# Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Gauteng November 2019 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Gauteng November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Gauteng November 2019 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-question-paper/5439f8b1-e96c-4dbf-8e67-3bc1809214bf)

## About this document

Economics · Grade 11 · Gauteng November · 2019 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr11 Ecn P2 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2019-possible-answers/3da2c64d-9c52-4050-b623-b23413f7d393) — Memo · 2019 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

          GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                        PROVINSIALE EKSAMEN
                           NOVEMBER 2019
                              GRAAD 11

                               EKONOMIE
                              VRAESTEL 2

TYD: 2 uur

PUNTE: 150

12 bladsye

Kopiereg voorbehou                                 Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  2                          GP/November 2019
                                          Graad 11

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.     Beantwoord VIER vrae soos volg in die ANTWOORDBOEK:

          AFDELING A:      VERPLIGTEND
          AFDELING B:      Beantwoord TWEE van die drie vrae
          AFDELING C:      Beantwoord EEN van die twee vrae

2.     Beantwoord slegs die vereiste getal vrae. Addisionele antwoorde sal NIE
       nagesien word NIE.

3.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

4.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

5.     Lees die vrae aandagtig deur.

6.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

7.     Laat 2–3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

8.     Beantwoord die vrae in volsinne en maak seker dat die formaat, inhoud en
       konteks van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae voldoen.

9.     Gebruik slegs swart of blou ink.

10.    Jy mag ŉ nie programmeerbare sakrekenaar gebruik.

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  3                           GP/November 2019
                                          Graad 11

AFDELING A (VERPLIGTEND)
VRAAG 1                                                       30 PUNTE – 20 MINUTE
1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
    (1.1.1 tot 1.1.8) in die ANTWOORDBOEK neer, bv. 1.1.9 D.

       1.1.1    ŉ Verandering in die hoeveelheid aangevra as gevolg van ŉ verandering in
               inkomste word na verwys as ... -elastisiteit.

               A     prys
               B     inkomste
               C     aanbod
               D     aanbod en inkomste

       1.1.2 In onvolmaakte markte word minder goedere geproduseer teen hoër pryse
             omdat daar …

               A     konstante allokering van hulpbronne is.
               B     effektiewe allokering van hulpbronne is.
               C     oneffektiewe allokering van hulpbronne is.
               D     geen wetlike beperkinge is nie.

       1.1.3 Gemiddelde veranderlike koste word bereken deur ...

               A     veranderlike koste te deel deur die aantal eenhede geproduseer.
               B     vaste koste te deel deur die eenhede geproduseer.
               C     vaste koste minus veranderlike koste.
               D     totale koste plus vaste koste.

       1.1.4 Tennisballe en tennisrakette is ... produkte.

               A     substituut
               B     komplementêre
               C     homogene
               D     heterogene

       1.1.5 Die instansie wat verantwoordelik is om lande te ondersteun met
             betalingsbalans verliese, is die ...

               A     ILO.
               B     Wêreldbank.
               C     SARB.
               D     IMF.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                     4                              GP/November 2019
                                             Graad 11

       1.1.6 Handelsliberalisering verwys na …

              A      die vrye beweging van goedere en dienste.
              B      die vrye beweging van mense.
              C      die vestiging van handelversperrings tussen Suid-Afrika en die res
                     van die wêreld.
              D.     invoer- en uitvoerbeperkinge.

       1.1.7 Huishoudings wat afhanklik is van ... is geneig om in armoede te bly.

              A      ekonomiese toelaes
              B      belastingintensiewe toelaes
              C      staatssalarisse
              D      maatskaplike toelaes

       1.1.8 Watter van die volgende faktore is vir die uitputting van die osoonlaag
             verantwoordelik?

              A      Koolstofmonoksied
              B      Ultravioletstrale
              C      Koolstofdioksied
              D      Besoedeling                                                 (8 x 2) (16)

1.2    Kies ŉ beskrywing uit KOLOM B wat by die item in KOLOM A pas. Skryf slegs die
       letter (A–I) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.8) in die ANTWOORDBOEK neer,
       byvoorbeeld 1.2.9 J.

                   KOLOM A                                 KOLOM B
        1.2.1 Prysmaker                  A     Mense wat ŉ belang in die sukses van
                                               die onderneming het
        1.2.2 Patent
                                         B     ŉ Lae bevolkingsdigtheid en baie van die
        1.2.3 Besigheidsdoelwit                grond is aan landbou toegewy

        1.2.4 Langtermyn                 C     Kom voor wanneer ŉ land meer van ŉ
                                               produk kan produseer as ŉ ander land
        1.2.5 Landelike gebiede                wat dieselfde hoeveelheid hulpbronne
                                               gebruik
        1.2.6 Absolute voordeel
                                         D     Versperrings tot marktoetrede
        1.2.7 Aardverwarming
                                         E     Periode wat lank genoeg is sodat die
        1.2.8 Private eiendomsreg              insette verander kan word

                                         F     In staat om die markprys te beïnvloed
                                               deur die hoeveelheid beskikbaar aan die
                                               mark te verander

                                         G     Maak soveel wins as moontlik

                                         H     Uitlaatgasse en klimaatsverandering

                                         I     Mense gee om vir flora en fauna indien
                                               hulle regte gegee word om dit te besit

                                                                                (8 x 1) (8)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                5                            GP/November 2019
                                        Graad 11

1.3    Gee EEN term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die term langs
       die vraagnommer (1.3.1–1.3.6) in die ANTWOORDBOEK neer

       1.3.1 Die verwantskap tussen die verandering in die prys van een produk en die
             hoeveelheid gevra van ŉ ander goed

       1.3.2 Die prys van ŉ goed of diens, in terme van ŉ ander goed of diens

       1.3.3 ŉ Kombinasie van volmaakte mededinging en onvolmaakte mededinging

       1.3.4 ŉ Manier om natuurlike hulpbronne te gebruik sonder om die ekologiese
             balans van ŉ gebied te vernietig

       1.3.5 Beperk die hoeveelheid van ŉ produk wat ingevoer kan word

       1.3.6 Die afneem in die hoeveelheid mense wat in landelike gebiede
             woon omdat hulle na stede toe trek om te werk en te woon
                                                                                 (6 x 1) (6)

                                                             TOTAAL AFDELING A: 30

AFDELING B

Beantwoord enige TWEE van die drie vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                         40 PUNTE – 30 MINUTE

2.1    Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1 Noem enige TWEE monopolieë in Suid-Afrika.                         (2 x 1) (2)

       2.1.2 Hoe het skaarsheid ŉ impak op totale nut?                          (1 x 2) (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 6                              GP/November 2019
                                         Graad 11

2.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

                     DRIE MONOPOLIEË WAT SUID-AFRIKA MOET BEËINDIG

      Entiteite wat deur wetgewing beskerm word, manifesteer in monopolieë, wat lei tot
      beperkte mededinging. Hierdie wetgewende monopolieë maak keer-op-keer op die
      belastingbetaler se rande staat om hulle te red van die gevolge van wat chroniese
      onderprestasie blyk te wees. Hieronder is ŉ lys van nywerhede wat oorskadu word
      deur staatsbeheerde monopolieë en wat, indien gedereguleer en geprivatiseer
      word, baie groter opbrengste aan die burgers van Suid-Afrika sal lewer.

           Lugvaart
           Energieverskaffing
           Spoorweë

                                                            [Bron: https://rationalstandard.com]

       2.2.1 Hoe word monopolieë beskerm?                                                  (2)

       2.2.2 Identifiseer TWEE van die drie staatsmonopolieë geïmpliseer in die
             uittreksel.                                                                   (2)

       2.2.3 Verduidelik die rol van ŉ monopolie as prysmaker.                             (2)

       2.2.4 Waarom dink jy behoort Suid-Afrika die monopolieë in die bogenoemde
             uittreksel beëindig?                                                (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   7                                  GP/November 2019
                                           Graad 11

2.3    Bestudeer die grafiek hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

          (Rs.)

                              [Bron: http://www.economicsdicussion.net/theory-of-production]

       2.3.1 Waarvoor staan die afkorting TveK?                                                 (1)

       2.3.2 Hoekom is die TVK-kurwe horisontaal?                                               (1)

       2.3.3 Gee die formule vir totale koste soos gesien in die grafiek hier bo.               (2)

       2.3.4 Verduidelik die term korttermyn in terme van vaste en veranderlike
             insette.                                                                           (2)

       2.3.5 Wat behels die marginale koste van ŉ besigheid?                                    (4)

2.4    Bespreek nie-prysmetodes om markaandeel te verhoog.                              (4 x 2) (8)

2.5    Watter redes sal jy verskaf vir die reaksie van produsente tot
       prysveranderinge?                                                                (4 x 2) (8)
                                                                                              [40]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  8                                GP/November 2019
                                          Graad 11

VRAAG 3: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                                   40 PUNTE – 30 MINUTE
3.1    Beantwoord die volgende vrae.

       3.1.1 Noem twee aanwysers wat gebruik word om armoede te meet.                (2 x 1) (2)

       3.1.2 Waarom is dit voordelig vir ŉ land om by vryhandel betrokke te
             raak?                                                                   (1 x 2) (2)

3.2    Bestudeer die uittreksel hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

              MEER MENSE ONTVANG TOELAES AS MENSE WAT WERK
Daar is nou meer mense wat maatskaplike toelaes in Suid-Afrika ontvang as wat daar
mense is wat werk.
Dit is een van die bevindinge van die jongste peiling van die Suid-Afrikaanse Instituut vir
Rasseverhoudinge (IRR).
“Hierdie hoër getalle kan tot maatskaplike en politieke chaos lei,” het Gerbrandt van
Heerden, ŉ ontleder van dié instituut, gesê.
“Die Suid-Afrikaanse ekonomie is tans in ŉ resessie en die regering gaan dit besonders
moeilik vind om die koste van sy welsynsprogramme te dra. Namate die ekonomie
stagneer, en die inkomste van belasting verminder, sal die vraag na toelaes ook toeneem.
Die regering sal sy begroting op ander gebiede moet sny om te voldoen aan die eise van
hoër toelaes.”
“Ons voorspel dat dit sal lei na nog hoër vlakke van gewelddadige protesaksies.”
“Die regering se onvermoë om meer en verhoogde toelaes te verskaf sal lewenstandaarde
nou laat stagneer of selfs laat agteruitgaan.”
“Die armes en werkloses is die mense wat die ergste daardeur geraak sal word en dit kan
ŉ nuwe soort ellende vir hulle veroorsaak, wat die desperaatheid in arm gemeenskappe
sal verhoog."

                                                                [Bron: https://maroelamedia.co.za]

       3.2.1 Waar kry die regering die fondse om maatskaplike toelaes te betaal?             (1)

       3.2.2 Hoe beïnvloed die betaling van maatskaplike toelaes die arm mense?              (1)

       3.2.3 Beskryf kortliks die term absolute armoede.                                     (2)

       3.2.4 Identifiseer TWEE pogings deur die regering om armoede in Suid-Afrika te
             verlig.                                                                (2)

       3.2.5 Hoe kan oneffektiewe beleide / regeringspogings tot armoede lei?
                                                                             (2 x 2) (4)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 9                               GP/November 2019
                                         Graad 11

3.3    Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       3.3.1 Identifiseer TWEE omgewingskwessies (probleme) wat uit die strokiesprent
             afgelei kan word.                                                      (2)

       3.3.2 Verduidelik volhoubare ekonomiese ontwikkeling.                              (2)

       3.3.3 Noem aksiestappe wat huishoudings kan neem om die hoeveelheid
             giftige materiaal wat ons gebruik, te verminder.              (2 x 1) (2)

       3.3.4 Wat kan die regering doen om die onvolhoubare gebruik van die
             omgewing te voorkom?                                                 (2 x 2) (4)

3.4    Tabuleer TWEE verskille om die Noord-Suid-verdeling te illustreer.         (2 x 4) (8)

3.5    Hoe dra ongelyke inkomstevlakke en tekort aan onderwys by tot
       armoede?                                                                   (2 x 4) (8)
                                                                                        [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                  10                               GP/November 2019
                                          Graad 11

VRAAG 4: MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                             40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae.

       4.1.1 Noem enige TWEE soorte besoedeling.                                    (2 x 1) (2)

       4.1.2 Watter effek sal ŉ pryselastiese vraag op die produseerder hê?         (1 x 2) (2)

4.2   Bestudeer die onderstaande strokiesprent en beantwoord die vrae wat volg.

                                   Melk               R35,00 !!!
                                  R30,00             Maar ek moét           Melk
                                                       dit hê!!!           R35,00

       4.2.1 Identifiseer die verskynsel deur die strokiesprent uitgebeeld.           (1)

       4.2.2 Noem EEN voorbeeld van normale goedere.                                  (1)

       4.2.3 Verduidelik volmaak onelastiese vraag.                                   (2)

       4.2.4 ŉ Produk het ŉ pryselastisiteit van 1,58. Watter soort elastisiteit
             van vraag verteenwoordig dit? Motiveer jou antwoord.                     (2)

       4.2.5 Waarom is die pryselastisiteit van vraag belangrik vir die
             produsent?                                                               (4)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                   11                          GP/November 2019
                                           Graad 11

4.3    Bestudeer die spotprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

       4.3.1 Noem EEN hooffunksie van die Wêreldhandelsorganisasie (WHO).               (1)

       4.3.2 Hoekom word die VSA gesien as ŉ eerstewêreld-land?                         (1)

       4.3.3 Verduidelik die begrip vryhandel kortliks.                                 (2)

       4.3.4 Verduidelik die verhouding tussen vergelykende voordeel en vryhandel.      (2)

       4.3.5 Watter voordeel sal lande trek uit die gebruik van ŉ vryhandelsbeleid?    (4)

4.4    Verduidelik met behulp van ŉ grafiek die verband tussen ŉ toename in verbruik,
       totale nut en grensnut.                                                        (8)

4.5    In watter mate beskerm internasionale ooreenkomste die omgewing?         (4 x 2) (8)
                                                                                        [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Ekonomie/V2                                 12                              GP/November 2019
                                          Graad 11

AFDELING C

Beantwoord enige EEN van die twee vrae in hierdie afdeling in die ANTWOORDBOEK.

                                                                              PUNTE-
                     STRUKTUUR VAN OPSTEL
                                                                            TOEKENNING
Inleiding
Die inleiding is ŉ laerorde-antwoord.
 ŉ Goeie beginpunt is om die hoofterm, wat met die vraagonderwerp
    verband hou, te definieer.
 Moenie enige deel van die vraag in jou inleiding insluit nie.                 Maks. 2
 Moenie enige deel van die inleiding in die liggaam herhaal nie.
 Vermy dit om in die inleiding te noem wat jy in die liggaam gaan
    bespreek.
Liggaam
Hoofgedeelte: Bespreek in detail/Diepgaande bespreking / Ondersoek /
Bespreek krities / Analiseer / Vergelyk / Evalueer / Onderskei /
Differensieer / Verduidelik / Teken ŉ grafiek en verduidelik / Gebruik ŉ
grafiek wat gegee en verduidelik / Voltooi die gegewe grafiek.                 Maks. 26

Addisionele gedeelte: Gee eie mening / Bespreek krities / Evalueer /
Evalueer krities / Bereken / Aflei / Vergelyk / Skep ŉ grafiek en
verduidelik / Onderskei / Interpreteer / Debatteer kortliks / Hoe? / Maak
voorstelle.                                                                    Maks. 10
Slot
Enige hoërode-slot behoort die volgende in te sluit:
 ŉ Kort samevatting van dit wat alreeds bespreek is, sonder om feite
   wat reeds genoem is, te herhaal
                                                                                Maks. 2
 Enige mening of waardeoordeel van die feite wat bespreek is
 Addisionele ondersteuningsinligting wat die bespreking / analise
   verstrek
 ŉ Opponerende sienswyse met motivering, indien verlang
 Aanbevelings
                                                                  TOTAAL          40

VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                            40 PUNTE – 40 MINUTE

   Verduidelik substituut en komplimentêre produkte volledig deur van grafieke gebruik
    te maak.                                                                            (26)
   Wat is die verhouding tussen die produkmark en die faktormark?                      (10)
                                                                                        [40]

VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES                          40 PUNTE – 40 MINUTE

   Bespreek die oorsake van armoede in detail.                                           (26)
   Is die Suid-Afrikaanse regering suksesvol in hul pogings om armoede te verlig?        (10)
                                                                                          [40]

                                                                TOTAAL AFDELING C: 40

                                                                      GROOTTOTAAL: 150

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Gr11 Ecn P1 (Afrikaans) November 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-november-2019-possible-answers/4a199273-b4f4-448e-b2e0-533b05395344) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 MEMO NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-memo-nov2019-afrikaans/7f1be1f6-063b-41e1-a31e-d825fe2b56c3) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) June 2019 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-june-2019-possible-answers/8406f1d8-0d8f-4ab3-bbc9-7734cfbc83f0) — Economics · Memo · 2019 · Afr
- [Gr11 ECN P2 (Afrikaans) November 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p2-afrikaans-november-2017-possible-answers/118e2889-ffbc-4cbb-87a4-9de967bed5e1) — Economics · Memo · 2017 · Afr
- [Gr11 ECN P1 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-ecn-p1-afrikaans-june-2019-question-paper/ceda42d1-302e-4a52-a36d-f6471f344c67) — Economics · QP · 2019 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) November 2022 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-november-2022-question-paper/897b9d67-33ef-4221-b7a4-7f859e82cc0a) — Economics · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
