# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2013

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                            *AFRFA1*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A:      Kyk- en Leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3)                (30)

     AFDELING B:      Opsomming (VRAAG 4)                                 (10)

     AFDELING C:      Taal (VRAAG 5, 6 en 7)                              (40)

2.   Lees ALLE instruksies versigtig deur.

3.   Beantwoord AL die vrae.

4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.   Trek ŉ streep dwarsoor die bladsy na elke afdeling.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

8.   Skenk veral aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: KOERANTARTIKEL

 Lees die volgende koerantartikel en beantwoord die vrae wat daarop gebaseer is.

              Jobs het baie bly gemaak en miljoene geïnspireer

                       Jobs op die voorblad van Time (April 2010) – Inside Steve’s pad

 1.    Niemand wou Steve Jobs hê toe hy gebore is nie. Sy biologiese pa was ŉ professor
       aan die Universiteit van Wisconsin en sy ma ŉ gegradueerde student. Hulle is
       verbied om te trou en sy kon nie anders nie as om hom te laat aanneem. Nadat sy
       ma op ŉ ouerpaar vir hom besluit het, het dié mense op die nippertjie besluit hulle wil
       eerder ŉ dogtertjie hê.

 2.    Sy aanneem ouers, wat op ŉ waglys vir ŉ baba was, het in die middel van die nag ŉ
       oproep gekry. “Ons het ŉ babaseun. Wil julle hom hê?” Hulle het gesê: “Natuurlik”.

 3.    Sewentien jaar later het hy na ŉ peperduur universiteit gegaan wat byna al sy ouers
       se spaargeld opgeslurp het. Die naaste wat Jobs aan ŉ graad gekom het, was toe
       hy in 2005 aan die Universiteit van Stanford ŉ aanvangstoespraak (commencement
       speech) gelewer het.

 4.    Dit was ŉ rowwe tyd. Hy het byna niks geld gehad nie, op die kamervloer van ŉ
       vriend geslaap en Coke-bottels verkoop om kos te koop. Wat hy in dié tyd gedoen
       het, was uit nuuskierigheid en intuïsie wat later onskatbaar sou wees, byvoorbeeld,
       hy het kalligrafie-lesse geneem. Daar het hy geleer van verskillende lettertipes, die
       spasie tussen letters en wat goeie tipografie “great” maak.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                (SEPTEMBER 2013)

5.   Eers tien jaar later, toe hy en die ander Steve – Stephen Wozniak – die eerste
     Macintosh-rekenaar ontwerp het, het sy kalligrafie-kennis se waarde gewys. Dit was
     die eerste rekenaar met ŉ mooi tipografie. “As ek nie kalligrafie-klasse bygewoon
     het nie, sou rekenaars nie die wonderlike tipografie gehad het nie.”

6.   Toe hy 20 jaar oud was, het Jobs en sy vriend Wozniak, Apple in sy ouers se
     motorhuis begin. Hulle het hard gewerk en binne tien jaar het Apple gegroei van net
     hulle twee in ŉ motorhuis tot ŉ $2 miljard-maatskappy met meer as 4 000
     werknemers.

7.   ŉ Jaar nadat die eerste Macintosh bekend gestel is en Jobs 30 jaar oud geword het,
     is hy afgedank. Hy vra in sy toespraak: “Hoe kan jy afgedank word by ŉ maatskappy
     wat jy begin het?”

8.   Lang storie in kort: Hy het iemand aangestel om die maatskappy saam met hom te
     bestuur en dit het die eerste jaar goed gegaan. Maar hul toekomsvisie het baie
     verskil. Hulle het ŉ uitval gehad en die direkteure het by die ander persoon gestaan.
     Op 30 jaar, ná sy afdanking, was sy alles waarop hy gefokus het, verwoes. Hy is
     verwerp, maar hy was steeds verlief op sy werk en het besluit om oor te begin.
     Binne vyf jaar ná sy afdanking het hy NeXT én Pixar begin én hy het ŉ ongelooflike
     vrou ontmoet met wie hy toe getroud is.

9.   Pixar het die wêreld se eerste rekenaargeanimeerde rolprent, Toy Story, gemaak en
     is nou die suksesvolste animasie-ateljee ter wêreld.

10. Iets ongeloofliks het toe gebeur: Apple het NeXT gekoop en Jobs is terug na Apple.
    Hy en sy vrou, Laurene, het ook met ŉ gesin begin. “Soms is dit goed om jou kop te
    stamp, moenie moed verloor nie,” was Jobs se raad in sy toespraak. “Jy moet soek
    waarvoor jy lief is; dit is van toepassing op jou werk en (jou) liefde.”

11. Jobs is in 2004 met ŉ seldsame soort pankreaskanker gediagnoseer. Dokters het
    gesê hulle is seker dit is ongeneeslik. Hy is huis toe gestuur om sy “sake te reël” en
    daar is gesê hy sou net nog ses maande leef. Op die dag toe hy gediagnoseer is,
    het sy dokter in trane uitgebars. Min mense het geglo hy sou, of kon, sterf. Hy is
    gesien as die God van tegnologie wat goed, maar ook wreed, kon wees.

12. Jobs het die wêreld geleer om te glo. Sy maatskappye en produkte het baie mense
    bly gemaak en miljoene mense geïnspireer. Toe hy Woensdagaand op 56 jaar
    weens komplikasies van pankreaskanker dood is, was sy gesin by hom. Maar oor
    die wêreld heen was miljoene Apple- en Pixar-aanhangers daar in die gees.

     Jobs het sy toespraak met die volgende woorde beëindig: “Stay hungry, stay
     foolish.”
                               [Aangepas en verwerk uit: Volksblad, 7 Oktober 2011]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         5

 VRAE

 1.1    Watter antwoord voltooi die volgende sin korrek?
        Skryf net die vraagnommer en die korrekte letter (A – D) neer.

        “aanneemouers”, (par. 2) beteken ...

        A    ouerpare wat iemand ander se kind steel en as hulle eie grootmaak.
        B    ryk ouerpare wat ander mense se kind neem omdat hulle die kind kan
             ondersteun.
        C    ouerpare wat iemand se kind hou totdat die kind agtien jaar oud word.
        D    ouerpare wat iemand ander se kind as hulle eie grootmaak.               (1)

 1.2    Watter woord (par.1) sê dat Jobs se biologiese ma goed opgevoed was?         (1)

 1.3    Hoekom wou die eerste aanneemouers (par. 1) nie Jobs hê nie?                 (1)

 1.4    Haal die WOORD aan (par. 2) wat sê dat dié ouers nie onmiddellik ŉ baba
        gekry het nie.                                                               (1)

 1.5    Jobs het ŉ graad aan die Universiteit van Stanford gekry.

        1.5.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                               (1)

        1.5.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.5.1 deur ŉ SINSDEEL uit
                   paragraaf 3 aan te haal.                                          (1)

 1.6    Noem EEN ding wat wys dat dit rêrig “ŉ rowwe tyd” (par. 4) vir Jobs was.     (1)

 1.7    Hoekom was die kalligrafie-lesse wat Jobs geneem het (par. 4), beskryf as
        ŉ “intuïsie wat later onskatbaar sou wees.”?                                 (2)

 1.8    Watter uitwerking het hulle harde werk (par. 6) gehad?                       (1)

 1.9    Wat was moeilik vir Jobs om te aanvaar toe hy afgedank is?                   (1)

1.10    Om watter rede is Jobs afgedank?                                             (1)

1.11    Hoekom sal jy Pixar in die Guiness Book of World Records vind?               (1)

1.12    Hoe het Jobs dit reggekry om terug na Apple te keer?                         (1)

1.13    Hoekom was die raad wat Jobs in sy toespraak gegee het (par. 10) van
        toepassing op sy eie lewe.                                                   (1)

1.14    Haal die WOORD aan (par 11) wat sê dat die siekte waaraan Jobs gely
        het, nie ŉ alledaagse siekte was nie.                                        (1)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (SEPTEMBER 2013)

1.15    Die dokters het geglo dat Jobs beter sou word.

        1.15.1   Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                       (1)

        1.15.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.15.1 deur EEN WOORD uit
                 paragraaf 11 aan te haal.                                                 (1)

1.16    Wat beteken: “in die gees” (par. 12)?                                              (1)

1.17    Wat het Jobs bedoel met: “Stay hungry, stay foolish.”?                              (1)
                                                                                           [20]
VRAAG 2: RESENSIE

Lees die volgende leser se brief aan Rapport en beantwoord dan die vrae wat
daarop gebaseer is.

                   Kry dissipline terug in die land se skole
1.     Morele agteruitgang werk stremmend in op dissipline in skole. Skole vind dit al hoe
       moeiliker om kinders met erge dissiplinêre probleme te hanteer. Baie tyd word
       gemors om leerlinge te kry om skoolreëls te gehoorsaam.

2.     Skoolhoofde vind fisieke geweld tussen leerlinge ŉ groot probleem, maar ook die
       verbale geweld tussen leerlinge en tussen leerlinge en onderwysers is
       kommerwekkend. So ook is diefstal, die gebruik van selfone in klasse en
       dwelmprobleme.

3.     Die meeste probleme kan teruggevoer word na die huis waar die ouer-kind-
       verhouding versuur het en ouers wat verwag onderwysers moet hulle
       opvoedingstaak “oorneem”, meen ŉ skoolhoof in die suide van Johannesburg.

4.     Hoofde se regte om teen kinders op te tree is van hulle weggeneem en dit vererger
       die situasie in ons skole. Die regering moet dringende stappe doen om dissipline
       terug te kry in skole sodat daar op die onderwys in ons skole gefokus kan word.

       H. Koorts, Gauteng
                                                [Aangepas en verwerk uit, Rapport, 1 Junie 2010]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                  7

 VRAE

 2.1    Haal TWEE AGTEREENVOLGENDE WOORDE aan wat daarop dui dat die
        probleme op skole ŉ negatiewe uitwerking het.                           (1)

 2.2    Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
        (A – D) neer.

        Die woord “agteruitgang” beteken dat iets ...

        A       onveranderd bly.
        B       slegter word.
        C       verbeter.
        D       uit die gang gaan.                                              (1)

 2.3    Baie tyd word gemors om leerlinge te kry om skoolreëls te gehoorsaam.
        (par. 1)

        2.3.1      Is die bogenoemde stelling ŉ FEIT of ŉ MENING?               (1)

        2.3.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.3.1.                        (1)

 2.4    Die skrywer vind ŉ ernstige fout met ons onderwysstelsel (par. 4).

        2.4.1      Watter fout vind die skrywer?                                (1)

        2.4.2      Watter oplossing vind hy?                                    (1)
                                                                                [6]

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Lees die volgende advertensie aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat daarop
gebaseer is.

                                                   [Verwerk uit: Huisgenoot, 16 April 2012]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                  9

 VRAE

 3.1    Hoekom sê die adverteerder om nie die skuld aan Eskom te gee nie?      (1)

 3.2    Hoekom is die woord “KRAG” in hoofletters geskryf?                     (1)

 3.3    “Voorkom kragverlies! Neem turbovite.”

        Vul die ontbrekende WOORD in die volgende sin sodat dit dieselfde
        betekenis as die bostaande sin het.

        As jy nie krag wil ... nie, neem turbovite.                            (1)

 3.4    Volgens die advertensie: “Jy kan dit ook hê!”

        Hoe kan jy dit ook hê?                                                 (1)
                                                                               [4]

                                                          TOTAAL AFDELING A:   30

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                 (SEPTEMBER 2013)

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 4: DWELMS: COOL OF ŉ KILLER?
 Som die wanbegrip/verkeerde persepsies wat mense oor dwelms het in SEWE sinne
  op.
 Skryf die verkeerde persepsies in volsinne neer.
 Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.
 Laat ŉ reël tussen die sinne oop.
 Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 Dui die KORREKTE GETAL woorde aan die einde van die opsomming aan.
1. In Maart vanjaar het die kwaito-ster Jub Jub en sy vriend Themba
   Tshabalala skokgolwe deur die land gestuur toe hulle vier skoolseuns vermoor het
   terwyl hulle deur Soweto resies gejaag het. Toe die polisie Jub Jub se bloed toets, het
   dit positief getoets vir morfien, asook kokaïene.
2. Mense wat eens na hulle opgekyk het, sê nou dat selfs lewenslange gevangenisstraf
   nie genoeg is vir wat hy gedoen het nie. Sy lewe en sy loopbaan, soos hy dit geken
   het, is verby-alles as gevolg van dwelms. Tieners maak ŉ reusegroot fout deur te dink
   dat beroemde persoonlikhede altyd “skoon” is en dat hulle goeie rolmodelle is.
3. In ŉ onlangse (SANCA) verslag is geskryf dat soveel as een in elke drie Suid-
   Afrikaanse tieners elke jaar aan dwelms verslaaf raak. Die vreesaanjaendste deel is
   dat verslaafdes jonger en jonger word. "Ek weet dis skokkend, maar ek het heroïene
   en kokaïene in graad 5 begin gebruik," sê Luna* (17). Die meeste ouers glo dat net
   ouer mense dwelms gebruik en dis heeltemal verkeerd.
4. Sy sê verder: "Ek het nie baie oor dwelms geweet nie, en ek dink nie dat skole genoeg
   doen om ons te waarsku nie. As iemand met leerders in graad 7 oor dwelms kom
   praat, het die helfte van die klas dwelms al gebruik. Dit is dikwels te laat; daarom is die
   oortuiging dat skole baie doen om leerders teen dwelms te keer, nie reg nie.”
5. Hoewel jy nie onmiddellik vrot tande en merke op jou gesig soos Amy Winehouse sal
   kry nie, begin die newe-effekte van die eerste keer wat jy dwelms gebruik. Dat jy altyd
   sigbare tekens op ŉ dwelmverslaafde sal sien, is ver weg van die werklikheid af.
6. “Of jy ŉ verslaafde is of nie, gaan enige dwelm ŉ negatiewe effek hê,” sê Grant Jardine,
   direkteur van die Cape Town Drug Counselling Centre. Baie mense glo dat ŉ bietjie
   dwelms “nou en dan” geen skade doen nie. Die feit is of jy ŉ verslaafde is of jy net op
   “spesiale geleenthede” dwelms neem, sal jy die negatiewe effekte ervaar. Die waarheid
   is dat dwelms jou lewe kan verwoes-en selfs jou dood veroorsaak.
7. Wees versigtig oor die leuens wat oor dwelms vertel word, byvoorbeeld as iemand sê:
   “Ek het dit by die apteek gekry, so dit is nie regtig dwelms nie.” Dis die grootste onsin.
   Sommige van die gevaarlikste dwelmmiddels kan by enige apteek gekry word. Wees
   dus versigtig as iemand jou iets van ŉ apteek aanbied.
8. Baie mense glo dat dwelms net by donker straathoeke en by plakkerskampe
   beskikbaar is. Die gebruik en verkoop van dwelmmiddels is nou volop. ŉ Dokter kan dit
   voorskryf of dit kan by ryk buurte, winkelsentrums of langs die strand verkoop word.
     So, vermy die donker pad en sê “nee” heel aan die begin.
                                          [Emily Pettit-Coetzee, Sewentien, 14 Julie 2010]
                                                          TOTAAL AFDELING B:            10

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                   11

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 5: STROKIESPRENT

 Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprentjie hieronder gebaseer.

                                                         [Spotprent uit: Beeld, 16 Mei 2012]

 5.1    Gee ŉ suiwer Afrikaanse woord vir die onderstreepte woord.

        Die onnies wil nie selfone in skole hê nie.                                            (1)

 5.2    Kies die KORREKTE voorsetsel.

        Hulle kla (op/oor/vir) die kinders wat selfone dra.                                    (1)

 5.3    Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

        Al die kinders hou hulle selfone in hulle (reg + hand).                                (1)

 5.4    Verbind die volgende sinne met die gegewe voegwoorde.

        (aangesien/daarom)

        Die kinders gebruik hulle selfone in die klas.
        Die hoof raak smoorkwaad.
        Hy wil die gebruik van alle selfone verbied.                                           (3)

 5.5    Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd.

        Die onderwyseres weet nie wat om te doen nie daarom hou sy haar kop.                   (2)

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (SEPTEMBER 2013)

5.6   Verander die stelsin in ŉ vraagsin. Die vetgedrukte woorde is die antwoord.

      Die onderwyseres praat met die kleintjies.                                        (1)

5.7   Skryf die onderstaande woorde oor in Afrikaans.

      Please call me.                                                                   (1)

5.8   Kies die KORREKTE woord tussen hakies.

      Die leerders (skenk/bring/bestee) nie aandag aan hulle werk nie.                  (1)

5.9   Vorm ŉ samestelling van die woorde tussen hakies.

      Miskien moet leerlinge hulle selfone net tydens (eet+tyd) gebruik.                (1)

5.10 Voltooi die volgende sin soos aangedui.

      Die kinders gebruik hul selfone in die klas.

      Die kinders hoef ...                                                              (1)

5.11 Rangskik die volgende groep woorde tussen hakies in die korrekte
     volgorde. Skryf die hele sin voluit.

      Die kindertjies gebruik ook hul selfone (sonder toestemming) (in die eetsaal)
      (tydens pouse).                                                                   (1)

5.12 Skryf die syfers tussen hakies voluit.

      Daar is altesaam (44) leerders in die klas.                                       (1)

5.13 Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord.

      Die klaskamer is vol leerders.                                                    (1)

5.14 Skryf die volgende sin oor in die lydende vorm/passief.

      Die hoof verbied die gebruik van selfone.                                         (1)

5.15 Skryf die volgende sin oor in die indirekte rede.

      Pa sê aan Alice: “Jy moet nie jou selfoon skool toe neem nie.”

      BEGIN SO: Pa sê aan Alice dat ...                                                 (2)

5.16 Verskaf die meervoudsvorm van die vetgedrukte woord.

      Mevrou Smit se elmboog is op die tafel.                                            (1)
                                                                                        [20]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            13

 VRAAG 6: WEERKAART

 Die taalvrae wat volg, is op die weerkaart hieronder gebaseer.

                                                          [Uit: Die Burger, 2 September 2011]

 6.1    Skryf die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

        Vandag gaan dit ŉ (son) dag dwarsdeur die provinsie wees.                       (1)

 6.2    Gee die verkleinwoord van die woord tussen hakies.

        Net by party plekke is daar klein (wolke).                                      (1)

 6.3    Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies.

        Die heel (koud) plek gaan Aliwal-Noord wees.                                    (1)

 6.4    Herskryf die volgende sin en vervang die vetgedrukte woord met “want”.

        Mense by George moet hulle reënjasse aantrek aangesien dit baie hard
        gaan reën.                                                                      (1)

 6.5    Skryf die simbool tussen hakies voluit.

        By Bhisho gaan die temperatuur 28(˚) wees.                                      (1)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (SEPTEMBER 2013)

6.6    Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

       Dit lyk asof ŉ sterk (wes+wind) vandag by George gaan waai.                     (1)

6.7    Skryf die volgende sin oor in die verlede tyd.

       Mense word aangeraai om hul jasse te dra.                                       (1)

6.8    Skryf die volgende sin oor in die ontkennende vorm.

       Daar is nog reën wat van die Indiese Oseaan kom.                                (1)

6.9    Gee die vergrotende trap van die woord tussen hakies.

       Hoe vroeër jy langs die kus reis, hoe (goed) sal dit wees.                      (1)

6.10   Gee die ANTONIEM/TEENOORGESTELDE van die woord tussen hakies.

       Die boer gaan sy werkers by Joubertina (oplaai).                                 (1)
                                                                                       [10]

VRAAG 7: STROKIESPRENT

Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

                                            [Verwerk uit: Rapport, 7 Augustus 2012]

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         15

 7.1    Skryf die volgende sin oor in die Indirekte rede.

        Die vrou vra vir haar man: “Hoekom word jy nie ŉ politikus nie?”             (2)

 7.2    Skryf die volgende sin oor in die lydende vorm/passief.

        Die man het altyd die spoedboetes geïgnoreer.                                (1)

 7.3    Voltooi die volgende sin soos aangedui.

        Die man drink bier.

        Die man hou …                                                                (1)

 7.4    Gee die KORREKTE vorm van die deelwoord tussen hakies.

        Die (slaap) hond word deur die vrou wakkergemaak.                            (1)

 7.5    Voltooi die volgende IDIOMATIESE UITDRUKKING. Kies uit die woorde in
        die lys hieronder. Skryf slegs die vraagnommer (7.5) en die antwoord neer.

                                   niks; bier; tande; gom

        Die man sit met ŉ mond vol …                                                 (1)

 7.6    Skryf die volgende sin in die direkte rede.

        Die vrou sê aan haar man dat hy nie sy spoedboetes betaal het nie.

        BEGIN SO: Die vrou sê aan haar man: “…”                                      (2)

 7.7    Skryf die sin oor as ŉ bevelsin.

        Die man betaal sy spoedboetes.                                               (1)

 7.8    Watter stereotipering maak die vrou oor politici.                             (1)
                                                                                     [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:       40
                                                                GROOTTOTAAL:         80

## Related documents

- [Gr12 AFRFA P3 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p3-s13-qp-afr/7b24fb65-cad9-4e17-8552-be498d31ca58) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
