# Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)

> Grade 11 Economics Paper 2 memorandum from the Gauteng November 2017 (Afrikaans), 21 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2017-possible-answers/118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 21

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2017 Memo (Afrikaans)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2017-possible-answers/118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2017 · Afrikaans. Memorandum, 21 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                     PROVINSIALE EKSAMEN
                      NOVEMBER 2017
                          GRAAD 11

                          EKONOMIE
                         VRAESTEL 2

                      EKSAMEN RIGLYNE

21 bladsye

                              1

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                 PROVINSIALE EKSAMEN

                                                          EKONOMIE
                                                          (Vraestel 2)

                                                          MEMORANDUM

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1:

1.1   MEERVOUDIGEKEUSE VRAE
      1.1.1   C    volledig onelasties
      1.1.2   A    toeneem
      1.1.3   B    dieselfde plek waar totale koste begin
      1.1.4   D    TI
      1.1.5   C    Jipsa
      1.1.6   A    Wêreld Handels Organisasie
      1.1.7   D    koolstofvrystelling
      1.1.8   B    Millennium Ontwikkelings Doelwitte
                                                                            (8 x 2) (16)
1.2   PASITEMS
      1.2.1   H As die kruis-pryselastisiteit van vraag positief is
      1.2.2   F Daar is baie firmas wat goedere produseer wat dieselfde is maar nie
                 heeltemal identies is nie
      1.2.3 D   Die firma produseer meer, dit word meer effektief en die koste van
                 produksie van elke eenheid se gemiddeld daal
      1.2.4 B   Die verandering in die besigheid se totale inkomste as gevolg van ŉ
                 ekstra eenheid van uitset
      1.2.5 C   Arm mense beweeg van landelike gebiede na die stede met die
                 verwagting om werk te kry
      1.2.6 G   Groot organisasies wat goedere en dienste produseer in meer as
                 een land reg oor die wêreld
      1.2.7 A   ŉ Bron word teen ŉ vinniger koers verbruik as waarteen die bron
                 weer genereer kan word
      1.2.8 E   Verander produktiewe landbougrond in ŉ onproduktiewe woestyn as
                 gevolg van slegte grondbestuur
                                                                            (8 x 1) (8)
1.3   EEN WOORD ITEMS
      1.3.1   Wet van verminderende marginale nut
      1.3.2   Homogene
      1.3.3   Wins
      1.3.4   Armoedegaping
      1.3.5   Handelsblok / handelsooreenkoms
      1.3.6   Besoedeling
                                                                             (6 x 1) (6)
                                                              TOTAAL AFDELING A:     30
                                           2

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2

2.1   2.1.1 Gee TWEE faktore wat die pryselastisiteit van aanbod beïnvloed.

                Die aantal verskaffers in die mark 
                Tyd wat dit neem om die produk te produseer 
                Aard van die produk en die duursaamheid
                 (Aanvaar enige relevante faktore)
                                                                                  (2 x 1) (2)

      2.1.2 Hoe sal ŉ verhoging in die kapitaal wat in die langtermyn gebruik word
            die besigheid bevoordeel?

                Hulle baat by grootskaalse produksie
                Die grootte van die produksie potensiaal verhoog soos kapitaal
                 verhoog
                 (Aanvaar enige ander relevante antwoord)                       (1 x 2) (2)

2.2   DATA RESPONS

      2.2.1 Watter prent verteenwoordig ŉ perfekte onelastiese pryselastisiteit van
            vraag?

            Prent A                                                                   (2)

      2.2.2 Verduidelik elastisiteit van vraag volledig.

            Elastisiteit dui die respons of sensitiwiteit van een veranderlike aan as die
            ander verander. ŉ Persentasie verandering van die veranderlike van die
            afhanklike veranderlike, met ŉ verandering van een persent in die
            onafhanklike veranderlike.                                                 (2)

      2.2.3 Hoekom is die verandering in die hoeveelheid gevra groter as die
            verandering in die prys van prent B?

                Die hoeveelheid gevra reageer as gevolg van ŉ verandering in die prys,
                 maar met ŉ groter persentasie as die verandering in die prys.
                Vervaardigers wat hulle inkomste wil verhoog kan dit doen deur die prys
                 van die produk te verlaag, omdat die verandering in die hoeveelheid
                 gevra proporsioneel groter sal wees as die verandering in die prys van
                 die produk.                                                        (2)

                                            3

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                               MEMORANDUM              EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

      2.2.4 Bereken die pryselastisiteit van die vraag vir prent B. Toon alle
            berekeninge. Persentasie verandering in die hoeveelheid gevra

                Qd 100
                  
                Qd   1

            
                600  480  100
                 600           1 
              120 100
                
              600 1
             20%

            Persentasie verandering in die prys

              P 100
                 
                P    1
            
              5,50  5 100
                        
                   5      1 
              0,5 100
                 
                5    1
             10%

                             % veranderi ng in die hoeveelhei d gevra
            Elastisiteit =
                                   % veranderi ng in die prys

             20%
            
             10% 
            2
                                                                                    (4)

2.3   DATA RESPONS

      2.3.1 Hoekom is die tabel hierbo ŉ aanduiding van die korttermyn?

            Die totale koste sluit vaste koste in wat slegs in die korttermyn kan
            voorkom.                                                             (2)

      2.3.2 Wat is die verhouding tussen Totale Veranderlike Koste en die Totale
            produk?

            Totale veranderlike koste neem toe as die totale produksie toeneem /
            positiewe verhouding beide verhoog saam.                             (2)

      2.3.3 Verduidelik Marginale Koste.

            Marginale koste is die koste van die produksie van een addisionele
            eenheid.                                                             (2)
                                            4

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                              MEMORANDUM          EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

      2.3.4 Bereken A in die tabel hierbo. Toon alle berekeninge.
                  ΔTK
            MK         
                  ΔQ
                      60
                        
                      10
                 = 6                                                              (4)

2.4   Onderskei tussen winsmaksimering en inkomstemaksimering as doelwitte van
      ŉ besigheid.

      Winsmaksimering
          Winsmaksimering beteken om soveel wins as moontlik te maak.
          Wins is die verskil tussen die inkomste en die koste van ŉ besigheid.
          Om wins te maksimeer moet die besigheid op ŉ vlak produseer waar die
           koste van produksie baie laag is en die inkomste verdien baie hoog is.
          Die winsmaksimeringsdoelwitte kan alleen behaal word as die besigheid al ŉ
           geruime tyd in die mark is en suksesvol teen ander besighede meegeding
           het.
           (Aanvaar enige relvante antwoord)
                                                                           (Maks 4 punte)
      Inkomstemaksimering
          Sommige besighede het hoë kostes.
          Besighede moet voldoende inkomste verdien om die koste te dek. 
          Deur teen laer pryse te verkoop of om ander tegnieke te gebruik soos
           reklame, kan die besigheid sy inkomste verhoog.
          Die inkomste is verbind met verkope.
           (Aanvaar enige relevante antwoord)(Ken ŉ maks. van 4 punte toe vir
           opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)
                                                                           (Maks 4 punte)
                                                                                (2 x 4) (8)

                                            5

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

2.5   Op watter manier sal kennis oor pryselastisiteit van vraag die entrepreneur
      help om ŉ besluit te neem om sy winsvlakke aan te pas.

      Perfek             Die hoeveelheid gevra bly onveranderd ongeag van ŉ
      onelasties         verandering in die prys
                        Vervaardigers kan hulle inkomste verhoog deur die prys van
                          die produk te verhoog
       Onelasties      Die hoeveelheid gevra reageer teenoor ŉ verandering in die
                          prys
                        Vervaardigers word aangemoedig om hulle inkomste te
                          verhoog deur die prys van die produk te verhoog, die
                          persentasie verandering in vraag is proposioneel kleiner as die
                          verandering in die prys van die produk
       Eenheids-        Die persentasie verandering in die hoeveelheid gevra is
       elasties          dieselfde as die persentasie verandering in die prys van die
                          produk
                        Vervaardigers kan nie die prys van die produk verhoog nie
                          omdat die persentasie verandering in die hoeveelheid gevra
                          dieselfde is as die verandering in die prys
       Elasties        Die hoeveelheid gevra reageer as gevolg van die verandering
                          in die prys van die produk, maar met ŉ groter persentasie as
                          die verandering in die prys
                        Vervaardigers wat hulle inkomste wil verhoog kan dit doen
                          deur die prys van die produk te verlaag, omdat die persentasie
                          verandering in die vraag proporsioneel groter is as die
                          persentasie verandering in die prys van die produk
       Perfek           As die vraag perfek elasties is sal dit lei tot ŉ verandering in
       elasties          prys en ŉ oneindige verandering in die hoeveelheid
                          gevra.
                        Inkomste sal oneindig verhoog met ŉ verlaging in die
                          prys.
      (Ken ŉ maks. van 2 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)         (8)
                                                                                          [40]

                                             6

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                           MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

VRAAG 3

3.1   3.1.1 Noem enige TWEE beleide en wetgewings wat deur die Departement van
            Omgewingsake gebruik word om die omgewing te beskerm.

                 Die Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermingsgebiedewet (57 van
                  2003)
                 Die Nasionale Omgewingsbestuur: Beskermingsgebied Aangepastewet
                  (31 van 2004)
                 Die Nasionale Omgewingsbestuur: Biodiversiteit (10 van 2004)
                 Die Kusbestuurswet: Integrale Kusbestuur (24 van 2008)
                 Die Nasionale Omgewingsbestuur: Afvalwet (59 van 2008)
                 Die nuwe Nasionale Omgewingsbestuur: Lugkwaliteitwet (39 van
                  2004)
                 Maatreëls om brandstofvrystelling te verminder.
                 Bewusmakingsveldtogte en vennootskapsprojekte met verskeie
                  organisasies
                 Atmosfeer Besoedelingsvoorkomingswet (45 van1965)
                 Bewaring van Landbouwet (43 van 1983)
                 Omgewingsrasionaliseringswette (151 van 1997)
                 Minerale en Petroleum bronne Ontwikkelingswette (28 van 2002)
                 Nasionale Veld en Boswet (101 van 1998)
                 Nasionale Waterwet (36 van 1998)
                  (Aanvaar enige relevante beleid of wetgewing)
                                                                             (2 x 1) (2)

      3.1.2 Hoekom sal onvoldoende opleiding in die gemeenskap lei tot chroniese
            armoede?

            Mense in die gemeenskap het nie toegang tot aanvaarbare opleiding nie en
            bly ongeskoold hulle lewe lank of vir ŉ lang tydperk.        (1 x 2) (2)

3.2   DATA RESPONS

      3.2.1 Wat stel die prent hierbo voor?

            Armoede                                                                (1)

      3.2.2 Wat is die armoedelyn wat genoem word in die prent hierbo?

            Die armoedelyn is die minimum lewensstandaard gebaseer op die koste van
            ŉ algemene mandjie basiese kosprodukte. Die bedrag geld wat nodig is om
            vir hierdie basiese produkte te betaal bepaal die armoedelyn         (1)

                                          7

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                         MEMORANDUM             EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

3.2.3 Stel die prent absolute of relatiewe armoede voor? Motiveer jou
      antwoord.

      Absolute armoede
      Hulle kan nie hulle basiese behoeftes soos kos, skuiling en klere bevredig
      nie                                                                     (2)

3.2.4 Hoe kan internskapsprogramme bydra tot die verligting van armoede?

              Die student verkry praktiese ondervinding sowel as teoretiese
               kennis
              Verbeter hulle kans om beter werk te kry na die internskap
              Verkry vaardighede om ŉ entrepreneur te word,
              Om moontlike verdienstes te verbeter en ŉ beter lewenstandaard te
               handhaaf
               (Aanvaar enige relevante antwoord)                                (2)

3.2.5 Wat kan moontlik die oorsaak wees van bogenoemde scenario?

              Werkloosheid:Siektes verminder die hoeveelheid werk wat siek mense
               kan doen, dit verminder hulle inkomste en veroorsaak groter armoede.
               
              Gebrek aan opleiding: Dit verhoed dat mense ŉ ordentlike werk kan
               kry wat hulle en hulle gesinne uit armoede sal lig. 
              Globale finansiële krisis: Arm lande het nie geld vir beleggings nie
               wat belangrik is vir ontwikkeling en groei; dit vergroot die gaping tussen
               ryk en arm. 
              Gebrek aan produktiewe hulpbronne: In arm lande is daar nie
               genoeg produktiewe hulpbronne om ŉ volhoubare bestaan te verseker
               nie. 
              Disfunksionele owerhede: Baie regerings het hulle eie teëspoed en
               gebrek aan fisiese en sosiale infrastruktuur veroorsaak wat die armes
               verder negatief beïnvloed. 
              Omgewings en klimaatsveranderinge: Meer droogtes, vloede en
               verandering in klimaatspatrone vra ŉ skuif in gewasse en landbou
               tegnieke wat mense nie maklik kan maak nie. Arm mense is swak
               toegerus om hierdie aanpassings te maak om aan te pas by die
               veranderde reënpatrone. 
              Oorlog en konflik: ŉ Groot gedeelte van vandag se globale armoede
               is as gevolg van oorlog geteisterde en lande wat konflik beleef het. 
                                                                                 (2 x 2) (4)

                                          8

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

3.3   DATA RESPONS

      3.3.1   Hoekom is dit nodig vir die owerheid om visvangkwotas in te stel,
              volgens die artikel hierbo?

              Die marine hulpbronne verminder / is aan die kwyn                       (1)

      3.3.2   Noem ŉ oplossing wat die owerheid beplan om alternatiewe
              werkskepping in die gemeenskap te skep

               Hulle beplan ŉ nuwe hawe
               Kyk na eko-toerisme                                  (1)

      3.3.3   Verduidelik die kwotasisteem wat deur die owerheid ingestel is.

              ŉ Kwota beperk die hoeveelheid vis wat een persoon per dag mag vang /
              beperk die hoeveelheid vis wat toegelaat word om uit die see geneem te
              word                                                                (2)

      3.3.4   Bespreek die redes waarom die arm visserman nie sal baat by hierdie
              kwotas nie.

                  Die koste van ŉ kwota is baie hoog
                  Hulle het nie dieselfde infrastuktuur as die groter maatskappye nie
                  Die kwota is nie groot genoeg om die koste te dek en nog ŉ goeie
                   lewensstandaard te handhaaf nie
                   (Aanvaar enige relevante verduideliking.)                            (2)

      3.3.5   Hoe kan ons voorkom dat ons “visvoorraad verdwyn”?

                  Stop die oor-verbruik van vis.
                  Stop die besoedeling van die oseaan wat lei tot die dood van sommige
                   vissoorte.
                  Stop die groot buitelandse skepe van die grootskaalse vangste van ons
                   oseaan se visse.
                  Ons moet vistelingsprogramme aanmoedig.
                   (Aanvaar enige relevante antwoord)                            (2 x 2) (4)

                                            9

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

3.4   Bespreek die inkomste ondersteuningsprogramme wat die owerheid het om
      armoede te verlig.

         Maatskaplike toelaes- Geld wat deur die staat aan mense betaal word om
          hulle te help om hulle basiese behoeftes te bevredig. Voorbeelde:
          Kinderondersteuningstoelaag, pleegsorgtoelae, pensioentoelaes,
          gestremdheidstoelaes.
         Sosiale lone: Toegang tot basiese dienste - toegang tot basiese
          goedere soos water, behuising, onderwys en mediese dienste.
         Die staat subsidieer dienste en verhoog so die inkomste van die arm
          huishoudings.
         Werkskeppingsprogramme verhoog die huishoudings se inkomste.
         Gemeenskaps Gebaseerde Publieke Werkprogramme  – die doel is om
          werkloosheid, armoede en honger te verlig. Die program verskaf
          korttermyn werksgeleenthede gerig op landelike omgewings.
         Uitgebreide Publieke Werksprogram – verskaf werk aan werkloses en
          ongeskooldes. 
         Die Nasionale Jeugdiens – verskaf geleenthede aan werklose jong mense
          tussen die ouderdom van 18 en 35 
         Internskappe – om die tekort aan geskoolde arbeid werkloosheid onder
          jongmense aan te spreek. Laat leerders werk en studeer .
         Grondhervorming en Voedsel Sekuriteitsprogramme poog om meer swart
          mense toegang te gee tot landbougrond.
          (Ken ŉ maks. van 4 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)
                                                                                 (4 x 2) (8)

3.5   Hoe beïnvloed omgewingsverwaarlosing die Suid-Afrikaanse Ekonomie?

         Die klimaat van Suid-Afrika word beïnvloed deur die veranderinge in die globale
          klimaat.
         Hierdie verandering in die klimaat mag ŉ groot effek hê op die verskillende
          sektore van die Suid-Afrikaanse gemeenskap en die ekonomie.
         Die verhoging in die temperatuur en die verandering in die reënvalpatrone het ŉ
          groot impak op gesondheidsverwante kwessies soos velkanker.
         Klimaatsverandering kan verwoestyning vererger, grond sal suurder word en
          landbouproduksie sal afneem as korrektiewe maatreëls nie toegepas word
          nie.
         Die kosproduksie wat moet toeneem om die toename in die bevolking te dek
          word direk bedreig deur klimaatsverandering.
         Watervoorrade sal verminder as gevolg van ŉ afname in reënval en lei tot ŉ
          verhoging in produksiekoste.
         Verlies aan hulpbronne, bome wat nooit weer sal groei nie wat lei tot
          ontbossing.
          (Aanvaar enige relevante antwoord.)(Ken ŉ maks. van 2 punte toe vir opskrifte,
          voorbeelde en die lys van feite)                                             (8)
                                                                                      [40]

                                           10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

VRAAG 4                                                                         40 PUNTE

4.1   4.1.1 Noem enige TWEE winste wat ŉ besigheid kan maak.

               Rekeningkundige wins
               Ekonomiese wins
               Normale wins                                           (2 x 1) (2)

      4.1.2 Hoe sal die Kyoto Protokol die omgewing help?

            Deur die vermindering van emissies van kweekhuisgasse, wat lei tot
            aardverwarming.
            (Aanvaar enige relevante antwoord)                                 (1 x 2) (2)

4.2   DATA RESPONS

      4.2.1 Beskryf ŉ komplementêre produk.

            Komplimentêre produkte is verskillende produkte wat saam gebruik word om
            ŉ begeerte of behoefte te bevredig, bv. ŉ tennis bal en tennisraket.
            (Aanvaar enige relevante voorbeeld.)                                     (2)

      4.2.2 Hoekom is dit belangrik vir die produsent om die verhouding tussen
            komplimentêre produkte te verstaan?

            Stel produsente in staat om te voorspel watter impak ŉ verandering in die prys
            van ŉ komplimentêre produk op die vraag na hulle produk sal hê. 
            Hulle sal dan in staat wees om maatreëls in plek te stel om dit te voorkom en
            hulle wins te maksimeer. 
            Dit is koste effektiewe maatreëls soos om meer te produseer met dieselfde
            insette- dus meer produktief te wees.                                    (2)

                                           11

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

      4.2.3 In jou antwoordboek teken die grafiek vir Produk Y oor en illustreer
            grafies wat die impak van ŉ prysverhoging (van P0 tot P1) van produk X
            op die komplimentêre produk Y sal hê.

                Prys                             Produk Y

                            V1                   V0
                                                              A0
                  P0

                          
                P1

                                                                         V0
                            A0
                                                               V1
                                            Q1Q0                       HOEVEELHEID

                                                                                        (6)

4.3   DATA RESPONS

      4.3.1 Verduidelik die ekonomiese boodskap wat voorgestel word in die prent
            hierbo.

                Noord / Suid verdeling 
                Lande van die Suide het minder industrieë as die in die Noorde en
                 daarom is die lande in die Suide afhanklik van die lande in die Noorde.
                                                                                        (1)

      4.3.2 Watter vasteland is in die hand van die kort mannetjie, volgens die prent
            hierbo?

            Afrika                                                                    (1)

                                           12

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                     MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

4.3.3 Noem TWEE organisasies wat gestig is om die vloei van handel tussen
      lande te beheer.

         Wêreld Handelsorganisasie
         IMF
         Wêreld bank                                                          (2)

4.3.4 Verduidelik globalisering se effek op ontwikkelende lande.

         Globalisering het ŉ negatiewe effek op ontwikkelende lande.
         Verlies aan kultuur en identiteit.
         Die besoedeling van grootskaalse produksie in ontwikkelende lande lei
          tot droogtes, vloede en natuurrampe in ontwikkelende lande.
         Die uitputting van natuurlike hulpbronne (byvoorbeeld mineraalprodukte)
          in ontwikkelende lande.
          (Aanvaar enige relevante effek)                                      (2)

4.3.5 Watter faktore dra by tot bogenoemde scenario

         Kapitalisme: Is bekend om tot ongelykheid te lei omdat dit gebaseer is
          op die winsmotief en die versameling van rykdom. 
         Globalisering:  Hoofoorsaak van ongelykheid reg oor die wêreld.
          Sommige ontwikkelde lande buit arm lande uit sodat ontwikkelende
          lande afhanklik raak vir hul oorlewing van die ontwikkelde lande. 
         Immigrasie:  Wanneer immigrasie patrone tussen lande ongelyk is lei
          dit tot ongelykheid. 
         Koers van ontwikkeling:  Lande in die Noorde en Suide het
          verskillende vlakke van ekonomiese groei. ŉ Stadige groei verwys na
          ontwikkelende of onder-ontwikkelende lande in die Suide, terwyl ŉ hoë
          koers van ontwikkeling verwys na die Noorde. 
         Opkoms van ekonomiese magte:  Ontwikkelde lande met toegang tot
          kapitaal verkry ekonomiese mag. Hulle kan goedere meer effektief
          produseer, nuwe produkte ontwikkel en nuwe tegnologie gebruik, en
          voer meeste goedere uit na ander lande.  Die kompetisie tussen
          opkomende ekonomiese magte maak dit moeilik vir ontwikkelende lande
          om te oorleef. 
         Internasionale infrastrukture:  Lande van die Noorde het die meeste
          vervoersisteme. Internasionale kommunikasienetwerke is amper
          heeltemal onder die beheer van die lande in die Noorde en die Suide
          betaal duur vir hierdie dienste. 
         Nuwe tegnologie:  Die navorsing, ontwikkeling en produksie van nuwe
          tegnologie is in die hande van groot korporasies in die Noorde. 
         Finansiële hulp en skuld: Baie lande in die Suide kry hulle fondse en
          krediet van die lande in die Noorde, gewoonlik teen hoë rentekoerse. 
          Hierdie hoë koerse veroorsaak dat skuld oploop, leners betaal op die
          einde meer as wat hulle ontvang het in die vorm van beleggings. 
           (Aanvaar enige relevante antwoord.)                            (2 x 2) (4)

                                    13

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                            MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

4.4   Bespreek kortliks die karaktereienskappe van nut.

         Tevredenheid is abstrak omdat nut nie gemeet kan word nie  – daar is geen
          standaard manier om iemand se nut te meet nie, so ekonome ken ŉ waarde toe
          en noem dit “utils”. 
         Nut is subjektief  – dit verskil van persoon tot persoon,  – die bevrediging
          wat twee mense kry deur dieselfde produk te verbruik verskil as gevolg van
          hulle persoonlike voorkeure  bv. vir sommige mense sal roomys ŉ hoë nut
          hê terwyl ander mense eerder koeldrank sou verkies.
         Nut verskil van een situasie tot die ander / (Van tyd tot tyd)  – bv. warm
          klere verskaf bevrediging in die winter teenoor in die somer.
         Nut verskil van plek tot plek – swemklere sal bevredigend wees by die
          strand maar nie in die klaskamer nie. 
          (Ken slegs 4 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)
                                                                                  (4 x 2) (8)

4.5   Hoe beïnvloed armoede die mense van Suid-Afrika?

         Die arm mense se trots en waardigheid word negatief beïnvloed.
         Armoede dwing mense om misdade te pleeg om te oorleef.
         Armoede kan die sosiale stabiliteit beïnvloed en ŉ gebrek aan gemeenskaplike
          respek en onverdraagsaamheid tot gevolg hê.
         Armoede lei tot migrasie van mense van landelike gebiede tot stede in die hoop
          om beter werk te kry.
         Armoede lei tot die afname in die vraag en dit lei tot verdere werkloosheid en
          meer armoede (armoedesiklus)
         Armoede lei tot gesondheidsprobleme as mense nie genoeg kos kry nie, veral
          kinders van arm gesinne lei die meeste.
         Mense word negatief en hou op om na werk te soek.
          (Ken slegs 2 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite.)      (8)
                                                                                       [40]

                                                              TOTAAL AFDELING B:          80

                                           14

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                              MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

                    STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                   PUNTE-
                                                                             TOEKENNING
Inleiding

      „n Goeie vertrekpunt behoort „n bepaling te wees van die
       hoofkonsep wat verwant is aan die vraag
      Moenie enige deel van die vraag insluit in jou inleiding nie            Maks. 2
      Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie

     Vermy deur in die inleiding te sê wat jy in die liggaam gaan
      bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in besonderhede / Diepgaande bespreking /
Ondersoek / Bespreek krities / Ontleed (Analiseer) / Vergelyk / Evalueer /    Maks. 26
Onderskei / Verduidelik / Assesseer / Debatteer

Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik die gegewe        Maks. 10
grafiek en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek / Bereken / Lei af /
Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks /
Hoe? / Stel voor
Slot

Enige hoërorde-slot behoort die volgende in te sluit:
• ŉ Kort samevatting van dit wat bespreek is, sonder die herhaling van
  enige feite wat reeds genoem is
• Enige opinie of waardeoordeel oor die feite wat bespreek is                  Maks. 2
• Addisionele ondersteunende inligting wat die bespreking / ontleding
  versterk
• ŉ Teenstrydige sienswyse met motivering, indien gevra
• Aanbevelings
TOTAAL                                                                           40

                                              15

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

VRAAG 5

Produkmarkte kan nie bestaan sonder die faktor markte nie en die omgekeerde is
ook waar.

   Bespreek volledig die produk en faktormarkte en verwys na die
    interafhanklikheid van hierdie twee markte.                        (26 punte)
   Hoekom is die volmaakte mededinger ŉ prysnemer? Illustreer jou antwoord met
    ŉ grafiek.                                                         (10 punte)
                                                                             [40]
                                                                                .
INLEIDING

ŉ Mark is ŉ plek waar kopers en verkopers bymekaar kom, ooreenkom op ŉ prys en ŉ
goedere of diens uitruil. 
(Aanvaar enige relevante definisie)
                                                                             (Maks 2)

LIGGAAM: HOOFDEEL

Produkmark
    Produkmarkte is plekke waar goedere en dienste gekoop kan word.
    Dit is nie altyd fisiese plekke soos ŉ supermark nie, dit kan ook ŉ webwerf of
     advertensie in ŉ tydskrif wees.
    Markte van goedere soos motors, kos en rekenaars, ens. 
    Die deelnemers in die ekonomie wat ŉ behoefte het aan produkte van hierdie mark
     is: huishoudings, besighede, staat en die buitelandse sektor.
    Die produkmark vorm ŉ skakel tussen die koper van goedere en dienste en die firma
     wat goedere en dienste verkoop.
    Die vraag na goedere en dienste is afhanklik van faktore soos inkomste, die grootte
     van die bevolking en die smaak en voorkeure van verbruikers.
    ŉ Verhoging in hierdie faktore lei tot ŉ verhoging in vraag na die goedere en dienste
     plaaslik, in die streek, nasionaal en internasionaal..(Maks. 10 punte)

Faktormarkte
    Die faktormark is die plek waar die produksiefaktore gekoop kan word.
    Enige besigheid of individue kan land, kapitaal, arbeid en entrepreneurskap koop op
      die faktormark.
    Elke faktor word in aparte markte verkoop.
    ŉ Produksiefaktor soos grond en kapitaal kan gekoop word om produkte en dienste
      onmiddelik te vervaardig of as ŉ belegging.
    Hierdie faktore verhoog in waarde oor tyd.
    Arbeid het ŉ afgeleide vraag en word slegs gevra om te kan produseer.
    Daar is geen nut om arbeid te koop nie behalwe as dit nodig is om onmiddellike
      uitsette te produseer
    As die vraag na sekere goedere en dienste val, sal die vraag na arbeid om hierdie
      goedere en dienste te vervaardig ook val.
      (Maks. 10 punte)

                                            16

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

Interafhanklikheid van markte
     Produkmarkte kan nie sonder faktormarkte bestaan nie en omgekeerd.
     Veranderinge in die faktormarkte het ŉ direkte effek op die produkte (uitsette)
       markte.
     Produksie faktore het slegs waarde as dit in die produksieproses gebruik word,
     Die produksiefaktore is nie altyd beskikbaar nie.
     Die prys van produksiefaktore word bepaal deur die vraag en aanbod daarvan. 
       Die koste om ŉ produk te produseer hang af van die koste van die produksiefaktore
       wat gebruik word in die produksieproses.
     Grond is beperk – Kosproduksie word beïnvloed deur faktore soos droogte en swak
       grond gehalte of grond wat vir ander produksie prosesse gebruik word.
     Arbeid is oorvloedig in aanbod in meeste lande.As ŉ tekort aan geskoolde
       arbeid bestaan, sal die prys van goedere en dienste wat geskoolde arbeid nodig het
       styg.
     As ŉ tekort aan grond ontstaan sal dit die produksie van kos negatief beïnvloed.
     Dienste soos gesondheidsorg en onderwys sal negatief beïnvloed word deur ŉ tekort
       aan geskoolde arbeid.
     Daar is ŉ groot afname in die aanbod van geskoolde arbeid in Suid-Afrika as gevolg
       van die effek van HIV / VIGS en emigrasie.
     Baie industrieë is arbeidsintensief, is wat beteken dat al die produksie met die hand
       gedoen word.
     Meeste goedere en dienste word op grootskaal geproduseer – kapitaal intensief –
       baie mense is werkloos omdat hulle vaardighede nie langer benodig word vir die
       produksie nie.
     Daar was ŉ toename in masjinerie en toerusting.
     ŉ Toename in die koste veroorsaak dat die aanbod-kurwe van die produk na links
       skuif, dit is duurder vir die firma om die produk tee produseer.
       Ken slegs 'n maksimum van 8 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van
       feite.)
                                                                                  (Maks. 26)

                                            17

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
                                MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

ADDISIONELE DEEL

Hoekom is die volmaakte mededinger ŉ prysnemer? Illustreer jou antwoord met ŉ
grafiek.

        In ŉ volmaakte mark is daar baie kopers en verkopers.
        Dit is nie moontlik vir een firma op hulle eie die prys te beïnvloed nie.
        Nie een van die produsente kan ŉ hoë prys vra omdat dit sal lei dat hulle
         markaandeel sal verloor aan ander produsente.
        Die prysverandering in ŉ volmaakte mark word bepaal deur vraag en aanbod met
         geen eksterne faktore wat dit hoër of laer maak nie.
        Soos wat nuwe firmas met gemak kan toetree tot die mark, word die prys met elke
         nuwe toetrede afgedruk.  Die prys deur die individuele firma gevra moet dieselfde
         as die mark wees. 
        Die individuele firma se vraag-kurwe is horisontaal of perfek elasties. 
                                                                    (Verduideliking Maks 6 punte)

Prys                                                      Prys
                   V                         A

                                                                                          P1-GI=MI
              P1                                            P1 
                               E

                                            Hoeveelheid
         Hoeveelheid
                        Die industrie                                   Die individuele firma
                                                                   (Grafieke Maksimum 4 punte)
                                                                                     (Maks. 10)
SLOT

Sonder markte sou owerhede moes ingryp en dit kan lei tot markmislukking.
(Aanvaar enige relevante slot)
                                                                                      (Maks. 2)

                                                                                            [40]

                                                 18

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

VRAAG 6

Internasionale handel het oor die jare floreer as gevolg van die vele voordele wat dit
aan verskillende lande regoor die wêreld gebied het.

  Verduidelik volledig Absolute en Vergelykende voordeel en hoe dit globalisering
   kan help of benadeel.                                                 (26 punte)
 Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed?                  (10 punte)
                                                                                [40]
INLEIDING

Wêreldhandel is tot voordeel van ŉ land as hulle die surplus produksie aan ander lande kan
verkoop en koop wat hulle nie self kan produseer nie.
 (Aanvaar enige relevante definisie)
                                                                                  (Maks. 2)
LIGGAAM: HOOFDEEL
Absolute Voordeel
 Die teorie van absolute voordeel is ontwikkel deur Adam Smith.
 Sekere lande het ŉ voordeel bo ander lande as dit kom by die beskikbaarheid of die
    vermoë om sekere goedere en dienste te produseer.
 ŉ Absolute voordeel beteken dat ŉ land ŉ monopolie het oor ŉ produk of dit kan
    produseer teen ŉ laer koste of hoër produktiwiteit.
 Waar een land goedere kan produseer met minder hulpbronne as ŉ ander land.
 Om ŉ absolute voordeel te hê beteken om iets meer effektief te produseer as ander
    lande.
 Voorbeeld: Suid-Afrika het die meerderheid van die wêreld se diamante en het die
    beste metodes om dit te ontgin en te verfyn, ons het ŉ absolute voordeel met die
    handel van diamante.
 Ontwikkelde lande het gewoonlik ŉ absolute voordeel oor ontwikkelende lande in die
    vervaardiging van hoë-waarde goedere wat gevorderde tegnologie en geskoolde
    tegnici benodig.
 Lande het verskillende absolute voordele in die vervaardiging van goedere omdat hulle
    verskillende grond, klimaat en vaardighede het.
 Lande moet dit produseer waarin hulle die beste is.
                                                                           (Maks. 10 punte)
Vergelykende Voordeel
 Die Engelse ekonoom David Ricardo het hierdie beginsel van vergelykende voordeel
    gebruik om vas te stel watter produk ŉ land in moet spesialiseer.
 Waar een land goedere teen laer geleentheidskoste kan produseer – minder word
    opgeoffer in die produksieproses.
 Al het ŉ land geen absolute voordeel nie, kan dit nog steeds baat om ŉ vergelykende
    voordeel te hê.
 ŉ Land is toegerus om ŉ produk te produseer teen laer koste as ander lande as dit
    spesialiseer in daardie produk.
 Hierdie voordeel kan voorkom as beter tegnologie ontwikkel word, beter vaardighede
    ontwikkel word en goedkoper arbeid aangebied word of hoër produktiwiteit
    plaasvind. 

                                            19

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM            EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

   Lande sal voordeel trek uit spesialisering soos koste van produksie wat verlaag in
    vergelyking met ander produkte en dienste.
   Voer daardie produkte in wat benodig word, waar die produksiekoste hoog is in
    vergelyking met ander produkte en dienste.
   ŉ Land kan ŉ vergelykende voordeel ontwikkel oor tyd soos wat kennis en vaardighede
    ontwikkel en hulle arbeid verbeter of infrastruktuur van die land verbeter.
    (Maks. 10 punte)

Die voordeel vir handel gebaseer op absolute en vergelykende voordeel
    Natuurlike hulpbronne is oneweredig versprei –  tussen lande en sommige lande is
      beter daaraan toe as ander met die produksie van sekere produkte. 
      Internasionale handel help met die verspreiding.
    Spesialisering – Lande kan spesialiseer in die produksie van daardie produkte
      waarin hulle die beste is.
    Beter keuses van goedere  – Lande kan produkte verkry wat hulle andersins nie
      sou kon hê nie.  Dit verhoog die verskeidenheid van goedere vir die
      verbruiker 
    Hoë volumes van handel  – dra by tot ekonomiese groei en verhoog dus die
      lewensstandaard van lande. 
    Beter lewensstandaard en groter werkskepping  – Nuwe werksgeleenthede kan
      geskep word as handel floreer en hoër inkomstes vir huishoudings en ŉ beter vlak
      van welvaart as die basiese infrastrukture, gesondheidsorg en onderwys
      verbeter.
    Ekonomiese groei – Verhoogde handel voorsien markte van produkte en dit
      stimuleer produksie en werkskepping. Dit lei tot ekonomiese groei en trek
      buitelandse kapitale beleggings in nuwe besighede aan, verhoog staatsinkomste en
      verbeter die infrastruktuur.
    Groter bewusmaking van globale probleme  –dit beklemtoon sosiale, ekonomiese
      en omgewingsprobleme en stimuleer hulp vir hierdie probleme.
      (Maks. 10 punte)

Die nadeel van handel gebaseer op absolute en vergelykende voordeel
    Markkragte – ŉ Land met meer mag kan ŉ land met minder forseer om handel te
      dryf wat minder voordeel vir hulle het.
    Vervoer  – koste betrokke in internasionale handel verhoog die produksiekoste as
      daar ŉ groot afstand tussen lande is.
    Handels Struikelblokke – Struikelblokke tot handel soos die instel van tariewe,
      kwotas en ander onregverdige hindernisse soos veiligheids regulasies sal die
      voordeel van internasionale handel laat verdwyn.
    Afhanklikheid  – As ŉ land te afhanklik word van ŉ ander land ofŉ paar industrieë
      en die prys val kan dit lei tot grootskaalse werkloosheid.
    Nuwe / baba industrieë  – Internasionale handel kan nuwe industrieë in ŉ land
      benadeel, omdat hulle produksiekoste hoog is aan die begin.
    Spesialisering – mag ŉ negatiewe effek hê as ŉ oorlog begin of as ŉ natuurramp
      voorkom en in- en uitvoere stop.
    Wanneer invoere meer as uitvoere word, word die betalingsbalans negatief.
                                                                             (Maks. 8 punte)
      (Ken slegs 8 punte toe vir opskrifte, voorbeelde en die lys van feite)    (Maks. 26)

                                            20

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
                             MEMORANDUM           EKONOMIE VRAESTEL 2 GRAAD 11

ADDISIONELE DEEL

Hoe het globalisering Suid-Afrika negatief beïnvloed?
    Die land moet die toenemende kompetisie hanteer. 
   Krisisse in die finansiële markte in ontwikkelde lande het ŉ effek op ons markte. 
   Onstabiele omstandighede in naburige lande kan Suid-Afrika negatief beïnvloed en
     die persepsie wat ander lande oor Suid-Afrika het kan lei tot onttrekking van
     buitelandse beleggings. 
   Die vraag na minder geskoolde arbeid het verminder.
   Die verhoogde vlakke van produksie het gelei tot verhoogde vlakke van besoedeling
     wat skadelik is vir ons omgewing.
   Die storting van goedkoop produkte het industrieë soos die klerevervaardiging, die
     hoenderindustrie en die staalindustrie nadelig beïnvloed.
   Suid-Afrika word op dieselfde standaard as ander ontwikkelende lande gemeet en
     kompeteer vir Buitelandse Direkte Beleggings.  Die afgradering deur
     internasionale agente het ŉ negatiewe impak op ons skuld terugbetaling van
     internasionale lenings  sowel as die vermoë om nuwe lenings te kry om die tekort
     op die betalings balans en Nasionale begroting te dek.
                                                                                 (Maks. 10)
SLOT

Twee basiese beginsels om te bepaal of dit die moeite werd is of nie vir twee lande om met
mekaar handel te dryf.
(Aanvaar enige ander relevante slot.)
                                                                                  (Maks. 2)

                                                                                       [40]

                                                             TOTAAL AFDELING C: 40
                                                                     TOTAAL:    150

                                            21

## Related documents

- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2017-afrikaans/f0938bf9-887f-41e4-9945-7b63c2d73782) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2017-possible-answers/5975bf34-03af-4bd2-bcb3-da6ecc7ce502) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMIC P2 GR11 QP MEMO NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-economics-2020-national-exemplar-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/0107d6f1-e17b-4e53-8faf-f28cc44d33df) — Economics · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2025-afrikaans-watermark/86767b41-58b1-48f1-8398-85ff62ae0406) — QP · 2025 · Afr
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 QP NOV 2024 AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-qp-nov-2024-afr-d-watermark/8703b89d-9b76-462c-932b-0bec6afe2b03) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P2 (Afrikaans) June 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p2-afrikaans-june-2024-question-paper/286fd14c-e55e-40fd-bc7c-063349f9423e) — QP · 2024 · Afr
- [NW 11 ECONOMICS P2 QP AFR NOV 2024](https://www.hlayiso.com/library/nw-11-economics-p2-qp-afr-nov-2024/7a818f82-3a68-4706-bcd0-8984b2f584ac) — QP · 2024 · Afr
- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOV 2023 Afrikaans D](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-nov-2023-afrikaans-d/dd4b415f-de2c-47ef-b4c1-6b78f3ecc69e) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
