# Accounting Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 1 question paper from the Gauteng Mock Exam 2021 (Afrikaans), 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/ef80ff2d-394d-45d8-8637-e73e39c61216
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2021
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P1 Gauteng Mock 2021 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p1-afrikaans-2021-preparatory-question-paper/ef80ff2d-394d-45d8-8637-e73e39c61216)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2021 · Afrikaans. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                   NASIONALE
                               SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                                REKENINGKUNDE V1

                                   NOVEMBER 2020

PUNTE: 150

TYD: 2 uur

                          Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye,
                     'n formuleblad en 'n 11 bladsy-antwoordeboek.

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             2                            DBE/November 2020
                                            NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies aandagtig deur en volg dit noukeurig.

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       'n Spesiale ANTWOORDEBOEK word verskaf waarin jy al die vrae moet
         beantwoord.

3.       Toon AL die bewerkings om deelpunte te verdien.

4.       Jy mag 'n nieprogrammeerbare sakrekenaar gebruik.

5.       Jy mag 'n donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te
         beantwoord.

6.       Toon ALLE bewerkings tot EEN desimale punt, waar van toepassing.

7.       Indien jy dit verkies, mag jy die Formuleblad met Finansiële Aanwysers wat
         aan die einde van hierdie vraestel aangeheg is, gebruik. Die gebruik van
         hierdie formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

9.       Gebruik die inligting in die tabel hieronder as 'n riglyn wanneer jy die vraestel
         beantwoord. Probeer om NIE daarvan af te wyk NIE.

           VRAAG                    ONDERWERP                         PUNTE         MINUTE
                       Staat van Omvattende Inkomste en
               1                                                        60             45
                       Behoue-inkomste-nota
                       Finansiële Aanwysers en
               2                                                        40             30
                       Kontantvloeistaat
               3       Vertolking van Finansiële State                  35             30

               4       Korporatiewe bestuur                             15             15

         TOTAAL                                                        150            120

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             3                           DBE/November 2020
                                            NSS

VRAAG 1: STAAT VAN OMVATTENDE INKOMSTE EN BEHOUE-INKOMSTE-
         NOTA                             (60 punte; 45 minute)

Jy word voorsien van inligting uit die rekords van Victoria Beperk vir die jaar geëindig
30 Junie 2020. Die maatskappy verkoop en herstel twee tipes yskaste: die Icekool- en
die Freezo-modelle.

GEVRA:

1.1      Verwys na Inligting B(a):

         Bereken:

            Totale waardevermindering vir die jaar                                              (7)
            Wins/Verlies met verkoop van vaste bate                                             (2)

1.2      Verwys na Inligting B(d):

         Bereken die verlies op die Icekool-yskaste wat in die brand vernietig is.               (5)

LET WEL: Die betrokke bedrae uit VRAAG 1.1 en 1.2 moet ook in die finansiële staat
         of nota aangeteken word.

1.3      Voltooi die Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat) vir die jaar
         geëindig 30 Junie 2020.                                                                 (35)

1.4      Stel die Behoue-inkomste-nota tot die Staat van Finansiële Posisie
         (Balansstaat) op.                                                                       (11)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            4                          DBE/November 2020
                                           NSS

INLIGTING:

A.    Die volgende saldo's/totale, onder andere, het op 30 Junie in die boeke
      verskyn:

                                                          2020       2019
       Balansstaatrekeninge-afdeling                       R          R
       Gewone aandelekapitaal                          10 150 000 10 500 000
       Behoue inkomste                                          ? 3 200 000
       Verbandlening: Silver Bank                       1 984 000 2 300 000
       Voertuie                                         4 220 000
       Toerusting                                         968 000
       Opgehoopte waardevermindering op voertuie                ? 1 325 000
       Opgehoopte waardevermindering op
                                                                   ?    327 000
       toerusting
       Vaste deposito: JM Bank                          1 520 000
       Handelsvoorraad                                  1 657 500
       Debiteurekontrole                                2 740 000
       Aandeelhouers vir dividende                              ?       427 500
       SAID: Inkomstebelasting (voorlopige
                                                          120 000
       betalings)
       Krediteurekontrole                                 652 000

       Nominalerekeninge-afdeling
       Verkope                                         12 945 000
       Koste van verkope                                        ?
       Salarisse en lone                                2 740 000
       Ouditfooie                                         356 000
       Diverse bedryfsuitgawes                            252 500
       Direkteursgelde                                  1 279 000
       Diensgeld-inkomste                               3 400 000
       Verbruiksgoedere                                   815 800
       Oninbare skulde                                    196 000
       Advertensies (slegs Protea TV)                     123 200
       Rente op beleggings                                165 000
       Dividende op gewone aandele                        675 000

B.    Aansuiwerings en addisionele inligting:
      (a)   Geen inskrywings is vir waardevermindering en die verkoop van die vaste
            bate gedoen nie.
               Voertuie word teen 20% p.j. volgens die verminderdesaldo-metode
                verminder (gedepresieer).
               Toerusting word teen 15% p.j. op kosprys verminder (gedepresieer). Let
                daarop dat toerusting op 31 Januarie 2020 verkoop is. Besonderhede is
                soos volg:
                   Kosprys                                                R40 000
                   Opgehoopte waardevermindering op 1 Julie 2019          R18 000
                   Verkoopprys                                            R22 500

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                            5                           DBE/November 2020
                                           NSS

      (b)   Twee direkteure, Hlophe en Frey, verdien direkteursgelde.
             Frey se fooie is nie ten volle aan hom betaal nie, aangesien huur deur
              hom aan die maatskappy verskuldig is. Geen inskrywing is al vir die huur
              gemaak nie.
             Frey het sedert 1 Desember 2019 'n gedeelte van die maatskappy se
              eiendom vir persoonlike gebruik gehuur. Die maandelikse huur van
              R13 000 moet verreken word teen die direkteursgelde wat nog aan hom
              verskuldig is.
      (c)   'n Inskrywing van R28 800 is gemaak vir verbruiksgoedere wat op
            27 Junie 2020 aan 'n krediteur teruggestuur is. Die kredietnota van die
            krediteur toon 'n bedrag van slegs R21 600. Die kredietnota is korrek, maar is
            nog nie opgeteken nie. Verbruiksgoedere voorhande aan die einde van die
            jaar is R18 000.
      (d)   Yskaste word volgens die spesifieke identifikasiemetode gewaardeer. Geen
            inskrywing is gemaak ten opsigte van 'n brand wat in die stoorkamer
            plaasgevind het nie. 'n Aantal Icekool-yskaste is vernietig en die
            versekeringsmaatskappy sal 80% van die kosprys van hierdie yskaste
            uitbetaal. Die voorraadrekord is soos volg:
                                                      KOSTE      AANTAL
                          BEGIN-                                                 EIND-
              MODEL                    AANKOPE         PER      EENHEDE
                        VOORRAAD                                               VOORRAAD
                                                     EENHEID    VERKOOP
                                                                  1 300            275
             Icekool   200 eenhede   1 400 eenhede   R3 500
                                                                 eenhede        eenhede
             Freezo         0        640 eenhede     R6 750    550 eenhede     90 eenhede

      (e)   Die onderneming gebruik 'n winsopslag van 60% op die kosprys van die
            yskaste. Handelskortings, ten bedrae van R275 000, is op die verkoop van
            Freezo-yskaste toegestaan en is geboekstaaf.
      (f)   R32 400 van die boedel van 'n insolvente debiteur is in die bankrekening van
            die onderneming gedeponeer. Dit verteenwoordig 75 sent in die rand. Die
            balans van sy rekening moet afgeskryf word.
      (g)   Protea TV is gekontrakteer om 'n advertensie te vervaardig en om dit vir die
            tydperk 1 September 2019 tot 31 Augustus 2020 teen 'n vaste maandelikse
            tarief uit te saai.
            Die bedrag wat aan Protea TV betaal is, sluit 'n eenmalige bedrag van
            R26 000 in wat in Augustus 2019 vir die vervaardiging van die video betaal is.
            Die oorblywende bedrag dek die maandelikse advertensies op TV vir die
            12 maande wat op 1 September 2019 begin.
      (h)   Maak voorsiening vir rente op die verbandlening. Die staat wat van Silver
            Bank ontvang is, dui maandelikse terugbetalings van R48 500 aan. Dit sluit
            gekapitaliseerde rente in.
      (i)   Die inkomstebelastingkoers is 28% van die netto wins.
      (j)   Aandelekapitaal en dividende:
             50 000 aandele is op 31 Maart 2020 teen R9,60 elk teruggekoop. Hierdie
               aandele kwalifiseer nie vir finale dividende nie.
             Geen nuwe aandele is in die huidige finansiële jaar uitgereik nie.
             1 450 000 aandele is reeds op 30 Junie 2020 uitgereik.
             Tussentydse dividende is op 31 Desember 2019 betaal.
             Finale dividende van 56c per aandeel is op 30 Junie 2020 verklaar.
                                                                                                  60
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                6                        DBE/November 2020
                                               NSS

VRAAG 2: FINANSIËLE AANWYSERS EN KONTANTVLOEISTAAT
                                              (40 punte; 30 minute)

2.1     Vier state/verslae word verskaf as opsies waarin elk van die volgende items sal
        verskyn. Kies die finansiële staat/verslag en skryf slegs die letter
        (A–D) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.3) in die ANTWOORDEBOEK
        neer.

         A      Kontantvloeistaat
         B      Staat van Omvattende Inkomste (Inkomstestaat)
         C      Staat van Finansiële Posisie (Balansstaat)
         D      Direkteursverslag

        2.1.1        Verbale verduideliking van die aktiwiteite van 'n maatskappy vir die
                     afgelope jaar

        2.1.2        Oninbare skulde ingevorder

        2.1.3        Netto boekwaarde van vaste bates                               (3 x 1)      (3)

2.2     ORANGE BPK.

        Die inligting het betrekking op die finansiële jaar geëindig 29 Februarie 2020.

        GEVRA:

        2.2.1        Bereken die volgende finansiële aanwysers op 29 Februarie 2020:

                        Skuld-ekwiteit-verhouding                                               (3)

                        Verdienste per aandeel (VPA)                                            (4)

                        Dividenduitbetalingskoers                                               (3)

                        % opbrengs op gemiddelde ekwiteit (OOAB)                                (4)

        2.2.2        Voltooi die Kontantvloeistaat op 29 Februarie 2020.
                     Alle kontantuitvloeiings moet tussen hakies getoon word om volpunte
                     te verdien.                                                                 (23)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                              7                         DBE/November 2020
                                             NSS

     INLIGTING:

     A.    Uittreksel uit die Inkomstestaat op 29 Februarie 2020:

           Waardevermindering                         R 234 000
           Rente-uitgawe                                126 000
           Inkomstebelasting                            415 200
           Netto inkomste na belasting                  968 800

     B.    Uittreksel uit die Balansstaat:

                                             29 Februarie 2020      28 Februarie 2019
           Vaste bates (drawaarde)            R 9 528 300             R 8 320 300
           Vaste deposito's                       100 000                 500 000
           Bedryfsbates                         1 002 000                 755 000
           Kontant en
                                                   56 500                   5 000
           kontantekwivalente
           Oortrokke bank                               0                 220 000
           Aandeelhouersbelang                  8 980 300               7 411 500
             Gewone aandelekapitaal             8 281 000               7 200 000
             Behoue inkomste                      699 300                 211 500
           Lening: BB Bank                        900 000               1 200 000
           Bedryfslaste                           750 000                 963 800
           SAID: Inkomstebelasting                  4 500 Dt               23 800 Kt
           Aandeelhouers vir dividende            120 000                 160 000

     C.    Vaste bates:

              Ou toerusting is teen drawaarde verkoop, R48 000.
              Aanbouings by die geboue is gedurende die finansiële jaar voltooi.

     D.    Aandelekapitaal:

           Die gewone aandelekapitaal het op 1 Maart 2019 uit 800 000 gewone
           aandele bestaan. 'n Verdere 200 000 aandele is op hierdie datum uitgereik.

           Op 29 Februarie 2020 het die maatskappy 90 000 aandele teruggekoop teen
           R81 000 meer as die waarde van die aandele, gebaseer op die gemiddelde
           aandeleprys van R9,10 per aandeel. Hierdie aandeelhouers kwalifiseer vir
           finale dividende.

     E.    Dividende en verdienste:

                                              29 Februarie 2020     28 Februarie 2019
           Interim/Tussentydse dividende           28 sent               60 sent
           Finale dividende                        12 sent               20 sent
           Verdienste per aandeel                     ?                  94 sent

                                                                                               40

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                             8                           DBE/November 2020
                                            NSS

VRAAG 3: INTERPRETASIE VAN FINANSIËLE STATE                        (35 punte; 30 minute)
Jy word voorsien van inligting van Solar-Style Bpk. vir die finansiële jaar geëindig
29 Februarie 2020. Die onderneming verskaf sonpanele aan huishoudings om hulle
elektrisiteitsverskaffing aan te vul.
GEVRA:
LET WEL:      Verskaf in ELKE geval syfers, finansiële aanwysers of berekeninge om jou
              kommentaar en verduidelikings te staaf.
3.1   Solvensie en likiditeit:
      3.1.1    Lewer kommentaar op die solvensie van die maatskappy. Haal EEN
               finansiële aanwyser met syfers aan.                                              (2)
      3.1.2    Verduidelik waarom die direkteure met die verandering in die likiditeit van
               die maatskappy tevrede is. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers
               aan.                                                                             (4)
3.2   Verdienste, opbrengs en aandeleprys op die JSE:
      3.2.1    Lewer kommentaar op die % opbrengs en verdienste per aandeel van die
               maatskappy. Haal TWEE finansiële aanwysers met syfers aan.                       (4)
      3.2.2    Lewer kommentaar op die aandeleprys op die JSE en hoe die %
               opbrengs en verdienste per aandeel die aandeleprys beïnvloed het. Haal
               syfers aan.                                                                      (4)
3.3   Hefboomverhouding:
      Verduidelik hoe die lening die risiko en finansiële hefboom beïnvloed het en of dit
      'n goeie idee was, of nie, om die lening te verhoog. Haal TWEE finansiële
      aanwysers met syfers aan.                                                                 (7)
3.4   Aandeelhouding:
      Verwys na Inligting D.
      Die direkteure het besluit om aan die bestaande aandeelhouers een aandeel vir
      elke vyf aandele wat hulle op 1 September 2019 besit het, teen 'n prys van R6,50
      elk aan te bied. Allen Mbatha besit tans 45% van die aandele van Solar-Style
      Bpk. Allen was een van die min aandeelhouers wat besluit het om hierdie aanbod
      te aanvaar.
      3.4.1    Verduidelik hoe Allen se besluit sy % aandeelhouding beïnvloed het.
               Verskaf 'n berekening om jou verduideliking te staaf.                            (4)
      3.4.2    Gee TWEE redes waarom Allen dalk hierdie besluit geneem het.                     (4)
3.5   Dividende:
      3.5.1    Een van die direkteure voel dat die dividenduitbetalingskoers (%)
               konstant moes gebly het. Gee EEN moontlike rede (met syfers) vir haar
               mening.                                                                          (3)
      3.5.2    Verwys na inligting E.
               Verduidelik (met syfers) waarom een van die aandeelhouers,
               Erna Naidoo, voel dat die dividende wat sy in Solar-Style Bpk. verdien,
               nie so goed is soos dié wat sy in Netgen Bpk. verdien nie.                       (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                 9                       DBE/November 2020
                                                NSS

INLIGTING:

A.    Uittreksel uit die Finansiële State:
                                                       29 Februarie        28 Februarie
                                                           2020                2019
      Netto wins na belasting                          R 203 000           R 636 300
      Nie-bedryfslaste:
                                                         3 500 000           2 000 000
      Lening van Credbank

B.    Finansiële aanwysers bereken:
                                                       29 Februarie        28 Februarie
                                                           2020                2019
      Skuld-ekwiteit-verhouding                              0,4 : 1             0,3 : 1
      Vuurproefverhouding                                    0,8 : 1             2,6 : 1
      Totale bates tot totale laste                          2,0 : 1             5,0 : 1
      Voorraadomsetsnelheid                                  6 keer              3 keer
      Verdienste per aandeel (VPA)                          72 sent             96 sent
      Dividende per aandeel (DPA)                           48 sent             48 sent
      Dividenduitbetalingskoers                                67%                 50%
      % opbrengs op gemiddelde ekwiteit (OOAB)                5,3%                8,7%
      % opbrengs op totale kapitaal aangewend
                                                              6,2%               11,6%
      (OOTKA)
      Netto batewaarde per aandeel (NBW)                   877 sent           912 sent

C.    Addisionele inligting:
                                                       29 Februarie        28 Februarie
                                                           2020                2019
      Markprys van aandele op JSE                         840 sent            920 sent
      Rentekoers op beleggings                               6,5%                6,5%
      Rentekoers op lenings                                 10,5%               12,0%

D.    Aandeelhouding van Allen Mbatha in Solar-Style Bpk.:
                                                      Aantal aandele     Prys per aandeel
      Totale Solar-Style Bpk. aandele uitgereik:
             Op 28 Februarie 2019                      800 000 aandele
             Op 29 Februarie 2020                      900 000 aandele
      Aandele deur Allen gekoop
             Op 1 Maart 2015                           360 000 aandele             650 sent
             Op 1 September 2019                            ?                      650 sent

E.    Aandeelhouding van Erna Naidoo in twee maatskappye:
                                                      Solar-Style Bpk.     Netgen Bpk.
      Dividende per aandeel vir 2020                       36 sent            28 sent
      Prys wat sy vir haar aandele betaal het             820 sent           400 sent
      Aantal aandele besit                             30 000 aandele     30 000 aandele

                                                                                                 35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                                10                            DBE/November 2020
                                               NSS

VRAAG 4:        KORPORATIEWE BESTUUR                                   (15 punte; 15 minute)

4.1     Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings deur 'n woord/term
        uit die lys hieronder te kies. Skryf slegs die woord/term langs die vraagnommers
        (4.1.1 tot 4.1.3) in die ANTWOORDEBOEK neer.

                eksterne ouditeure; interne ouditeure; aandeelhouers; direkteure

        4.1.1    Hulle rol is om alle aspekte van die maatskappy se aktiwiteite te bestuur
                 en beheer.

        4.1.2    Hulle rol is om 'n onbevooroordeelde mening oor die betroubaarheid
                 van die inligting in die finansiële state uit te spreek.

        4.1.3    Hulle rol is om die interne beheermaatreëls in 'n maatskappy op 'n
                 deurlopende basis te assesseer.                             (3 x 1)                  (3)

4.2     ELECTRONIC BPK.

        Die inligting het op Electronic Bpk. betrekking. Electronic Bpk. het die laaste
        paar maande negatiewe publisiteit in die nasionale koerante gekry.
        'n Aandeelhouer, Quinton Miller, is bekommerd oor moontlike korrupsie in
        hierdie maatskappy.

        GEVRA:

        4.2.1      Verduidelik, in jou eie woorde, hoekom jy met die uittreksel hieronder,
                   wat in 'n plaaslike koerant verskyn het, saamstem of nie. Noem TWEE
                   verskillende punte.

                   Volgehoue (Deurlopende) korrupsie, bedrog en wanbestuur sal nie by 'n
                   genoteerde maatskappy plaasvind nie, tensy daar onwettige of
                   kriminele (oneerlike) samewerking aan die kant van die direksie en die
                   ouditeure is.

                             [Aangehaal uit @TheJaundicedEye, Independent, Saterdag 7 Maart 2020]     (4)

        4.2.2      Verwys na die inligting op die volgende bladsy.

                   Verduidelik TWEE punte om moontlike korrupsie vir ELK van die
                   volgende probleme te bewys. Haal syfers of berekeninge aan.

                   Probleem 1: Betaling van direkteursgelde                                           (4)

                   Probleem 2: Beheer en produktiwiteit van ander werknemers                          (4)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Rekeningkunde/V1                           11                         DBE/November 2020
                                          NSS

INLIGTING:

Inligting geïdentifiseer uit die boeke van die maatskappy

LET WEL: Randbedrae word in miljoene uitgedruk.

                                        %
                                                 29 Februarie 2020   28 Februarie 2019
                                   verandering
Direkteursgelde:
 Hoof uitvoerende beampte     1                          R11,2 m.             R6,5 m.
                                      72%
 (HUB)
 Hoof finansiële beampte      1                           R9,9 m.             R5,8 m.
                                      72%
 (HFB)
  Ander voltydse direkteure   12      8,3%               R39,0 m.            R36,0 m.

Ander werknemers:
  Aantal werknemers                   19%         570 werknemers      480 werknemers
  Salarisse en lone                   22%               R91,0 m.            R74,4 m.

Algemene inligting:
  Bruto wins                          11%               R289,0 m.           R260,0 m.
  Bedryfswins                        (20%)               R61,0 m.            R76,2m.
  Bedryfswins per werknemer          (50%)                R0,1 m.             R0,2 m.
  Netto wins                         (21%)                R41 m.              R52 m.

                                                                                          15

                                                                          TOTAAL:         150

Kopiereg voorbehou

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  Rekeningkunde/V1                                                      DBE/November 2020
                                            NSS

    GRAAD 12 REKENINGKUNDE-FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

            Bruto wins x 100                             Bruto wins    x 100
             Verkope      1                          Koste van verkope    1

     Netto wins voor belasting x 100                 Netto wins na belasting x 100
              Verkope             1                         Verkope             1

         Bedryfsuitgawes x 100                            Bedryfswins x 100
             Verkope        1                               Verkope      1

        Totale bates : Totale laste                    Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste         Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

     (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

   Gemiddelde handelsvoorraad x 365                       Koste van verkope             .

        Koste van verkope        1                    Gemiddelde handelsvoorraad

      Gemiddelde debiteure x 365                     Gemiddelde krediteure x 365
        Kredietverkope        1                       Koste van verkope       1

                                                     Netto inkomste na belasting x 100
   Netto inkomste na belasting x 100                  Getal uitgereikte aandele     1
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1
                                                                             (*Sien nota hieronder)

              Netto inkomste voor belasting + Rente op lenings    x 100
      Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste    1

       Aandeelhouersbelang      x 100                 Dividende vir die jaar   x 100
      Getal uitgereikte aandele    1                 Getal uitgereikte aandele    1

      Tussentydse dividende x 100                         Finale dividende      x 100
      Getal uitgereikte aandele 1                     Getal uitgereikte aandele    1

      Dividende per aandeel x 100                     Dividende vir die jaar   x 100
      Verdienste per aandeel   1                   Netto inkomste na belasting    1

                                    Totale vaste koste                       .

                  Verkoopprys per eenheid – Veranderlike koste per eenheid
LET WEL:
* In hierdie geval, indien daar gedurende 'n finansiële jaar 'n verandering in die aantal
  uitgereikte aandele is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die praktyk gebruik.

  Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO SEPT 2021 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-sept-2021-afrikaans/ba3a1ff7-09fc-402c-b9a3-c6afdd6d6bd6) — Accounting · Memo · 2021 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [Accounting GR 12 Exam Guidelines 2021 Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-gr-12-exam-guidelines-2021-afr/01f40c91-f7ea-453e-bb06-5be520e4328f) — Accounting · Guide · 2021 · Afr
- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting X10 Afrikaans 2018 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-x10-afrikaans-2018-answer-book/69e260ea-abfd-4631-a19b-66d4d2e224a7) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Accounting · Memo · 2025 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr
- [Accounting P1 May-June 2025 MG Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-mg-afr/e1d7c729-bd17-40c4-8d22-40a10fe19150) — Memo · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
