# Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP

> Grade 11 Life Sciences Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-lfsc-p2-n16-qp-afr/d23d6450-efb8-4ca6-990b-5b65bc5a2a51
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Life Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Life Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/life-sciences) › [Life Sciences Grade 11 P2 Eastern Cape November 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr11-lfsc-p2-n16-qp-afr/d23d6450-efb8-4ca6-990b-5b65bc5a2a51)

## About this document

Life Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                     NOVEMBER 2016

               LEWENSWETENSKAPPE V2

PUNTE:   150

TYD:     2½ uur

                             *ILFSCA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               LEWENSWETENSKAPPE V2                   (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat die vrae beantwoord word.

 1.   Beantwoord AL die vrae.

 2.   Skryf AL die antwoorde in jou ANTWOORDEBOEK.

 3.   Begin ELKE vraag boaan ŉ NUWE bladsy.

 4.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

 5.   Bied jou antwoorde volgens die instruksies van elke vraag aan.

 6.   ALLE sketse moet met potlood gemaak word en die byskrifte met blou of swart
      ink.

 7.   Teken diagramme, tabelle of vloeidiagramme SLEGS wanneer dit gevra word.

 8.   Die diagramme in hierdie vraestel is NIE noodwendig volgens skaal geteken
      NIE.

 9.   MOENIE grafiekpapier gebruik NIE.

 10. ŉ Nieprogrammeerbare sakrekenaar, gradeboog en passer mag gebruik word
     waar nodig.

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                        3

 AFDELING A

 VRAAG 1

 1.1    Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae gegee.
        Kies die korrekte antwoord en skryf slegs die letter (A tot D) langs die
        vraagnommer (1.1.1 tot 1.1.10 ) in jou ANTWOORDEBOEK neer,
        bv. 1.1.11 D.

        1.1.1    ŉ Virus bestaan uit …

                 A    RNA, DNA en ŉ proteïenomhulsel.
                 B    proteïene, selmembraan en RNA.
                 C    RNA of DNA en ŉ proteïenomhulsel.
                 D    RNA of DNA en ŉ selmembraan.

        1.1.2    Die gebruik van antibiotika is ŉ doeltreffende behandeling vir …

                 A    bakteriële en virale infeksies.
                 B    slegs bakteriële infeksies.
                 C    slegs virusinfeksies.
                 D    nóg bakteriële, nóg virusinfeksies.

        1.1.3    Hoe werk ŉ entstof?

                 A    Dit verhoed dat die siekte-veroorsakende agens die liggaam
                      binnedring.
                 B    Dit val die siekte-veroorsakende agens aan sodra dit die
                      liggaam binnedring.
                 C    Dit stimuleer die immuunstelsel om teenliggaampies te
                      vervaardig om die siekte-veroorsakende agens te bestry.
                 D    Dit stel die bloed in staat om die siekte-veroorsakende agens te
                      filtreer.

        1.1.4    Gedurende die dominante fase van hul lewensiklus, is varings sigbaar
                 as ...

                 A    haploïede gametofiete.
                 B    haploïede sporofiete.
                 C    diploïede gametofiete.
                 D    diploïede sporofiete.

        1.1.5    Bewaring van endemiese sade in Suid-Afrika sal tot die volgende lei:

                 A    Die beskerming van plante teen siektes
                 B    Die maak van ŉ klomp geld vir Suid-Afrika
                 C    Die herstel van oorontginde medisinale plante
                 D    Verbouing van voedselgewasse in droë toestande

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 LEWENSWETENSKAPPE V2               (EC/NOVEMBER 2016)

        1.1.6   Benoem die filum waaraan die onderstaande organisme behoort.

                A     Cnidaria
                B     Arthropoda
                C     Platyhelminthes
                D     Annelida

        1.1.7   Watter van die volgende is ŉ lid van die Annelida?

                A     Erdwurm
                B     Jellievis
                C     Lintwurm
                D     Seester

        1.1.8   Watter element vernietig die meeste osoon?

                A     Helium
                B     Waterstof
                C     Chloor
                D     Koolstof

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                       5

        1.1.9    Die diagram hieronder toon die pad van water wat stroomaf na die
                 see vloei.

                 Geleë naby die water is drie fabrieke, A, B en C, wat daagliks
                 dieselfde soort en dieselfde hoeveelheid chemiese afval in die water
                 stort.

                                                               Fabriek B

                           Fabriek A

                                                       Fabriek B

                                         na die
                                          see

                 Watter EEN van die volgende dele van die water sal die minste
                 besoedel wees?

                 A    W
                 B    X
                 C    Y
                 D    Z

       1.1.10    Watter van die volgende is NIE WAAR aangaande geneties
                 gemodifiseerde gewasse nie?

                 A    toename in genetiese diversiteit
                 B    verminderde afhanklikheid van plaagdoders
                 C    weerstaan lang tydperke van droogte
                 D    toenemende opbrengste                                    (10 × 2)    (20)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                LEWENSWETENSKAPPE V2                       (EC/NOVEMBER 2016)

 1.2    Gee die korrekte biologiese term vir elk van die volgende beskrywings.
        Skryf slegs die term langs die vraagnommer (1.2.1 tot 1.2.9) in jou
        ANTWOORDEBOEK neer.

        1.2.1   Virus wat bakterieë besmet

        1.2.2   Sweepagtige strukture wat vir beweging in bakterieë gebruik word

        1.2.3   Plante waar parallelle be-aring en blomdele in veelvoude van drie
                voorkom

        1.2.4   ŉ Reproduktiewe struktuur wat slegs in gimnosperme en
                angiosperme aangetref word en wat uit ŉ plant embrio binne ŉ
                beskermende omhulsel bestaan

        1.2.5   Die differensiasie van die voorpunt van ŉ dier in ŉ definitiewe kop

        1.2.6   ŉ Bloed gevulde ruimte wat by die Arthropoda aangetref word

        1.2.7   ŉ Plant wat deur die San (Boesmans) ontdek is om honger en dors te
                beheer

        1.2.8   Die kweek van een gewas-spesie, jaar na jaar

        1.2.9   ŉ Staafvorminge struktuur by die Chordata wat gewoonlik met ŉ
                werwelkolom vervang word                                                     (9)

 1.3    Dui aan of elk van die stellings in KOLOM І van toepassing is op SLEGS A,
        SLEGS B, BEIDE A EN B of GEENEEN van die items in KOLOM ІІ nie. Skryf
        slegs A, slegs B, beide A en B of geeneen langs die vraagnommer (1.3.1
        tot 1.3.6) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

                               KOLOM I                                KOLOM II
                                                                A.   Sporangiofore
        1.3.1   Produseer spore in swamme
                                                                B    Sporangia
                                                                A.   Cocci
        1.3.2   Komma-vormige bakterieë
                                                                B.   Bacilli
        1.3.3   Dominante generasie in die lewensiklus          A.   Gametofiete
                van Briofiete                                   B.   Sporofiete
                                                                A.   Briofiete
        1.3.4   Tallusplante
                                                                B.   Pteridofiete
        1.3.5   Plant/e bekend vir sy immuunversterkende        A.   Duiwelsklou
                eienskappe                                      B.   Afrika-aartappel
                                                                A.   Mesoderm
        1.3.6   Jellie-agtige, nie-sellulêre laag in Cnidaria
                                                                B.   Mesoglea
                                                                                  (6 × 2)   (12)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                      7

 1.4    Die diagram hieronder is ŉ filogenetiese boom van plante en hul alge
        voorvaders. Bestudeer die diagram en beantwoord die vrae wat daarop volg.

        1.4.1    Noem die belangrikste aanpassing(s) wat by elk van die posisies
                 gemerk (a), (b) en (c) ontwikkel het.                                     (3)

        1.4.2    Watter afdeling plante word verteenwoordig as nie-vaatplante in die
                 diagram?                                                                  (1)

        1.4.3    Verduidelik waarom die saadlose vaatplante in staat is om langer (in
                 lengte) te groei as die nie-vaatplante.                                   (2)

        1.4.4    In watter opsig is die saad van gimnosperme anders as die saad van
                 angiosperme?                                                              (2)

        1.4.5    Wat is die versamelnaam vir al die saaddraende plante?                    (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                                    LEWENSWETENSKAPPE V2              (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING B

 VRAAG 2

 2.1   Liso het ŉ eksperiment uitgevoer om uit te vind watter faktore die groei van
       skimmel op brood bevorder.

       Sy het 4 snye witbrood geneem en verskillende stowwe as volg, op elke sny
       brood geplaas:

       Sny 1: Is droog gelaat

       Sny 2: 20 mℓ kraanwater

       Sny 3: 20 mℓ suurlemoensap

       Sny 4: 20 mℓ suikerwater

       Elke sny brood is in ŉ Ziploc-sakkie geplaas en vir twee weke in ŉ donker kas
       by ŉ temperatuur van ongeveer 25 °C gehou. Sy het die groei van die
       broodskimmel op die vier snye brood dopgehou en die persentasie oppervlakte
       wat die skimmel op die brood gevorm het, bereken. Die resultate word in die
       onderstaande grafiek getoon.

              Persentasie skimmel op brood

                                                   Droë     Water op      Suur-    Suiker-
                                                 witbrood    brood     lemoensap   water op
                                                                        op brood    brood

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)               LEWENSWETENSKAPPE V2                                       9

        2.1.1    Stel ŉ hipotese vir hierdie ondersoek voor.                                 (2)

        2.1.2    Noem die onafhanklike veranderlike.                                         (1)

        2.1.3    Verduidelik waarom die broodskimmel nie so goed op die brood wat
                 met suurlemoensap besprinkel was, gegroei het nie?                          (2)

        2.1.4    Hoekom is droë brood in die eksperiment ingesluit?                          (2)

        2.1.5    Identifiseer en beskryf kortliks die tipe voeding van Rhizopus
                 (broodskimmel).                                                             (3)

 2.2    Die diagram hieronder is dié van ŉ bakteriële sel. Bestudeer dit noukeurig en
        beantwoord dan die vrae wat daarmee verband hou.

        2.2.1    Gee byskrifte vir dele genommer 3, 5 en 6.                                  (3)

        2.2.2    Noem die funksie van die deel genommer 4.                                   (1)

        2.2.3    Verduidelik kortliks hoe bakterieë weerstand teen antibiotika ontwikkel
                 en hoe mense tot dié verskynsel kan bydra.                                  (3)

        2.2.4    Verduidelik hoe die struktuur genommer 6 gebruik kan word in die
                 vervaardiging van insulien vir diabete?                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             LEWENSWETENSKAPPE V2                          (EC/NOVEMBER 2016)

 2.3    Beantwoord die onderstaande vrae oor diere-diversiteit.

        2.3.1   Noem ŉ filum by diere wat aselomaat is en ŉ triploblastiese
                liggaamsplan het.                                                             (1)

        2.3.2   Deur gebruik te maak van voorbeelde, bespreek kortliks TWEE
                maniere waarop ongewerweldes ŉ rol in landbou speel.        (2 × 3)           (6)

 2.4    Die diagram hieronder toon die struktuur van ŉ blom. Beantwoord die
        onderstaande vrae met behulp van die diagram en jou eie kennis.

        2.4.1   Identifiseer die struktuur wat A op die diagram gemerk is.                    (1)

        2.4.2   Plante moet baie energie gebruik om blomme te produseer.
                Verduidelik waarom dit steeds ŉ evolusionêre voordeel is om blomme
                by plante te produseer.                                                       (5)

 2.5    Die diagram hieronder toon ŉ kladogram van diere-filums. Bestudeer dit en
        beantwoord die vrae wat volg.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)              LEWENSWETENSKAPPE V2                                      11

        2.5.1    Wat is ŉ kladogram?                                                        (1)

        2.5.2    Noem die eienskap gemerk C wat gemeenskaplik is vir die diere-
                 filums gemerk 3 en 4 asook die Arthropoda en Chordata.                     (1)

        2.5.3    Gee byskrifte vir die diere filums genommer 1, 2 en 3.                     (3)

        2.5.4    Noem EEN nadeel van ŉ eksoskelet by die Arthropoda en verduidelik
                 hoe hulle die nadeel oorkom.                              (1 × 2)          (2)
                                                                                           [40]
 VRAAG 3

 3.1    Die grafiek hieronder toon ŉ vergelyking van die persentasie van die water
        wat gestoor word in damme in elke provinsie in Suid-Afrika tussen
        Oktober 2014 en Oktober 2015. Beantwoord die onderstaande vrae wat
        gebaseer is op die data in die grafiek en vanaf jou eie kennis.

        Sleutel: GP – Gauteng              LP – Limpopo            MP – Mpumalanga
                 NW – Noordwes             VS – Vrystaat         KZN – KwaZulu-Natal
                 OK – Oos-Kaap            WK – Wes-Kaap             NK – Noord-Kaap

        3.1.1    Lewer kommentaar op die vergelyking van water wat gestoor word in
                 damme in die land tussen Oktober 2014 en Oktober 2015 in die
                 algemeen.                                                                  (2)

        3.1.2    Watter provinsie ervaar die skerpste daling in waterberging oor die
                 jaartydperk?                                                               (1)

        3.1.3    Gee ŉ verduideliking vir hierdie noemenswaardige afname in die
                 storing van water in die provinsie genoem in VRAAG 3.1.2.                  (2)

        3.1.4    Bespreek kortliks TWEE maniere waarop die konstruksie van damme
                 nadelig kan wees.                                                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                 LEWENSWETENSKAPPE V2                            (EC/NOVEMBER 2016)

 3.2    Bestudeer die onderstaande diagram oor indringerplante in Suid-Afrika. Na
        beraming dek hulle 10 miljoen hektaar (ha) in Suid-Afrika. Elke jaar gebruik
        hulle ongeveer 3,3 miljard kubieke meter (m3) water meer as die hoeveelheid
        water wat deur die inheemse plante gebruik word.

                                             In Suid-Afrika
                                       INDRINGERPLANTE
                                                 bedek

                                              en gebruik

                                                water

                      [BRON: http://www.capenature.co.za/conserving-water-factories-western-cape/]

        3.2.1   Onderskei tussen indringerplante en inheemse plante.                                 (2)

        3.2.2   Beskryf die impak op watergehalte as indringerplante so ŉ groot
                gebied van Suid-Afrika dek, soos in die foto hierbo getoon.                          (5)

        3.2.3   Definieer en onderskei tussen biologiese beheer en chemiese beheer
                van indringerplante.                                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                           LEWENSWETENSKAPPE V2                                    13

 3.3    Die grafiek hieronder toon Suid-Afrikaanse Renosterstropery-statistieke met
        behulp van data wat deur die Suid-Afrikaanse Departement van
        Omgewingsake (2016) gepubliseer is. Bestudeer die grafiek en beantwoord
        dan die vrae wat daarop volg.

                 Aantal renosters gestroop

        3.3.1        Definieer die term stropery.                                                     (1)
        3.3.2        Gee DRIE redes waarom diere soos die renoster gestroop word.                     (3)
        3.3.3        Bereken die persentasie-toename in die aantal renosters wat tussen
                     2013 en 2015 gestroop is. Toon al jou berekeninge.                               (3)
        3.3.4        Stel DRIE maniere voor waardeur die stropery van renosters
                     verminder kan word.                                                              (3)
 3.4    SA staar ŉ ernstige voedselkrisis, en hoë stapelvoedselpryse teen
        September in die gesig
        Die Famine Early Warning System Network (FEWSNET) het gewaarsku teen
        ŉ ernstige voedselonsekerheid in die hele streek van Suider-Afrika in 2016-
        2017 ná twee aaneenlopende jare van droogte wat gewasproduksie beperk
        het.
        FEWSNET skat dat byna vier miljoen mense in die hele streek tans ŉ krisis
        (IPC Fase 3) of erger in die gesig staar. Hierdie totaal sluit byna ŉ miljoen
        mense in Malawi en 500,000 mense elk in Zimbabwe, Mosambiek en
        Madagaskar in, het die waarskuwing gesê.
                                                                [Bron: http://www.sabc.co.za/news]

        3.4.1        Onderskei tussen voedselsekuriteit en voedselonsekerheid.                        (2)
        3.4.2        Wat het, volgens die bostaande artikel, gelei tot die
                     voedselonsekerheid in Suider-Afrikaanse streke?                                  (1)
        3.4.3        In watter streek word die meeste mense deur voedselonsekerheid
                     geraak?                                                                          (1)
        3.4.4        Beskryf kortliks DRIE maniere waarop plaagbeheer voedselsekuriteit
                     kan bedreig.                                                                     (6)
                                                                                                     [40]
                                                                     TOTAAL AFDELING B:               80
Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             LEWENSWETENSKAPPE V2                      (EC/NOVEMBER 2016)

 AFDELING C

 VRAAG 4

 Klimaatsverandering is 'n wêreldwye-probleem, met Suid-Afrika ingedeel onder die
 twintig ergste kweekhuisgas uitlaters in die wêreld. As gevolg van die toename in die
 vrystelling van kweekhuisgasse het ons te make met die probleem van
 aardverwarming.

 Skryf ŉ opstel waarin jy die oorsake en gevolge van aardverwarming bespreek en
 verduidelik wat gedoen kan word om die probleem van aardverwarming te beheer.

                                                                              Inhoud      (17)
                                                                              Sintese      (3)
                                                                                          [20]
 LET WEL:      GEEN punte sal vir antwoorde in die vorm van vloeidiagramme of
               diagramme toegeken word nie.
                                                        TOTAAL AFDELING C:                 20
                                                              GROOTTOTAAL:                150

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr11 LFSC P2 N16 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-lfsc-p2-n16-qp-eng/e3e266e3-fa29-48b6-b6a8-98cbf6fb1acb) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 LFSC P2 N16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr11-lfsc-p2-n16-memo-afr/f7a9a82e-69ca-4dbf-9e4c-202f74f95eac) — Life Sciences · Memo · 2016 · Afr
- [Gr11 LFSC P2 N16 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-lfsc-p2-n16-memo-eng/02fb057c-ec0e-4e44-8851-7901b18aaf8a) — Life Sciences · Memo · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 QP NOV2016 English](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-qp-nov2016-english/9177dba4-bf0a-4609-8d79-d9260050780d) — Life Sciences · QP · 2016 · Eng
- [LIFE SCIENCES P2 GR11 QP NOV 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-gr11-qp-nov-2022-afrikaans/1dc5c137-1205-4c5f-93eb-bd628fbe2fcf) — Life Sciences · QP · 2022 · Afr
- [LIFE SCIENCES P2 QP GR11 NOV2020ENG D](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p2-qp-gr11-nov2020eng-d/19d1d8df-c0d8-47f8-963c-b975379e9946) — Life Sciences · QP · 2020

## More from Grade 11 Life Sciences

- [Gr 11 Life Sci ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-life-sci-atp-2023-24/4ab88214-8173-4f6e-98ea-ab509ada756b) — ATP
- [LEWENSWETENSKAPPE V1 GR11 MEMO NOV2025 Afrikaans watermark](https://www.hlayiso.com/library/lewenswetenskappe-v1-gr11-memo-nov2025-afrikaans-watermark/1bdf579b-8063-4dc2-a5bd-522094c45c65) — Memo · 2025 · Afr
- [LIFE SCIENCES P1 GR11 MEMO NOV2025 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/life-sciences-p1-gr11-memo-nov2025-english-watermark/595fffde-81ad-4f4d-be06-d944b73bcfd5) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Life Sciences Grade 11 June 2025 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-life-sciences-grade-11-june-2025-qp-and-memo/31a59d87-a46a-4536-91d0-2fe1264e946a) — QP + Memo · 2025
- [EC Life Sciences Grade 11 June 2024 QP and Memo](https://www.hlayiso.com/library/ec-life-sciences-grade-11-june-2024-qp-and-memo/68ed48c4-d02f-4f7f-97fb-736190106d11) — QP + Memo · 2024
- [LIFE SCIENCES P2 GR 11 MEMO NOV2024 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-life-sciences-2024-eastern-cape-november-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/1768e181-1a1b-418d-890f-2e94f97be7f3) — Memo · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
