# Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP

> Grade 11 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2015 (Afrikaans), 20 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-phsc-p1-n15-qp-afr/9611bc29-121b-48a2-870c-03e907ab26db
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 20

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 11 P1 Eastern Cape November 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phsc-p1-n15-qp-afr/9611bc29-121b-48a2-870c-03e907ab26db)

## About this document

Physical Sciences · Grade 11 · Eastern Cape November · 2015. Question paper, 20 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                            NASIONALE
                        SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                          NOVEMBER 2015

                 FISIESE WETENSKAPPE V1

PUNTE:   150

TYD:     3 uur

                               *IPHSCA1*

         Hierdie vraestel bestaan uit 18 bladsye, insluitende gegewensblasye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               FISIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.    Skryf jou VOLLE NAAM en VAN in die toepaslike spasies op jou
       ANTWOORDBLAAIE of ANTWOORDEBOEK.

 2.    Die vraestel bestaan uit DERTIEN vrae. Beantwoord AL die vrae.

 3.    Begin ELKE vraag op ŉ nuwe bladsy op die ANTWOORDBLAAIE OF
       ANTWOORDEBOEK.

 4.    Nommer die vrae korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie vraestel
       gebruik word.

 5.    Laat EEN lyn oop tussen sub-vrae, byvoorbeeld tussen VRAAG 2.1 en
       VRAAG 2.2.

 6.    Nieprogrammeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

 7.    Toepaslike wiskundige instrumente mag gebruik word.

 8.    JY WORD AANGERAAI OM DIE AANGEHEGDE DATA BLAAIE TE
       GEBRUIK.

 9.    Toon ALLE formules en instellings in AL jou berekeninge.

 10.   Rond jou FINALE numeriese antwoord af tot ŉ minimum van TWEE desimale
       plekke.

 11.   Gee kort beskrywings, verduidelikings, ens. waar nodig.

 12.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                   FISIESE WETENSKAPPE V1                            3

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier moontlike keuses word voorsien by die volgende vrae. Elke vraag het slegs EEN
korrekte antwoord. Skryf die letter (A–D) langs die vraagnommer (1.1–1.10) op jou
antwoordblad.

1.1 Watter van die volgende is waar vir die gegewe skets?

      A       ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = ⃗⃗⃗⃗⃗
      B       ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = ⃗⃗⃗⃗⃗
      C       ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = ⃗⃗⃗⃗⃗
      D       ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ + ⃗⃗⃗⃗⃗ = 0                                                    (2)

1.2 Twee kragte word op ŉ blok soos in die diagram aangetoon, uitgeoefen. Die
    resultante krag in die horisontale rigting is:

      A       zero
      B       10 N na regs
      C       10 N na links
      D       20 N na regs                                                                 (2)

1.3 Mary het ŉ massa van 50 kg en staan op ŉ skaal in ŉ hyser. Die lesing op die
    skaal is 555 N. Die hyser …

      A       versnel opwaarts.
      B       beweeg afwaarts teen ŉ konstante snelheid.
      C       beweeg opwaarts teen ŉ konstante snelheid.
      D       versnel afwaarts.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               FISIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2015)

1.4 Watter een van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ kontakkrag?

     A       Elektrostatiese krag
     B       Magnetiese krag
     C       Gravitasiekrag
     D       Wrywingskrag                                                                    (2)

1.5 Die diagram hieronder toon watergolwe wat uitsprei nadat dit deur ŉ enkelspleet
    beweeg het.

     Die golfeienskap wat waargeneem word nadat die watergolwe deur die spleet
     beweeg is …

     A     weerkaatsing.
     B     diffraksie.
     C     dispersie.
     D     totale interne weerkaatsing.                                                      (2)

1.6 ŉ Ligstraal beweeg van glas na lug. Die invalshoek in glas is 30° en breking van
    lig vind plaas.

     Watter kombinasie van spoed en frekwensie van die gebreekte golf is korrek?

            Spoed          Frekwensie
     A      Neem toe       Bly konstant
     B      Neem af        Bly konstant
     C      Neem toe       Neem toe
     D      Neem af        Neem toe                                                          (2)

1.7 ŉ Sentrale helder band word waargeneem wanneer lig van golflengte λ deur ŉ
    nou spleet met wydte a, geskyn word.

     Lig met ŉ golflengte van 3λ word nou gebruik. Watter EEN van die volgende
     spleetwydtes sal ŉ sentrale band met dieselfde breedte lewer?

     A       a
     B       a
     C     a
     D     3a                                                                                (2)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                     5

1.8    ŉ Staafmagneet kan na of weg van ŉ solonoïed beweeg word. Watter EEN
       van die volgende faktore/aksies sal die verandering op die galvanometer die
       meeste laat toeneem?

       A     Gebruik ŉ solenoïde met ŉ kleiner deursnee.
       B     Gebruik ŉ solenoïde met minder windings.
       C     Gebruik ŉ swakker magneet.
       D     Beweeg die magneet vinniger na en weg vanaf die solonoïed.                  (2)

1.9    Watter een van die volgende grafieke verteenwoordig die verwantskap
       tussen potensiaalverskil (V) en stroom (I) korrek vir ŉ ohmiese geleier?

       A                   B                   C                   D

                                                                                         (2)

1.10   Elk van die vier identiese weerstande word aan dieselfde emk gekoppel.
       Watter EEN van die volgende stroombane sal die hoogste weerstand hê?

       A                                       B

       C                                       D

                                                                                          (2)
                                                                                         [20]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               FISIESE WETENSKAPPE V1                   (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 2 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Tydens ŉ bergklimoefening hang Ferial, massa 50 kg, van ŉ onrekbare nylontou wat
aan punt X aan die vertikale krans vas is. Sy druk met haar bene teen die krans
sodat dit ŉ hoek van 45° met die vertikaal maak, soos in die figuur getoon. Die hoek
wat die tou met die krans maak is 20°.

Punt Y is in ewewig.

2.1 Verduidelik wat bedoel word met Punt Y is in ewewig.                                  (1)

2.2 Teken ŉ KRAGTEDIAGRAM om al die kragte op punt Y aan te toon.                         (3)

2.3 Bepaal deur middel van ŉ AKKURATE KONSTRUKSIE en METING:
    (Gebruik ŉ skaal van 10 mm: 50 N en dui ten minste TWEE hoeke aan)

     2.3.1    Die grootte van die krag wat die tou op haar uitoefen.

     2.3.2    Die grootte van die krag wat haar bene uitoefen.                            (8)
                                                                                         [12]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)              FISIESE WETENSKAPPE V1                                     7

VRAAG 3 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Houtkabinet van 60 kg rus op die agterkant van ŉ tip-trok. Die agterkant lig stadig
op, totdat dit ŉ hoek van 30° met die horisontaal maak. Die kabinet beweeg NIE.

3.1 Bereken die grootte van die wrywingskrag.                                              (3)

3.2 Bereken die koëffisiënt van statiese wrywing.                                          (3)

3.3 Die hoek van 30° word nou vergroot. Hoe sal dit die volgende affekteer:

      (Skryf slegs VERMEERDER, VERMINDER of BLY DIESELFDE)

      3.3.1    Die koëffisiënt in VRAAG 3.2?                                               (1)

      3.3.2    Die wrywingskrag? Verduidelik jou antwoord.                                 (3)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 4 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ 6 kg blok op ŉ ruwe horisontale oppervlak word verbind aan ŉ 2 kg blok deur ŉ
ligte, onrekbare tou wat oor ŉ wrywinglose katrol hang. Die wrywingskrag tussen
die 6 kg blok en die tafel is 11,76 N. ŉ Afwaartse krag van 2 N word toegepas op
die 2 kg blok soos in die diagram hieronder getoon.

4.1     Stel Newton se Tweede Bewegingswet in woorde.                                    (2)

4.2     Teken ŉ vryliggaamdiagram van AL die kragte wat op die 6 kg blok inwerk.         (4)

4.3     Bereken:

        4.3.1   Die grootte van die versnelling van die 6 kg blok.                       (5)

        4.3.2   Die grootte van die spanning (T) in die tou wat die twee blokke
                verbind.                                                                 (2)

4.4     Die ruwe oppervlak word vervang met ŉ gladde, wrywinglose oppervlak.
        Hoe sal hierdie verandering jou antwoord in VRAAG 4.3.1 beïnvloed?
        Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.                                  (1)
                                                                                        [14]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)               FISIESE WETENSKAPPE V1                                   9

VRAAG 5 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Trok beweeg teen ŉ konstante snelheid en word skielik van agter deur ŉ vinnig
bewegende bus getref. ŉ Krat staan los agterop die trok en ŉ man, M, sit op die
krat.

5.1 In watter rigting sal die man, M, val?
    Skryf slegs AGTERTOE of VORENTOE.                                                   (1)

5.2 Stel in woorde Newton se Bewegingswet wat jy gebruik het om VRAAG 5.1 te
    beantwoord.                                                                         (2)

5.3 Luxolo en Kay, met massas 80 kg en 50 kg onderskeidelik staan op
    rolskaatse en kyk na mekaar. Hulle is aanvanklik in rus. Hulle stoot teen
    mekaar en beweeg weg van mekaar, in verskillende rigtings. (IGNOREER
    WRYWING)

      5.3.1    Hoe vergelyk die krag op Kay met die krag wat op Luxolo uitgeoefen
               word?

               Skryf slegs GROTER, KLEINER of GELYK AAN.                                (1)

      5.3.2    Verduidelik hoe hulle versnellings vergelyk.                             (2)
                                                                                        [6]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 6 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

NASA vuur ŉ ruimtetuig vanaf die grond in die ruimte in. Dit versnel vanuit rus na
160 m.s-1 in die eerste 400s van die reis. Die totale massa van die ruimtetuig en sy
brandstoftenks is 2 600 ton (2,6 x 106 kg). Die ruimtetuig se aandrywingsisteem
bestaan uit uitlaatgasse wat by sy basis, B, uitgestoot word.

                                         B

6.1     Noem ŉ aksie-reaksie kragpaar wat op ŉ ruimtevaarder inwerk soos die
        ruimtetuig opwaarts versnel.                                                     (2)

6.2     Bereken die resultante krag op die ruimtetuig tydens die eerste 400 s van
        sy vlug.                                                                         (5)

6.3     Gee TWEE redes waarom die ruimtetuig se versnelling toeneem soos dit
        weg van die oppervlak van die aarde beweeg.                                      (2)
                                                                                         [9]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                  11

VRAAG 7 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Die diagram toon die aarde (A) en die maan (M) ŉ afstand ‘r’ van mekaar. Die
stippellyn toon die wentelbaan van die maan om die aarde. Die massa van die
maan (MM) is 7,35 x 1022 kg en die massa van die aarde (MA) is 6 x 1024 kg. Die
afstand r tussen hulle middelpunte is 3,84 x 109 m.

7.1     Bereken die gravitasiekrag, FAM, tussen die maan en die aarde wanneer
        hulle middelpunte ŉ afstand r van mekaar is.                                     (4)

7.2     Noem Newton se wet wat jy in VRAAG 7.1 toegepas het.                             (1)

7.3     Gee ŉ rede waarom die gravitasiekrag wat die aarde op die maan uitoefen
        nie konstant bly terwyl die maan om die aarde wentel nie.                        (1)

7.4     ŉ Asteroïede met ŉ massa van ¼ MM beweeg op ŉ afstand van 2r van die
        middelpunt van die aarde. Sonder om enige waardes wat voorsien is te
        gebruik, bepaal die krag tussen die aarde en die asteroïede in terme van
        FAM.                                                                             (3)
                                                                                         [9]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             FISIESE WETENSKAPPE V1                    (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 8 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Leerders skyn ŉ lig van ŉ stralekissie deur ŉ reghoekige glasblok om Snell se wet te
verifieer. Die resultate verkry word gebruik om die volgende grafiek te teken.

8.1     Skryf die onafhanklike veranderlike neer.                                             (1)

8.2     Skryf die veranderlike wat beheer moet word neer.                                     (1)

8.3     Skryf die gevolgtrekking neer wat vanaf die grafiek gemaak kan word.                  (2)

8.4     GEBRUIK DIE GRAFIEK om die refraksie-indeks van die glasblok te bepaal.               (4)
                                                                                              [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)             FISIESE WETENSKAPPE V1                                   13

VRAAG 9 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Diamant glinster in die lig as gevolg van sy hoë brekingsindeks van 2,42 en die
klein kritiese hoek vir die diamant-lug-grens.

9.1 Bereken die kritiese hoek vir ŉ diamant-lugvlak.
    Neem aan dat die brekingsindeks van lug 1 is.                                         (4)

9.2 Die invalshoek by die diamant-lug vlak word vergroot na 30°. Teken die
    diagram hieronder oor en voltooi die pad van die ligstraal.

                                                                                          (2)

9.3 Noem die verskynsel wat nou by die diamant-lugvlak opgemerk sal word.                 (1)

9.4 Wat is die TWEE VOORWAARDES wat nodig is om die verskynsel in
    VRAAG 9.3 te laat plaasvind?                                                          (2)

9.5 Noem die mediese instrument wat gebruik word om die ingewande van die
    liggaam te ondersoek deur van die verskynsel in VRAAG 9.3 gebruik te maak.            (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               FISIESE WETENSKAPPE V1                  (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 10 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Leerders skyn ŉ groen lig met golflengte 534 nm deur ŉ enkel spleet met ŉ wydte
van 1,8 x 10-4 m en dit skyn op ŉ skerm.
Hulle stel die apparaat op soos in die diagram hieronder aangetoon.

                                                                   Skerm

     Monochromatiese
     groen lig

10.1     Definieer die term monochromatiese lig.                                        (1)

10.2     Teken die patroon wat waargeneem word en dui die posisies van
         konstruktiewe en destruktiewe interferensie aan.                               (4)

10.3     Hoe sal die breedte van die sentrale band verander indien …

         (Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE)

         10.3.1   die groen lig deur rooi lig vervang word?                             (1)

         10.3.2   wydte van die spleet kleiner is?

                  Verduidelik jou antwoord.                                             (2)
                                                                                        [8]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                 FISIESE WETENSKAPPE V1                                   15

VRAAG 11 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

Twee ladings, P en Q, met ladings +4 nC en -2 nC onderskeidelik, word 8 cm van
mekaar geplaas. ŉ Puntlading, X, word geplaas 2 cm van Q soos in die skets
getoon.

11.1    Definieer die term elektriese veldsterkte by ŉ punt.                               (2)

11.2    Teken die elektriese veldpatroon tussen twee teenoorgestelde gelaaide
        voorwerpe.                                                                         (3)

11.3    Bereken die netto elektriese veldsterkte by punt X as gevolg van P en Q.           (7)

11.4    Bereken die grootte en rigting van die elektrostatiese krag indien ŉ
        elektron by punt X geplaas word.                                                  (3)
                                                                                         [15]

VRAAG 12 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

ŉ Enkel sirkelvormige draadspoel, 12 cm in deursnee, word in ŉ 0,6 T
magneetveld geplaas. Dit word uit die magneetveld in beweeg 0,04 s.

12.1    Bereken:

        12.1.1       Die vloed wat met hierdie spoel verbind word.                         (4)

        12.1.2       Die gemiddelde geïnduseerde emk.                                      (4)

12.2    Hoe verander die emk indien:

        (Skryf slegs NEEM TOE, NEEM AF of BLY DIESELFDE.)

        12.2.1       Die magnetiese veldsterkte verander na 0,5 T?                         (1)

        12.2.2       Die spoel binne 0,02 s uit die veld verwyder word?                   (1)
                                                                                         [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              FISIESE WETENSKAPPE V1                     (EC/NOVEMBER 2015)

VRAAG 13 (Begin op ŉ nuwe bladsy.)

In die stroombaan kan die weerstand van die battery, ammeter en
verbindingsdrade geïgnoreer word.

       Die drywing van die 8 Ω weerstand is 0,5 W.

13.1   Bereken die lesing op die:

       13.1.1   voltmeter (V)                                                            (8)

       13.1.2   ammeter (A)                                                              (4)

13.2   ŉ Televisie is 240 V; 750 W gemerk.

       13.2.1   Bereken die weerstand van die televisie se resistor.                     (4)

       13.2.2   Bereken die koste om die televisie te gebruik vir 6 ure indien die
                koste van elektrisiteit R1,04 per kWh is.                               (3)
                                                                                       [19]

                                                                         TOTAAL:        150

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2015)                FISIESE WETENSKAPPE V1                                    17

               DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
            GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
               PAPER 1 (PHYSICS) / VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS
TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

         NAME/NAAM                      SYMBOL/SIMBOOL             VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                                g                        9,8 m.s-2
Swaartekragversnelling
Universal Gravitational constant
                                               G                   6,67 x 10-11 N.m².kg-2
Swaartekragkonstante
Coulomb’s constant
                                                k                   9,0 x 109 N.m².C-2
Coulomb se konstante
Speed of light in a vacuum
                                                c                     3,0 x 108 m.s-1
Spoed van lig in ‘n vakuum
Charge on electron
                                               e-                      -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                               me                     9,11 x 10-31 kg
Electronmassa
Charge on electron
                                               e-                      -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Radius of earth
                                               RE                      6,38 x 106 m
Radius van aarde
Mass of earth
                                               Mg                     5,98 x 1024 kg
Massa van aarde

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES

MOTION/BEWEGING

vf = vi + a∆t                                 ∆x = vi ∆t + ½a∆t²
                                                    vf + vi ∆t
vf²= vi ²+ 2a∆x or/of vf²= vi ²+ 2a∆x         ∆x =       2

FORCE/KRAG

Fnet = ma                                     w = mg
                                              fs(max) = μsN
fk = μkN

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

n1 sin θ1 = n2 sin θ2

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
18                                FISIESE WETENSKAPPE V1                           (EC/NOVEMBER 2015)

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

F=                    (k = 9,0 x 109 N.m².C-²)   E=

E=                    (k = 9,0 x 109 N.m².C-²)   E=

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

Φ = BA cos θ                                     ɛ = - N ∆Φ
                                                          ∆t

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT

R=                                               R = R1 + R2 + ......
I=                                                 =        +    +      + ......

W = Vq                                           P=
W = VI∆t
                                                 P = VI
W = I² R ∆t
                                                 P = I² R
W = V² ∆t
     R                                           P = V²
                                                     R

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [Gr11 phsc p1 N15 QP Eng](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phsc-p1-n15-qp-eng/3e831371-1e1e-4a60-9ca4-f6db56f2092a) — Physical Sciences · QP · 2015 · Eng
- [PHYSC SC P2 GR11 NOV2015 ENG](https://www.hlayiso.com/library/physc-sc-p2-gr11-nov2015-eng/0865922c-4f79-4905-acae-0f56f33e2534) — Physical Sciences · QP · 2015 · Eng
- [PHYS P1 GR11 QP NOV2020 AFR D](https://www.hlayiso.com/library/phys-p1-gr11-qp-nov2020-afr-d/219f2b34-9903-4f73-9c5b-4730d5aec610) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [PHYS P1 GR11 QP NOV2020 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-p1-gr11-qp-nov2020-afrikaans/d4278775-0f30-4e0c-960c-6cee080cc536) — Physical Sciences · QP · 2020 · Afr
- [PHYS P1 GR11 QP NOV2020 English .docx](https://www.hlayiso.com/library/phys-p1-gr11-qp-nov2020-english-docx/55f26d69-fb3c-4693-acd6-05d133531976) — Physical Sciences · QP · 2020 · Eng
- [PHYS SCIENCES P1 QP GR11 NOV2019 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/phys-sciences-p1-qp-gr11-nov2019-afrikaans/890ec1c4-b8d6-41cd-80ca-721189f62915) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr

## More from Grade 11 Physical Sciences

- [PHYSICAL SCIENCES P2 GRADE 11 MEMO NOVEMBER 2025 ENG & AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-grade-11-memo-november-2025-eng-afr-watermark/fb381415-e8f2-4b7c-86d6-7d7c27b3a4f4) — Memo · 2025 · Eng
- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p1-and-memo/82b3d6a5-9e71-4efe-a8e0-f2a63d6aff58) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p2-and-memo/f6f699c6-e985-44e2-9d36-d660697bd6fe) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p2-and-memo/b76990f6-708a-47e3-a903-95cc3c58534d) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4c5694d8-7cdc-4fd9-90b4-55bbb8969872) — QP + Memo · 2025
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR11 MEMO 2024 ENG AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr11-memo-2024-eng-afr-watermark/f8ef6058-1783-44bd-b372-4b15bc7c5c5c) — Memo · 2024 · Eng

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
