# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        PROVINSIALE EKSAMEN
                           NOVEMBER 2018
                              GRAAD 11

                              EKONOMIE

                              VRAESTEL 1

TYD:         2 uur

PUNTE:       150

12 bladsye

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                   2
                                         (Vraestel 1)               GRAAD 11

                  GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                               PROVINSIALE EKSAMEN

                                                   EKONOMIE
                                                   (Vraestel 1)

                                                   TYD: 2 uur

                                                   PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende deeglik voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

      AFDELING A: VERPLIGTEND
      AFDELING B: Beantwoord ENIGE TWEE van die DRIE vrae.
      AFDELING C: Beantwoord enige EEN van die TWEE vrae.

2.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
      gebruik is.

3.    Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord neer.

4.    Lees AL die vrae aandagtig deur.

5.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

6.    Laat 2 –   ree ls tussen onderafdelings van vrae oop.

7.    Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die uitleg, inhoud en konteks
      van jou antwoorde in ooreenstemming is met die kognitiewe vereistes van die vrae.

8.    Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
      nagesien word NIE.

9.    Gebruik slegs swart of blou ink.

10.   Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

11.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                     3
                                         (Vraestel 1)                  GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE                           30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde vir die volgende
      vrae. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1   Die grootte van die ekonomiese sektore word gemeet in terme van
              hulle bydraes tot die …

              A   BBP.
              B   BBI.
              C   BNP.
              D   GPS.

      1.1.2   Besluitneming in ŉ markekonomie is …

              A   gekonsentreerd.
              B   gedesentraliseerd.
              C   outokraties.
              D   gesentraliseerd.

      1.1.3   Die koers waarteen kapitaalvorming plaasvind dui op
              ekonomiese …

              A   transformasie.
              B   demokratisering.
              C   ontwikkeling.
              D   gelykheid.

      1.1.4   Die telekommunikasie regulatoriese owerheid van Suid-Afrika is ...

              A   IDASA.
              B   ICASA.
              C   SABC.
              D   NAPTOSA.

      1.1.5   Die Reserwebank gebruik die … beleid om groei in die geld
              voorraad te beïnvloed.

              A   fiskale
              B   begroting
              C   vraag en aanbod
              D   monetêre

                                                                                     b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE
                                                                                         4
                                          (Vraestel 1)                   GRAAD 11

      1.1.6   Die lewensstandaard van ŉ bevolking word die beste beskryf
              deur ...

              A   per kapita inkome.
              B   lae ekonomiese groei.
              C   daling in uitgawes.
              D   sekondêre opvoeding.

      1.1.7   Die landswye staatsingryping om werksgeleenthede te skep vir
              armes en weerlose mense staan bekend as …

              A   Industriële beleidsaksieplan.
              B   Regstellende aksie.
              C   Uitgebreide openbare werkeprogram.
              D   Swart ekonomiese bemagtiging.

      1.1.8   Die hoofdoelwit van NEPAD is om ...

              A   oorloë te stop.
              B   te stem gedurende verkiesings.
              C   armoede uit te wis.
              D   protes optogte te ondersteun.                              (8 x 2) (16)

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om by ŉ item in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
      letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

               KOLOM A                                   KOLOM B
      1.2.1 Produksiefaktore          A     ŉ handelsooreenkoms tussen ŉ groep
                                            ontluikende markte
      1.2.2 Makroekonomie
                                      B     opleiding en gesondheid
      1.2.3 Markekonomie
                                      C     weerspieël die demografiese en
      1.2.4 Vervoer infrastruktuur          geslagsamestelling van ŉ land

      1.2.5 BRICS                     D     ekonomiese somtotale

      1.2.6 Gelyke indiensname        E     die ekonomiese stelsel wat in Suid-Afrika
                                            gebruik word
      1.2.7 Privatisering
                                      F     verkeersligte en spoorlyne
      1.2.8 Sosiale aanduiders
                                      G     insette in die produksieproses

                                      H     verkoop van staatsbeheerde
                                            ondernemings aan privaat eienaars

                                      I     basiese ekonomiese probleme word deur
                                            markkragte opgelos
                                                                             (8 x 1)   (8)

                                                                                         b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE
                                                                                       5
                                         (Vraestel 1)                   GRAAD 11

1.3   Identifiseer die term wat beskryf word deur elk van die volgende stelling.
      Skryf slegs die term langs die vraag nommer (1.3.1 – 1.3.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer. (Geen afkortings en akronieme mag gebruik
      word nie.)

      1.3.1   Die somtotaal van uitgawes op goedere en dienste deur inwoners
              van ŉ land

      1.3.2   Die eienaars van produksiefaktore

      1.3.3   Die sektor wat die grootste bydrae lewer tot die BBP in Suid-Afrika
              en baie werksgeleenthede skep

      1.3.4   Kennis wat uniek is tot ŉ spesifieke kultuur of gemeenskap

      1.3.5   Die indeks wat die ongelykheid in inkomste bereken

      1.3.6   Die prys wat die lener vir kredietaankope betaal               (6 x 1) (6)

                                                                    AFDELING A: [30]

                                                                                       b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE
                                                                                           6
                                          (Vraestel 1)                     GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in jou antwoordboek.

VRAAG 2: MAKROEKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1   Beantwoord die volgende vrae.

      2.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van Parastatale (SBO’s).               (2 x 1) (2)

      2.1.2   Watter invloed het ŉ verhoging in rentekoerse op armes?           (1 x 2) (2)

2.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                 UITTOG VAN KOMMERSIËLE BOERE ’N BEDREIGING
                     VIR SUID-AFRIKA SE VOEDSELSEKERHEID

       Landboudeskundiges waarsku dat die landbousektor in Suid-Afrika in die
       moeilikheid is en het ŉ versoek tot die regering gerig om op te tree om
       kommersiële boere te keer om die land te verlaat. Tans verlaat een suiwelboer
       die bedryf elke week omdat hulle nie geld maak nie. Hulle het hoëkoste-
       produsente geword.

       Suid-Afrika as ŉ land begin al hoe meer invoer. Die langtermyn gevolg is dat
       voedsel duurder gaan wees. Die armes sal swaarkry, omdat hulle 40 – 50 %
       van hul inkomste op voedsel spandeer. Op ŉ tydstip waar voedselsekerheid ŉ
       groot kwessie in die wêreld is, is dit sekerlik ŉ probleem dat Suid-Afrikaanse
       boere die land verlaat.

                                                 [Aangepas uit Sunday Times (Sipho Masondo)]

      2.2.1   Gee EEN voorbeeld van ŉ insetkoste vir suiwelboere in Suid-Afrika.         (1)

      2.2.2   Noem ŉ negatiewe effek wat die uittog van boere op die verbruiker
              sal hê.                                                                    (1)

      2.2.3   Verduidelik kortliks die konsep kommersiële boerdery.                      (2)

      2.2.4   Verduidelik kortliks die primêre sektor.                                   (2)

      2.2.5   Waarom is die uittog van kommersiële boere ŉ bedreiging vir Suid-
              Afrika se ekonomie?                                         (2 x 2) (4)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                                  7
                                            (Vraestel 1)                      GRAAD 11

2.3     Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE (BTW) VOLGENS EKONOMIESE
                             AKTIWITEIT

       Teen Heersende pryse          2016        Teen Konstante pryse                2016
                (Rm)                                      (Rm)
      Primêre Sektor                398 770     Primêre Sektor                     291 143
      Sekondêre Sektor              815 816     Sekondêre Sektor                   556 935
      Tersiêre Sektor             2 654 870     Tersiêre Sektor                  1 945 596

      BTW teen Basiese pryse      3 869 456     BTW teen Basiese pryse 2 793 674
                                            [Aangepas uit: SARB Quarterly Bulletin, Maart 2017]

        2.3.1   Watter metode word gebruik in die berekening van die Bruto
                Toegevoegde waarde (BTW) in die bostaande tabel.                              (1)

        2.3.2   Watter jaar word huidiglik gebruik as basisjaar deur die SARB?                (1)

        2.3.3   Beskryf kortliks Bruto Toegevoegde Waarde.                                    (2)

        2.3.4   Verduidelik kortliks die term Bruto Nasionale Produk (BNP).                   (2)

        2.3.5   Onderskei tussen BBP teen heersende pryse en BBP teen
                konstante pryse.                                                    (2 x 2) (4)

2.4     Onderskei tussen geld kapitaal en reële kapitaal.                           (2 x 4) (8)

2.5     Waarom verkies die meeste lande ŉ gemengde ekonomiese stelsel?                        (8)
                                                                                              [40]

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1     Beantwoord die volgende vrae.

        3.1.1   Noem TWEE ekonomiese aanwysers wat gebruik word om Suid-
                Afrika te vergelyk met die res van Afrika.           (2 x 1) (2)

        3.1.2   Hoe kan tegnologie ekonomiese ontwikkeling in Suid-Afrika versnel?
                                                                            (1 x 2) (2)

                                                                                                  b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                            EKONOMIE
                                                                                                  8
                                            (Vraestel 1)                      GRAAD 11

3.2   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                   LEWENSVERWAGTING TENDENSE IN AFRIKA

       Afrika-maand – as kontinent vier ons dit, vanaf Ras ben Sakka in Tunisië tot
                            in Kaap Agulhas in Suid-Afrika

      Lewensverwagting het met meer as 20% verbeter in verskeie lande tussen
      2000 en 2016, volgens syfers deur die Werêldbank. Baie hiervan is as gevolg
      van meer bekostigbare medikasie en die beskikbaarheid van antiretrovirale
      middels.

                               LEWENSVERWAGTING LEWENSVERWAGTING
              JAAR                BY GEBOORTE    BY GEBOORTE MET
                                 SONDER HIV/VIGS     HIV/VIGS
              2014                    65,5             52,1
              2015                    66,3             56,0
              2016                    67,9             58,7
              2017                    67,1             61,2

                     [Aangepas uit bron: www.statssa.gov.za /Public Sector Manager – Mei 2017]

      3.2.1   Noem die tipe aanwyser waaronder lewensverwagting geklassifiseer
              word.                                                                              (1)

      3.2.2   Gee EEN rede vir lae lewensverwagtingsvlakke in Afrika.                            (1)

      3.2.3   Verduidelik die term lewensverwagting.                                             (2)

      3.2.4   Watter effek sal MIV / VIGS hê op produktiwiteitsvlakke?                           (2)

      3.2.5   Evalueer die faktore wat die verandering in lewensverwagting van
              52,1 jaar tot 61,2 jaar teweeg gebring?                      (2 x 2) (4)

                                                                                                  b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              EKONOMIE
                                                                                                  9
                                              (Vraestel 1)                     GRAAD 11

3.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                         PLATTELANDSE-STEDELIKE MIGRASIE
                       RESULTAAT VAN TREK- EN DRUKFAKTORE

       Die proses van verstedeliking word gekoppel aan vlakke van ontwikkeling in
       terme van behuising, familie groottes en hoe mense lewe in ŉ land.
       Alhoewel daar geglo word dat verstedeliking tot beter lewensomstandighede
       lei, is dit nie altyd die geval nie. In baie gevalle is dit makliker vir plattelandse
       inwoners om in hul basiese behoeftes te voorsien.
                                                        [Aangepas uit bron: Google images.com]

       3.3.1   Noem EEN positiewe effek van plattelandse-stedelike migrasie.                     (1)

       3.3.2   Gee EEN woord vir plattelandse-stedelike migrasie.                                (1)

       3.3.3   Watter drukfaktor veroorsaak Xenofobië in groot stede?                            (2)

       3.3.4   Waarom is dit nie altyd die geval dat verstedeliking tot beter lewens-
               omstandighede lei nie?                                                            (2)

       3.3.5   Wat kan die Suid-Afrikaanse regering doen om die migrasie van die
               platteland na stede te voorkom?                             (2 x 2) (4)

3.4    Bespreek geld as ruilmiddel en waardedraer.                                   (2 x 4) (8)

3.5    Evalueer die effektiwiteit van onderwys in terme van dienslewering.                       (8)
                                                                                                 [40]

                                                                                                  b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                           EKONOMIE
                                                                                             10
                                           (Vraestel 1)                      GRAAD 11

VRAAG 4: MAKROEKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                         40 PUNTE– 30 MINUTE

4.1   Antwoord die volgende vrae.

      4.1.1   Noem TWEE metodes wat gebruik word in die berekening van die
              nasionale inkome syfers.                                 (2 x 1) (2)

      4.1.2   Wat is die rol van die Gini-koëffisient?                             (1 x 2) (2)

4.2   Bestudeer onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

                              SA het ŉ eetlus vir kitskos
       Vergeet Duitse motors en luukse horlosies, want kits-kos verbruik kan die
       mees betroubare aanduider wees van welvaart van die Suid-Afrikaanse
       middelklas.

       Annabel Bishop, hoof ekonoom van Investec het onlangs gesê dat reële
       inkomste per persoon besig is om te krimp. Die Bruto Nasionale Inkome het
       afgeneem, nie as gevolg van inflasie nie, maar ekonomiese aktiwiteite het
       verlangsaam. Besigheidsvertroue is laag en werkloosheid bly in die omgewing
       van 25%. Hoekom is dit dan dat verbruik van kitskosse steeds toeneem?

       Volgens Insig navorsing, is een van die redes die toename van vroue in die
       arbeidsmag. Dit beteken meer dubbel-inkomste-huishoudings- en hoër
       besteebare inkomste. Volgens BMI is Suid-Afrika ook ŉ tipiese “hoë vleis-
       verbruiker” en ŉ “sterk uit-eet kultuur”, waarvan beide drywende faktore is vir
       kitskosondernemings.
                                                         [Aangepas uit Bron: mg.co.za/business]

      4.2.1   Noem EEN voorbeeld van nie-duursame goedere in die kitskos
              industrie.                                                                   (1)

      4.2.2   Wat dra by tot die groei in kitskos verbruik in Suid-Afrika?                 (1)

      4.2.3   Watter invloed san ŉ hoër besteebare inkomste hê op produksie?               (2)

      4.2.4   Verduidelik kortliks BNI (Bruto Nasionale Inkome).                           (2)

      4.2.5   Verduidelik TWEE ekonomiese aktiwiteite wat plaasvind tydens die
              inkrimpingsfase van die ekonomie.                         (2 x 2)            (4)

                                                                                              b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE
                                                                                          11
                                          (Vraestel 1)                     GRAAD 11

4.3   Bestudeer die onderstaande inligting en beantwoord die vrae wat volg.

       Grondhervorming – ŉ pillaar vir radikale ekonomiese transformasie

       Maleshoane Mokhochane-Moeti, ŉ bees en saaiboer van Wesselsbron
       in die Vrystaat, sê Operasie Phakisa (Maak gou in Sesotho) is die
       antwoord op die groei van die landbou-ekonomie. Sy het land bekom
       deur die grondherverdelingsprogram in 2005 en dit was waar haar liefde
       vir landbou ontstaan het. Sy sê dat, as ŉ swart vrou, is dit ŉ eer om deel
       van die bekendstellingprogram te wees.

       Gedurende die bekendstelling, het die Departement van Landboukunde,
       Bosbou en Visserye, ŉ ooreenkoms met China aangegaan. “Die
       ooreenkoms sal die uitvoer van Suid-Afrikaanse beesvleis na China
       uitbrei en meer geleenthede vir swart kleinveeboere in Suid-Afrika tot
       die Chinese mark bied.”

                                              [Bron: Public Sector Manager – Mei 2017]

      4.3.1   Gee EEN voorbeelde van saaiboere.                                          (1)

      4.3.2   Watter handelsooreenkoms is Suid-Afrika en China deel van?                 (1)

      4.3.3   Hoe kan die armes deur grondhervorming bevoordeel word?                    (2)

      4.3.4   Verduidelik kortliks die belangrikste fokus area van Operasie
              Phakisa.                                                                   (2)

      4.3.5   Onderskei tussen landredistribusie en landrestitusie.            (2 x 2)   (4)

4.4   Verduidelik metodes wat gebruik kan word om welvaart te skep, deur te
      spaar.                                                            (4 x 2)          (8)

4.5   Hoe kan die regering se verkrygingsbeleid die gemarginaliseerde inwoners
      van Suid-Afrika bevoordeel?                                                        (8)
                                                                                         [40]

                                                                       AFDELING B: [80]

                                                                                          b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                 EKONOMIE
                                                                                                   12
                                                 (Vraestel 1)                      GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in jou
ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal as volg geassesseer word:

                       STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                    PUNTE-
                                                                                 TOEKENNING
      Inleiding                                                                    Maks. (2)
      Liggaam
      Hoofgedeelte:Bespreek in besonderhede / in-dieptebespreking /
                                                                                   Maks. (26)
      ondersoek / bespreek krities / ontleed / analiseer / vergelyk /
      evalueer / onderskei / verduidelik / assesseer / debatteer

      Addisionele gedeelte
      Gee eie mening / bespreek krities / evalueer / evalueer krities /
      teken ŉ grafiek en verduidelik / gebruik die gegewe grafiek en
                                                                                   Maks. (10)
      verduidelik / voltooi die gegewe grafiek / bereken / lei af / vergelyk /
      verduidelik / onderskei / interpreteer / debatteer kortliks / voorstelle

      Slot / samevatting:
      Enige hoërorde samevatting behoort die volgende te bevat:
          ŉ Kort opsomming van wat bespreek is, sonder om enige
             genoemde feite te herhaal
          Enige opinie of waardeskatting omtrent die bespreekte feit
                                                                                    Maks. (2)
          Addisionele ondersteunende inligting om die bespreking /
             analise te versterk
          ŉ Weersprekende standpunt met motivering, indien vereis
          Aanbevelings / voorstelle

      TOTAAL                                                                           40

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                      40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die ekonomiese belangrikheid van infrastruktuur in Suid-Afrika.                (26)

   Hoe kan ons die waterkrisis in Suid-Afrika oplos?                                       (10)

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                   40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die karaktereienskappe van ontwikkelende lande.                                (26)

   Evalueer inkome ongelykheid met behulp van ŉ grafiek.                                   (10)

                                                                         AFDELING C: [40]

                                                                                 TOTAAL: 150

                                              EINDE

## Related documents

- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2018-possible-answers/b60960f8-7015-438a-88ca-cb43675de57f) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
