# Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)

> Grade 12 Accounting Paper 2 question paper from the Gauteng Mock Exam 2022 (Afrikaans), 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/e1e6057f-eded-4292-942e-ff25b6ada456
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Accounting
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2022
- Exam period: Gauteng Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/accounting) › [Accounting Grade 12 P2 Gauteng Mock 2022 QP (Afr)](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-question-paper/e1e6057f-eded-4292-942e-ff25b6ada456)

## About this document

Accounting · Grade 12 · Gauteng Mock Exam · 2022 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Gr12 Accounting P2 (Afrikaans) SEP 2022 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/gr12-accounting-p2-afrikaans-sep-2022-answer-book/d433311b-2ab8-4c86-90d3-42fe3c2ac6c3) — Addendum · 2022 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

        VOORBEREIDENDE EKSAMEN
                                2022
                                 10712
                             REKENINGKUNDE
                               VRAESTEL 2

TYD:     2 uur

PUNTE: 150

14 bladsye + 1 formuleblad

                                               b.o.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
                                                  REKENINGKUNDE                        2
                                                  (Vraestel 2)  10712/22

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    ALLE vrae moet beantwoord word.

2.    ŉ Spesiale ANTWOORDBOEK word voorsien waarin AL die vrae beantwoord
      moet word.

3.    Toon ALLE bewerkings aan om deelpunte te verdien.

4.    Jy mag ŉ nie-programmeerbare sakrekenaar gebruik.

5.    Jy mag ŉ donker potlood of blou/swart ink gebruik om die vrae te beantwoord.

6.    Waar van toepassing, toon alle berekeninge aan tot EEN desimale punt.

7.    Indien jy so verkies, mag jy die Finansiële Aanwysers Formuleblad wat
      aangeheg is aan die einde van die vraestel, gebruik. Die gebruik van die
      formuleblad is NIE verpligtend NIE.

8.    Skryf netjies en leesbaar.

9.    Gebruik die inligting in die onderstaande tabel as riglyn wanneer jy die vraestel
      beantwoord. Probeer om nie daarvan af te wyk nie.

       VRAAG                       ONDERWERP                      PUNTE        MINUTE

           1         Versoening en Ouderdomsanalise                  35           28

           2         Vervaardiging                                   40           32

           3         Vaste Bates en Voorraad                         40           32

           4         Kontantbegroting en BTW                         35           28

     TOTAAL                                                         150          120

                                                                                           b.o.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
                                                         REKENINGKUNDE                         3
                                                         (Vraestel 2)  10712/22

VRAAG 1: VERSOENING EN OUDERDOMSANALISE                                (35 punte: 28 minute)

1.1   BANKVERSOENING

      BUHLE WINKELS

      Die onderstaande inligting rakende Buhle Winkels vir Mei 2022, word verskaf.

      OPDRAG:

      1.1.1        Bereken die korrekte totale in die kontantjoernale op 31 Mei 2022.               (10)

      1.1.2        Bereken die korrekte saldo van die bankrekening op 31 Mei 2022.                   (5)

      1.1.3        Voltooi die Bankversoeningstaat op 31 Mei 2022.                                   (7)

      1.1.4        Mnr Pooh Paddy is die finansiële klerk by Buhle Winkels. Hy is sedert
                   die stigting van die onderneming, verantwoordelik vir alle finansiële
                   aktiwiteite. Hy het verskeie foute gemaak en die eienaar het geen
                   stappe teen hom geneem nie. In jou hoedanigheid as interne ouditeur,
                   is jy glad nie tevrede met die beheer oor kontant van Buhle Winkels nie.          (3)
                      Verduidelik EEN probleem om jou bekommernis te bevestig.
                       Haal syfers aan.
                      Gee raad om soortgelyke probleem in die toekoms te vermy.
      INLIGTING:

      A       Uittreksel van die Bankversoeningstaat van 30 April 2022

                  Saldo volgens bankstaat                              (R36 294)
                  Uitstaande kontant deposito’s:
                  Gedateer 15 April 2022                                12 080
                  Gedateer 30 April 2022                                21 640
                  Uitstaande EFO’s:
                  431 (gedateer 29 April 2022)                          (13 800)
                  435 (gedateer 30 April 2022)                          (17 900)
                  Saldo volgens bankrekening                               ?

      B       Voorlopige totale in die kontantjoernale op 30 April 2022 voordat die
              bankstaat ontvang is:

                   Kontantontvangstejoernaal: R60 334
                   Kontantbetalingsjoernaal: R34 865

                                                                                                   b.o.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
                                                REKENINGKUNDE                       4
                                                (Vraestel 2)  10712/22

C   Inskrywings in die kontantjoernale vir Mei 2022 wat nie met die
    Bankstaat ooreenstem nie.

    JOERNAAL           DOKUMENT         DATUM     BESONDERHEDE        BEDRAG
        KOJ        Depositostrokie 12     29      Verkope              R54 370
                   Depositostrokie 17     30      Debiteurekontrole     26 300

    JOERNAAL           DOKUMENT         DATUM     BESONDERHEDE        BEDRAG
        KBJ        EFO 21                 16      Ivory Bpk.            R1 780
                   EFO 26                 22      Munisipaliteit         3 660
D   Items op die Bankstaat gedateer 31 Mei 2022, wat nie met die Mei
    Kontantjoernale ooreenstem nie.

        Datum           Besonderhede                  Debiet          Krediet
          02    Deposito (30/04)                                       R21 640
          03    Direkte oordrag na JB Winkels            13 800
          04    Direkte oordrag na Atlas Mpy.            19 700
          15    Debietorder (versekering)                 1 670
          16    Direkte deposito van Ivory Bpk.                          1 780
          17    Deposito (15/04)                                        10 080
                Debietorder (versekering)                  1 670
         20     Internet bankfooi                            176
         25     Rente                                                      315
         28     Diensfooi                                    475
    NOTA:
    •    EFO 435 (Atlas Mpy): Die Bankstaat is korrek.
    •    ‘n Debietorder vir versekering is per abuis gedupliseer. Die bank sal dit in
         Junie regstel.
    •    Mnr Pooh Paddy, die finansiële klerk, kan nie vir die vermiste bedrag
         verantwoording doen nie. Die eienaar van Buhle Winkels het besluit om
         die bedrag af te skryf, maar dit sal verder ondersoek word.

                                                                                        b.o.

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                  5
                                                      (Vraestel 2)  10712/22

1.2   DEBITEURE OUDERDOMSANALISE

      LAPPOP HANDELAARS

      Die onderstaande Ouderdomsanalise is verkry uit die rekords van Lappop
      Handelaars vir April 2022.

      OPDRAG:

      1.2.1 Hoe kan die opstelling van ŉ Debiteure Ouderdomsanalise die
            onderneming help met die beheer van hul debiteure?                       (2)

      1.2.2 Identifiseer TWEE probleme in die onderstaande Ouderdomsanalise.
            Haal bewyse en syfers aan om jou antwoord te staaf. In elke geval,
            stel ŉ interne maatreël voor om die probleem op te los.                  (6)

      1.2.3 Die eienaar van Lappop Handelaars is nie tevrede met die beheer oor
            debiteure nie. Verskaf ‘n berekening om sy bekommernis te regverdig.     (2)

      INLIGTING:

           Debiteure word gewoonlik 30 dae gegun om hul rekeninge te vereffen.

                       Krediet      Bedrag                           60       90
           Debiteur                              Lopend    30 Dae
                        limiet    betaalbaar                         dae     dae +
          S. Dawood      4 000           6 800     2 600     3 000   1 200
          G. Kramer      7 000           7 000     7 000
          J. Boozer      3 000             500       500
          B. Campher     5 000           5 500         0     1 000   2 100   2 400
                                        19 800    10 100     4 000   3 300   2 400

                                                                                     35

                                                                                         b.o.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                       6
                                                       (Vraestel 2)  10712/22

VRAAG 2: VERVAARDIGING                                           (40 punte; 32 minute)

2.1 Kies ŉ koste item van KOLOM B wat pas by ŉ beskrywing in KOLOM A.
    Skryf slegs die letter (A – E) langs die vraagnommers (2.1.1 tot 2.1.4) in die
    ANTWOORDBOEK.

                     KOLOM A                                  KOLOM B

      2.1.1    Oninbare skulde                    A   Administratiewe koste
      2.1.2    Water en elektrisiteit (Kantoor)   B   Verkoop- en verspreidingskoste
               Salaris van die
      2.1.3                                       C   Direkte materiaalkoste
               fabrieksvoorman
      2.1.4    Grondstof voorraad gebruik
                                                  D   Direkte arbeidskoste
               tydens vervaardiging
                                                  E   Fabrieksbokoste
                                                                                 (4 x 1)   (4)

2.2    FACE-IT VERVAARDIGERS

       Die inligting verwys na Face-It Vervaardigers, ŉ onderneming wat onder
       andere, gesigsmaskers vervaardig, vir die finansiële jaar geëindig 31 Maart
       2022.

       OPDRAG:

       2.2.1   Bereken:

                  Die waarde van die slotvoorraad van grondstofvoorraad van
                   materiaal, deur die geweegde gemiddelde metode te gebruik                (4)

                  Die waarde van direkte/grondstofvoorraad uitgereik vir produksie         (3)

                  Die korrekte fabrieksbokoste                                             (4)

       2.2.2   Voltooi die Produksiekostestaat op 31 Maart 2022.                           (11)

       2.2.3   Face-It Vervaardigers beplan om werkers af te lê en om hulle met
               robotarms te vervang. In ooreenstemming met goeie korporatiewe
               bestuur, noem TWEE punte wat hulle in gedagte moet hou met
               hierdie besluit.                                                             (4)

       2.2.4   Die onderneming koop grondstof voorraad van ŉ oorsese verskaffer
               aan, ten spyte van die feit dat daar verskeie plaaslike verskaffers is.
               Gee TWEE redes waarom die onderneming plaaslike verskaffers
               moet ondersteun.                                                             (2)

                                                                                               b.o.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
                                             REKENINGKUNDE                      7
                                             (Vraestel 2)  10712/22

INLIGTING:

A    Voorraad saldo’s op 31 Maart:

                                                  2022            2021
     Goedere-in-bewerking                          ?            R56 200
     Klaarprodukte                              R231 000        R120 000

B    Grondstofvoorraad (materiaal):

     Grondstofvoorraad, wat uit meters materiaal bestaan, word deur
     die stoorkamer aan die fabriek uitgereik.

     Stoorkamer voorraad rekords:

                                                        TOTALE BEDRAG
                                          METERS
                                                              R
      Voorraad op 1 April 2021               6 000              642 000
      Aankope:                              21 700            2 405 000
       Julie 2021                            7 200              723 000
       Oktober 2021                          5 800              638 000
       Januarie 2022                         8 700            1 044 000
      Beskikbaar vir produksie              27 700            3 047 000
      Voorraad op 31 Maart 2022              4 100               ?

C    Syfers deur die boekhouer verskaf op 31 Maart 2022:

      Lone van die fabriekswerkers (direkte arbeid)           R3 103 600
      Fabrieksbokoste (sien Inligting D hieronder)             R750 200
      Administratiewe koste                                    R655 200
      Verkoop- en verspreidingskoste                           R413 200

D    Fabrieksbokoste moet ten opsigte van die volgende aangesuiwer word:

     Die totale bedrag van R21 000 vir versekering is ingesluit. Die bedrag
     sluit die versekering van April en Mei 2022 in. Slegs 80% van die bedrag
     vir versekering moet aan die fabriek toegedeel word. Die verskil moet
     gelykop tussen die kantoor en die verkoopsdepartement verdeel word.

E    Besonderhede van die Inkomstestaat vir die jaar geëindig 31 Maart 2022:

      Verkope                                                R9 745 000
      Koste van verkope                                      R6 516 000
      Bruto wins                                             R3 229 000

                                                                                    b.o.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                        8
                                                     (Vraestel 2)  10712/22

2.3   JM HOUTWERK VERVAARDIGERS

      JM Houtwerk Vervaardigers vervaardig en verkoop houttafels. Die onderneming
      word besit deur Jabu Mokoena.

      OPDRAG:

      2.3.1   Behoort die onderneming tevrede te wees met die aantal tafels wat
              gedurende die finansiële jaar vervaardig en verkoop is? Verduidelik. Haal
              stawende syfers in jou antwoord aan.                                            (3)

      2.3.2   Jabu beoog om ŉ wins van R400 000 vir die finansiële jaar te behaal.
              Hoeveel tafels moet sy vervaardig om die doelwit van R400 000 wins te
              bereik? Verskaf ŉ berekening om jou antwoord te staaf.                          (5)

              INLIGTING:

                                                          TOTAAL       PER EENHEID
              Verkope                                   R950 500          R160
              Veranderlike koste                        R458 500             R60
              Vaste koste                               R412 900
              Aantal eenhede vervaardig en verkoop          4 700
              Gelykbreekpunt aantal eenhede                 4 129
                                                                                          40

                                                                                              b.o.

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                            9
                                                       (Vraestel 2)  10712/22

VRAAG 3: VASTE BATES EN VOORRAAD                                (40 punte; 32 minute)

OPDRAG:

3.1     Verwys na die onderstaande vaste bate nota.

        Bereken die ontbrekende syfers (aangedui deur a, b, c en d) in die Vaste/
        Tasbare Bate nota vir die jaar geëindig 31 Maart 2022.                                  (12)

        Vaste/Tasbare bates:

                                              Grond en
                                                                Voertuie        Toerusting
                                               geboue
Drawaarde aan die begin van die
                                              2 900 000          500 000              ?
finansiële jaar
      Kosprys                                 2 900 000          780 000              ?
      Opgehoopte waardevermindering                    0        (280 000)            (52 500)
Bewegings
      Toevoegings teen kosprys                         0                0             48 000
      Bateverkope teen drawaarde                 (a)              (c)                 0
      Waardevermindering                               0          (b)                (55 500)
Drawaarde aan die einde van die
                                              2 250 000          318 000              (d)
finansiële jaar
      Kosprys                                 2 250 000           630 000            258 000
      Opgehoopte waardevermindering                    0        (312 000)             ?

       Addisionele inligting ten opsigte van vaste bates:

          ŉ Voertuig is op die laaste dag van die finansiële jaar, teen drawaarde
           verkoop. Waardevermindering word afgeskryf teen 20% per jaar op die
           verminderende saldo metode.

          Grond en geboue is teen kosprys verkoop gedurende die finansiële jaar.

                                                                                                    b.o.

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
                                                     REKENINGKUNDE                      10
                                                     (Vraestel 2)  10712/22

3.2 VOORRAADWAARDASIE EN INTERNE KONTROLE
   SE Elektronika gebruik die periodieke voorraadstelsel en die EIEU metode om die
   waarde van die voorraad slimfone te bepaal. Die onderneming behoort aan Sam
   Edgar. Hy het Charlene Finn aangestel om die winkel te bestuur. Die finansiële jaar
   eindig op 28 Februarie 2022. Sam het verneem dat ŉ nuwe model, die YB 200
   slimfoon, op 1 April 2022 geloots word.
   OPDRAG:
   3.2.1    Bereken die waarde van die slotvoorraad van die XB 300 slimfone op
            28 Februarie 2022.                                                               (6)
   3.2.2    Bereken die koste van verkope vir die jaar geëindig 28 Februarie 2022.           (5)
   3.2.3    Bereken hoe lank (in dae) dit sal neem om die slotvoorraad van 135 slimfone
            te verkoop. Lewer kommentaar op jou bevindinge en gee raad aan Sam in die
            verband.                                                                         (6)
   3.2.4    Verwys na Inligting D.
            Verskaf ŉ berekening om te bewys dat die inligting wat deur die
            verkoopsassistent oor die slimfone gegee is, waar is. Gee EEN punt van
            advies.                                                                          (7)
   INLIGTING:
   A       Voorraad vlakke van die XB 300 slimfone:
                                                           EENHEIDS-
                                            AANTAL            PRYS
                                                                             TOTAAL
                    DATUM                  EENHEDE        (INSLUITEND
                                                           VRAGGELD)
           1 Maart 2021                        75            R7 610          R570 750
           28 Februarie 2022                  135               ?               ?

   B       Aankope en terugsendings van die XB 300 slimfone gedurende die jaar:
           Aankope:
                                                                             TOTAAL
                                AANTAL     EENHEIDS-       TOTALE
              DATUM                                                       (INSLUITEND
                               EENHEDE       PRYS         VRAGGELD
                                                                          VRAGGELD)
           1 Junie 2021          130           R7 200      R14 300            R950 300
           21 Aug. 2021          120           R7 000      R13 200            R853 200
           15 Des. 2021           85           R6 600      R9 350             R570 350
           TOTAAL                335                       R36 850          R2 373 850
           Terugsendings:
                                                                             TOTAAL
                                AANTAL     EENHEIDS-       TOTALE
               DATUM                                                      (INSLUITEND
                               EENHEDE       PRYS         VRAGGELD
                                                                           VRAGGELD)
           10 Sep. 2021            3           R7 000          R330            ?
           Hierdie terugsendings is van die Augustus 2021 aankope.

                                                                                          b.o.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
                                                    REKENINGKUNDE                     11
                                                    (Vraestel 2)  10712/22

      C      Verkope vir die jaar:

             260 eenhede vir R2 392 000

      D      Moontlike diefstal van slimfone:

             Sam word deur ŉ verkoopsassisstent ingelig dat hy vermoed dat Charlene
             selfone aan haar familie en vriende weggee.

3.3   BESTUUR VAN VOORRAAD

      SE Elektronika verkoop ook kantoor toerusting en bykomstighede. Die volgende
      inligting verwys na een soort drukker.

      Sam het die verkoopsprys van drukkers in die 2022 finansiële jaar drasties
      verminder om te kompenseer vir ŉ nuwe mededinger wat dieselfde model teen
      R2 860 verkoop.

      OPDRAG:

      Neem die onderstaande inligting in ag en gee TWEE verskillende voorstelle aan
      Sam om die winsgewendheid van drukkers in 2023 te verbeter.                      (4)

      INLIGTING:

                                           DRUKKERS
                                      2022         2021
      Bestellings van klante
                                       980              650
      ontvang
      Aantal eenhede
      beskikbaar vir verkope en        780              650
      bruto eenhede verkoop
      Terugsendings deur klante        10                10
      Verkoopsprys                    R2 640          R3 740
      Kosprys                         R2 200          R2 200
      Winspersentasie %                20%              70%
      Bruto wins                     R338 800        R985 600
      Voorraadomsetsnelheid            11,8             10,0

                                                                                      40

                                                                                       b.o.

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE                        12
                                                       (Vraestel 2)  10712/22

VRAAG 4: KONTANTBEGROTING EN BTW                                 (35 punte; 28 minute)

4.1   Dui slegs die bedrae aan in die toepaslike blokkies vir die Kontantbegroting en die
      Geprojekteerde Inkomstestaat vir die maand geëindig 31 Augustus 2022.

      4.1.1   Vorige jaar se dividende wat aan die aandeelhouers betaal is, R15 000.

      4.1.2   Verwagte kontantverkope vir Augustus 2022 is R35 000 (koste van verkope,
              R14 000).

      4.1.3   Oninbare skulde wat afgeskryf moet word is R1 400.

      4.1.4   Direkteursfooie betaalbaar is R65 000.

      4.1.5   Waardevermindering vir die jaar is R14 400.                                        (9)

4.2   Die inligting verwys na die begrotingstydperk van Compu Bytes Bpk geëindig
      31 Desember 2022.

      4.2.1   Voltooi die Debiteure-invorderingskedule vir Oktober tot Desember 2022.            (5)

      4.2.2   Bereken die ontbrekende syfers aangedui deur (a) tot (c) in die
              kontantbegroting.                                                              (11)

      INLIGTING:

      A       Werklike en begrote verkope en koste van verkope

                                    Verkope              Koste van verkope
                  Maande
                               Begroot    Werklik        Begroot    Werklik
               September       R108 000   R87 000         R72 000   R45 000
               Oktober         R123 000   R88 000         R82 000   R60 000
               November        R105 000   R76 000         R70 000
               Desember         R84 000                     ?

      B       Verwagte Debiteure-invorderings

                  40% van totale verkope is vir kontant.
                  20% in die maand van verkope, onderhewig aan ŉ 5% korting.
                  70% in die maand wat op die maand van verkope volg
                  8% in die tweede maand na die verkope
                  2% word as oninvorderbaar geag in die derde maand na die verkope.

                                                                                             b.o.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
                                                       REKENINGKUNDE               13
                                                       (Vraestel 2)  10712/22

      C      Aankope en betaling van voorraad
                Compu Bytes handhaaf ŉ 50% opbrengs op verkope.
                Hulle handhaaf vaste voorraad vlakke deur voorraad maandeliks
                 te vervang.
                75% van die totale aankope is op krediet.
                Krediteure word ten volle vereffen in die maand wat op die
                 aankope maand volg, onderhewig aan ŉ 5% korting.

      D      Lening
             •   Die lening is op 30 November 2022 met R52 800 verminder.
             •   Rente teen 12,5% p.j. is elke maand betaalbaar en word nie
                 gekapitaliseer nie.

      E      Afleweringskoste
                Alle goedere verkoop word gratis aan klante afgelewer.
                Speedy Aflewerings is gekontrakteer om hierdie diens te verrig.
                Die afleweringskostes word begroot teen 10% van verkope.

      F      Uittreksel van die Kontantbegroting

                                                     NOVEMBER      DESEMBER
             ONTVANGSTES
             Kontantverkope                            64 800         50 400
             Ontvangstes van debiteure                 46 440
             Huurinkomste                               7 500          8 250

             BETALINGS
             Kontantaankope van voorraad               18 000             (a)
             Betalings aan krediteure                      (b)        51 300
             Terugbetaling van lening (sien
                                                       52 800              0
             inligting D)
             Rente op lening                            6 875             (c)
             Afleweringskoste (sien inligting E)       11 500          9 100

      G      Vergelyking van die begrote syfers met die werklike syfers vir
             November

                                                   Begroot         Werklik
              Verkope                                105 000        76 000
              Koste van verkope                       61 000        60 000
              Bruto wins                              44 000        16 000
              Afleweringskoste                        11 500        13 200

4.3   Lewer kommentaar oor die beheer van afleweringskoste en gee EEN punt van
      advies. Haal syfers of berekeninge aan.                                       (3)

                                                                                    b.o.

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
                                                      REKENINGKUNDE                      14
                                                      (Vraestel 2)  10712/22

4.4   BTW

      Bereken die bedrag betaalbaar aan die SAID ten opsigte van BTW aan die
      einde van Februarie 2022 nadat transaksies 1 – 5 in ag geneem is. Dui aan of
      die bedrag bygetel of afgetrek moet word deur ŉ (+) of (-) teken te gebruik.        (7)

      Transaksies en Inligting:

      1.    Die BTW Kontrole Rekening toon dat Macrozone Sport R8 120 aan
            SAID skuld, op 1 Februarie 2022.

      2.    Die eienaar het sporttoerusting vir sy eie gebruik geneem. Die BTW op
            hierdie transaksie beloop R912.

      3.    Foutiewe goedere teruggestuur aan die verskaffer. Die debietnota toon
            ŉ bedrag van R1 680 aan (BTW uitgesluit).

      4.    Voorraad ten bedrae van R4 200 (BTW uitgesluit) is tydens ŉ rooftog
            gesteel. Die versekering het R2 300 (BTW ingesluit) vir die eis uitbetaal.

      5.    Macrozone Sport het ŉ tweedehandse voertuig op 28 Februarie 2022
            teen ŉ verlies van R6 000, van die hand gesit. Die boekwaarde van die
            voertuig op datum van verkope het R74 000 beloop. Die
            waardevermindering is tot en met 28 Februarie 2022 aangeteken. Inset
            BTW is geëis toe hierdie voertuig oorspronklik aangekoop is.

                                                                                         35

                                                                            TOTAAL:      150

                                          EINDE

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
                                                            REKENINGKUNDE                          15
                                                            (Vraestel 2)  10712/22

 GRAAD 12 REKENINGKUNDE FORMULEBLAD MET FINANSIËLE AANWYSERS

          Bruto wins                  x       100           Bruto wins           x   100
           Verkope                             1        Koste van verkope             1

  Netto wins voor belasting           x       100     Netto wins na belasting    x   100
          Verkope                              1             Verkope                  1

        Bedryfsuitgawes               x       100          Bedryfswins           x   100
           Verkope                             1            Verkope                   1

         Totale bates : Totale laste                        Bedryfsbates : Bedryfslaste

 (Bedryfsbates – Voorraad) : Bedryfslaste             Niebedryfslaste : Aandeelhouersbelang

 (Handel & ander ontvangbare bedrae + Kontant & kontantekwivalente) : Bedryfslaste

Gemiddelde handelsvoorraad                x    365              Koste van verkope
    Koste van verkope                           1          Gemiddelde handelsvoorraad

 Gemiddelde debiteure         x       365             Gemiddelde krediteure      x   365
   Kredietverkope                      1               Koste van verkope              1

    Netto wins na belasting    x 100                     Netto wins na belasting         x   100
Gemiddelde aandeelhouersbelang    1                     Getal uitgereikte aandele             1
                                                                             (* Sien nota hieronder)
             Netto wins voor belasting + Rente op lenings                            x 100
    Gemiddelde aandeelhouersbelang + Gemiddelde niebedryfslaste                         1

   Aandeelhouersbelang                x       100     Dividende vir die jaar         x   100
  Getal uitgereikte aandele                    1     Getal uitgereikte aandele            1

 Tussentydse dividende            x    100               Finale dividende            x   100
Getal uitgereikte aandele               1            Getal uitgereikte aandele            1

 Dividende per aandeel        x       100               Dividende vir die jaar       x   100
 Verdienste per aandeel                1             Netto inkomste na belasting          1
                                 Totale vaste koste
              Verkoopprys per eenheid  Veranderlike koste per eenheid

Nota:
* In hierdie geval, indien daar ŉ verandering in die aantal uitgereikte aandele
  gedurende ŉ finansiële jaar is, word die geweegdegemiddelde-getal aandele in die
  praktyk gebruik.

## Related documents

- [Grade 12 NSC Accounting P2 (Afrikaans) 2020 Preparatory Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-p2-afrikaans-2020-preparatory-question-paper/813d0ccb-dfb0-4caa-917e-f4fad84da119) — Accounting · QP · 2020 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 ANSWERBOOK JUNE 2022 Afrikaans Finaal](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-answerbook-june-2022-afrikaans-finaal/67317f0a-c6c2-47b6-bae2-7d594500c14b) — Accounting · Addendum · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 MEMO GR12 P2 JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-memo-gr12-p2-june-2022-afrikaans-final/8607a9eb-4290-4d74-af8b-7bb6e58e91eb) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P2 GR12 MEMO SEPT 2022 Afrikaans](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p2-gr12-memo-sept-2022-afrikaans/b8060326-1d99-4ab4-b3d0-670339bf9763) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [ACCOUNTING P1 GR12 MEMO JUNE 2022 Afrikaans Final](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-gr12-memo-june-2022-afrikaans-final/46a00290-3eef-4646-8f78-18a84ed5df72) — Accounting · Memo · 2022 · Afr
- [Grade 12 NSC Accounting X10 Afrikaans 2018 Answer Book](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-accounting-x10-afrikaans-2018-answer-book/69e260ea-abfd-4631-a19b-66d4d2e224a7) — Accounting · Addendum · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Accounting

- [Accounting](https://www.hlayiso.com/library/accounting/8f42a6a4-9593-4d36-86b1-d890dd1bb1bf) — Guide
- [Acc P2 Memo ENg watermark](https://www.hlayiso.com/library/acc-p2-memo-eng-watermark/5c899e95-f3c2-4bf6-b539-ed8b1bcec50d) — Memo · 2025 · Eng
- [Accounting P1 (Afrikaans) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-afrikaans-june-2025-possible-answers/2f10559b-54d6-47f4-9fc2-b2efc62644c4) — Memo · 2025 · Afr
- [Accounting Grade 12 NSC ANSWER BOOK P2 May June 2025 KZN](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-answer-book-p2-may-june-2025-kzn/b9529d65-7fc3-420f-8a91-05ec30b0d61b) — Addendum · 2025
- [Accounting Grade 12 NSC MEMO P1 May June 2025 Limpopo](https://www.hlayiso.com/library/accounting-grade-12-nsc-memo-p1-may-june-2025-limpopo/4bc5dfae-35c0-4acd-83c3-4b53266a3680) — Memo · 2025
- [Accounting P1 May-June 2025 Answer Book Afr](https://www.hlayiso.com/library/accounting-p1-may-june-2025-answer-book-afr/7207c401-3dce-40c5-bd09-39c9787e0729) — Addendum · 2025 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
