# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2017-question-paper/7ed0bdd7-03ae-4ffc-8dc4-3110053df99d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2017-question-paper/7ed0bdd7-03ae-4ffc-8dc4-3110053df99d)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                       NOVEMBER 2017
                          GRAAD 11

                          EKONOMIE

                          VRAESTEL 1

TYD:     2 uur
PUNTE:   150

13 bladsye

                              .

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                  2
                                            Vraestel 1                GRAAD 11

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                  EKONOMIE
                                                  Vraestel 1

                                                  TYD: 2 uur

                                                  PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

            AFDELING A: VERPLIGTEND
            AFDELING B: Beantwoord TWEE van die DRIE vrae.
            AFDELING C: Beantwoord EEN van die TWEE vrae.

2.    Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Oortollige antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    Skryf die nommer van die vraag bo-aan elke antwoord.

5.    Lees die vrae sorgvuldig deur.

6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.    Los 2 – 3 lyne oop tussen onderafdelings of vrae.

8.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
      konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
      vrae.

9.    Gebruik slegs blou of swart ink.

10.   Nie-programmeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                      b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                                                                    3
                                             Vraestel 1                  GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                            30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende vrae.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK.

      1.1.1     Hulpbronne in die produksieproses is bekend as ...

                A    insette.
                B    uitsette.
                C    intermediêre goedere.
                D    finale goedere.

      1.1.2     Die belegging van Walmart in Massmart word ... genoem.

                A    kapitaalverbreding
                B    kapitaalverdieping
                C    direkte buitelandse belegging
                D    ekonomiese groei

      1.1.3     ŉ Voordeel van die sentraal-beplande ekonomie is ...

                A    keuse.
                B    innovering.
                C    risiko.
                D    volle indiensneming.

      1.1.4     SANRAL is verantwoordelik vir die instandhouding van ... in
                Suid-Afrika.

                A    hawens en lughawens
                B    spoornetwerke
                C    nasionale paaie
                D    skoolgeboue

      1.1.5     Die … word gebruik om die lewensstandaard in ŉ land te bepaal.

                A    vlak van per kapita inkomste
                B    inflasiekoers
                C    betalingsbalans
                D    sirkulêre vloei

      1.1.6     Die Millennium Ontwikkelingsdoelwitte behels ...

                A    beter hoër onderwys.
                B    verlaging in kindersterftes.
                C    beter vaardigheidsontwikkeling onder die jeug.
                D    lae rentekoerse.

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                    EKONOMIE
                                                                                                4
                                                    Vraestel 1                   GRAAD 11

         1.1.7      ŉ Grafiek wat ongelyke verdeling van inkomste tussen
                    huishoudings aandui is bekend as die …

                    A        Laffer kurwe.
                    B        Phillips kurwe.
                    C        Kringloopdiagram.
                    D        Lorenz kromme.

         1.1.8      Die … is die prys waarteen die Suid-Afrikaanse Reserwebank geld
                    aan ander banke leen.

                    A        prima uitleenkoers
                    B        terugkoopkoers
                    C        wins
                    D        opbrengs                                                (8 x 2)    (16)

1.2      Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om by ŉ item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
         letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK.

               KOLOM A                                        KOLOM B
      1.2.1 MTBR                            A     Ondernemings wat deur die owerhede
                                                  beheer word
      1.2.2 Disinvestering
                                            B     Staatsinmenging om werkers te beskerm
      1.2.3 OBSA                                  teen onbillike arbeidspraktyke

      1.2.4 SBO                             C     Die verwantskap tussen insette en uitsette

      1.2.5 Minimum lone                    D     ŉ Beleid wat daarop gemik is om swart
                                                  eienaarskap van landbougrond in die
      1.2.6 Grondhervormings                      ekonomie te vermeerder
            program
                                            E     ŉ Proses waar buitelandse lande hulle
      1.2.7 Produktiwiteit                        ondernemings vanuit ŉ land onttrek

      1.2.8 Nasionale inkomste              F     Die dokument dui aan hoe die regering
                                                  beoog om sy uitgawes oor ŉ gegewe
                                                  tydperk te finansier.

                                            G     Die somtotaal vir die vergoeding van die
                                                  produksiefaktore in ŉ land

                                            H     Die instansie is in 1983 gestig om
                                                  ekonomiese ontwikkeling in Suider Afrika te
                                                  bevorder.

                                            I     Swart Ekonomiese Bemagtiging

                                            J     Regstellende Aksie
                                                                                     (8 x 1)    (8)

                                                                                                    b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                     5
                                            Vraestel 1                    GRAAD 11

1.3   Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings.. Skryf slegs die term
      langs die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.3.1    Die inkomste per huishouding van die landsbevolking

      1.3.2    Die sektor verbonde aan aktiwiteite wat straatverkope en
               kunswerke insluit

      1.3.3    BBP teen basiese pryse, plus belasting op produkte, minus
               subsidies op produkte

      1.3.4    Die gedeeltelike of algehele verwydering van invoertariewe binne
               die grense van elke land

      1.3.5    Die industrie wat klein lenings bied aan die wat nie in staat is om
               vanaf normale banke te leen nie

      1.3.6    Die organisasie wat ekonomiese samewerking en integrasie
               bevorder onder Suider Afrikaanse lande                   (6 x 1)      (6)

                                                           TOTAAL AFDELING A:        30

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                           6
                                              Vraestel 1                    GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1     Noem TWEE groepe wat bydra tot kapitaalvorming in ŉ land.
                                                                                (2 x 1)    (2)

        2.1.2     Waarom is alle ekonomieë gemengde stelsels?                   (1 x 2)    (2)

2.2     Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

        UITTREKSEL UIT DIE NASIONALE REKENING VAN SUID-AFRIKA TEEN
        HUIDIGE PRYSE

        R m (INKOMSTE METODE)                                                 2016
        BBP teen basiese pryse                                              2 850 000
        Belasting op produkte                                                 210 000
        Subsidies op produkte                                                  95 195
        Bruto Binnelandse Produk (BBP) @ markpryse                          2 964 805
        Primêre inkomste vanaf die res van die wêreld                          48 501
        Primêre inkomste aan die res van die wêreld                            A
        Bruto Nasionale Produk (BNP) @ markpryse                            2 978 806
                                                   [Bron: SARB Kwartaalblad, Maart 2016]

        2.2.1     Gee ŉ voorbeeld van ŉ primêre inkomste uit die res van die wêreld.       (1)

        2.2.2     Word ŉ subsidie bygetel by basiese pryse of afgetrek?                    (1)

        2.2.3     Beskryf die konsep bruto binnelandse produk.                             (2)

        2.2.4     Verduidelik die verskil tussen huidige pryse en konstante pryse.         (4)

        2.2.5     Bereken die waarde van A in bogenoemde tabel. (Toon alle
                  berekeninge)                                                             (2)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                            7
                                            Vraestel 1                      GRAAD 11

2.3   Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                    [Bron: Twitter /Begrotingsrede /2017]

      2.3.1     Watter ekonomiese boodskap word deur die spotprent uitgebeeld?              (1)

      2.3.2     Wat dui aan dat sosiale dienste nie effektief gelewer word nie?             (1)

      2.3.3     Beskryf kortliks die nasionale begroting.                                   (2)

      2.3.4     In jou eie opinie, hoe kan korrupsie uitgeskakel word?                      (2)

      2.3.5     Hoe spandeer verbruikers hul inkomste in die nasionale ekonomie?
                                                                           (2 x 2)          (4)

2.4   Onderskei tussen kapitaalverbreding en kapitaalverdieping?                (2 x 4)     (8)

2.5   Hoe tree die regering op as die sentrale besluitnemer in ŉ sentraal-beplande
      ekonomiese stelsel?                                                                   (8)
                                                                                            [40]

                                                                                                b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE
                                                                                         8
                                             Vraestel 1                    GRAAD 11

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1     Noem TWEE sosiale aanwysers wat met inkomsteverdeling
                verband hou.                                          (2 x 1)            (2)

      3.1.2     Waarom, dink jy, moet die staat meer bestee aan infrastruktuur
                ontwikkeling?                                               (1 x 2)      (2)

3.2   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

      „Die ontwikkelingsgaping tussen die Noorde en die Suide het ŉ probleem
      geword wat die hele wêreld moet bestuur.‟ Hierdie stelling is ietwat uitgedien,
      omdat die gaping tussen die ryk en die arm lande besig is om oorbrug te
      word.

      Geleenthede vir meer gelyke handel en kapitaalvloei het sommige
      ontwikkelende lande die geleentheid gegee om vinniger te ontwikkel. Die
      beskikbaarheid en gebruik van moderne tegnologie in landbou en
      vervaardiging en handelsooreenkomste, soos die Wet op Groei en
      Geleenthede in Afrika („AGOA‟), het verdere waarde aan die algehele
      verandering toegevoeg.
                                                    [Aangepas uit SAIRR, Oktober 2016]

      3.2.1     Identifiseer, vanuit die bostaande inligting, die handelsooreenkoms
                tussen Afrika en Amerika (VSA).                                          (1)

      3.2.2     Bespreek, vanuit bostaande uittreksel, die rede waarom sommige
                ontwikkelende lande die Noord / Suid gaping vernou.                      (1)

      3.2.3     Verduidelik kortliks die handelsverhouding tussen lande in die
                Noord / Suid verdeling.                                      (2 x 2)     (4)

                                                                                             b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                              9
                                                Vraestel 1                     GRAAD 11

        3.2.4      Waarom sal die Gini-koëffisiënt van lande in die Noorde verskil van
                   lande in die Suide?                                         (2 x 2)       (4)

3.3     Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         Nooit tevore was krediet so duur nie

Hoë koste van klein lenings
Totale huidige koste van krediet op korttermyn krediettransaksies, as ŉ persentasie

BEDRAG VAN AANVANKLIKE LENING:                        TOTALE KREDIETKOSTE

R200 oor ŉ maand 46% (R92)                            Rente R10 + Administrasiekoste R32 +
                                                      Maandelikse diensfooie R50

R500 oor ŉ maand 31%                                  Rente R25 + Administrasiekoste R79 +
                                                      Maandelikse diensfooi R50

Die nuwe voorgeskrewe kredietregulasies kan die koste van krediet die hoogte laat inskiet, en
die armes sal die hardste getref word. As dit geïmplementeer word, sal hierdie nuwe koste ŉ
verwoestende effek op lae inkomste verbruikers hê.

                                  [Bron: Mail & Guardian Sakenuus, Augustus 28 - September 3, 2015]

        3.3.1      Watter koste is verantwoordelik vir die drastiese styging in klein
                   leningskoste?                                                             (1)

        3.3.2      Watter koste bly konstant?                                                (1)

        3.3.3      Wat sal die uitwerking op die koste vir die lening wees as die
                   maandelikse diensfooi verwyder word?                                      (2)

        3.3.4      Bereken die totale koste van krediet vir ŉ R500 lening oor een
                   maand.                                                                    (2)

        3.3.5      Watter impak sal hierdie hoë koste vir klein lenings op lae inkomste
                   verbruikers hê?                                                (2 x 2)    (4)

3.4     Bespreek die doelwitte van Klein Onderneming Ontwikkelingsagentskappe
        (SEDA) en die Nasionale Vaardigheidsontwikkelingstrategie (NOVS) as
        strategieë vir ontwikkeling.
                                                                            (2 x 4)          (8)

3.5     Hoe kan beleggings in sosiale (menslike) kapitaal ekonomiese ontwikkeling in
        Suid-Afrika bevorder?                                                                (8)
                                                                                             [40]

                                                                                                  b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                           10
                                              Vraestel 1                     GRAAD 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1     Beantwoord die volgende vrae.

        4.1.1     Noem TWEE ekonomiese lekkasies.                                (2 x 1)   (2)

        4.1.2     Watter impak het die Uitgebreide Openbare Werke Program
                  (EPWP) in jou plaaslike gemeenskap?                     (1 x 2)          (2)

4.2     Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

        BRUTO BINNELANDSE PRODUK TOEGEVOEG DEUR EKONOMIESE
        AKTIWITEIT

      TEEN HUIDIGE PRYSE R m              2013              2014             2015
      Primêre sektor                       362 194           369 178          371 069

      Sekondêre sektor                      664 180          730 764          751 451

      Tersiêre sektor                     2 164 586        2 320 375         2 467 292

      Bruto waarde toegevoeg              3 190 960        3 420 317         3 589 812
      teen basiese pryse
                                              [Bron: SARB Kwartaalblad – Desember 2016]

        4.21      Noem die sektor wat verantwoordelik is vir elektrisiteit, gas en
                  water.                                                                   (1)

        4.2.2     Watter sektor dra die meeste by tot die Bruto Toegevoegde waarde
                  teen basiese pryse vir 2015?                                             (1)

        4.2.3     Beskryf kortliks die volgende stelling: “Die bydrae van die primêre
                  sektor het teen ŉ dalende koers toegeneem?”                              (2)

        4.2.4     Hoe dra die primêre sektor by tot die ekonomie?                          (2)

        4.2.5     Wat is die verwantskap tussen die sekondêre sektor en die tersiêre
                  sektor?                                                     (2 x 2)      (4)

                                                                                            b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                          11
                                            Vraestel 1                      GRAAD 11

4.3   Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

      DIE NASIONALE ONTWIKKELINGSPLAN IS DUIDELIK DIE BESTE
      ONTWIKKELINGSTRATEGIE OOIT; DIT SAL VIR SEKER DIE SUID-
      AFRIKAANSE EKONOMIE BEVOORDEEL

      Alhoewel die NOP, net soos GEAR, NSDS en NOP, wat ŉ duidelike plan uitlê
      om probleme in Suid-Afrika aan te spreek, nie perfek is nie, verskaf dit tog ŉ
      padkaart van waar die staat graag wil wees in 2013. Die NOP bied ŉ
      geleentheid aan Suid-Afrikaners om saam te werk en uitdagings te
      konfronteer, om sodoende ŉ beter toekoms vir almal en aan toekomstige
      geslagte te bied.
                                  [Aangepas uit NOP en Mail & Guardian, Februarie 2015]

      4.3.1     Identifiseer TWEE vorige strategieë vanuit die uittreksel, wat
                gebruik is om ekonomiese groei in Suid-Afrika te bevorder. (2 x 1)        (2)

      4.3.2     Wat is die hoofdoelwit van die NOP?                                       (2)

      4.3.3     Watter negatiewe invloed sal die implementering van die NOP op
                belastingbetalers hê?                                                     (2)

      4.3.4     Hoe suksesvol sal die implementering van die NOP in die Suid-
                Afrikaanse ekonomie wees?                                 (2 x 2)         (4)

4.4   Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.             (2 x 4)   (8)

4.5   Hoe word inheemse kennisstelsels deur die Suid-Afrikaanse regering
      bevorder en ontwikkel?                                                              (8)
                                                                                          [40]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            80

                                                                                           b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE
                                                                                         12
                                                Vraestel 1                  GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal as volg assesseer word:

                     STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                 PUNTE-
                                                                            TOEKENNING
 Inleiding
 Die inleiding is ŉ laerorde respons.
   ŉ Goeie vertrekpunt behoort ŉ bepaling te wees van die hoofkonsep
    wat verwant is aan die vraag                                              Maks. 2
   Moenie enige deel van die vraag insluit in jou inleiding nie
   Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie
   Vermy dit om die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan bespreek.
 Liggaam:
 Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / In-diepte
 bespreking / Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed                         Maks. 26
 (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Verduidelik /
 Assesseer / Debatteer

 Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
 Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe
 grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af /    Maks. 10
 Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /
 Hoe? / Voorstelle
 Gevolgtrekking
 Enige hoërorde samevatting behoort die volgende te bevat:

  ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige genoemde
   feite te herhaal.
                                                                              Maks. 2
  Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feit.
  Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking / analise te
   versterk.
  ŉ Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis.
  Aanbevelings / voorstelle.
 TOTAAL                                                                         40

                                                                                          b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                        13
                                              Vraestel 1                   GRAAD 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 40 MINUTE

Die veelvoudige behoeftes van die mensdom word bevredig deur die gebruik van
produksiefaktore.

   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die volgende produksiefaktore vir die
    produseerders van goedere en dienste:

    -   Arbeid
    -   Kapitaal
    -   Entrepreneurskap                                                   (26 punte)

   Hoe het die grondherverdelingsprogramme (beleide) daartoe bygedra om die
    gemarginaliseerdes in die ekonomie te akkommodeer?                  (10 punte)

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                 40 PUNTE – 40 MINUTE

ŉ Sentrale bank het funksies en verantwoordelikhede wat nie deur ander finansiële
instellings uitgevoer word nie.

   Bespreek die hooffunksies van die SARB                                 (26 punte)

   Wat veroorsaak bankmislukkings?                                        (10 punte)

                                                             TOTAAL AFDELING C:         40

                                                                           TOTAAL:      150

                                           EINDE

## Related documents

- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2017-possible-answers/118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 November 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-november-2017-possible-answers/7bf0c7f0-d98e-4f15-a378-97c0587a1090) — Economics · Memo · 2017

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
