# Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Economics Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-econ-p2-n15-qp-afr/88442608-e007-42f2-a287-74aed9e791f5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Economics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Economics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/economics) › [Economics Grade 11 P2 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-econ-p2-n15-qp-afr/88442608-e007-42f2-a287-74aed9e791f5)

## About this document

Economics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                    NOVEMBER 2015

                       EKONOMIE V2

PUNTE:   150

TYD:     2 uur

                             *IECONA2*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                    EKONOMIE V2                     (EC/NOVEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Beantwoord VIER vrae as volg:
        AFDELING A: VERPLIGTEND
        AFDELING B: Beantwoord enige TWEE van die drie vrae.
        AFDELING C: Beantwoord EEN van die twee vrae.

 2.     Beantwoord slegs die vereiste aantal vrae. Antwoorde bo en behalwe
        die vereiste aantal, sal NIE gemerk word NIE.

 3.     Beantwoord die vrae in volsinne. Maak seker dat die formaat en
        inhoud van jou antwoorde aan die kognitiewe vereistes van die vrae
        voldoen.

 4.     Beantwoord die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik word.

 5.     Skryf die vraagnommer boaan elke antwoord neer.

 6.     Lees die vrae versigtig deur.

 7.     Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.     Laat 2-3 reëls tussen onderafdelings van vrae oop.

 9.     Gebruik slegs swart of blou ink.

 10.    Jy mag ŉ nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     EKONOMIE V2                                       3

AFDELING A (VERPLIGTEND)

VRAAG 1                                                  30 PUNTE – 20 MINUTE

1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae
       gegee. Kies die mees korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–C)
       langs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) in die ANTWOORDEBOEK neer, bv.
       1.1.9 C.

       1.1.1    Wanneer ŉ besluit gemaak word en die volgende beste alternatief
                nie gekies word nie, staan dit as … bekend.

                A    ekonomiese hulpbronne
                B    geleentheidskoste
                C    skaarsheid

       1.1.2    As alle ander dinge gelyk is, hel aanbodkurwes opwaarts van links
                na regs omdat …

                A    hoër pryse tot hoër winste lei.
                B    laer pryse tot hoër uitset lei.
                C    laer pryse tot hoër vraag lei.

       1.1.3    ŉ Stadium in die langtermyn gemiddelde-kostekurwe (LGKK) waar
                produksie nie toeneem of daal nie, staan bekend as …

                A    skaalvoordele.
                B    nie-skaalvoordele.
                C    konstante opbrengs tot skaal.

       1.1.4    Vryheid van toetrede is voor-die-hand-liggend in … markte.

                A    volmaakte
                B    volmaakte en monopolistiese
                C    monopolie

       1.1.5    ŉ Plaaslike groep interafhanklike organismes in die omgewing is
                ŉ…

                A    ekosisteem.
                B    eksternaliteit.
                C    gerief.

       1.1.6    Wanneer besitreg aan lede van die gemeenskap toegeken word,
                kan hulle …

                A    omgewingsbeleide ignoreer.
                B    hulpbronne misbruik.
                C    beter na die omgewing omsien.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  EKONOMIE V2                         (EC/NOVEMBER 2015)

       1.1.7    Watter van die volgende is ŉ eienskap van die Wêreldbank?

                A     Dit verskaf finansiële hulp aan ontwikkelende lande.
                B     Dit word deur die Europese Unie besit.
                C     Dit is ŉ groot lener aan multinasionale korporasies.

       1.1.8    Die Minister van Omgewingsake in Suid-Afrika is …

                A     Mnr. Blade Ndzimande.
                B     Me. Baleka Mbete.
                C     Me. Edna Molewa.                                       (8 x 2)   (16)

 1.2   Kies ŉ omskrywing uit KOLOM B wat by ŉ begrip in KOLOM A pas. Skryf
       slegs die letter (A–J) langs die vraagnommer (1.2.1–1.2.8) in die
       ANTWOORDEBOEK neer, bv. 1.2.9 K.

               KOLOM A                              KOLOM B
       1.2.1     GEAR          A     Investering in ŉ ander land in die vorm van
                                     geboue en kapitaaltoerusting

       1.2.2    Noord-Suid     B     ŉ Formele ooreenkoms tussen lande
                verdeel

       1.2.3    Mark-ewewig C        Goedere en dienste word verhandel

       1.2.4    DBI            D     Gemik op verbetering van ekonomiese
                                     groei, ontwikkeling en vermindering van
                                     werkloosheid

       1.2.5    Protokol       E     Ontwikkelde lande in die Noorde het
                                     onderontwikkelde lande in die Suide
                                     gekoloniseer

       1.2.6    Relatiewe      F     Die hoeveelheid gevra deur die
                pryse                huishoudings is gelyk aan die hoeveelheid
                                     aangebied deur besighede

       1.2.7    Minder-        G     Meer elasties oor die korttermyn as oor die
                waardige             langtermyn
                goedere

       1.2.8    Goedere-       H     Vergelyking tussen pryse van goedere
                mark

                               I     Aangevra in kleiner hoeveelhede wanneer
                                     inkome styg

                               J     Ryk lande van die Suide
                                                                             (8 x 1)    (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 EKONOMIE V2                                            5

 1.3   Gee die korrekte begrip vir die volgende frases:

       1.3.1     ŉ Verandering in prys wat presies dieselfde verandering in
                 hoeveelheid gevra teweegbring

       1.3.2     ŉ Scenario waar ŉ land ŉ produk meer doeltreffend produseer as
                 andere

       1.3.3     Graad van bevrediging wat ŉ verbruiker ervaar deur ŉ addisionele
                 eenheid van ŉ produk te verbruik

       1.3.4     Toekomstige veranderinge in reënval en temperatuur

       1.3.5     Koste om totale uitset te produseer

       1.3.6     Die permanente vernietiging van inheemse woude en bosse
                                                                        (6 x 1)          (6)

                                                          TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  EKONOMIE V2                              (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING B

 Beantwoord enige TWEE van die drie vrae uit hierdie afdeling in die
 ANTWOORDEBOEK.

 VRAAG 2: MIKRO-EKONOMIE                                     40 PUNTE – 30 MINUTE

 2.1   Beantwoord die volgende vrae.

       2.1.1    Noem enige TWEE voorbeelde van monopolistiese markte.                            (2)

       2.1.2    Verduidelik wat met oorskot vraag bedoel word.                                   (2)

 2.2   Bestudeer die onderstaande scenario en beantwoord die vrae wat volg.

               LUGHAWENSMAATSKAPPY VAN SUID-AFRIKA (ACSA)

       ACSA praat baie oor verbruikergesentreerde diens, maar sy dade
       demonstreer sy minagting van kliënte. ŉ Mens hoef nie verder te kyk as na
       die lugvaartindustrie om die voordele van mededinging in die mark bekend
       te stel nie. Nie almal mag hou van laekoste-rederye soos Kulula en 1time
       nie, maar hulle gee mense ŉ keuse en saam met prysvergelykings
       webtuistes soos southafricato kon lugrederye dramaties afgebring word.
       Mededinging het die lugvaartindustrie getransformeer, tog gaan ŉ
       gereguleerde monopolie voort om ŉ diens te lewer met eindelose gewag vir
       bagasie, hoë vlakke van diefstal en ontbrekende lughawe-sekuriteit.

                                                   [Bron http://southafricato/airports/ACSA]

       2.2.1    Wat is ŉ monopolie?                                                              (2)

       2.2.2    Sal jy die taxi-industrie in Suid-Afrika as ŉ monopolie beskryf?
                Verduidelik.                                                                     (4)

       2.2.3    Noem enige TWEE voordele van mededinging soos in die
                uittreksel uitgelig.                                                             (2)

       2.2.4    Identifiseer TWEE van die Suid-Afrikaanse Lugdiens se
                mededingers.                                                                     (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                EKONOMIE V2                                           7

 2.3   Bestudeer die onderstaande tabel en beantwoord die vrae wat volg:

         UITSET          TK         TKK          TVK          GVK           MK
            0            20          20            0           0             -
            1            25          20            5           C             5
            2            28          A             8           4             3
            3            30          20           10          3,3            2
            4            B           20           16           4             6

       2.3.1     Gee die waardes van A en C.                                            (2)

       2.3.2     Beskryf die verhouding tussen gemiddelde totale koste en
                 skaalvoordele.                                                         (4)

       2.3.3     Noem enige TWEE voorbeelde van konstante koste.                        (2)

       2.3.4     Waarom verander veranderlike koste met uitset?                         (2)

 2.4   Onderskei tussen kostes oor die korttermyn en kostes oor die langtermyn.         (8)

 2.5   Met behulp van ŉ grafiek, verduidelik die verhouding tussen gemiddelde en
       marginale inkomste wanneer die prys dieselfde by alle vlakke van uitset is.      (8)
                                                                                       [40]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                        EKONOMIE V2                                (EC/NOVEMBER 2015)

 VRAAG 3:         KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                                 40 PUNTE – 30 MINUTE

 3.1   Beantwoord die volgende vrae:

       3.1.1     Noem enige TWEE positiewe gevolge van globalisasie.                                     (2)

       3.1.2     Verduidelik kortliks hoe armoede lei tot omgewingsdegradering.                          (2)

 3.2   Bestudeer die volgende spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

               [Bron: graceatelmberg.wordpress.com/2011/12/05/globalization-part-2-political-cartoons]

       3.2.1     Verduidelik die begrip vryhandel.                                                       (2)

       3.2.2     Noem TWEE negatiewe invloede van vryhandel, volgens die spotprent.                      (4)

       3.2.3     Omskryf kortliks die rol van die WHO.                                        (2 x 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 EKONOMIE V2                                                 9

 3.3   Bestudeer die onderstaande uittreksel en beantwoord die vrae wat volg.

                               HOEKOM WATER BEWAAR?

       Die water wat beskikbaar is aan planeet Aarde, is dieselfde water wat altyd
       beskikbaar was en die enigste water wat ooit beskikbaar sal wees. Omdat
       water driekwart van die aarde se oppervlakte beslaan, mag dit voorkom asof
       daar baie in omloop is. In werklikheid, egter, het ons beperkte hoeveelhede
       bruikbare varswater ….

       Die kwessie van waterbewaring gaan nie oor “besparing” van water nie – dit
       is om oor genoeg skoonwater op enige gegewe tydstip en plek te beskik, om
       in ons behoeftes te voorsien. Gifford Pinchot, ŉ Amerikaanse natuur-
       bewaarder en politikus wat as hoof van die VSA se Bosboudienste tussen
       1898 en 1910 gedien het, verwys na bewaring as “Die wyse gebruik van die
       aarde en sy hulpbronne vir die voortbestaan van die mens.” Die bewaring
       van ons waterbronne hang af van ons wyse gebruik van hierdie bronne.
       Sulke wyse verbruik, begin sonder twyfel tuis, en in ons gemeenskap.

       Maar menslike aktiwiteite kan ook probleme met beskikbaarheid van water
       veroorsaak. In sommige gevalle, moes gemeenskappe ander bronne vir
       drinkwater gaan soek omdat hulle watervoorsiening besmet was.
       Byvoorbeeld, infiltrasie van petrol uit lekkende ondergrondse opgaartenks, in
       ŉ ondergrondse waterput, is al wat dit verg om die waterput onbruikbaar te
       maak. Wanneer grondwater besmet word, kan dit jare neem of selfs dekades
       om dit self weer natuurlik skoon te maak.

                                     [Bron: (aangepas) www.epa.gov/region1/..../gndw_712pdf]

       3.3.1     Wat beteken bewaring van water?                                                   (2)

       3.3.2     Wat, volgens die uittreksel, is die rede vir die bewaring van water?              (2)

       3.3.3     Verduidelik kortliks enige maatreëls wat toegepas kan word om
                 water te bewaar.                                             (2 x 2)              (4)

       3.3.4     Watter regeringsdepartement het die verantwoordelikheid om te
                 verseker dat water bewaar word?                                                   (2)

 3.4   Verduidelik die armoede gaping as ŉ maatstaf van armoede.                                   (8)

 3.5   Verduidelik waarom die teorie van vergelykende voordeel as ŉ argument ten
       gunste van vrye internasionale handel gebruik word.                                      (8)
                                                                                               [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                  EKONOMIE V2                             (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 4:        MIKRO-EKONOMIE EN KONTEMPORÊRE EKONOMIESE
                KWESSIES                      40 PUNTE – 30 MINUTE

4.1    Beantwoord die volgende vrae:

       4.1.1     Noem enige TWEE soorte wins.                                                    (2)

       4.1.2     Verduidelik EEN impak van ontbossing.                                           (2)

4.2    Bestudeer die onderstaande grafiek en beantwoord die vrae wat volg.

                                        V
               Prys

                                        V
                      0         Hoeveelheid gevra

       4.2.1     Identifiseer en verduidelik die soort elastisiteit wat hierbo geïllustreer
                 word.                                                                           (3)

       4.2.2     Watter soort goedere sal onder hierdie soort elastisiteit val? Gee ŉ
                 rede vir jou antwoord.                                                          (3)

       4.2.3     Watter voordeel hou hierdie soort elastisiteit vir die verkoper in?             (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 EKONOMIE V2                                           11

 4.3   Bestudeer die onderstaande spotprent en beantwoord die vrae wat volg.

       4.3.1     Verduidelik in jou eie woorde die begrip omgewingsvriendelik’.                (2)

       4.3.2     Watter impak sal die motor in die spotprent op die omgewing hê?               (4)

       4.3.3     Verduidelik die maatreëls wat deur Suid-Afrika getref word om die
                 impak van die voertuig, in die spotprent, te verminder.                       (4)

 4.4   Verduidelik kortliks die eienskappe van ŉ oligopolie.                                   (8)

 4.5   Verduidelik hoe die vraag na ŉ produk beïnvloed word deur die pryse van
       verwante goedere. Gee voorbeelde.                                                   (8)
                                                                                          [40]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                  EKONOMIE V2                           (EC/NOVEMBER 2015)

 AFDELING C

 Beantwoord EEN van die twee vrae uit hierdie afdeling in die ANTWOORDEBOEK.

 Jou antwoord sal soos volg geassesseer word:

 STRUKTUUR VAN DIE OPSTEL                                                PUNTE-
                                                                       TOEKENNING
 Inleiding                                                               Maks. 2
 Inhoud
 Hoofgedeelte: Bespreek in detail/In diepte
 bespreking/Ondersoek/Bespreek                                            Maks. 26
 krities/Ontleed/Vergelyk/Evalueer/Onderskei/Verduidelik/
 Assesseer/Debatteer
 Addisionele gedeelte: Gee eie mening/Bespreek
 krities/Evalueer/Evalueer krities/Teken ŉ grafiek en
 verduidelik/Gebruik gegewe grafiek en verduidelik/Voltooi die
 gegewe grafiek/Bereken/Lei                                               Maks. 10
 af/Vergelyk/Verduidelik/Onderskei/Interpreteer/Debatteer
 kortliks
 Slot                                                                     Maks. 2
 TOTAAL                                                                     40

 VRAAG 5: MIKRO-EKONOMIE                                    40 PUNTE – 40 MINUTE

 Pryselastisiteit van aanbod sal altyd positief wees as gevolg van die wet op
 aanbod.

    Met behulp van grafieke, beskryf die verskillende kategorieë van
     pryselastisiteit van aanbod.                                                         (26)

    Verduidelik die pryselastisiteit van aanbod vir mielies oor die kort en
     langtermyn.                                                                          (10)
                                                                                          [40]

 VRAAG 6: KONTEMPORÊRE EKONOMIESE KWESSIES
                                        40 PUNTE – 40 MINUTE

 ŉ Groot persentasie van ons bevolking lewe steeds onder nadelige toestande van
 armoede.

    Brei uit oor die oorsake van armoede.                                                (26)

    Beklemtoon die verskeie stappe wat die regering onderneem het om die
     probleme ten opsigte van armoede, tussen 1994 en 2014, aan te spreek.                (10)
                                                                                          [40]

                                                              TOTAAL AFDELING C:            40
                                                                  GROOTTOTAAL:             150

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr11 Econ P2 N15 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-econ-p2-n15-qp-eng/7eff44b0-d238-4c58-8bd2-d5e8edb60783) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [Gr11 Econ P2 N15 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-econ-p2-n15-memo-eng/5e90f3ff-a867-4fa8-96aa-7c768fa903c5) — Economics · Memo · 2015 · Eng
- [ECONOMICS P1 QP ENG GR11 NOV 2015](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-qp-eng-gr11-nov-2015/684febc9-bef9-4583-a90a-17343f308555) — Economics · QP · 2015 · Eng
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-afrikaans/1b85faaa-981a-47a9-a6ab-453a60804c87) — Economics · QP · 2022 · Afr
- [ECONOMICS P2 GR11 QP NOV2022 English](https://www.hlayiso.com/library/economics-p2-gr11-qp-nov2022-english/ea304068-28ba-45cb-af91-8f807835c180) — Economics · QP · 2022 · Eng
- [ECONOMIC P2 GR11 QP NOV2020 ENG D](https://www.hlayiso.com/library/economic-p2-gr11-qp-nov2020-eng-d/bb204f65-bfc3-4053-9394-a1244db47398) — Economics · QP · 2020 · Eng

## More from Grade 11 Economics

- [ECONOMICS P1 GR11 QP NOVEMBER 2025 MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-qp-november-2025-marking-guideline-watermark/50dfb8cd-5e5c-4978-9147-e5988b4d7b5e) — Memo · 2025
- [LP CS Economics Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-cs-economics-grade-11-march-2025-qp-and-memo/5d9f6601-bdd5-43eb-9f96-7f2865b253de) — QP + Memo · 2025
- [ECONOMICS GRADE 11 P2 MG NOV 2024 afrikaans moderated final(1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/economics-grade-11-p2-mg-nov-2024-afrikaans-moderated-final-1-watermark/ee79320c-cb8c-4616-b967-4427ee8c8b49) — Memo · 2024 · Afr
- [Gr 11 Economics P1 (Afrikaans) June 2024 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-economics-p1-afrikaans-june-2024-possible-answers/e44eaa49-7ef0-4d3f-b2fa-223500dfa0c9) — Memo · 2024 · Afr
- [MP Economics Grade 11 June 2024 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-economics-grade-11-june-2024-p2-and-memo/0bc69926-9b81-4107-b5e0-8db54cea1ff1) — Memo · 2024
- [ECONOMICS P1 GR11 MEMO NOV 2023 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/economics-p1-gr11-memo-nov-2023-afrikaans/4d5c41a6-5016-4a68-972e-613a8b5daecc) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
