# Information Technology Grade 11 P2 2016 QP (Afr)

> Grade 11 Information Technology Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-inft-p2-n16-qp-afr/b4c2c215-e27c-44e2-89b5-bb8488b9dfad
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Information Technology
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Information Technology](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/information-technology) › [Information Technology Grade 11 P2 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-inft-p2-n16-qp-afr/b4c2c215-e27c-44e2-89b5-bb8488b9dfad)

## About this document

Information Technology · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2016

                 INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *IINFTA*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 10 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit SES afdelings:

      AFDELING A: Kortvrae                                       (15)
      AFDELING B: Stelseltegnologieë                             (20)
      AFDELING C: Kommunikasie- en netwerktegnologieë            (26)
      AFDELING D: Data- en Inligtingsbestuur                     (26)
      AFDELING E: Oplossingsontwikkeling                         (26)
      AFDELING F: Geïntegreerde scenario                         (37)

 2.   Lees AL die vrae deeglik deur.

 3.   Beantwoord AL die vrae.

 4.   Die puntetoekenning dien oor die algemeen as ŉ aanduiding aantal feite/redes
      wat benodig word.

 5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      3

 AFDELING A: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
        vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10) in die ANTWOORDEBOEK neer, byvoorbeeld
        1.1.11 D.

        1.1.1    ZIF staan vir …

                 A    Zero In-house Firewall.
                 B    Zero Insertion Force.
                 C    Zero Integer File.
                 D    Zero Inter Fire.                                                        (1)

        1.1.2    Hierdie verwerkingstegniek laat die programme toe om hulself in
                 meervoudige take te verdeel:

                 A    Pyplynverwerking
                 B    Multitasking
                 C    Multithreading
                 D    Multiprocessing                                                         (1)

        1.1.3    ... behels die skryf van kode sodat die SVE sal verstaan.

                 A    Lae-vlak programmering
                 B    Hoë-vlak programmering
                 C    Samestellingstegnieke
                 D    Virtualiseringstegnieke                                                 (1)

        1.1.4    ŉ Versameling van programme wat ontwerp is om ŉ rekenaar te
                 infiltreer en die hoogste vlak te beheer:

                 A    Rootkit
                 B    Trojan Horse
                 C    Wurm
                 D    Virus                                                                   (1)

        1.1.5    Die volgende tipes netwerke in stygende volgorde met betrekking tot
                 hul grootte:

                 A    LAN, PAN, WAN, HAN
                 B    PAN, HAN, LAN, WAN
                 C    WAN, PAN, HAN, LAN
                 D    HAN, PAN, WAN, LAN                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                  (EC/NOVEMBER 2016)

        1.1.6   ŉ Toestel wat die data of sein van ŉ rekenaar na die formaat kan
                omskakel wat oor ŉ kommunikasiemedium oorgedra kan word:

                A     Roteerder
                B     Modem
                C     Skakelaar
                D     Muis                                                                 (1)

        1.1.7   Die uitvoering van fisiese en meestal herhalende of gevaarlike take
                deur ŉ gerekenariseerde masjien is …

                A     programmering.
                B     robotika.
                C     uitkontraktering.
                D     kunsmatige intelligensie.                                            (1)

        1.1.8   Watter een is NIE ŉ eienskap van die kwaliteit van data in ŉ databasis
                NIE?

                A     Akkuraatheid
                B     Huidigheid
                C     Stiptelikheid
                D     Relevansie                                                           (1)

        1.1.9   Watter een is NIE ŉ voordeel of eienskap van ŉ statiese webtuiste
                NIE?

                A     Redelik maklik om te ontwerp
                B     Benodig nie baie Bedienerskrag nie
                C     Slegs ontwerp vir die kliënt-kant
                D     Kan volgens die gebruiker se behoeftes en voorkeur aanpas            (1)

        1.1.10 Watter van die volgende bedryfstelsels kan op tablette wat ARM in
               plaas van Intel-verwerkers gebruik, geïnstalleer word?

                A     Windows RT
                B     Android
                C     iOS
                D     Blackberry OD 10                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                     5

 1.2    Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die
        woord/term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.5) in die
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1    ŉ Stel elektriese paadjies wat op die moederbord ingeëts is en
                 gebruik word om data tussen verskillende paadjies oor te dra                (1)

        1.2.2    Sekuriteit gebaseer op die identifisering en meet van unieke, fisiese
                 karaktereienskappe van ŉ persoon                                            (1)

        1.2.3    ŉ Stel reëls vir die enkodering en dekodering van data vir transmissie
                 oor ŉ netwerk                                                               (1)

        1.2.4    ŉ Sisteem waar dele van ŉ databasis oor bedieners in aparte plekke
                 versprei is                                                                 (1)

        1.2.5    Probleme of foute wat voorkom wanneer jy data wil opdateer, skrap of
                 byvoeg                                                                      (1)

                                                               TOTAAL AFDELING A:            15

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                   (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B: STELSELTEGNOLOGIEË

 VRAAG 2

 2.1    Jou oom is afgetree en het ŉ bemarkingsbesigheid vir huishoudelike teëls begin
        wat hy van sy huis af wil bestuur. Hy beplan om twee kamers in die hoofhuis te
        gebruik, asook die motorhuis wat ongeveer 10 m van die huis af is, as
        vertoonlokaal te gebruik met multimedia vertoontoerusting. Hy het al opgelees
        oor rekenaarhardeware en programmatuur, maar benodig duidelikheid van jou.

        Meeste van sy literatuur verwys na die modulêre ontwerp van die
        rekenaarsisteem.

        2.1.1   Wat beteken die term, modulêre ontwerp?                                      (1)

        2.1.2   Gee TWEE voordele van modulêre ontwerp.                                      (2)

 2.2    Meeste boeke wat hy lees sê dat die rekenaar afhanklik is van die
        hoeveelheid ETG wat dit het.

        2.2.1   Brei die term/afkorting ETG uit.                                             (1)

        2.2.2   Waarom is ETG noodsaaklik vir die rekenaar?                                  (1)

        2.2.3   Gee DRIE eienskappe van ETG.                                                 (3)

        2.2.4   ETG word gewoonlik as klein, reghoekige elektroniese borde verskaf.
                Wat word hierdie borde genoem?                                               (1)

 2.3    Daar is vir jou oom gesê dat die rekenaarstelsel van kasberging gebruik maak
        as een van die tegnieke om sy aktiwiteite te versnel.

        2.3.1   Beskryf die term kasberging in ŉ rekenaarsisteem.                            (1)

        2.3.2   Noem TWEE tipes kasberging wat in ŉ rekenaarsisteem gevind word.             (2)

        2.3.3   Identifiseer TWEE dele van die rekenaarsisteem wat kasberging
                gebruik.                                                                     (2)

 2.4    Hy het ook uitgevind dat ŉ bedryfstelsel baie belangrik vir die
        rekenaarsisteem is om te kan werk en dat die beste sisteme
        oopbronprogrammatuur is.

        2.4.1   Noem TWEE funksies van bedryfstelselsagteware.                               (2)

        2.4.2   Lys TWEE voordele van oopbronprogrammatuur.                                  (2)

        2.4.3   Lys TWEE nadele van oopbronprogrammatuur.                                    (2)

                                                               TOTAAL AFDELING B:            20

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                     7

 AFDELING C: KOMMUNIKASIE- EN NETWERKTEGNOLOGIEË

 VRAAG 3

 Rekenaars, skootrekenaars, tablette en selfone moet aan die netwerk binne die drie
 vertrekke gekoppel word.

 3.1    Jou raad aan jou oom is om ŉ Wi-Fi-netwerk op te stel.

        3.1.1    Definieer ŉ rekenaarnetwerk.                                                 (3)

        3.1.2    Wat is Wi-Fi?                                                                (1)

        3.1.3    Noem TWEE voordele en TWEE nadele van Wi-Fi.                                 (4)

 3.2    Hardware sal benodig word om die Wi-Fi-netwerk op te stel. Motiveer waarom
        ELKEEN van die volgende items nodig is deur kortliks die funksie van elke
        item in ŉ netwerk te verduidelik:

        3.2.1    Wi-Fi Network Adaptors                                                       (1)

        3.2.2    ADSL Modem                                                                   (3)

        3.2.3    Wi-Fi-warmkol (‘Hotspot’)                                                    (2)

 3.3    Jou oom oorweeg dit om sy besigheid op die Internet te publiseer en het
        gehoor dat hy óf van ŉ mikroblog óf van ŉ vlog-diens gebruik kan maak.

        3.3.1    Onderskei tussen ŉ mikroblog EN ŉ vlog-diens.                                (2)

        3.3.2    Voorsien onderskeidelik ŉ voorbeeld van ŉ mikroblog EN van ŉ vlog-
                 diens.                                                                       (2)

 3.4    Sommige van sy dokumente, prente en video’s sal gekompakteer moet word.

        3.4.1    Verduidelik waarom dit nodig is om lêers te kompakteer.                      (1)

        3.4.2    Watter tipe lêers word gewoonlik gekompakteer?                               (1)

        3.4.3    Dui die verskil tussen ‘Lossy compression’ en ‘Lossless
                 compression’ aan.                                                            (2)

        3.4.4    Voorsien die naam van die mees algemeen gebruikte kompressie-
                 formaat wat vir prente gebruik word.                                         (1)

 3.5    Hy moet besluit of hy eerder ŉ intranet of ŉ ekstranet wil opstel.

        3.5.1    Definieer ŉ intranet.                                                        (2)

        3.5.2    Gee ŉ voordeel wat gekoppel word met die opstel van ŉ ekstranet.             (1)

                                                               TOTAAL AFDELING C:             26

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING D: DATA- EN INLIGTINGSBESTUUR

 VRAAG 4

                 TABEL 1                                            TABEL 2
 KlientID BestelID ProdukID          EenheidPrys        ProdukID ProdukNaam
 MMSE       10M       11                72.00              11    Faux Green Tile
 LOHNRHO    11L       42                15.00              40    Porcelain Blue Tile
 RHIN       17R       72                75.69              42    Bone White Tile
 MMSE       21M       42                69.99              72    Cream Yellow Granite Tile
 RHIM       22R       40                50.00              75    Grey Granite Tile

 ŉ Databasis is ontwerp met die inligting oor die bestellings, kliënte en produkte wat
 hulle koop. Dit bestaan uit tabelle, velde en rekords.

 4.1    Definieer elk van die volgende:

        4.1.1   ŉ Databasis-veld                                                             (2)

        4.1.2   ŉ Databasis-rekord                                                           (2)

        4.1.3   ŉ Databasistabel                                                             (3)

 4.2    Die databasis sal op een van die rekenaars ontwerp word en sal op een
        alleenstaande rekenaar gehardloop word.

        4.2.1   Wat is die naam wat aan hierdie tipe databasis gegee word?                   (1)

        4.2.2   Gee ŉ voorbeeld van ŉ program wat gebruik kan word om hierdie
                databasis wat in VRAAG 4.2.1. genoem is, te ontwerp.                         (1)

        4.2.3   Wat is die naam wat aan ŉ databasis gegee word wat oor die Intranet
                gedeel word?                                                                 (1)

        4.2.4   Gee TWEE voorbeelde van programme wat gebruik kan word om die
                databasis beskryf in VRAAG 4.2.3, te ontwerp.                                (1)

 4.3    Foute kan gemaak word terwyl data in ŉ databasis ingesleutel word. Beskryf
        VIER maniere waarin data gevalideer kan word.                                        (8)

 4.4    Die twee tabelle is nie aan mekaar verbind nie. Die primêre sleutels en
        vreemde sleutels moet geïdentifiseer word sodat die tabelle verbind kan word.

        4.4.1   Wat is ŉ primêre sleutel?                                                    (1)

        4.4.2   Identifiseer die primêre sleutels van die twee tabelle.                      (2)

        4.4.3   Teken die twee tabelle oor en dui aan hoe hulle aanmekaar verbind
                kan word.                                                                    (4)

                                                               TOTAAL AFDELING D:            26

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                                      9

 AFDELING E: PROBLEEMOPLOSSING

 VRAAG 5

 Jy het aangebied om toepassings vir jou oom te ontwerp.

 5.1    ŉ Afdeling van jou program moet die volgende patroon in ŉ afvoerkomponent
        vertoon.

        *
        **
        ***
        ****
        *****

        5.1.1    Wat is die minimum hoeveelheid veranderlikes wat nodig is om
                 hierdie taak uit te kan voer?                                                (1)

        5.1.2    Ontwerp ŉ vloeidiagram of skryf die pseudo-kode vir die program
                 neer.                                                                        (9)

 5.2    Jy moet besluit of jy eerder ŉ For-lus of ŉ While-lus wil gebruik. Verduidelik
        die verskil tussen die twee lusse.                                                    (4)

 5.3    Somtyds moet jy skikkings in jou program gebruik.

        5.3.1    Definieer die term, skikking.                                                (2)

        5.3.2    Gee TWEE voorbeelde wanneer dit raadsaam is om ŉ skikking te
                 gebruik.                                                                     (2)

 5.4    Lys en verduidelik DRIE tipes foute wat jy mag ondervind wanneer jy ŉ
        program skryf/uitvoer.                                                                (6)

 5.5    Jy het gehoor dat mede programmeerders sê: “veranderlikes het lokale
        ‘scope’ en globale ‘scope’”. Verduidelik wat met hierdie stelling bedoel word.        (2)

                                                                TOTAAL AFDELING E:            26

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             INLIGTINGSTEGNOLOGIE V2                     (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING F: GEÏNTEGREERDE SCENARIO

 VRAAG 6

 Jou oom het bietjie navorsing gedoen voordat die Wi-Fi-netwerk vir die maatskappy
 opgestel word. Hy het baie konsepte teëgekom wat hy van jou af beantwoord wil hê.

 6.1    Hy begin deur basiese vrae oor die netwerk te vra.

        6.1.1   Waarom benodig ons netwerke? Gee VIER redes.                                 (4)

        6.1.2   Noem die DRIE netwerktopologieë wat gebruik word.                            (3)

        6.1.3   Teken EEN netwerktopologie en benoem die dele daarvan.                       (3)

        6.1.4   TCP/IP word gesien as ŉ suite van protokolle. Behalwe vir TCP en
                IP, noem DRIE ander protokolle in hierdie suite.                             (3)

 6.2    Hy is ook ingelig dat sodra hy aan die Internet gekoppel is, die kans daar is
        dat hy ongewenste e-posse ontvang, vergroot. Hy beplan ook om van
        aanlynbankdienste gebruik te maak.

        6.2.1   Wat word hierdie ongewenste e-pos genoem?                                    (1)

        6.2.2   Is dit moontlik om ongewenste e-posse te keer om in jou inbus te
                beland? Motiveer jou antwoord.                                               (2)

        6.2.3   Banke volg stappe om hul gebruikers teen kuberkrakers te beskerm.
                Beskryf TWEE sekuriteitsvoorsorgmaatreëls wat banke volg om
                sekuriteit te verbeter.                                                      (4)

        6.2.4   Gee DRIE maatstawwe wat jy kan neem om jouself teen iemand te
                beskerm wat jou bankbesonderhede in die hande wil kry.                       (3)

 6.3    Jou oom moet toegang tot die maatskappy se inligting beperk:

        6.3.1   Verduidelik DRIE fisiese maatstawwe wat hy kan neem.                         (3)

        6.3.2   Verduidelik TWEE maatstawwe wat hy vir sy programmatuur kan
                neem.                                                                        (2)

 6.4    Jou oom het ook gelees dat hy geld en hulpbronne kan spaar as sy werkers
        ‘telecommute’. Ander moedig hom aan om óf ŉ virtuele kantoor, óf ŉ mobiele
        kantoor op te stel.

        6.4.1   Verduidelik kortliks wat ‘telecommuting’ is.                                 (1)

        6.4.2   Beskryf TWEE nadele van ‘telecommuting’.                                     (4)

        6.4.3   Verduidelik die verskil tussen ŉ virtuele kantoor en ŉ mobiele
                kantoor.                                                                     (4)
                                                               TOTAAL AFDELING F:            37
                                                                     GROOTTOTAAL:           150

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr11 INFT P2 N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-inft-p2-n16-qp-eng/928c2370-ca8e-4a95-8052-d388653e24d1) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 INFT P2 N16 mEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-inft-p2-n16-memo-afr/51566c8b-fdd8-43f0-bbc2-903fa0664627) — Information Technology · Memo · 2016 · Afr
- [Gr11 INFT P2 N16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-inft-p2-n16-memo-eng/676641c5-ba73-4218-a029-f37877ff8b96) — Information Technology · Memo · 2016 · Eng
- [IT QP P1 GR11 ENG NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p1-gr11-eng-nov2016/5e9c5b57-64ab-4c33-81d0-e2ed64b98787) — Information Technology · QP · 2016 · Eng
- [IT QP P1 GR11 AFR NOV2016](https://www.hlayiso.com/library/it-qp-p1-gr11-afr-nov2016/6ba2e8ce-f3e5-459a-aa7b-f14d6633e32d) — Information Technology · QP · 2016 · Afr
- [IT-P2-GR11 QP-Afr-NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-qp-afr-nov2020-afr-d/4c2ae40a-2d69-4f5a-bb35-23756c348dca) — Information Technology · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Information Technology

- [Grade 11 Information Technology P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/726303a4-959e-4bd2-851f-8e5359d8ca7b) — Memo · 2026 · Eng
- [Gr 11 Info Tech ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-info-tech-atp-2023-24/67fc595c-646e-4c38-9951-fe5fe3a113a7) — ATP
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 ENG](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-eng/463c896e-3593-418e-ae29-9566ee4c04d7) — Memo · 2022 · Eng
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/it-p1-memo-gr11-nov-2022-afr/bb1a49a4-65e0-428e-9303-788c58ca7b60) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P2 GR11 MEMO NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/it-p2-gr11-memo-nov2022-afrikaans/f5015e15-ffe2-4923-9427-07b7a1a37ae1) — Memo · 2022 · Afr
- [IT P1 MEMO GR11 NOV 2022 AFR](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-information-technology-2022-exemplar-november-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/02cbecc3-c4be-49dd-986d-125a0173594d) — Memo · 2022 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
