# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 1 memorandum from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      PROVINSIALE EKSAMEN
                       NOVEMBER 2019
                           GRAAD 11

                           EKONOMIE
                          VRAESTEL 1

                          NASIENRIGLYNE

15 bladsye

 Kopiereg voorbehou                           Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             2                        GP/November 2019
                                 Graad 11 – Nasienriglyne

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE - 20 MINUTE

1.1.   MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

       1.1.1   C √√   natuurlike hulpbronne
       1.1.2   A √√   totale ekonomie
       1.1.3   D √√   regering
       1.1.4   C √√   minerale hulpbronne
       1.1.5   A √√   0 en 1
       1.1.6   B √√   Ekonomiese groeikoers
       1.1.7   D √√   Vryehandelsgebied
       1.1.8   C √√   armoede uit te wis
                                                                             (8 x 2) (16)

1.2.   BYPASSENDE ITEMS

       1.2.1 C √ (Ontstaan wanneer arbeid-kapitaal verhouding verhoog.)

       1.2.2 I √ (Mineraal hulpbronne en fossiel-brandstowwe word uitgeput
                 wanneer hierdie bronne gemyn word)

       1.2.3 D √ (Produksie word beheer deur privaat eienaars)

       1.2.4 E √ (Produksie van kapitaalgoedere)

       1.2.5 F √ (Verhouding van uitset tot inset)

       1.2.6 B √ (Die oordrag van rykdom van een generasie tot die volgende)

       1.2.7 A √ (Handelsooreenkomste tussen ŉ groep ontluikende markte)

       1.2.8 G √ (Bankspaarrekening en depositos)
                                                                              (8 x 1) (8)

1.3.   GEE DIE TERM

       1.3.1   Waardevermindering √
       1.3.2   Ekonomiese goedere √
       1.3.3   Semi-staatsinstellings √ / Openbare korporasies √
       1.3.4   Fiskale beleid √
       1.3.5   Menslike Ontwikkelingsindeks √
       1.3.6   Kontantreserwe vereistes √

                                                                              (6 x 1) (6)

                                                              TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                            3                       GP/November 2019
                                Graad 11 – Nasienriglyne

AFDELING B

Beantwoord TWEE van die drie vrae in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae

       2.1.1   Noem enige TWEE soorte kapitaal
          •    Fisiese kapitaal √
          •    Finansiële kapitaal √
          •    Vaste kapitaal √
          •    Menslike kapitaal √
          •    Sosiale kapitaal √
          •    Kapitaalvoorraad √
          •    Bedryfskapitaal √                                             (2 × 1) (2)

       2.1.2 Hoekom is die aanbod van grond vas?
               • Die hulpbronne is nie mensgemaak nie √√
               • Hierdie hulpbronne is skaars in verhouding tot die vraag na
                  hulle √√
               • Die beskikbaarheid van nie-hernieubare hulpbronne kan nie
                  verhoog word indien meer hulpbronne benodig word nie √√
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)
                                                                         (1 × 2) (2)
2.2
       2.2.1 Noem die industrie in die primêre sektor wat voorgestel word in die
             bostaande prent.
                • Bosbou √√                                                  (2)

       2.2.2 Wat is die verhouding tussen die primêre en sekondêre sektor?
               • Die primêre sektor voorsien grondstowwe vir verdere
                   verwerking. √√
               • Die sekondêre nywerhede verwerk of vervaardig die rou materiaal
                   in meer bruikbare produkte vir gebruik deur al die sektore.√√
                                  (Enige relevante korrekte inligting)      (1 × 2) (2)

       2.2.3 Verduidelik kortliks hoekom die minimum loon in die
             landbousektor in Suid-Afrika bekend gestel is.
             Minimum loon is ingestel om ŉ minimum lewenstandaard te skep vir
             plaaswerkers. √√ (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.) (2)

       2.2.4 Waarom is die bydrae tot BBP belangrik in die primêre sektor?
               • Primêre sektor het afgeneem in terme van die direkte waarde wat
                  dit bygevoeg het. √√
               • Die relatiewe afname verteenwoordig strukturele verandering. √√
               • Dit beteken dat ŉ land minder afhanklik is van die primêre sektor
                  en meer afhanklik is van die sekondêre en tersiêre sektore √√
               • Die industrie het ŉ baie belangrike rol omdat dit voedsel aan die
                  binnelandse bevolking verskaf. √√
               • Dra grootliks by tot indiensneming en uitvoere inkomste √√
                                                                           (2 × 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             4                       GP/November 2019
                                 Graad 11 – Nasienriglyne

2.3

      2.3.1 Watter metode is gebruik in die berekening van die bruto
            binnelandse produk hierbo?
            • Produksie √ / BBP (P) √                                               (1)

       2.3.2 Watter jaar word tans deur die SARB as basisjaar gebruik?
             • 2010 √                                                               (1)

       2.3.3 Verduidelik kortliks die begrip Bruto Toegevoegde Waarde.
             • Maatstaf van die waarde van goedere en dienste wat in elke
                stadium van produksie geproduseer word. √√                          (2)

       2.3.4 Beskryf kortliks die term Bruto Nasionale Produk (BNP).
             • Totale markwaarde van goedere en dienste wat deur permanente
                inwoners van ŉ land gedurende ŉ gegewe tydperk geproduseer
                word. √√                                                   (2)

       2.3.5 Bereken die persentasie bydrae van die sekondêre sektor na die
             bruto waarde bygevoeg teen basiese pryse. Wys al jou berekeninge.
              833 994 x 100 √√
             3 974 873 1

              = 20,98% √√ of 21% √√                                                 (4)

2.4    Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor in die
       ekonomie.

       Bydrae tot BBP √

       •   Die tersiêre sektor lewer tans die grootste bydrae tot Suid-Afrika se BBP. √√
       •   Die bydrae het toegeneem van 51% van die BBP in 1960 tot 67% in
           2010.√√
       •   Dit toon dat ons ekonomie meer ontwikkel word, aangesien produkte van
           die ander sektore op formele markte verhandel word. √√

       Bydrae tot indiensneming en opleiding √

       •   Die tersiêre sektor is die grootste werkgewer in ekonomie.√√
       •   Dit het 71% van die werksmag in 2010 in diens geneem. √√
       •   Dit bied werk vir hoogs geskoolde sowel as semi-geskoolde en
           ongeskoolde werkers. √√
       •   Geleenthede vir opleiding word verskaf deur die meeste van die besighede
           in hierdie sektor, beide in die staats- en privaatbesit. √√

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                5                         GP/November 2019
                                    Graad 11 – Nasienriglyne

Bydrae tot ekonomiese groei √

      •   Die groei van die tersiêre sektor is groter as in enige van die ander sektore. √√
      •   Die groei in die tersiêre sektor vir die sewe jaar vanaf 2003 tot 2010 was baie
          hoër as dié van die primêre en sekondêre sektore. √√
      •   In hierdie tydperk was die tersiêre sektor die "groei enjin" wat die ander sektore
          getrek het. √√

Bydrae tot uitvoere √
   • Lande voer dienste uit wanneer hulle dienste aan buitelanders verkoop, soos
      versekerings- en hawefasiliteite. √√
   • Lande voer ook dienste in. √√
   • Die groei van die tersiêre sektor is groter as dié in enige van die ander
   • sektore. √√
      (ŉ Maksimum van 4 punte kan toegeken word vir opskrifte of lys van feite en
      voorbeelde.)                                                   (Enige 2 x 4) (8)

2.5       Hoe kan verkryging die gemarginaliseerde mense in Suid-Afrika
          bevoordeel?
      •   Dit spreek die verlede van diskriminerende beleid en praktyke aan. √√
      •   Dit verdeel rykdom deur fondse te kanaliseer na besighede wat aan voorheen
          benadeelde groepe behoort. √√
      •   Dit behaal anti-diskriminasie doelwitte in die werkplek. √√
      •   Dit plaas beleggingsfondse in onderontwikkelde en benadeelde plattelandse
          gemeenskappe deur middel van konvensionele konstruksieprojekte. √√
      •   Moedig die deelname van KMMO's aan in die voorsiening van goedere en
          dienste vir owerheid verkryging. √√                                      (8)
                                                                                  [40]

VRAAG 3: EKONOMIESE STREWES                                    40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1
          3.1.1   Noem enige TWEE voorbeelde van maatskaplike toelaes.
             •    Kinderwelsyntoelaes √
             •    Pleegsorgtoelaes √
             •    Ouderdomspensioene √
             •    Ongeskiktheidstoelaes √                              (2 x 1) (2)

          3.1.2 Wat is inkome ongelykheid?
                Uiterste konsentrasie van inkomste onder min deelnemers in die
                ekonomie. √√ / Inkomsteverspreiding wat nie in verhouding is tot die
                aantal persone in die bevolking nie. √√
                (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord.)                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                            6                      GP/November 2019
                                Graad 11 – Nasienriglyne

3.2
       3.2.1 Noem TWEE lidlande van die SAOG
               • Angola√
               • Botswana√
               • DRK √
               • Lesotho √
               • Malawi √
               • Mauritius √
               • Mozambiek √
               • Namibië √
               • RSA √
               • Seychelles √
               • Swaziland √
               • Tanzanië √
               • Zambië √
               • Zimbabwe √
               • Madagaskar √                                             (2 x 1) (2)

       3.2.2 Waarvoor staan die afkorting SAOG?
               • Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap √√                     (2)

       3.2.3 Noem EEN ekonomiese doel van die SAOG                                (2)
               • Ekonomiese welsyn √√

       3.2.4 Bespreek kortliks Suid-Afrika se belangrikheid in Afrika.
               • Dit stel ŉ voorbeeld – dit het sy interne politieke probleme op ŉ
                  vreedsame manier opgelos, nie deur middel van die gebruik van
                  vuurwapens nie.√√
               • Dit is ŉ onafhanklike fasiliteerder – Suid-Afrika het ŉ rol gespeel
                  om die aanvaarding van NEPAD deur die meeste ontwikkelde
                  lande te fasiliteer. √√
               • Dit is betrokke - Voormalige president Thabo Mbeki was een van
                  die belangrikste argitekte van Nepad, ŉ beleid wat baie fokus op
                  die ekonomiese ontwikkeling van Afrika-lande. √√               (4)

3.3
       3.3.1 Benoem die kurwe wat die Lorenz-kurwe voorstel.
               • Kurwe C √√                                                       (2)

       3.3.2 Verduidelik kortliks die term Lorenz-kurwe.
                • Dit is ŉ metode om die graad van ongelykheid van inkomste en
                   rykdomverspreiding tussen huishoudings te meet. √√       (2)

       3.3.3 Wat gebeur as die Lorenz-kurwe wegbeweeg van die lyn van
             gelyke verdeling?
                • Daar sal ŉ groter mate van ongelykheid wees.√√                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                7                        GP/November 2019
                                    Graad 11 – Nasienriglyne

3.3.4 Hoekom is inkomste en rykdom in ŉ land soos Suid-Afrika so
      ongelyk versprei?

          •   Suid-Afrika het geen spaar kultuur nie √√ – beteken dat dit onwaarskynlik is
              dat arm en middelinkomste gesinne rykdom sal verkry √√ omdat hulle nie
              geld spaar en belê nie, maar eerder alles bestee wat hulle verdien. √√
          •   Arm families is geneig om groter gesinne as welgestelde mense te hê. √√ -
              dit is onwaarskynlik dat daar aan die einde van die maand geld oorgebly het
              om geld te spaar en rykdom te genereer. √√
          •   Die onderwysstelsel in Suid-Afrika produseer steeds groot getalle studente
              wat nie kwalifiseer om by tersiêre instellings te studeer nie. √√ - dit beteken
              dat die vaardigheidstekort in hierdie land nie aangespreek word nie. √√
          •   Geskoolde werkers sal dus steeds op hoër lone as die ongeskoolde
              werkers aandring. √√ Met hierdie hoër lone kan die geskoolde werkers
              meer spaar en rykdom genereer. √√                                           (4)

3.4       Hoe verwyder plaaslike ekonomiese integrasie handelshindernisse
          tussen lidlande?

      •   Vryhandelsgebied √
          Dit bestaan uit ŉ groep lande wat tariewe en kwotas op handel tussen hulle
          afskaf. √√
          Elke land het steeds sy eie tariewe op invoer van nie-lidlande. √√

      •   Algemene monetêre unie √
          Lande wat naby mekaar geleë is, stem in om een enkele geldeenheid as
          wettige tender te gebruik. √√
          Suid-Afrika het so ŉ ooreenkoms met Swaziland en Lesotho. √√

      •   Doeane-unie √
          Lande kom ooreen oor ŉ enkele eksterne tarief onder lidlande, bv. SADU. √√

      •   Gemeenskapsmark √
          Sluit al die eienskappe van ŉ doeane-unie in, maar laat ook die vrye beweging
          van kapitaal en arbeid buite die grense van lidlande toe. √√

      •   Monetêre unie √
          Lidlande gebruik ŉ enkele geldeenheid om handel te dryf soos met ŉ OBA. √√
          In die ekonomiese unie is daar vrye beweging van arbeid en kapitaal. √√
          Ekonomiese beleid word gesinchroniseer tussen lidlande. √√
          [Indien slegs gelys, maksimum 4 punte]                                  (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               8                      GP/November 2019
                                   Graad 11 – Nasienriglyne

3.5       Verduidelik lae lewensverwagting en gebrek aan opleiding as
          eienskappe van ŉ ontwikkelende land.

      •   Lae lewensverwagting
          Ontwikkelende lande het ŉ lae lewensverwagting, gemiddeld 51 jaar, vergeleke
          met 75 jaar vir ontwikkelde lande. √√
          Dit beteken dat ŉ kleiner gedeelte van ŉ ontwikkelende land se bevolking
          beskikbaar is as ŉ doeltreffende arbeidsmag. √√
          Hulle veg ŉ eindelose stryd teen siektes, wanvoeding en slegte gesondheid. √√
                                                         (Enige 2 × 2) (4)

      •   Lae lewenstandaarde
          Lae lewenstandaarde hou ook verband met lae vlakke van onderwys. √√
          Die vlak en doeltreffendheid van onderwys word uitgedruk deur die volwasse
          geletterdheidskoers. √√
          Dit is ŉ persentasie van mense van 15 jaar en ouer wat kan lees, skryf en
          praat. √√
          Geletterdheidskoerse in ontwikkelende lande is laag in vergelyking met dié in
          ontwikkelde lande. √√
          Onderwystekorte en die apartheidserfenis het ernstige vaardigheidstekorte in
          Suid-Afrika veroorsaak. √√
          Die belangrikste manier om van armoede te ontsnap, is onderwys. √√
          ŉ Verbeterde onderwysstelsel is nodig om die ekonomie as geheel te laat
          groei. √√                                                   (Enige 2 × 2) (4)
                                                                                    (8)

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1
          4.1.1 Noem twee metodes om BBP te bepaal
                Inkome √
                Produksie √
                Besteding√                                                           (2)

          4.1.2 Verduidelik hoe verbruik indiensneming kan stimuleer.
             • As verbruik verhoog, moet maatskappye produksie verhoog en om dit te
                doen, is meer mense nodig om in die fabrieke te werk. √√ (1 × 2) (2)

4.2
          4.2.1 Na watter ekonomiese stelsel word verwys in die bostaande
                uittreksel?
                    • Bevels √ / sentraal beplande √ / bevel √                        (1)

          4.2.2 Wie allokeer die hulpbronne in bogenoemde uittreksel?
                   • Regering √                                                       (1)

          4.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.
                  • Metodes wat deur lande gebruik word om hul hulpbronne toe te
                     ken. √√                                                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                 9                       GP/November 2019
                                     Graad 11 – Nasienriglyne

       4.2.4 Waarom word Suid-Afrika as ŉ gemengde ekonomie beskou?

                     •   Die regering speel ŉ rol in die verskaffing van kollektiewe goedere
                         en dienste en om die mark te reguleer. √√
                     •   Suid-Afrika het ŉ dualistiese ekonomie met ŉ hoogs
                         ontwikkelde finansiële en industriële ekonomie. √√
                     •   Verbruikers het vryheid om te besluit hoe om hul inkomste te
                         spandeer en wat om te verbruik. √√
                     •   Die regering gebruik voldoende monetêre en fiskale beleid om
                         maksimum ekonomiese groei en deurlopende stabiliteit van pryse
                         te verseker. √√
                     •   Die regering se betrokkenheid op die markte behels inmenging
                         om pryse te beheer om verbruikers en werkers te beskerm. √√
                         (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)
                                                                                  (2 x 2) (4)

4.3
       4.3.1 Noem TWEE risiko's wat banke in die gesig staar.
               • Likiditeitsrisiko √
               • Kredietrisiko √
               • Rentekoersrisiko √
               • Beleggingsrisiko √
               • Kapitaalrisiko √                                                (2 x 1) (2)

       4.3.2 Hoe hanteer die Suid-Afrikaanse Reserwebank bankmislukking?
                  Die Suid-Afrikaanse reserwebank verseker dat banke
                  ooreenkomstig die Bankwet bestuur word en dat deposante nie
                  aan onnodige risiko blootgestel word nie √√
                  (Aanvaar enige ander korrekte relevante antwoord)        (2)

4.3.3 Wie is die slagoffers van bankmisukking?
                • Deponeerders √
                • Aandeelhouers √                                                        (2)

       4.3.4 Verduidelik kortliks ruilmiddel en geld as ŉ waardedraer as
             funksies van geld.

                     •   Ruilmiddel
                         Dit word algemeen aanvaar as ŉ betaalmiddel. √√
                         Goedere, dienste en arbeid word vir geld verruil. √√
                     •   Geld as ŉ waardedraer
                         Geld bied ŉ maatreël wat ons in staat stel om waarde te gee aan
                         goedere en dienste. √√
                         As ŉ prys aan iets toegewys word, dien geld as ŉ maatstaf van
                         waarde. √√                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              10                        GP/November 2019
                                  Graad 11 – Nasienriglyne

4.4    Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.
                Ekonomiese groei                      Ekonomiese ontwikkeling
        Is ŉ toename in die produktiewe        Is ŉ toename in die lewenstandaard van
        kapasiteit van die ekonomie √√         mense in ŉ land. √√
        Word gemeet as ŉ                       Aangaande opleiding geletterdheid,
        persentasieverandering in reële        gesondheidsorg, werkloosheid en
        BBP √√                                 omgewingsvolhoubaarheid. √√
        Aangaande goedere en dienste. √√ Gaan oor mense en menslike
                                               ontwikkeling √√
        Is noodsaaklike insette vir            Groei moet lei tot ontwikkeling √√
        ekonomiese ontwikkeling. √√
                                   (2 x 2) (4)                                 (2 x 2) (4)
                                                                                       (8)

4.5    Bespreek redes vir die ongelyke verdeling van inkome.

       •   Ongelyke besit van welvaart – rykdom genereer inkomste in die vorm van
           winste, rente en dividende, veroorsaak verskille in rykdom verskille in
           inkomste. √√
       •   Verskille in die samestelling van huishoudings – Sommige huishoudings is
           groot en ander is klein. √√
       •   Verskille in vaardighede en kwalifikasies – Diegene met gevorderde
           vaardighede en kwalifikasies sal waarskynlik hoë inkomste verdien. √√
       •   Diskriminasie – Die inkomste van sommige groepe is benadeel deur
           diskriminasie in terme van werksgeleenthede, betaal- en
           bevorderingskanse. √√                                           (4 x 2) (8)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              11                       GP/November 2019
                                  Graad 11 – Nasienriglyne

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                           40 PUNTE – 40 MINUTE

•   Bespreek Suid-Afrika se infrastruktuur volledig.                  (26 punte)

•   Na jou mening, wat het die voortgesette energiekrisis in Suid-Afrika
    sedert 2008 veroorsaak                                      (10 punte)            [40]

INLEIDING

Infrastruktuur verwys na die land se sosiale kapitaal. Dit is die voetstuk wat die
ekonomiese struktuur van ŉ land dra. √√                                (maks. 2)

LIGGAAM

Kommunikasie √

ŉ Doeltreffende kommunikasie-infrastruktuur is noodsaaklik, veral vir besighede omdat
hulle die volgende moet doen:
    • Pryse dophou√√
    • Kontroleer die beskikbaarheid van grondstowwe en dienste √√
    • Volg finansiële veranderinge √√
    • Vergelyk en evalueer plaaslike en buitelandse ekonomiese toestande

    Telefone √
       Telefone werk met kabelverbindings of seinverbinding. √√
        • Vaste telefoon. Die vaste lynstelsel wat in Suid-Afrika gebruik word, word
           deur Telkom SA besit en bestuur. Die vaste landlynstelsel is noodsaaklik en
           voorsien ook die volgende noodsaaklike kommunikasie-elemente. √√
          o E-pos: Persoonlike rekenaars kan met behulp van modems met mekaar
             kommunikeer. E-pos boodskappe en ander soorte korrespondensie word
             van een rekenaar na ŉ ander oorgedra. √√
          o Fakse: Hierdie masjien maak dit moontlik om boodskappe en prente per
             telefoonlyn te stuur. √√
          o Internet: Rekenaars met modems kan toegang tot mekaar se databasis
             en ander inligting stoorruimtes verkry. Alle soorte inligting kan binne
             sekondes wêreldwyd verkry of versprei word. Koop en verkoop oor die
             internet word e-handel genoem. √√
          o Selfone: Hierdie fone werk op luggolf seine. Kommunikasie kan oral
             verkry word waar seine beskikbaar is wanneer hulle reis of wanneer hulle
             stilstaan. SMS-funksie voer ŉ kort boodskap-funksie uit. √√

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             12                     GP/November 2019
                                 Graad 11 – Nasienriglyne

           •   Posdienste √
                  o Pos per land of lug is die mees algemene en basiese manier hoe
                     boodskappe gekommunikeer kan word en goedere afgelewer
                     word. √√
                  o Die spoed waarteen globalisering plaasvind hang af van ŉ vinnige
                     en betroubare kommunikasiestelsel. √√

           •   Media √
                 o Die drukwerk, soos tydskrifte en koerante, kommunikeer met die
                     publiek deur algemene en spesifieke inligting te verskaf.
                 o Elektroniese media sluit radio, televisie en internet in.

Vervoer √
     • Padvervoer √
          o Suid-Afrika het ŉ moderne padvervoer sisteem. √√
          o Privaat motors is die belangrikste vorm van padvervoer. √√
          o Mini-bus taxis verskaf ŉ belangrike diens vir meer as helfte van die
            Suid-Afrikaanse daaglikse pendelaars . √√

       •   Spoorvervoer √
             o Spoornet bestuur die nasionale spoorwegnetwerk van Suid-Afrika. √√
             o Die meeste van Spoornet se rollenele voorraad word in Suid-Afrika
                 vervaardig. √√
             o Spoornet voorsien spoorwegvervoer hoofsaaklik vir goedere houers.
                 √√
             o Suid-Afrika se spoorwegnetwerk is die grootste in Afrika. √√

       •   Hawens en mariene (see) vervoer. √
             o Portnet bestuur alle hawens. √√
             o Suid-Afrika het nie ŉ nasionale seelyn nie, maar het ŉ groot
                kommersiële vloot wat in privaat besit is. √√

       •   Lugvervoer √
              o Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) is Suid-Afrika se nasionale
                 lugverskaffer en bied ŉ uitgebreide netwerk vlugte tussen alle groot
                 sentrums in Suid-Afrika en tussen Suid-Afrika en sommige buurlande
                 en groot oorsese stede. √√

Energie √
Suid-Afrika het ŉ goed ontwikkelde energie-infrastruktuur, wat ŉ byna ononderbroke
toevoer lewer sonder groot tekorte. √√
Dit oorskei die norm in vergelyking met ander ontwikkelende lande
    • Elektrisiteit √
          o Elektrisiteit word deur kabels verskaf en deur middel van kraglyne
              oorgedra. √√
          o Eskom is die nasionale verskaffer. √√
          o Elektrisiteit in Suid-Afrika kom van drie belangrike bronne: steenkool,
              water en kernkrag. √√

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              13                       GP/November 2019
                                  Graad 11 – Nasienriglyne

   •   Vloeibare brandstof √
          o Ru-olie, petrol, diesel, paraffien en lugvaartbrandstof is die belangrikste
             brandstowwe wat in Suid-Afrika gebruik word. √√
          o Kleinhandelverspreiding van alle brandstof wat geraak word deur
             honderde brandstofstasies wat aan private firmas behoort. √√

   •   Gas √
         o Natuurlike gas word van 'n bron in Mosselbaai geproduseer en word
             deur Petro SA gebruik. √√
         o Steenkool word verwerk en versprei deur Sasol. √√

   • Hernubare bronne √
        o Behalwe vir water wat vir hidro-elektriese krag gebruik word, is die
          enigste ander bron van energie wat op ŉ beduidende skaal in Suid-Afrika
          gebruik word, brandhout. √√
        o In sommige gebiede is dit heeltemal uitgeput en in ander gebiede is hulle
          onder swaar druk. √√
        o Die alternatief is om steenkool te gebruik. √√
        o Son-, wind- en gety-energie is op eksperimentele vlakke, alhoewel dit op
          verskillende stadiums is. √√
                                                                        (maks. 26)
ADDISIONELE DEEL

   •   Eskom is die enigste verskaffer van elektrisiteit in Suid-Afrika. √√
   •   Eskom het nie genoeg in nuwe kragbronne belê nie. √√
   •   Die prys van elektriese krag is te laag om die nodige kapitaal te voorsien om
       nuwe kragstasies te skep. √√
   •   Dit is baie duur om nuwe kragstasies te bou. √√
   •   Onwettige kragverbindings deur huishoudings wat nie vir kragverbruik betaal
       nie.
   •   Die staat was baie huiwerig om privaat maatskappye toe te laat om die
       kragopwekkingsveld te betree.√√
   •   Die gebruik van hernubare bronne van krag, veral sonkrag, is nie beklemtoon
       nie. √√
   •   Groot kraggebruikers is deur Eskom besonder lae tariewe gegee. √√
       (Aanvaar enige korrekte relevante antwoorde.)
                                                                            (maks. 10)

GEVOLGTREKKING
Infrastruktuur speel ŉ belangrike rol in die land, aangesien dit ŉ faktor vir ekonomiese
groei en ekonomiese ontwikkeling is. √√
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking.)
                                                                               (maks. 2)
                                                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                            14                         GP/November 2019
                                Graad 11 – Nasienriglyne

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                40 PUNTE – 40 MINUTE

   •   Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder die
       volgende hoofde:
          o Regeringsbank        (8)
          o Bank van uitgifte    (8)
          o Banke se bank       (10)                          (26 punte)

   •   Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid aanwend
       om die hoeveelheid geld in die land te beïnvloed?    (10 punte) [40]

INLEIDING
Die sentrale bank is die monetêre owerheid van ŉ land. Suid-Afrika se sentrale bank
is in 1920 gestig. Die hooffunksies van die SARB is om as monetêre owerheid te
dien. √√ (Enige toepaslike inleiding is aanvaarbaar)                        (Maks. 2)

LIGGAAM

   •   Regeringsbankier
         o Die Reserwebank is die hoofbankier van die staat. √√
         o Dit lewer dienste aan die regering wat soortgelyk is aan dié wat
             handelsbanke aan hulle klante lewer. √√
         o Staatsdepartemente deponeer hulle fondse by die Reserwebank en
             wissel tjeks op hulle rekeninge. √√
         o Die Reserwebank verskaf ook lenings, buitelandse valuta en finansiële
             advies aan die regering. √√
         o Verskaf ook monetêre advies aan die regering. √√                (Maks. 8)

   •   Bank van uitgifte
         o SARB het die alleenreg om banknote en munte uit te reik. √√
         o Die Suid-Afrikaanse Munt Maatskappy munt SA se munte. √√
         o Beide hierdie maatskappye is filiale van die SARB. √√
         o Die SARB word deur die behoeftes van die ekonomie gelei in die
            uitreiking van munte en note. √√                           (Maks. 8)

   •   Banke se bank
         o SARB verklaar en hou die minimum kontantreserwes wat van alle banke
            vereis word ten einde solvent te bly. √√
         o SARB tree op as ŉ bank van vereffening deur interbanktransaksies te
            hanteer. √√
         o Die banke hoef nie verskeie tjeks aan mekaar te betaal nie, maar die
            SARB sal die saldo’s tussen die banke vereffen. √√
         o Die SARB is ŉ lener in die laaste instansie. √√
         o Dit staan lenings toe aan handelsbanke indien die bank ŉ
            likiditeitsprobleem ondervind. √√
         o Die SARB hou toesig oor die handelsbanke. √√
         o Dit verseker dat die banke optree volgens die Wet op Banke. √√
         o Die SARB verseker dat alle banke die monetêre beleid toepas. √√
                                                                     (Maks. 10)
                                                                     (Maks. 26)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                           15                     GP/November 2019
                               Graad 11 – Nasienriglyne

ADDISIONELE DEEL

Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid aanwend om die
hoeveelheid geld in die land te beïnvloed?

Die SARB kan die hoeveelheid geld in ŉ land beïnvloed deur:

   •Die geldvoorraad te verhoog deur geld tot die ekonomie toe te voeg √√
   •Of die aanbod van geld te verlaag deur geld uit die ekonomie te onttrek √√
   •Inkrimping van ekonomiese aktiwiteite tydens resessies en depressies √√
   •Die ekonomie te stimuleer deur die geldvoorraad te verhoog √√
   •Die ekonomie te laat afkoel deur die aanbod van geld te verminder tydens
    inflasie √√
  • Die ekonomie te stimuleer deur ŉ daling in die repokoers en rentekoerse te
    gebruik sodat banke hulle rentekoerse verlaag √√
  • Die aanbod van geld te beïnvloed deur die persentasie van deposito’s wat
    banke as kontantreserwes moet hou √√
  • Beperking van die aanbod van geld deur sekuriteite te verkoop aan banke of
    die teenoorgestelde indien die aanbod van die geldvoorraad moet styg √√
  • Morele oorreding om banke te vra om meer versigtig te wees met die toestaan
    van lenings √√ (Aanvaar enige korrekte toepaslike antwoord)
                                                                        (Maks. 10)
GEVOLGTREKKING

Die missie van die SARB is om die interne en eksterne waarde van die rand te
beskerm. Dit het beheer oor alle geldkwessies in Suid-Afrika. √√
(Aanvaar enige ander korrekte relevante gevolgtrekking)
                                                                         (Maks. 2)
                                                                                [40]

                                                          TOTAAL AFDELING C: 40

                                                              GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECON P1 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p1-gr11-memo-nov2019-afrikaans/f261271c-5399-4a63-bc3b-3182b0e988ac) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
