# Geography Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Geography question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-qp-afr/153c73b3-ee9a-4e4c-8378-98e3c8d20df2
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-qp-afr/153c73b3-ee9a-4e4c-8378-98e3c8d20df2)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2015

                      GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                             *IGEOGA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GEOGRAFIE V1                       (EC/NOVEMBER 2015)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

    2.   Beantwoord ENIGE DRIE vrae van 75 punte vir ŉ totaal van 225 punte.

    3.   Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

    4.   Laat ŉ reël oop tussen die sub-afdelings wat beantwoord word.

    5.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

    6.   Nommer die antwoorde volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
         gebruik word.

    7.   Moet nie in die kantlyn van die ANTWOORDEBOEK skryf nie.

    8.   Indien moontlik, illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme.

    9.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                    GEOGRAFIE V1                                            3

  AFDELING A:           DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

  VRAAG 1

  1.1 Kies vanaf die onderstaande lys ŉ gepaste term wat by die gegewe definisies
      in 1.1.1–1.1.8 pas. Skryf slegs die vraagnommer (1.1.1–1.1.8) neer, en
      langsaan die term van jou keuse:

        Straalstroom; Siklonies; Orografies; Intertropiese Konvergensie Sone;
        Kontinentale klimaat; Maritieme klimaat; Sonstilstand; Dag-en-Nag-eweninge;
        Verwoestyning; Degradeer; Föhn; Moeson

        1.1.1    Die situasie wanneer die son direk bokant ŉ tropiese lyn is

        1.1.2    ŉ Hoë spoed wind in die tropopouse

        1.1.3    ŉ Wind wat deur adiabatiese daling verhit word

        1.1.4    ŉ Wind wat van rigting omswaai in somer en winter

        1.1.5    Grond wat nie meer so produktief soos voorheen is nie

        1.1.6    Tipe klimaat wat deur kusgebiede ervaar word

        1.1.7    Tipe reënval wat voorkom wanneer lug afkoel soos dit teen ŉ berg
                 opstyg

        1.1.8    ŉ Front waar tropiese lugmassas noord en suid van die ewenaar
                 konvergeer                                                    (8 x 1)            (8)

  1.2 Pas die terme/konsepte in KOLOM B by die beskrywings in KOLOM A. Skryf
      slegs letter (A–I) van jou keuse teenoor die vraagnommer (1.2.1–1.2.7) neer,
      1.2.8 J.
               KOLOM A                                            KOLOM B
      1.2.1 ŉ Trap helling wat gevorm word wanneer meer      A Tektoniese
               as een plaat aan die kant van ŉ heuwel             opheffing
               blootgestel word
      1.2.2 Verbinding tussen lae van sedimentêre            B Plaatvloei
               gesteentes
      1.2.3 Steil helling wat hoogliggende gebiede met       C Canyon
               laagliggende gebiede verbind
      1.2.4 Oppervlak erosie wat veroorsaak word deur ŉ      D Struktuur-
               dun laag lopende water gedurende swaar             terrasse
               reënval
      1.2.5 ŉ Plat, verskynsellose oppervlak                 E Antikliene
      1.2.6 ŉ Steil en ruwe landskap                         F Pedivlakte
      1.2.7 Styging van landmassas weens                     G Laagvlak
               aardkorskragte
                                                             H Skiervlakte
                                                             I    Eskarp
                                                                            (7 x 1)               (7)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2015)

    1.3 Verwys na FIGUUR 1.3 wat die wêreld se drukgordels en windpatrone aandui.

        1.3.1   Verskaf ŉ gepaste naam wat winde beskryf wat regdeur die jaar oor
                groot dele van die aarde se oppervlakte waai.              (1 x 1)               (1)

        1.3.2   FIGUUR 1.3 toon winde wat na links in die suidelike halfrond deflekteer
                (afwyk) en na regs in die noordelike halfrond. Noem die krag wat hierdie
                defleksie veroorsaak.                                            (1 x 1)         (1)

        1.3.3   Beskryf kortliks enige DRIE kenmerke van die krag wat jy in
                VRAAG 1.3.2 genoem het.                              (3 x 1)                     (3)

        1.3.4   Verduidelik waarom die ewenaar ŉ area van konvergensie is.         (2 x 1)       (2)

        1.3.5   Patrone van styging en daling, van divergensie en konvergensie, help
                ons om ŉ meer akkurate model van lugsirkulasie te beskryf. Regverdig
                hierdie beskrywing deur in ŉ paragraaf van 8 reëls te verduidelik hoe die
                drie-sel rangskikking hierdie patrone verduidelik.                 (4 x 2)       (8)

    1.4 Verwys na die sinoptiese weerkaart in FIGUUR 1.4 en beantwoord die volgende
        vrae.

        1.4.1   Identifiseer die volgende:

                (a)    Drukselle by A en B                                         (2 x 1)       (2)

                (b)    Die front by C                                              (1 x 1)       (1)

        1.4.2   Bereken die isobar-interval op die kaart.                          (1 x 1)       (1)

        1.4.3   Watter bewys stel voor dat die windspoed by Kaapstad sterker as die
                windspoed by Port Elizabeth is?                              (1 x 2)             (2)

        1.4.4   Vind Gough-eiland en Marion-eiland op die kaart. By watter van hierdie
                eilande is wind amper geostrofies?                             (1 x 1)           (1)

        1.4.5   Verduidelik die rede vir jou antwoord in VRAAG 1.4.4.              (1 x 2)       (2)

        1.4.6   Beskryf enige VIER weerstoestande wat by die Durbanse weerstasie
                aangeteken is.                                           (4 x 1)                 (4)

    1.5 FIGUUR 1.5 illustreer ŉ klassifikasie van massabeweging volgens waterinhoud
        en -spoed.

        1.5.1   Definieer die term massabeweging.                                  (1 x 1)       (1)

        1.5.2   Verskaf die waterinhoud en spoedreikwydte wat met die volgende
                geassosieer word:

                (a)    Moddervloei                                                 (2 x 1)       (2)

                (b)    Rotsstortings                                               (2 x 1)       (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     GEOGRAFIE V1                                        5

        1.5.3    Verduidelik hoe die verskillende grond die graad en spoed van
                 massabeweging beïnvloed.                                (2 x 2)               (4)

        1.5.4    Evalueer die impak wat massabeweging op die omgewing het.       (3 x 2)       (6)

  1.6 FIGUUR 1.6 illustreer ŉ tipiese Karoo landskap wat in gebiede met horisontale
      strata aangetref word:

        1.6.1    Identifiseer die plat-bedekte berg by A.                        (1 x 1)       (1)

        1.6.2    Beskryf die kaprots van hierdie plat-bedekte berg in VRAAG 1.6.1
                 genoem.                                                   (1 x 2)             (2)

        1.6.3    Noem hoe C vanaf A en B onderskei word.                         (1 x 2)       (2)

        1.6.4    Teken ŉ eenvoudige geannoteerde vryhand dwarsprofiel van plat-
                 bedekte berg A om die VIER helling-elemente te illustreer. (4 x 1)            (4)

        1.6.5    Eskarpterugwyking, wat ook bekend staan as terugwaartse erosie, het
                 ŉ belangrike rol in die ontwikkeling van hierdie plat-bedekte berge
                 gespeel. In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik die proses
                 van eskarpterugwyking.                                          (4 x 2)    (8)
                                                                                           [75]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                     GEOGRAFIE V1                           (EC/NOVEMBER 2015)

    VRAAG 2

    2.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae verskaf.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die
        vraagnommer (2.1.1–2.1.8) neer.

         2.1.1   Hellingmislukking verwys na die …

                 A     beweging van sedimente.
                 B     invloed van swaartekrag op sedimente.
                 C     invloed van swaartekrag op ŉ helling.
                 D     mislukking van die interne struktuur van die grond.

         2.1.2   Sedimentêre gesteentes …

                 A     vorm in horisontale lae.
                 B     bestaan hoofsaaklik uit doleriet.
                 C     is altyd weerstandbiedend teen erosie.
                 D     vorm wanneer magma afkoel.

         2.1.3   Topografie verwys na …

                 A     horisontaal liggende gesteentes.
                 B     strukture van gesteentes.
                 C     berge, see en depressies.
                 D     die vorm van die landskap.

         2.1.4   Canyon landskappe is …

                 A     belangrike toeriste-attraksies.
                 B     geskik vir boerdery.
                 C     perfek vir menslike nedersettings.
                 D     moeilik vir menslike nedersettings, maar ideaal om infrastruktuur
                       te ontwikkel.

         2.1.5   Stapelrotse/Tors …

                 A     het gewoonlik ŉ konvekse vorm, steil laer af en geleidelik hoër
                       op.
                 B     is sedimentêre gesteentes wat uit lae wat erodeer bestaan.
                 C     ontwikkel in stollingsgesteentes met krake en nate.
                 D     het getande rande en portale.

         2.1.6   Heuwelandskappe en basalt plato’s ontwikkel in gebiede waar die
                 gesteente-lae …

                 A     horisontaal en eenvormig tot erosie is.
                 B     horisontaal en nie eenvormig tot erosie is nie.
                 C     gestratifiseerd en nie eenvormig tot erosie is nie.
                 D     metamorfies en eenvormig tot erosie is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     GEOGRAFIE V1                                           7

        2.1.7    Kragte soos erosie en neerlating, wat bo-op die aardoppervlakte werk,
                 staan bekend as …

                 A      sametrekkende kragte.
                 B      eksogeniese kragte.
                 C      uitkalwende kragte.
                 D      endogeniese kragte.

        2.1.8    Rivier klowe en see kranse is voorbeelde van …

                 A      primêre hellings.
                 B      sekondêre erosie.
                 C      deponering hellings.
                 D      primêre erosie hellings.                                    (8 x 1)       (8)

  2.2 Verwys na FIGUUR 2.2 wat die verband tussen lugdruk en wind illustreer. Kies
      die korrekte term (EEN) tussen hakies om die stellings waar te maak.

        2.2.1    Ons meet lugdruk in (hektopascal/grade).

        2.2.2    Lyne wat plekke met dieselfde druk verbind staan bekend as
                 (isoterme/isobare).

        2.2.3    Die verskil in druk tussen twee plekke staan bekend as die
                 (drukgradiëntkrag/drukkrag).

        2.2.4    Winde waai altyd vanaf ŉ (2.2.4(a) laag/hoog) na ŉ (2.2.4(b) laag/hoog)
                 druk.

        2.2.5    Die isobarinterval op die kaart is (vier/agt) hektopascal.

        2.2.6    Lug wat op die aardoppervlakte daal veroorsaak ŉ hoogdruk, en
                 vervolgens kom (konvergensie/divergensie) van lug voor.       (7 x 1)            (7)

  2.3 FIGUUR 2.3 illustreer die posisie van die son op twee verskillende plekke in die
      suidelike halfrond. Gebruik die skets om die volgende vrae te beantwoord.

        2.3.1    Definieer die term insolasie.                                      (1 x 1)       (1)

        2.3.2    Die hoeveelheid insolasie wat die aardoppervlakte op ŉ gegewe
                 oomblik binnedring, is afhanklik van die breedtegraad en die spesifieke
                 seisoen. Lys watter faktor (EEN) word deur FIGUUR 2.3 geïllustreer.
                                                                                  (1 x 1)         (1)

        2.3.3    Noem hoe die spesifieke faktor (genoem in VRAAG 2.3.2) die verskil in
                 insolasie op die aardoppervlakte illustreer.                  (1 x 1)            (1)

        2.3.4    Noem die hitte-sone van die aarde wat deur die letter X voorgestel
                 word.                                                           (1 x 1)          (1)

        2.3.5    In FIGUUR 2.3B tref die son die aarde teen ŉ hoek kleiner as 90°.
                 Verduidelik hoe hierdie toestand bydra tot minder radiasie by punt Y.
                                                                                  (2 x 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                      GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2015)

    2.4 Bestudeer FIGUUR 2.4, wat die frekwensie van droogtes in Suidelike Afrika-
        lande oor 50 jaar uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.

         2.4.1   Interpreteer vanaf die kaart die droogtefrekwensie aan die oostelike
                 gedeeltes.                                                        (1 x 1)        (1)

         2.4.2   Watter land, volgens die kaart, het die hoogste droogtefrekwensie
                 binne 50 jaar?                                                   (1 x 1)         (1)

         2.4.3   Hoe kan droogtes deur menslike aktiwiteite veroorsaak word?         (2 x 2)      (4)

         2.4.4   Noem die verwantskap tussen droogtes en aardverwarming.             (1 x 2)      (2)

         2.4.5   Verduidelik hoe dit moontlik is vir lande met ŉ lae jaarlikse reënval om
                 minder droogtes, in vergelyking met lande met ŉ hoër gemiddelde
                 reënval, te ervaar.                                                 (2 x 2)      (4)

         2.4.6   In ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls, verskaf ŉ uiteensetting van die
                 negatiewe impak wat droogtes op die mense van Suidelike Afrika
                 het.                                                             (4 x 2)         (8)

    2.5 FIGUUR 2.5 illustreer asimmetriese rûe (topografie geassosieer met hellende
        gesteentes). Bestudeer die FIGUUR en beantwoord die volgende vrae.

         2.5.1   Klassifiseer asimmetriese rûe A, B en C volgens die hoek van hulle
                 duikhelling.                                                    (3 x 1)          (3)

         2.5.2   Noem die tipe gesteente wat met hellende gesteentelae geassosieer
                 word.                                                         (1 x 1)            (1)

         2.5.3   Beskryf hoe die tipe gesteente (antwoord in VRAAG 2.5.2)
                 asimmetriese rûe veroorsaak.                                        (2 x 2)      (4)

         2.5.4   Beskryf TWEE kenmerke van asimmetriese rug A.                       (2 x 2)      (4)

         2.5.5   Die DRIE asimmetriese rûe wat in FIGUUR 2.5 geïllustreer word, het
                 potensiaal vir menslike aktiwiteite. Verduidelik in ŉ paragraaf van
                 ongeveer 8 reëls hoe hierdie rûe deur mense benut kan word. (4 x 2)              (8)

    2.6 Bestudeer FIGUUR 2.6, wat die verskillende stollingsintrusie-verskynsels
        uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.

         2.6.1   Onderskei tussen intrusiewe en ekstrusiewe stollingsgesteentes. (2 x 1)          (2)

         2.6.2   Identifiseer die stollingsintrusie verskynsels genommer A, B en C.
                                                                                  (3 x 1)         (3)

         2.6.3   Verskaf EEN landvorm wat kan ontwikkel uit verskynsels A en D
                 onderskeidelik, wanneer hulle aan die aardoppervlakte ontbloot
                 word.                                                          (2 x 1)           (2)

         2.6.4   Verduidelik hoe ŉ lopoliet gevorm word.                             (2 x 2)      (4)

         2.6.5   Noem EEN Suid-Afrikaanse voorbeeld van ŉ lopoliet.                  (1 x 1)    (1)
                                                                                               [75]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     GEOGRAFIE V1                                         9

  AFDELING B: ONTWIKKELINGSGEOGRAFIE, HULPBRONNE EN
              VOLHOUBAARHEID

  VRAAG 3

  3.1 Lees die onderstaande stelling en bepaal of die stelling na een van verwys na:

        MOL Mees ontwikkelde lande
        SOL Swak ontwikkelde lande
        NIL Nuut geïndustrialiseerde lande

        Skryf die nommers 3.1.1–3.1.8 onder mekaar neer en kies slegs MOL of SOL
        of NIL om langs die vraagnommer te skryf. Byvoorbeeld 3.1.9 MOL

        3.1.1    Vinnig groeiende ekonomieë

        3.1.2    Hoë vlakke van armoede, swak ekonomieë

        3.1.3    Groeiende ekonomieë met ŉ groot informele sektor

        3.1.4    Toegang tot dienste is uitstekend

        3.1.5    Hierdie lande, volgens die Brandt-verslag is meestal in die noorde

        3.1.6    Kolonialisme het groot negatiewe invloed op hierdie lande gehad

        3.1.7    Sterk ekonomieë, met hoë vlakke van werksgeleenthede

        3.1.8    Hierdie lande baseer hul ontwikkeling op uitvoergerigte produkte (8 x 1)       (8)

  3.2 Verskaf EEN term tussen hakies om elk van die volgende stelling WAAR te
      maak.

        3.2.1    Windkrag is (betroubaar/onbetroubaar) dwarsdeur die jaar.

        3.2.2    Die (Kiotoprotokol/COP 17) wat in 2002 geteken is, vereis lande om hul
                 kweekhuisgasse te verminder.

        3.2.3    Om gebiede op aarde onaangeraak in hul huidige toestand te hou,
                 staan bekend as (bewaring/persevering).

        3.2.4    Die organiese materiaal in grond staan bekend as (bogrond/humus).

        3.2.5    (Ontbossing/Bebossing) is aanplant van bome in gebiede wat
                 voorheen bebos was, maar gestroop is.

        3.2.6    Hidroëlektrisiteit is ŉ (hernubare/nie-hernubare) bron van energie.

        3.2.7    Die energie maatskappy (Eskom/Koeberg) produseer 95% van Suid-
                 Afrika se elektriese energie.                             (7 x 1)              (7)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                   GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2015)

 3.3 Verwys na die sirkel diagram in FIGUUR 3.3, wat wys hoe ŉ landelike vrou in
     Afrika tradisioneel haar tyd spandeer, om die volgende vrae te beantwoord.

       3.3.1   Meld wat jy verstaan onder die term “geslagsrolle”.                (1 x 1)       (1)

       3.3.2   Bereken hoeveel persent word aan rus en slaap, volgens die
               sirkeldiagram, spandeer.                                           (1 x 1)       (1)

       3.3.3   Volgens die sirkeldiagram word vroue in Afrika onderwerp aan
               spesifieke geslagrolle. Verklaar moontlike redes waarom dit veral op
               die Afrika-kontinent die geval is.                               (2 x 2)         (4)

       3.3.4   In ŉ paragraaf (ongeveer 8 reëls) stel moontlike maniere voor van hoe
               regerings op die Afrika-kontinent ekonomiese deelname deur vroue
               kan verbeter, om sodoende hul lewensstandaard te verbeter.       (4 x 2)         (8)

 3.4 Lees deur die gevallestudie in FIGUUR 3.4 oor die Suid-Afrikaanse tekstiel-
     industrie en beantwoord die volgende vrae.

       3.4.1   Definieer die term globalisering.                                  (1 x 1)       (2)

       3.4.2   Lys enige TWEE positiewe impakte van globalisering.                (2 x 2)       (4)

       3.4.3   Verskaf redes waarom moes die Suid-Afrikaanse tekstiel-industrie so
               baie fabrieke en besighede sluit.                              (2 x 2)           (4)

       3.4.4   Evalueer waarom China se klere uitvoere toegeneem het.             (2 x 2)       (4)

 3.5 Lees die koerant artikel Sonkrag verbeter landelike inwoners se lewens
     (FIGUUR 3.5) en beantwoord die volgende vrae.

       3.5.1   Noem wat verstaan jy onder die term, alternatiewe energie’.        (1 x 1)       (1)

       3.5.2   Stel moontlike redes voor waarom ‘Eskom geen onmiddellike planne
               gehad het om die boeredorpie te elektrifiseer nie‘.          (1 x 2)             (2)

       3.5.3   Identifiseer die toestel wat in die boeredorpie gebruik sal word om die
               sonkrag in energie oor te skakel.                                  (1 x 1)       (1)

       3.5.4   Verduidelik hoe elektrisiteit sal help om armoede in die boeredorpie uit
               te wis.                                                           (2 x 2)        (4)

       3.5.5   In ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik die voordele wat
               sonkrag vir die wêreld inhou.                                     (4 x 2)        (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                     GEOGRAFIE V1                                          11

  3.6 Verwys na FIGUUR 3.6, wat ŉ eenvoudige grondprofiel aantoon, en
      beantwoord die volgende vrae.

        3.6.1    Pas die horisonne genommer 1, 2, 3, 4 en 5 met die volgende
                 alternatiewe.

                 R-horison; A-horison; B-horison; O-horison; C-horison             (5 x 1)        (5)

        3.6.2    Gronderosie is die verlies van bo-grond vanaf die grond deur water en
                 wind. Lei af hoe ontbossing tot gronderosie bygedra het.        (1 x 2)          (2)

        3.6.3    Analiseer hoe reënval tot die proses van uitloging gelei het.     (3 x 2)        (6)

        3.6.4    Staaf waarom braking as ŉ effektiewe bestuurstrategie gebruik kan
                 word om gronderosie te voorkom en te beheer.                    (2 x 2)       (4)
                                                                                              [75]

  VRAAG 4

  4.1 Dui aan of die volgende stellings verwys na Hernieubare of Nie-hernieubare
      hulpbronne verwys:

        4.1.1    Windturbines wat energie deur wind opwek

        4.1.2    Spesiale toerusting soos fotovoltaïese panele te gebruik om energie op
                 te vang

        4.1.3    Steenkoollae word gereeld deur groef- of strookmynbou verwyder

        4.1.4    Gas is ŉ fossielbrandstof gevorm uit plantmateriaal

        4.1.5    Eskom bedryf ŉ aantal hidro-elektriese kragstasies

        4.1.6    Papiermeulens gebruik miljoene tonne saagsels en afvalhout om
                 elektrisiteit op te wek

        4.1.7    Etanol as ŉ bio-brandstof word van voedselgewasse gemaak

        4.1.8    Geotermiese energie is energie wat opgegaar word vanuit warm
                 gesteentes onder die aardoppervlakte                         (8 x 1)             (8)

  4.2 Kies uit die onderstaande lys ŉ gepaste term wat by die daaropvolgende
      beskrywing/definisie in VRAAG 4.1.1–4.1.7 pas. Skryf slegs die term van jou
      keuse teenoor die vraagnommer neer.

        Proteksionisme; Handelsblok; Handelsooreenkoms; Vrye handel; Kapitalisme;
        Handelsbalans; Betalingsbalans; Tarief; Ekonomiese ontwikkeling

        4.2.1    Die verhouding tussen die pryse waarteen ŉ land sy uitvoere verkoop
                 en die pryse wat hulle vir invoere betaal

        4.2.2    Die verhouding tussen die waarde van ŉ land se uitvoere en invoere

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                   GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2015)

       4.2.3   ŉ Finansiële opsomming van alle betalings wat ŉ land aan die res van
               die wêreld, binne ŉ jaar, gemaak het

       4.2.4   ŉ Groep lande wat ingestem het om met mekaar handel te dryf

       4.2.5   Belasting wat deur ŉ regering ingesamel word wanneer goedere ŉ land
               binnekom

       4.2.6   ŉ Kontrolering wat handel beperk, terughou of ondersteun in belang
               van die land se eie ontwikkeling

       4.2.7   Om meer vryheid van handel toe te laat                             (7 x 1)       (7)

 4.3 FIGUUR 4.3 is ŉ strokiesprent wat ontwikkeling en uitdagings in Afrika uitbeeld.

       4.3.1   Lys enige TWEE uitdagings uit die strokiesprent wat Afrika se
               ontwikkeling affekteer.                                            (2 x 1)       (2)

       4.3.2   Interpreteer hoe illustreer die strokiesprenttekenaar die uitdagings wat
               Afrika affekteer.                                                  (1 x 2)       (2)

       4.3.3   Ontwikkelingshulp word as ŉ moontlike oplossing tot die uitdagings wat
               Afrika in die gesig staar, gesien. Verduidelik wat jy onder die konsep
               verstaan.                                                          (1 x 2)       (2)

       4.3.4   Verduidelik waarom Afrika aanhou om hierdie uitdagings te het,
               aangesien hulle die ontvangers van ontwikkelingshulp is.       (3 x 2)           (6)

       4.3.5   Die Ebola uitbreek in Wes-Afrika het die lewens van meer as 5 000
               mense in 2014 geëis. Skryf ŉ paragraaf (ongeveer 8 reëls) waarin jy
               analiseer hoe humanitêre hulp die verspreiding van hierdie siekte kon
               verhoed het.                                                     (4 x 2)         (8)

 4.4 Verwys na FIGUUR 4.4 wat die vlakke van ontwikkeling van die BRICS-lande
     aantoon.

       4.4.1   Waarom word die BRICS-lande geklassifiseer as ekonomies minder
               ontwikkelde lande?                                         (1 x 1)               (1)

       4.4.2   Verduidelik die konsep, BBP (Bruto Binnelandse Produk) per capita.
                                                                             (1 x 1)            (1)

       4.4.3   Interpreteer waarom die BBP-groeikoers van Indië en China so hoog
               is.                                                           (1 x 2)            (2)

       4.4.4   Stel moontlike redes voor waarom Rusland die hoogste
               opvoedingsvlakke onder die BRICS-lande het.                        (1 x 2)       (2)

       4.4.5   Benoem die ontwikkelingsmodel wat deur die BRICS-lande gedeel
               word.                                                      (1 x 1)               (1)

       4.4.6   Verduidelik hoe pas die BRICS-lande in by hierdie ontwikkelingsmodel
               (jou antwoord in VRAAG 4.4.5) op ŉ globale en nasionale skaal. (2 x 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                    GEOGRAFIE V1                                          13

  4.5 Verwys na die koerantuittreksel in FIGUUR 4.5 oor kernkrag.

        4.5.1    Wat verstaan jy onder kernenergie.                               (1 x 1)        (1)

        4.5.2    Waarom is kernenergie ŉ nie-hernieubare bron van energie.        (1 x 1)        (1)

        4.5.3    Verduidelik waarom Suid-Afrika se nasionale rooster ekstra energie
                 nodig het.                                                     (2 x 2)          (4)

        4.5.4    In ŉ paragraaf van ongeveer 8 reëls, verduidelik waarom jy dink David
                 Hallowes meen dat die R1tn kernooreenkoms ŉ ramp is.             (4 x 2)        (8)

  4.6 FIGUUR 4.6 toon hulpbronne wat deur Afrika se mense benodig word.

        4.6.1    Wat is hulpbronne?                                               (1 x 1)        (1)

        4.6.2    Identifiseer enige DRIE natuurlike hulpbronne in FIGUUR 4.6.     (3 x 1)        (3)

        4.6.3    Stel TWEE moontlike oorsake van hulpbronuitbuiting sigbaar op die
                 diagram.                                                      (2 x 2)           (4)

        4.6.4    Verduidelik hoe hulpbronne vir die toekomstige generasies bewaar kan
                 word.                                                         (3 x 2)        (6)
                                                                                             [75]

                                                                               TOTAAL:       225

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr11 geog 1 N15 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-qp-eng/6583d00b-b830-4d97-beb7-7024bcbdaca0) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 QP GR11 NOV 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-qp-gr11-nov-2015-eng/6546c7c9-debb-478f-beec-c0460596fdb3) — Geography · QP · 2015 · Eng
- [Gr11 geog 1 N15 ANNEX Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-annex-afr/7e82ebb1-455b-4467-a8ce-71b4407df395) — Geography · Addendum · 2015 · Afr
- [Gr11 geog 1 N15 ANNEX Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-annex-eng/c3011a3b-5687-42af-a7b1-bd8d5f7f8686) — Geography · Addendum · 2015 · Eng
- [Gr11 geog 1 N15 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-1-n15-memo-eng/5125d1fe-a81e-4dd4-b4fb-de70d5842044) — Geography · Memo · 2015 · Eng
- [GEOGRAFIE P2 MEMO NOV 2015 AFR](https://www.hlayiso.com/library/geografie-p2-memo-nov-2015-afr/5f23b327-f9cd-4fc8-862e-b745c089a422) — Geography · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR11 NOV2025 ENGLISH MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-nov2025-english-marking-guideline-watermark/9b7f40b8-89c5-49a9-9b4b-ddaff098de70) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11-nov-2023-english/f52423da-7382-46d7-95f3-acda9a797f0e) — Memo · 2023 · Eng
- [IMG 20231013 WA0020](https://www.hlayiso.com/library/img-20231013-wa0020/f2c2375a-4a33-4c6e-a27d-95cec3c162d9) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
