# Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 1 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-question-paper/e6e5ce5f-7144-4c98-8f10-0097f04cf338
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P1 Gauteng November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-question-paper/e6e5ce5f-7144-4c98-8f10-0097f04cf338)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

         GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                      PROVINSIALE EKSAMEN
                       NOVEMBER 2019
                           GRAAD 11

                           EKONOMIE
                          VRAESTEL 1

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye

 Kopiereg voorbehou                           Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                            2                           GP/November 2019
                                    Graad 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in jou ANTWOORDBOEK:

       AFDELING A: VERPLIGTEND
       AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
       AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.     Beantwoord die korrekte aantal vrae soos verlang. Oortollige antwoorde sal
       NIE gemerk word NIE.

3.     Nommer jou antwoorde volgens die numeringstelsel wat in die vraestel
       gebruik word.

4.     Skryf die vraagnommer bo-aan elke antwoord.

5.     Lees die vrae aandagtig deur, voordat jy dit antwoord.

6.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.     Los 2–3 lyne tussen die onderafdelings van jou vrae oop.

8.     Antwoorde moet in vol sinne wees en maak seker dat jou antwoord se
       formaat, inhoud en konteks ooreenstem met die kognitiewe regulasies van die
       vraag.

9.     Maak slegs gebruik van swart of blou ink.

10.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              3                          GP/November 2019
                                      Graad 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                     30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
       Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
       (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.1.9. D.

       1.1.1 Platinum in die grond kan die beste geklassifiseer word as watter
             produksiefaktor?

              A      Kapitaal
              B      Arbeid
              C      Natuurlike hulpbronne
              D      Edelmetale

       1.1.2 Makro-ekonomie handel oor …

              A      totale ekonomie.
              B      die gedrag van besighede.
              C      die aktiwiteite van individuele eenhede.
              D      regeringsaankope.

       1.1.3 In ŉ beplande of bevels-ekonomie, word al die ekonomiese besluite
             geneem deur die …

              A      kiesers.
              B      produseerders.
              C      verbruikers.
              D      regering.

       1.1.4 In Suid-Afrika, is mynbou die verantwoordelikheid van die Departement
             van …

              A      Openbare Werke.
              B      Omgewing.
              C      Minerale Hulpbronne.
              D      Energie.

       1.1.5 Die waarde van die gini-koëffisiënt varieer tussen …

              A      0 en 1.
              B      10 en 100.
              C      1 en 10.
              D      100 en 1000.

       1.1.6 … meet die ekonomiese groei in persentasie van een periode tot
             ŉ volgende periode.

              A      Reële ekonomiese groeikoers
              B      Ekonomiese groeikoers
              C      Inflasiekoers
              D      BBI

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                               4                          GP/November 2019
                                       Graad 11

       1.1.7 Die … bestaan uit ŉ groep lande wat tariewe en kwotas op handel
             tussen hulle afskaf.

              A        gemeenskapsmark
              B        monetêre unie
              C        doeane unie
              D        vryehandelsgebied

       1.1.8 Die primêre doelwit van NEPAD is om ...

              A        oorlog te keer.
              B        te stem in verkiesings.
              C        armoede uit te wis.
              D        betogers te ondersteun.
                                                                          (8 x 2) (16)

1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs
       die letter (A– I) langs die vraagnommer (1.2.1. tot 1.2.8) in die
       ANTWOORDBOEK neer, bv 1.2.9 K.

                  KOLOM A                                 KOLOM B
       1.2.1 Kapitaalverdieping              A Handelsooreenkoms tussen ŉ groep
                                               ontluikende markte
       1.2.2 Nie-hernubaar
                                             B    Die oordrag van rykdom van een
       1.2.3 Kapitalisme                          generasie tot die volgende

       1.2.4 Bruto Kapitaalvorming           C    Ontstaan wanneer die arbeid-
                                                  kapitaal verhouding verhoog
       1.2.5 Produktiwiteit
                                             D    Produksie word beheer deur
       1.2.6 Erfenis                              privaat eienaars

       1.2.7 BRICS                           E    Produksie van kapitaalgoedere

       1.2.8 Kwasi Geld                      F    Verhouding van uitset tot inset

                                             G    Bankspaarrekening en depositos

                                             H    Vergoeding van die produksiefaktore

                                             I    Mineraal hulpbronne en fossiel-
                                                  brandstowwe word uitgeput wanneer
                                                  hierdie bronne gemyn word

                                                                              (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                            5                          GP/November 2019
                                    Graad 11

     1.3 Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
         korrekte term langs die vraagnommer (1.3.1 tot 1.3.6) in die
         ANTWOORDBOEK neer.

          Afkortings en akronieme sal NIE aanvaar word NIE.

       1.3.1 Afname in die monetêre waarde van bates oor tyd

       1.3.2 Goedere en dienste wat huishoudings, die besigheidsektor en
             die regering bereid is om ŉ prys voor te betaal

       1.3.3 Staatsbeheerde ondernemings soos SAUK en ESKOM

       1.3.4 Belasting en regeringsbesteding word gebruik om ekonomiese
             groei te beïnvloed.

       1.3.5 ŉ Statistiek wat gebruik word om lande in ŉ rangorde te plaas volgens
             die vlak van menslike ontwikkeling

       1.3.6 Persentasie depositos by banke wat in kontant by die
             Reserwe Bank gehou word om voorsiening te maak vir alle moontlike
             onttrekkings                                             (6 x 1) (6)

                                                      TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             6                                GP/November 2019
                                     Graad 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MAKRO-EKONOMIE                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1 Noem enige TWEE soorte kapitaal.                                      (2x1) (2)

       2.1.2 Hoekom is die aanbod van grond vas?                                         (2)

2.2    Bestudeer die onderstaande prent en beantwoord die vrae wat volg.

                                                [Bron: https://www.globalwoodmarketsinfo.com/]

       2.2.1 Noem die industrie in die primêre sektor wat voorgestel word in die
             bostaande prent.                                                    (2)

       2.2.2 Wat is die verhouding tussen die primêre en sekondêre sektors?              (2)

       2.2.3 Verduidelik kortliks hoekom 'n minimum loon in die landbousektor
             in Suid-Afrika bekend gestel is.                                            (2)

       2.2.4 Waarom is die bydrae tot BBP belangrik in die primêre sektor?               (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             7                                GP/November 2019
                                     Graad 11

2.3    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

       BRUTO TOEGEVOEGDE WAARDE 2018, KWARTAAL 3

                                                                           R (miljoene)
         Bruto toegevoegde waarde by primêre sektor                                427 270
         Bruto toegevoegde waarde by sekondêre sektor                              833 994
         Bruto toegevoegde waarde by tersiêre sektor                             2 713 609
         Bruto toegevoegde waarde teen basiese pryse                             3 974 873
                                                [Bron: SARB quarterly bulletin, December 2018]

       2.3.1 Watter metode word in die bostaande berekening van die bruto
             binnelandse produk gebruik?                                                 (1)

       2.3.2 Watter jaar word huidiglik deur die SARB gebruik as basis jaar?             (1)

       2.3.3 Beskryf kortliks die konsep Bruto Toegevoegde Waarde.                       (2)

       2.3.4 Verduidelik kortliks Bruto Nasionale Produk (BNP).                          (2)

       2.3.5 Bereken die totale bydrae van die sekondêre sektor tot die Bruto
             Toegevoede Waarde teen basiese pryse. Toon al jou berekeninge. (4)

2.4    Bespreek die ekonomiese belangrikheid van die tersiêre sektor in die
       ekonomie.                                                                         (8)

2.5    Hoe kan verkryging die gemarginaliseerde mense in Suid-Afrika
       bevoordeel?                                                                       (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                                      8                          GP/November 2019
                                              Graad 11

VRAAG 3: EKONOMIESE SREWES                                        40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1 Noem enige TWEE voorbeelde van maatskaplike toelaes.                  (2 x 1) (2)

       3.1.2 Wat is inkome ongelykheid?                                                   (2)

3.2    Bestudeer die kaart hieronder en beanwoord die vrae wat volg.

                                                   SAOG

                        Demokratiese
                        Republiek van die
                        Kongo

                                               Vernigde
                                               Republiek
                                               van Tanzanië

                               Zambië

                                        Zimbabwe              Mosambiek
              Namibië

                            Botswana

                        Suid-Afrika

       3.2.1 Noem TWEE lidlande van die SAOG.                                              (2)

       3.2.2 Waarvoor staan die afkorting SAOG?                                            (2)

       3.2.3 Noem EEN ekonomiese doelwit van SAOG.                                         (2)

       3.2.4 Bespreek Suid-Afrika se belang in Afrika kortliks.                            (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             9                               GP/November 2019
                                     Graad 11

3.3    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                               LORENZ KURWE

              % Inkomste

                                                           % van populasie

       3.3.1 Benoem die kurwe wat die Lorenz-kurwe voorstel.                           (2)

       3.3.2 Verduidelik kortliks die term Lorenz-kurwe.                               (2)

       3.3.3 Wat gebeur wanneer die Lorenz-kurwe wegbeweeg van die lyn
             van gelyke verdeling?                                                     (2)

       3.3.4 Hoekom is daar so ŉ ongelyke verspreiding van inkomste en
             rykdom in ŉ land soos Suid-Afrika?                                        (4)

3.4    Hoe verwyder streeks ekonomiese integrasie handelsversperrings tussen
       lidlande?                                                             (8)

3.5    Verduidelik lae lewensverwagting en gebrek aan opleiding as eienskappe
       van ŉ ontwikkelende land.                                         (2 x 4) (8)
                                                                                [40]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             10                           GP/November 2019
                                     Graad 11

VRAAG 4: MAKRO-EKONOMIE EN EKONOMIESE STREWES
                                       40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1 Noem TWEE metodes om die BBP te bepaal.                               (2)

       4.1.2 Verduidelik hoe verbruik indiensneming kan stimuleer.                 (2)

4.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       Kuba se nuwe grondwet sal nie sy ekonomie herstel nie.

“Die hervormings is ŉ belangrike simboliese stap,” het die Amerikaanse universiteits
geleerde van Kuba, William LeoGrande gesê. “Wettiging van private eiendom plaas
die private sektor op ŉ wetlike ferm fondasie, wat dit nie gehad het nie. Deur weg te
doen met die ou verbintenis om ŉ kommunistiese samelewing te bou, bevestig die
nuwe grondwet die erkenning dat ŉ gemengde ekonomie die toekoms is.”

                                                    [Bron: https://www.bloomberg.com]

       4.2.1 Na watter ekonomiese stelsel word verwys in die bostaande
             uittreksel?                                                           (1)

       4.2.2 Wie allokeer die hulpbronne in die bogenoemde uittreksel?             (1)

       4.2.3 Beskryf kortliks die term ekonomiese stelsel.                         (2)

       4.2.4 Waarom word Suid-Afrika as ŉ gemengde ekonomie beskou?                (4)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             11                              GP/November 2019
                                     Graad 11

4.3    Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg.

                     SUID-AFRIKAANSE BANKE WAT MISLUK HET

                                Jaar van
              Bank                                                  Redes
                               kuratorskap
        VBS Mutual Bank           2018              Wanbestuur en likiditeits probleme
                                                    Wanbestuur en likiditeits
        Afrika Bank                2014             probleme, spesifiek rondom
                                                    roekelose uitlening.
        Saambou Bank               2002             Wanbestuur en likiditeits probleme
        Nuwe Republiek                              Wanbestuur en likiditeits probleme
                                   2002
        Bank
                                          [Bron https://www.businesstech.co.za/news/banking]

       4.3.1 Noem TWEE risikos wat banke in die gesig staar.                           (2)

       4.3.2 Hoe hanteer die Suid-Afrikaanse Reserwebank bankmislukking?               (2)

       4.3.3 Wie is die slagoffers van bankmislukkings?                                (2)

       4.3.4 Verduidelik kortliks ruilmiddel en geld as ŉ waardedraer as funksies
             van geld.                                                            (4)

4.4    Onderskei tussen ekonomiese groei en ekonomiese ontwikkeling.                   (8)

4.5    Bespreek redes vir die ongelyke verspreiding van inkome.                        (8)
                                                                                       [40]

                                                          TOTAAL AFDELING B:             80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                             12                             GP/November 2019
                                     Graad 11

AFDELING C

Beantwoord EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

                                                                          PUNTE
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                        TOEKENNING
Inleiding
     ŉ Goeie begin is om die sleutelkonsep wat in die vraag
        voorkom te definieer of om te omskryf.
     Gee addisionele inligting om die onderwerp te ondersteun.
     Moenie in die inleiding enige deel van die vraag insluit nie.         Maks. 2
     Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam
        bespreek nie.
     Vermy om in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
        bespreek.
Liggaam:

    Hoofgedeelte: Bespreek in detail / In diepte bespreking /
    Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer /
    Onderskei / Differensieer / Verduidelik / Assesseer / Debatteer        Maks. 26

   Addisionele gedeelte: Gee eie opinie / Bespreek krities /
   Evalueer / Evalueer krities / Trek ŉ grafiek en verduidelik /
   Gebruik ŉ grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek /
   Bereken / Bepaal / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Vertolk /
   Debatteer kortliks                                                      Maks. 10
Gevolgtrekking
    Die gevolgtrekking is ŉ samevatting van die onderwerp wat
      bespreek is in die liggaam en moet as ŉ HOË-ORDE
      respons gesien word.
    Die gevolgtrekking kan die vorm van ŉ eie opinie,                      Maks. 2
      voorbeelde, argumente om die bespreking van die
      onderwerp in die liggaam te ondersteun of teen te staan.
    Geen aspek van beide die inleiding en liggaam moet in die
      gevolgtrekking herhaal word nie.
                                                            TOTAAL             40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V1                              13                           GP/November 2019
                                      Graad 11

VRAAG 5: MAKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

      Bespreek in detail Suid-Afrika se infrastruktuur.                      (26 punte)

      In jou opinie wat het die voortdurende energie krisis in Suid-Afrika
       veroorsaak sedert 2008?                                                (10 punte)
                                                                                    [40]

VRAAG 6: EKONOMIESE STREWES                                40 PUNTE – 40 MINUTE

      Bespreek die funksies van die Suid-Afrikaanse Reserwebank onder die
       volgende hoofde:

          o Regeringsbank           (8)
          o Bank van uitgifte       (8)
          o Banke se bank          (10)                                       (26 punte)

      Hoe sal die Goewerneur van die Reserwebank monetêre beleid
       aanwend om die hoeveelheid geld in die land te beïnvloed?              (10 punte)
                                                                                    [40]

                                                            TOTAAL AFDELING C:        40

                                                                GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/91e20f00-6ef9-4ef8-8081-0d27e05df676) — Economics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2015 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2015-question-paper/f6948d1b-63be-42ee-882c-e1e4bb7610e8) — Economics · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
