# History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

> Grade 11 History Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-qp-afr/0ab7632f-2294-476d-9585-94f5502a9f4f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: History
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [History](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/history) › [History Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-qp-afr/0ab7632f-2294-476d-9585-94f5502a9f4f)

## About this document

History · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      NASIONALE
                  SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                    NOVEMBER 2016

                    GESKIEDENIS V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                         *IHISTA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                   GESKIEDENIS V1                      (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Hierdie vraestel bestaan uit SES (6) vrae en is gebaseer op die voorgeskrewe
       inhoudsraamwerk soos in die KABV-dokument uiteengesit. DRIE
       brongebaseerde vrae onder AFDELING A en drie opstelvrae onder
       AFDELING B.

       AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

       VRAAG 1:       KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

       VRAAG 2:       KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

       VRAAG 3:       IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de- EN 20ste-EEU

       AFDELING B: OPSTELVRAE

       VRAAG 4:       KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

       VRAAG 5:       KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

       VRAAG 6:       IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de- EN 20ste-EEU

 2.    Bronmateriaal wat benodig word om hierdie brongebaseerde vrae te
       beantwoord kan in die ADDENDUM VAN BRONNE gekry word.

 3.    Elke vraag tel 50 punte.

 4.    Kandidate moet DRIE vrae beantwoord soos volg.

       4.1     Ten minste EEN (1) moet ŉ brongebaseerde vraag wees, en ten
               minste EEN (1) moet ŉ opstelvraag wees.

       4.2     Die DERDE vraag kan ŉ brongebaseerde vraag of ŉ opstelvraag wees.

 5.    Kandidate word aangeraai om een uur op elke vraag te spandeer.

 6.    In die beantwoording van die vrae moet kandidate hul kennis, vaardighede en
       insig gebruik.

 7.    Die blote herskryf van bronne as antwoorde sal kandidate benadeel.

 8.    Vrae en onderafdelings van vrae moet duidelik genommer wees en korrek
       volgens die nommeringstelsel soos in die vraestel.

 9.    Skryf netjies en leesbaar.

 10.   Begin elke vraag op ŉ NUWE bladsy en trek ŉ streep aan die einde van elke
       vraag.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V1                                         3

 AFDELING A: BRONGEBASEERDE VRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer as TWEE vrae vanuit hierdie
 afdeling.

 VRAAG 1: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 WAS DIE 1917 REVOLUSIONÊRE UITDAGING VAN KAPITALISME IN
 RUSLAND SUKSESVOL?

 Bestudeer Bron 1A, 1B, 1C en 1D om die volgende vrae te beantwoord.

 1.1    Verwys na Bron 1A.

        1.1.1    Definieer (verduidelik) die volgende konsepte:

                 (a)   Monargie                                                  (1 × 2)     (2)

                 (b)   Kommunisme                                                (1 × 2)     (2)

        1.1.2    Onttrek bewyse vanuit die bron wat die twee belangrikste
                 veranderinge van die rewolusie op Rusland aandui.               (2 × 1)     (2)

        1.1.3    Verduidelik waarom, volgens die bron, dit die Lenin regering tyd
                 geneem het om totale beheer oor Rusland te verkry.              (1 × 2)     (2)

        1.1.4    Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom Tsaar
                 Nicholas II ŉ genadelose (hartelose) leier van Rusland geword het.
                                                                               (2 × 2)       (4)

        1.1.5    Gee TWEE redes waarom jy Bron 1A as nuttig sou beskou om beter
                 begrip van die prestasies van die Russiese Revolusie te het. (2 × 2)        (4)

 1.2    Oorweeg Bron 1B.

        1.2.1    Waarom, na jou mening, het die troepe teen die regering van die
                 tsaar in opstand gekom?                                       (2 × 2)       (4)

        1.2.2    Haal bewyse uit die bron aan wat toon dat die gewone mense tevrede
                 was met dit wat die soldate gedoen het.                      (1 × 2)        (2)

        1.2.3    Verduidelik die betekenis van die sin, ‘Almal was gewapen, en baie
                 het rooi vlae vasgemaak aan hul bajonette’ in die konteks van die
                 revolusie.                                                     (2 × 2)      (4)

        1.2.4    Onttrek bewyse vanuit die bron wat bewys dat die soldate nie meer
                 onder die gesag van die regering was nie.                     (2 × 1)       (2)

        1.2.5    Waarom, na jou mening, het generaal Manikovsky reageer soos hy
                 gedoen het in die aangesig van die invallende soldate?     (2 × 2)          (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                    GESKIEDENIS V1                         (EC/NOVEMBER 2016)

 1.3    Bestudeer Bron 1C.

        1.3.1   Wat is die boodskap wat deur hierdie artikel oorgedra word?       (1 × 2)     (2)

        1.3.2   Sou jy hierdie artikel beskou as ŉ betroubare stuk historiese bewys?
                Ondersteun jou antwoord.                                       (2 × 2)        (4)

 1.4    Verwys na Bron 1D.

        Waarom sou jy Bron 1D as ŉ baie belangrike prestasie vir die mense van
        Rusland in die konteks van die revolusie beskou?                (2 × 2)               (4)

 1.5    Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
        skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy
        verduidelik of die Rewolusie van 1917 suksesvol was met hul uitdaging van
        kapitalisme in Rusland.                                                               (8)
                                                                                             [50]

 VRAAG 2: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 WATTER IMPAK HET DIE GROOT DEPRESSIE OP DIE LEWENS VAN GEWONE
 AMERIKANERS GEHAD?

 Bestudeer Bron 2A, 2B, 2C en 2D om die volgende vrae te beantwoord.

 2.1    Bestudeer Bron 2A.

        2.1.1   Wanneer, volgens die bron, het die Amerikaanse aandelemark in duie
                gestort?                                                    (1 × 1)           (1)

        2.1.2   Waarom, volgens die bron, het die aandelemark in die VSA
                ineengestort?                                                     (1 × 2)     (2)

        2.1.3   Gebruik die bron en jou eie kennis om te verduidelik waarom daar
                paniek-verkope was in Oktober 1929.                           (2 × 2)         (4)

        2.1.4   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, verduidelik hoe
                plaasboere deur die ineenstorting van die aandelemark van Oktober
                1929 geraak was.                                                  (2 × 1)     (2)

        2.1.5   Gebruik die bron en jou eie kennis om die konsep Groot Depressie
                te omskryf.                                                 (1 × 2)           (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V1                                          5

 2.2    Verwys na Bron 2B.

        2.2.1    Onttrek bewyse vanuit die bron wat die vernietigende uitwerking van
                 die Groot Depressie op die familie-eenheid in Amerika aandui. Gee
                 VIER voorbeelde.                                               (4 × 1)       (4)

        2.2.2    Waarom, volgens die bron, was vaders emosioneel aangeraak deur
                 die Groot Depressie?                                      (2 × 1)            (2)

        2.2.3    Dink jy dat die werklose mans geregverdig was om hulself as
                 mislukkings te sien omdat hulle nie vir hul gesinne kon voorsien nie?
                                                                                 (2 × 2)      (4)

 2.3    Raadpleeg Bron 2C.

        2.3.1    Deur gebruik te maak van die bron as ŉ verwysing, verduidelik
                 waarom die Amerikaners afhanklik van broodlyne was.           (2 × 2)        (4)

        2.3.2    Deur gebruik te maak van die visuele leidrade in die bron en jou eie
                 kennis van die tydperk voor die Groot Depressie, verduidelik die
                 betekenis van die uitdrukking: Die Amerikaanse Droom.           (2 × 2)      (4)

        2.3.3    Lewer kommentaar oor die inherente teenstrydigheid wat in die bron
                 uitgebeeld word.                                              (2 × 2)        (4)

        2.3.4    Sou jy Bron 2C in die begrip van die skielike impak van die Groot
                 Depressie as betroubaar beskou?                            (2 × 2)           (4)

 2.4    Gebruik Bron 2D.

        2.4.1    Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, noem die politieke
                 party waaraan President Hoover behoort het.                    (1 × 1)       (1)

        2.4.2    Waarom, na jou mening, het die Amerikaanse kiesers teen Hoover in
                 die 1933 verkiesing gestem?                               (2 × 2)            (4)

 2.5    Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
        skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy die
        verwoestende impak van die Groot Depressie op die gewone mense van
        Amerika bespreek.                                                                     (8)
                                                                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                      GESKIEDENIS V1                       (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 3: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

 HOE WAS DIE MENSEREGTE VAN MINDERHEISGROEPE GESKEND IN NAZI-
 DUITSLAND VANAF 1933 TOT 1945?

 Bestudeer Bron 3A, 3B, 3C en 3D om die volgende vrae te beantwoord.

 3.1    Verwys na Bron 3A.

        3.1.1   Gebruik die bron en jou eie kennis om die volgende begrippe te
                definieer:

                (a)   Anti-Semitisme                                              (1 × 2)    (2)

                (b)   Demokrasie                                                  (1 × 2)    (2)

        3.1.2   Wat, volgens die bron, was President Hindenburg se aspirasie oor
                wat die nuwe kanselier kon doen?                             (1 × 2)         (2)

        3.1.3   Hoe, volgens die bron, het Hitler demokrasie in Duitsland beëindig?
                                                                               (1 × 2)       (2)

        3.1.4   Waarom, volgens jou opinie, wou Hitler demokratiese praktyke in
                Duitsland beëindig?                                           (2 × 2)        (4)

        3.1.5   Waarom, na jou mening, was die Duitsers bereid om hul eie vryheid
                op te offer ten einde Hitler die magte van ŉ diktator te verleen? (2 × 2)    (4)

        3.1.6   Deur gebruik te maak van die inligting in die bron, verskaf redes
                waarom die Jode die hoofteiken van Nazi-haat geword het?         (2 × 1)     (2)

 3.2    Bestudeer Bron 3B.

        3.2.1   Deur gebruik te maak van Uittreksel 1, noem die koerant waarin die
                anti-Joodse wette gepubliseer was.                            (1 × 1)        (1)

        3.2.2   Onttrek bewyse vanuit die bron wat aandui dat Rudy Barnes nie ŉ
                ondersteuner van die Nuremberg Wette was nie.                (1 × 2)         (2)

        3.2.3   Vergelyk Uittreksel 1 en Uittreksel 2. Verduidelik in watter opsigte
                hierdie uittreksels soortgelyk is met betrekking tot die wyse waarop
                die Nazi's die Jode en Sigeuners behandel het.                    (2 × 2)    (4)

        3.2.4   Waarom sou jy Uittreksel 1 van Bron 3B as nuttig beskou om die
                Duitse rasbeleide tydens die Tweede Wêreldoorlog te verstaan?
                                                                             (2 × 2)         (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                   GESKIEDENIS V1                                         7

 3.3    Verwys na Bron 3C.

        3.3.1    Hoe, volgens die bron, het Heydrich die opdrag van Goering met
                 betrekking tot die ‘Joodse probleem’ verstaan?               (1 × 1)        (1)

        3.3.2    Deur gebruik te maak van die bron en jou eie kennis, verduidelik
                 waarom die Nazi-regering onder Hitler hulself verplig het om ŉ finale
                 oplossing vir die ‘Joodse Vraag’ te vind.                       (2 × 2)     (4)

 3.4    Oorweeg Bron 3D.

        3.4.1    Wat is die beperkings van hierdie visuele bron as ŉ historiese
                 bewys?                                                         (2 × 2)      (4)

        3.4.2    Hoe ondersteun Bron 3D die bewyse wat in Bron 3B, Uittreksel 2
                 vervat is, met betrekking tot die behandeling van minderheidsgroepe
                 in die konsentrasiekampe?                                      (2 × 2)      (4)

 3.5    Deur gebruik te maak van die inligting in die relevante bronne en jou eie kennis,
        skryf ŉ paragraaf van ongeveer AGT reëls (ongeveer 80 woorde) waarin jy wys
        of demonstreer hoe die menseregte van minderheidsgroepe in Nazi-Duitsland
        geskend was.                                                                         (8)
                                                                                            [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                     GESKIEDENIS V1                     (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B: OPSTELVRAE

 Beantwoord ten minste EEN vraag en nie meer as TWEE vrae uit hierdie afdeling.

 VRAAG 4: KOMMUNISME IN RUSLAND, 1900–1940

 4.1

 Evalueer of Lenin se ekonomiese beleide in Rusland ná die revolusie in 1917
 suksesvol was.                                                                          [50]

                                           OF

 4.2

 “Stalin was beide ŉ seën en ŉ vloek vir Rusland.”

 Stem jy saam met hierdie stelling?

 Ondersteun jou antwoord met relevante bewyse deur na die ekonomiese
 ontwikkeling in Rusland onder Stalin en sy onderdrukkende bewind te verwys.             [50]

 VRAAG 5: KAPITALISME IN DIE VSA, 1900–1940

 5.1

 “Daar kan aangevoer word dat die ineenstorting van die Amerikaanse ekonomie in
 1929 vermy kon word of ten minste die omvang van die ineenstorting tot die
 minimum beperk kon gewees het indien die regering van die VSA positiewe stappe
 geneem het om die ekonomie te reguleer.”

 Stem jy saam met hierdie stelling?

 Ondersteun jou antwoord met relevante historiese bewyse.                                [50]

                                           OF

 5.2

 Bespreek krities die uitwerking / gevolge van die Groot Depressie in die VSA.           [50]

 VRAAG 6: IDEES OOR RAS IN DIE LAAT 19de EN 20ste EEU

 Bespreek krities of die toepassing van eugenetika en Sosiale Darwinisme op die
 inheemse bevolking van Australië as volksmoord beskou kan word of nie.                  [50]

                                                                           TOTAAL:       150

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [Gr11 HIST P1 N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-qp-eng/51fa8e5c-1403-401a-b2f1-7e01ce249d2f) — History · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 HIST P1 N16 ANNx Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-annx-eng/633e60a9-5f0b-490e-b600-57f82f312695) — History · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 HIST P1 N16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-memo-eng/9255a62f-4ddc-481e-ab75-a293510b1eca) — History · Memo · 2016 · Eng
- [Gr11 HIST P1 N16 memo Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-hist-p1-n16-memo-afr/ed023f88-604e-4f22-8646-821590a2160e) — History · Memo · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 GR12 QP NOV2016 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr12-qp-nov2016-afrikaans/03d5f0a3-32e6-4766-8db9-152f983ec11b) — History · QP · 2016 · Afr
- [HISTORY P2 GR11 QP NOV2016 English](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-gr11-qp-nov2016-english/6637e3bd-8ca9-4133-8c5b-c1c8d213ed20) — History · QP · 2016 · Eng

## More from Grade 11 History

- [Grade 11 History P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/9fdb86cf-1aac-4c90-9f22-a176bf0d4d37) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 His ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-his-atp-2023-24/4c199bf3-d253-42ae-b90d-b030dfc6ecc2) — ATP
- [EC History Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-history-grade-11-june-2025-p2-and-memo/0051e460-14cf-43df-a19e-374c9f6a797a) — QP + Memo · 2025
- [GRADE 11 HISTORY P1 NOVEMBER 2025 MG watermark](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-history-p1-november-2025-mg-watermark/15706ac6-5464-4f6c-87c6-1a03afff8695) — Memo · 2025
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-eng-watermark/13c2bd17-2125-463d-a4b3-95b539b0a7de) — Memo · 2025 · Eng
- [HISTORY P2 MEMO GR11 NOV 2025 AFRIK watermark](https://www.hlayiso.com/library/history-p2-memo-gr11-nov-2025-afrik-watermark/89cc90d4-f7ff-4580-84ad-6c4b84e16560) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
