande? (2)
4.3.2 Lys TWEE bronne van inkomste vir die Doeane-unie. (2x2)(4)
4.3.3. Hoe kan die lande hierbo genoem die verlies van staatsinkomste hanteer? (2)
4.3.4 Waarom het die wéreldwye ekonomiese krisis ’n effek op die inkomste van die
Doeane-Unie? (2)
4.4 Verduidelik arbeid as ’n belangrike produksiefaktor. (4x2)(8)
4.5 Waarom word Suid-Afrika as 'n ontwikkelende ekonomie beskou? (4x2)(8)
[40]

TOTAAL AFDELING B: [80]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE
(VRAESTEL 1)

12
GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in jou ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal as volg geassesseer word:

STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL

PUNTE-
TOEKENNING

Inleiding

Maks. 2

Liggaam:

Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-
dieptebespreking / Ondersoek / Bespreekkrities / Ontleed /
Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik /
Assesseer / Debatteer.

Addisionele gedeelte: Gee eiemening / Bespreek krities /
Evalueer / Evalueerkrities / Teken ’n grafiek en verduidelik /
gebruik die gegewegrafiek en verduidelik / Voltooi die
gegewegrafiek / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik /
Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Voorstelle

Maks. 26

Maks. 10

Slot / samevatting:

Enige hoér-orde samevatting behoort die volgende te bevat:

* ’n Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige
genoemde feite te herhaal

*  Enige opinie of waarde-skatting omtrent die Bespreekte feit

* Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking /
analise te versterk

* ’n Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis

* _ Aanbevelings / voorstelle

Maks. 2

TOTAAL

40

VRAAG 5 MAKRO-EKONOMIE 40 PUNTE - 40 MINUTE

“Entrepreneurs in die informele sektor is werklose, arme mense wat die
sakewéreld betree, bloot om te oorleef, sonder die nodige fondse, vaardighede

en kennis om fn sukses van hulle besigheid te maak.”

. Bespreek die ekonomiese belangrikheid van entrepreneurskap. (26 punte)
° Hoe ondersteun die regering die ekonomiese gemarginaliseerde
groepe in Suid-Afrika? (10 punte)

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

EKONOMIE 13
(VRAESTEL 1) GRAAD 11

VRAAG 6 EKONOMIESE STREWES 40 PUNTE — 40 MINUTE

“Strategieé vir ontwikkeling is vervat in die ekonomiese en ander beleide van
ontwikkelende lande.”

. Ontleed krities die volgende ontwikkelingstrategieé wat in ontwikkelende
lande gebruik word.

- Menslike hulpbronne
- Natuurlike hulpbronne

- Tegnologie (26 punte)
e Waarom is Inheemse Kennis Stelsels (IKS) belangrik vir ekonomiese
ontwikkeling in ’n land? (10 punte)

TOTAAL AFDELING C: 40

TOTAAL: 150

EINDE

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 June 2016 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-june-2016-possible-answer/67b4dd9f-0f57-44e1-b92b-fd5e51146a24) — Economics · Memo · 2016
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
