# Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2018 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2018 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/7362be58-d2f8-40d1-a41f-9a5f25dc0b1d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2018 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2018-question-paper/7362be58-d2f8-40d1-a41f-9a5f25dc0b1d)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2018 · Afrikaans. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                PROVINSIALE EKSAMEN
                   NOVEMBER 2018
                      GRAAD 11

                       EKONOMIE
                      VRAESTEL 2

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

13 bladsye

                                             b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE                                 2
                                          Vraestel 2              GRAAD 11

                     GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                    PROVINSIALE EKSAMEN

                                                   EKONOMIE
                                                   Vraestel 2

                                                   TYD: 2 uur

                                                   PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in jou ANTWOORDBOEK:

             AFDELING A: VERPLIGTEND
             AFDELING B: Beantwoord TWEE van die drie vrae.
             AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

2.     Beantwoord slegs die vereiste getal vrae.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

4.     Skryf die nommer van die vraag bo-aan die antwoord.

5.     Lees die vrae sorgvuldig en begin elke antwoord op ŉ NUWE bladsy.

6.     Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.     Laat 2 – 3 reëls oop tussen onderafdelings van vrae.

8.     Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
       konteks van jou antwoorde ooreenstem met die kognitiewe vereistes van die
       vrae.

9.     Gebruik slegs blou of swart ink.

10.    Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                      EKONOMIE                                      3
                                      Vraestel 2                     GRAAD 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1   Verskeie opsies word voorsien as moontlike antwoorde op die volgende vrae.
      Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A – D) langs die
      vraagnommer (1.1.1 – 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer.

      1.1.1     Die reaksie van die hoeveelheid gevra van ŉ bepaalde goed teen
                veranderinge in die prys van ŉ verwante goed word na verwys
                as ... elastisiteit.

                A    prys
                B    inkomste
                C    aanbod
                D    kruis

      1.1.2     Baie maatskappye wat heterogene produkte verkoop , staan
                bekend as ...

                A    monoplieë.
                B    oligopolieë.
                C    monopolistiese kompetisie.
                D    volmaakte kompetisie.

      1.1.3     Die prys van ŉ goed of diens, in terme van ŉ ander goed of diens,
                is ŉ ... prys.

                A    relatiewe
                B    absolute
                C    vaste
                D    veranderlike

      1.1.4     Roomys en roomyshorinkies / keëls is ... produkte.

                A    substituut
                B    komplementêre
                C    homogene
                D    heterogene

      1.1.5     Die owerhede subsidieer basiese dienste soos ... aan die armes
                om armoede te verlig.

                A    onderwys
                B    watertoevoer
                C    gesondheidsorg
                D    polisiedienste

                                                                                    b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                EKONOMIE                                      4
                                Vraestel 2                  GRAAD 11

1.1.6   Die verandering van wette, regulasies of gebruike rakende
        grondbesit om herverdeling van landbougrond toe te laat, staan
        bekend as ...

        A    grondhervorming.
        B    grondrestitusie.
        C    landgryp.
        D    grondgebruik.

1.1.7   Afrika word gesien as deel van die ...

        A    ontwikkelde wêreld.
        B    Noordelike verdeling.
        C    ontwikkelende wêreld.
        D    eerste wêreld.

1.1.8   Ontbossing in tropiese gebiede is ŉ probleem omdat dit ...

        A    ŉ gevaarlike toename in biodiversiteit veroorsaak.
        B    veroorsaak dat minder koolstofdioksied uit die atmosfeer
             geabsorbeer word.
        C    veroorsaak oorbevolking in die tropiese gebiede.
        D    veroorsaak dat meer koolstofdioksied word uit die atmosfeer
             geabsorbeer.
                                                                    (8 x 2)          (16)

                                                                              b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                         EKONOMIE                                       5
                                         Vraestel 2                     GRAAD 11

1.2   Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B om by ŉ item in KOLOM A te pas. Skryf
      slegs die letter (A – I) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.8) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

               KOLOM A                                KOLOM B
      1.2.1   Pryselastisiteit van   A    Verander wanneer die totale uitsette
              aanbod                      verander

      1.2.2   Substituut             B    Om die vrylating van koolstofdioksied te
                                          verminder
      1.2.3   Veranderlike koste
                                     C    Die voorraad bates wat die omgewing bied,
      1.2.4   Armoede-gaping              soos grond en water

      1.2.5   Landelike gebiede      D    ŉ Elastisiteitskoëffisiënt groter as 1

      1.2.6   Absolute voordeel      E    ŉ Lae bevolkingsdigtheid en baie van die
                                          grond is aan landbou toegewy
      1.2.7   Die Kyoto-protokol
                                     F    Alle vervaardigde hulpbronne soos
      1.2.8   Natuurlike kapitaal         masjinerie en gereedskap

                                     G Goed wat deur ander soortgelyke goedere
                                       vervang kan word

                                     H    Kom voor wanneer ŉ land meer van ŉ
                                          produk kan produseer as ŉ ander land wat
                                          dieselfde hoeveelheid hulpbronne gebruik

                                     I    Meet die tekort aan inkomste wat benodig
                                          word om die inkomste van ŉ baie arm
                                          persoon tot by die armoedegrens te laat
                                          styg                                (8 x 1)          (8)

                                                                                        b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                        EKONOMIE                                      6
                                        Vraestel 2                    GRAAD 11

1.3   Identifiseer die term wat beskryf word deur elk van die volgende stellings.
      Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.6) in die
      ANTWOORDBOEK neer.

      GEEN afkortings en akronieme mag gebruik word nie.

      1.3.1     ŉ Term wat gebruik word om die hoeveelheid tevredenheid uit te
                druk wat ŉ verbruiker ontvang uit die verbruik van ŉ goed of diens.

      1.3.2     Produkte van presies dieselfde soort (identies, gestandardiseerd)

      1.3.3     Die geleentheidskoste vir die gebruik van die eienaar se
                persoonlike hulpbronne in die produksie van goedere en dienste

      1.3.4     Meet armoede deur die uitgawes te bepaal wat nodig is om ŉ
                voorafbepaalde minimumvlak van voeding te koop

      1.3.5     Beperk die hoeveelheid van ŉ produk wat ingevoer kan word

      1.3.6     Om die omgewing so te bestuur dat dit beskerm sal word teen
                verandering                                               (6 x 1)            (6)

                                                                      AFDELING A:            30

                                                                                      b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                             EKONOMIE                                            7
                                             Vraestel 2                      GRAAD 11

AFDELING B

Beantwoord slegs TWEE vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                               40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1     Beantwoord die volgende vrae.

        2.1.1          Noem enige TWEE kenmerke van nut.                               (2 x 1)          (2)
        2.1.2          Hoe vind onvolmaakte markstrukture plaas?                       (1 x 2)          (2)

2.2     Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                          Volmaakte mark
      Prys P                                             Prys P
                   V                         A

                                                                                         P = GI = MI
         30                                                30

                   A                         V

               0               100             Q                  0          100            Q
                                           Hoeveelheid                                    Hoeveelheid

                          Die industrie                           Die individuele besigheid

        2.2.1          Beskryf die vorm van die individuele besigheid se vraagkromme.                   (1)

        2.2.2          Noem die markprys in die grafieke hierbo.                                        (1)

        2.2.3          Verduidelik kortliks wat langtermyn-koste van ŉ besigheid is.                    (2)

        2.2.4          Hoekom is ŉ besigheid in die volmaakte mark ŉ prysnemer?                         (2)

        2.2.5          Hoe word die prys van ŉ volmaakte mark oor die langtermyn
                       beïnvloed?                                                (2 x 2)                (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                           EKONOMIE                                              8
                                           Vraestel 2                       GRAAD 11

2.3     Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

                Hoe inkomste en prysveranderinge die vraag beïnvloed

Wanneer ekonome ons vertel dat die vraag na basiese voedselprodukte ‘onelasties’ is,
word dit dikwels verkeerd verstaan dat die vraag nie daal as voedselpryse verhoog word
nie.

In werklikheid beteken dit net dat die hoeveelheid gevra, met ŉ kleiner persentasie as die
styging in pryse sal afneem.

Benewens die reaksie van vraag na prysveranderings (pryselastisiteit), beïnvloed
verandering in inkomste die gevraagde hoeveelhede (inkomste-elastisiteit).
As vraag met ŉ hoër persentasie afneem as die styging in pryse (elastiese vraag), sal
bruto inkomste afneem; as die hoeveelheid aanvraag met ŉ laer persentasie afneem, sal
bruto inkomste verhoog.
                                                         [Bron: Farmer’s week ly; 5 Februarie 2018]

        2.3.1      Gee EEN rede hoekom voedsel ŉ onelastiese vraag het.                                 (1)

        2.3.2      Noem EEN voorbeeld van normale goedere.                                              (1)

        2.3.3      Beskryf kortliks die term inkomste-elastisiteit.                                     (2)

        2.3.4      Sal ŉ produsent met ŉ eenheidselastiese vraag, prys gebruik om
                   sy winste te verhoog? Verduidelik.                                                   (2)

        2.3.5      Waarom is die vraagelastisiteit van belang vir die ekonomie?                         (4)

2.4     Verduidelik die verhouding tussen die goederemark en die faktormark.
                                                                                       (2 x 4)          (8)

2.5     Gebruik ŉ goed-benoemde grafiek en verduidelik hoe die vraagkromme van
        melk sal reageer as die prys van koffie afneem.                                                 (8)
                                                                                                        [40]

                                                                                                 b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                          EKONOMIE                                              9
                                          Vraestel 2                        GRAAD 11

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                       40 PUNTE – 30 MINUTE

3.1   Beantwoord die volgende vrae.

      3.1.1     Noem enige TWEE van die millennium ontwikkelingsdoelwitte.
                                                                         (2 x 1)                       (2)

      3.1.2     Watter impak het MIV / Vigs op armoede?                               (1 x 2)          (2)

3.2   Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                 Die Handelsagenda

                         ... en die skeidsregter dring
                             daarop aan dat hierdie
                             hindernisse tot handel
                                 verwyder word

                                                     WHO

  ‘GELYKE SPEELVELD’
              [Bron: http://www.herinst.org/BusinessManagedDemocracy/government/trade/index.html ]

      3.2.1     Noem EEN hooffunksie van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO).                           (1)

      3.2.2     Hoekom word die VSA gesien as ŉ eerstewêreld-land?                                     (1)

      3.2.3     Omskryf kortliks die term handelsooreenkoms.                                           (2)

      3.2.4     Hoekom is handelsversperrings sleg vir die ekonomie van ŉ land?                        (2)

      3.2.5     Hoe sal die storting van Amerikaanse hoenders in Suid-Afrika, die
                plaaslike hoenderboere beïnvloed?                           (2 x 2)                    (4)

                                                                                                b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                                      EKONOMIE                                                         10
                                                                      Vraestel 2                                GRAAD 11

3.3         Bestudeer die artikel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

  Suid-Afrika se Welsyn suksesverhaal: Armoede-verminderende Sosiale Toelaes

Ten spyte daar van dat Suid-Afrika as ŉ middel-inkomste land geklassifisseer word deur
internasionale standaarde het Suid-Afrika ŉ progressiewe sosiale sekerheidstelsel. Suid-
Afrika se maatskaplike toelaagnetwerk het gegroei tot die grootste in die ontwikkelende
wêreld.

Die groei van werklike inkomste met en sonder toelaes

            Jaarlikse groeikoers van inkomste

      Inkomste met toelaes
      Inkomste sonder toelaes

                                                                      [Bron: Eie berekeninge met gebruikmaking van GHS 1995 + GHS 2010 data]

            3.3.1                               Verskaf ŉ rede hoekom Suid-Afrika as ŉ middel-inkomste land
                                                beskou word.                                                                                   (1)

            3.3.2                               Waar kry die regering die fondse om maatskaplike toelaes te
                                                betaal?                                                                                        (1)

            3.3.3                               Beskryf kortliks die term absolute armoede.                                                    (2)

            3.3.4                               Hoe beïnvloed die betaling van maatskaplike toelaes die inkomste
                                                van arm mense?                                                                                 (2)

            3.3.5                               Hoe beplan die regering om die uitdagings van vroue in landelike
                                                gebiede aan te spreek?                                    (2 x 2)                              (4)

3.4         Verduidelik hoe die gebrek aan produktiewe hulpbronne en die gebrek aan
            opleiding en behoorlike vaardighede armoede veroorsaak.              (2 x 4)                                                       (8)

3.5         Evalueer die effek van globalisering op die Suid-Afrikaanse ekonomie.                                                              (8)
                                                                                                                                               [40]

                                                                                                                                       b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                EKONOMIE                                         11
                                                Vraestel 2                       GRAAD 11

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                           40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1          Beantwoord die volgende vrae.

             4.1.1      Noem enige TWEE voorbeelde van besoedeling.                    (2 x 1)          (2)

             4.1.2      Hoekom is die hoeveelheid gevra van gewoontevormende
                        produkte se prys onelasties?                                   (1 x 2)          (2)

4.2          Bestudeer die tabel hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                       Totale       Marginale          Totale
      Prys           Hoeveelheid                                                    Wins / verlies
                                     Inkomste       Inkomste           Koste
       8                 1               8                               20
       8                 2               16              A               25
       8                 3               24                              28
       8                 4               32                              30                 B
       8                 5               40                              35

             4.2.1      Identifiseer die markstruktuur wat in die tabel hierbo
                        verteenwoordig word.                                                            (1)

             4.2.2      Gee die formula om totale Inkoste te bereken.                                   (1)

             4.2.3      Omskryf kortiks die term marginale inkomste.                                    (2)

             4.2.4      Stem jy saam dat die waarde van die gemiddelde inkomste R8 is?
                        Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

             4.2.5      Bereken die waardes van A en B. Wys alle berekeninge.          (2 x 2)          (4)

                                                                                                 b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                       EKONOMIE                                           12
                                       Vraestel 2                      GRAAD 11

4.3   Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                                          Ten spyte van baie beduidende
                                          ontwikkelingswinste wêreldwyd, wat baie
                                          miljoene mense uit absolute armoede
                                          opgehef het, is daar aansienlike bewyse
                                          dat ongelykheid tussen die rykste en
                                          armste lande in die wêreld uitbrei. In 1820
                                          was Wes-Europeërs se per kapita-inkomste
                                          drie keer groter as Afrika, maar teen 2000
                                          was dit dertien keer groter.

                                                    [Bron:Aangepas uit www.rgs.org/aschools]

      4.3.1     Noem EEN kontinent wat in die uittreksel genoem word.                            (2)

      4.3.2     Gee EEN metode wat geruik word om inkomste ongelykheid te
                bepaal.                                                                          (1)

      4.3.3     Verduidelik kortliks die konsep per kapita-inkomste.                             (2)

      4.3.4     Onderskei tussen ryk en arm lande in terme van die vlak van
                ontwikkeling.                                                                    (2)

      4.3.5     Hoe, dink jy, kan ongelykheid tussen ryk en arm lande verminder
                word?                                                                            (4)

4.4   Onderskei tussen natuurlike en kunsmatige monopolieë.                     (2 x 4)          (8)

4.5   Evalueer hoe ŉ vergelykende voordeel in die vervaardiging van vrugtesappe
      Suid-Afrika bevoordeel.                                                                    (8)
                                                                                                 [40]

                                                                       AFDELING B:               80

                                                                                          b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                     EKONOMIE                                        13
                                                     Vraestel 2                       GRAAD 11

AFDELING C

Beantwoord slegs EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die
ANTWOORDBOEK.

                                                                                         PUNTE
                          STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                                       TOEKENNING
Inleiding
          ŉ Goeie vertrekpunt sal wees om ŉ konsep of sleutelwoord te definieer
           wat in die vraag voorkom.
          Sluit ander sinne in om die onderwerp te steun.
          Moenie enige deel van die vraag in die liggaam insluit nie.
          Moenie enige gedeelte van die inleiding in die liggaam insluit nie.
          Moenie in die inleiding sê wat jy in die liggaam gaan bespreek nie.            Maks. 2
Liggaam:
     Hoofdoel: Bespreek uitvoering / In diepte-bespreking / Beskou / Bespreek
     krities / Ontleed / Vergelyk / Evalueer / Onderskei / Differensieer /
     Verduidelik / Beoordeel / Debateer                                                   Maks. 26

    Addisionele deel: Gee eie opinie / Bespreek krities / Evalueer / Evalueer
    krities / Bereken / Lei af / Vergelyk / Verduidelik / Onderskei / Vertolk /
    Debateer kortliks                                                                     Maks. 10
Slotsom
     Die slotsom is ŉ samevatting van die onderwerp in die liggaam en moet
          as ŉ hoërorde-respons hanteer word.
     Die slotsom kan die vorm van ŉ eie mening, voorbeelde om jou
          bespreking te ondersteun of ŉ teenstrydige standpunt wees van wat
          bespreek is.
     Geen aspek van óf die inleiding óf liggaam moet in die liggaam ingesluit
          word nie.                                                                       Maks. 2
                                                                             TOTAAL         40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                             40 PUNTE – 40 MINUTE

    Bespreek die kenmerke van ŉ oligopolie uitvoerig.                                (26 punte)

    Verduidelik aan die hand van ŉ grafiek waarom oligopoliste huiwerig is om oor
     pryse mee te ding.                                                    (10 punte)                [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES 40 PUNTE – 40 MINUTE

    Verduidelik volledig die stand van die omgewing.                                 (26 punte)

    Evalueer die welslae van Suid-Afrika met die beskerming van die omgewing.
                                                                        (10 punte)                   [40]

                                                                                AFDELING C:          40

                                                                                      TOTAAL:        150

                                                 EINDE

## Related documents

- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2018-question-paper/eed8879a-a090-451a-a129-f2906009b3e7) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [ECON P2 GR11 QP NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-qp-nov2018-afrikaans/61f64fd7-cc78-41a8-9f45-dc47d12250ca) — Economics · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 November 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-november-2018-question-paper/545d6a78-2999-4aea-841f-00e551089078) — Economics · QP · 2018
- [ECON P2 GR11 MEMO NOV2018 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/econ-p2-gr11-memo-nov2018-afrikaans/a15b86ad-8124-4e32-83f9-507f4410b2c1) — Economics · Memo · 2018 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2018 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2018-possible-answers/6b67e6d2-13b6-4ae0-82b3-20b6593e609b) — Economics · Memo · 2018 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
