# Mathematical Literacy Grade 11 P2 2015 QP (Afr)

> Grade 11 Mathematical Literacy Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n15-qp-afr/701e5e42-f8b4-462c-9c59-55b1ae5b2c62
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Mathematical Literacy
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Mathematical Literacy](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/mathematical-literacy) › [Mathematical Literacy Grade 11 P2 2015 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n15-qp-afr/701e5e42-f8b4-462c-9c59-55b1ae5b2c62)

## About this document

Mathematical Literacy · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                 NASIONALE
                             SENIOR SERTIFIKAAT

                                    GRAAD 11

                               NOVEMBER 2015

               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2

PUNTE:        100

TYD:          2 uur

                                         *Iwgel2*

       Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye, insluitende ŉ aanhegsel van 3 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                (EC/NOVEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies deeglik voordat jy die vrae beantwoord.

 1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

 2.   VRAAG 1.1 moet met verwysing na BYLAAG A beantwoord word, VRAAG
      2.1.2 moet op BYLAAG B beantwoord word en VRAAG 4.1.7 op BYLAAG C.
      Skryf jou NAAM en KLASGROEP op BYLAE B en C en handig dit saam met
      jou ANTWOORDEBOEK in.

 3.   Nommer die antwoorde korrek volgens die numeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

 4.   ŉ Goedgekeurde sakrekenaar (nieprogrammeerbaar en niegrafies) mag
      gebruik word, tensy anders vermeld.

 5.   AL die berekeninge en stappe moet duidelik getoon word.

 6.   Rond ALLE finale antwoorde volgens die gegewe konteks toepaslik af, tensy
      anders vermeld.

 7.   Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy.

 8.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                     3

 VRAAG 1

 1.1    Bestudeer die vloerplan van die Greenacres Inkopiesentrum in Port
        Elizabeth (BYLAAG A) en beantwoord die vrae wat volg.

        1.1.1        Hoeveel ingange kan jy gebruik om toegang tot die sentrum te kry?            (2)

        1.1.2        Jy kry ŉ oproep van jou vriend. Die twee van julle het mekaar in die
                     sentrum verloor. Jou vriend is by die Outomatiese Teller Masjien
                     (OTM / ATM) by Winkel No. 40. Jy wag by Ingangnommer 2.
                     Verduidelik aan jou vriend die kortste manier om by Ingangnommer
                     2 uit te kom.                                                                (3)

 1.2    Jy en jou vriend wil die fliek “The Best of Me” gaan kyk wat in Cinema 15 by
        “The Bridge” naby die Greenacres Inkopiesentrum vertoon word. Die duur
        (verlooptyd) van die fliek is 117 minute.

        Die vertoontye van die fliek word hieronder vir Sondag, 11 Januarie 2015,
        getoon.

        Son 11 Jan
        10:00      12:15             14:45        17:45        20:15        22:30

        1.2.1        Skryf die verlooptyd van die fliek in ure en minute.                         (2)

        1.2.2        Jy en jou vriend het om 11:20 by die sentrum aangekom en moet
                     om 17:30 by die huis wees. Dit neem twee derdes van ŉ uur vanaf
                     Greenacres Inkopiesentrum tot by jou huis. Met jou aankoms by die
                     sentrum het jy en jou vriend driekwart van ŉ uur by “Food Court”
                     spandeer. Dit sal jou 15 minute neem om die kaartjies te koop. Wys
                     met die nodige berekeninge watter van die tye die gepaste tydgleuf
                     sal wees om die fliek te gaan kyk.                                           (6)

        1.2.3        Gee TWEE redes waarom die fliek vir die volgende kyktyd nie
                     presies na die einde van die vorige een vertoon word nie.                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                            WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                     (EC/NOVEMBER 2015)

 1.3    Die volgende tabel hieronder toon die pryse van die fliekkaartjies by The
        Bridge Cinemas:

        Kinders (jonger as 18 jaar)
        Volwassenes (18–60 jaar)
        Seniors (ouer as 60 jaar)

        Tabel 1: Prys van fliekkaartjies by The Bridge

        Gewone Prys                     Volwassenes              Kinders en Seniors
        2D                                 R 62,00                    R43,00
        3D                                 R 75,00                    R55,00

                               – Maan, Dins, Don, Vry
        2D                                                              R 38,00
        3D                                                              R 55,00

        Wowza Woensdae
        2D                                                              R 37,00
        3D                                                              R 45,00

        1.3.1    Bereken die totale prys van die kaartjies vir jou en jou vriend. Jy is
                 18 jaar oud en jou vriend 16 jaar; en julle wil die fliek in 3D kyk.           (3)

        1.3.2    Aangesien jy en jou vriend afhanklik van julle ouers vir toelaes is,
                 waarom dink jy dat jy en jou vriend die verkeerde dag gekies het
                 om te gaan fliek?                                                             (2)
                                                                                              [20]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                  5

 VRAAG 2

 2.1    Mnr. Gardner het ŉ landlyntelefoon. Sy diensverskaffer bied hom ŉ keuse
        van hulle nuwe oproeppakkette aan. Hieronder is ŉ tabel wat die twee
        verskillende oproeppakkette wat hulle aanbied, toon.

        Tabel 2: Twee Landlynoproeppakkette

         Oproeppakket A                             Oproeppakket B
         Maandelikse huur         Maandelikse huur van R200
          van R100                 Eerste 150 minute is gratis
         Eerste 100               Oproepe kos 60 sent per minuut
          minute is gratis
         Oproepe kos 80
          sent per minuut

        2.1.1        Die totale koste van Oproeppakket A word deur die volgende formule
                     gegee:

                     Totale koste (in Rand) = R 100 + aantal minute meer as 100 x R0,80

                     (a)     Skryf ŉ formule wat gebruik kan word om die totale koste in
                             Rand vir Oproeppakket B te bereken, neer.                         (3)

                     (b)     Indien Oproeppakket B gebruik word, bepaal die totale
                             koste in Rand as Mnr. Gardner en sy familie oproepe maak
                             met ŉ totale tydsduur van 625 minute.                             (4)

        2.1.2        Die lyngrafiek geïllustreer in BYLAAG B toon die totale koste vir
                     Oproeppakket B. Op dieselfde assestelsel, teken ŉ lyngrafiek om
                     die totale koste vir Oproeppakket A te illustreer.                        (5)

        2.1.3        Definieer kortliks wat bedoel word met die konsep gelykbreekpunt
                     in die gegewe konteks.                                                    (2)

        2.1.4        Skryf die koördinate van die gelykbreekpunt op die grafiek neer.          (2)

        2.1.5        Toon by wyse van berekeninge dat Oproeppakket A 20 sent meer
                     kos as Oproeppakket B vir die gebruik van die minimum aantal
                     minute na die gelykbreekpunt.                                             (4)

        2.1.6        Mnr. Gardner wil ŉ maksimum van R300 per maand op een van
                     Oproeppakkette betaal. Watter Oproeppakket sal jy hom aanraai
                     om te kies? Motiveer jou antwoord deur berekeninge te toon.               (5)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2              (EC/NOVEMBER 2015)

 2.2    Die diensverskaffers het ŉ massiewe taak op hul hande. Vir
        Landlynnommers moet hulle ŉ stelsel gebruik waar hulle doodseker maak
        dat ŉ nommer nie gedupliseer (herhaal) word nie.

        Landlynnommers bestaan uit 10 syfers. Die eerste drie syfers is die
        areakode gevolg deur sewe syfers. Die eerste drie syfers van die
        oorblywende sewe syfers vir die gebied waar Mnr. Gardner woon, begin met
        423 gevolg deur die laaste vier syfers.

        Die laaste vier syfers is nommers wat herhaal kan word deur gebruik te
        maak van die nommers 0 tot 9.

        Met behulp van berekeninge, wys hoeveel huishoudings in Mnr. Gardner se
        gebied kan gebruik word vir die uitreiking van ŉ landlynnommer wat begin
        met 041 423 _ _ _ _?                                                              (3)
                                                                                         [28]

 VRAAG 3

 3.1    Soos die beskikbaarheid van water ŉ groot probleem in Suid-Afrika word,
        word meer mense van waterbesparing bewus. Daarom ondersoek sommige
        van hulle hoe hulle belas word en of hulle korrek belas word.

        Me. Treace is een van daardie mense en woon in Kaapstad. Sy bestudeer
        die watertariewe vir 2013–2014 deeglik.

        Hieronder is die tabel wat die watertariewe vir Kaapstad gedurende
        2013–2014 toon. Bestudeer die tabel sorgvuldig voordat jy die vrae
        beantwoord.

        Tabel 3 Watertariewe vir Kaapstad 2013–2014

           Van          Tot       Rand per kl uitsluitende BTW    Insluitende BTW
        > 0,0 kl       6,0 kl                R 0,00                     R0,00
        > 6,0 kl      10,5 kl                 R7,60                     R8,66
        > 10,5 kl     20,0 kl                R11,61                    R13,24
        > 20,0 kl     35,0 kl                R17,20                       A
        > 35,0 kl     50,0 kl                R21,24                    R24,22
        > 50,0 kl                               B                      R31,95

        3.1.1    Bereken die ontbrekende waardes vir A en B onderskeidelik.                (4)

        3.1.2    Indien Me. Treace gemiddeld 19,5 kl water per maand gebruik, sal
                 sy vir die volle 19,5 kl betaal? Gee ŉ rede vir jou antwoord.             (2)

        3.1.3    Vervolgens, bereken hoeveel Me. Treace sal betaal vir 19,5 kl
                 water insluitende BTW.                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)              WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                 7

 3.2    Een van die maniere om water te bespaar, is om ŉ watertenk te installeer.
        Me. Treace besluit om die verskillende watertenke wat verkoop word, te
        ondersoek om sodoende die beste besluit te neem.

        Hieronder is diagramme van ŉ vertikale, ronde watertenk en ŉ reghoekige
        watertenk. Bestudeer hierdie diagramme en die gegewe inligting en
        beantwoord dan die vrae.

        Vertikale Ronde watertenk                 Reghoekige watertenk

        Vertikale Ronde watertenk                 Reghoekige watertenk
        d = deursnee                              l = lengte
        h = hoogte                                w = wydte (breedte)
        f = aanbevole gevulde hoogte              h = hoogte
                                                  f = aanbevole gevulde hoogte

                                     Vertikale Ronde Tenke
                     Tenkvolume in liters      Deursnee in mm          Hoogte in mm
          1                1 000                     750                  2230
          2                1 000                    1100                  1400
          3                1 000                    1100                  1300

                                     Reghoekige Watertenke
          Tenkvolume in liters        Diepte in mm Hoogte in mm          Wydte in mm
                 1000                     520            1770               1260

        3.2.1        Wys met die nodige berekeninge dat die volume van die vertikale
                     ronde watertenk genommer 1 nie presies 1000 liters is soos
                     aangedui in die tabel nie.

                     Gebruik die formule:
                     Volume van vertikale ronde watertenk = 3,142 x radius2 x
                     hoogte van die watertenk.
                     Neem kennis: 1 m3 = 1000 l                                              (6)

        3.2.2        Met verwysing na jou antwoord in VRAAG 3.2.1, waarom dink jy dat
                     daar ŉ verskil in die volume tussen wat jy bereken het, en die
                     gegewe volume, is? Verduidelik ook hoe hierdie gegewe inligting
                     misleidend aan kopers is.                                               (3)

        3.2.3        Verduidelik kortliks waarom die diagramme ŉ aanbevole gevulde
                     hoogte aandui.                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                    (EC/NOVEMBER 2015)

         3.2.4    In haar agterplaas, het Me. Treace slegs een oop gebied langs haar
                  huis om die watertenk te installeer. Die wydte (breedte) van die
                  gebied is 1,15 m. Watter van die watertenke moet sy koop wat aan
                  die vereiste voldoen?                                                            (2)

 3.3     Me. Treace sal die water in tenk vir verskeie doeleindes gebruik. Indien sy
         haar gebruike grafies wil voorstel, watter grafiese voorstelling kan Me.
         Treace vir die voorstelling gebruik?                                                     (2)
                                                                                                [25]
 VRAAG 4

 4.1     Die volgende tabel illustreer die weervoorspelling vir George vanaf
         Woensdag, 14 Januarie 2015 tot Dinsdag, 20 Januarie 2015. Bestudeer die
         weervoorspelling en beantwoord die vrae wat volg.

 Tabel 4: Weervoorspelling vir George
    Wo          Do       Vry                    Sat       So                 Ma               Di

 26 °C           29 °C          22 °C      23 °C          22 °C           21 °C            24 °C
 Gedeeltelik     Sonnig                    Gedeeltelik                                    Gedeeltelik
                                Winderig                  Sonnig          Meestal
 bewolk                                    bewolk                                         bewolk
                                                                          bewolk
       Wo             Do           Vry        Sat              Son            Ma              Di

     21 °C           20 °C        15 °C       16 °C            17 °C        17 °C          17 °C
    Meestal       Gedeeltelik                               Gedeeltelik                   Meestal
                                30% Kans     Meestal                       Meestal
    skoon         bewolk                                    bewolk                        bewolk
                                   vir       skoon                         bewolk
                                Reënbuie
                                                         [http://weather.weatherbug.com]

         4.1.1    Bereken die gemiddelde dagtemperatuur vir George vir die
                  voorspelde periode. Rond jou finale antwoord af tot die naaste
                  temperatuur in °C.                                                               (4)

         4.1.2    Bepaal die omvang vir die periode.                                               (2)

         4.1.3    Bereken die mediaan vir die nagtemperature.                                      (2)

         4.1.4    Verduidelik kortliks die neiging van die nagtemperature.                         (2)

         4.1.5    Op watter dag is die verskil in temperatuur die kleinste? Skryf neer
                  die verskil.                                                                     (2)

         4.1.6    Skryf neer die dag waar die dag- en nagtemperature ŉ afnemende
                  neiging getoon het.                                                              (2)

         4.1.7    Gebruik die inligting in die tabel om ŉ saamgestelde staafgrafiek in
                  BYLAAG C te teken.                                                               (6)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)           WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                                    9

 4.2    Verduidelik wat bedoel word met die voorspelling van Vrydag wat aandui
        “30% kans vir reënbuie”.                                                             (2)

 4.3    4.3.1    Jy wil reis vanaf George na Knysna.

                 Die afstand tussen George en Knysna is 64,7 km. Wys met die
                 nodige berekeninge hoe lank dit jou sal neem vanaf George na
                 Knysna indien jy teen ŉ spoed van 90 km per uur ry. Gee jou
                 antwoord tot die naaste minuut.

                 Jy mag die volgende formule gebruik:
                 Afstand = Spoed x Tyd                                                       (3)

        4.3.2    Indien jy probleme met jou motor tydens die rit ondervind, sal dit
                 moontlik wees om die rit in die tyd wat jy bereken het in
                 VRAAG 4.3.1 te voltooi.                                                    (2)
                                                                                           [27]

                                                                             TOTAAL:        100

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
10                        WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2    (EC/NOVEMBER 2015)

 BYLAAG A

 ATM (Automatic Teller Machine)               Entrance
 OTM (Outomatiese Teller Masjien)             Ingang

Kopiereg voorbehou                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)          WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2                  11

BYLAAG B

VRAAG 2.1.2

NAAM:

GRAAD 11:

                          Landlynoproeppakkette

      Koste  in Rand
   Koste in Rand                                          Oproeppakket B

                             Tyd in minute

Kopiereg voorbehou                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
12                               WISKUNDIGE GELETTERDHEID V2        (EC/NOVEMBER 2015)

 BYLAAG C

 VRAAG 4.1.7

 NAAM:

 GRAAD 11:

                            Dag- en nagtemperature vir George
                                vanaf 14 Jan - 20 Jan 2015

      Temperatuur in °C

                          Woe
                          Wo    Do      Vr      Sa      So     Ma     Di

                                              Dae

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr11 mlit P2 N15 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-mlit-p2-n15-qp-eng/75c006d5-7835-4cdb-97ad-35cb07b0da78) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Eng
- [MATHS LIT P1 QP GR11 SEPT 2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-qp-gr11-sept-2015-eng/87832dfa-7a14-4e8e-9090-68c80f09fdb1) — Mathematical Literacy · QP · 2015 · Eng
- [MATHS LIT P2 QP GR12 NOV2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-qp-gr12-nov2022-afrikaans/cd0c5dd4-3069-486d-86b3-b3b357661ceb) — Mathematical Literacy · QP · 2022 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 ADD NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-add-nov2020-afr-d/f9553167-3e2a-4ad2-b677-0f1be8399029) — Mathematical Literacy · QP · 2020 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 QP NOV2018 Eng D](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2018-eng-d/bb16bfe9-5dfa-4ef9-b38e-a007dbee753d) — Mathematical Literacy · QP · 2018 · Eng
- [MATHS LIT P2 GR11 QP NOV2017 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-qp-nov2017-afrikaans/477797da-6b61-4757-9c37-ce1ed5b7c5f3) — Mathematical Literacy · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 11 Mathematical Literacy

- [Gr 11 Maths Lit ATP 2023-24](https://www.hlayiso.com/library/gr-11-maths-lit-atp-2023-24/729b7b1d-095d-46f4-8082-c0c019b4c6c7) — ATP
- [MATHS LIT AFR GRADE 11 NOV 2025 ADDENDUM (3) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-afr-grade-11-nov-2025-addendum-3-watermark/e7865fd3-d528-472d-a551-0585ea50cee1) — Addendum · 2025 · Afr
- [MATHS LIT P2 GR11 NOV25 ADDENDUM ENGLISH FINAL (1) watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-gr11-nov25-addendum-english-final-1-watermark/6d3d1a99-ee4e-4b35-9dfc-765595836d35) — Addendum · 2025 · Eng
- [MATHS LIT P2 GRADE 11 NOV 2025 MEMO ENG watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p2-grade-11-nov-2025-memo-eng-watermark/00c7d846-499c-4c72-87d9-0b9055358bc5) — Memo · 2025 · Eng
- [GP JW Maths Literacy Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/gp-jw-maths-literacy-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4157e22a-6e42-4d3f-8ce9-579e85217581) — QP + Memo · 2025
- [MATHS LIT P1 MEMO GR 11 NOV2024 English watermark](https://www.hlayiso.com/library/maths-lit-p1-memo-gr-11-nov2024-english-watermark/be2f24a4-badd-4549-82b6-bfea47869b3a) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
