# Mathematics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematics Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2016 (Afrikaans), 7 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-math-p1-n16-qp-afr/2da02063-ce8f-4b69-b3f7-1b611f826587
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematics
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 7

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematics](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematics) › [Mathematics Grade 11 P1 Eastern Cape November 2016 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-math-p1-n16-qp-afr/2da02063-ce8f-4b69-b3f7-1b611f826587)

## About this document

Mathematics · Grade 11 · Eastern Cape November · 2016. Question paper, 7 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 11

                  NOVEMBER 2016

                    WISKUNDE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                              *Iwis1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                     WISKUNDE V1                                   (EC/NOVEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies sorgvuldig deur voordat die vrae beantwoord word.

1.     Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord AL die vrae.

2.     Dui ALLE berekeninge, diagramme, grafieke, ensovoorts wat jy in die bepaling
       van jou antwoorde gebruik het, duidelik aan.

3.     ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag gebruik
       word, tensy anders aangedui.

4.     Volpunte sal nie noodwendig aan antwoorde alleen toegeken word nie.

5.     Indien nodig, moet antwoorde tot TWEE desimale plekke afgerond word, tensy
       anders aangedui.

6.     Diagramme is NIE noodwendig volgens skaal geteken NIE.

7.     Nommer jou antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
       vraestel gebruik is.

8.     Skryf netjies en leesbaar.

9.     ŉ Inligtingsblad met formules is aan die einde van die vraestel ingesluit.

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                           WISKUNDE V1                                              3

 VRAAG 1

 1.1    Los op vir x.

        1.1.1        (𝑥 + 2)2 = 1                                                                  (3)

        1.1.2        2𝑥 2 − 11𝑥 − 4 = 0                                                            (4)
                           1
        1.1.3        𝑥 2 > 4 en 𝑥 < 0                                                              (4)

        1.1.4        𝑥 + 5 = √(3 − 3𝑥)                                                             (4)

 1.2    1.2.1        Faktoriseer: 𝑦 2 − 9𝑥 2                                                       (1)

        1.2.2        Vervolgens of andersins los die volgende vergelykings gelyktydig op:

                     𝑦 + 3𝑥 = 2      en       𝑦 2 − 9𝑥 2 = 16                                      (5)
                                                                                                  [21]

 VRAAG 2

 2.1    Vereenvoudig:
                          2
                      𝑎3
        2.1.1        ( )                                                                           (1)
                      2

                     2𝑥−3 − 3. 2𝑥−1
        2.1.2                                                                                      (4)
                         2𝑥−2

 2.2    Bepaal die waarde van:            10𝑥+3    as 10𝑥 = 1,5                                    (2)

 2.3    Los op vir x:

        2.3.1        2𝑥 = 0,125                                                                    (2)

                                    9
        2.3.2        0,5𝑥 . √1 +      = 10                                                         (5)
                                   16
                                                                                                  [14]

 VRAAG 3

 3.1    Vir watter waarde(s) van m sal die vergelyking 2𝑥(𝑥 + 1) + 𝑚 = 𝑥 nie-reële
        wortels hê?                                                                                (5)

                     𝑥+2
 3.2    As: 𝑓(𝑥) = √
                   5 − 𝑥2

        Vir watter waarde(s) van x is 𝑓(𝑥) nie-gedefinieerd?                                       (5)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                       WISKUNDE V1                                  (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 4

 4.1      Gegee die patroon:        7 ; 12 ; 17 ; … … …

          4.1.1 Skryf die volgende twee terme van die patroon neer.                                 (2)

          4.1.2 Bepaal die algemene term van die patroon in die vorm van 𝑇𝑛 = 𝑎𝑛 + 𝑏.               (2)

          4.1.3 Bepaal of 𝟏𝟐𝟓 ŉ term in die patroon sal wees.                                       (3)

          4.1.4 Verduidelik waarom enige positiewe getal wat in ŉ 2 eindig deel van die
                patroon sal wees.                                                                   (2)

 4.2      Gegee die ry:        3 ; 9 ; 17 ; 27 ; … … …

          4.2.1 Skryf die volgende term van die ry neer.                                            (1)

          4.2.2 Bepaal ŉ uitdrukking vir die 𝐧𝐝𝐞 van die ry.                                        (5)

          4.2.3 Bepaal die waarde van die eerste term wat groter as 269 sal wees.                   (4)

 4.3      ŉ Kwadratiese patroon het ŉ tweede term gelyk aan 6, ŉ derde term gelyk aan 2 en
          ŉ vyfde term gelyk aan -18.

          4.3.1 Bereken die tweede verskil van die patroon.                                         (4)

          4.3.2 Bereken die eerste term.                                                            (3)
                                                                                                   [26]
 VRAAG 5

                            8
 Gegee:           𝑓(𝑥) =       +4
                           𝑥−8

 5.1      Skryf die vergelykings van die asimptote van 𝑓 neer.                                      (2)

 5.2      Skryf die gebied en terrein van 𝑓 neer.                                                   (2)

 5.3      Teken die grafiek van 𝑓 en dui alle afsnitte met die asse asook die asimptote aan.        (4)

 5.4      Gebruik jou grafiek en los op vir 𝑥 as:                                                   (2)

                       8
          5.4.1           ≥ −4
                      𝑥−8                                                                           (3)

          5.4.2       𝑓(𝑥) ≤ 3                                                                      (3)

 5.5      Bepaal die vergelyking van die positiewe simmetriese as van 𝑓.                            (2)

 5.6      Bepaal die vergelyking van 𝑔 as 𝑔(𝑥) = 𝑓(𝑥 − 2) − 2.                                      (2)
                                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)                    WISKUNDE V1                                                   5

 VRAAG 6

 Geteken hieronder is die grafieke van 𝑓(𝑥) = 𝑎𝑥 2 + 𝑏𝑥 + 𝑐 en 𝑔(𝑥) = 𝑘. 𝑚 𝑥 .
 Die parabool het afsnitte (−5; 0) ; (−1; 0) en (0; 2).
 Die eksponensiële grafiek gaan deur die punte (0; 2) en (1; 6).

 6.1   Bepaal die vergelyking van die parabool in die vorm van 𝑦 = 𝑎𝑥 2 + 𝑏𝑥 + 𝑐.                (4)

 6.2   Bepaal die waardes van m en k.                                                            (3)

 6.3   Skryf neer die vergelyking van die asimptoot van die eksponensiële kurwe.                 (1)

 6.4   Bepaal die waarde(s) van 𝑥 waarvoor:

       6.4.1    𝑓(𝑥) daal                                                                        (2)

       6.4.2    2 ≤ 𝑔(𝑥) ≤ 6                                                                     (2)

       6.4.3    𝑔(𝑥) ≤ 2                                                                         (2)

       6.4.4    𝑓(𝑥). 𝑔(𝑥) < 0                                                                   (2)

 6.5   Bepaal die gemiddelde gradiënt tussen die punte (−5; 0) en die y-afsnit van 𝑔.            (3)
                                                                                                [19]
 VRAAG 7

 Die grafiek van 𝑦 = 𝑏 𝑥 word geskuif 2 eenhede regs en 4 eenhede opwaarts. Die geskuifde
 grafiek gaan deur die punt (4 ; 8).

 7.1   Bereken die waarde van b.                                                                 (4)

 7.2   Skryf, vervolgens, die vergelyking van die geskuifde grafiek neer.                        (1)
                                                                                                 [5]

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                         WISKUNDE V1                                  (EC/NOVEMBER 2016)

 VRAAG 8

 8.1    ŉ Nuwe selfoon was vir R 7 200 gekoop. Bereken die verminderde waarde na 3 jaar
        as die selfoon verminder met 25% per jaar op die verminderde saldo basis.                     (3)

 8.2    ŉ Bedrag van R 500 word teen x % per jaar half jaarliks saamgestel belê. Na 6 jaar
        groei dit tot R 1 126,10. Bereken die waarde van x, korrek tot twee desimale plekke.          (4)

 8.3    John belê R 120 000. Hy word ŉ nominale rentekoers van 7,2 % per jaar maandeliks
        saamgestel gekwoteer.

        8.3.1        Bereken die effektiewe rentekoers p.j. korrek tot drie desimale plekke.          (3)

        8.3.2        Gebruik die effektiewe rentekoers om die waarde van John se belegging te
                     bereken as hy sy geld vir 3 jaar belê het.                                       (3)

        8.3.3        Veronderstel John belê sy geld vir ŉ totaal van 4 jaar, maar onttrek
                     R20 000 na 18 maande. Hoeveel sal hy aan die einde van 4 jaar ontvang?           (4)
                                                                                                     [17]

 VRAAG 9

 ŉ Pakkie lekkers bevat 3 pienk, 2 groen en 5 blou lekkers. Twee lekkers word uitgeneem na
 mekaar en word nie terug geplaas nie.

 9.1    Teken ŉ boomdiagram om alle moontlike uitkomste te bepaal.                                    (6)

 9.2    Bepaal die waarskynlikheid dat (Rond jou antwoord af tot drie desimale plekke):

        9.2.1    Beide lekkers blou sal wees                                                          (2)

        9.2.2    ŉ Groen en pienk lekker uitgehaal sal word                                           (5)

 9.3    ŉ Opname was gedoen onder 60 seuns en 60 meisies in graad 8 betreffende hulle
        deelname aan sport. 20 meisies neem nie aan sport deel nie en 50 seuns neem aan
        sport deel.

        9.3.1    Voltooi ŉ tweerigting gebeurlikheidstabel vir die opname.                            (5)

        9.3.2    Wat is die waarskynlikheid dat as ŉ persoon ewekansig uit die graad gekies
                 word dat:

                 (a)        Dit ŉ meisie is en aan sport deelneem?                                    (1)

                 (b)        Die persoon nie aan sport deelneem nie en nie ŉ meisie is nie?            (1)
                                                                                                     [20]

                                                                                      TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou                                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [MATHS P2 GR11 QP NOV2016 English](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-gr11-qp-nov2016-english/8e51b3ab-c405-4dab-b3be-458409636e04) — Mathematics · QP · 2016 · Eng
- [Gr11 Math P1 June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-math-p1-june-2016-question-paper/c0be92f8-5b2d-42a2-beef-6c5ca8029155) — Mathematics · QP · 2016
- [Gr11 Math P1 (Afrikaans) June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-math-p1-afrikaans-june-2016-question-paper/7ea1ce61-afcd-483b-a4fa-ea2b49b96e56) — Mathematics · QP · 2016 · Afr
- [Gr11 Math P1 November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-math-p1-november-2016-question-paper/159ea3da-41f3-4dcb-82d8-aeb9f1794ecd) — Mathematics · QP · 2016
- [Gr11 Math P1 (Afrikaans) November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-math-p1-afrikaans-november-2016-question-paper/e18ca4fc-229b-4d0b-8b3f-ec859a499bea) — Mathematics · QP · 2016 · Afr
- [MATHS P1 QP GR11 NOV 2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-qp-gr11-nov-2020-afrikaans/5ca32234-93ec-4023-9309-03a2a886d110) — Mathematics · QP · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Mathematics

- [Grade 11 Mathematics P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-mathematics-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1/470265ad-99e7-4e3e-af02-0c28a273b390) — Memo · 2026 · Eng
- [MATHS P1 MEMO GR11 NOV 2025 E+A watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p1-memo-gr11-nov-2025-e-a-watermark/5af2bd74-cc9d-4651-895a-310a59d8ce25) — Memo · 2025
- [MATHS P2 MEMO GR 11 NOVEMBER 2025 (ENG & AFR) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-memo-gr-11-november-2025-eng-afr-watermark/6bc83e22-926c-4a81-95ea-4dee0141ce24) — Memo · 2025 · Afr
- [KZN Maths Grade 11 November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-maths-grade-11-november-2025-p2-and-memo/a2aac931-a969-41c8-bde2-85d23035d042) — QP + Memo · 2025
- [MATHS P2 ANSWER BOOK GR11 2024 ENG AFR D watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-answer-book-gr11-2024-eng-afr-d-watermark/91fd4f6b-a252-4d30-b6b1-f8f546015336) — Addendum · 2024 · Afr
- [MATHS P2 GRADE 11 NOV 2024 ENG AFR MARKING GUIDELINE watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-p2-grade-11-nov-2024-eng-afr-marking-guideline-watermark/0f16be7d-4a28-41e1-9e8d-57c649490c1c) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
