# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n15-add-afr/3fdd8c3f-b78d-4796-99a3-d6c8f91da556
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n15-add-afr/3fdd8c3f-b78d-4796-99a3-d6c8f91da556)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        NASIONALE
    SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 11

        NOVEMBER 2015

        GESKIEDENIS V1
          ADDENDUM

            *IHISTA3*

  Hierdie addendum bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                               (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 1:        HOE HET DIE MASSA MOBILISASIE VAN DIE MENSE GELEI
                TOT DIE ONDERGANG VAN DIE TSARISTIESE BEWIND IN
                RUSLAND IN 1917?

BRON 1A

Hierdie bron verduidelik sommige van die redes van ongelukkigheid vanaf die
gewone mense teen die regering van Rusland.

Die houding van die regering teenoor hervorming het vyandig gebly. Die
industriële vooruitgang van die laat 1890’s het aan Rusland ŉ geleentheid gebied
om haarself te moderniseer. Dit sou beteken dat Rusland nie net ekonomies moes
vorder nie, maar ook polities verander. Die tsaar was nie bereid om dit te doen.
Dit sou nie so baie saak gemaak het as die stelsel doeltreffend was nie. Maar die
tsaristiese outokrasie was beide onderdrukkend en ondoeltreffend. Dit het die
progressiewe elemente in die samelewing teen die tsaar gedraai omdat hulle geen
moontlikheid van ware vordering in Rusland kon sien solank die regering en
administrasie in onbekwame hande was nie.

                         [Aangepas uit: Reaksies en Omwentelinge: Rusland 1881 – 1924, M. Lynch]

BRON 1B

Hierdie bron verwys na die 1905-rewolusie in Rusland en was gerig teen die
oppergesag van Tsaar Nicholas II.

Die Russiese mense het meer en meer onverdraagsaam geraak teen die
onbekwame, outokratiese leierskap wat vir die ekonomiese swaarkry
verantwoordelik was. As gevolg hiervan het hulle ŉ massa-optog in St. Petersburg
georganiseer wat deur ŉ priester, Vader Gapon, gelei was. Die hoofdoel van die
optog was om aan die tsaar ŉ petisie te oorhandig wat die griewe van die mense
verteenwoordig het. Die tsaar se weermag het op die ongewapende skares gevuur
en baie is doodgeskiet. Die nuus van die geweld het oor die hele land versprei.
Geweld en onrus het dwarsdeur Rusland uitgebreek soos die mense hul woede
teen die tsaar gedemonstreer het. Omdat die onrus ongekoördineerd was, was
die tsaar in staat was om sy mag te behou.

                         [Uit: Making History, Leerderboek Graad 11, R. Deftereos et al, bladsy 109]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                    GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             3

 BRON 1C

 Dit bronne verwys na die 1917 Februarie-rewolusie in Rusland en die gevolge
 daarvan.

 Die Februarie-rewolusie (bekend as sodanig as gevolg van die gebruik in Rusland
 van die Juliankalender tot Februarie 1918) het op 8 Maart 1917 begin (of 23
 Februarie op die Juliankalender), toe betogers wat aangedring (eis) het op brood
 hulle na die strate in die Russiese hoofstad van Petrograd geneem het (nou
 genoem St. Petersburg). Ondersteun deur groot skares van stakende industriële
 werkers, het die betogers met die polisie gebots, maar geweier om die strate te
 verlaat. Op 10 Maart het die staking versprei onder al die werkers van Petrograd
 en die geïrriteerde (kwaad) skare het polisiestasies vernietig. Verskeie fabrieke
 het afgevaardigdes verkies na die Petrograd Sowjet, of raad van
 werkerskomitees, na aanleiding van die model wat gedurende die 1905-revolusie
 ontwerp was. Op 11 Maart was die troepe van die Petrogradweermag-garnisoen
 gevra om die opstand te onderdruk. In sommige van die botsings het regimente
 losgebrand en betogers doodgemaak, maar die betogers het in die strate gebly
 en die troepe het begin wankel. Daardie dag, het Nicholas weer die Duma
 ontbind. Op 12 Maart het die revolusie geseëvier toe die een regiment na die
 ander regiment van die Petrogradgarnisoen oorgeloop het na die betogers. Die
 soldate het daarna komitees gevorm wat afgevaardigdes na die Petrograd Sowjet
 verkies het. Die imperiale regering was gedwing om te bedank, en die Duma het
 ŉ voorlopige regering gevorm wat vreedsaam meegeding het met die Petrograd
 Sowjet vir die beheer van die revolusie. Op 14 Maart het die Petrograd Sowjet
 Bevel 1 uitgereik wat Russiese soldate en matrose opdrag gegee het om slegs
 bevele te eerbiedig wat nie teenstrydig met die voorskrifte van die Sowjet was nie.
 Die volgende dag, 15 Maart, het Tsaar Nicholas II die troon geabdikeer ten
 gunste van sy broer Michael (1878-1918), wie se weiering daarvan ŉ einde aan
 die tsaristiese outokrasie gebring het.

                      [Uit: www.history.com/topics/vladimir-lenin – Toegang op 26 Desember 2014 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2015)

    BRON 1D

    Hierdie bron verwys na die 1917 Oktober-rewolusie wat uiteindelik Tsaar
    Nicholas II gedwing het om die troon oor te gee.

    Teen September 1917 het Lenin geglo dat die Russiese mense gereed was vir
    nog ŉ rewolusie. Ander Bolsjewistiese leiers was egter nie heeltemal oortuig
    daarvan nie. Op 10 Oktober, was ŉ geheime vergadering van die Bolsjewistiese
    Party leiers gehou. Lenin het al sy oorredingsvermoë gebruik om die ander te
    oortuig dat die tyd vir ŉ gewapende opstand ryp was. Nadat daar deur die nag
    gedebatteer was, het ŉ stemming die volgende oggend plaasgevind; dit was tien
    teen twee ten gunste van ŉ rewolusie.

    Die mense self was gereed. In die baie vroeë oggendure van 25 Oktober 1917,
    het die revolusie begin. Troepe lojaal aan die Bolsjewiste het beheer geneem van
    die telegraaf, kragstasie, strategiese brûe, poskantoor, treinstasies, en die
    staatsbank. Beheer van hierdie en ander poste in die stad is oorhandig aan die
    Bolsjewiste sonder dat ŉ skoot afgevuur is.

    Teen die einde van daardie oggend, was Petrograd in die hande van die
    Bolsjewiste – almal behalwe die Winterpaleis waar die leiers van die Voorlopige
    Regering gebly het. Eerste Minister Alexander Kerensky het suksesvol gevlug,
    maar teen die volgende dag het troepe wat lojaal aan die Bolsjewiste was, die
    Winterpaleis geïnfiltreer.

    Na byna ŉ bloedlose staatsgreep was die Bolsjewiste die nuwe leiers van
    Rusland. Byna onmiddellik het Lenin aangekondig dat die nuwe regime die oorlog
    sou eindig, alle private grondeienaarskap afskaf, en dat ŉ stelsel van
    werkersbeheer van fabrieke geskep sou word.

                                [Uit: history1900s.about.com – Toegang op 26 Desember 2014 verkry]

    BRON 1E

    ŉ Foto van Lenin wat ŉ skare van ondersteuners ná die suksesvolle Oktober
    Revolusie in Rusland toespreek. Let op die teenwoordigheid van die personeel in
    uniform.

                                               [Uit: www.britannica.com/Russian-Revolution-of-1917]

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                             5

 VRAAG 2:        HET ROOSEVELT SE NUWE BEDELING DIE DOELWITTE VAN
                 VERLIGTING, HERVORMING EN HERSTEL VIR DIE
                 AMERIKAANSE EKONOMIE BEHAAL?

 BRON 2A

 Hierdie bron beskryf die voorval van die ineenstorting van die New Yorkse
 Aandelebeurs, die impak van die depressie en die reaksie van die Roosevelt-
 regering op die krisis.

 Die Groot Depressie in die Verenigde State van Amerika het op 29 Oktober 1929
 plaasgevind, ŉ dag wat vir ewig daarna as “Swart Dinsdag” bekend gestaan het,
 toe die Amerikaanse aandelemark – wat ŉ opwaartse kurwe vir byna ŉ dekade
 beleef het – ineengestort het en die land in sy mees ernstigste ekonomiese
 afswaai geplunder het. Spekulante het hul aandele verloor; banke het misluk; die
 land se geldvoorraad het verminder; en maatskappye het bankrot geraak en
 begin om hul werkers in hordes af te dank. Intussen het President Herbert
 Hoover geduld en selfstandigheid aangemoedig: Hy het gedink die krisis was net
 ŉ “verbygaande voorval in ons nasionale lewe”, dat dit nie die federale
 regering se taak was om dit te probeer oplos nie. Teen 1932, een van die mees
 sombere jare van die Groot Depressie, was ten minste ŉ kwart van die
 Amerikaanse arbeidsmag werkloos. Toe President Franklin Roosevelt die amp in
 1933 oorneem, het hy vinnig gereageer om te probeer om die ekonomie te
 stabiliseer en werk te verskaf en verligting te bring aan diegene wat gely het. Oor
 die volgende agt jaar het die regering ŉ reeks eksperimentele projekte en
 programme ingestel wat gesamentlik bekend gestaan het as die Nuwe Bedeling
 (New Deal), wat daarop gemik was om ŉ mate van waardigheid en voorspoed
 aan baie Amerikaners te herstel. Meer as dit, Roosevelt se Nuwe Bedeling het
 die federale regering se verhouding teenoor die Amerikaanse bevolking
 permanent verander.
                        [Uit: www.history.com/topics/new-deal, Toegang op 12 Januarie 2015 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                   GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                            (EC/NOVEMBER 2015)

    BRON 2B

    Hierdie bron verduidelik die bankkrisis in die VSA gedurende die Groot
    Depressie en die maatreëls wat Roosevelt geneem het om stabiliteit in die
    banksektor te bring.

    Aan die begin van die Groot Depressie was die ekonomie gedestabiliseer deur
    die ineenstorting van banke, gevolg deur krediettekort. Die aanvanklike redes
    was die aansienlike verliese in beleggingsbankwese, gevolg deur massiewe
    bankonttrekkings. (Bankonttrekkings vind plaas wanneer ŉ groot aantal kliënte
    hul deposito's onttrek omdat hulle glo dat die bank insolvent kan word). Soos die
    onttrekkings voortgegaan het, het dit ŉ selfvervullende profesie ontwikkel: soos
    meer mense hul deposito's onttrek het, het die waarskynlikheid van wanbetaling
    toegeneem, en dit het verdere onttrekkings aangemoedig. Dit het baie banke
    gedestabiliseer tot op die punt waar hulle bankrotskap in die gesig gestaar het.
    Tussen 1929 en 1933 het 40% van al die banke bankrot geword. Baie van die
    Groot Depressie se ekonomiese skade was regstreeks veroorsaak deur die
    bankonttrekkings.

    Herbert Hoover het alreeds op ŉ bankvakansiedag besluit om verdere
    bankonttrekkings te verhoed, maar het die idee verwerp in vrees dat dit ŉ paniek
    tot gevolg sou hê. Roosevelt het egter, ŉ radio-onderhoud gelewer, in die
    atmosfeer van ŉ “Fireside Chat”, en het aan die publiek in eenvoudige terme die
    oorsake van die bankkrisis verduidelik, wat die regering sal doen en hoe die
    bevolking kan help. Hy het alle banke in die land gesluit en het dit gesluit gehou
    totdat hy nuwe wetgewing kon deurvoer.

    Op 9 Maart het Roosevelt die “Emergency Banking Act” na die Kongres gestuur,
    wat grotendeels deur Hoover se top adviseurs opgestel was. Die wet was
    deurgevoer en onderteken tot wet op dieselfde dag. Dit het voorsiening gemaak
    vir ŉ stelsel van die heropening van stabiele banke onder Tesourie-toesig, met
    federale lenings beskikbaar indien nodig. Driekwart van die banke in die “Federal
    Reserve System” het binne die volgende drie dae heropen. Miljarde dollars...het
    binne ŉ maand teruggevloei, wat die bankstelsel gestabiliseer het. Teen die
    einde van 1933 was 4 004 klein plaaslike banke permanent gesluit en
    saamgesmelt in groter banke ... Die “Glass-Steagall Act” het kommersiële bank
    sekuriteitaktiwiteite en affiliasies tussen kommersiële banke en sekuriteite-
    maatskappye beperk om spekulasie te reguleer. Dit het ook die “Federal Deposit
    Insurance Corporation (FDIC)” gestig wat deposito’s tot op $ 2 500 verseker het,
    wat die risiko van massa-bankonttrekkings beëindiging het.

    Hierdie bankhervorming het ongekende stabiliteit aangebied: Terwyl daar
    gedurende die 1920’s meer as vyfhonderd banke per jaar misluk het; was dit
    minder as tien banke per jaar na 1933.

                       [Aangepas uit: en.wikipedia.org/New_Deal, – Toegang op 12 Januarie 2015 verkry]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                       GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                               7

 BRON 2C

 President Franklin D. Roosevelt word gewys terwyl hy ŉ wet onderteken wat die
 “Tennessee Valley Authority” in 1933 geskep het. President Roosevelt se
 sogenaamde Nuwe Bedeling-liberalisme het hoofsaaklik uit idees van klassieke
 liberalisme geput (ontstaan).

                      [Uit: www.americanprogress.org/issues/media/news, – Toegang op 13 Januarie 2015 verkry.]

 BRON 2D

 Hierdie bron gee ŉ kritiese beskouing van die Nuwe Bedeling ten opsigte van die
 ongelyke benadering tot voordele wat gespruit het uit regeringsprogramme.
 Die Nuwe Bedeling het ŉ lang pad gegaan tot die beëindiging van die ergste
 lyding van die Groot Depressie, maar het nie die Depressie beëindig nie. Ons kan
 nie sê of dit suksesvol of onsuksesvol sou wees in die beëindiging van die
 Depressie nie omdat die Tweede Wêreldoorlog dit onderbreek het. Dit kan egter
 nie die rol van die Nuwe Bedeling en Roosevelt se bydrae om waardigheid aan ŉ
 groot aantal gewone Amerikaners tydens die Groot Depressie jaar onderskat nie.
 Dit is belangrik om egter daarop te let, dat “gewone Amerikaners” nie die meeste
 Afro-Amerikaners ingesluit het nie, want hulle was geïgnoreer deur die Nuwe
 Bedelingprogramme. Boere wat huur, plaaswerkers en huisbediendes – alle
 beroepe wat meestal deur swart Amerikaners gevul was – het nie gekwalifiseer
 vir werkloosheidsvoordele, minimum lone of plaassubsidies nie.
 Segregasiebeleide was steeds in die Suidelike state toegepas en segregasie in
 die gewapende magte en die CCC was toegepas. Stemreg was steeds aan Afro-
 Amerikaners in baie Suidelike state geweier. In die werkplek, was Afro-
 Amerikaners gewoonlik laaste gehuur en eerste afgedank. Vir vroue was werk
 baie moeilik om te vind. Waar hulle werk verkry het, was dit meestal omdat hulle
 minder as mans betaal kon word. As werkers, het hulle egter ook al die regte
 verkry wat aan alle werkers onder die Wagner Act aangebied was.
                     [Aangepas uit: Via Afrika Geskiedenis Graad 11 Leerdersboek, S. Grove et al, bladsy 92]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                              (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 3:       HOE HET NAZI-PROPAGANDA GELEI TOT DIE UITWISSING VAN
               MINDERHEIDSGROEPE IN NAZI-DUITSLAND?
BRON 3A
Hierdie bron verduidelik Hitler se (en Nazi Party se) standpunte oor ras en die geloof in
die superioriteit van die Duitse ras.
Kort nadat hy die mag oorgeneem het, het Hitler wette bekend gestel om sy rasse-staat
te skep. Hitler se idees was gebou op sy konsep van ras. Hy het geglo in die hiërargie
van rasse en in die idees van Sosiale Darwinisme; dat die lewe oor die 'oorlewing van
die sterkste’ in ŉ konstante stryd tussen rasse is. Verder het hy geglo dat dit
noodsaaklik was om rassuiwerheid te handhaaf sodat die sterkes nie deur die bloed
van die swakkes ondermyn word nie. Die “Ariese ras” was aan die bokant van Hitler se
hiërargie van rasse. Hulle was die Herrenvolk of meester-ras, saamgestel vanuit
mense van Noord-Europa. Hitler se persepsie van die ideale Ariër was dié van blonde,
blou-oog Duitsers, wat vir hom die beste voorbeelde van die Ariese ras was. Hitler het
geglo dat die taak van die Ariërs was om suiwer te bly, en om die minderwaardige rasse
te onderwerp (oorweldig). Aan die onderkant van sy rasse-hiërargie was Afrikane,
Slawiërs, die Roma en Sinti (Sigeuners) en Jode. Hitler het veral die Jode gehaat en ŉ
gewelddadige en irrasionele anti-Semitisme teen hulle vertoon. Hitler se idees was nie
uniek nie – hy het uit die navorsing van wetenskaplike rassisme van die tyd geput. Daar
was twee belangrike bronne vir Hitler se denke: die Verenigde State van Amerika en die
Duitse antropoloë se navorsing in die Duitse kolonies.
                       [Uit: Via Afrika Geskiedenis Graad 11 Leerdersboek, deur S. Grove et al op bladsy 134]

BRON 3B
Die bron bevat ŉ uittreksel vanuit Mein Kampf deur Adolf Hitler waarin hy sy rasse-
teorieë teen die Jode verduidelik. Die bron ontbloot verder Hitler se haat van die Jode.
“Die Nazi-filosofie glo geensins in die gelykheid van rasse nie, maar saam met hul
verskille, erken dit hul hoër of mindere waarde en voel verplig om die oorwinning van
die betere en sterker te bevorder, en eis die onderwerping (onderdrukking) van die
minderwaardige en swakkere in ooreenstemming met die ewige wil wat die heelal
oorheers... Alle menslike kultuur wat ons vandag voor ons sien, is byna uitsluitlik die
kreatiewe produk van die Ariër... onderworpe volke trek voordeel daaruit om verslaan te
word want hulle leer vanaf die meerderwaardige Ariër-ras wat die absolute meester
moet bly en nie inter-trou met minderwaardige verowerde mense nie... Maar dit is die
Jode wat betrokke is in ŉ sameswering om die heersersras te hou by die
veronderstelling van sy regmatige plek as leiers van die wêreld, deur rasse- en kulturele
suiwerheid te besmet.
Die Jode ontbreek ... die idealistiese gees ... Die Jood is en bly ŉ parasiet... wat sy
invloed wyer en wyer versprei... Hy vergiftig die bloed van ander, maar bewaar sy eie
bloed... om sy taktiek te masker en sy slagoffers te mislei, praat hy van die gelykheid
van alle mense, maak nie saak wat hul ras of kleur mag wees nie... Hy streef daarna
om die voorwaardes waaronder die werkers werk te verbeter, maar in werklikheid is dit
sy doel om die nie-Joodse ras te verslaaf en uit te wis ... Die Jood gebruik elke
moontlike middel om die rasse-fondamente van ŉ onderworpe mense te ondermyn...
Die Jode was verantwoordelik vir die teenwoordigheid van Negers in die Rynland, met
die uiteindelike idee om die wit ras wat hulle haat te verbaster; en dus sy kulturele en
politieke vlak verlaag sodat die Jode mag oorheers.”
                                                   [Aangepas uit: Mein Kampf (My Struggle) deur Adolf Hitler]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                    GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                                  9

BRON 3C

Hierdie bron gee besonderhede rakende die moord van Jode in verskeie lande in
Europa deur Nazi-Duitsland.

Die doel om al die Jode in Europa uit te wis soos verkondig by die konferensie in die
villa Am Grossen Wannsee in Januarie 1942, is nie bereik nie. Tog het die die ses
miljoen moordslagoffers die ‘holocaust’ ŉ unieke misdaad in die geskiedenis van die
mensdom gemaak. Die getal slagoffers – en met sekerheid die volgende
verteenwoordig die minimum aantal in elke geval – kan dit nie behoorlik uitspreek nie.
Getalle is net te abstrak. 165 000 Jode uit Duitsland, 65 000 uit Oostenryk, 32 000 van
Frankryk en België, meer as 100 000 van Nederland, 60 000 uit Griekeland, dieselfde
aantal vanaf Yugoslavia, meer as 140 000 van Tsjeggo-Slowakye, ŉ halfmiljoen van
Hongarye, 2,2 miljoen van die Sowjet-Unie, en 2,7 miljoen uit Pole. By hierdie getalle
moet gevoeg word diegene wat gedood is in die pogromme en slagtings in Roemenië
en Transitrien (meer as 200 000) die gedeporteerdes en die vermoorde Jode van
Albanië en Noorweë, Denemarke en Italië, Luxemburg en Bulgarye.

                            [Uit: Benz, Wolfgang, The Holocaust: ŉ Duitse historikus Ondersoek die Volksmoord]

BRON 3D

Bevryde oorlewendes van een van die grootste Nazi konsentrasiekampe by Ebensee,
Oostenryk, tydens die aankoms van die 80ste-afdeling, van die VSA se Derde weermag
op 7 Mei 1945.

             [Uit: www.history.com/topics/holocaust-concentration-camps – Toegang op 20 Januarie 2015 verkry.]

Kopiereg voorbehou                                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                (EC/NOVEMBER 2015)

ERKENNINGS

Visuele bronne en ander historiese bewyse is uit die volgende geneem:

Benz, W. Die Holocaust: ŉ Duitse historikus Ondersoek die Volksmoord

Deftereos, R. et al, Making History, Leerderboek Graad 11

Hitler, A. Mein Kampf

Lynch, M, Reactions and Revolutions: Russia 1881 - 1924

Grove, S. et al, Via Afrika History, Grade 11 Learners’ Book

Internetbron: www.americanprogress.org/issues/media/news

Internetbron: www.britannica.com/Russian-Revolution-of-1917

Internetbron: www.history.com/topics/vladamir-lenin

Internetbron: www.history.com.topics/holocaust-concentration-camps

Internetbron: www.history.com/topics/new-deal

Internetbron: www.history1900s.about.com

en.wikipedia.org/New-Deal

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [HISTORY P1 GR11 QP AFR NOV2015](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-afr-nov2015/ec077d89-3ebd-4801-8a30-839db747d602) — History · QP · 2015 · Afr
- [Gr11 hist P1 N15 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n15-memo-afr/7daca334-ccb8-4898-bc12-3b5b05bb5ae1) — History · Memo · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 ADD GR11 NOV2015 (Engl)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2015-engl/4982631c-1825-4f64-913e-9a1e4b586231) — History · QP · 2015
- [HISTORY P2 ADD GR11 NOV2015(Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-add-gr11-nov2015-afr/88af58f5-ed84-4a6f-bffc-7b3547b7e221) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 NOV2015 QP(Afr)](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-nov2015-qp-afr/bf504299-6247-446c-b23e-185f34a62eaf) — History · QP · 2015 · Afr
- [HISTORY P1 GR11 QP NOV 2022 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p1-gr11-qp-nov-2022-english/fd4dd7ff-e9df-40b3-b9aa-23b5e481a143) — History · QP · 2022 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
