# Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng June 2017 QP (Afr)

> Grade 11 Physical Sciences Paper 1 question paper from the Gauteng June 2017 (Afrikaans), 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/602d94e9-263c-45e1-8b40-b28f7f1782c0
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Physical Sciences
- Grade: Grade 11
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Gauteng June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Physical Sciences](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/physical-sciences) › [Physical Sciences Grade 11 P1 Gauteng June 2017 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p1-afrikaans-june-2017-question-paper/602d94e9-263c-45e1-8b40-b28f7f1782c0)

## About this document

Physical Sciences · Grade 11 · Gauteng June · 2017 · Afrikaans. Question paper, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

             GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                          PROVINSIALE EKSAMEN
                                  JUNIE 2017
                                    GRAAD 11

                           FISIESE WETENSKAPPE
                                VRAESTEL 1

                                      (FISIKA)

TYD: 3 uur

PUNTE: 150

14 bladsye + 2 inligtingsblaaie + 1 antwoordblad

                                                   b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                   2
                                            (Fisika)             GRAAD 11

                    GAUTENGSE DEPARTEMENT VAN ONDERWYS
                                   PROVINSIALE EKSAMEN

                                                  FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                  (Fisika)

                                                  TYD: 3 uur

                                                  PUNTE: 150

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Skryf jou NAAM op die ANTWOORDBOEK.

2     Hierdie vraestel bestaan uit NEGE vrae. Beantwoord ALLE vrae in die
      ANTWOORDBOEK behalwe Vraag 4.3 wat op die ANTWOORDBLAD
      beantwoord moet word. Vul jou naam in die aangeduide spasie bo-aan die
      ANTWOORDBLAD.

3.    Begin ELKE vraag op ŉ NUWE bladsy in die ANTWOORDBOEK.

4.    Nommer die antwoorde presies volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik word.

5.    Los EEN lyn oop tussen twee opeenvolgende vrae, byvoorbeeld tussen
      Vraag 2.1 en Vraag 2.2.

6.    ŉ Nie-programmeerbare sakrekenaar mag gebruik word.

7.    Jy mag toepaslike wiskundige instrumente gebruik.

8.    Jy word sterk aangeraai om die aangehegte inligtingsblaaie te gebruik.

9.    Toon ALLE formules en vervangings in ALLE berekeninge.

10.   Rond alle FINALE numeriese antwoorde af tot ŉ minimum van TWEE
      desimale plekke.

11.   Gee slegs kort (bondige) motiverings of besprekings waar nodig.

12.   Skryf netjies en leesbaar.

                                                                                   b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                        3
                                              (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 1: MEERVOUDIGEKEUSE-VRAE

Vier opsies word as moontlike antwoorde op die volgende vrae gegee. Elke vraag het
slegs EEN korrekte antwoord. Skryf slegs die letter (A – D) langs die vraagnommer
(1.1 – 1.10) in die ANTWOORDBOEK neer, byvoorbeeld 1.11 E.

1.1   Watter EEN van die volgende is ŉ voorbeeld van ŉ nie-kontak krag?

      A     Wrywingskrag
      B     Gravitasiekrag
      C     Spanningskrag
      D     Normale krag                                                                 (2)

1.2   Wanneer ŉ bus wegtrek van die bushalte af, beweeg die staande passassiers
      agtertoe as gevolg van een van Newton se wette. Watter een?

      A     Newton se Eerste wet
      B     Newton se Tweede wet
      C     Newton se Derde wet
      D     Newton se wet van Universele Gravitasie                                      (2)

1.3   Die grenshoek tussen lug en water is 49°. Dit dui aan dat die brekingshoek … is

      A     35°
      B     49°
      C     55°
      D     90°                                                                          (2)

1.4   ŉ Endoskoop word deur dokters gebruik om, sonder ŉ groot operasie, binne die
      liggaam van ŉ pasiënt te kyk. Die beginsel waarvolgens ŉ endoskoop werk
      berus op die verskynsel van ...

      A     diffraksie.
      B     refraksie.
      C     totale interne weerkaatsing.
      D     absorpsie.                                                                   (2)

                                                                                        b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                  FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                          4
                                                  (Fisika)             GRAAD 11

1.5   Twee kragte van groottes 10 N en 6 N werk in op ŉ boks. Die boks rus op ŉ
      wrywingslose horisontale oppervlak.
                                                                6N

                                                    ɵ                  10 N

      Verskaf die hoek θ tussen die twee kragte aan wat die maksimum resultant sal
      gee.

      A     0°
      B     60°
      C     120°
      D     180°                                                                           (2)

1.6   ŉ Voorwerp word vanaf ŉ hoogte van 1 km bo die oppervlakte van die aarde laat
      val. As lugweerstand geïgnoreer word, sal die versnelling van die voorwerp
      slegs afhanklik wees van die …

      A     massa van die voorwerp.
      B     afstand vanaf die middelpunt van die aarde.
      C     die rotasiespoed van die aarde.
      D     massa van die aarde.                                                           (2)

1.7   ŉ Satelliet ervaar ŉ gravitasiekrag van grootte F op die oppervlak van die aarde,
      met ŉ radius R. Die satelliet word in ŉ wentelbaan, met ŉ onbekende afstand bo
      die oppervlak van die aarde geplaas en ervaar nou ŉ gravitasiekrag van         F.
      Die onbekende afstand is …

      A   R.
      B   2 R.
      C   3 R.
      D   4 R.                                                                             (2)

1.8   ŉ Vrou stoot ŉ winkeltrollie met ŉ horisontale krag van 70 N. Gedurende die
      beweging werk daar ook ŉ wrywingskrag van 25 N op die trollie in.
                      70N

                          25N

      Die grootte van die krag wat die trollie op die vrou uitoefen is ...

      A   45 N.
      B   25 N.
      C   70 N.
      D   95 N.                                                                            (2)
                                                                                          b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                         5
                                              (Fisika)             GRAAD 11

1.9   Twee identiese kandelare hang vanaf die plafon aan ŉ kabel. E is direk aan die
      plafon gekoppel, terwyl F met ŉ kabel aan E gekoppel is, soos aangetoon in die
      diagram hier onder.

      Watter EEN van die volgende verwantskappe tussen die spanning in die kabel,
      TE, in die kabel E en die spanning in, TF, kabel F is korrek?

      A    TE > TF
      B    TE < TF
      C    TE = TF ≠ 0 N
      D    TE = TF = 0 N                                                                  (2)

1.10 ŉ Trollie B, op ŉ wrywingslose oppervlak, versnel na links as gevolg van die
     effek van gravitasie wat op massa A inwerk. A en B word aan mekaar verbind
     met behulp van ŉ ligte, nie rekbare tou oor ŉ wrywingslose katrol. Die
     versnelling van die sisteem kan gehalveer word deur ...

                                          B

                           A

      A    die massa van die trollie te verdubbel na 2B.
      B    die massa van A te halveer na A/2.
      C    die massa van A te halveer na A/2 en die massa van B te vermeerder
           met A/2.
      D    die massa van trollie, B te verdubbel en die massa van A te halveer.           (2)
                                                                                (10x2)   [20]

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                        6
                                                (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 2 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

Die diagram hieronder toon VIER kragte van 9 N, 8 N, 6 N en 2 N wat op dieselfde vlak
op ŉ voorwerp inwerk.

                                    9N

                                   2N                          8N
                                             550

                                                   6N

2.1    Definieer die term Resultante / Netto krag.                                       (2)

2.2    Bereken

       2.2.1   die grootte van die resultant van AL die kragte wat op die voorwerp
               inwerk.                                                                   (7)

       2.2.2   die rigting van die resultante krag.                                      (3)
                                                                                        [12]

                                                                                        b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                         7
                                                   (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 3 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

ŉ Groot verwoestingsbal (“wrecking ball”) word in plek gehou met behulp van twee ligte
staalkabels. Die massa, m, van die verwoestingsbal is 1620 kg.

                                                            26°

                                                       TA
                                            1620
                                             kg
                                     TB

3.1   Verduidelik die konsep Kragte in Ewewig.                                            (2)

3.2   Teken ŉ driehoek van kragte in ewewig en dui ten minste een hoek aan.               (4)

3.3   Bereken

      3.3.1   die grootte van die spanning, TA in die kabel wat ŉ hoek van 26° met
              die vertikaal maak.                                                         (3)

      3.3.2   die grootte van die spanning, TB in die horisontale kabel.                  (3)
                                                                                         [12]

                                                                                         b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                         8
                                               (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 4 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

Die oorlading van motorvoertuie is een van die hoofoorsake van padongelukke op ons
land se paaie. ŉ Fisiese Wetenskappe klas ondersoek die verwantskap tussen krag,
massa en versnelling. Verskillende groepe ondersoek verskillende verwantskappe van
die formule: Fnet = m x a.

Een groep leerders het die volgende ondersoek gedoen.

Hierdie leerders het die volgende apparaat vir hulle ondersoek gebruik:

•   Vier trollies
•   ŉ Tydtikker
•   Vier lengtes tydtikkerlint
•   ŉ Skuinsvlak (Spoor)
•   ŉ Onelastiese toutjie
•   ŉ katrol
•   ŉ 250 g massastuk

Hulle het die apparaat volgens die skets hieronder opgestel:

          250 g

Die spoor word effens gelig om vir wrywing te kompenseer. Die massastuk versnel die
trollie teen die helling af. Die helling is konstant gehou gedurende die eksperiment.
Die massa van die trollie is vemeerder deur nog ŉ trollie bo-op die ander te stapel na
elke lesing. Die volgende resultate is verkry nadat die tydtikkerlinte ontleed is:

                    KRAG          Massa        VERSNELLING            1
                     (N)          (Trollie        (m.s-2)           MASSA
                                 Eenhede)
                      2,5            1               4,4
                      2,5            2               2,8
                      2,5            3               2,3
                      2,5            4               1,9

                                                                                         b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                          9
                                              (Fisika)             GRAAD 11

4.1   Identifiseer

      4.1.1    die afhanklike veranderlike,

      4.1.2    die onafhanklike veranderlike en

      4.1.3    die gekontroleerde veranderlike.                                            (3)

4.2   Formuleer ŉ ondersoekende vraag vir hierdie ondersoek.                               (2)

4.3   Op bladsy 17, voltooi die tabel en trek ŉ grafiek op die aangehegte
      ANTWOORDBLAD.                                                                        (4)

4.4   Deur die grafiek te gebruik, maak ŉ gevolgtrekking.                                  (2)

4.5   Gee ŉ moontlike rede waarom die eerste punt op die grafiek NIE op die lyn lê NIE.    (2)

4.6   Gebruik jou gevolgtrekking in VRAAG 4.4 om aan motoriste te verduidelik waarom
      die oorlading van voertuie gevaarlik is.                                             (2)
                                                                                          [15]

                                                                                          b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                 FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                        10
                                                 (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 5 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

Twee blokke met massas van onderskeidelik 7 kg en 5 kg word aanmekaar verbind deur
ŉ ligte, nie-rekbare tou wat oor ŉ wrywinglose katrol hardloop soos aangetoon in die
diagram hieronder. Die 7 kg blok word na links getrek met ŉ krag van 68 N teen ŉ hoek
van 12° met die horisontaal. Die 7 kg blok ondervind ŉ wrywingskrag van 6 N. Die
kinetiese wrywingskoëffisiënt tussen die 5 kg blok en die skuinsvlak is 0,18.

                                                 T

5.1   Definieer die term Normale krag.                                                   (2)

5.2   Teken ŉ benoemde, vryliggaam diagram en toon AL die kragte wat op die 5 kg
      voorwerp inwerk.                                                                   (4)

5.3   Onderskei tussen statiese wrywing en kinetiese wrywing.                            (4)

5.4   Bereken

      5.4.1     die wrywingskrag tussen die 5 kg blok en die oppervlak van die
                skuinsvlak.                                                              (4)

      5.4.2     die versnelling van die 7 kg blok.                                       (7)

      5.4.3     die grootte van die spanning T in die tou tussen die blokke.             (3)
                                                                                        [24]

                                                                                        b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                           11
                                                (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 6 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

Ongelukke van passassiersvliegtuie raak al hoe meer algemeen. In ŉ onlangse ongeluk
is ŉ “Airbus”, met ŉ massa van 30 000 kg die laaste keer gesien op die radar op ŉ
hoogte van 3500 m bo die oppervlak van die aarde voordat dit in die see neergestort
het. Dit is nog nie duidelik wat die ongeluk veroorsaak het nie, maar sommige verslae
beweer dat die vliegtuig ontplof het voordat dit die oppervlak van die see getref het.

6.1   Noem en stel die wet wat die interaktiewe krag, tussen die vliegtuig en die aarde,
      op ŉ hoogte van 3 500 m bo die oppervlak van die aarde beskryf.                       (3)

6.2   Hoe vergelyk die grootte van die krag wat deur die vliegtuig ondervind word
      teenoor die krag wat die aarde ondervind as gevolg van die vliegtuig? Beantwoord
      slegs GROTER AS, GELYK AAN of KLEINER AS.                                             (2)

6.3   Verduidelik waarom daar slegs gesien kan word dat die vliegtuig na die aarde toe
      beweeg en nie anders om nie.                                                          (2)

6.4   Bereken die krag wat die aarde op die vliegtuig uitoefen op ŉ hoogte van 3 500 m.     (5)

6.5   Met watter faktor sal die krag (F) waarmee die vliegtuig die oppervlak van die
      water sal tref verander as die vliegtuig op ŉ planeet met dubbel die massa van die
      aarde en ŉ derde van die totale afstand vanaf die aarde af sal val? Toon
      berekeninge.                                                                          (3)
                                                                                           [15]

                                                                                           b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                              FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                     12
                                              (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 7 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

Wanneer ŉ monochromatiese rooi lig deur ŉ nou spleet op ŉ skerm skyn, word die
volgende patroon waargeneem.

                                                              (maksimum)

7.1   Benoem die verskynsel wat op die skerm waargeneem word.                         (2)

7.2   Noem en stel die beginsel wat gebruik word om die verskynsel in jou antwoord
      van Vraag 7.1 te verklaar.                                                      (4)

7.3   Beskryf die patroon wat op die skerm waargeneem word.                           (3)

7.4   Verskaf die term wat verduidelik hoe die donker bande op die skerm gevorm
      word.                                                                           (2)

7.5   Watter effek sal elk van die volgende veranderinge hê op die wydte van die
      sentrale kleurband (A – B) indien …

      7.5.1 die opening van die spleet verklein word? Beantwoord: VERGROOT,
            VERKLEIN of BLY DIESELFDE en verduidelik dan jou antwoord.                (3)

      7.5.2 die rooi lig met ŉ blou lig vervang word? Beantwoord: VERGROOT,
            VERKLEIN of BLY DIESELFDE en verduidelik dan jou antwoord.                (3)
                                                                                     [17]

                                                                                     b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                               FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                         13
                                               (Fisika)             GRAAD 11

VRAAG 8 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

8.1   Bestudeer die volgende diagram van ŉ potlood in ŉ glas water en beantwoord
      dan die vrae wat daarop volg.

                                                 potlood

      8.1.1   Benoem die verskynsel wat aangetoon word in die diagram.                    (2)

      8.1.2   Verduidelik waarom dit lyk asof die potlood opbuig van die oppervlak
              van die water.                                                              (3)

8.2   Beskou die volgende diagram van ŉ ligstraal wat inval op die grensvlak tussen
      lug en water. Die hoek wat die ligstraal maak met die oppervlak van die water is
      51°, soos aangetoon in die diagram.
                                                              nlug = 1,00

                                                              nwater = 1,33

      8.2.1   Benoem die lyn AB.                                                          (2)

      8.2.2   Bereken die brekingshoek van die ligstraal soos dit beweeg van lug na
              water.                                                                      (4)

      8.2.3   Teken die skets hierbo, in jou ANTWOORDBOEK oor en toon die pad
              van die ligstraal soos dit beweeg van lug na water en waar dit aan die
              ander kant uitbeweeg.                                                       (4)

                                                                                         b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                        14
                                                (Fisika)             GRAAD 11

8.3   Wat gebeur met die spoed waarteen die ligstraal beweeg, wanneer dit van lug
      na water beweeg? Antwoord slegs: NEEM TOE, NEEM AF of BLY KONSTANT.                (2)

8.4   Verduidelik jou antwoord in VRAAG 8.3.                                             (2)
                                                                                        [19]

VRAAG 9 (BEGIN OP ŉ NUWE BLADSY.)

9.1   Noem TWEE toestande wat nodig is vir totale interne weerkaatsing om plaas te
      vind.                                                                              (4)

9.2   Definieer die term kritieke grenshoek van ŉ medium.                                (2)

9.3   Gedoteerde silika het ŉ baie hoë brekingsindeks (n = 1,45). Die diagram
      hieronder toon ŉ dun laag suiwer silikon bo-op ŉ laag gedoteerde silika.

                                          Suiwer silika

                                          Gedoteerde silika

      Bereken

      9.3.1   die kritiese grenshoek van die gedoteerde silika – suiwer silika grens.
              Die suiwer silika het ŉ brekingsindeks van n =1,40 .                       (4)

      9.3.2   die spoed van lig in die gedoteerde silika.                                (4)

9.4   Verduidelik waarom telekommunikasiemaatskappye optiese vesel-kabels
      verkies bo koperkabels.                                                            (2)
                                                                                        [16]

                                                                              TOTAAL:   150

                                             EINDE

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                        15
                                            (Fisika)             GRAAD 11

                        DATA FOR PHYSICAL SCIENCES GRADE 11
                                 PAPER 1 (PHYSICS)

                   GEGEWENS VIR FISIESE WETENSKAPPE GRAAD 11
                              VRAESTEL 1 (FISIKA)

TABLE 1: PHYSICAL CONSTANTS/TABEL 1: FISIESE KONSTANTES

          NAME/NAAM             SYMBOL/SIMBOOL                  VALUE/WAARDE
Acceleration due to gravity
                                        g                            9,8 m·s-2
Swaartekragversnelling
Gravitational constant
                                        G                      6,67 x 10-11 N⋅m2⋅kg-2
Swaartekragkonstante
Radius of Earth
                                       RE                          6,38 x 106 m
Straal van Aarde
Coulomb's constant
                                        K                       9,0 x 109 N⋅m2·C-2
Coulomb se konstante
Speed of light in a vacuum
                                        c                         3,0 x 108 m·s-1
Spoed van lig in ŉ vakuum
Charge on electron
                                        e                          -1,6 x 10-19 C
Lading op elektron
Electron mass
                                       me                         9,11 x 10-31 kg
Elektronmassa
Mass of the earth
                                        M                         5,98 x 1024 kg
Massa van die Aarde

TABLE 2: FORMULAE/TABEL 2: FORMULES
MOTION/BEWEGING

v f = v i + a ∆t                      ∆x = v i ∆t + 21 a∆t 2
                                            v + vi 
v f = v i + 2a∆x
  2     2
                                      ∆x =  f       ∆t
                                            2 

FORCE/KRAG

Fnet = ma                            w = mg
   Gm1m 2                                fs
F=                                   μs = (max / maks)
       r2                                     N
    f
µk = k
     N

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
                                                   FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                                    16
                                                   (Fisika)             GRAAD 11

WAVES, SOUND AND LIGHT/GOLWE, KLANK EN LIG

                                                   1
v=fλ                                          T=
                                                   f
ni sin θi = nr sin θr                                  c
                                                n=
                                                       v

ELECTROSTATICS/ELEKTROSTATIKA

  kQ 1Q 2                                       F
F=                 (k = 9,0 x 109 N⋅m2·C-2)   E=
     r2                                         q
   kQ                                            W
E= 2              (k = 9,0 x 109 N⋅m2·C-2)    V=
   r                                             Q

ELECTROMAGNETISM/ELEKTROMAGNETISME

       ∆Φ
ε=−N                                          Φ = BA cos θ
       ∆t

CURRENT ELECTRICITY/STROOMELEKTRISITEIT

  Q                                                V
I=                                            R=
  ∆t                                               I
1 1 1 1
  = + + + ...                                 R = r1 + r2 + r3 + ...
R r1 r2 r3
W = Vq                                             W
                                              P=
                                                   Δt
W = VI ∆ t
                                              P = VI
W= I2R ∆ t
                                              P = I 2R
     V Δt
       2
W=                                                V2
      R                                       P=
                                                   R

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
                                            FISIESE WETENSKAPPE Vraestel 1
                                                                              17
                                            (Fisika)             GRAAD 11

                                KRAG       Massa        VERSNELLING     1
VRAAG 4.3
                                 (N)       (Trollie        (m.s-2)    MASSA
NAAM VAN LEERDER:                         eenhede)
                                 2,5          1                 4,4
___________________
                                 2.5          2                 2.8
___________________              2,5          3                 2,3
                                 2,5          4                 1,9

                5

                4

  (m.s-2)

  Versnelling
                3

                2

                1

                0
                    0,2   0,4    0,6     0,8       1,0
                                 __1__
                                 Massa ( per trollie eenhede)

## Related documents

- [Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p2-afrikaans-june-2017-question-paper/14dc2ba3-3d16-418a-a9c0-5897316247be) — Physical Sciences · QP · 2017 · Afr
- [Gr11 Phy P1 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p1-afrikaans-june-2018-question-paper/8646331c-0677-446b-8291-49286f718e69) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 Phy P1 (ENG AFR) June 2017 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p1-eng-afr-june-2017-possible-answers/7dd664eb-b758-4f97-a529-32c91e5a9888) — Physical Sciences · Memo · 2017 · Eng
- [Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p2-afrikaans-june-2019-question-paper/67aec3a4-b25d-4e19-8631-45a2fa617cde) — Physical Sciences · QP · 2019 · Afr
- [Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2018 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p2-afrikaans-june-2018-question-paper/fd9f92c8-f4d1-4104-926b-48e832bea015) — Physical Sciences · QP · 2018 · Afr
- [Gr11 Phy P2 (Afrikaans) June 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr11-phy-p2-afrikaans-june-2016-question-paper/91bc2d21-0fb6-44a8-8053-f5fcb970d501) — Physical Sciences · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 11 Physical Sciences

- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p1-and-memo/82b3d6a5-9e71-4efe-a8e0-f2a63d6aff58) — QP + Memo · 2025
- [KZN Physical Sciences Grade 11 November 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/kzn-physical-sciences-grade-11-november-2025-p2-and-memo/f6f699c6-e985-44e2-9d36-d660697bd6fe) — QP + Memo · 2025
- [LP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P2 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/lp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p2-and-memo/b76990f6-708a-47e3-a903-95cc3c58534d) — QP + Memo · 2025
- [MP Physical Sciences Grade 11 June 2025 P1 and Memo](https://www.hlayiso.com/library/mp-physical-sciences-grade-11-june-2025-p1-and-memo/4c5694d8-7cdc-4fd9-90b4-55bbb8969872) — QP + Memo · 2025
- [PHYSICAL SCIENCES P2 GR11 MEMO 2024 ENG AFR watermark](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-p2-gr11-memo-2024-eng-afr-watermark/f8ef6058-1783-44bd-b372-4b15bc7c5c5c) — Memo · 2024 · Eng
- [Physical Sciences Physics P1 MEMO May June 2024 KZN](https://www.hlayiso.com/library/physical-sciences-physics-p1-memo-may-june-2024-kzn/2d743463-488a-4ee1-ba5e-7e7decd16681) — Memo · 2024

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
