# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2013 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2013 (Afrikaans), 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n13-qp-afr/6862796e-341b-43b8-8ad4-7478123fc60e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n13-qp-afr/6862796e-341b-43b8-8ad4-7478123fc60e)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 11

                       NOVEMBER 2013

          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies deeglik voordat jy die vrae beantwoord.

1.    Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae.

2.    Beantwoord AL die vrae.

3.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

4.    ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag
      gebruik word, tensy anders vermeld.

5.    AL die berekeninge en stappe moet duidelik getoon word.

6.    AL die finale antwoorde moet tot TWEE desimale plekke afgerond word,
      tensy anders vermeld.

7.    Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  3

 VRAAG 1

 1.1    Harry het vir 3 jaar (vanaf 2009–2011) vir ŉ maatskappy gewerk wat
        potloodsakkies maak. Hy was na hierdie periode afgelê, maar kon eis van die
        WVF, omdat hy bygedra het tot hierdie fonds vir die jare wat hy daar gewerk
        het. Hy sal slegs vir ŉ maksimum van ses maande kan eis. Met sy aflegging,
        was Harry se salaris R6 240 per maand.

        WVF = Werkloosheidversekeringsfonds, waar ŉ werknemer 1% van sy of
        haar verdienste tesame met 1% van die werkgewer elke maand aan die
        Werkloosheidversekeringsfonds betaal.

        1.1.1     Bereken hoeveel geld per maand aan die WVF betaal was.                      (3)

        1.1.2     Met sy afdanking sal Harry slegs ŉ persentasie van sy salaris wat hy
                  gedurende die laaste ses maande verdien het, ontvang. Hierdie
                  persentasie staan bekend as die Inkomstevervangingskoers (IRR)
                  en word soos volg bereken:

                                         maandelikse salaris

                  Watter persentasie van sy maandelikse salaris sal aan Harry betaal
                  word? Gee jou finale antwoord tot 1 desimale plek.                          (3)

        1.1.3     Bereken die bedrag wat Harry per maand vanaf die WVF sal
                  ontvang.                                                                    (2)

        1.1.4     Vir hoeveel (volle) dae sal Harry betaal word as werknemers slegs
                  geregtig is om 1 dag se geld te eis vir elke ses dae wat hulle gewerk
                  het?                                                                        (3)

        1.1.5     Gebaseer op jou antwoord in VRAAG 1.1.4, bereken hoeveel Harry
                  per dag betaal sal word.                                                    (3)

        1.1.6     Hoeveel geld in totaal sal Harry vanaf die WVF vir die ses maande-
                  periode ontvang?                                                            (2)

        1.1.7     Die WVF-werknemer het Harry ingelig dat die laaste betaling van die
                  WVF wat hy sal ontvang minder as die maandelikse betaling wat
                  hulle aanvanklik bereken het sal wees. Wys deur middel van
                  berekeninge dat dit WAAR is.                                                (3)

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                         WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                    (NOVEMBER 2013)

1.2   Die volgende is potloodsakkies wat vervaardig word deur die maatskappy vir
      wie Harry gewerk het. (Nie volgens skaal nie.)

          Silindriese Potloodsakkie              Reghoekige Potloodsakkie
      Hoogte = 178 mm                        Lengte = 187 mm
      Deursnit = 95 mm                       Breedte = 72 mm
                                             Hoogte = 38 mm
      Buite-oppervlak = 2 x Oppervlak
      van Basis + Omtrek van basis x         Buite-oppervlak = 2 x Oppervlak
      Hoogte van Potloodsakkie               van Basis + Omtrek van basis x
                                             Hoogte van Potloodsakkie

      1.2.1   Bereken die buite-oppervlak van die silindriese potloodsakkie in cm2.
              Gebruik die gegewe formule.

              Gebruik  = 3,142                                                            (4)

      1.2.2   Bereken die buite-oppervlak van die reghoekige potloodsakkie in
              cm2. Gebruik die gegewe formule.                                             (4)

      1.2.3   ŉ Skool het die maatskappy genader om 00 silindriese
              potloodsakkies te maak. Die potloodsakkies moet almal dieselfde
              kleur wees. ŉ ol materiaal met afmetings 5 m lank en 150 cm
              breed is aan die werkers gegee om die potloodsakkies te maak.
              Wys deur middel van berekeninge of die rol genoeg sal wees om die
              potloodsakkies te maak.
              Die volgende formule sal nuttig wees:
              Oppervlak = Lengte x Breedte                                             (6)
                                                                                      [33]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  5

 VRAAG 2

 2.1    Die volgende is ŉ profiel van die halfmarathon van die Twee Oseane-wedloop
        wat jaarliks in Kaapstad gehou word. Gebruik die profiel om die onderstaande
        vrae te beantwoord.

        2.1.1     Wat is die afstand wat vir die halfmarathon voltooi moet word?               (1)

        2.1.2     Op watter hoogte (bo seevlak), begin die deelnemers met die
                  marathon?                                                                    (2)

        2.1.3     Wat is die verskil tussen die hoogste en laaste punt op die profiel?         (2)

        2.1.4     Met verwysing na die profiel, meld enige gedeelte wat die mees
                  uitdagend vir die deelnemers sal wees. Gee ŉ rede vir jou antwoord.          (3)

 2.2    Elena Nurgalieva (die wenner in die vroue-afdeling) van Rusland neem deel
        aan hierdie marathon vanaf 2004 tot 2012. Die statistieke hieronder toon hoe
        lank (tyd) dit haar geneem het om die marathon vanaf 2004 tot 2012 te
        voltooi.

               2004               2005              2006                       2007
             03:37:51            03:38:12          03:36:29                   03:35:34
             2008            2009          2010            2011                   2012
           03:35:25        03:40:43       03:42:19       03:37:54               03:41:56

        2.2.1     In watter jaar het Elena die beste tyd aangeteken? Skryf die tyd in
                  woorde neer.                                                                 (2)

        2.2.2     In watter jaar het Elena die swakste tyd aangeteken? Skryf haar
                  swakste tyd neer.                                                            (2)

        2.2.3     Beskryf die neiging van Elena se tye vir hierdie periode.                    (2)

        2.2.4     Bereken Elena se totale tyd wat sy oor hierdie periode spandeer het
                  aan die kompetisie.                                                          (4)

        2.2.5     Wat is Elena se mediaan-tyd vir hierdie periode?                             (2)

        2.2.6     Bereken die verskil tussen Elena se beste en swakste klaarmaaktyd.           (3)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                    (NOVEMBER 2013)

2.3   Jou vriend beweer dat Elena ŉ 0% kans het om weer die Twee Oseane-
      marathon in 2013 te wen.

      2.3.1    Verduidelik wat met hierdie bewering bedoel word.                               (2)

      2.3.2    Druk die waarskynlikheid uit as ŉ breuk en as ŉ desimaal.                   (3)
                                                                                          [28]

VRAAG 3

3.1   Die volgende is die water-en-rioolrekening van mnr. Zee. Sommige van die
      inligting is weggelaat. Bestudeer die rekening en beantwoord die vrae wat
      volg.

       Rekeningbesonderhede soos op 07/01/2013 Rekening nr: 555 444 333
       Water (Periode 05/12/2012 tot 04/01/2013 – 31 dae) Werklike lesing
       By 72 Nowherestraat, Mountain View / ERF 9876543

       Vorige Lesing:                                               __________
       Huidige Lesing:                                                  185 523
       Verbruik:                                                         30,3 kℓ
       Verbruikskoste                                               __________

       Riolering (Periode 05/12/2012 tot 04/01/2013 – 31 dae) Werklike
       lesing

       By 72 Nowherestraat, Mountain View / ERF 9876543

       Rioleringskoste vir:                            _________ kℓ: R103,32

       BTW teen 14%                                                    R ______
       Laaste rekening totaal verskuldig:                              R ______

                  WATER                                         RIOLERING
        Huishoudelik 1: Tariewe                               Rioleringskoste
         Volume       Tarief per kℓ                       Volume        Tarief per kℓ
          < 6 kℓ         Gratis                            < 4 kℓ          Gratis
        6,1 – 15 kℓ      R7,90                           4,1 – 7 kℓ        R3,54
       15,1 – 25 kℓ      R8,90                           7,1 – 15 kℓ       R8,52
          > 25 kℓ        R9,90                             > 15 kℓ        R12,27

      3.1.1    Bereken die vorige lesing.                                                      (2)

      3.1.2    Gebruik die watertariewe-tabel om te bereken met hoeveel mnr. Zee
               vir sy waterverbruik belas sal word.                                            (3)

      3.1.3    Bereken hoeveel kiloliters vir riolering gebruik was as die
               rioleringskoste R103,32 is.                                                     (3)

      3.1.4    Bereken die BTW-bedrag vir hierdie rekening.                                    (2)

      3.1.5    Wat is die totale bedrag wat mnr. Zee aan die munisipaliteit vir
               hierdie rekening moet betaal?                                                   (2)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                               7

 3.2    ŉ Opname rakende die waterverbruik in die omgewing waar mnr. Zee woon
        was gedoen. Twaalf huishoudings het aan hierdie opname deelgeneem. Die
        volgende was opgeteken:

                  20,8 kℓ ; 44,2 kℓ ; 22,5 kℓ ; 21,6 kℓ ; 15,4 kℓ ; 22,7 kℓ;
                  20,4 kℓ ; 25,1 kℓ ; 23,6 kℓ; 24,9 kℓ ; 21,5 kℓ ; 30,3 kℓ

        3.2.1     Bereken die gemiddelde waterverbruik.                                     (3)

        3.2.2     Vind die mediaan van die data.                                            (3)

        3.2.3     Gee ŉ rede waarom jy dink die waterverbruik van een van die
                  huishoudings so laag is vergeleke met die res.                            (2)

        3.2.4     Gee ŉ rede waarom jy dink die waterverbruik van een van die
                  huishoudings so hoog is vergeleke met die res.                            (2)

        3.2.5     Watter van die sentrale neigings (gemiddelde of mediaan) sal die
                  data die beste beskryf? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                   (2)
                                                                                        [24]

 VRAAG 4

 4.1    Zoleka het ŉ onverwagte geskenk in die vorm van geld van ŉ niggie in New
        York, Verenigde State van Amerika, ontvang. Die bedrag wat sy ontvang het,
        was $100 (VSA-dollars). Op die dag wat Zoleka die geld ontvang het, het sy
        gesien dat die wisselkoers R9,04 is.

        4.1.1     Watter van hierdie twee betaalmiddele is die sterkste? Gee ŉ rede
                  vir jou antwoord.                                                         (2)

        4.1.2     Op die dag toe die wisselkoers R9,04 was, het Zoleka bank toe
                  gegaan om haar $100 om te ruil. Bereken die waarde van haar
                  dollars in rand.                                                          (2)

        4.1.3     Nadat Zoleka haar geld ontvang het, ontdek sy dat dit wat sy verwag
                  het om te ontvang nie dieselfde is nie. Sy het weggeloop met net
                  R858,80. Waarom dink jy is dit die geval?                                 (2)

        4.1.4     Bereken watter persentasie van haar geld sy verloor het.                  (3)

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                      (NOVEMBER 2013)

4.2   Met die geld wat sy omgeruil het en geld wat sy gespaar het, het Zoleka vir
      haar ŉ splinternuwe selfoon gekoop.

      Zoleka wil die SIM-kaart in die selfoon sit en moet die instruksies volg soos
      aangedui in die onderstaande illustrasies.

                     STAP 1                                   STAP 2

                                          STAP 3

      Beskryf kortliks die stappe wat Zoleka moet volg om die SIM-kaart in te sit.        (6)
                                                                                         [15]

                                                                            TOTAAL:       100

## Related documents

- [Gr11 MLIT P2 N13 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n13-qp-eng/a08fc217-93c2-4818-aa3d-dbcd0cd68d8a) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Eng
- [Gr11 MLIT P2 N13 MEMO Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n13-memo-eng/aa288791-9f36-41f5-a120-fc047f0bc34d) — Mathematical Literacy · Memo · 2013 · Eng
- [MLIT P1 GR11 NOV2013-QP-Eng](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-gr11-nov2013-qp-eng/fd784c1d-fcf9-478d-ba8a-5d3605b9332e) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Eng
- [MLIT P1 GR11 NOV2013 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/mlit-p1-gr11-nov2013-qp-afr/4d666686-cc45-458f-82ec-fc7a2d60210c) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Afr
- [Mathematical Literacy P2 Grade 11 Exemplar 2013 Afr](https://www.hlayiso.com/library/mathematical-literacy-p2-grade-11-exemplar-2013-afr/5c4ca860-bf3e-4ed2-b569-36e150a0d164) — Mathematical Literacy · QP · 2013 · Afr
- [MATHS LIT P2 QP GR12 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-nov2022-afrikaans/cd0c5dd4-3069-486d-86b3-b3b357661ceb) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-nov25-addendum-english-final-1-watermark/6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35) — Addendum · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025
- [MATHS LIT P1 MEMO GR 11 NOV2024 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr-11-nov2024-english-watermark/be2f24a4-badd-4549-82b6-bfea47869b3a) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
