# Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

> Grade 11 Geography Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-p1-n16-qp-afr/9d649953-c4ac-461e-954e-8086c67806e9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Geography
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Geography](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/geography) › [Geography Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-p1-n16-qp-afr/9d649953-c4ac-461e-954e-8086c67806e9)

## About this document

Geography · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                    NOVEMBER 2016

                      GEOGRAFIE V1

PUNTE:   225

TYD:     3 uur

                           *IGEOGA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     GEOGRAFIE V1                     (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit vier vrae.

 2.    Beantwoord enige DRIE vrae van 75 punte elk.

 3.    Alle diagramme is in die BYLAAG ingesluit.

 4.    Nommer vrae die volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel gebruik
       word. Nommer al jou vrae in die MIDDEL van die lyn.

 5.    Laat ŉ lyn tussen onderafdelings van vrae wat beantwoord word, oop.

 6.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 7.    Moet nie in die kantlyn van die ATWOORDEBOEK skryf nie.

 8.    Illustreer jou antwoorde met geannoteerde diagramme, waar nodig.

 9.    Puntetoekenning is soos volg: 2 × 1 = 2 beteken dat TWEE feite vir EEN punt
                                     elk vereis word
                                     2 × 2 = 4 beteken dat TWEE feite vir TWEE
                                     punte elk vereis word

 10.   Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Noem, Identifiseer, Verskaf,
       Klassifiseer in ŉ vraag gebruik word, is EENWOORD-ANTWOORDE
       aanvaarbaar.
       Wanneer woorde/aksie werkwoorde soos Bespreek, Definieer, Verduidelik,
       Lewer kommentaar, Evalueer, Regverdig, Stel voor en Staaf in ŉ vraag
       gebruik word, word VOLSINNE of frases verwag.
       Alle paragraaftipe-vrae moet in VOLSINNE beantwoord word.

 11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                        GEOGRAFIE V1                                       3

 AFDELING A: FISIESE GEOGRAFIE: DIE ATMOSFEER EN GEOMORFOLOGIE

 Beantwoord ten minste EEN vraag in hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING
 A beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING B beantwoord.

 VRAAG 1

 1.1   FIGUUR 1.1 is ŉ sinoptiese weerkaart, gedurende ŉ sekere seisoen opgestel.
       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die meervoudigekeuse-vrae
       hieronder verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf slegs letter (A tot D) langs
       die vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.8) in jou ANTWOORDEBOEK.

       1.1.1    Lugdruk word in … gemeet.

                A     millimeter
                B     millibar
                C     grade celsius
                D     kilometer per uur

       1.1.2    Die lyne wat atmosferiese druk op sinoptiese weerkaarte uitbeeld, staan
                bekend as …

                A     isoterme.
                B     isohiëte.
                C     isobare.
                D     kontoere.

       1.1.3    Die atmosferiese druklesing by die letter A, is ongeveer … hektopascal.

                A     1028
                B     1030
                C     1024
                D     1000

       1.1.4    Die lugbeweging rondom weersisteem B is …

                A     kloksgewys.
                B     antikloksgewys.
                C     dalend.
                D     uitwaaiend.

       1.1.5    Die atmosferiese druksisteem wat deur die letter C uitgebeeld word is ŉ
                …

                A     wig.
                B     trog.
                C     saal.
                D     laagdruk.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                      GEOGRAFIE V1                       (EC/NOVEMBER 2016)

      1.1.6    Die atmosferiese druksisteme A en D is dele van die … gordel.

               A      polêre hoogdruk
               B      sub-polêre laagdruk
               C      sub-tropiese hoogdruk
               D      ekwatoriale laagdruk

      1.1.7    Die winde by weerstasie E is geostrofies omdat …

               A      die hoogdruk die lugbeweging domineer.
               B      dit by beide weerstasies bewolk is.
               C      coriolis-krag en drukgradiëntkrag in balans is.
               D      die weerstasies baie na aanmekaar geleë is.

      1.1.8    Die sinoptiese weerkaart verteenwoordig somertoestande in Suid-Afrika
               omdat die volgende aanduidings op die kaart voorkom. Kies die
               aanduiding wat NIE pas nie.

               A      Hoë temperature oor die binneland
               B      ITKS is op die Kreefskeerkring
               C      Laagdruk oor die binneland
               D      Hoogdruksisteme het meer suidwaarts beweeg                (8 × 1)     (8)

 1.2 Verskaf die name van die intrusiewe stollingsgesteentes waarna die
     onderstaande beskrywings verwys. Skryf SLEGS die letter (A tot F) vanaf die
     skets (FIGUUR 1.2) langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.7) neer. Een letter
     kan meer as een keer gebruik word, bv. 1.2.8 G.

      1.2.1    Die Bosveldstollingskompleks is ŉ voorbeeld van hierdie intrusie.

      1.2.2    Hierdie intrusie is nog steeds aan die magmakamer verbind.

      1.2.3    Verskaf die letter wat ŉ plaat voorstel.

      1.2.4    Alleenstaande heuwels word ontbloot nadat eksogenetiese kragte die
               bolae verwyder het.

      1.2.5    Die landvorm wat ontstaan na ekstrusiewe stollingsaktiwiteit.

      1.2.6    Die intrusie wat ontwikkel het as gevolg van die gewig van die
               oorliggende strata op die magma.

      1.2.7    Een van die kenmerke van hierdie intrusie is dat dit ŉ sampioenvorm het.
                                                                                (7 × 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                     GEOGRAFIE V1                                         5

 1.3 Gebruik die inligting in FIGUUR 1.3 wat globale lugsirkulasie aandui en
     beantwoord die vrae wat volg.

       1.3.1    Noem die lugdrukgordel by A.                                     (1 × 1)     (1)

       1.3.2    Identifiseer die windgordel by B.                                (1 × 1)     (1)

       1.3.3    Verduidelik waarom die wind by B in ŉ westelike rigting beweeg. (1 × 2)      (2)

       1.3.4    Verduidelik die rol van die winde by B in die ontwikkeling van
                cumulonimbus wolke.                                      (2 × 2)             (4)

       1.3.5    In ŉ paragraaf van AGT reëls, bespreek hoe die lugsirkulasiesel by C
                ontwikkel het.                                                (4 × 2)        (8)

 1.4 Lees die artikel, Landbou minister het hernude hoop dat SA die droogte sal
     oorleef, FIGUUR 1.4 en beantwoord die volgende vrae.

       1.4.1    Wat is ŉ droogte?                                                (1 × 1)     (1)

       1.4.2    Onderskei tussen ŉ meteorologiese en landboukundige droogte. (1 + 1)         (2)

       1.4.3    Noem EEN korttermyn effek, genoem in die artikel, wat die droogte op
                die ekonomie van Suid-Afrika het.                             (1 × 1)        (1)

       1.4.4    Verduidelik wat die minister bedoel wanneer hy sê dat die ‘droogte...die
                armstes die hardste getref’ het.                                (2 × 2)      (4)

       1.4.5    Stel DRIE maniere voor hoe die regering kan help om die negatiewe
                gevolge van droogtes in Suid-Afrika te bestuur.            (3 × 2)           (6)

 1.5 Bestudeer FIGUUR 1.5 wat inligting oor die Deccanplato, wat ŉ basaltiese plato
     in Indië is, en beantwoord die vrae wat volg.

       1.5.1    Watter tipe gesteentes word met basaltiese berge geassosieer? (1 × 1)        (1)

       1.5.2    Noem die bergreekse aan beide kante van die Deccanplato.         (2 × 1)     (2)

       1.5.3    Hoe ontstaan basaltiese plato’s?                                 (2 × 2)     (4)

       1.5.4    Lyn A op die foto verteenwoordig die hoogte van die bergreeks.
                Verduidelik waarom die hoogte dieselfde oor tyd gebly het. (1 × 2)           (2)

       1.5.5    Verduidelik waarom basaltiese plato’s min reënval ontvang.       (1 × 2)     (2)

       1.5.6    Evalueer die ekonomiese belangrikheid van horisontale landskappe
                soos die basaltiese plato’s.                               (2 × 2)           (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2016)

 1.6 Bestudeer FIGUUR 1.6, wat stapelrotse (tors) voorstel en beantwoord die vrae
     wat volg.

      1.6.1    Noem EEN stollingsintrusie waaruit stapelrotse kan ontstaan.   (1 × 1)     (1)

      1.6.2    As wat staan die gesteentes by A bekend gedurende die proses van
               stapelrotsvorming?                                        (1 × 1)          (1)

      1.6.3    Benoem die tipe stollingsgesteentes waaruit A bestaan.         (1 × 1)     (1)

      1.6.4    Lewer kommentaar oor die redes waarom daar ŉ verskil in die huidige
               hoogte van die oppervlak is, alhoewel die oorspronklike hoogte
               dieselfde was.                                              (2 × 2)        (4)

      1.6.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verduidelik hoe stapelrotse
               ontwikkel.                                                 (4 × 2)         (8)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    GEOGRAFIE V1                                         7

 VRAAG 2

 2.1 Bestudeer die skets, FIGUUR 2.1, wat die ontwikkeling van Föhnwinde illustreer.
     Kies die korrekte antwoord tussen hakies om die stelling waar te maak. Skryf
     SLEGS die korrekte antwoord teenoor die vraagnommer (2.1.1 tot 2.1.7) neer,
     bv. 2.1.8 klimatologie.

       2.1.1    Die dalende lug by A is aan die (windkant/lykant) van die berg geleë.

       2.1.2    Die vervaltempo by B staan bekend as die (nat adiabatiese/droë
                adiabatiese) vervaltempo.

       2.1.3    Die vervaltempo by C is (0,5⁰Cper 100 m/1⁰C per100 m).

       2.1.4    Die doupunttemperatuur word by ongeveer (500 m/800 m) bereik.

       2.1.5    Die lugtemperatuur by D sal (16 ⁰C/18 ⁰C) wees.

       2.1.6    Die kontinent waar die Föhnwinde, in die skets waai is
                (Noord-Amerika/Europa).

       2.1.7    ŉ Soortgelyke wind aan dié van A waai by die kusgebiede van Suid-
                Afrika, en staan as die (bergwind/chinook) bekend.         (7 × 1)          (7)

 2.2 FIGUUR 2.2 beeld struktuurlandskappe uit, wat in horisontaalliggende en
     gelaagde strata aangetref word. Kies die korrekte letter tussen hakies wat die
     verskynsel wat beskryf word verteenwoordig. Skryf SLEGS die letter vanaf die
     skets langs die vraagnommer (2.2.1 tot 2.2.8) neer, bv. 2.2.9 Geomorfologie.

       2.2.1    Landvorm (A/B) staan bekend as ŉ butte.

       2.2.2    Homoklinale rûe word by (D/E) aangetref.

       2.2.3    Die landvorm (F/G) word met gelaagde strata geassosieer.

       2.2.4    (X/Y) is die duikhelling van die landvorm by D.

       2.2.5    Die landvorme by (A/D) ontwikkel uit ŉ canyonlandskap.

       2.2.6    Die gesteentes by (X/Y) is minder weerstandbiedend.

       2.2.7    Bosbou sal by (X/Y) voorkom.

       2.2.8    Hellingterugwyking sal by (C/D) domineer.                       (8 × 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2016)

 2.3 FIGUUR 2.3 is ŉ voorstelling van moesontoestande oor die sub-kontinent van
     Indië.

      2.3.1    Wat is die ITKS?                                                   (1 × 1)    (1)

      2.3.2    Verduidelik hoe die ITKS ŉ rol in die formasie van moeson toestande
               oor Indië speel.                                             (2 × 2)          (4)

      2.3.3    Waarom verander die winde by A vanaf ŉ suidoostelike na ŉ
               suidwestelike rigting?                              (2 × 2)                   (4)

      2.3.4    Lewer kommentaar oor die feit dat die somermoeson beide ŉ seën en
               ŉ vloek vir die bevolking van Indië is.                    (3 × 2)            (6)

 2.4 FIGUUR 2.4 is ŉ spotprenttekenaar se indruk van die atmosferiese toestande
     rakende die ontstaan van die El-Niño verskynsel. Verwys na die prente en
     beantwoord die volgende vrae.

      2.4.1    Noem die globale winde wat deur die blaas van die persoon in die skets
               voorgestel word.                                               (1 × 1)        (1)

      2.4.2    Verduidelik die rol wat hierdie winde (antwoord by VRAAG 2.4.1) speel
               in die ontwikkeling van die El-Niño verskynsel.               (2 × 2)         (4)

      2.4.3    Bespreek hoe die verskuiwing van die wolke die boerdery-aktiwiteite, in
               lande soos Australië en Indonesië rondom A, beïnvloed.         (1 × 2)        (2)

      2.4.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die impak van die
               verskillende opwellingsituasies, op die sketse, op die visbedryf van Chili
               en Peru by B.                                                      (4 × 2)    (8)

 2.5 Bestudeer FIGUUR 2.5, wat die verskillende hellingelemente uitbeeld, en
     beantwoord die vrae wat volg.

      2.5.1    Identifiseer die helling element by A en verskaf die tipe massa-
               beweging wat by hierdie helling sal domineer.             (1 + 1)             (2)

      2.5.2    Benoem die geomorfologiese proses wat verantwoordelik is vir die
               vorming van die talushelling.                            (1 × 1)              (1)

      2.5.3    Verduidelik waarom die talushelling ŉ konstante gradiënt behou. (1 × 2)       (2)

      2.5.4    Lewer kommentaar oor die verskil tussen die plantegroei by B en C
               onderskeidelik.                                             (2 × 2)           (4)

      2.5.5    Evalueer die impak van helling B vir menslike aktiwiteite.         (2 × 2)    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                   GEOGRAFIE V1                                        9

 2.6 Verskillende tipes massabeweging word in FIGUUR 2.6 uitgebeeld. Verwys na
     die sketse en beantwoord die vrae wat volg.

       2.6.1    Definieer die term massabeweging.                             (1 × 1)     (1)

       2.6.2    Lewer kommentaar oor die moontlike oorsaak van hierdie tipe massa-
                beweging by A.                                              (1 × 2)       (2)

       2.6.3    Verduidelik hoe ontbossing by B, die massabeweging deur die skets
                geïllustreer, vermeerder het.                              (1 × 2)        (2)

       2.6.4    Lewer kommentaar oor die gevare wat die tipe massabeweging by C vir
                die mense, wat rondom die basis van die helling woon, inhou.
                                                                             (2 × 2)      (4)

       2.6.5    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, bespreek strategieë wat jy sal
                implementeer om die gebied by C te stabiliseer.              (4 × 2)      (8)
                                                                                         [75]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                    GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B: ONTWIKKELING EN NATUURLIKE HULPBRONNE

 Beantwoord ten minste EEN vraag uit hierdie afdeling. As jy EEN vraag uit AFDELING
 B beantwoord, MOET jy TWEE vrae uit AFDELING A beantwoord.

 VRAAG 3

 3.1 FIGUUR 3.1 toon die verskillende fases van Rostow se ekonomiese
     ontwikkelingsmodel. Noem die fase van die model waarna die volgende
     beskrywings verwys. Skryf SLEGS die korrekte fase langs die vraagnommer
     (3.1.1 tot 3.1.8), bv. 3.1.9 Rostow.

      3.1.1    Landbou word gekommersialiseerd en geïndustrialiseerd.

      3.1.2    Die aantal mense wat in landbou werk, neem af.

      3.1.3    Vinnige verstedeliking vind plaas.

      3.1.4    Daar is min kapitaal (geld) vir ontwikkeling.

      3.1.5    Die produksie van verbruikersgoedere neem toe.

      3.1.6    ŉ Land met ŉ menslike ontwikkelingsindeks (MOI) van 0,9.

      3.1.7    Aantal en tipe industrieë vermeerder.

      3.1.8    Bestaanslandboukundige ekonomie domineer.                        (8 × 1)    (8)

 3.2 Kies ŉ term uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas. Skryf SLEGS
     die letter (A tot H) langs die vraagnommer (3.2.1 tot 3.2.7) neer, bv. 3.2.8 J.

                             KOLOM A                                 KOLOM B
      3.2.1    Die aantal koolstof wat ŉ persoon bydra tot die A    Termiese
               besoedeling van die atmosfeer deur sy/haar           energie
               daaglikse leefwyse.

      3.2.2    ŉ Stof wat atoombestraling vrystel.              B   Kinetiese energie

      3.2.3    Die konferensie rakende klimaatverandering in C      Koolstof-
               Durban.                                              voetspoor

      3.2.4    Energie wat vrygestel word wanneer hitte vanaf D     Konvensionele
               een bron na ŉ ander oorgedra word.                   energiebronne

      3.2.5    Gestoorde energie wat deur beweging vrygestel E      Radio-aktief
               word.

      3.2.6    Die metings wat geneem word om die tipe en F         COP 17
               aantal energie wat gebruik word, te reguleer.

      3.2.7    Bestaan uit fossielbrandstowwe en ander nie- G Energie bestuur
               hernubare hulpbronne.

                                                                H   Kioto-protokol
                                                                               (7 × 1)     (7)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                     GEOGRAFIE V1                                          11

 3.3 Verwys na FIGUUR 3.3 wat ongelykhede tussen in ontwikkeling tussen
     ontwikkelende en ontwikkelde lande illustreer.

       3.3.1    Hoe beeld die illustrasies ongelykhede in ontwikkeling uit?        (1 × 1)     (1)

       3.3.2    Noem TWEE lewenstoestande rakende ontwikkelende lande wat deur
                die spotprentekenaar uitgebeeld word.                   (2 × 1)                (2)

       3.3.3    Deur na die inligting op die sketse te verwys, onderskei tussen die lande
                deur na EEN ekonomiese en TWEE sosiale aanwysers van ontwikkeling
                te verwys.                                                         (3 × 2)     (6)

       3.3.4    Gebruik beide die sketse en die driehoeksgrafiek om die volgende vrae
                te beantwoord.

                (a)   Watter van die letters op die grafiek (X of Y) verteenwoordig die
                      werkersmag van ontwikkelde lande?                         (1 × 2)        (2)

                (b)   Verduidelik jou antwoord vir VRAAG 3.3.4(a).                 (2 × 2)     (4)

 3.4 Die uittreksel en kaart in FIGUUR 3.4 toon teenstellende sienswyses oor
     globalisering en multinasionale korporasies. Bestudeer hierdie sienswyses en
     beantwoord die volgende vrae.

       3.4.1    Wat is ŉ multinasionale korporasie?                                (1 × 1)     (1)

       3.4.2    Noem TWEE negatiewe sienswyses wat mense oor multinasionale
                korporasies het, volgens die uittreksel.            (2 × 1)                    (2)

       3.4.3    Verduidelik die teenstellende sienswyses rakende globalisering wat
                deur die uittreksel en kaart uitgebeeld word.                (2 × 2)           (4)

       3.4.4    In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, evalueer die positiewe impak
                wat multinasionale korporasies mag hê om beide die ekonomie en
                dienste van Derde Wêreld lande te verbeter.                  (4 × 2)           (8)

 3.5 Die illustrasies in FIGUUR 3.5 toon metodes wat aangewend word om
     gronderosie te voorkom.

       3.5.1    Noem die gronderosie voorkomingspraktyke by A en B onderskeidelik.
                                                                           (2 × 1)             (2)

       3.5.2    Waarom is grond ŉ nie-hernubare hulpbron?                          (1 × 1)     (1)

       3.5.3    Verduidelik TWEE voordele van metode A, as ŉ grondbeskermings-
                metode.                                                 (2 × 2)                (4)

       3.5.4    Die volhoubare bestuur van gronderosie is belangrik vir lande soos Suid-
                Afrika. Bespreek in ŉ paragraaf van AGT reëls die negatiewe effekte
                wat gronderosie op die breër ekonomie van Suid-Afrika sal het. (4 × 2)         (8)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                    GEOGRAFIE V1                          (EC/NOVEMBER 2016)

 3.6 Die uittreksel in FIGUUR 3.6, is uitgehaal uit president Zuma se Staatsrede van
     2015. Lees dit sorgvuldig en beantwoord die volgende vrae.

      3.6.1    Noem EEN kort en mediumtermyn plan wat die regering wil
               implementeer om Suid-Afrika se elektriese uitdagings te hanteer.
                                                                               (1 × 1)       (1)

      3.6.2    “Die langtermyn plan sluit in die finalisering van ons langtermyn energie
               sekuriteitsmeesterplan”, volgens president Zuma. Verduidelik TWEE
               maatreëls wat jy in so ‘meesterplan’ sal insluit om sodoende die energie-
               uitset van Suid-Afrika te vermeerder.                              (2 × 2)    (4)

      3.6.3    Eskom is geforseer om beurtkrag as ŉ maatreël te gebruik om die druk
               op kragstasies te verminder. Bespreek die effekte wat beurtkrag op klein
               besighede het.                                                   (2 × 2)      (4)

      3.6.4    Die gebruik van dieselkragopwekkers deur Eskom, om die gaping te vul
               wanneer kragvoorrade laag is, is ŉ algemene praktyk. Evalueer hoe
               volhoubaar hierdie proses vir die land as geheel, is.        (3 × 2)          (6)
                                                                                            [75]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                          GEOGRAFIE V1                                      13

 VRAAG 4

 4.1   Verskaf die term/woord vanaf die onderstaande lys watter beskrywing by die
       daaropvolgende vrae pas.       Skryf SLEGS die korrekte term langs die
       vraagnommer (4.1.1 tot 4.1.7) neer, bv. 4.1.8 Ontwikkeling.

                Embargo        Humanitêre hulp                      Invoer kwotas
                Handelsbalans   Bilaterale hulp            Ekonomiese ontwikkeling
                Proteksionisme                                    Betalingsbalans

       4.1.1    Die vermoë van ŉ land om toegang tot sy hulpbronne te hê om
                ekonomiese rykdom te skep.

       4.1.2    Die balans tussen die geldelike waarde van ŉ land se uitvoere en
                invoere.

       4.1.3    Beperkings op invoergoedere, rakende hul gewig, volume en waarde.

       4.1.4    Die invoer van goedere uit ander lande is beperk.

       4.1.5    Handelsversperrings word gebruik om die instroom van kommoditeite,
                wat plaaslike produksie mag bedreig, te verhoed.

       4.1.6    Direkte hulp vanaf een land na ŉ ander.

       4.1.7    Hulp vir individue of lande in tye van natuurlike rampe of burgerlike
                konflik.                                                      (7 × 1)           (7)
                                                                                                 `
 4.2   FIGUUR 4.2 is sketse van verskillende bronne vir elektriese-/kragopwekking.
       Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die onderstaande vrae
       verskaf. Kies die korrekte antwoord en skryf SLEGS letter (A tot D) langs die
       vraagnommer (4.2.1 tot 4.2.8) in jou ANTWOORDEBOEK.

       4.2.1    Watter van die hulpbronne is nie ŉ hernubare hulpbron nie?

                A     Biomassa
                B     Water
                C     Natuurlike gas
                D     Wind

       4.2.2    Watter tipe elektrisiteit word geproduseer in vulkaniese gebiede, waar
                die hitte van die gesteentes gebruik word om genoeg energie op te wek?

                A     Petroleum
                B     Steenkool
                C     Geo-termiese
                D     Hidro-elektrisiteit

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                     GEOGRAFIE V1                      (EC/NOVEMBER 2016)

      4.2.3    Verskaf die naam van die energie wat etanolbrandstof deur die gebruik
               van suiker en mielies produseer.

               A      Biomassa
               B      Geo-termies
               C      Kernkrag
               D      Termiese krag

      4.2.4    Watter van die volgende bronne is nie ŉ fossielbrandstof nie?

               A      Olie
               B      Natuurlike gas
               C      Uraan
               D      Steenkool

      4.2.5    Waar panele gebruik word om elektrisiteit te produseer.

               A      Steenkool
               B      Son
               C      Geo-termies
               D      Wind

      4.2.6    Die bron wat kernkrag produseer.

               A      Uraan
               B      Steenkool
               C      Petroleum
               D      Natuurlike gas

      4.2.7    Watter van die volgende bronne het massiewe potensiaal, maar word in
               Suid-Afrika onderbenut?

               A      Uraan
               B      Steenkool
               C      Water
               D      Geo-termies

      4.2.8    Watter van die bronne veroorsaak meer suurreën in stedelike gebiede?

               A      Natuurlike gas
               B      Biomassa
               C      Uraan
               D      Steenkool                                                (8 × 1)     (8)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    GEOGRAFIE V1                                         15

 4.3 Lees die uittreksel oor Regverdige handel (FIGUUR 4.3) en beantwoord die
     volgende vrae.

       4.3.1    Definieer die term Regverdige handel.                            (1 × 1)    (1)

       4.3.2    Noem EEN manier hoe regverdige handel boere in ontwikkelende lande
                bevoordeel.                                                 (1 × 1)         (1)

       4.3.3    Verduidelik hoe regverdige handel verbruikers kan help om armoede te
                verminder, as gevolg van daaglikse inkopies, soos dit in die uittreksel
                genoem word.                                                    (1 × 2)     (2)

       4.3.4    Bespreek TWEE ooreenkomste tussen regverdige handel en vrye
                handel.                                              (2 × 2)                (4)

       4.3.5    Om as regverdige handel gesertifiseer te kan word, moet produseerders
                die omgewing goed beskerm, wanneer volhoubare landbou ontwikkel
                word. In ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls, verskaf VIER kriteria wat
                produseerders moet handhaaf om omgewingstandaarde, in regverdige
                handel, behoue te laat bly.                                    (4 × 2)      (8)

 4.4 Bestudeer FIGUUR 4.4, ŉ staafgrafiek wat geslagsverskille tussen werkende
     minute, in sekere lande uitbeeld en beantwoord die volgende vrae.

       4.4.1    Wat is geslagsgelykheid?                                         (1 × 1)    (1)

       4.4.2    Watter land toon ŉ regverdige balans tussen betaalde en onbetaalde
                werkende minute vir vroue?                                  (1 × 1)         (1)

       4.4.3    Bespreek sigbare kenmerke op die grafiek rakende betaalde en
                onbetaalde werkende minute tussen mans en vrouens.     (2 × 2)              (4)

       4.4.4    Lewer kommentaar oor die houding van sekere regerings van derde
                wêreld lande omtrent vroue se toegang tot hulpbronne.    (2 × 2)            (4)

       4.4.5    Verduidelik waarom vroue belangrik vir ekonomiese ontwikkeling van
                derde wêreld lande is.                                      (2 × 2)         (4)

 4.5 Die foto, FIGUUR 4.5, illustreer die nievolhoubare gebruik van ŉ hulpbron.
     Gebruik die foto om die volgende vrae te beantwoord.

       4.5.1    Watter term word gebruik om die proses in die foto te beskryf?   (1 × 1)    (1)

       4.5.2    Verduidelik waarom die hulpbron in die foto gesien kan word as ŉ
                hernubare hulpbron.                                        (1 × 2)          (2)

       4.5.3    Waarom dink jy, kan die gebruik van die hulpbron soos waargeneem op
                die foto, gesien word as hulpbron uitputting en nie hulpbron uitbuiting
                nie?                                                            (1 × 2)     (2)

       4.5.4    Bespreek die impak wat hierdie nievolhoubare gebruik van die hulpbron
                op die omgewing sal het.                                       (2 × 2)      (4)

       4.5.5    Hoe kan die hulpbron in die foto die plaaslike gemeenskap help met
                ekonomiese ontwikkeling?                                    (2 × 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                                   GEOGRAFIE V1                        (EC/NOVEMBER 2016)

 4.6 Verwys na die diagram, FIGUUR 4.6, wat die verskillende kragstasies uitbeeld
     wat tot die nasionale energierooster in Suid-Afrika bydra.

      4.6.1    Noem die tipe kragstasies A, B en C onderskeidelik.             (3 × 1)     (3)

      4.6.2    Vanaf die skets, identifiseer TWEE gebruike van elektrisiteit in Suid-
               Afrika.                                                         (2 × 1)     (2)

      4.6.3    Bespreek die impak van kragstasie B op die omgewing.            (2 × 2)     (4)

      4.6.4    Gebruik die diagram wat aantoon hoe krag by B opgewek word, om die
               proses van termiese elektrisiteitsopwekking in ŉ paragraaf van AGT
               reëls te verduidelik.                                        (4 × 2)        (8)
                                                                                          [75]

                                                                            TOTAAL:       225

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr11 GEOG P1 N16 add Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-p1-n16-add-afr/159d155e-843a-4d7a-8bfc-842d03db6ca3) — Geography · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 GEOG P1 N16 add Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-p1-n16-add-eng/88536bda-bd84-4d09-bab5-2eb2c0358282) — Geography · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 GEOG P1 N16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-p1-n16-memo-afr/aa27028e-59fc-4b71-878c-eb2899b1158c) — Geography · Memo · 2016 · Afr
- [Gr11 GEOG P2 N16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-geog-p2-n16-qp-afr/ed957a62-67eb-4174-8f02-b7a71a245953) — Geography · QP · 2016 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 QP GR11 NOV 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-qp-gr11-nov-2022-english/f5a68a16-6a2a-4b2d-ba45-65cef0f8f16a) — Geography · QP · 2022 · Eng
- [GEOGRAPHY P1 GR11 QP NOV2020 Afr D](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-gr11-qp-nov2020-afr-d/1aba3978-e8f3-4ca2-ad1c-7fb4e9e46738) — Geography · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Geography

- [GEOGAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/geogaphy-p1-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/f4dc79b3-16ce-4c85-bce6-b0b3d628919b) — Memo · 2025 · Eng
- [GEOGRAPHY P2 GR11 NOV2025 ENGLISH MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p2-gr11-nov2025-english-marking-guideline-watermark/9b7f40b8-89c5-49a9-9b4b-ddaff098de70) — Memo · 2025 · Eng
- [FS Geography Grade 11 March 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/fs-geography-grade-11-march-2025-qp-and-memo/971937cb-0cd1-4f4b-ac7c-d89c3464de70) — QP + Memo · 2025
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11NOV 2024 AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11nov-2024-afr-watermark/f29b99c3-25d5-4fea-b032-0ce54ac414f2) — Memo · 2024 · Afr
- [GEOGRAPHY P1 MEMO GR11 NOV 2023 English](https://www.hlayiso.com/library/geography-p1-memo-gr11-nov-2023-english/f52423da-7382-46d7-95f3-acda9a797f0e) — Memo · 2023 · Eng
- [IMG 20231013 WA0020](https://www.hlayiso.com/library/img-20231013-wa0020/f2c2375a-4a33-4c6e-a27d-95cec3c162d9) — QP · 2023

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
