# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-annx-afr/34f11bc4-cf9a-45ea-addc-d6cf232ce7ad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-annx-afr/34f11bc4-cf9a-45ea-addc-d6cf232ce7ad)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

           NASIONALE
       SENIOR SERTIFIKAAT

             GRAAD 11

        NOVEMBER 2016

        GESKIEDENIS V1
          ADDENDUM

              *IHISTA3*

    Hierdie addendum bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                          (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 WAS DIE 1917 REVOLUSIONÊRE UITDAGING VAN KAPITALISME IN RUSLAND
 SUKSESVOL?

 BRON 1A

 Hierdie bron bespreek die vroeë prestasies van die Russiese Revolusie en bied
 agtergrondinligting oor waarom Tsaar Nicholas II se bewind genadeloos was.

 Die Russiese Revolusie het in 1917, tydens die laaste fase van die Eerste Wêreldoorlog,
 plaasgevind. Dit het Rusland van die oorlog verwyder en het gelei tot die transformasie
 van die Russiese Ryk tot die Unie van Sowjet Sosialistiese Republieke (USSR), deur die
 tradisionele Russiese monargie te vervang met die wêreld se eerste kommunistiese staat.
 Die Revolusie het in fases deur twee afsonderlike staatsgrepe, een in Februarie en een
 op Oktober, plaasgevind. Die nuwe regering, onder leiding van Vladimir Lenin, sou sy mag
 versterk na slegs drie jaar van burgeroorlog, wat in 1920 geëindig het.

 Alhoewel die gebeure van die Russiese Revolusie skielik gebeur het, kan die oorsake
 teruggevoer word tot byna ŉ eeu. Voor die Revolusie het die Russiese monargie
 progressief swakker en meer bewus geraak van sy eie kwesbaarheid en dus meer
 reaksionêr (onderdrukkend) geword. Nicholas II – die tsaar wat Rusland gelei het in die
 jare tot die aanloop van die rewolusie – het persoonlik gesien hoe revolusionêre terroriste
 sy oupa vermoor het asook sy eie pa se reaksie op die moord deur die wrede
 onderdrukking van die Russiese volk. Toe Nicholas II self in 1894 tsaar geword het, het
 hy soortgelyke wrede maatreëls gebruik om versetbewegings te onderdruk, wat elke jaar
 steeds groter en meer wydverspreid geraak het. Soos Nicholas se nuut opgelêgde
 onderdrukking op sy beurt nog meer onrus aangehits het, was hy gedwing om toegewings
 na elke voorval te maak: dit was op hierdie wyse dat Rusland se eerste grondwet geskep
 was, asook sy eerste parlement. Hierdie toegewings het geleidelik voortgegaan totdat
 Nicholas II se houvas op mag baie vervaag het. (tot niet gegaan het).

    [Bron: vryelik vertaal uit www.sparknotes.com/history.european/russianrev. Toegang verkry op 10 April
                                                                                                   2016]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          3

 BRON 1B

 In hierdie bron beskryf skrywer, Alfred Knox, die opstand (muitery) in die weermag wat
 gelei het tot die omverwerping van Nicholas II in sy boek,
 With the Russian Army: 1914 – 1917 (1921).

 Ek was in gesprek met vriende daar in die gang op die eerste vloer, buite die kantoor van
 Generaal Manikovsky, die Hoof van die Departement, toe generaal Hypatiev, die
 chemiese kenner, en M. Terenshchenko aangekom met die nuus dat die depottroepe van
 die garnisoen gemuit (in opstand gekom teen die tsaar) het en in die straat afgeloop het.
 Ek het vir die eerste keer gehoor dat ŉ afdeling van die Pavlovsky-regiment, wat die vorige
 aand op die polisie gevuur het, ontwapen was en tot die Preobrazhenskij-barrakke beperk
 was …

 Ons het na die venster gegaan en gewag. Buite was daar duidelike opwinding, maar geen
 geluid het na ons deur die dik dubbelvensters gekom nie. Groepe het by die hoeke
 gestaan en gebare gemaak (ekspressiewe bewegings met die hande en arms) en
 afwaarts in die straat aanduidings gemaak. Offisiere het haastig verdwyn… Dit het geblyk
 asof ons minstens tien minute gewag het voordat die oproermakers aangekom het. Met
 hyskraannekke (uitgestrekte nekke soos hyskrane), het ons eerste twee soldate gesien –
 ŉ soort van ŉ aankomende wag – wat in die middel van die straat gestap het en hul gewere
 op drentelaars gerig het om die pad skoon te maak. Een van hulle het ŉ skoot op ŉ
 ongelukkige chauffeur afgevuur. Toe kom ŉ groot wanordelike massa van soldate, wat
 regoor die wye straat asook albei sypaadjies gestrek het. Hulle is gelei deur ŉ klein (kort),
 maar uiters waardige student. Daar was geen beamptes. Almal was gewapen, en baie het
 rooi vlae gehad wat vasgemaak was aan hul bajonette. Hulle het stadig aangekom en
 uiteindelik versamel in ŉ kompakte massa aan die voorkant van die Departement.

 Gou het ons gehoor hoe die vensters en deure op die grondvloer breek, en die klank van
 die skote het ons bereik…ŉ Opgewonde soldaat het in gehardloop: “U Hoë Eksellensie!
 Hulle is besig om hulself in die gebou in te dwing. Moet ons jou deur versper?” Maar
 Manikovsky het kalm gebly en gesê: “Nee. Maak alle deure oop. Hoekom moet ons hulle
 verhinder?” Soos die soldaat wegbeweeg het, verslae oor sy nuwe bereidwilligheid om
 ander tevrede te stel, het Manikovsky gesug en met die kenmerkende klik van bekommerd
 woede vir my gesê: “Kyk wat het ons Ministerie vir ons gebring!”

      [Vryelik vertaal vanuit: www.spartacus-educational.com/RUSmarchR.htm. Toegang verkry op 10 April
                                                                                                2016]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                        (EC/NOVEMBER 2016)

 BRON 1C

 Hierdie bron toon die hoofopskrif van The New York Times wat die nuus van die abdikasie
 (oorgawe) van Nicholas II as ŉ gevolg van die 1917 Februarie-revolusie oordra.

                                                        THE NEW YORK TIMES

                                                         REVOLUTION IN RUSSIA; CZAR
                                                         ABDICATES; MICHAEL MADE
                                                         REGENT, EMPRESS IN HIDING;
                                                         PRO-GERMAN MINISTERS
                                                         REPORTED SLAIN
                                                         REVOLUSIE IN RUSLAND;
                                                         TSAAR ABDIKEER; MICHAEL
                                                         BEKROON, HERTOGGIN KRUIP
                                                         WEG; PRO-DUITSE MINISTERS
                                                         AANGEMELD AS VERMOOR

    [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.spartucus-educational.com/RUSmarchR.htm. Toegang verkry
                                                                                    op 11 April 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                          5

 BRON 1D

 Hierdie bron bevat ŉ dokument wat deur die Bolsjewistiese regering ná die
 bewindsaanname uitgereik was. Dit is ŉ verklaring van menseregte vir almal.

                     Verklaring van die Regte van die mense van Rusland

 ...Die eerste Kongres van Sowjette, in Junie van hierdie jaar het die reg van die mense
 van Rusland op selfbeskikking verkondig.

 Die tweede Kongres van die Sowjette…het hierdie onvervreembare reg van die mense
 van Rusland meer beslissend en definitief bevestig.

 In die uitvoering van die wil van die Kongresse, het die Raad van die Mense-
 Kommissarisse (Russiese Kabinet) besluit om as ŉ basis vir sy aktiwiteite in die kwessie
 van nasionaliteite, die volgende beginsels toe te pas:

    1. Die gelykheid en soewereiniteit van die mense van Rusland.
    2. Die reg van die mense van Rusland tot vrye selfbeskikking, selfs tot die punt van
       afskeiding en die vorming van ŉ onafhanklike staat.
    3. Die afskaffing van enige en alle nasionale godsdienstige voorregte en
       gestremdhede.
    4. Die vrye ontwikkeling van nasionale minderhede en etnografiese groepe wat die
       grondgebied van Rusland bewoon.

 Dekrete sal onmiddellik voorberei word vir die vorming van ŉ Kommissie op Nasionaliteite.

 In die naam van die Russiese Republiek,

                                                     Mense se Kommissaris vir Nasionaliteite
                                                                   Yussov Djugashvili-Stalin
                                   Voorsitter van die Raad van die Mense se Kommissarisse
                                                                         V. Ulianov (Lenin)

              [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: Ten Days That Shook the World deur John Reed, 1919]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                              (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 WATTER IMPAK HET DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN GEWONE
 AMERIKANERS GEHAD?

 BRON 2A

 Hierdie bron fokus op die onmiddellike impak van die Groot Depressie op die
 Amerikaanse werksmag.

 Amerika se “Groot Depressie” het begin met die dramatiese ineenstorting van die
 aandelemark op “Swart Donderdag”, 24 Oktober 1929, toe 16 miljoen aandele van
 voorraad vinnig verkoop was deur paniekbevange beleggers wat geloofwaardigheid in die
 Amerikaanse ekonomie verloor het. Op die hoogtepunt van die Depressie in 1933, was
 byna 25% van die nasie se werksmag werkloos. Loon-inkomste vir werkers wat gelukkig
 genoeg was om hul werk te behou, het met byna 43% tussen 1929 en 1933 gedaal. Dit
 was die ergste ekonomiese ramp in die Amerikaanse geskiedenis. Plaaspryse het so
 drasties geval dat baie boere hul huise en hul grond verloor het. Baie het verhonger.

 Gekonfronteer met hierdie ramp, was families verdeel of het uit hul huise getrek op soek
 na werk. “Hoovervilles” (vernoem na President Hoover, as ŉ belediging), blikkiesdorpe
 (shanty towns) gebou vanuit verpakkingskratte, verlate motors en ander weggooimateriaal
 het regoor die land opgeskiet. Bendes jeugdiges, wie se gesinne hulle nie meer kon
 ondersteun nie, het die relings in motors wat met karton gemaak was gery soos so baie
 hobo’s (hawelose mense), met die hoop om ŉ werk te kry… Amerika se werklose was aan
 die beweeg, maar daar was regtig nêrens om te gaan. Nywerhede was erg deur die
 Depressie geskud. Fabrieke het gesluit; Meule en myne was verlate; fortuine was verloor.
 Amerikaanse besigheid en arbeid was albei in die moeilikheid.

      [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang
                                                                                       verkry op 11 April 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                 GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                                7

 BRON 2B

 Hierdie bron ontbloot die lyding wat families tydens die Groot Depressie moes ervaar.
 Let op die klem wat die impak van die depressie op die posisie van die vader in die
 gesin gehad het.

 Vanuit een perspektief, kan die verhaal, wat na vore uit die Groot Depressie gekom het,
 beskryf word as een van familie-“disorganisasie” en -ontbering. Huweliksyfers het
 gedaal… en die neiging tot dalende geboortesyfers wat alreeds onderweg was, het
 gedurende die 1930’s versnel. Alhoewel egskeidingsyfers ook afgeneem het, blyk dit
 grootliks asof dit die gevolg was van die onvermoë om prokureurs gelde te betaal; die
 aantal mense wat hul poste verlaat het (desertions) het tydens die dekade verhoog. In
 sommige gevalle het twee of meer gesinne in oorvol woonstelle of huise gewoon wat
 ontwerp was as enkel-familie koshuise… Vanaf 1929 tot 1931 het die aantal kinders wat
 toesig-instellings betree het met 50 persent toegeneem. In baie ekonomiese ontneemde
 (swak) families, het kinders aan wanvoeding gely met onvoldoende klerasie.

 Dinge het veral moeilik gelyk vir werklose, manlike hoofde van families. Tradisionele
 opvattings van geslagsrolle het tydens die 1930’s geheers; gevolglik was daar verwag van
 mans om die broodwinners van hul gesinne te wees. Werklose mans het gevoel asof hulle
 mislukkings was as gevolg van hul onvermoë om voorsiening vir hul families te maak.
 Sulke gevoelens van ontoereikendheid was vererger toe die mans die vernederende
 ervaring moes verduur van aansoek doen vir verligting, dikwels nadat hulle hul spaargeld
 opgebruik het. Werklose mans het dikwels by hul huise rond gehang tot die irritasie van
 hul vrouens… Kinders van arm gesinne, wat hul herinneringe van gesinslewe in die 1930’s
 herroep, het dikwels hul vaders as emosioneel afsydig en gevoelloos beskou. Sommige
 werklose mans het hulle toevlug na drank geneem….

        [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: http://ic.galegroup.com/ic/uhic. Toegang verkry op 10 April 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                              (EC/NOVEMBER 2016)

 BRON 2C

 Hierdie visuele bron toon mense wat in ŉ lyn staan vir kos by een van die sopkombuise
 wat die behoeftiges tydens die Groot Depressie gehelp het. In die agtergrond is ŉ reuse-
 advertensiebord wat die Amerikaanse droom uitbeeld. Let op die inherente
 teenstrydigheid.

                                                 WORLD’S HIGHEST STANDARD OF LIVING /
                                                 WÊRELD SE HOOGSTE LEWENSSTANDAARD

                                                      THERE IS NO WAY LIKE THE AMERICAN
                                                      WAY /
                                                      DAAR IS GEEN MANIER ANDERS AS DIE
                                                      AMERIKAANSE MANIER

      [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11. Toegang
                                                                                       verkry op 13 April 2016]

 BRON 2D

 Die bron toon die oneffektiewe stappe wat Hoover aangeneem het om te deel met die
 krisis wat deur die Groot Depressie veroorsaak was. Dit was ŉ geval van te min te laat.

 Die Republikeinse regering onder Hoover het ŉ aantal maatreëls geïmplementeer om die
 Groot Depressie teen te staan. Onmiddellik na die ineenstorting van die aandelemark het
 Hoover alle Federale departemente gedirigeer (opdrag gegee) om openbare werke te
 bespoedig om werk te skep. In 1931 het hy die Heropbou-Finansies Korporasie (RFC)
 gestig om fondse aan banke, bou- en leningsverenigings, landbou-koöperasies en
 spoorweë wat in die moeilikheid was te voorsien. Na ŉ ineenstorting van die Europese
 ekonomie in 1931 het hy ook die betaling van internasionale skuld terugbetalings aan die
 VSA opgeskort.

 In 1932 toe die plaaslike regerings weens ŉ geldtekort nie die werkloses kon help nie, het
 die regering $ 300,000,000 aan lenings beskikbaar gestel om mense in poste te hou. Maar
 Hoover het die eise van die Demokrate geweier toe hulle vra dat die regering die geld na
 die werkloses versprei. Ten spyte van Hoover se pogings was Amerikaanse burgers nie
 oortuig dat hy effektief was nie. In die volgende verkiesing het hulle ŉ demokraat –
 President Roosevelt – verkies.

    [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: Making History Grade 11 deur Defterios, R et al, Heinemann, 2006]

Kopiereg voorbehou                                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                           9

 VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

 HOE WAS DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEISGROEPE GESKEND IN NAZI-
 DUITSLAND VANAF 1933 TOT 1945?

 BRON 3A

 Hierdie bron verduidelik die vroeë stadiums van Hitler se bewindsoorname in Duitsland
 en dit gee ook insig in die uitsluiting van sekere rasse uit die sogenaamde Duitse
 heersersras.

 Op 30 Januarie 1933, was Adolf Hitler vernoem tot kanselier, die magtigste posisie in die
 Duitse regering, deur die bejaarde President Hindenburg, wie gehoop het dat Hitler die
 nasie kon lei uit sy haglike politieke en ekonomiese krisis. Hitler was die leier van die regse
 Nasionalistiese Sosialistiese Duitse Werkersparty (genoem “die Nazi-party”). Die Nazi-
 party was uiters anti-Semitisties. Dit was, teen 1933, een van die sterkste partye in
 Duitsland, selfs al het ... die Nazi's slegs ŉ pluraliteit van 33 persent van die stemme in
 die 1932 verkiesings vir die Duitse parlement (Reichstag) gewen.

 Toe hy aan bewind kom, het Hitler vinnig beweeg om die Duitse demokrasie te beëindig.
 Hy het sy kabinet oortuig om die noodklousules van die grondwet op te roep wat die
 opskorting van individuele vryhede van die pers, spraak en vergadering toegelaat het...
 Die Magtigingswet van 23 Maart 1933 ... het Hitler diktatoriale magte gegee. Die Nazi's
 het ook in 1933 hul rasse-ideologie in die praktyk gestel. Die Nazi's het geglo dat die
 Duitsers “ŉ meerderwaardig ras” was en dat daar ŉ stryd tussen hulle en minderwaardige
 rasse was. Hulle het die Jode, Roma (sigeuners) en die gestremde beskou as ŉ ernstige
 biologiese bedreiging vir die suiwerheid van die “Duitse (Ariese) Ras,” wat hulle die
 heersersras genoem het.

 Sowat 525 000 Jode in Duitsland was die hoofteiken van Nazi-haat. Die Nazi's het die
 Jode geïdentifiseer as ŉ ras en die ras as “minderwaardig” gedefinieer. Hulle het ook haat-
 oorlogsoekende propaganda bepleit wat die Jode onregverdig geblameer het vir Duitsland
 se ekonomiese depressie en nederlaag in die Eerste Wêreldoorlog (1914 – 1918)

  [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: www.myjewishlearning.com/article/1933-1939. Toegang verkry op 16
                                                                                            April 2016.]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2016)

 BRON 3B

 Die bron bestaan uit twee uittreksels oor die impak van die Nurembergwette op die Jode
 en die Sigeuners.

 Uittreksel 1: Hierdie koerantartikel fokus op hoe die Nurembergwette met die
 proses van diskriminasie teen die Duitse Jode begin het.
 NUUS UIT DUITSLAND 1935
 New York Herald Tribune, 16 September 1935

 “Die skande van Nuremberg” deur Rudy Barnes

 NUREMBERG, Duitsland, 15 September 1935. Streng nuwe wette wat Duitse Jode
 ontneem het van al die regte van Duitse burgers is op besluit deur ŉ juigende Reichstag
 (Duitsland parlement) hier vanaand na ŉ toespraak deur kanselier Adolf Hitler. Vanaand
 se dekrete is van die mees radikale maatreëls wat geneem was sedert die Nazi's aan
 bewind gekom het twee en ŉ half jaar gelede. Die nuwe wette, wat in werking tree gaan
 op 1 Januarie help om die anti-Joodse deel van die Nazi-program te verwesenlik. Hulle
 word beskryf as 'Wette vir die beskerming van Duitse bloed en eer.’ Soos gelees voor die
 Reichstag deur die president van die wetgewende liggaam, is hulle:

     1. Huwelike tussen Jode en Duitse burgers verbode.
     2. Fisiese kontak tussen Jode en Duitsers is verbode.
     3. Jode word nie toegelaat om in hul huishouding Duitse dienaars onder die
        ouderdom van 45 aan te neem nie.
     4. Jode is verbied om die swastika embleem (nou die landsvlag) te hys.

 Oortreding van enige van die eerste drie wette is strafbaar met gevangenisstraf en harde
 arbeid. Skending van die vierde wet is strafbaar met gevangenisstraf. Vanaand se sitting
 van die Reichstag was onverwags deur Hitler uitgeroep. Die Reichstag, wat nou niks meer
 is as ŉ rubberstempel, was nie tot orde geroep deur die President van die Reichstag om
 09:00nm. Nadat die President oor die drie wette gepraat het, het hy die Reichstag gevra
 vir eenparige goedkeuring. Ses honderd mans, die meeste van hulle in bruin uniforms het
 opgespring …

 Uittreksel 2: Vera Laska, ŉ ooggetuie, gee ŉ opsomming van die impak van die
 Nurembergwette op Sigeuners.

 Sigeuners is amptelik geklassifiseer as ŉ nie-Ariese ras deur die Nurembergwette van
 1935, wat ook eerstens die Jode geklassifiseer het; beide groepe was verbied om met
 Duitsers te trou. Sigeuners was later as a-sosiaal bestempel in 1937… Twee honderd
 Sigeuner mans was toe per kwota gekies en opgesluit (aangehou onder geweldige
 gevangenis voorwaardes) in die Buchenwald konsentrasiekamp. Sigeuners was verbied
 om vryelik te beweeg en was in laers gekonsentreer in Duitsland in 1939, wat later (1941)
 omskep was in omheinde ghetto’s, waarvandaan hulle opgeneem was vir vervoer deur
 die kriminele polisie (met die hulp van honde) en na Auschwitz gestuur was (berugte
 konsentrasiekamp) in Februarie 1943.

      [Vryelik vertaal en aangepas vanuit: Women In The Resistance And In The Holocaust: The Voices Of
                                                                       Eyewitnesses deur V Laska, ed.]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)             GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                                            11

 BRON 3C

 Hierdie bron fokus op Herman Goering (Hitler se adjunk) se pogings om ŉ oplossing te
 vind vir wat hy na verwys het as die “Joodse Vraag”.

 Deur sy belange in die ekonomie van Ariesinasie (Joodse eiendom en ondernemings wat
 onder Duitse beheer geplaas was), en die gebruik van Joodse arbeid in
 konsentrasiekampe, was Goering onlosmaaklik (heeltemal) vasgevang in die poging om
 ŉ oplossing vir die “Joodse Vraagstuk” te vind. In die winter van 1938-9 het hy magte om
 die ekonomiese uitbuiting van die Joodse bevolking te organiseer, verkry. Met die wyer
 kwessie van wat om te doen met die Jode dus uitgesluit vanuit die openbare lewe het hy
 Heydrich en die SS (Nazi-party militêre polisie), gedelegeer onder sy losse toesig. Goering
 was eers aangetrokke oor die idee van die verdrywing alle Duitse Jode na Madagaskar of
 na die Westerse moondhede… Na die uitbreek van die oorlog het die inbeslaglegging van
 Joodse bates vermeerder asook die uitbuiting van Joodse arbeid. Dit was gedurende die
 “reiniging” van die Europese ekonomie dat die Nazi-leierskap oorgegaan het na ŉ finale
 oplossing vir die Joodse vraagstuk.

 In die somer van 1941 het Goering vir Heydrich beveel om ŉ plan vir die oplossing van
 die Joodse probleem deur enige beskikbare metode te vind. Heydrich het dit aangekondig
 by die Wannsee-konferensie op 29 Januarie 1942 deur gebruik te maak van ŉ carte
 blanche (vryheid om te doen wat jy wil) vanaf die beweging se leierskap om voort te gaan
 met die uitwissing (totale vernietiging).
                       [Vryelik vertaal en aangepas vanuit – Goering, Hitler’s Iron Knight deur R Overy]

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                         (EC/NOVEMBER 2016)

 BRON 3D

 Hierdie bron toon oorlewendes van die Buchenwald konsentrasie-kamp in hul barakke
 na die bevryding deur die Geallieerde magte in op 16 April 1945.

             [Vanuit: www.history.com/holocaust-concentration-camps. Toegang verkry op 18 April 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              GESKIEDENIS V1 (ADDENDUM)                           13

 ERKENNINGS

 Ekstrakte en visuele bronne in hierdie addendum gebruik is geneem of aangepas
 uit die volgende publikasies.

 Defterios, R et al 2006, Making History Grade 11, (Heinemann)

 Laska, V ed Women In The Resistance And In The Holocaust: The Voices Of
 Eyewitnesses

 Overy, R Goering, Hitler’s Iron Knight

 Reed, J Ten Days That Shook The World, 1919

 http/ic.gaegroup.com/ic/uhic

 http://www.history.com/holocaust-concentration-camps

 http://www.myjewishlearning.com/article/1933-1939

 http://www.sahistory.org.za/article/great-depression-usa-grade-11

 http://www.sparknotes.com/history.european.russianrev

 http://www.spartacus-educational.com/RUSmarchR.htm

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr11 HIST P1 N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-qp-eng/51fa8e5c-1403-401a-b2f1-7e01ce249d2f) — History · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 HIST P1 N16 ANNx Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-annx-eng/633e60a9-5f0b-490e-b600-57f82f312695) — History · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 HIST P1 N16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-memo-eng/9255a62f-4ddc-481e-ab75-a293510b1eca) — History · Memo · 2016 · Eng
- [Gr11 HIST P1 N16 memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-memo-afr/ed023f88-604e-4f22-8646-821590a2160e) — History · Memo · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP NOV2016 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-nov2016-afrikaans/03d5f0a3-32e6-4766-8db9-152f983ec11b) — History · QP · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2016 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2016-english/6637e3bd-8ca9-4133-8c5b-c1c8d213ed20) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
